45
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 PUNTE: 70 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 26 bladsye. *AFRFA2*

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

  • Upload
    others

  • View
    9

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

SEPTEMBER 2015

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

PUNTE: 70 TYD: 2 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 26 bladsye.

*AFRFA2*

Page 2: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Moenie die hele vraestel deurlees nie. 2. Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help. 3. Die vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: Roman (35) AFDELING B: Drama (35) AFDELING C: Kortverhale (35) Beantwoord AL TWEE kortverhale

indien jy hierdie afdeling behandel het.

AFDELING D: Gedigte (35) Beantwoord AL TWEE gedigte indien jy hierdie afdeling behandel het.

4. Kies die TWEE afdelings wat jy behandel het en dui die vraagnommers aan. 5. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie

vraestel gebruik word.

7. Laat ʼn reël oop na elke antwoord. 8. Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling/vraag. 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees

en nie in ʼn ander taal nie.

10. Gebruik die kontrolelys op bladsy 3 om met jou keuses en die getal vrae te

help.

11. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 3

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

INHOUDSOPGAWE Hierdie bladsy sal jou in staat stel om die vrae te kies wat jy wil beantwoord sonder om deur die hele vraestel te lees. AFDELING A: ROMAN VRAAG 1: Kringe in ʼn Bos Kontekstuele vraag 35 OF VRAAG 2: Die ongelooflike avonture van

Hanna Hoekom Kontekstuele vraag 35

OF VRAAG 3: Meeulanders Kontekstuele vraag 35 AFDELING B: DRAMA VRAAG 4: Poppie – die drama Kontekstuele vraag 35 VRAAG 5: Paljas Kontekstuele vraag 35 OF AFDELING C: KORTVERHAAL Beantwoord albei kortverhale VRAAG 6.1: Benedicta Kontekstuele vraag 19 EN VRAAG 6.2: Astra Castra Kontekstuele vraag 16 AFDELING D: GEDIGTE BEANTWOORD albei gedigte VRAAG 7.1: Stad in die mis 18 EN VRAAG 7.2: Things that go bump in the night Kontekstuele vraag 17 AFDELING VRAAGNOMMERS VRAE BEANTWOORD MERK A Roman 1 – 3 1 OF

B Drama 4 – 5 1 OF

C Kortverhale 6 1 OF

D Gedigte 7 1 LET WEL: Maak seker dat jy vrae uit TWEE verskillende afdelings beantwoord

het.

Page 4: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A: ROMAN KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee VRAAG 1: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. 1 Net oor MacDonald wou die bitterheid nie aldag bly lê nie. 2 Aanvaar jou neerlaag, het hy homself die een oomblik kon 3 paai, net om die volgende weer met al die ou magteloosheid te 4 worstel. 5 Kate. 6 As die seer oor Kate net wou minder word! 7 “Jy moet ʼn bietjie uitkom, Saul,” het die twee ou Muller- 8 susters hom probeer oorreed. “Veral oor naweke. Die blaasor- 9 kes speel môreaand op die plein; vat vir Martjie saam en dan 10 gaan luister julle ook.” 11 Martjie was die ou dames se broerskind; ʼn mooi rooiwang- 12 meisie met ʼn ronde lyfie. Hoe kon hy vir hulle sê: Wag net ʼn 13 rukkie, gee my langer kans ... Ek sal later konserte toe gaan, 14 na die blaasorkes gaan luister, weer gaan dans. ʼn Martjie soek 15 om die wonde te help genees. Later! 16 Oor een ding het hy nie meer getwyfel nie; hout is in sy 17 bloed. Elke stoel, tafeltjie of wat hy ook al klaarkry en neersit, 18 het ʼn ongekende genot in sy lyf laat kom. Soos die maande 19 verbygegaan het, het ou Abraham hom selfs met die stinkhout 20 begin vertrou, en toe sy eerste riempiesmat-leunstoel met die 21 boogpote die dag staan, het die ou die tante geroep om te kom 22 kyk.

Bl. 272 1.1 Wie is Kate se pa? (1) 1.2 In Swellendam het Saul ʼn verhouding met Martjie aangeknoop. 1.2.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? 1.2.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.2.1. (1) 1.3 Wat was die verhouding tussen Kate en Saul? (1) 1.4 Waar en wanneer het Kate en Saul mekaar goed leer ken? (2) 1.5 Waarom wou die seer oor Kate nie minder word nie? (1) 1.6 Verduidelik wat die vernaamste rede was waarom Saul en Kate se

verhouding nie kon staande bly nie. (1)

Page 5: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 5

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.7 Dink jy dat MacDonald se optrede teenoor Kate en Saul regverdig was?

Motiveer jou antwoord. (1) 1.8 Waarmee het MacDonald vir Saul gedreig as hy weer met Kate in

aanraking sou kom? (1) 1.9 Wat het Saul oor homself uitgevind in die tyd wat hy by oom Abraham

gewerk het? (1) 1.10 Saul dra ʼn jarelange bitterheid teenoor MacDonald in hom rond. Noem

DRIE redes waarom Saul so verbitterd is. (3) 1.11 Dink jy Saul se bitterheid teenoor MacDonald is aanvaarbaar? Motiveer

jou antwoord. (1) 1.12 Kies uit KOLOM B die korrekte antwoord om by die sin of frase in

KOLOM A te pas. Skryf net die vraagnommer (1.12.1–1.12.4) en die letter (A–F) neer.

KOLOM A KOLOM B 1.12.1 Houtkoper in die Kaap A Beth 1.12.2 Leer hom alles van

meubelmakery B Anneries

1.12.3 Sê vir Saul dat Kate met James

Stewart uitgaan C Charles Gray

1.12.4 Hy bied vir Saul sewe erwe in

Meulbosdorp aan D Martjie

E MacDonald F Abraham (4) 1.13 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.

Skryf slegs die vraagnommer (1.13.1–1.13.3) en die antwoord neer. broers; see; konsert; derde; tweede; susters Hy het die twee ou Muller- (1.13.1 ...) hul sin gegee en Martjie ʼn paar keer

saamgeneem kerk toe en een keer (1.13.2 ...) toe ook. Maar Martjie se oё was ná die eerste keer alte blink na sy sin en niks wou vir haar in hóm roer nie. Ná die (1.13.3 ...) keer dat hulle saam uit was, het hy dit reguit vir Martjie gesê ... (3)

1.14 In hom was ʼn onwrikbare klarigheid waaroor hy nie meer beheer gehad

het nie: hy gaan terug Knysna toe. Verduidelik hoe hierdie gedagte verband hou met die tema van die roman. (2)

Page 6: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.15 Saul kry soveel teenkanting dat hy besluit om Knysna (die Bos) nou finaal

te verlaat. Wat sou jy gedoen het as jy in dieselfde situasie as Saul was? (2)

1.16 Saul verlaat die Pictor en gaan terug na die Bos. Gee TWEE redes wat

aanleiding daartoe gegee het. (2) 1.17 Dink jy Maska het woord gehou om te keer dat Freek Terblans vir Oupoot

skiet? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2) 1.18 Waarom dink jy het Oupoot vir Saul tot in Meulbos gelok? (1) 1.19 “As Oupoot my dierbroer was, is jy my hartbroer.”

Wat sê hierdie aanhaling vir ons van die verhouding tussen Saul en Maska? (2)

1.20 Watter soort verteller tref ons in hierdie verhaal aan? (1) 1.21 Verduidelik hoe die titel, Kringe in ʼn Bos, met die hoofgedagte/tema van die

verhaal verband hou. (2) [35]

Page 7: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 7

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vywer Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg. 1 “Ek het gewéét dit gaan gebeur. Ek is die enigste een in hierdie 2 gesin wat ooit ... ” 3 “Ek weet,” knip sy my kort. “Jy’s die enigste een wat ooit betyds 4 klaar is vir enigiets, dis dié dat ek jou vra om te help. Die res skar- 5 rel soos afkophoenders rond. Amos soek sy boeke en Tibo kry nie 6 ʼn enkele sokkie wat by enige ander sokkie pas nie en Yann …” 7 “Ons is op pad na die gramadoelas,” mompel ek. “Wie dink 8 Tibo gaan omgee as hy onpaar sokkies dra?” 9 Maar ek ken klaar die antwoord. 10 “Jy ken vir Tibo.” 11 Ek ken vir Tibo. Sy kamer lyk miskien soos ʼn hoenderhok, 12 maar hy’s nogal ʼn netjiese kuiken as dit by klere kom. Die vere 13 maak die voёl, glo hy. Hy sal nie eens vir een van sy Action Men 14 ʼn onpaar sokkies aantrek nie. 15 “En Yann is briesend oor sy Marilyn Manson-CD verdwyn het,” 16 gaan Mana aan. “Hy dink dis sy pa wat dit weggesteek het. Nie 17 dat ek sy pa sou kwalik neem nie. As ons drie weke lank na 18 Marilyn Manson moet luister …” En nou het Pampoen en Patat ook nog 19 verdwyn. Moet die geskarrel in die huis wees wat hulle laat vlug 20 het.” 21 Slim honde, dink ek. Dis wat ék ook moes gedoen het. 22 “Seker bang hulle word in die agterplaas toegesluit,” sug Mana. 23 “Niemand het vir hulle verduidelik hulle gaan saam nie.” 24 “Miskien is dít juis waarvoor hulle bang is. Miskien is hulle ook 25 nie lus vir hierdie wittebrood nie.”

Bl. 34 2.1 Wie is hier in reël 3 aan die woord? (1) 2.2 Met wie praat die persoon? (1) 2.3 Waarvoor is hulle besig om gereed te maak? (1) 2.4 Wie is Yann se pa? (1) 2.5 Kies die regte woord tussen hakies.

Die gesin gaan vakansie hou op (Botterberg/Blouberg/Bitterberg). (1) 2.6 Die kinders sien baie uit na die vakansie op die berg. 2.6.1 Sê of bogenoemde stelling WAAR of ONWAAR is. 2.6.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.6.1 met ʼn aanhaling uit die

leesstuk. (1)

Page 8: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.7 Kies die korrekte antwoord. In hierdie verhaal kom daar ʼn (eerstepersoonsverteller/derde

persoonsverteller/alomteenwoordige verteller) voor. (1) 2.8 Wie is die verteller in hierdie verhaal? (1) 2.9 “Die laaste halfuur was ʼn ander soort nagmerrie.”

Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer. Nagmerrie in die uittreksel beteken (ʼn nare ondervinding/ʼn nare droom). (1)

2.10 Verduidelik in jou eie woorde waarom Hanna nie normale ouers gehad het

nie. (2) 2.11 Dink jy dit is aanvaarbaar dat Hanna kwaad is omdat Tibo en Amos haar

gedig gelees het? Motiveer jou antwoord. (1) 2.12 Kies die KORREKTE antwoord uit KOLOM B wat by die sin of frase in

KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommer (2.12.1–2.12.4) en die letter (A–E) neer.

KOLOM A KOLOM B 2.12.1 Sy was voorheen ʼn verpleegster A Sharon 2.12.2 Sy gaan ʼn baba kry B Hanna 2.12.3 Sy het perfekte tande C Margot 2.12.4 Sy het lang swart hare D Mana E Fabienne (4) 2.13 Vergelyk Tibo en Amos se siening oor Margot. (2) 2.14 Dink jy Mana se houding teenoor Margot is regverdig of aanvaarbaar omdat

sy nie haar haardroёr kan gebruik nie? Motiveer jou antwoord. (1) 2.15 Verduidelik waarom jy dink Tibo van Margot hou. (1) 2.16 Op watter TWEE maniere het Sharon se voorkoms van Hanna s’n verskil? (2) 2.17 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die

vraagnommer (2.17) en die letter (A–D) neer. Elke jaar met haar verjaarsdag kry Hanna ʼn … van Mana, maar hierdie jaar

gee Mana vir haar lekker ruikgoed. A grimeerstel B boek C ring D trui (1)

Page 9: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 9

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.18 Waarom was Hanna so verras deur Yann se geskenk? (1) 2.19 Verduidelik waarom Hanna so verras was dat sy hierdie jaar so baie

geskenke gekry het. (1) 2.20 Wat dink jy was die rede waarom Margot ʼn naelknipper wou leen? (1) 2.21 Wat openbaar Margot se karakter aan ons deurdat sy haar naels afsny? (1) 2.22 Verduidelik waarom Hanna uit die kamer gevlug het, toe Mana so tydens

die baba se geboorte geskree het. (1) 2.23 Wat was die rede waarom Sharon nie omgegee het dat sy nie saam met

haar ouers met die helikopter kon huis toe gaan nie? (1) 2.24 Waarom was Tibo so verskriklik teleurgesteld dat sy Tarotkaarte toe nooit

gelees is nie? (1) 2.25 Het jy simpatie met Tibo omdat sy Tarotkaarte nie gelees is nie? Motiveer

jou antwoord. (2) 2.26 Hoekom dink jy glo Yann nie sy ma as sy sê dat sy vir ʼn naweek Kaap toe

kom nie? (1) 2.27 Verduidelik in jou eie woorde watter les Hanna tydens die vakansie op die

berg oor haarself geleer het. (2) [35]

Page 10: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG MEEULANDERS – Esta Steyn Lees die onderstaande uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. 1 Hulle is terug kombuis toe. Ryna het gebukkend by die tafel ge- 2 staan. Sy was besig om mond-tot-mond asemhaling op die ou babatjie 3 toe te pas. Sy’t orent gekom. Ag nee! Ag … Here, nee! 4 Sy’t die kind opgetel en hartverskeurend begin huil. Sy’t na Jacob 5 gekyk waar hy by die deur vasgenael bly staan het en haar oё het van 6 die ergste vertel. “Jacob …” 7 Hy’t die kind uit haar arms geneem. Hy het die kombersie van die 8 koppie afgetrek en wanhopig na die stil gesiggie gekyk. En sy oor teen 9 die mondjie gedruk en sy kop geskud. 10 En toe het Kinnie se kind ʼn skree-geluidjie in die bruin sak gegee. 11 Daar was meteens ʼn heilige stilte tussen die drie mense in die kom- 12 buis op Meeuland. 13 Ons het woordeloos na mekaar gekyk. Jacob en Jannerik en ek. En die 14 een het geweet wat die ander dink. Ons het kontrak geteken sonder pen of 15 papier. En ons het mekaar belowe dat geen mens ooit sou weet nie. Jannerik 16 sou vir Ousanna sê dat Kinnie se kind gesterf het. Voor die dag gebreek het, 17 het Jacob ʼn kissie gemaak. Ons het Elsabet se babatjie gaan begrawe met sonsopkoms. 18 Die storm het stil geword. Daar was swartrugmeeue teen die oggendhemel. 19 Ek het van ʼn afstand af staan en kyk hoe Jannerik die gat spit by die oor- 20 hangende rots ver van die huis af. En toe Jacob die kissie neerlê. En biddend in die hemel opkyk. Bl. 70 & 71 3.1 Verduidelik volledig hoekom Jacob nie die wal kon kontak om te kom help toe

Elsabet daardie nag kraam nie. (Gee 3 feite) (3) 3.2 Watter twee babatjies was in die kombuis? (2) 3.3 Wat dink jy was Jannerik se verhouding/verwantskap met die babatjie in die

bruin sak? (1) 3.4 Hoe dink jy watter groot besluit het die drie mense in die kombuis geneem? (2) 3.5 Verduidelik in jou eie woorde wat dit beteken om kontrak te teken sonder pen

of papier. (2) 3.6 Waarom dink jy sou Ryna se lewe vir ewig aan die mense van Meeuland

verbind wees? (2)

Page 11: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 11

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.7 Wat noem Jacob en Elsabet hulle dogtertjie? (1) 3.8 Ousanna maak voorspellings oor karakters in die roman. Pas die name van

die karakters in KOLOM B by die voorspellings in KOLOM A. Skryf net die vraagnommer (3.8.1–3.8.4) en die letter (A–E) neer.

KOLOM A KOLOM B 3.8.1 ʼn Pyl het haar deurboor. Ek sê

jou ʼn pyl wat nog baie mense gaan seermaak.

A Ryna

3.8.2 “Kinnie … die kind …” B Jacob 3.8.3 Sy siel sal nie rus nie, want hy

het bloed op sy hande. C Janka

3.8.4 “Jy moet vir hom wag, my kind.

Daar is ʼn swart rivier. Dit kronkel deur julle lewens. Julle moet eers daardeur kom”.

D Fred

E Sheila (4) 3.9 Ryna moes alleen sukkel om haar huisie bewoonbaar te maak. 3.9.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? 3.9.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.9.1. (1) 3.10 Gee DRIE redes waarom Ryna probeer het om haar lewe op Meeuland oor

te maak. (3) 3.11 Elsabet besluit om die eiland te verlaat en van Jacob te skei. Was Elsabet

se handeling regverdig of aanvaarbaar? Motiveer jou antwoord. (2) 3.12 Simpatiseer jy met Elsabet? Wat sou jy doen indien jy in dieselfde situasie

was? (2) 3.13 Voltooi die volgende paragraaf. Vul net die ontbrekende woorde in. Kies

die antwoorde uit die lys hieronder. Skryf net die vraagnommer (3.13.1–3.13.3) en die antwoord neer.

Emily; Tamara; Donovan; Bernard; Janka; Elsabet (3) Janka klim voetjie vir voetjie teen die trap op agter 3.13.1 … aan. Meteens

spring 3.13.2 … agter die trapreling uit met ʼn aaklige monstermombakkies op sy gesig. 3.13.3 … begin angstig huil.

3.14 Albei Fred Blankenberg se vroue (Sheila en Elsabet) is op onnatuurlike

wyses dood. Wat dink jy was die gemeenskaplike rede vir hul vroegtydige dood? (1)

Page 12: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.15 Verduidelik waarom die mense van Meeuland Kersfees wou vier met ʼn

Kersboom, presente en Kersvader. (1) 3.16 Verduidelik waarom Janka geskiet is. (2) 3.17 Waarom dink jy kan Ryna vir Jacob bystaan in sy hartseer nadat Janka

geskiet is? Motiveer jou antwoord. (2) 3.18 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (3.18) en die

letter (A–D) neer. Watter sintuig word in reëls 1, 2, 3, 13 en 14 gebruik? A hoor B voel C smaak D sig E reuk (1) [35] TOTAAL AFDELING A: 35

Page 13: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 13

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B: DRAMA VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG POPPIE-DIE-DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé Lees die uittreksel hieronder en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.

1 MOSIE. Poppie is met die trein na Herschel om die meisie 2 kinders na Stone se ouers op die land te neem, en toe is sy 3 verder na Mdantsane om die huis te verhuur en te reёl dat 4 Bonsile by die huismense inwoon. En daar was nog iets waar- 5 oor sy met hom moes praat. 6 POPPIE. Bonsile, jy moet die kind na my laat bring wat gebore 7 is toe ons in die Kaap was vir die begrafnis. Dis bloed van my 8 bloed en ek het die kind nog nie gesien nie. (Hulle bring ʼn 9 bondeltjie. Sy neem dit in haar arms en kyk lank daarna.) Die 10 onderhoud van die kind sal ek ook op my skouers moet 11 neem, maar hieroor kla ek nie. Oor die kind is ek bly. (Poppie 12 begin geld uit haar handsak haal.) 13 MOSIE. Sy het al die geld wat sy nog oor had aan die jong ma 14 van die kind gegee en toe Kaap toe vertrek. 15 MAMA. Sy is siek. Sy het baie swaar gehad. Die dinge was te veel 16 vir haar. Sy lê net en sien niemand raak nie. 17 MOSIE. Ons sisi is siek. Ek dink sy voel nou eers ons swaertjie 18 se dood. 19 MAMA. Die dinge is te veel vir haar. 20 JAKKIE. Poppie het ʼn week gelê, en toe het sy opgestaan. 21 POPPIE. Ek moet gaan werk. Die kinders het kos en geld nodig. 22 PLANK. Sy het werk gekry by Mrs. Swanepoel. Die vrou wat 23 haar soontoe geneem het, het twaalf jaar by Mrs. Swanepoel 24 gewerk en sy moes haar bene vir spatare laat sny. Sy’t gesê: 25 Kom saam en hou my werk vir die maand wat ek in die hos- 26 pitaal is. 27 MRS. SWANEPOEL. Ek sal jou dertig rand in die maand be- 28 taal, Rachel. 29 POPPIE. Dan sal ek maar tot Vrydag toe vir die miesies kan 30 uithelp, want ek kan nie vir dertig rand in die maand werk nie 31 ... ek het vyf kinders en dit kos geld om hulle te onderhou.

Bl. 50 en 51 4.1 Waar het Poppie se skoonouers gewoon? (1) 4.2 Waar wou Poppie hê moes Bonsile sy skoolloopbaan voltooi? (1) 4.3 Watter kind moet Bonsile vir Poppie bring? (1) 4.4 Poppie weier om vir die jong ma geld te gee en stuur haar weg. 4.4.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? 4.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.4.1 met ʼn aanhaling uit die

uittreksel. (1)

Page 14: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.5 Noem DRIE redes waarom jy dink dat Poppie siek geword het. (3) 4.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. (1) Poppie is die (antagonis/protagonis) in die drama. 4.7 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer

(4.7.1–4.7.2) en die antwoord neer. (2) Poppie besluit dat 4.7.1 (Fezile/Vukile) by Mosie en Rhoda moes kom bly

en dat 4.7.2 (Kindjie/Katie) die skool moes los om na hom te kyk. 4.8 Pas die naam in KOLOM B by die inligting in KOLOM A. Skryf net die

vraagnommer (4.8.1–4.8.4) en die letter (A–E) neer. KOLOM A KOLOM B 4.8.1 Het skool gelos om soms na

Poppie se kinders te kyk A Kindjie

4.8.2 Is met ʼn tafeldoek toegegooi B Plank 4.8.3 Kinders slaan hom by die

hoenderhok C Katie

4.8.4 Hy is ʼn groot bekommernis vir sy

ma D Constance

E Jakkie (4) 4.9 Waarom dink jy voel Poppie soos ʼn ma vir haar broer, Jakkie? (2) 4.10 Wat openbaar Poppie se karakter vir ons oor al die reёlings wat sy vir haar

kinders tref? (1) 4.11 Dink jy Poppie het reg opgetree om nie haar kinders by haar in die Kaap te

laat bly nie? Motiveer jou antwoord. (2) 4.12 Waarom dink jy het Poppie Vukile laat Kaap toe kom? Gee ʼn rede vir jou

antwoord. (2) 4.13 Noem TWEE dinge wat die kinders met die grootmense, wat hulle

voorgekeer het, gedoen het as hulle na drank geruik het. (2) 4.14 Verduidelik waar Plank twee keer geslaan is, en deur wie hy geslaan is. (2) 4.15 Die polisie het vir Bonsile en Nomvula gevang om hulle uit te vra oor

Jakkie. Was die polisie se optrede na jou mening aanvaarbaar? Motiveer jou antwoord. (2)

Page 15: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 15

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.16 Waarom was die kinders so teen die migrants gekant? (2) 4.17 Waarom dink jy die polisie die migrants tydens die 1976-onluste

ondersteun? (2) 4.18 Gee TWEE redes waarom Poppie gevoel het dat dit nie werklik gehelp het

om haar kinders van die moeilikheid in die Kaap weg te hou nie. (2) 4.19 Poppie sê aan die einde van die drama: “En as my kinders in die ding

gesleep moes word, dan is dit waartoe hulle gebore is. En wie kan uit hulle pad neem dit waarvoor hulle gebore is?”

Verduidelik wat Poppie hiermee bedoel het. (2) [35]

Page 16: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

16 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG PALJAS – Chris Barnard Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1 HENDRIK (kom nou ook by; tot Bertie, wat nog doodstil lê): 2 Klein vuilis. Hy neuk al van gister af. (Hy gee ʼn tree nader.) 3 As julle my nie keer nie, bliksem ek hom ok. 4 Niemand keer hom nie – en wanneer hy omkyk, sien hy Nollie en Emma stap al dóér. Hy sit hulle agterna. 5 Katrien, Nollie en Emma op die huis se voorstoep. Die 6 grammofoon staan op die stoepmuurtjie en speel. 7 Katrien is besig om Nollie se nerf-af kneukels met dettol 8 te was. Emma hou die skottel met lou water vas. 9 Klein Willem sit wydsbeen op die ander end van die 10 stoepmuurtjie met sy rug na hulle toe. Hy is besig met 11 iets. 12 HENDRIK: Donderdag ofte not – vandag vat ons ʼn knertsie. 13 Wat sê jy, Nollie? (Hy lag.) As jy nou wou gesien het hoe lyk 14 ʼn ou wat gefoeter is, dan moes jy daardie sirkusapie gesien 15 het netnou. 16 KATRIEN: Wag, hier by jou oog is dit ook stukkend. 17 NOLLIE: Nee wat, dis niks, tannie. (Hy keer.) 18 HENDRIK: Dis net woep-wap, toe lê hy en skop soos ʼn 19 afkophoender. 20 KATRIEN: Hou stil. Dit bloei. 21 Hendrik skink die bottel se doppie vol en gooi in sy 22 glas; dieselfde in Nollie se glas. Bl. 26 en 27 5.1 Wie is Bertie? (1) 5.2 Waarom is Nollie se kneukels nerf-af? (1) 5.3 Benoem die stylfiguur in “dis net woep-wap” (reël 18). (1) 5.4 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer

(5.4) en die antwoord neer. Die sirkustrein was op pad na (Toorwater/Uniondale/Oudtshoorn). (1) 5.5 Emma wil nie haar ma help met Nollie se seerplekke nie. 5.5.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? 5.5.2 Motiveer jou antwoord deur EEN reël uit die leesstuk aan te haal. (1) 5.6 Wat is Hendrik se grootste vrees oor Emma? (1) 5.7 Wat dink jy is die probleem wat Nollie met Hendrik het? (1)

Page 17: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 17

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

5.8 Kies die KORREKTE antwoord om te sê wat die sin beteken. Skryf slegs

die vraagnommer (5.8) en die letter (A–D) neer. Hy neuk al van gister af. A Hy het vrede gesoek. B Hy het moeilikheid gesoek. C Hy het simpatie gesoek. D Hy het liefde gesoek. (1) 5.9 Verduidelik waarom dit Hendrik so ontstel het toe hy die sirkustrein op sy

stasie sien? (2) 5.10 Waarom dink jy was Hendrik so bekommerd oor die voorval tussen Bertie

en Emma? (1) 5.11 Stem jy saam dat Nollie graag by Hendrik kuier om na plate te luister?

Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1) 5.12 Wie is Manuel? (1) 5.13 Met wie het Manuel vriende gemaak? (1) 5.14 Waar het Willem en Manuel se vriendskap begin? (1) 5.15 Vergelyk Hendrik en Manuel se optrede teenoor Willem. (2) 5.16 Waarom was Willem so hartseer toe die sirkustrein weg is? (1) 5.17 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.

Skryf net die vraagnommer (5.17.1–5.17.3) en die antwoord neer. koringland; lusernland; blou; wit; sweetpak; narrepak Langs die pas gestroopte 5.17.1 ... sien Willem ʼn 5.17.2 ... balletjie bokant

die koringbaal uitwip. Dan verskyn verskeie kleure balletjies en dan verskyn die nar in sy 5.17.3 ... (3)

Page 18: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

18 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

5.18 Pas die reaksies in KOLOM B by die inligting in KOLOM A. Skryf net die

vraagnommer (5.8.1–5.8.4) en die letter (A–E) neer. KOLOM A KOLOM B 5.18.1 Manuel besoek die kerk. A Manuel hardloop uit die kerk,

want dominee het gesê Jan Mol moet hom vang.

5.18.2 Manuel word geskiet. B Manuel en Willem bring tyd in

die veld deur. 5.18.3 Jan Mol herken vir Manuel. C Willem wil weet of dit sonde is

om jou gesig te verf. 5.18.4 Die motor trek ruk-ruk daar

weg. D Die dorpenaars gaan soek vir

Manuel by die McDonalds. E Hendrik vlieg tussen die spul in

om die belhamel te vind. F Jan Mol en ʼn paar knape gooi

klippe daarna. (4) 5.19 Wanneer het die dominee se besoek plaasgevind? (1) 5.20 Wat dink jy is die dominee se plig waarvan hy die hele tyd melding maak? (1) 5.21 Watter emosie ervaar Hendrik na hy vir die dominee sê dat hy hom nie

kans gee om iets te sê nie? (1) 5.22 Watter karaktereienskap dink jy beskryf die dominee die beste? (1) 5.23 Stem jy saam met Jan Mol dat hulle maar vir Manuel kan skiet, net omdat

die predikant aan hulle kant is? (1) 5.24 Vertel in EEN sin wat die gevolg was van Manuel se kennismaking en

verblyf by die McDonaldgesin. (1) 5.25 Wat dink jy sou die rede wees waarom Jan Mol vir Manuel geskiet het? (1) 5.26 Manuel besluit om terug na die sirkus te gaan. Noem TWEE dinge wat jy sou doen as jy in Manuel se situasie was. (2) 5.27 Om watter rede dink jy gee Manuel sy konsertina vir Willem? (1) [35] TOTAAL AFDELING B: 35

Page 19: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 19

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING C: KORTVERHAAL VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG VRAAG 6.1 BENEDICTA – Margaret Bakkes Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg. 1 By Ultra City buite Middelburg vra ek dat ons stilhou. Ek klim stram uit die 2 bakkie, kyk ge-disoriёnteerd rond om die toilet te soek. Die plek is verlate, 3 sonder ʼn mens of motor. Uit ʼn glashok beduie ʼn swart vrou vir my die 4 rigting. 5 Dis terwyl ek staan en hande was dat die verskrikking en die vrees en die 6 verlatenheid op my toeslaan. Die trane wat ek heelpad probeer terughou 7 om my oudste kind se onthalwe (hy hanteer rou emosie moeilik, veral by 8 sy ma), spat uit my oё en ek huil soos een wat baie seer het en weet dat 9 hy alleen huil. 10 Sodat ek nie die persoon sien wat om die hoek verskyn en ontsteld na my 11 kyk nie. Die swart vrou van die glashok slaan haar arm om my. 12 “What is wrong? Why are you crying so terribly?” 13 Ek probeer myself bymekaarvat. “Don’t worry, I’ll be all right.” 14 “You must tell me.” 15 “I have had bad news. My son has been attacked by a crocodile. He is in 16 hospital in Nelspruit. 17 I am on my way to him.” 18 Deur trane wat opnuut spat, sien ek die afgryse en die ongeloof. Onthou 19 dat ʼn krokodil vir ʼn swart mens ʼn gruwel is. 20 “Oh my God, how terrible. Here have a smoke.” Sy pluk ʼn verfrommelde 21 pakkie sigarette uit haar sak.

Bl. 27 6.1 6.1.1 Waarom vra die spreker om by die Ultra City stil te hou? (1) 6.1.2 Die spreker wou by die Ultra City stilhou omdat sy ʼn nood gehad

het. Is hierdie stelling waar of onwaar? Motiveer jou antwoord. (2) 6.1.3 Wat is die vrou in die glashok se naam? (1) 6.1.4 Waarom het die vrou in die glashok moeite gedoen om die verteller

te vertroos en op watter manier doen sy dit? (2)

Page 20: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

20 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6.1.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf net

die vraagnommer (6.1.5) en die letter (A–D) neer. Die verhaal word aangebied deur ʼn … verteller. A eerstepersoon B interne C alomteenwoordige D derdepersoon (1) 6.1.6 Kies uit KOLOM B die korrekte naam wat by die beskrywing in

KOLOM A pas. Skryf slegs die vraagnommer (6.1.6.1–6.1.6.4) en die letter (A–E) neer.

KOLOM A KOLOM B 6.1.6.1 Die spreker se oudste

seun A Phillios

6.1.6.2 Die spreker se skoonseun B Thabo 6.1.6.3 Die spreker se beseerde

seun C Hannes

6.1.6.4 Die skut D Christiaan E Francois (4) 6.1.7 Verduidelik wat Benedicta gedoen of gesê het wat bygedra het

om die spreker se vrees te laat verminder. (2) 6.1.8 Is die titel binne die konteks van die verhaal gepas? Motiveer jou

antwoord. (2) 6.1.9 Noem TWEE moontlik redes waarom jy dink die spreker se

dogter by die huis bly en nie saam met hulle ry nie. (2) 6.1.10 Dink jy Benedicta se optrede is ʼn voorbeeld vir almal van ons?

Motiveer jou antwoord. (1) [18] EN

Page 21: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 21

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 6.2 ASTRA CASTRA – Dot Serfontein Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg. 1 “Toe nou,” sê Eben Bester, “hulle wil begin.” Hy kyk na Ettie, sien die skrik in 2 haar oё. Sy is te jonk. Vir enigiets, dink hy vererg. Sy koue, blou oё vat haar 3 verwarde denke vas: kom nou! Dan verander sy stemtoon. Hy boots die 4 skoolhoof na: “Onthou, my dogter, astra castra, numen lumen, reik na die 5 kroon. Haal diep asem en moenie rondvroetel by die wegspring- 6 blokke nie.” Sy lag. Die dodelike klem in haar maag is los en sy is gereed. 7 “Op julle plekke!” sê die groot man met die swart snor. En Ettie sak saam 8 met vyf ander in die wegspringblokke neer. Sy skarrel ʼn oomblik met haar 9 spykerskoene rond na vastigheid. Sy voel, eerder as wat sy sien, die 10 waarskuwende afkeuring in Bester se gesig waar hy teen die tralies leun, en 11 sy verstyf gehoorsaam in haar spore. Langs haar aan die ander kant sak die 12 drie vingers van die Suid-Afrikaanse senior naelloopkampioen, Hanna 13 Dewalt, met geoefende sekerheid neer. Die afsitter lig sy pistool. “Gereed!” 14 Drie sekondes waarin die groot pawiljoen met sy honderde toeskouers 15 dodelik stil word, waarin die wit strepe soos weerligstrale weerskante 16 van die naellopers uitskiet en hul hele gewig met elke greintjie wilskrag in 17 hul vingerpunte vorentoe gegooi is. Die skoot knal! Die ses naellopers in die 18 honderd meter ope ruk orent uit die blokke en die geskreeu van die 19 toeskouers breek soos water uit sluise.

Bl. 194 6.2 6.2.1 Aan watter item neem die atlete deel? (1) 6.2.2 Wie is die Suid-Afrikaanse senior naelloopkampioen? (1) 6.2.3 Kies die KORREKTE antwoorde tussen hakies om die sin te voltooi.

Skryf net die vraagnommers (6.2.3.1–6.2.3.3) en die antwoorde neer.

Eben Bester is Ettie se (6.2.3.1) (netbalafrigter/atletiekafrigter). Hy

plaas baie (6.2.3.2) (krag/druk) op haar om te (6.2.3.3) (verloor/presteer.) (3)

6.2.4 Haal ʼn frase aan uit die leesstuk (reël 1–5) wat ʼn bewys is dat

meneer Bester soms ʼn onpersoonlike voorkoms kan hê. (1)

Page 22: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

22 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6.2.5 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer

(6.2.5) en die letter (A–D) neer. Sê watter EEN van die volgende beskrywings die beste by Ettie se

gevoel teenoor Eben Bester pas. A bang B verlief C haat D bewondering (1) 6.2.6 Gee TWEE redes waarom Ettie nie die seunskoshuisdans bywoon

nie. (2) 6.2.7 Verduidelik watter reёlings Eben Bester vir Ettie tref terwyl sy vir

die groot kampioenskap voorberei. (2) 6.2.8 Dink jy meneer Bester tree regverdig teenoor Ettie op, deur haar

onder soveel druk te plaas? (1) 6.2.9 Wat dink jy was die rede waarom Eben Bester so graag wou hê dat

Ettie moet presteer? (1) 6.2.10 Ettie huil omdat die blaas op haar voet baie seer is. Dink jy daar

kon dalk ʼn ander rede vir haar trane gewees het? Motiveer jou antwoord. (2)

6.2.11 Nadat Ettie teen Hanna verloor het, het sy tog positief gevoel. Is bogenoemde stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer jou

antwoord. (1) 6.2.12 Stem jy saam met die siening dat ouers en onderwysers druk op

deelnemers plaas om te presteer? Motiveer jou antwoord. (1) [17] TOTAAL AFDELING C: 35

Page 23: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 23

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING D: GEDIGTE Beantwoord BEIDE van die volgende gedigte. VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG VRAAG 7.1 Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Stad in die mis – D.J. Opperman 1 Met gespanne spier 2 loop ek deur die mis 3 want om my sluip ʼn dier 4 onder die wit duisternis; 5 ek hoor hom knor in oop mote 6 waggel sy pilare-pote 7 en sy kantelende rug metaal; 8 op hoeke van die strate blink 9 sy oё bloedbelope, 10 en met sy hap sluit staal op staal. [Uit: Heilige beeste, 1945] 7.1 7.1.1 Haal EEN WOORD aan wat vir ons sê dat die persoon

senuweeagtig of bang is. (1) 7.1.2 Waarom voel die spreker so in VRAAG 7.1.1? (1) 7.1.3 Identifiseer die beeldspraak wat in reël 6 gebruik word. (1) 7.1.4 Kies uit KOLOM B die antwoorde wat by die beskrywing in

KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommer (7.1.4.1–7.1.4.4) en die letter (A–D) neer.

KOLOM A KOLOM B 7.1.4.1 knor A oop gebiede tussen geboue 7.1.4.2 wit duisternis B dakke 7.1.4.3 oop mote C oë bloedbelope 7.1.4.4 rug metaal D besoedeling E geluide van die stad (4)

Page 24: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

24 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7.1.5 Hoe sal jy die stemming van die gedig beskryf? (1) 7.1.6 Wat impliseer die “wit duisternis” waarna in reël 4 verwys word? (1) 7.1.7 Wat dink jy is die verband tussen die “wit duisternis” (versreёl 4)

en die titel van die gedig? (1) 7.1.8 Die woorde wit en duisternis pas nie bymekaar nie. Wat noem

ons die stylfiguur wanneer twee teenstrydige woorde langs mekaar gebruik word? (1)

7.1.9 Wat beteken dit as iets vir ʼn mens duister is? (1) 7.1.10 Verduidelik waarom die dier moeilik beweeg het. (1) 7.1.11 Kies die KORREKTE antwoord om die sin te voltooi. Skryf slegs

die vraagnommer (7.1.11) en die letter (A–D) neer. Die spreker in die gedig is … A ʼn verbyganger. B iemand wat in die stad woon. C ʼn motoris. D ʼn vakansieganger. (1) 7.1.12 Beskryf in jou eie woorde wat die spreker letterlik met “pilare-

pote” (versreël 6) bedoel. (1) 7.1.13 Watter gevoel kry jy wanneer jy die woorde “sy oё bloedbelope”

(reël 9) lees? (1) 7.1.14 Wat dink jy is die tema van die gedig? (1) 7.1.15 Hoe kan die spreker seker maak dat hy veilig in die stad sal

wees? (1) [18] EN

Page 25: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 25

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 7.2 Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. Things that go bump in the night – Rosa Keet 1 jy los my alleen 2 in ʼn huis vol geluide 3 en hoe minder ek probeer luister 4 hoe harder klink die klank 5 van ʼn onbekende voetstap 6 op die donker trap 7 bang vaak verdwaal ek laat 8 in die gange op soek 9 na slaap 10 wat om elke naghoek verdwyn 11 ek skrik 12 vir die naaldekokerstraatlig 13 deur die skaars bewegende blare 14 jou jas aan die kapstok 15 is ʼn man sonder bene 16 ek is bang 17 vir die stofsuierslang 18 op die vloer van die spens 19 en tot jy terugkom 20 sleep ek my vlees 21 soos ʼn kis agter my aan

[Uit: Hysteria, 1974] 7.2 7.2.1 Verduidelik waarom die spreker in die gedig vir die “jy” kwaad is. (1) 7.2.2 Haal TWEE opeenvolgende woorde aan wat daarop dui dat die

klanke vir die spreker harder word. (1) 7.2.3 In reëls 3 en 4 vind ons ʼn duidelike kontras wanneer die persoon

luister. Haal die TWEE woorde aan wat in kontras is. (2) 7.2.4 Watter woord in reël 7 het min of meer dieselfde betekenis as

benoud? (1) 7.2.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf

net die vraagnommer (7.2.5) en die letter (A–D) neer. Die herhaling van die lang aa-klank in “vaak verdwaal”

(versreël 7) word … genoem. A personifikasie B metafoor C alliterasie D assonansie (1)

Page 26: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

26 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7.2.6 “Voetstap” rym met “trap”. Wat is die funksie van die rym in reëls

5 en 6? (1) 7.2.7 Waarom is die enjambement in reëls 8 en 9 suksesvol? (1) 7.2.8 Identifiseer die beeldspraak in versreël 17. (1) 7.2.9 Die spreker se vrees in die laaste twee reëls kan vergelyk word

met … (1) 7.2.10 In die laaste twee versreëls kom daar ʼn vergelyking voor. Wat

bedoel die spreker hiermee? (2) 7.2.11 Waarna verwys die Engelse titel van die gedig? (2) 7.2.12 Wat is so ironies wanneer die spreker probeer om minder geluide

te hoor? (2) 7.2.13 Dink jy “Things that go bump in the night” is ʼn goeie gedig?

Motiveer jou antwoord. (1) [17] TOTAAL AFDELING D: 35 GROOTTOTAAL: 70

Page 27: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

SEPTEMBER 2015

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 MEMORANDUM

PUNTE: 70

Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye.

Page 28: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

NASIENRIGLYNE 1. ʼn Kandidaat mag nie meer as EEN vraag uit dieselfde genre beantwoord nie. 2. As ʼn kandidaat meer as die vereiste aantal vrae gedoen het, word net die

eerste antwoord/respons nagesien.

3. Indien die antwoord in meer as een sin aangebied word en die antwoord nie

in die eerste sin voorkom nie, maar dit tot die antwoord in die tweede sin lei, word die antwoord in die tweede sin nagesien.

4. Vir oop vrae waar JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE plus ʼn

motivering vereis word, word slegs die rede/motivering oorweeg. Indien die kandidaat nie JA/NEE skryf nie, maar die motivering is korrek, word die punt toegeken.

5. Indien die kandidaat JA/NEE sê, moet die motivering korrek wees, anders

verloor die kandidaat die punt.

6. Vir WAAR/ONWAAR – of FEIT/LUG JOU MENING vrae, word die punte

verdeel:

Slegs ʼn punt vir die motivering word toegeken.

x As die leerder se WAAR/ONWAAR korrek is, en die motivering is korrek, verdien die kandidaat slegs EEN punt.

x As die leerder se WAAR/ONWAAR verkeerd is, maar die motivering is korrek, word GEEN punte toegeken nie.

7. Fals (Vals) kan aanvaar word. (False is egter verkeerd, want dit is Engels). 8. Indien die kandidaat woorde uit ʼn ander taal gebruik as die taal waarin

die vraestel verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.

Indien die vreemde woorde in die antwoord vereis word, word dit aanvaar.

9. Aanvaar dialektiese variasies. 10. Indien die kandidaat kru taal gebruik, word die kru woorde geïgnoreer.

Indien die antwoord sonder die kru woord sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.

11. Waar een-woord antwoorde gevra word en die kandidaat ʼn volsin gee,

is dit korrek mits die korrekte woord onderstreep word of op een of ander wyse uitgelig word.

12. Vir meervoudige keuse-vrae word sowel die letter as die korrekte

antwoord wat ten volle uitgeskryf is, aanvaar.

Page 29: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 3

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

13. As die kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd,

maar die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer.

14. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die

memorandum nagesien.

15. As ʼn spelfout die betekenis van ʼn antwoord beïnvloed, word dit

verkeerd gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou.

Page 30: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A: ROMAN VRAAG 1: KONTEKSTUELE VRAAG KRINGE IN ’N BOS – DALENE MATTHEE 1.1 MacDonald (die houtkoper) (1) 1.2 1.2.1 Onwaar 1.2.2 Hy het haar een of twee keer uitgeneem. (1) 1.3 Hulle was verlief op mekaar. (1) 1.4 Sondagmiddae by die houtskuur √√ toe Saul vir haar pa gewerk het. (Kan

ook as wanneer vir 1 punt aanvaar word).

(2) 1.5 Saul was nog steeds lief vir Kate. (1) 1.6 Kate se pa (MacDonald) het Saul verbied om vir Kate te sien. (1) 1.7 JA – Kate was sy dogter en hy wou net die beste vir haar hê. OF NEE – Hy was onregverdig, want geen mens is benede ʼn ander nie./Hy

het Saul verneuk omdat hy gedink het dat hy dom was./Hy het neergesien op die bosmense. (1)

1.8 Dat hy nie Saul se broers (die Barnards) se hout sou koop nie. (1) 1.9 Dat hout in sy bloed was. (1) 1.10 x MacDonald het sy pa minderwaardig behandel.

x Hy het agtergekom hoe MacDonald die houtkappers met hul hout verkul. x MacDonald het sy geld gevat (toe hy vir hom gewerk het) vir sy pa se

skuld. x Die neerhalende manier waarop MacDonald hom minderwaardig laat voel

het. x MacDonald het Saul en Kate se verhouding vernietig. x Dat hy Saul dreig om nie sy broers se hout te koop nie.

(ENIGE DRIE OF SOORTGELYK) (3) 1.11 JA –

MacDonald het hom en sy familie van die begin af as minderwaardig behandel.

OF NEE – Saul kon sy man teen MacDonald gestaan het. (1)

Page 31: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 5

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.12 1.12.1 C Charles Gray 1.12.2 F Abraham 1.12.3 A Beth 1.12.4 E MacDonald (4) 1.13 1.13.1 susters (1) 1.13.2 konsert (1) 1.13.3 derde (1) 1.14 Die roman se naam is Kringe in die Bos en met Saul se terugkeer na die

Bos is dit simbolies van ʼn kringloop wat hy voltooi. (2) 1.15 Ek sou dieselfde opgetree het en so gou moontlik Knysna verlaat het en op

ʼn ander plek vir my ʼn besigheid gaan begin het. OF Nee, ek sou hulle gewys het dat ek ook ʼn reg het om daar ʼn besigheid oop

te maak. (ENIGE SOORTGELYKE ANTWOORD.) (2)

1.16 x Maska kom vertel hom dat Oupoot Jozef se seun, Joram, doodgetrap

het x Freek Terblans gaan vir Oupoot skiet. x Saul besluit dat hy Oupoot die vernedering gaan spaar en daarom sal

hy self vir Oupoot skiet. (Enige TWEE) (2) 1.17 Ja, hy het vir Freek en Jozef verby Oupoot gelei, √ maar ongelukkig het die

delwers vir Oupoot geskiet. √ (2) 1.18 Oupoot wou hê Saul moes vir homself sien watter verwoesting die delwers

veroorsaak het. (1) 1.19 Vandat Saul klein was, was Maska altyd daar vir hom./Hy het baie by Maska

geleer van die olifante en veral van Oupoot./Maska het vir Saul respekteer. (Enige EEN) (2)

1.20 Alomteenwoordige verteller (1) 1.21 x Oupoot het Saul kringe deur die Bos laat loop om die verwoesting te

aanskou. x Saul en Kate se kringloop is voltooi en hulle kom weer bymekaar uit. x Saul en Jozef verstaan mekaar uiteindelik. x Saul verstaan eindelik dat Oupoot sy dierbroer is en dat Maska sy hart-

broer is. (2) [35]

Page 32: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vywer 2.1 Mana (1) 2.2 Hanna (1) 2.3 Vakansie op die berg/Vakansie/Wittebrood (1) 2.4 Beyers (1) 2.5 Botterberg (1) 2.6 2.6.1 Onwaar 2.6.2 “Miskien is hulle ook nie lus vir hierdie wittebrood nie.” (1) 2.7 eerstepersoonverteller (1) 2.8 Hanna (1) 2.9 ʼn nare ondervinding (1) 2.10 x Sy noem haar ma op haar naam/Haar ma trek eienaardig/snaaks aan/

x Haar ma steek haar hare met verfkwaste vas/Haar ma ruik na paraffien. x Haar pa dra soms maskara/Haar pa het peroksiedestrepe in sy hare/Haar

pa dra stywe broeke/Haar pa is ʼn moffie. (2) 2.11 JA –

Haar het sonder haar toestemming in haar kamer gegaan en in hulle goed gekrap.

OF NEE – Dit het oop en bloot in haar kamer gelê so enige een kon dit lees. (1) 2.12 2.12.1 C Margot 2.12.2 D Mana 2.12.3 E Fabienne 2.12.4 A Sharon (4)

2.13 Tibo dink dit is fantasties dat sy van Amerika af kom. Hy wil ook graag in

Amerika woon. Amos dink nie dis goed dat sy ma in Amerika bly en hom by sy pa gelos het nie. (Daar moet ʼn vergelyking wees. Albei se siening.) (2 punte of nul) (2)

Page 33: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 7

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.14 JA – Sy gee nie om oor haar hare nie en druk sommer verfkwaste in

haar hare om dit bymekaar te hou./Sy voel vere oor hoe haar hare lyk.

OF NEE – Mana moet kan insien dat ander meer begaan is oor hul hare en

daarom ʼn haardroër sal wil gebruik. (1) 2.15 Sy kom van Amerika af en hy wil eendag Amerika toe gaan./Sy lees Tarot

kaarte en hy wil graag meer oor sy pa uitvind en hy glo hy sal die antwoord by Margot kry. (1)

2.16 Sharon se hare was swart en krullerig./Sharon se vel was koffiekleurig./

Sharon se tande was mooi wit. Hanna se hare was muisvaal./Hanna het ʼn gaping tussen haar tande gehad. (Verskille moet aangedui word.) (2)

2.17 B boek (1) 2.18 Sy het nie gedink hy sou vir haar iets gee nie./Yann het gewoonlik geen

aandag aan haar gegee nie. (1) 2.19 Sy het nie gedink daar sou geld wees vir geskenke nie, aangesien hul ʼn

huis gekoop het en ook omdat daar ʼn nuwe baba oppad was. (1) 2.20 Sy wou haar naels afknip sodat sy nie die baba tydens die geboorte sou

seermaak nie. (1) 2.21 Sy wou nie die baba seermaak nie./Sy dink nie net aan haarself en haar

voorkoms nie./Sy is hulpvaardig met die geboorte van die baba./Sy is onselfsugtig. (ENIGE IETS SOORTGELYKS) (1)

2.22 Sy wou nie haar ma se pyn aanskou nie. (1) 2.23 Sy kon meer tyd saam met Yann deurbring. (1) 2.24 Hy sou nou nie iets oor sy pa uitvind nie. (1) 2.25 JA – Dit was vir hom belangrik om te weet wie sy pa is. ʼn Mens wil tog

weet wie jou pa is. OF NEE – Daar is sekere dinge in die lewe wat jy maar net moet aanvaar

omdat jy dit nie kan verander nie. (2) 2.26 Sy het al voorheen haar beloftes verbreek. (1) 2.27 Dat jy jouself moet aanvaar soos jy is. (2) [35]

Page 34: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG MEEULANDERS – Esta Steyn 3.1 Die windlaaier se lem was gebreek./Hy kon nie batterye vir CB-radio laai

nie./Daar was geen elektrisiteit vir CB-radio nie. (3) 3.2 Elsabet se dogtertjie en Kinnie se dogtertjie. (2) 3.3 Haar oupa/Kinnie was sy dogter. (1) 3.4 Om Kinnie se kind vir Elsabet te gee toe Elsabet se kind sterf. (2) 3.5 Om woordeliks of woordeloos √ ʼn ooreenkoms aan te gaan. √ (2) 3.6 Sy het geweet dat Elsabet se babatjie dood en begrawe is dat hulle Kinnie

se babatjie in haar plek vir Elsabet gegee het, en die waarheid van Elsabet weerhou het. (2)

3.7 Janka (1) 3.8 3.8.1 E Sheila 3.8.2 C Janka 3.8.3 D Fred 3.8.4 A Ryna (4) 3.9 3.9.1 Onwaar 3.9.2 Jannerik het haar gehelp. (1) 3.10 x Haar man het hul huis aan die brand gesteek en niks het oorgebly nie.

x Haar man het hulle seun en daarna homself doodgeskiet. x Haar man het met dwelms gesmokkel. x Ryna het as gevolg daarvan in ʼn inrigting beland. (Enige DRIE) (3)

3.11 JA – Sy het ingehok gevoel en was nie gelukkig op die eiland nie.

Sy het na die lewe op die wal verlang. Sy was op Fred Blankenberg verlief. Sy was nooit lief vir Jakob nie en het met hom getrou omdat Fred reeds getroud was.

OF NEE – Geen ma los haar baba nie.

Sy was oneerlik teenoor Jakob om met hom te trou terwyl sy iemand anders lief het. Sy het van die begin af geweet dat die lewe op die eiland baie eensaam sou wees. (2)

Page 35: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 9

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.12 JA –

Ek sou dieselfde gedoen het en na die man wat ek lief het, gegaan het. Die eiland is nie ʼn plek vir ʼn vrou nie, want dis baie eensaam daar.

OF NEE –

Sy het van die begin af geweet dat die eiland baie eensaam is. Sy het vir Jakob oor haar gevoel gejok. Geen ma los sommer haar kind nie. (2)

3.13 3.13.1 Emily 3.13.2 Bernard 3.13.3 Janka (3) 3.14 Hy het albei met ander vroue verkul. (1) 3.15 Hulle wou dit spesiaal vir Janka maak, veral omdat haar ma die eiland

verlaat het. (1) 3.16 Jacob en ʼn kreefdief het opmekaar geskiet en toe hardloop sy oor die jettie

en toe skiet die kreefdief haar raak. (2) 3.17 Ryna se seun is doodgeskiet en sy verstaan die hartseer om ʼn kind te

verloor./Sy was lief vir Jacob en daarom kon sy hom met enige iets bystaan. (2) 3.18 D sig (1) [35] TOTAAL AFDELING A: 35

Page 36: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B: DRAMA VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG POPPIE-DIE-DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé 4.1 Herschel (1) 4.2 Mdantsane (1) 4.3 Bonsile se kind/Vukile (1) 4.4 4.4.1 Onwaar 4.4.2 “Sy het al die geld wat sy nog oor had aan die jong ma van die

kind gegee (en toe Kaap toe vertrek).” (1) 4.5 x Sy moes in Mdantsane saam met haar kinders gaan woon, terwyl haar

man en familie in die Kaap kon bly. x Stone is dood, terwyl sy in Mdantsane was. x Sy het haar dogters Herschel toe geneem. x Sy moes al die reëlings vir haar huis en kinders alleen behartig. (Enige DRIE) (3)

4.6 protagonis (1) 4.7 4.7.1 Vukile 4.7.2 Kindjie (2) 4.8 4.8.1 C Katie 4.8.2 D Constance 4.8.3 B Plank 4.8.4 E Jakkie (4) 4.9 Jakkie is ʼn jaar na haar seuntjie wat dood is, gebore en sy het hom groot-

gemaak totdat hy drie jaar oud was. (2) 4.10 x Poppie is ʼn sterk vrou.

x Haar kinders kom eerste in haar lewe. x Sy wil net die beste vir hul hê. x Sy het swaargekry sodat hulle in vrede kon skoolgaan.

(Enige een of soortgelyks) (1)

Page 37: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 11

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.11 JA –

Die kinders kon met hul skoolwerk aangaan. Sy het nie ʼn pas gehad nie en hulle sou nie veilig in die Kaap wees nie. Hulle sou veilig weg van die Kaap wees. Hulle sou nie betrokke by die opstande in die Kaap wees nie. (Of soortgelyk)

OF NEE – Nee, kinders moet by hul ouers bly.

Sy het die gesin opgebreek met die dogters in Herschel, die seuns in Mdantsane en die kleintjies by haar. (Of soortgelyk) (2)

4.12 Vukile was swak en agter in sy vordering op skool.

Hy het vordering by Mosie en Rhoda getoon. (Of soortgelyk) (2)

4.13 Gee hulle slae met latte.

Laat hulle baie water drink en druk dan vere in hul kele om hulle te laat opbring. (2)

4.14 Deur die polisie by die hoenderhok.

Deur die kinders ook by die hoenderhok. (2) 4.15 JA –

Hulle doen slegs hul werk. Hulle wou uitvind waar Jakkie is en het gedink die kinders sou weet waar hy is. (Of soortgelyk)

OF NEE –

Bonsile en Nomvula was nie in die Kaap nie en het niks met die onluste te doen nie. (Of soortgelyk) (2)

4.16 Die migrants besit die biersale en die sjebeens waar die grootmense hul

geld uitdrink. Die kinders sê hul kry nie geleerdheid nie as gevolg van die grootmense se drinkery. (Of soortgelyk) (2)

4.17 Die polisie verteenwoordig die regering en die regering is vir die migrants

verantwoordelik. (2) 4.18 Bonsile en Nomvula is deur die polisie gevang.

Sy weet nie waar Fezile is nie. (2) 4.19 x Jou lewe is in die Here se hande.

x Die Here se wil is nie jou wil nie. x Jy moet jou omstandighede aanvaar.

(ENIGE EEN OF SOORTGELYK) (2) [35]

Page 38: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG PALJAS – Chris Barnard 5.1 Een van die sirkusmense. (1) 5.2 Hy was in ʼn vuisgeveg met Bertie betrokke. (1) 5.3 klanknabootsing (1) 5.4 Uniondale (1) 5.5 5.5.1 Onwaar 5.5.2 “Emma hou die skottel met lou water vas.” (1) 5.6 Dat sy nie gaan trou nie/Dat sy ʼn oujongnooi gaan word/Dat sy soos haar

ma gaan word. (1) 5.7 Hendrik probeer om vir Emma aan hom afsmeer (aan hom verkoop). (1) 5.8 B Hy het moeilikheid gesoek. (1) 5.9 Hy het niks daarvan geweet nie. Niemand het hom iets van die trein laat

weet nie en dit is sy stasie. (2) 5.10 Emma is sy dogter en ʼn pa het die reg om oor sy dogter bekommerd te

wees. Geen man (Bertie) het die reg om aan ʼn vrou te vat sonder haar toestemming nie. (ENIGE EEN OF SOORTGELYK) (1)

5.11 JA – Hy bring dikwels plate waarna hulle kan luister.

Hy help Hendrik met sy kar. Hy hou van Hendrik se geselskap.

OF NEE – Hy gebruik dit slegs as rede om vir Emma te sien. (1) 5.12 Die nar/Hy is die nar van die sirkustrein. (1) 5.13 Willem (1) 5.14 Manuel (die nar) het vir Willem genooi om die olifant te lei. (1) 5.15 Hendrik wou Willem gedurig dwing om te praat.

Hendrik het gedurig geraas en baklei. Manuel het met Willem gespeel. Manuel het vir Willem aanvaar soos hy is. (Daar moet ʼn vergelyking wees – 2 punte of nul.) (2)

Page 39: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 13

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

5.16 Manuel, die nar was sy vriend en hy was hartseer omdat hy weg is

sonder om hom te groet. (1) 5.17 5.17.1 koringland 5.17.2 blou 5.17.3 narrepak (3) 5.18 5.18.1 C Willem wil weet of dit sonde is om jou gesig te verf. 5.18.2 D Die dorpenaars gaan soek vir Manuel by die McDonalds. 5.18.3 A Manuel hardloop uit die kerk, want hy weet daar is

moeilikheid aan die kom. 5.18.4 F Jan Mol en ʼn paar knape gooi klippe daarna. (4) 5.19 Net nadat gerugte van satanisme en duiwelsaanbidding oor die

McDonalds op die dorp versprei is. (1) 5.20 Sy plig is om hulle in te lig oor dit wat volgens Christelike geloof en

beginsels reg en verkeerd is. (Of enige gepaste plig wat geassosieer word met die werk van ʼn dominee wat hierby aansluit.) (1)

5.21 Gefrustreerd/geïrriteerd met die dominee. (1) 5.22 veroordelend (1) 5.23 JA –

Die predikant voel dieselfde omdat hy sê dat die nar satanisties is. (Of soortgelyk)

OF NEE –

Geen mens het die reg om enigeen te skiet nie. Elkeen is verantwoordelik vir sy eie dade. Die dominee is nie verantwoordelik vir jou dade nie. (Of soortgelyk) (1)

5.24 Hy het die McDonald gesin weer bymekaar gebring en hulle kon weer met

mekaar kommunikeer. (ENIGE IETS OF SOORTGELYK) (1)

5.25 x Jan Mol is ʼn bakleierige soort mens.

x Hy wou graag die predikant beïndruk. x Hy wou die mans saam met hom beïndruk. (1)

Page 40: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

5.26 x Ek sou by die McDonalds gebly het, want hulle is gelukkig.

x Die McDonalds sorg goed vir my. x Ek sou ook weggegaan het, want ek is lief vir die sirkus. x Die sirkus is al lewe wat ek ken. x Ek verdien geld by die sirkus en ek sou nie geld by die McDonalds

verdien het nie. (Enige TWEE) (2) 5.27 x Sodat Willem hom nie moet vergeet nie.

x Dat Willem moet onthou dis beter om te lag as om te huil. x Willem het begin om dit te bespeel en nou kan hy aanhou om daarop te

speel. (1) [35] TOTAAL AFDELING B: 35

Page 41: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 15

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING C: KORTVERHAAL VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG BENEDICTA – Margaret Bakkes 6.1 6.1.1 Sy wou toilet toe gaan. (1) 6.1.2 Onwaar, sy kon haar emosies nie langer beheer nie.

Sy wou huil, maar wou nie voor haar seun huil nie. (Of soortgelyk.) (2)

6.1.3 Benedicta (1) 6.1.4 Sy het al ervaar hoe dit is om ʼn kind aan die dood af te staan.

Sy luister na die spreker. Sy sit haar arm om die spreker. Sy bied haar ʼn sigaret aan. Sy bied haar Wodka (ʼn drankie) aan. Sy sê sy sal vir haar bid. (Enige een vir die tweede punt.) (2)

6.1.5 A Eerstepersoonsverteller (1) 6.1.6 6.1.6.1 C Hannes 6.1.6.2 E Francois 6.1.6.3 D Christiaan 6.1.6.4 A Phillios (4) 6.1.7 Sy het gesê dat sy ook al ʼn kind verloor het en dat sy vir die

spreker sal bid. (2) 6.1.8 Ja, Benedicta was vir die verteller ʼn seën; deur haar het die

verteller hoop gekry/Benedicta het deur haar aksies ʼn ommekeer in die verteller se gemoed teweeggebring. (Enige EEN) (2)

6.1.9 x Sy het moontlik kinders wat sy moet versorg.

x Sy werk dalk en het moontlik nie verlof nie. x Sy moet moontlik sorg dat alles by die huis reg verloop. x Daar is moontlik nie plek vir haar nie (veral as die ouers moet

agterbly). (Enige TWEE) (2)

Page 42: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

16 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6.1.10 JA – Ons moet altyd daar wees vir ander.

Ons moet van die grense rondom ons vergeet. As Christene moet ons daar wees vir mekaar.

OF NEE – As ek hartseer is, wil ek alleen gelaat word.

Elkeen moet vir hom- of haarself sorg. (ENIGE EEN OF SOORTGELYK) (1)

[18]

EN

ASTRA CASTRA – Dot Serfontein 6.2 6.2.1 Honderd meter ope (1) 6.2.2 Hanna Dewalt (1) 6.2.3 6.2.3.1 atletiekafrigter (1) 6.2.3.2 druk (1) 6.2.3.3 presteer (1) 6.2.4 “sy koue blou oё” (1) 6.2.5 A bang (1) 6.2.6 x Sy moet na ʼn filmopname van haar vorige wedloop kyk.

x Eben Bester (haar afrigter) is totaal teen sosiale geleenthede gekant.

x Eben Bester hou nie van geleenthede wat seuns insluit nie. x Eben Bester wil hê Ettie moet net op haar atletiek konsentreer.

(ENIGE TWEE OF SOORTGELYK.) (2) 6.2.7 x Hy reël dat sy in die skoolhoof se huis gaan bly.

x Sy kry spesiale kos. x Sy kan saans voor die warm kaggel studeer. x Sy kry Eben Bester se volle aandag. x Eben Bester tree as haar persoonlike afrigter op.

(Enige TWEE) (2) 6.2.8 JA – Hy het haar potensiaal (talent) raakgesien.

Hy het gesien dat sy ʼn wenner is. OF NEE – Hy het as atleet misluk en wil nou deur middel van Ettie

die roem bereik. Hy sien in Ettie nou sy kans om sy droom te verwesenlik. (ENIGE EEN OF SOORTGELYK) (1)

Page 43: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 17

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6.2.9 Deur vir Ettie te help, kan hy sy eie onvervulde ideaal verwesenlik. (1) 6.2.10 JA – Sy huil, want dis ʼn teken van opgekropte spanning.

Sy huil moontlik omdat sy verloor het. OF NEE – Haar voet het geswik wat ʼn teken is dat sy nie op haar

voet kan trap nie. ʼn Blaas wat stukkend gaan, is gewoonlik baie seer. (2)

6.2.11 WAAR Want daar sal nou baie minder druk op haar wees/die

kampioenskappe is verby/sy kon nou ontspan. (ENIGE EEN OF SOORTGELYK)

OF ONWAAR Sy het verloor en moet nog hoor wat Eben Bester

verder beplan. (1) 6.2.12 JA– Hulle doen dit om hulle aan te moedig.

Hulle help met die regte oefenprogramme. Hulle help hulle om die regte kos te eet. Die kind is nooit alleen nie.

OF NEE – Die deelnemers verloor hul identiteit.

Deelnemers verloor so hul kindwees. Ouers en onderwysers wil deur die deelnemers roem verwerf. (OF SOORTGELYK) (1)

[17] TOTAAL AFDELING C: 35

Page 44: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

18 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING D: GEDIGTE VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG VRAAG 7.1: Stad in die mis 7.1 7.1.1 gespanne (1) 7.1.2 Hy word deur ʼn gevaarlike dier bedreig, maar hy weet nie presies

waar die dier is nie. (1) 7.1.3 personifikasie (1) 7.1.4 7.1.4.1 E geluide van die stad (1) 7.1.4.2 D besoedeling (1) 7.1.4.3 A oop gebiede tussen geboue (1) 7.1.4.4 B dakke (1) 7.1.5 gespanne of spanningsvol (1) 7.1.6 die digte mis (1) 7.1.7 Die wit duisternis word metafories gebruik vir die mis in die stad/

die wit duisternis sinspeel op die mis in die stad. (1) 7.1.8 oksimoron/teenstelling (1) 7.1.9 Dit beteken iets is verborge of onseker/Dat jy iets nie verstaan

nie/iets onbekend is. (Enige EEN) (1) 7.1.10 Die dier loop nie gemaklik nie omdat hy so groot is./Die dier

waggel omdat hy groot is./Die dier loop swaar omdat hy groot is. (1) 7.1.11 B iemand wat in die stad woon. (1) 7.1.12 Die oorweë wat oor paaie gebou is/die pilare van groot

geboue/groot winkelsentrums. (1) 7.1.13 vrees/bangheid/angstigheid/spanning

(ENIGE EEN OF SOORTGELYK) (1) 7.1.14 x Die moderne stad is ʼn bedreiging vir die mens.

x Die stad hou gevare vir die mens in. x Die mens word ʼn gevangene van die stad. x Die nietige mens is weerloos teen die meganiese sielloosheid

van die stad. (Enige EEN) (1)

Page 45: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE … · 9. Antwoorde moet in die Standaardafrikaans waarin jy geassesseer word, wees en nie in ʼn ander taal nie. 10. Gebruik die

(EC/SEPTEMBER 2015) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 19

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7.1.15 x Hy moet die stad leer ken.

x Moenie alleen rondloop nie. x Moet weet waar die gevaarlike plekke is. (1)

[18] EN VRAAG 7.2: Things that go bump in the night – Rosa Keet 7.2 7.2.1 Die “jy” laat hom/haar alleen by die huis. (1) 7.2.2 “harder klink” (Moet twee woorde wees.) (1) 7.2.3 minder en harder (2) 7.2.4 bang (1) 7.2.5 D assonansie (1) 7.2.6 Die twee woorde word beklemtoon. Omdat rymwoorde se klanke

herhaal word, kry die woorde altyd meer klem. (1) 7.2.7 Dit gee die idee dat sy sonder ophou in die huis ronddwaal. (1) 7.2.8 metafoor (1) 7.2.9 kis/doodskis/die dood (1) 7.2.10 Sy sleep haar vlees soos ʼn swaar kis agter haar aan – ʼn doodskis

of ʼn swaar kis word geïmpliseer – albei dinge is moeilik om te hanteer. Dit is hartseer of harde fisiese werk. (2)

7.2.11 Die titel is ʼn intertekstuele verwysing na ʼn tradisionele (Skotse)

gebed, waarin God gevra word om iemand teen bangmaakgoed te beskerm. (2)

7.2.12 In plaas van minder geluide te hoor, word die geluide harder en

hoor sy selfs voetstappe op die trap. (2) 7.2.13 JA – Dit handel oor die irrasionele vrese van enige mens wat

bang is. OF NEE –

Dis sommer laf/Onnodige vrees (Of soortgelyk) (1)

[17] TOTAAL AFDELING D: 35 GROOTTOTAAL: 70