19
Naam: __________________________ Woordsomme Graad 1 Woordsomme

Graad 1 Woordsomme - Tuisblad | Aanleer van … · 4 Juffrou gee vir Armand vier kryte en vir Zak drie. Hoeveel kryte het Juffrou uitgedeel? Teken die kryte wat Juffrou vir Armand

Embed Size (px)

Citation preview

Naam: __________________________ Woordsomme

Graad 1 Woordsomme

2

Tel hoeveel appels is daar in die boom. Teken die appels.

3

San het vyf appels gepluk en Jan het twee appels gepluk. Hoeveel appels het die kinders altesaam gepluk?

Teken die appels wat San gepluk het.

Teken die appels wat Jan gepluk het.

Skryf nou die som.

4

Juffrou gee vir Armand vier kryte en vir Zak drie. Hoeveel kryte het Juffrou uitgedeel?

Teken die kryte wat Juffrou vir Armand gegee het.

Teken die kryte wat Juffrou vir Zak gegee het. Skryf nou die som.

Blou rooi

5

San het vyf hasies. Sy verkoop drie hasies aan ‘n maatjie. Hoeveel hasies het sy oor? Skryf nou die som:

6

Hoog in ‘n boom sit vier arende. As drie weg vlieg, Hoeveel bly oor in die boom? Skryf nou die som:

7

Dit is Danie se verjaarsdag. Hy word ses jaar oud. Hy help mamma om kersies op die koek te sit. Hoeveel kersies moet hy nog op die koek sit voor daar ses is? Skryf nou die som:

8

Jan se mamma het vir hom vier hennetjies gekoop. As elke hennetjie twee eiers lê, hoeveel eiers sal daar wees? Teken twee eiertjies in elke nes. Skryf nou die som:

9

Tommie het 10 albasters. Hy gee vir sy maatjie die helfte van sy albasters. Hoeveel albasters het Tommie oor? Deel die albasters tussen Tommie en sy maatjie. Skryf nou die som:

10

Juffrou het agt potlode op haar tafel. Sy gee een vir San en een vir Jan. Hoeveel potlode het juffrou nog op haar tafel? Maak seker dat daar agt potlode in die houer is.

Skryf nou die som.

11

Jan het 4 goudvissies in sy vistenk. Sy mamma het vir hom nog 4 bygekoop. Hoeveel vissies is daar nou in sy vistenk? Skryf nou die som.

12

Tilla koop vier los lekkers. Elke lekker kos 5c. Hoeveel het Tilla vir die lekkers betaal? Teken ‘n lekker by elke 5c. Tel nou in vywe.

Skryf nou die som.

13

In ‘n bak is daar ‘n klompie appels. San sit nog twee appels in die bak. Nou is daar sewe appels in die bak. Hoeveel appels was daar eers in die bak?

Skryf nou die som.

14

Ouma het ‘n pak blokkies gekoop. Sy pak die blokkies in vier houertjies. Sy pak ses blokkies in elke houer. Hoeveel blokkies het ouma gekoop? Skryf nou die som.

15

Jan en San het vir mamma wortels uit gaan trek. Jan het drie wortels uitgetrek en San het een wortel uitgetrek. Hoeveel wortels het hulle nou altesaam? Teken die wortels. Skryf nou die som.

16

In die tuintjie was daar tien wortel plantjies. Jan het drie wortels uitgetrek en San het een uitgetrek. Hoeveel wortels is in die tuin oor? Skryf nou die som.

17

Hoeveel pote het vier honde? Skryf nou die som.

18

Hoeveel ore het vier honde? Skryf nou die som.

19

In ons tuin is daar vyf roosbome. Elke roosboom het drie rose aan. Mamma pluk vier van die rose. Hoeveel rose is daar nou aan die roosbome? Onthou elke roosboom het drie rose aan die bos.

Hoeveel rose moet jy byteken?

Skryf nou die som.