Upload
ngodien
View
286
Download
4
Embed Size (px)
Citation preview
GRAAD 12
LANDBOUWETENSKAP
KWARTAAL 3
REKORD ESKAMEN
VRAESTEL 2
MEMORANDUM
Land V2 Rekord Memo
Developed by Auxilio cc
2017Kwartaal 3
-1-
AFDELING A: VRAAG 1.1: MULTI-KEUSE [10]
1.1.1 A
1.1.2 C
1.1.3 D
1.1.4 A
1.1.5 B
1.1.6 B
1.1.7 A
1.1.8 D
1.1.9 C
1.1.10 C
VRAAG 1.2: PAS KOLOM A BY KOLOM B [10]
1.2.1 C
1.2.2 F
1.2.3 J
1.2.4 A
1.2.5 I
1.2.6 E
1.2.7 G
1.2.8 B
1.2.9 H
1.2.10 D
VRAAG 1.3: GEE EEN WOORD/TERM [5]
1.3.1 Bankoortrekking
1.3.2 Solvent
1.3.3 Insolvent
1.3.4 Skaalekonomieë (boerdery)
1.3.5 Ekonomie
VRAAG 1.4: VERANDER ONDERSTREEPTE WOORD [5]
1.4.1 Arbeidsmark
1.4.2 Werksoeker
1.4.3 Werkgewer
1.4.4 Werknemer
1.4.5 Plafonprys
TOTAAL VIR AFDELING A: [30]
Land V2 Rekord Memo
Developed by Auxilio cc
2017Kwartaal 3
-2-
VRAAG 2: BESTUUR [15] Begin die vraag on ‘n NUWE bladsy. 2.1.1 Maak ‘n breinkaart van die VYF (5) basiese beginsels van ‘n doeltreffende bestuur. (5)
2.2.1 Ongeag die spesifieke soort plaas. Bespreek VIER (4) verskillende soorte bestuur wat ‘n boer of plaasbestuurder moet hanteer wat vaardig en bekwaam is. (4 x 2) (8)
• (Enige 4 korrekte antwoorde)
• Arbeidsbestuur: om in staat te wees om arbeidsprobleme en kwessies te hanteer en basiese kennis te hê van arbeidswetgewing ten einde plaasarbeiders behoorlik en regverdig te bestuur.
• Grondbestuur: om in staat te wees om die grond op so ‘n manier te bestuur dat dit gesond en produktief bly en nie oorbenut word ter wille van winste oor die kort termyn nie.
• Finansiële bestuur: om in staat te wees om die plaas winsgewend en suksevol te hou.
• Landboubestuur (gewasverbouing): om te weet wanneer, waar, hoe en wat om te plant om die maksimum opbrengste met die minimum risiko te verseker. Boere moet ook in staat wees om die mark te skat ten einde te weet wanneer om te oes en te verkoop vir maksimum winsgewend. Dit hou nou verband met grondbestuur.
• Veebestuur (die grootmaak van diere): om te weet watter diere die geskikste is vir die boerdery of vir sekere dele van die plaas. Daaglikse bestuur behels die versorging van vee en die monitering van hulle voer en gesondheid. Om te weet wanneer om die diere vet te maak en vir slag te verkoop, is ook ‘n bestuurskwessie.
• Krisisbestuur: die hantering van onvoorsiene kwessies of probleme of noodgevalle. Dit verg dikwels gesonde oordeel en die vermoë om uit die vuis te dink. Die hantering van ‘n wegholveldbrand, veediefstal of ‘n swerm sprinkane op die plaas kan ‘n boer se bestuursvaardighede en vermoë om onverwagte situasies te hanteer, tot die uiterste toets.
1. Doelwit: Stel 'n doelwit of doelwitte.
2. Beplan: Beplan hoe om die doel of doelwitte te
bereik.
3. Organiseer: Gee spesifieke persone bepaalde verantwoordelik-
hede deur te besluit wie wat gaan doen.
4. Gee leiding: Ho emoet dinge
gedoen word?
5. Beheer: Maak seker dat
resultate behaal word en
doelwitte bereik word.
Land V2 Rekord Memo
Developed by Auxilio cc
2017Kwartaal 3
-3-
2.3 Noem die TWEE (2) kragte wat boerderyondernemings beïnvloed. (2)
• Interne kragte
• Eksterne kragte
TOTAAL VRAAG 2: [15]
VRAAG 3: LANDBOUBEMARKINGSTELSEL [14] 3.1.1 Gee VYF (5) voorbeelde van die hoofkanale van ‘n vryemarkstelsel. (5)
• Plaashekverkope
• Varsproduktemark
• Voorraadverkope
• Direkte bemarking
• Internetbemarking 3.2 Vergelyk “Landboukoöperasies”en “Kommersiële of verbruikers- koöperasies”. (2 x 2) (4)
• Landboukoöperasies: Hierdie koöperasies verkoop produkte op die mees winsgewende manier en voorsien so goedkoop as moonlik in hulle lede se produksievereistes.
• Kommersiële of verbruikerskoöperasies: Die oogmerk is om so goedkoop as moontlik in die verbruikers se behoeftes te voorsien.
3.3 Lys TWEE (2) voordele van landboukoöperasies. (2)
• (Enige 2 korrekte antwoorde)
• Omdat koöperatiewe gemeenskappe hulle goedere op ‘n groot skaal bemark, het hulle meer bedingingsmag op die mark.
• Met grootmaathantering is die bemarkingskoste per eenheid laer.
• Boerderybenodigdhede en –dienste word goedkoper verskap as wat die geval is met privaat ondernemings.
• Die produsent word nie met bemarking belas nie en het dus meer tyd om aan sy of haar boerdery-aktiwiteite te bestee.
• Omdat ‘n meer egalige vloei van produkte na die mark bewerkstellig word, word hoër gemiddelde pryse behaal.
• Die poelstelsel verseker dat gradering makliker en meer doetreffend gedoen kan word. Omdat die produkte gestandaardiseer word, weet die koper wat hy of sy kry en die koper is dus bereid om ‘n hoër prys te betaal.
3.4 Klassifiseer DRIE (3) beginsels van landboukoöperasies. (3)
• (Enige 3 korrekte antwoorde)
• Lidmaatskap is vrywillig en lede moet bona fide-boere wees.
• Net lede mag produkte lewer en voordeel trek uit die koöperasie se aktiwiteite.
• Elke produsent wat by die koöperasie aansluit, het ‘n enkele stem, ongeag die grootte van sy of haar plaas. Die getal aandele wat ‘n boer besit, het nie ‘n invloed op sy of haar mag nie.
• Die produkte van elke individuele lid word volgens gehalte gegradeer en die boer word vooruit betaal. Die finale betalings word gemaak nadat alles wat aan die poel gelewer is, verkoop is.
• Die direkteure word demokraties verkies uit die lede.
Land V2 Rekord Memo
Developed by Auxilio cc
2017Kwartaal 3
-4-
• Die koöperasie betaal lede op ‘n kommissiebasis. Winste word op ‘n transaksiebasis verdeel. Dit kan uitgekeer word as: ‘n reserwefonds; dividende wat op die opbetaalde aandelekapitaal uitbetaal word en/of; ‘n bonus aan al die lede.
• Lede ontvang ‘n beperkte bedrag rente op hulle aandelekapitaal.
• Na likwidasie word oorskotfondse tussen die aandeelhouers verdeel in verhouding met die persentasie van die omset wat elke lid van die koöperasie in die sakeonderneming gehad het.
• Die bemarking van ‘n koöperasie word op ‘n poelstelsel gebaseer, waarvolgens al die produkte wat deur die verskillende lede bygedra is, saam bemark word.
• Die koöperasie en sy lede is ekonomies geïntegreer.
• Die koöperasiegemeenskap onderneem om te help met die opvoeding en leiding van sy lede ten opsigte van kultivars, produksieprosesse en verbruikersvereistes.
• Die produkte wat deur lede gelewer word, word volgens gehalte en graad gestandaardiseer vir verkoopsdoeleindes. Dit versterk vertroue by die verkopers en help ook om seker te maak dat produsente goeie pryse vir hulle produkte kry.
TOTAAL VRAAG 3: [14]
VRAAG 4: LANDBOUBEMARKINGSKETTINGS [15] 4.1.1 Bespreek DRIE (3) faktore wat die bemarkingsketting van landbou- produkte belemmer. (3 x 3) (9)
• (Enige 3 korrekte antwoorde)
• Grootte in verhouding to waarde: Sekere produkte het meer ruimte nodig vir vervoer en stoor, wat beteken dat die vervoer- en stoorkoste vir hierdie produkte hoog is in verhouding met die waarde van die produk.
• Bederfbaarheid: Landbouprodukte soos vrugte, groente en vleis is bederfbaar. Duur verkoelingsfasiliteite is vir hierdie produkte nodig wanneer dit tydens die verskillende fases van die bemarkingskanaal vervoer en gestoor word. Dit verhoog die bemarkingskoste van sulke produkte. Verder kan die produkte nie vir ‘n onbeperkte tydperk gestoor word nie. Dit lei dikwels tot ‘n ooraanbod, met gevolglike lae pryse en verliese.
• Seisoenale aard van produksie: Landbouprodukte is in sekere tye van die jaar volop en in ander tye skaars, terwyl die vraag min of meer konstant bly deur die jaar. Om in staat te wees om die produkte regdeur die jaar te lewer, is stoorfasiliteite nodig, maar dit word dikwels net vir ‘n gedeelte van die jaar gebruik, of glad nie, wat bydra tot hoër produksiekoste.
• Standaardisasie: Omdat landbouprodukte van biologiese oorsprong is, is daar groot variasie in die gehalte van die produkte. Standaardisasie is ingestel in ‘n poging om die produkte te gradeer, maar daar is nietemin verskille binne ‘n graad. Standaardisasie verhoog bemarkingskoste.
Land V2 Rekord Memo
Developed by Auxilio cc
2017Kwartaal 3
-5-
• Gebrek aan beheer oor produksie: In Suid-Afrika is daar geen beheer oor wat en hoeveel produsente produseer nie. As ‘n produk tydens ‘n bepaalde seisoen ‘n goeie prys behaal, sal meer daarvan in die volgende seisoen geproduseer word. Dit lei dikwels tot oorproduksie, met die gevolg dat pryse daal.
• Wye verspreidng van produksie-areas:Produkte moet vanaf die plek waar dit geproduseer is, vervoer word voor dit verwerk kan word. Party landbouprodukte, byvoorbeeld melk en vleis, word in feitlik elke deel van Suid-Afrika geproduseer, dus is dit nie nodig om dit so ver te vervoer vir verwerking en verspreiding nie. Ander produkte, byvoorbeeld druiwe, avokado’s en pynappels, kan net in sekere dele van Suid-Afrika suksevol verbou word. In hierdie geval styg verbruikerspryse as gevolg van die ekstra vervoer wat nodig is.
• Bemarking deur tussengangers: Individuele produsente kan nie al die funksies in die bemarkingsketting, byvoorbeeld die gradering, stoor en vervoer van produkte, vervul nie. Boere gebruik tussengangers of middelmanne en ander organisasies om hierdie funksies te verrig. Dit verhoog produksiekoste.
4.2 Noem watter organisasie is verantwoordlik vir wetgewing oor landbou- produkte. (2)
• Die Nasionale Departement van Landbou en talle ander instansie is verantwoordelik vir wetgewing om die doeltreffende bemarking van landbouprodukte verseker.
4.3 Maak ‘n vergelyking van VIER (4) verhoudings tussenn ‘n aanbod- en vraagketting. (4)
• (Enige 4 korrekte antwoorde)
Aanbodketting Vraagketting
Fokus op doeltreffendheid. Prosesse is op uitvoeringswaarde gefokus. Koste is die sleutelaandrywer. Gerig op die kort termyn. Fokus op beplanning en beheer.
Fokus op doelmatigheid. Prosesse is meer op beplanning en lewering gefokus. Kontantvloei en winsgewendheid is die sleutelaandrywers. Gerig op die lang termyn binne die volgende beplanningsiklus. Fokus op vraag, bestuur en voorsiening.
TOTAAL VRAAG 4: [15]
VRAAG 5: LANDBOU-ENTREPRENEURSKAP [14] 5.1 Bespreek die VIER (4) fases van die entrepreneursproses. (4 x 2) (8)
• Fase 1: Identifiseer en evalueer die geleentheid: Voor enige produkte aangebied word, moet die geleentheid geïdentifiseer en geëvalueer word deur ‘n markopname te doen. Hierdie opname sal aandui of daar ‘n geleentheid in die mark is. Die grootte van die mark en die lengte van die kritieke tydperk kan met behulp van ‘n markopname bepaal word.
Land V2 Rekord Memo
Developed by Auxilio cc
2017Kwartaal 3
-6-
• Fase 2: Bepaal watter hulbronne nodig is: Wanneer ‘n opname gedoen word, sal die entrepreneur dalk marknavorsingspesialiste moet gebruik om markinligting te versamel oor hulpbronne wat nodig is vir die sakeonderneming wat hy of sy wil begin, byvoorbeeld kapitaal, arbeid en fisiese bates.
• Fase 3: Stel die sakeplan op: Om ‘n nuwe sakeonderneming in ‘n nuwe omgewing te begin, moet jy ‘n sakeplan opstel. ‘n Sakeplan is noodsaaklik as die entrepreneur finasiering van finansiële instellings nodig het. Dit help ook met die evaluasie van ‘n sakeonderneming se potensiaal. Deur ‘n sakeplan op te stel, word die entrepreneur gedwing om aan al die verskillende aspekte van die sakeonderneming te dink.
• Fase 4: Bring die sakeonderneming op die been en bestuur dit: Spesialiste kan inligting verskaf oor markpotensiaal, verkoops- voorspellings en aksieplanne oor hoe die mark bedien kan word.
5.2 ‘n Entrepreneurs en entrepreneurskap: Vergelyk die twee met mekaar. (2 x 2) (4)
• (Enige 2 korrekte feite)
Entrepreneur Entrepreneurskap
Is mense wat inisiatief toon deur ‘n onderneming te organiseer om voordeel te trek uit ‘n sakegeleentheid. As die besluitnemer besluit die entrepreneur wat en hoeveel van ‘n produk of diens geproduseer of verskaf sal word en ook hoe dit geproduseer of verskaf sal word. Om ‘n entrepreneur te wees, beteken gewoonlik dat jy jou eie sakeonderneming begin en vir jouself werk. Alle boere is entrepreneurs. ‘n Entrepreneur is iemand wat bereid is om ‘n loopbaan en finansiële sekuriteit op die spel te plaas vir ‘n idee, en sy of haar eie tyd en kapitaal aan ‘n onderneming bestee. Boerdery-entrepreneurs verskaf werksgeleenthede aan werklose mense in dorpe en stede en verskaf hoop op ‘n beter ekonomiese toekoms.
Entrepreneurskap is die proses om nuwe sakegeleenthede te ontdek, te evalueer en te benut. Dit is belangrik om daarop te let dat ‘n nuwe sakeonderneming soms kan misluk. As dit suksesvol is, veroorsaak entrepreneurskap veranderinge in die ekonomiese stelsel deur middel van nuwe idees van individue wat op geleenthede in die mark reageer.
5.3 Noem TWEE (2) eienskappe van entrepreneurs. (2)
• (Enige 2 korrekte antwoorde)
• Begin sy of haar eie sakeonderneming.
• Bestuur sy of haar eie sakeonderneming.
• Soek nuwe produkte, dienste en/of geleenthede.
• Aanvaar verantwoordelikheid.
• Kan dink aan nuwe idees en nuwe maniere om iets te doen.
• Organiseer en bestuur hulpbronne om seker te maak dat die sakeonderneming wins maak.
Land V2 Rekord Memo
Developed by Auxilio cc
2017Kwartaal 3
-7-
• Is mededingend.
• Het die kennis en vaardighede om ‘n diens of produk te verkoop of te produseer.
• Het genoeg geld of kan geld in die hande kry om sakeonderneming te bedryf.
• Is markgedrewe.
• Is bereid om redelike en goed deurdagte risiko’s aan te gaan.
• Het selfvertroue.
• Werk hard.
• Het ‘n begeerte om te presteer.
• Om vir hulleself te werk.
• Om die werk te doen waarvan hulle hou.
• Om hulle bestaande inkomste te verhoog.
• Om weg te breek van ‘n vervelige werk.
• Om ‘n vorige werk te vervang nadat hulle weens personeel- vermindering afgedank is of omdat hulle werkloos is.
• Het ‘n goeie sakegeleentheid geïdentifiseer.
• Noodsaak – daar is geen ander manier waarop hulle ‘n bestaan kan
• maak nie. TOTAAL VRAAG 5: [14]
VRAAG 6: LANDBOUSAKEPLANNE [12] 6.1 Voorsien DRIE (3) voordele van ‘n SWOT-ontleding. (3)
• (Enige 3 korrekte antwoorde)
• ‘n SWOT-ontleding verg nie enige spesiale opleiding, rekenaar- programme of vaardighede nie.
• Dit gee ‘n bondige maar volledige opsomming van die onderneming.
• Almal wat by ‘n SWOT-ontleding betrokke is, word bewus gemaak van die prestasies en doelwitte van die onderneming.
• Die voltooiing van ‘n SWOT-ontleding stel jou in staat om onmiddellik te sien waar jy stappe kan doen om jou swakhede te verbeter, munt te slaan uit sterk punte en geleenthede, en bedreigings die hoof te bied.
Land V2 Rekord Memo
Developed by Auxilio cc
2017Kwartaal 3
-8-
6.2 Onderskei tussen ‘n ‘produksieplan’ en ‘n ‘finansiële plan’. (3 x 2) (6)
• (Enige 3 korrekte antwoorde)
Produksieplan Finasiële plan
Hoe die produk vervaardig of die diens gelewer gaan word. Waar die voorrade en materiale gekoop sal word en hoe die produk verpak, gestoor en versend sal word. Watter naverkoopsdiens nodig is (byvoorbeeld herstelwerk en waarborge). Watter grond, geboue, fasiliteite en toerusting nodig is, insluitend koste en finasiering. Die vereistes van werknemer- en bestuursplanne, insluitend hoe toegang verkry sal word tot geskoolde arbeid wanneer dit benodig word. Die ligging van die sakeonderneming en waarom dit die behoeftes van die sakeonderneming dien, insluitend nabyheid aan kliënte en verskaffers en vervoerkoste. Die produksiekapasiteit, omsetkoers of dienste wat realisties met die bestaande of voorgestelde sakeplan en personeel bereik kan word.
Inkomstestaat: verskaf inligting oor hoeveel geld in die sakeonderneming inkom. Kontantvloei-opsomming: toon hoeveel geld op ‘n daaglikse basis in en uit die sakeonderneming vloei. Balansstaat: vergelyk die inkomste en besteding van geld in die sakeonderneming. Kapitaalverkope en –aankope: hou tred met geld wat deur verkope gemaak word en geld wat tydens produksie en die daaglikse bestuur van die sakeonderneming bestee word. Finansieringskedule: beskryf tydperke van groot finansiële gebeurtenisse (tye wanneer geld uitgegee en verdien moet word).
6.3 Noem enige TWEE (2) inligtings wat in ‘n sakeplan gegee word. (2)
• (Enige 2 korrekte antwoorde)
• ‘n Verstaanbare uiteensetting wat beskryf waaroor die sakeonderneming gaan.
• Die geskiedenis en ‘n oorsig van die partye wat betrokke is.
• Die missiestelling en doelwitte.
• Die finansiële planne.
• Bemarkingsplanne. 6.4 Wat is ‘n “sakeplan”? (1)
• ‘n Sakeplan is ‘n plan waarvolgens ‘n sakeonderneming bedryf kan word sodat dit suksesvol kan wees.
TOTAAL VRAAG 6: [12]
Land V2 Rekord Memo
Developed by Auxilio cc
2017Kwartaal 3
-9-
VRAAG 7: GENETIESE MODIFIKASIE OF INGENIEURSWESE [50] 7.1 Bespreek die SES (6) stadiums wat wetenskaplikes volg tydens die proses van genetiese modifikasie. (6 x 2) (12)
• Die wetenskaplike vind en isoleer die geen met die gewenste genetiese eienskappe. Hierdie proses word kartering genoem.
• Die wetenskaplike maak verskeie kopieë van die geïsoleerde geen.
• Die wetenskaplike dra die gewenste gene oor na die plant se eie gene (met behulp van ‘n stukkie plantweefsel). Wanneer die wetenskaplie die gewenste gene in die plant wil inplaas, is daar drie opsies: die gebruik van ‘n ‘geenkanon’; ‘n grondbakterie of ‘n materiaal wat ‘n protoplas genoem word; die inplasing van gene word ‘transformasie’ genoem.
• Die wetenskaplike gaan die geneties gemodifiseerde weefsel na en skep ‘n nuwe plant met behulp van hierdie weefsel.
• Die wetenskaplike kontroleer dat die gene wat ingeplaas is, funksioneer soos dit moet.
• Die wetenskaplike maak ook seker dat die geen wat ingeplaas is, in die plant se nakomelinge (saad) verskyn.
7.2 Noem VYF (5) voordele van ingenieurswese bo tradisionele metodes. (5 x 2) (10)
Genetiese ingenieurswese Tradisionele metodes
Akkuraatheid Baie presies. Nie baie presies nie.
Getal gene oorgedra
Spesifieke geselekteerde gene van een plant of dier.
Baie ongewenste eienskappe kan oorgedra word.
Produksie van entstowwe en geneesmiddels
Baie geskik. Nie geskik nie.
Kombinasie van gene
Genetiese eienskappe van verskillende spesies herkombineer. OF Oordrag van gene is selfs tussen plante en diere moontlik.
Hergekombineerde genetiese eienskappe binne spesies en tussen verwante spesies.
Tyd wat dit neem om nuwe variëteite na die mark te bring
Minder tydrowend. Tydrowend: (kan 10-12 jaar neem).
Land V2 Rekord Memo
Developed by Auxilio cc
2017Kwartaal 3
-10-
7.3 Maak ‘n duidelike skets van ‘n geslagtelike- ongeslagtelike voortplanting by plante. (2 x 5) (10) 7.4 Noem VIER (4) tegnieke wat gebruik word om plante en diere geneties te modifiseer. (4 x 2) (8)
• (Enige 4 korrekte antwoorde)
• Bakterieë as draers.
• Biolistiek.
• Kalsiumfosfaatneerslag.
• Elektroporasie.
• Die stilmaak van gene.
• Die splitsing van gene.
• Lipofeksie.
• Mikro-inspuiting.
• Virusse as draers. 7.5 Verduidelik VYF (5) omgewingsrisiko’s van die produksie van GGO’s. (5 x 2) (10)
• (Enige 5 korrekte antwoorde)
• Hoewel die Bt-toksiene wat in Bt-gewasse gebruik word, net op sekere insekklasse van toepassing is, is die uitwerking wat die teenwoordigheid daarvan oor die lang termyn op plantvoedsel sal hê, nog nie bepaal nie.
• Boere kan onkruiddoders onoordeelkundig gebruik op gewasse minder bestand is teen plaagdoders as hulle weet dat hulle gewasse minder vatbaar is vir hierdie chemiese middels, en sodoende kan hulle die voorkoms van plaagdoders in die omgewing verhoog.
• Die toksiese effek van plante wat teen insekte bestand is, kan potensieel ook voordelik insekte soos bye doodmaak.
• Gewasse wat teen insekte stand is of verdraagsaam is teenoor onkruiddoders, kan potensieel meebring dat skadelike plaagbestande plante, of sogenaamde ‘superonkruid’, ontwikkel.
• Die koste van GM-sade sluit ‘n ‘tegnologiefooi’ in, met die gevolg dat kleinskaalse boere dit moontlik nie kan bekostig nie.
• GM-gewasse word gepatenteer en boere mag nie saad oorhou vir teeldoeleindes nie, wat beteken dat hulle elke jaar nuwe saad moet koop.
• GM-gewasse bevat gene wat weerstand bied teen antibiotika.
Land V2 Rekord Memo
Developed by Auxilio cc
2017Kwartaal 3
-11-
• Die varsheid van produkte is dikwels misleidend. Die produk lyk vars, selfs al is dit reeds ‘n paar dae op die rak. Die voedingswaarde kon dus al afgeneem het.
• GM-saad vir ‘n spesifieke variëteit het almal dieselfde genetiese samestelling. Dit maak hulle vatbaar vir infeksie, wat ‘n hele oes kan vernietig.
• Daar is ‘n moontlikheid dat mutasie in GGO’s kan voorkom.
• Daar is ‘n moontlikheid dat die funksionering van ander gene beïnvloed kan word.
TOTAAL VRAAG 7:[50]
GROOT TOTAAL: [150]
Land V2 Rekord Memo
Developed by Auxilio cc
2017Kwartaal 3
-12-
Landbouwetenskap Vraestel 2 Rekord Eksamen 14 September 2017
BLOOM: COGNITIVE LEVELS / KOGNITIEWE VLAKKE: AGRICULTURAL SCIENCES/LANDBOUWETENSKAPPE
Examination Question
Enter the question number below
Eksamenvraag
Tik die vraagnommer in
die kolom hieronder
Remembering/ Onthou
Understanding / Begrip
Applying/ Toepassing
Analysing/ Analiseer
Evaluating / Evaluering
Creating / Skepping
Level/Vlak A: 40% (Low / Laag)
Level/Vlak B: 40% (Middle / Middel)
Level/Vlak C: 20% (High / Hoog)
Ide
ntify / Id
en
tifisee
r
Listing / Lys in
ligting
De
scribe
/ Be
skryf
Nam
e \ N
oe
m
State / Ste
l
De
fine
/ De
finie
er
Infe
r / Lei
Inte
rpre
t / Inte
rpre
teer
Classifyin
g / Klassifise
er
Parap
hrasin
g / Parafrase
er
Pro
ble
m so
lving\ P
rob
lee
mo
plo
ssing
Discu
ss / Be
spre
ek
Factorise
/ Faktorise
er
Draw
ing / Illu
stree
r
Explain
ing / V
erd
uid
elikin
g
Exem
plifyin
g / Vo
orb
ee
lde
Imp
lem
en
ting / Im
ple
me
nte
er
Carryin
g ou
t / Uitvo
er
Usin
g / Toe
pas
Diffe
ren
tiate / D
iffere
nsie
er
Co
mp
aring / V
erge
lyk
Attrib
utin
g / Ge
ken
me
rk
Organ
ising / O
rganise
er
Structu
ring / Stru
kture
ring
An
alyse / A
na
lisee
r
Min
d-m
app
ing / B
rein
kaarte
Nagaan
, oo
rde
el / C
he
cking, Ju
dgin
g
Hyp
oth
esisin
g / Ve
ron
de
rstellin
g
Testin
g / Toe
tsing
Expe
rime
ntin
g / Ekspe
rime
nte
er
Critiq
uin
g / Kritie
kkriteria
Re
view
ing / H
ersie
nin
g
Re
felctin
g / We
ersp
ieë
ling
Valid
atin
g / Be
kragtiging
De
signin
g / On
twe
rp
Co
nstru
cting / K
on
struktire
er
Inve
ntin
g / Uitvin
din
g
Makin
g / Maak
De
vising / D
eu
rdin
k
Plan
nin
g / Be
plan
nin
g
Dire
cting/P
rod
ucin
g /
Re
gie/V
ervaard
ig
Vrg 1.1.1 – 1.1.10 10
Vrg 1.2.1 – 1.2.10
10
Vrg 1.3.1 – 1.3.5 5
Vrg 1.4.1 – 1.4.5 5
Vrg 2.1.1 5
Vrg 2.2.1 8
Vrg 2.3 2
Vrg 3.1.1 5
Vrg 3.2 4
Vrg 3.3 2
Vrg 3.4 3
Vrg 4.1.1 9
Vrg 4.2 2
Vrg 4.3 4
Land V2 Rekord Memo
Developed by Auxilio cc
2017Kwartaal 3
-13-
Landbouwetenskap Vraestel 2 Rekord Eksamen 14 September 2017
Vrg 5.1 8 Vrg 5.2 4
Vrg 5.3 2
Vrg 6.1 3
Vrg 6.2 6
Vrg 6.3 2
Vrg 6.4 1
Vrg 7.1
12
Vrg 7.2
10
Vrg 7.3
10
Vrg 7.4 8
Vrg 7.5
10
Total/Totaal
10
12 0
26
10 0 1 0 3 0 0
37 0 0
10 5 0 0 0 6 8 0 0 0 0 5 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0
14 0 0 3
% - QP/VS 58= 38.7% 62= 41.3% 30=20%
Land V2 Rekord Memo
Developed by Auxilio cc
2017Kwartaal 3
-14-