17
Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING HET JY GEWEET? 'n Ander woord vir 'n storie is 'n verhaal. As iemand 'n storie skryf is hy die skrywer. As jy die verhaal lees, is jy die leser. Daar is baie soorte verhale, party maak jou bang, ander is snaaks, soms maak dit jou hartseer óf dit kan vir jou 'n lewensles leer. Lees die verhaal van Hoe sebra sy strepe gekry het. Dit is 'n diereverhaal uit Afrika wat gaan oor 'n kwaai bobbejaan en 'n dapper sebra. Ek het die diereverhaal in Lees sonder grense se boek 5 gekry. Bron: Gouws, Mari Lätti & Sonia. 2007. Lees sonder grense 5, die sebra-boek. Maskew Miller Longman

Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING ...laerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/06/... · Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING

  • Upload
    others

  • View
    68

  • Download
    9

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING ...laerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/06/... · Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING

Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie

BEKOM INLIGTING

HET JY GEWEET? • 'n Ander woord vir 'n storie is 'n verhaal. • As iemand 'n storie skryf is hy die skrywer. • As jy die verhaal lees, is jy die leser. • Daar is baie soorte verhale, party maak jou bang, ander is snaaks, soms maak dit jou

hartseer óf dit kan vir jou 'n lewensles leer. Lees die verhaal van Hoe sebra sy strepe gekry het. Dit is 'n diereverhaal uit Afrika wat gaan oor 'n kwaai bobbejaan en 'n dapper sebra. Ek het die diereverhaal in Lees sonder grense se boek 5 gekry.

Bron: Gouws, Mari Lätti & Sonia. 2007. Lees sonder grense 5, die sebra-boek. Maskew Miller Longman

Page 2: Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING ...laerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/06/... · Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING
Page 3: Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING ...laerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/06/... · Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING
Page 4: Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING ...laerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/06/... · Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING

Beantwoord die vrae. 1. Hoe het die sebra in die ou dae gelyk?

_________________________________________________________________________(1)

2. Hoekom wil Sebra teen Bobbejaan veg?

_________________________________________________________________________(1)

3. Wie het die geveg gewen?

_________________________________________________________________________(1)

4. Hoe het die sebra sy strepe gekry?

_________________________________________________________________________(1)

5. Het jy die storie geniet? Gee 'n rede vir jou antwoord.

_________________________________________________________________________(1)

OPSOMMING 'n Opsomming gee net die belangrikste inligting of hooffeite van 'n leesstuk weer. Detail en fyn besonderhede word nie met 'n opsomming gegee nie. Elke sin moet 'n feit bevat. Hier volg die opsomming van die storie oor Hoe sebra sy strepe gekry het. Lees die opsomming. Bobbejaan het langs die rivier gewoon. Hy sê: "Niemand mag die water drink nie." Die spierwit sebra luister nie na Bobbejaan nie. Die twee diere baklei. Bobbejaan gooi vir sebra in die vuur. Sebra se lyf brand swart strepe. Sebra skop vir Bobbejaan weg en wen die geveg. Al die diere kon weer water drink en hulle was baie trots op Sebra.

(62 woorde) Deur net die belangrikse feite te verskaf is die hele storie in 62 woorde geskryf. Jaco Jacobs het ook 'n boekie uitgegee waar hy hierdie storie oorvertel. Ek stel ook vir julle hierdie storie beskikbaar. Lees dit en vergelyk Jaco Jacobs se storie met die weergawe wat ek geplaas het. Beantwoord dan die volgende vrae: 1. Omkring die regte antwoord. Van watter weergawe hou jy die meeste?

a. Lees sonder grense Boek 5 b. Jaco Jacobs

2. Waarom het jy meer van die een weergawe gehou as van die ander een? Verskaf 2 redes. ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________

Page 5: Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING ...laerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/06/... · Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING

Memorandum: Hoe sebra sy strepe gekry het. 1. Hy was spierwit. 2. Bobbejaan wil nie die ander diere toelaat om water te drink nie. 3. Die sebra. 4. Die brandende stompe het merke op sy lyf gebrand. 5. Die leerder moet Ja of Nee antwoord en dan 'n logiese rede vir sy antwoord verskaf.

Page 6: Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING ...laerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/06/... · Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING

You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long asyou attribute in the following way:

Hoe Sebra Sy Strepe Gekry Het

AuthorAuthor -- Jaco JacobsTTrranslationanslation -- Jaco Jacobs

IllustrIllustrationation -- Stephen WallaceLanguageLanguage -- Afrikaans

LeLevelvel -- Longer paragraphs

© Lapa 2016Creative Commons: Attribution 4.0SourSourcece www.africanstorybook.org

Hoe Sebra Sy Strepe GekryHetJaco JacobsStephen Wallace

Afrikaans

Page 7: Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING ...laerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/06/... · Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING

Lank, lank gelede, toe Sebra se velnog wit was, was daar op 'n keer 'nvreeslike droogte. Maande lank valdaar nie 'n druppel reën nie. Die grasword vaal, die bome word kaal, en dieriviere droog een vir een op.Springbok, Vlakvark en Sebra moetelke dag ver loop op soek na water.

1

Page 8: Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING ...laerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/06/... · Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING

Een oggend toe Springbok by dieenigste watergat kom, hoor hy 'nkwaai stem sê, "Kry jou ry! Skoert! Geepad! Hierdie is Bobbejaan sewatergat!" Springbok se oë rek.Bobbejaan sit op 'n klip langs diewatergat en braai piesangs oor syvuurtjie. "Maar ek is so dors dat mytong soos biltong voel," sê Springbok."Waar gaan ek water kry?"

2

Page 9: Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING ...laerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/06/... · Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING

Dit was weer veilig om by diewatergat te gaan drink. En elkeoggend terwyl hulle water gedrinkhet, het Springbok, Vlakvark en Sebragesing, "Kom maak gerus jou keelhier nat. Hierdie is ons almal sewatergat!"

Bobbejaan brul."Nie my probleem nie! Skoert! Geepad! Hierdie is Bobbejaan se watergat." Springboksien Bobbejaan se lang tande en word bang. Daaromdraai hy maar om en draf weg.

10 3

Page 10: Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING ...laerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/06/... · Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING

Ná 'n ruk kom Vlakvark daaraangedraf. Maar net toe hy sy koplaat sak om 'n slukkie water te drink,hoor hy 'n kwaai stem sê, "Kry jou ry!Skoert! Gee pad! Hierdie is Bobbejaanse watergat!" Vlakvark kyk verbaasop. Hy sien vir Bobbejaan wat op syklip langs die watergat sit en piesangsbraai.

En Sebra se vel was nooit weer sospierwit nie. Bobbejaan se vuurtjie hetdit vol strepe gebrand.

4 9

Page 11: Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING ...laerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/06/... · Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING

Bobbejaan probeer wegkom, maar ditis te laat. Sebra skop hom so hard dathy deur die lug trek. "Einatjie tog!"skree Bobbejaan. Hy het met syagterstewe op 'n warmgebakte klip telande gekom. Die klip is so warm datdit Bobbejaan se hare wegskroei. Vandaardie dag af het Bobbejaan niehare op sy sitvlak nie.

"Maar ek is al so dors dat dit voel ofek stof geëet het," sê Vlakvark. "Waargaan ek water kry?" Bobbejaanbrul. "Nie my probleem nie! Skoert!Gee pad!Hierdie is Bobbejaan sewatergat." Vlakvark wil hom eersvererg, maar hy sien Bobbejaan selang tande en word bang. Daaromdraai hy maar om en draf stertjie indie lug weg.

8 5

Page 12: Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING ...laerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/06/... · Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING

Ná 'n ruk kom Sebra by die watergataan. Maar nog voor hy 'n slukkiewater kan drink, hoor hy 'n kwaaistem sê, "Kry jou ry! Skoert! Geepad!Hierdie is Bobbejaan sewatergat!"Sebra snork en kyk op. Hysien vir Bobbejaan wat sit en piesangsbraai.

"Maar ek is al so dors dat dit voel ofmy tong heelnag buite my mondgeslaap het," sê Sebra. "Waar gaan ekwater kry?" Bobbejaan brul."Nie myprobleem nie! Skoert! Gee pad!Hierdieis Bobbejaan se watergat." Bobbejaanwys sy lang tande. Sebra skrik nie.Met hoewe wat klip-klop oor die gronddawer, storm Sebra op Bobbejaan af.Hy is so kwaad dat hy sommerdwarsdeur Bobbejaan se vuurtjiehardloop. Jy sien net vonke en rook enpiesangs vlieg.

6 7

Page 13: Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING ...laerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/06/... · Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING

INLIGTINGSTEKS Bestudeer die tabel sodat jy die opdrag wat hierna volg, kan uitvoer.

FEITE OOR SEBRAS

Massa: ± 290 kg

Hoogte: ± 134 cm

Spoed: ± 50 km per uur

Geluid: 'n Runnik (kwa-ha-ha), gevolg deur 'n fluit.

Geslag: Manlik: hings; vroulik: merrie

Baba: vul

Lewensverwagting: ± 35 jaar

Voeding: Sebras is herbivore wat gras en soms blare eet.

Habitat: Savannas en bergstreke in Afrika, suid van die Sahara.

Spesies: Daar is twee spesies in Suid-Afrika. Die vlaktesebra het

verskeie subspesies en die bergsebra het twee subspesies

naamlik die Hartmannse bergsebra en die Kaapse

bergsebra.

Voorkoms en

liggaamsbou:

Sebras het baie dieselfde liggaamsbou as 'n perd. Sebras is

gehoefde diere. Hulle is wit met swart strepe oor hulle lywe.

Elkeen se strepe is uniek. Bergsebras lyk baie meer

gestreep as vlaktesebras omdat hulle strepe dunner is.

Daaglikse roetine

en gewoontes:

Sebras is baie sosiaal en leef in troppe met familie-eenhede.

'n Familie bestaan uit 'n hings en ongeveer ses merries met

hulle vullens. Sebras meng vir beskerming met ander

grasvreters en plantvreters. Hulle wei naby damme en

riviere.

Vyande: Mense en roofdiere soos: leeus, hiënas, krokodille, wilde

honde en luiperds.

Status: Die twee subspesies, Hartmannse bergsebra en die Kaapse

bergsebra, word bedreig.

Bronne: Gouws, Mari Lätti & Sonia. 2007. Lees sonder grense 5, die Sebra-boek. Maskew Miller Longman.

Watch tower Bible and Tract Society of Pennsylvania. n.d. Die sebra - Afrika se wilde perd. Accessed Junie 2, 2020. https://wol.jw.org/af/wol/d/r52/lp-af/102002044#h=13.

Mieliestronk. n.d. Hoefdiere. Accessed June 2, 2020. http://www.mieliestronk.com/hoef2.html.

Page 14: Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING ...laerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/06/... · Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING

Opdrag: • Skryf 'n inligtingsteks oor die sebra. • Die opdrag moet op Teams ingehandig word. • Tik die inligtingsteks in WORD. • Die teks moet 140-160 woorde lank wees. • Die teks moet uit 5 paragrawe bestaan. • Doen jou beplanning op die kopkaart wat ek verskaf het. Jou beplanning word NIE

ingehandig nie. Onthou: Beplanning beteken nie dat jy sinne moet skryf nie. Beplanning word gedoen om jou gedagtes te orden.

• Skryf jou eerste poging in jou huiswerkboek. Gebruik die woordeboek om jou spelling te kontroleer. Maak jou foute reg.

• Tik die finale poging op WORD in die TEAMSprogram. Ek heg vir jou 'n bladsy aan in die "ASSIGNMENT" waarop jy die opstel moet doen.

• Slegs die finale poging word ingehandig. Merk die lysie af om seker te maak dat jy die opdrag reg uitgevoer het.

Ja Nee My inligtingsteks is 140-160 woorde lank. Dit bestaan uit 5 paragrawe. Spelling is in die woordeboek opgesoek. Elke sin begin met 'n hoofletter. Elke sin eindig met 'n leesteken. Ek het my finale poging weer deurgelees voordat ek dit ingehandig het.

Page 15: Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING ...laerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/06/... · Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING

Inleiding

Paragraaf 1 Paragraaf 2 Paragraaf 3 Paragraaf 4 Slot

Paragraaf 5

Kopkaart

Page 16: Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING ...laerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/06/... · Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING

Voltooi dié oefening oor voegwoorde op bl 37 van jou Taalfabriek.

Memorandum:

Voegwoorde: antwoorde 1. Hy kan nie die kos eet nie, want dit het in goud verander. 2. Die prins het met die prinses getrou omdat sy pragtig en liefdevol was. 3. Hulle kan gaan speel sodra hulle huiswerk klaar is. 4. Hy is die rykste koning, want alles waaraan hy raak verander in goud. 5. Die ridders het die valbrug neergelaat sodat die koning kon inry. 6. Die kasteel is veilig omdat dit hoë mure het. 7. Die ridders veg teen die vyande, want hulle het hulle aangeval. 8. Hulle skree en veg. 9. Die koning eet sy kos omdat hy honger is.

Page 17: Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING ...laerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/06/... · Graad 5 Afrikaans Huistaal Week 8-12 Junie BEKOM INLIGTING

Voegwoorde!1. Skryf jou eie sinne met die Voegwoorde in die blokkies:

1.1)

1.2)

1.3)

1.4)

want omdat terwyl daarom daarna

Naam en Van:

Datum:

©www.dieonderwysersklaskamer.com Die Onderwysers Klaskamer - 2020 Afrikaans Huistaal – Gr. 5 – Kw. 1