Click here to load reader

Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2014-05-16 · VANOGGEND SE DIENS JOH 21:15-25 & HAND 4:6-12 & 17-20 GOD VAN NOG ’N KANS (DS MICHIEL DE KOCK) Wanneer ons nadink oor die mens Petrus

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • VANOGGEND SE DIENS JOH 21:15-25 & HAND 4:6-12 & 17-20

    GOD VAN NOG ’N KANS (DS MICHIEL DE KOCK)

    Wanneer ons nadink oor die mens Petrus en sy lewens-

    pad, dan vind ons die persoon wat dikwels gedoen het

    voor hy gedink het. Die een wat kleingelowig geraak

    het. Die persoon wat nie regtig verstaan het waaroor

    die Koninkryk van God gaan nie - en seker die ergste

    van alles - die een wat sy belofte aan Jesus verbreek

    het en Hom verloën het. Nie eers vir ‘n eenvoudige

    diensmeisie wou hy erken dat hy Jesus ken nie. En tog

    is dit die dissipel wat Jesus nader trek en hom vra:

    “Het jy my lief . . .?” Drie keer doen Jesus dit totdat Petrus sy hart uitstort in finale oorgawe. God gee

    hom nog ‘n kans . . .

    Dan tref dit my: God se genade vir die Petrus wat

    vanoggend voor julle staan of in die stoel sit, hy was

    een soos ons. God kom na ons toe en vertrou ons met

    Sy werk, met die uitbou van Sy Koninkryk op aarde!

    God gee ons nog ‘n kans,

    maar dalk die laaste een.

    Ook met sy laaste kans het

    Petrus, of liewers dan, die

    Gees van God in Petrus, ons

    verstom. Mag Sy Gees

    ons diep aangryp

    vanoggend. Michiel.

    HARTLIK WELKOM

    het,

    Wees Lig!

    Hartklop 18 Mei 2014

    Ons almal saam in diens van

    JESUS CHRISTUS

    oral, altyd en in alles

    HARTLIK WELKOM

    Vandag, die 18de Mei, is die geboortedag van Bertrand Arthur Wil-

    liam Russell. Bertrand Russell was ‘n baie bekende Britse denker,

    filosoof, wiskundige, kritikus, sosiale aktivis en skrywer. Hy was ook

    ‘n uitgesproke ateïs. Hy publiseer in 1927 sy bekende lesing in onder

    die title Why I Am Not a Christian and Other Essays. En hy sê o.a. ‘Religion is based, I think, primarily and mainly upon fear. It is partly

    the terror of the unknown . . .”

    Russel sou vir ons wil sê dat ons geloof maar net ‘n ontvlugting is vir

    die gevreesde dood. Russel sou ook vir ons kon sê ons glo by (‘n op-

    setlike) gebrek aan wetenskaplike kennis. (Hy sê die wetenskap

    staan teenoor die Christelike leer. Die Christene verwerp die weten-

    skaplike leer van Evolusie uit ‘n opsetlike onkunde).

    So sê Bertrand Russel. Wat sê ons? Hoekom glo jy . . .?

    Ek weet net:

    Ek het nog altyd (soos Augustinus) ‘n onverklaarbare

    hunkering na ‘n God gehad. Ek is soos Psalm 42 se wilds-

    bok wat smag na God. Ek het derhalwe ander godsdiens-

    te gaan ondersoek, maar nie een les my geestelike dors

    nie.

    Ek het die Bybel bestudeer en dit openbaar aan my ‘n

    God wat ek as my God wil en kan, aanneem. My God het

    my onvoorwaardelik lief. Jesus se kruis is die bewys van

    Sy liefde! En hierdie kwaliteit liefde vind ek by geen

    ander godsdiens nie.

    Die kennis van God is nie (soos Russel dit verstaan) - ‘n

    wetenskap-kennis (1+1=2), maar ‘n baie persoonlike ver-

    houding (soos dié van Abraham) waarin ek God goed ge-

    noeg ken om Hom te vertrou.

    Die getuienisse van mede-gelowiges oortuig my - sende-

    linge waag dit met die Goeie Nuus na onsimpatieke ge-

    meenskappe. Verpleegsters, maatskaplike werkers,

    onderwysers, huisvroue en baie ander bring offers vir

    hierdie geloof. Hulle motiveer en versterk my geloof.

    My Kerk is nie ‘n museum nie. Dit is ‘n familie!

    Hier hoort ek. Hier aanbid ek. Hier dien ek.

    Vrees vir die dood? Nee, mnr Russel. Soos Christus sal

    ek op dié dag nie my lewe verloor nie, maar dit in die

    hande van my God en Vader gee. Nie vrees nie, maar

    tuiskoms.

    My lewe en my denke is totaal verander én nuutgemaak,

    nadat ek dié dag gesê het: “EK GLO . . .”

    Welkom by ons geloofsgemeenskap!

    DEURKOLLEKTE: SPES KOLL : JAN KRIEL SKOOL Jan Kriel Instituut maak die gemeentes en gelowiges se

    liefdegawes, donasies en borgskappe bymekaar vir Jan

    Krielskool en bestuur dit verantwoordelik. Vyfhonderd-en-

    tagtig (580) kinders van graad R tot Matriek wat met verskeie

    gestremdhede moet saam leef o.a. weens disleksie, epilepsie,

    siektes, ongelukke en spesiale leerbehoeftes, kry hier

    spesialis onderwys. Kom leef ons leuse en “Gee ʼn Kind ʼn Kans”.

    15:30 Groep vir enkellopendes in Dienssentrum

    sitkamer (Kontak Hannie Koch by 028 3116 1595). Dit is spesiaal vir mense wat op ‘n Sondagmiddag alleen voel en ‘n

    behoefte het aan geselskap. Welkom!

  • MA. 19 MEI DI. 20 MEI WO. 21 MEI

    08:30 KOSPAKKIES word gepak.

    18:00 Kerkraadsverg in die Sysaal.

    ONS BID VIR DIE KERKRAAD VANDAG, DAT

    HULLE IN EENHEID SAAM EN IN AFHANKLIK

    VAN GOD SAL VERGADER.

    ONS BID DAT HULLE

    FYN SAL KYK WAAR

    JESUS SE VOETSPORE

    LOOP.

    Sopkombuis

    10:00-12:00 Kliniek (Dienssentrum). Maak

    ‘n afspraak by sr. Calitz (073 152 5623) vir

    bloeddruk, suikertoetse ens.

    08:00 Voete– & hande versorging. Maak

    asb ‘n afspraak by Marilyn 082 532 6931.

    10:00-11:30 Trimgim in Anneks.

    11:00-13:00 Klerekas

    18:00-19:30 Lofdanse oefening

    DO. 22 MEI VR. 23 MEI SA. 24 MEI

    09:00 BYBELSKOOL: ETIOPIË

    Spreker: Gert Claassen

    11:00 Dienssentrum: Prof Watermeyer

    kom gesels met u oor die hantering van

    die chroniese siek persoon. Kom en luister

    saam.

    9:30-11:30 Die Teetuin is

    @ Dienssentrum is oop.

    Kom kuier saam met ons.

    ONS BID HIERDIE NAWEEK VIR DIE GROEP

    WAT BESIG IS MET KINDER EEIII

    OPLEIDING.

    WAT GEBEUR SONDAG 25 MEI?

    09:00 Erediens: Dr Clifford Heys

    gaan voor. Welkom!

    Spes Koll. SOFCA

    WYKE DIENSBEURTE

    Gebed (Konsistorie) (Wyk 18)

    Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 7)

    SIEKTE & NOOD

    Soos ‘n wildsbok

    smag na water,

    so smag ek na U,

    o God.

    VERSOEKE Annette 072 903 9189

    NOODKETTING Sheila 084 800 0947

    Vader, wanneer dit so reën en die

    koue kom kan ons nie anders nie as

    om dankie te sê vir ons warm huise,

    komberse op die bed en warm kos op

    die stoof. Ons erken net weer ons

    afhanklikheid van U en besef dat dit

    alles net genade is. Vandag eer ons

    U vir die sorg en liefde wat u so

    onvoorwaardelik vir ons gee.

    Here, vir die meeste mense is dit moeilik om afhanklik te wees. Ons onafhanklikheid en selfstandigheid

    beteken vir ons oneindig baie. Siekte beroof ons van ons onafhanklikheid en selfstandigheid. Here, dankie dat ons eers ware geluk ontdek wanneer ons volkome afhanklik van U, ons God geword het.

    Matt 5:3 Gelukkig is dié mense wat weet hoe nodig hulle God het, want die Koninkryk van die hemele is hulle deel!

    Vader, hierdie onbeskryflike geluk begin wanneer ons ons absolute onvermoë besef. Wanneer ons volkome vertroue in U, Ons Vader plaas, en so gehoorsaam aan U wil is, dat ons burgers van U Koninkryk word.

    Here Jesus, sagmoedigheid is om ons diepe afhanklikheid van U ons God en Here te erken en daarvolgens te lewe. Dit

    skep ‘n diep en egte onselfsigtigheid wat aan eie belang ‘n lae prioriteit gee. Jesus, U sagmoedigheid was nie weekheid of swakheid nie, maar om te leef tot eer van God.

    Vader, die gejaagdheid van die lewe dra weinig by tot ‘n rustige gemoed. Help ons om te onthou dat daar ‘n plek van

    stilte by U is. Ons kan net by U alleen wees, maar nooit eensaam nie. U Ons Vader is altyd daar! Here, ons weet dat U reeds vir ons wag, gereed om ons met krag te vul wanneer die las van die lewe vir ons te swaar word.

    Christus, U is die Bron van alle ware liefde. As ons dit moeilik vind om lief te hê, moet ons ons lewe oopstel vir U Gees

    en U toelaat om ander deur ons lief te hê. Here, U is God van liefde, help ons om liefde te gee, of ander dit verdien of nie.

    Rina vd Westhuizen

    Willie du Toit

    Andries v Niekerk

    Pieter de Leeuw

    Neil Human

    Ras & Cissy Coetzee

    Leana Court

    Sarel Roux

    Katinka Barnard

    Jaap Sadie

    Sarie v Staden

    Elna Leonard

    Barend & Joey Swarts

    Hester Conradie

    Lorraine Fourie

    Susan Gates

    Fanie Schmidt

    Bettie Erasmus

    Deon Smith

    Dirk Coetzee

    DANKIE HERE

    KLEUTERKERK Tydens Erediens (Ark)

    BYBELGROEPE Gr 1 - 3 tydens die Erediens

    Gr 4 - 7 direk na die Erediens

    TEENTRIX Gr 8 - 10 direk na die Erediens

    MEEGEVOEL

    Met Marie en familie met die heengaan van Danie Liebenberg.

  • Mev Rykie Bouwer (3/5)

    Mnr Louis Stassen (4/5)

    Mnr Christie Engelbrecht (12/5)

    Mev Helena Krige (13/5)

    Mnr Bert Willemse (15/5)

    Mnr Piet Hugo (20/5)

    Mnr Stan Murie (22/5)

    Mnr Willie van Heerden (22/5)

    Mnr Petrus Venter (22/5)

    Mev Daleen du Plessis (27/5)

    Mnr Sakkie Smit (29/5)

    Mnr John Franken (31/5)

    VERJAARDAE BO 80 Ons bid God se seën u toe

    TEKS VIR DIE WEEK (Vir So. 25 Mei)

    DR CLIFFORD HEYS Lees Hand 2:1-13; :14-16 & :41-47

    Maak vir jou ‘n prentjie van hierdie eerste Pinksterbyeenkoms. 120 gelowiges bid saam (1:15) en dan is daar skielik 3 000 (2:41). Hoe hanteer jy 3 000 bekeerlinge?

    Sondag die 1ste Junie, begin ons Pinksterdienste. Wat was jou ervaringe van Pinksterbidure? Deel met mekaar.

    Die Heilige Gees tree nou na vore. Jesus het gewerk sonder ons.Die Heilige Gees werk met ons. Wat is die werk van die Heilige Gees? Dink aan Wedergeboorte (Joh. 3:1-9); Vervulling (Hand. 2:4); Vrug van die Gees (Gal. 5:22-25); Gawes (1 Kor 12:1-11). Wat nog . . .?

    Hoe het jy in jou lewe die Heilige Gees ervaar? Deel met mekaar.

    Dr Clifford sal vir ons DV Sondag die 25ste meer vertel.

    OMGEWINGSORGBEDIENING

    Vergader op Dinsdag 27 Mei @ 18:30

    in die sysaal

    Ons nooi graag alle persone wat lief is vir die natuur,

    wat omgee vir ons aarde, om saam met ons te kom

    gesels oor hierdie nuwe bediening. Kom asb met

    voorstelle, vrae, idees. Ons wil ook graag inskakel

    by huidige aksies - kom vertel ons gerus daarvan.

    Vir enige navrae,

    kontak asb vir

    De Wet Herbst by

    082 652 7255

    DIE BYBELSKOOL BIED AAN

    ETIOPIË: Ons nooi u uit na ‘n ope lesing aangebied deur die Bybelskool. Do. DV die 22ste Mei om 09:00 in die Oudito-rium, vertel Gert Claassen ons van sy onlangse besoek aan Etiopië. Dit word per ‘power point/data projector’ aange-bied. Kom met u vrae en nuuskierigheid.

    Church Administrator (part time)

    Christ Church Hermanus is looking for someone to fill the above vacancy.

    The core functions of this job include:

    * Financial administration in support of the Church Treasurer and Bookkeeper

    * Secretarial and PA support of the Senior Pastor, * Reception desk management , *

    Website maintenance, * Oversight of church housekeeping and maintenance , * Secreta-rial support of Church Management Council.

    Enquiries: Email your CV to [email protected]

    Applications will close on 3 June 2014

    NUUS VAN UYS & MATTIE SWART (OP TOER DEUR AFRIKA)

    Ons het deur die Heer se genade en voorsiening by Niehan en Carmen by Milange in Mosambiek uitgekom. Dit was al sterk skemer, maar Ds Kobus Eksteen wat op dieselfde kerkerf woon, het daar soos 'n engel aangery gekom en ons het hom tot by Niehan-hulle gevolg! Hulle wys ons 'n bietjie rond en ons gaan later na die mark toe om 'shopping' te doen. (sal later foto's wys oor hoe dit hier by Milange gedoen word!) Ons besoek by CAVA, Morgenster, Nkhoma en Lilongwe sendingstasies was baie insiggewend en wil sommer hê dat die hele Gemeente dit kan ervaar. Ons vertrek more weer na Nkhoma om te oornag, dan tot by Katete in Zambia en daarna na Ilse-hulle. Dankie vir almal se gebede. Ons neem niks vanselfsprekend nie, en is baie dankbaar dat dit goed gaan by die grensposte en ook die baie padblokades. Die Isuzu beur voort en sal aan julle 'n paar fotos wys, van hoe sekere paaie lyk, wat jul hare sal laat regop staan! Sal later fotos stuur. Lief vir julle en seën.

    Uys, Mattie, Niel en Mariana

    DIE SENDINGBEDIENING

    BIED AAN

    ‘N AFRIKAANSE KULTUURAAND

    13 JUNIE 2014 @ 17:00

    Met Skaapkop en ‘n Boereorkes!

    Slegs 30 kaartjies beskikbaar vir die

    Skaapkop @ R100pp.

    Bespreek dus gou!

    Daar is darem ook heerlike Kerrie & Rys

    beskikbaar vir die minder

    avontuurlustiges @ R50pp.

    En dan sluit ons af met heerlike

    Malvapoeding - mmmmmm!

    Alle fondse is ten bate

    van die GBO

    (GeloofBelofteOffer).

    Kaartjies beskikbaar by die Kerkkantoor.

    Vir enige navrae: Dirk (082 324 8141)

    of Hennie (083 465 8753).

    Welkom!

    mailto:[email protected]

  • KOSPAKKIES 19 MEI DV Word gepak om 08:30 in die Konsistorie. Baie dankie vir al die pakkers, skenkers en afleweraars. Mag ons Vader julle ook ryklik seën.

    ETIOPIË: Ons nooi u uit na ‘n ope lesing aangebied deur die Bybelskool. Do. DV die 22ste Mei om 09:00 in die Ouditorium, ver-tel Gert Claassen ons van sy onlangse be-soek aan Etiopië. Dit word per ‘power point/data projector’ aangebied. Kom met u vrae en nuuskierigheid. Wat was die vrug op die ontmande

    Etiopiër se besoek aan Israel (Hand 8:26-40)?

    Is die Ark wat in Etiopië bewaar word nie die oorspronklike Ark van die Verbond?

    Hoekom het baie Afrika-lande na self-standigwording die kleure van die Etiopiese vlag vir hulself toegeëien?

    Hoe sterk is die Kerk in Etiopië? Navrae: Dr Clifford Heys. WYK 23 WYKSETE U word hartlik uitgenooi na ‘n wyksete op 10 Junie om 18h00 in die maalruimte. Gratis, donasies sal welkom wees. Bring asb. eie eetgerei, glase en beker vir koffie. Wyn, koeldrank ens. Bevestig asb/ voor Vrydag 6 Junie by Christa 082 336 3678 of Mirjam 072 304 0415

    HOOP VIR KINDERS word internasionaal in 213 lande gebruik. Onderwysers, kategete, ouers en elke persoon wat die bediening van die evangelie aan kinders op die hart dra is welkom. ‘n Leier-toerusting word aangebied deur Evangelism Explosion SA op 23-27 Mei vanaf Vrydag 17:00 in Sandbaai, Hermanus. Koste R350/persoon, materiaal, hulpmid-dele & etes/verversings ingesluit. Kontak Chookie 072 355 9633 / Santie 083 400 0427 / Dina 021 910 031.

    DIENSSENTRUM DINSDAG 27 MEI 10:00 Fliek: STILTE

    In die Konsistorie op plat TV-skerm. Dis ‘n fliek wat jou menswees gaan

    aanspreek. ‘n Menslike drama van ‘n jong vrou (Angelique Pretorius) se pad na heling en terugkeer tot haar geloof (90 min). Moet

    dit nie mis nie! Donasie is vrywillig.

    SPOELKLIPPE: So. 5 Okt. DV TREINRIT NA SIMONSTAD Die 60 persone wat hul name op lys geplaas het, moet voor 15 Julie hul deposito van R220 inbetaal by Kerkkantoor asb. Persone wat ook nog belangstel om te gaan, moet hul name op die waglys by Mervian by Kerk-kantoor plaas. Kontak Joep vir meer be-sonderhede 028 316 4018 of 083 297 9230. MOSAÏEKGROEP byeenkoms Maandag 26 Mei 2014 om 15h00 in die ARC. Ons gaan ‘n DVD kyk. Almal welkom. Bring asb. jou donasie vir Camphill saam. ERTJIESVLEI BASAAR op 31 Mei om 10h00. (Hemel-en-Aarde-Vallei)

    WAAR kan WAAR kan

    ek DIENek DIEN??

    LIGBOEKLIGBOEK

    Die Overstrand Munisipaliteit sê baie dankie

    aan almal wat so fluks gebrei het aan die serpe

    en handskoene vir skoolkinders.

    Koster

    KERKKANTOOR ma - vry 09h00 -

    13h00

    Tel (028) 316-2116

    DS MICHIEL DE KOCK

    028 316 4174 (K)

    083 468 8194 [email protected]

    DR WILHELM BURGER

    028 316 2110 (K)

    083 448 1651

    [email protected]

    DR CLIFFORD HEYS

    028 316 4895

    [email protected]

    VOORSITTER KERKRAAD

    Philip Opperman

    082 900 0697

    [email protected]

    EVANGELIS

    Chookie Naudé

    072 355 9633 [email protected]

    VERSORGINGSKOÖRD.

    Dr Erika Oosthuysen

    028 316 3115 (K)

    079 322 0998

    [email protected]

    KOMMUNIKASIE BEST.

    Karin de Bruin

    084 305 2086 [email protected]

    ONTVANGS

    Mervian van der Merwe

    084 875 7875

    [email protected]

    REK BEAMPTE

    Rika Eveleigh 082 679 1312

    [email protected]

    ADMIN BEAMPTE

    Hanna de Jager

    082 441 9759 [email protected]

    KOSTER

    Hennie Davies

    084 745 4531

    Vir navrae en kommentaar

    op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

    KERKKANTOOR ma - vry 09h00 - 13h00

    Tel (028) 316-2116 [email protected]

    www.ngkonrusrivier.co.za

    23 MEI KOLWYNTJIE TEETUIN

    09:30-11:30 DV

    Bederf jou vriende met ‘n heerlike stukkie

    koek of tert van hulle keuse vir net R20,

    koffie/tee ingesluit. Lede

    betaal R10.

    Ons staan gereed om jou

    te ontvang en te bedien

    met JESUS se liefde.

    Almal is meer as welkom!

    DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

    Bank: ABSA

    Rek. 406 215 2718

    SENDING Geloof Belofte Offer

    Bank: ABSA

    Rek. 916 9799 886

    Groot dank en waardering aan ons borg wat die druk van die

    Hartklop moontlik maak. Ons bid Vader se seën op u besigheid.

    Hoofweg, Sandbaai (oorkant Sandbaai Superette) 028-316 3300 082 411 5505 [email protected]

    www.hpsonrus.co.za Onrus * Vermont * Sandbaai

    Hemel & Aarde Estate

    mailto:[email protected]://www.hpsonrus.co.za