8
God is nie dood nie. Hieraan moes die kerk vanaf die begin herinner word. Só hoor die sewe gemeentes in die provinsie Klein -Asië byvoorbeeld uit die mond van die lewende Christus: God is die Een wat is en wat was en wat kom, die Begin en die Einde, die Alfa en die Omega (Op 1:4,8). Hy is die hakies wat die geskiedenis omsluit, die hande wat ons vashou, die krag wat keer dat die chaos nie seëvier nie. Hierdie Here is die bron en bodem, die herkoms en toekoms van die wêreld, die drakrag van die kerk. Die lewende, sorgende, vertroos- tende God – dis Hy van wie Christus praat. Hierdie God, óns God, lewe. Dat God die Een is wat is en wat was en wat kom, dui op sy ewigheid en onveranderlik- heid. Dit troos alreeds on- eindig. Ons God fladder nie weg soos ‘n blaar in die wind nie. Ons God is ‘n rots. En tog is Hy nie in beton gegiet nie. Die troos is juis dít: God is nie staties nie, nie ‘n onveranderbare formule nie. Hy tree veral uit sy verborgenheid, openbaar Hom aan ons. Hy is ons-God-in- beweging. Hy wat is en wat was, kom (voortdurend en uiteindelik) na ons toe. God het immers in Jesus Christus na ons toe gekom en weggegaan, maar slegs om weer, en ryker, en heerliker, na ons toe terug te kom. Hoekom? Sommer net uit liefde vir ons (Op 1:5). Sommer net omdat Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos en ons sy koninkryk gemaak het, priesters vir sy God en Vader (Op 1:6). Waarlik, die kerk sal nie sommer net ondergaan nie, al woed die wêreld en al wyk die fondamente. Ons is nie alleen nie. Die sewe Geeste voor sy troon – simbool van die volheid van die Gees – groet ons met genade en vrede, maar nie bloot uit die verte nie. Hy is uitgestort op ons, woon in ons, is nader aan ons as ons hemp of rok, nader as die volgende asemteug en oogknip. Ons is nie wees- kinders nie, nie uitgelewer aan die oneindige verlatenheid van doellose tydsverloop of kring- lopende eeue nie. Nee, Jesus is die Een wat eerste uit die dood NG Gemeente Meyerspark Mei 2013 - Jaargang 10 Uitgawe 4 God wat kom - Johan Cilliers In hierdie uitgawe: Koop-’n-Bybel-Skenk- ’n-Bybel : Leseding p2 Pinkster - 12 tot 15 Mei p3 Die leeukuil p4 Vitamines vir die winter p5 HOOP is een van ons kosbaar- ste besittings. Niemand is ab- soluut verlore solank hulle nog ’n sprankie hoop het nie. En soos ons almal uit ervaring weet, word daardie vuurtjie nooit heel- temal geblus nie.

God wat kom - NG Gemeente Meyerspark · Vitamines vir die winter p5 HOOP is een van ons kosbaar-ste besittings. Niemand is ab-soluut verlore solank hulle nog ’n sprankie hoop het

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: God wat kom - NG Gemeente Meyerspark · Vitamines vir die winter p5 HOOP is een van ons kosbaar-ste besittings. Niemand is ab-soluut verlore solank hulle nog ’n sprankie hoop het

God is nie dood nie. Hieraan moes die kerk vanaf die begin herinner word. Só hoor die sewe gemeentes in die provinsie Klein-Asië byvoorbeeld uit die mond van die lewende Christus: God is die Een wat is en wat was en wat kom, die Begin en die Einde, die Alfa en die Omega (Op 1:4,8). Hy is die hakies wat die geskiedenis omsluit, die hande wat ons vashou, die krag wat keer dat die chaos nie seëvier nie. Hierdie Here is die bron en bodem, die herkoms en toekoms van die wêreld, die drakrag van die kerk. Die lewende, sorgende, vertroos-tende God – dis Hy van wie Christus praat. Hierdie God, óns God, lewe.

Dat God die Een is wat is en

wat was en wat kom, dui op sy ewigheid en onveranderlik-heid. Dit troos alreeds on-eindig. Ons God fladder nie weg soos ‘n blaar in die wind nie. Ons God is ‘n rots. En tog is Hy nie in beton gegiet nie. Die troos is juis dít: God is nie staties nie, nie ‘n onveranderbare formule nie. Hy tree veral uit sy verborgenheid, openbaar Hom aan ons. Hy is ons-God-in-beweging. Hy wat is en wat was, kom (voortdurend en uiteindelik) na ons toe. God het immers in Jesus Christus na ons toe gekom en weggegaan, maar slegs om weer, en ryker, en heerliker, na ons toe terug te kom. Hoekom? Sommer net uit liefde vir ons (Op 1:5). Sommer net omdat Hy ons deur sy bloed

van ons sondes verlos en ons sy koninkryk gemaak het, priesters vir sy God en Vader (Op 1:6). Waarlik, die kerk sal nie sommer net ondergaan nie, al woed die wêreld en al wyk die fondamente.

Ons is nie alleen nie. Die sewe Geeste voor sy troon – simbool van die volheid van die Gees – groet ons met genade en vrede, maar nie bloot uit die verte nie. Hy is uitgestort op ons, woon in ons, is nader aan ons as ons hemp of rok, nader as die volgende asemteug en oogknip. Ons is nie wees-kinders nie, nie uitgelewer aan die oneindige verlatenheid van doellose tydsverloop of kring-lopende eeue nie. Nee, Jesus is die Een wat eerste uit die dood

NG Gemeente Meyerspark Mei 2013 - Jaargang 10 Uitgawe 4

God wat kom - Johan Cilliers

In hierdie uitgawe: Koop-’n-Bybel-Skenk-

’n-Bybel : Leseding p2

Pinkster - 12 tot 15 Mei p3

Die leeukuil p4

Vitamines vir die winter p5

HOOP is een van ons kosbaar-ste besittings. Niemand is ab-soluut verlore solank hulle nog ’n sprankie hoop het nie. En soos ons almal uit ervaring weet, word daardie vuurtjie nooit heel-temal geblus nie.

Page 2: God wat kom - NG Gemeente Meyerspark · Vitamines vir die winter p5 HOOP is een van ons kosbaar-ste besittings. Niemand is ab-soluut verlore solank hulle nog ’n sprankie hoop het

Afgesien van Bybels wat deur gemeentelede versprei word, is die Bybelkiosk by die bushalte in Watermeyerstraat die vernaamste verspreidingspunt. Die kiosk is bekend as Leseding, ’n Tswana woord vir Plek van Lig. Die kaartjieskantoor in die gebou was nie meer in gebruik nie en wyle Orrie de Ridder het die moontlikheid gesien om dit te omskep in ’n kiosk, waarvandaan Bybels versprei kan word aan honderde passasiers wat elke dag die terminus gebruik. Die Stadsraad van Pretoria, aan wie die gebou behoort, het in 1991, toestemming gegee om die kaartjieskantoor as ’n Bybelkiosk te gebruik. Orrie de Ridder het toe die kantoor ingerig vir Bybelverspreiding. Bybels is vanaf 1992 versprei.

Die kiosk is weeksdae oop vanaf 14:00 tot 17:00, wanneer meeste passasiers busse of taxi’s haal na hulle woongebied. Voordat die kiosk permanent beman was, het verskeie gemeentelede daar gehelp om Bybels te versprei. Wyle Benjamin Malaoa, ’n evangelis van Mamelodi, het ’n hele paar jaar by die kiosk gehelp asook Abraham Damons, tans hulpprediker by die gemeente van Eersterus, wat meer as twee jaar gehelp het. Vanaf Maart 2012 werk Princes Gavu, ’n Zoeloevrou by die kiosk.

Bybels is in al elf tale van Suid-

Afrika beskikbaar. By die kiosk is verlede jaar 500 Bybels versprei, bykans die helfte van die totale aantal. Die verskillende tale waarin Bybels versprei is, is Afrikaans (1); Engels (75); Sepedi

(107); IsiZulu (138); Tswana (29);

Tsonga Shangaan (41); Suid-Sotho (14); Xhosa (5); Venda (4);

Swati (5); Suid-Ndebele (3);

Shona (Zimbabwe) (78). Verlede jaar is 1 049 Bybels

versprei teenoor 804 die vorige jaar. Gemeentelede dra reeds kennis dat meer as 22 000 Bybels versprei is sedert daar in 1992 met dié projek begin is.

Bybels in dié landstale is ook beskikbaar by boekwinkels, supermarkte, ensovoorts teen R80 vir ’n standaard Bybel. By die kiosk kan ’n Bybel gekoop word vir R30, danksy die Koop-’n-

Bybel-Skenk-’n-Bybel-projek van ons gemeente. Die bydraes maak dit moontlik om ’n Bybel wat ons by die Bybelgenootskap vir R55 koop, te verkoop vir R30.

Die inligting hierbo verskaf, getuig van die sleutelrol wat ons gemeente speel om die Woord te verkondig. Aan ons Hemelse Vader kom al die lof toe vir sy seën op hierdie projek. Danksy ’n spesiale donasie van R15 000, is die bedrag van R35 284 in Maart ingesamel. Baie dankie ook aan gemeentelede vir hulle bydraes. “Loof die Here, aan sy liefde is daar geen einde nie”.

Wyle Suseth Wilcocks het by die 10-jarige bestaan van die kiosk die volgende feeslied geskryf (op die wysie van Halleluja lied 244 – Staan op, staan op vir Jesus): Die feeslied – gedig deur Suseth “Gaan uit, gaan uit,” sê Jesus, “vertel hul van my kruis. Dra uit die Bybelboodskap en bring my kinders tuis.” “Neem op, neem op,” sê Jesus, “die fakkel van die Woord;

versprei die lig van redding na elke duister oord. Daar’s honderdduisend harte in duisternis geknel; Deurboor met satanspyle, bestem vir dood en hel.” Maar Jesus, die Oorwinnaar, sit aan Gods regterhand. Jou liefde vir jou Koning maak jou

Koop-’n-Bybel-Skenk-’n-Bybel

Goeie Nuus 2

Algemene Meubelvervoer en langafstande. Bokse en verpakkingsmateriaal te koop. Skakel Kassie 0861 111 129 / 082 454 8159

Princes Gavu

STIENIE NAUDé EIENDOMME

Koop en verkoop van eiendomme

Skakel Stienie Naudé (082 335 0720) (Eiendomsagent)

BOOMSLOPING

Boomsloping en snoei van bome en struike. Verskaf ook kaggelhout. Kontak Ernst by 083 656 4992

Page 3: God wat kom - NG Gemeente Meyerspark · Vitamines vir die winter p5 HOOP is een van ons kosbaar-ste besittings. Niemand is ab-soluut verlore solank hulle nog ’n sprankie hoop het

Goeie Nuus 3

Pinkster - 12 tot 15 Mei 2013

Ds Jannie Pelser Sondag 12 Mei – 09:00 Aandreeks 18:30 - Maandag 13 Mei tot Woensdag 15 Mei Tema: Swem aan die diep kant Christene is mense wat gevaar kan trotseer. Hulle is nie doelbewus

onverskillig nie maar weet dat die lewe somtyds ongenaakbare en buitegewone eise stel.

Vlak water is vir kinders. Dis veilig maar die oomblik gaan verby. Te veel Christene plas in die vlak water rond. Jy verlustig jou in die nawerking.

Bruinbrand is vir vakansiegangers. Daar is nie vakansie in die Ko-ninkryk nie. Daarvoor is die tydsgewrig net te uitdagend en die einde (wederkoms) net te naby.

As jy kans sien vir `n geestelike uitdaging wat in die praktyk van elke dag se lewe uitspeel, is Pink-ster 2013 vir jou.

Matteus 4:19 Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.”

Oggendreeks - 09:30 Ds Niekie Rothmann Tema: Onder heerskappy van die Heilige Gees… Maandag: ...beheers liefde my gesindheid (1 Kor 13:4) Dinsdag: ...bepaal liefde my optrede (1 Kor 13:5) Woensdag: ...verheug ek my oor

Pinkster – tyd vir ‘n fees! Pinkster kan nie anders as om met ‘n fees vergelyk te word nie, ‘n fees waar ons as gelowiges die uitstorting van die Heilige Gees herdenk. Ons bied hierdie jaar ‘n spesiale Pinkster vir al ons gemeente se kinders aan. Hierdie diens vind plaas in die koffiekroeg onder die verhoog in die saal en dit sal in dieselfde tydgleuf as die aandpinksterreeks val, dit wil sê om 18:30 op Maandag 13 tot Woensdag 15 Mei. Die tema vir die kinders is: “Wat is in die boks?” As kind het ek altyd ‘n fees of partytjie met presente geassosieer, hetsy Kersfees of verjaarsdae, daar was gewoonlik presente betrokke. Daarom kan ons nie anders as om hierdie Pinksterfees meer te leer van die groot geskenk wat ons as gelowiges ook ontvang het met

die uitstorting van die Heilige Gees nie. Van die temas wat ons gaan behandel is : Wie is die Heilige Gees? En die Gees as Vriend en Helper. Hierdeur gaan ons die drie-eenheid aan die kinders verduidelik asook die betrokkenheid en werk van die Gees in elkeen van ons lewens vandag. Ons gaan sing en dans, speletjies speel, prentjies teken en sommer baie pret hê. Daar gaan ‘n groot geskenkboks voor in die Gesinsdiens geplaas word en ek gaan die kinders uitdaag om te raai wat die geskenk in die boks kan wees. Tydens die pinksterreeks sal elke kind hul eie boksie ontvang waarin hulle dan alles wat hulle van die Heilige Gees geleer het, kan bêre. Ons hoop om almal daar te sien! Kontak Carina 076 854 2012 vir verdere inligting.

Die Heilige Gees ons GROOT

Kabouterwoud speelgroepie: Ouderdomme vanaf 1 tot 5 jaar: Voldag: 07:00 tot 17:30 Halfdag: 07:00 tot 13:00 Adres: Keuningstraat 206 Meyerspark Kontak: Tel: 012 803 8507 Ansofie Sel: 082 415 3729 Dietloff Sel: 082 797 5900 Maretha E-pos: [email protected] ‘n Opvoedkundige speelgroep gebaseer op Christelike be-ginsels waarby u kleuter so-siaal en intellektueel voorberei

Page 4: God wat kom - NG Gemeente Meyerspark · Vitamines vir die winter p5 HOOP is een van ons kosbaar-ste besittings. Niemand is ab-soluut verlore solank hulle nog ’n sprankie hoop het

Gedurende Maart het ‘n aantal van ons kerk se stapgroep vir die naweek gaan kamp by die Welgedacht Private Wildreser-vaat. Dit was nou so ‘n effe hoër trappie op as ons gewone kampe, want ons het op behoorlike bedde geslaap met die nodige beddegoed voorsien. Ook was dit nie nodig om eetgerei saam te piekel nie. Daar was nou alle geriewe soos warmwaterstorte, yskas, gasstoof, ens.

Die stap deur die veld was miskien een van die makliker roetes wat ons nog gestap het. Daar was geen “berge of dale” om te deurkruis nie maar redelike gelyk veld. Die 15 kilometer stap op die Saterdag was egter al erg genoeg vir dié van ons wat reeds oor die tagtig is. Vermoeiend, maar tog lekker as dit agter die rug is.

‘n Groot verrassing het egter vir ons Sondagoggend gewag. Ons het die oggend, net na die ge-bruiklike oggendgodsdiens begin stap na die “Kingdom Wildlife Sanctuary”, nie te ver van ons

kampplek nie. Trouens, ons kon die vorige nag die hele tyd die leeus hoor brul. Hier word ongeveer vyftien leeus, sowel as ‘n paar swart luiperds en sowat vyf hiënas in kampe gehou.

Ons was baie gelukkig, want dié dag was Kevin Richardson, die skrywer van “The Lion Whispe-rer,” daar met ‘n groep mense wat eintlik finansiële steun verleen aan die “Leeupark.” Kevin is so tuis met die leeus soos enige hondeliefhebber met sy eie hond. Hulle spring op teen hom, lek sy kop en speel regtig met hom soos ‘n mak huishond met ‘n mens sou speel. Hy kan sy hande voor hulle oë hou sodat hulle nie kan sien nie, met hulle tonge speel ens. Soms het daar twee of meer leeus op hom gelê en het ons gedink dat sy ribbekas onder die gewig moet kraak.

Onwillekeurig het ons gedink aan Daniël in die leeukuil. Daniël was na die val van Jerusalem spesiaal deur koning Nebukad-nesar uitgesoek en vir drie jaar saam met sy drie vriende opgelei

om diens te doen in die koning se ryk. Daniël word gedurende die bewind van koning Darius be-vorder tot een van drie wat toesig moes hou oor 120 goewerneurs-generaal. (Danië1 6). Hy kwyt hom só goed van sy taak dat die koning hom wil aanstel oor die hele ryk, net onder homself.

Die ministers en goewerneurs-generaal was nie hiermee gediend nie en het die koning omgepraat om ‘n dekreet uit te vaardig dat enige persoon wat enige god of mens behalwe die koning sou aanbid vir ‘n periode van dertig dae, met die dood gestraf moet word.

Ons ken die res van die verhaal en weet dat Daniël oorleef het in die leeukuil – trouens dit is een van die eerste verhale wat ons as kleuters en later in die Sondag-skool, gehoor het.

Wie van ons sal vandag staande bly as so ‘n dekreet uitgevaardig sou word? Sou dit nie makliker

Goeie Nuus 4

Die leeukuil - Nils Anderson

Page 5: God wat kom - NG Gemeente Meyerspark · Vitamines vir die winter p5 HOOP is een van ons kosbaar-ste besittings. Niemand is ab-soluut verlore solank hulle nog ’n sprankie hoop het

Goeie Nuus

WINTER VITA is ‘n splinternuwe projek van Helpende Hand, wat ten doel het om hierdie jaar se winter-griep en –verkoues hok te slaan. Huise vir bejaardes en kleuters is vanjaar ons teikengroep. Omdat ouer mense ‘n sagte teiken vir hierdie siektes is en komplikasies maklik by hulle ontwikkel, wil ons eerstens daar help. Huis Silversig het reeds aangedui dat hulle baie graag Vitamines B en C sal

ontvang. Alle medikasie dáár word deur ‘n spesiale suster geadmin-istreer en uitgedeel. Ons beoog ook om spesiale aandag te gee aan kleu-ters by die toevlugsoorde waar ons Silverton-tak betrokke is. Sken-kings van hierdie vitamines kan by die kerkkantoor afgegee word; do-

nasies sal gebruik word om die middels aan te koop.

Vitamines vir die winter - Jorrie Jordaan

5

Lief en Leed Annetjie Taylor asook Wessel Pretorius se pa is die afgelope maand oorlede. Ons gebede en meegevoel gaan uit na hulle naasbestaandes.

Ek het nooit gedink ek sal dit beleef nie. Daar sit hy hoog en droog langs die orrel en nie ‘n enkele noot sal hy druk nie. Die orrel is nie eers aangeskakel nie. ‘n Stil kerk? ‘n Diens sonder dat die gemeente opstaan om te sing? Nog nooit gehoor nie. Die stilte van Goeie Vrydag sak op die kerk toe. In stilte lees ons die liedere wat ons normaalweg sou sing.

Darem nie heeltemal stil nie. Die koster maak musiek op sy manier. Musiek? Is 39 klokslae,

‘n minuut uitmekaar musiek? Was die 39 houe waarmee Jesus voor sy kruisiging gegesel is, musiek? Wat ‘n besondere diens waar ons diep onder die indruk kom van die oorsprong van die nagmaal. Opnuut besef ons dis inderdaad die Heilige Nagmaal wat ons telkens vier. Ons is duur gekoop. En toe ons die kerk in stilte verlaat, plaas ons onsself opnuut in die spykerhande van ons Verlosser met die pak van die wit blomme aan die voet van die kruis.

Dankie aan die Een wat die gedagte van ‘n stil diens en blomme by iemand laat posvat het.

Dan breek Paassondag aan. Ons jubel dit uit. HY HET OP-GESTAAN!! Die orrelpype werk oortyd en ons wil nie ophou sing nie. En die koster sorg dat die kerkklok dit uit-basuin saam met die gemeente en die orrelis wat vandag alles behalwe lui is.

Prys die Heer met blye galme .

. . vir sy Groot Genadegawe aan die kruis, en vir die besondere gemeenskap van die heiliges op Goeie Vrydag en Paassondag.

Die lui orrelis en die koster

Salon Mona Liza Every cut a Masterpiece

Erasmusstr 223 (langs kerk) Wilna: 083 529 2412

Sny mans en kinders se hare. Dames: sny, blaas, set, tint, perm,

highlights (kappie), highlights (foil) ensovoorts.

Afslag vir pensioenarisse Die salon is reeds oop

Page 6: God wat kom - NG Gemeente Meyerspark · Vitamines vir die winter p5 HOOP is een van ons kosbaar-ste besittings. Niemand is ab-soluut verlore solank hulle nog ’n sprankie hoop het

Goeie Nuus

Die volgende riglyne vir voorbidding is deur regter Eberhard Bertelsmann vir die onlangse byeenkoms van die Pretoria-Oos interkerklike gebeds-byeenkoms in ons gemeente opgestel. Dit weerspieël dus die huidige toestand wat in ons land heers en ons bring dit graag onder die aandag van al ons ge-meentelede sodat hulle ook kan voorbidding doen vir hierdie belangrike saak wat ons almal ten nouste raak. Agtergrond 1. Ons regstelsel is ooreis. Die publiek verloor sy respek vir diegene wat orde moet handhaaf

en reg moet laat geskied. 2. Van die 2,2 miljoen misdade wat na raming jaarliks in Suid-Afrika gepleeg word, word slegs die helfte by die polisie aangemeld, en uiteindelik word slegs sowat 200 000 sake vervolg – die res word nie behoorlik ondersoek nie, getuies verdwyn of die dossiere word verloor of verkoop. 3. Ten spyte hiervan is ons korrektiewe inrigtings oorvol, is die howe oorlaai, word sake vir selfs jare vertraag en moet aan-klaers en landdroste daagliks met die wreedste geweldsmisdade worstel sonder dat hulle ooit

ondersteuning of berading ont-vang. 4. In siviele sake is daar ‘n groot gebrek aan toegang tot die howe vir mense wat geen regsverteen-woordiging kan bekostig nie en is daar te min regshulp vir diegene wat dit die nodigste het. 5. Daar is te min ondersteuning vir kinders en ander kwesbare mense wat as slagoffers by die regsproses betrokke raak. Voorbidding word gevra • Vir alle lede van die polisie

wat daagliks hul bes doen om ‘n misdaad vloedgolf te keer en hul lewe en gesondheid op die spel plaas om ander te help; • Vir alle slagoffers van geweld

en oneerlikheid; en veral diegene

wat die trauma van ‘n verhoor moet deurmaak en hul vernede-ring en angs moet herleef; • Vir alle landdroste en regters,

dat hulle nie deur die probleme wat hulle voortdurend in die gesig moet staar, emosioneel verswelg en sinies word nie; • Vir alle regspraktisyns, dat

hulle nie deur aardse gewin verlei mag word nie, maar eerlik en opreg hul kliënte se saak sal behartig sonder om moed te verloor; • Dat menswaardigheid en die

waarheid in die howe mag seëvier en dat almal wat hul op die howe beroep, in vertroue op ‘n billike

Gebed vir die regstelsel

6

Is daar net een God? Teoloë vra die vraag. Gewone mense vra dit.

Eintlik is die vraag: Is Jesus God? Boeddhiste, Hindoes, Moslems en andere sê dat Jesus net ’n profeet is. Waarskynlik die grootste van almal.

Maar wat sê ons Verlosser oor Homself? Hy sê: “Ek is die weg, die waarheid en die lewe.

Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.” (Joh 14:6)

Wat dan van al die mense van ander gelowe? Ons moet die verlossingsboodskap, Jesus se sterwe aan die kruis vir ons sondes, uitdra. Die belangrikste is om ’n dissipel van Jesus te wees. Dan kan ons maar gerus die oordeel aan God oorlaat.

Ons dien ’n regverdige God, een wat niks sal doen wat onregverdig is nie. Lees gerus die pragtige Psalm 111 waar die trou, reg en genade van God besing word.

Josua se belydenis behoort die gelowige s’n te wees. Hy het die volk Israel voor ’n keuse gestel: Wie wil hulle dien? Maar vir hom was daar net een keuse. “Wat my en my familie betref,

Die groot vraag - Isabel Ballot

Page 7: God wat kom - NG Gemeente Meyerspark · Vitamines vir die winter p5 HOOP is een van ons kosbaar-ste besittings. Niemand is ab-soluut verlore solank hulle nog ’n sprankie hoop het

Goeie Nuus

‘n Groot groep belangstellende seniors het onlangs geluister na ‘n baie interessante praatjie wat dr. Lena van der Merwe aangebied het oor die voedselsoorte waar-van ons in die Bybel lees. Israel word dikwels beskryf as “die land wat oorloop van melk en heuning” (Deut 6:4), wat daarop dui dat voedsel volop was in Pale-stina, anders as in die omringende lande in die Nabye-Ooste.

Suiwel was ʼn belangrike deel van die Israeliete se dieet. Bok-melk was oorwegend gebruik (Spr 27:27), maar kameel-, koei- en skaapmelk was ook beskikbaar.

Die Jode het wilde heuning, wat oorvloedig in Palestina was, geëet wat hulle in skeure in kranse of bome gevind het (Deut 32:13-14). Die heuningkoek word spesifiek in Hooglied 5:1 genoem. Vloei-bare heuning word in 1 Konings 14:3 vermeld en was die primêre versoetingsmiddel in die kook-kuns.

Van alle kos word brood die meeste in die Bybel genoem. Brood was so ‘n essensiële deel van voedsel dat dit later sinoniem geword het met “voedsel” en met die lewe self. Die bede “Gee ons

elke dag ons daaglikse brood” (Luk 11:3) was dus by implikasie ‘n gebed vir die daaglikse voorsiening van die hele lewensonderhoud. Brood was so ‘n belangrike lewensmiddel dat Jesus ook na Homself verwys het as “die brood van die lewe” (Joh 6:35). Met hierdie figuurlike aanwending van die term “brood” bedoel Jesus dat Hy die Persoon is wat lewe gee (net soos wat brood lewe gee). In Bybelse tyd is verskeie grane vir brood gebruik soos koring, gars, hawer, spelt en giers (millet). Omdat gars in armer grond aard, ʼn korter groei-seisoen het en meer bestand teen droogte is, was dit ʼn gewilde graangewas in die antieke Nabye-Ooste. Garsbrood en giskoeke is deur die gewone arbeiders geëet (2 Kon 4:42). Jesus het die jong seun se vyf garsbrode en twee visse vermeerder om 5 000 mense te voed (Joh 6:9-13).

Vis was baie gesog. Dertig soorte vis was beskikbaar in die Jordaanrivier en ʼn uitgebreide vis-serybedryf was aan die gang by die See van Galilea in Christus se tyd (Mark 1:16). Skape, bokke en beeste was die vernaamste bron

vir vleis. Toe die blinde Isak mis-lei is deur sy seun Jakob, was die luukse van beide bok- en wilds-vleis aan die blinde vader aange-bied. Die beeste was in ʼn stal aangehou en die gemeste kalf is gereserveer vir groot feestelikhede (Matt 22:4).

Elke huisgesin het ʼn vyeboom, druiwestok en olyfboom geplant (1 Kon 4:2). Olyfbome groei goed in Palestina en olywe was ʼn uitstekende bron van voedsel. Selfs in arm grond het een boom genoeg olyfprodukte verskaf aan ʼn gesin vir ʼn hele jaar. Olywe was die belangrikste bron van olie. Olyfolie was gebruik vir die voorbereiding van voedsel. Die beste kwaliteit olyfolie was in die tempel gebruik vir offerandes.

Vyebome groei oral in Pale-stina. Hulle vra min aandag en lewer twee tot drie oeste vye per jaar. Vars en gedroogde vye is gebruik. Die eerste vye van die seisoen is as ʼn groot delikatesse beskou. Ook druiwe en granate was bekende vrugtesoorte. Drui-we is gedroog en as rosyntjies gebruik en rosynekoeke is daar-van gemaak. Neute en amandels is ook van die vroegste tye af gebruik.

Wyn was die universele drank in die antieke tyd. Dit kan verdun word met water en gemeng word met speserye of heuning om ʼn gekruide wyn te berei. Wyn is deur die Jode geassosieer met oorvloed en vreugde en sodoende het dit ʼn simbool van God se seën geword.

Sout vanaf die Dooie See was ʼn noodsaaklike smaakmiddel en preserveermiddel. ʼn Ooreenkoms tussen persone is met die skenk van sout by ʼn maaltyd verseël (2 Kron 13:5). Sout moes op al die graanoffers gegooi word as herinnering aan God se verbond

Kos uit die Bybelse tye - met erkenning aan dr Lena van der Merwe

7

Page 8: God wat kom - NG Gemeente Meyerspark · Vitamines vir die winter p5 HOOP is een van ons kosbaar-ste besittings. Niemand is ab-soluut verlore solank hulle nog ’n sprankie hoop het

Agterblad: Nuuskierig

3. Prentgrap3. Prentgrap3. Prentgrap3. Prentgrap

8

1. Lees eers hierdie1. Lees eers hierdie1. Lees eers hierdie1. Lees eers hierdie ……… Vader ... Bloedbevlek loop Jy en strompel na Jou dood, My lewensbrood. Jou skerpgemaakte doringkroon ... my ewige Hemeltroon. Tree vir tree, is Jy op pad om vir my die ewige lewe te gee. Jy val neer, alweer en weer. Jy vergewe my, keer op keer ... Houtsplinters en spykers gemeng in jou vlees ... sodat ek vir ewig... Jou kind kan wees ...

3. Toets jou kennis 3. Toets jou kennis 3. Toets jou kennis 3. Toets jou kennis

4. Goue gedagte…..4. Goue gedagte…..4. Goue gedagte…..4. Goue gedagte…..

Wie klein dinge doen asof dit iets groots is, aan hulle skenk God die genade om groot dinge te doen asof dit iets kleins is. - Johannes Theodor Rudolf Kögel (1829 - 1896)