8
Hart & Hand Hart & Hand Uit Hom, deur Hom en tot Hom Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens Is Jesus regtig Koning? Fanie van der Schyff Een koerant, een nuusuitsending ... dit is al wat jy nodig het om te besef dat ons in n stukkende wêreld leef vol geweld, onreg en morele verval. Wanneer mens van al hierdie dinge hoor en lees wat gebeur (ook met onsself), wonder mens soms of ons Here Jesus werklik Koning oor alles en almal is, soos wat die Woord ons leer en soos wat ons saam bely. Wonder jy ook soms hieroor? Aanddiens (Ruildiens) Was mekaar se voete! Dr. Wilhelm Leuschner Baie mense ken die verhaal van Jesus wat die dissipels se voete was. Dis lank voorgehou as n voorbeeld van diensbaarheid, van nederigheid, van help hulle wat minder as ek is. Maar is dit wat dit beteken? Is dit wat daar staan? Kom ons ontdek saam n (nuwe?) ryker betekenis! Eredienste: Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Psalm 145 (:13) Sang: Sk 7-1:1, 3 Sk 10-1:1, 2 Lb 428:1, 2, 4 Ps 145a:1, 5, 8, 12 Sk 13-3 Duxbury: 18:30 Dr. Wilhelm Leuschner Skriflesing: Johannes 13:1-17 Sang: Lb 188:1, 3 (Kom dank nou almal God) Ps 103b:1, 5 Ps 146b:1, 4 Lb 197:1, 2 (Wonderbare Koning) Amen Residentia-Sunnyside 09:30 (Araratsaal) Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël. Gereformeerde Kerk Pretoria- Brooklyn 12 Julie 2015 Lees binne: Hoe om ’n Bybel uit te deel Jaarprogram 2016 Biltongfees: gashere en gasvroue Mootkamp Chris is by die Mootkamp tot 17 Julie en daarna n week met verlof tot 26 Julie. Ons bid hom n geseënde Mootkamp toe en vir die gesin n welverdiende rustyd daarna.

Hoe om ’n ybel Hart Hand · 18/7 is ’n groot klomp kos nodigIlse de Villiers 083 310 7436 18/7 Joggie Fourie 012 342 7994 18/7 Amelia v.d. Berg 083 458 0622 DAGBOEK Woensdag:

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Hoe om ’n ybel Hart Hand · 18/7 is ’n groot klomp kos nodigIlse de Villiers 083 310 7436 18/7 Joggie Fourie 012 342 7994 18/7 Amelia v.d. Berg 083 458 0622 DAGBOEK Woensdag:

Hart & Hand

Hart & Hand Uit Hom, deur Hom en tot Hom

Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof

Oggenddiens

Is Jesus regtig Koning? Fanie van der Schyff Een koerant, een nuusuitsending ... dit is al wat jy nodig het om te besef dat ons in ’n stukkende wêreld leef vol geweld, onreg en morele verval. Wanneer mens van al hierdie dinge hoor en lees wat gebeur (ook met onsself), wonder mens soms of ons Here Jesus werklik Koning oor alles en almal is, soos wat die Woord ons leer en soos wat ons saam bely. Wonder jy ook soms hieroor?

Aanddiens (Ruildiens)

Was mekaar se voete! Dr. Wilhelm Leuschner Baie mense ken die verhaal van Jesus wat die dissipels se voete was. Dis lank voorgehou as ’n voorbeeld van diensbaarheid, van nederigheid, van help hulle wat minder as ek is. Maar is dit wat dit beteken? Is dit wat daar staan? Kom ons ontdek saam ’n (nuwe?) ryker betekenis!

Eredienste: Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Psalm 145 (:13) Sang: Sk 7-1:1, 3 Sk 10-1:1, 2 Lb 428:1, 2, 4 Ps 145a:1, 5, 8, 12 Sk 13-3

Duxbury: 18:30 Dr. Wilhelm Leuschner Skriflesing: Johannes 13:1-17 Sang: Lb 188:1, 3 (Kom dank nou almal God) Ps 103b:1, 5 Ps 146b:1, 4 Lb 197:1, 2 (Wonderbare Koning) Amen

Residentia-Sunnyside 09:30 (Araratsaal) Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.

Gereformeerde

Kerk Pretoria-

Brooklyn 12 Julie 2015

Lees binne:

Hoe om ’n Bybel uit te deel

Jaarprogram 2016

Biltongfees: gashere en gasvroue

Mootkamp Chris is by die Mootkamp tot 17 Julie en daarna ’n week met verlof tot 26 Julie. Ons bid hom ’n geseënde Mootkamp toe en vir die gesin ’n welverdiende rustyd daarna.

Page 2: Hoe om ’n ybel Hart Hand · 18/7 is ’n groot klomp kos nodigIlse de Villiers 083 310 7436 18/7 Joggie Fourie 012 342 7994 18/7 Amelia v.d. Berg 083 458 0622 DAGBOEK Woensdag:

Gelukwense Deur berou en tot rus te kom, sal julle gered word. Deur stil te raak en te vertrou, sal julle sterk word

(Jesaja 30:15). 12/7 Elene Coetzer 072 786 4480

12/7 Du Toit Ferreira 072 145 3902

12/7 Colyn le Roux 083 259 2821

12/7 Wickus Malan 072 213 6674

12/7 Gerhard v.d. Bijl 012 348 3144

13/7 Phillip Buys 079 696 8891

13/7 Zelné Minnaar 083 987 6522

13/7 Isca Stoltz 076 539 8311

13/7 Hanlie van Zyl 082 770 4159

14/7 Phillip Louw 082 469 4517

14/7 Monica Venter 078 664 2695

15/7 Nicolaas Steenekamp 082 922 3849

16/7 Carl Altin 072 271 0007

16/7 Chris Bos 082 879 7700

16/7 Tjaart Coetzee 082 674 8151

17/7 Talent Chimuti 078 068 2256

17/7 Lené Opperman 082 490 3934

17/7 Hermann Pretorius 079 875 4290

18/7 Ilse de Villiers 083 310 7436

18/7 Joggie Fourie 012 342 7994

18/7 Amelia v.d. Berg 083 458 0622

DAGBOEK

Woensdag: 18:30 Hodos-bediening Vrydag: Mootkamp eindig

Naasteliefde Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyn-gemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons siek mense op aan die Here en ons gemeente. Stel ons in kennis stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 928 0767 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Meelewing Liedjie Botha is die afgelope week oorlede en haar gedenkdiens was Woensdag. Ons bid haar dogters, Helena, Sarina en Elzeth, en hul gesinne die troos van ons Hemelse Vader toe. Oom Gerhard Oosthuizen se broer is verlede Dinsdag oorlede. Ons bid hom en die familie sterkte en seën toe.

Eljadahuis Sowat 30 tot 40 mense, waaronder ’n klomp kinders, kry elke dag kos by Eljadahuis. Die kos word net deur skenkings voorsien en daarom is ’n groot klomp kos nodig, bv. nie-bederfbare kos. As u liewer kontant wil bydra (waarmee ons dan kos gaan aankoop), plaas dit in die kollektesakkie, duidelik gemerk Eljadahuis asb.

Voorbidding – Nigerië Met duisende mense wat gesterf het tydens die wreedaardige Boko Haram-aanvalle in dorpies regoor noordoostelike Nigerië, het Christene én Moslems die brutaliteit van radikale Islam gesien. Maar Christus se liefde staan in totale kontras teenoor die gode van hierdie eeu ... Bid dat hulle wat met hierdie Ramadan opreg soekend is na ’n dieper verhouding met Allah vir Christus sal vind.

RESIDENTIA-SUNNYSIDE

Woensdag 15 Julie: Bybelstudie om 09:30 in die eetsaal van Karmel (Openbaring 15 vervolg)

Tuin van Duxbury-kerk Daar gaan veranderings aan die Duxbury-tuin aangebring word. Van die klippe moet verwyder word. Indien enige lidmate belang stel om van die klippe te gebruik, kontak Linda van Vuuren by 082 825 0220.

Jaarprogram 2016 Al die diensgroepleiers word gevra om die datums van aktiwiteite vir 2016 voor of op 1 September aan Rentia deur te gee.

Page 3: Hoe om ’n ybel Hart Hand · 18/7 is ’n groot klomp kos nodigIlse de Villiers 083 310 7436 18/7 Joggie Fourie 012 342 7994 18/7 Amelia v.d. Berg 083 458 0622 DAGBOEK Woensdag:

Tema-opsomming

Luister versigtig! Jakobus 1:19-29 (:19) Kommunikasie wat skeef loop, veroorsaak spanning. Kommunikasie loop skeef wanneer een van die twee partye in ’n verhouding die heeltyd praat sonder om fyn te luister na wat die ander een sê. Kort voor lank kom daar konflik en word beskuldigings heen en weer geslinger: “Jy praat net die heeltyd” of “Jy hoor nie wat ek vir jou sê nie” of “Jy gee my nie geleentheid om te praat nie”. Ons ken dit maar alte goed vanuit die praktyk van die lewe. Ons Here waarsku ons baie duidelik:

... elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie” (Jakobus 1:19).

Die kommunikasie in ons verhouding met ons Here loop dikwels ook skeef, maar dan met ’n ontsettende groot verskil: óns is die baie-praters en óns is die vinnig-kwaad-worders ... nie ons Here nie! Soms praat ons in gebede so baie met God oor ons eie behoeftes dat ons Hom nie kans gee om met ons te praat nie! En dan word ons kwaad vir Hom omdat dit vir ons voel asof Hy ons nie antwoord nie. Intussen is ons gebede dikwels net ’n versoeklysie wat grens aan selfsugtigheid omdat ons net vra en vra en vra sonder om ook stil te word voor Hom en te luister na wat God deur sy Woord aan ons bekend maak.

Om werklik fyn te luister strek oneindig dieper as om bloot woorde te hoor. Hier in Jakobus 1 word die dinamiese proses van luister pragtig beskryf. Om opreg na die Woord van ons Here te luister, moet ons die Woord aanhoor (:22), dit aanneem deur dit persoonlik op onsself van toepassing te maak (:21), ons moet doen wat die Woord sê (:22), ons daarin verdiep (:25) en in die Woord van God volhard (:25). Ons Here Jesus was ons daarin tot volkome voorbeeld. In Jesaja 50:4 en 5 lees ons ’n aangrypende profesie wat direk heenwys na Hom:

Die Here my God het my geleer om die regte woorde te gebruik sodat ek dié wat moeg is, kan moed inpraat. Elke môre laat Hy my opnuut weer luister, Hy laat my luister soos ’n leerling moet luister. Die Here my God het my geleer om te luister: ek was nie teen Hom opstandig nie, ek was nie ontrou aan Hom nie.

Lees ons nie op talle plekke in die Evangelies hoe Jesus Homself afgesonder het om tot sy Vader te bid nie? Jesus het biddend geleef. Hy het na sy Vader geluister. Hy het deurentyd gevra na Sy wil. Hy was volkome gehoorsaam aan die wil van sy Vader – ja, Hy was gehoorsaam tot die dood toe.

Helpende Hand Solidariteit Helpende Hand wil armoede voorkom, verlig en verbreek. Ons het reeds baie hulp verskaf aan gemeenskappe - veral onder kinders en senior burgers. Helpende Hand Noord-Gauteng het reeds 14 vrywillig gedrewe takke en beoog om ’n tak in u omgewing te stig. Vrywilligers wat by takke betrokke is, is eerstens verantwoordelik vir ondersteuning in hul eie omgewing en daarna ondersteuning in ander omgewings. Ons wil dus ook met die kerke saamwerk. Al u lidmate word na ons takstigtingsvergadering uitgenooi. Indien u met iemand direk wil gesels, kan u ’n afspraak reël met Mariana by 084 952 5837 of e-pos [email protected]. Kyk op ons webtuiste wat ons by Solidariteit Helpende Hand doen.

Page 4: Hoe om ’n ybel Hart Hand · 18/7 is ’n groot klomp kos nodigIlse de Villiers 083 310 7436 18/7 Joggie Fourie 012 342 7994 18/7 Amelia v.d. Berg 083 458 0622 DAGBOEK Woensdag:

Aangename werksomgewing geskoei op ʼn Christelike grondslag. Vergoeding op navraag beskikbaar. Tel: 012 3320336 of 082 491 4965. Stuur asseblief u CV in Afrikaans (geen sertifikate nie), die nodige verwysings, sowel as ʼn afskrif van u ID, aan [email protected] voor of op 20 Julie 2015.

Vakature vir sekretaresse:

Instituut vir Christelike

Onderwys

ICO het ʼn vakature vir ʼn

sekretaresse met ingang van

Augustus 2015.

BILTONGFEES 2015

Dis weer biltongfeestyd

Op 28 Augustus.

Nou rig ons weer ’n vriendelike

en dringende versoek aan alle

jagters en ook mense met

familie of vriende wat jag om

wildsbokke te skenk. Ons het vriesgeriewe indien enigeen reeds nou al ’n skenking sou wou maak! Enige finansiële skenking is natuurlik ook welkom. Kontak Fanie (083 446 6096), Wina (082 859 5216), Jaco (082 491 6204), Elfrieda (072 179 5847), Annalie (082 879 6654), Danie (083 952 4764), Harm (082 376 0527), Bets (082 320 9133), Frikkie (073 733 0799), of Henk (082 926 0708). Baie dankie by voorbaat!

The Faculty of Theology at NWU (Potchefstroom) presents:

An international panel of reformed theologians from five

continents (Brazil, France, UK, US, Korea, Indonesia and South Africa)

in a conference on:

A Covenantal Vision for

Global Mission

When: 30 July 2015 (15:00) - 31 July 2015 (16:00) Where: Room 204, Faculty of Theology, NWU, Potchefstroom Cost: R350 (Including book with conference papers, formal dinner and lunch) For more information (fullprogramme/registration/payment details) please follow this link: https://goo.gl/dkUQX8 Contact person: Naas Ferreira 018 299 1848 [email protected]

Page 5: Hoe om ’n ybel Hart Hand · 18/7 is ’n groot klomp kos nodigIlse de Villiers 083 310 7436 18/7 Joggie Fourie 012 342 7994 18/7 Amelia v.d. Berg 083 458 0622 DAGBOEK Woensdag:

Toerusting vir groepe en gesinne Weektema: Vrug van die Gees: goedhartigheid Teks: Galasiërs 5:22 en Efesiërs 5:1-20

1. Lees/Luister: Lees as groep of gesin saam deur Galasiërs 5:22 en Efesiërs 5:1-20 (klem op vers 9).

2. Uitroeptekens: Wat in die gedeelte staan vir jou uit? Dit kan gedagtes, woorde of ’n vers wees wat vir jou uitstaan. Deel dit met mekaar, maar moenie dit te veel bespreek nie. Luister na mekaar.

3. Vraagtekens: Watter vrae kom vir jou na vore uit die teks? Vrae wat begin met wie, wat, waar, wanneer, hoekom, ens. is goed om te vra. Probeer om vrae met ’n ja- of nee-antwoord te vermy. Hier is ’n paar vrae wat spesifiek kan help met die gedeelte: a. Wat is die sentrale gedagte van Efesiërs 5:1-20 (klem op vers 9)? b. Hoe sou jy goedhartigheid verduidelik aan iemand wat dit nie ken nie? c. In Genesis 1 lees ons dat God se skepping goed was. Hoe kan ons daardie goedheid

vandag nog sien? d. Hoe kan ons God se goedheid deel maak van ons lewe? e. Waar in die afgelope week het jy iets beleef wat bewys is van iemand se

goedhartigheid? f. Hoe kan jy in die week wat kom iemand leer of wys wat goedharthigheid is?

4. Hande en voete: Nadat julle die gedeelte klaar gelees en bespreek het, wat kan julle prakties gaan doen? Vra mekaar twee vrae: a. Wat is die moontlike toepassing van die teks? Hoe help die teks in die algemeen

mense om Jesus te volg, God te eer, mekaar te dien en om ander mense dissipels van Jesus te maak?

b. Wat wil God hê ek moet hierdie week gaan doen? Maak dit persoonlik deur te begin met “Ek dink God wil hê ek moet ...” Hoe help hierdie teks jou persoonlik om God te eer, ander te dien en om ander mense dissipels van Jesus te maak?

5. Bid: Bid as gesin of groep saam vir die volgende: a. Bid vir spesifieke behoeftes binne die groep of gesin. Vra mekaar oor

gebedsversoeke. Vra vir God wysheid oor hoe om spesifieke situasies te hanteer. b. Bid vir gemeentelede en vir jou familie. Vra dat God verheerlik sal word deurdat ons

mekaar dien en getrou sal wees in ons volg van Jesus. c. Bid vir mense in die gemeenskap en oor die wêreld. Bid vir mense by die werk, skool,

universiteit, ens. Bid dat God se liefde en genade vir hulle duidelik sal word deurdat ons dit getrou aan hulle sal uitleef. Bid dat God ons oë sal oopmaak om hulle te sien soos Hy hulle sien en dat ons hulle so lief sal hê soos wat Hy hulle lief het.

Probeer mekaar die geleentheid gee om saam te bid. Gee elkeen ’n kans om vir net een van die bogenoemdes te bid.

Page 6: Hoe om ’n ybel Hart Hand · 18/7 is ’n groot klomp kos nodigIlse de Villiers 083 310 7436 18/7 Joggie Fourie 012 342 7994 18/7 Amelia v.d. Berg 083 458 0622 DAGBOEK Woensdag:

Jou geleentheid Op 28 Augustus 2015 vind die jaarlikse biltongfees van ons gemeente plaas. Hierdie fees bied die geleentheid aan die hele gemeente, hul vriende en familie om gemoedelik saam te kom kuier en die fees te geniet. Die organiseerders nooi elkeen uit om as gasheer en gasvrou tafels vir groot groepe, klein groepe, enkelinge, vreemdelinge, vriende van ver en naby te bespreek en die fees te kom bywoon. Kaartjies is beskikbaar teen R120 vir volwassenes en studente, R60 vir skoliere terwyl voorskoolse kinders gratis toegang het. Om as gasheer en gasvrou op te tree, tafels te bespreek en kaarjies te koop, kan jy gerus skakel met Fanie (083 446 6096), Wina (082 859 5216), Jaco (082 491 6204), Elfrieda (072 179 5847), Annalie (082 879 6654), Danie (083 952 4764), Harm (082 376 0527), Bets (082 320 9133), Frikkie (073 733 0799), of Henk (082 926 0708).

Midweekboodskap Die vrug van die Gees is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid … (Galasiërs 5:22).

Die woord goedhartigheid sê presies wat jy hoor: dit is iemand wat ’n goeie hart vir ander mense het. Wie het ooit ’n groter hart van liefde vir mense gehad as ons Here Jesus? Vir sondaars het Hy Homself gegee aan die kruis ... ja, vir jou, vir my, sodat ons kinders van God genoem mag word! Dieselfde gesindheid moet ook in ons harte opkom: doen goed aan ander mense ... alle mense! Reik opreg uit met ’n warm hart van liefde.

Damesoggend Saterdag, 22 Aug 2015

Tema:Straatkafee / Café

08:30 vir 09:00

Plek:

St Mary’s DSG Skool

Duxburyweg, Lynnwood

Gasspreker

Liesel Krause-Wiid

Gaskunstenaars

Burgerd & Zita

Toegang: R150.00 pp

Gesamentlike uitreik-aksie van Pretoria-gemeentes (georganiseer deur die Gereformeerde Kerk Kameeldrift)

ten bate van die kinderhuise van die Gereformeerde Kerk

Bring ’n geldjie saam – daar is uitstallers!

Kontak Ronel Stronkhorst by 083 299 7413

om jou plek te bespreek.

Dis vakansietyd –

bestel jou Bybel nou! Neem ’n Bybel saam om weg te gee en verryk iemand se lewe! Moenie van ons kinders vergeet nie.

Kinderbybels First Read and Learn (2-6 jaar) Afr, Eng, Xhosa en Zulu @ R65 Read and Learn (9-12 jaar) Afr en Eng @ R115 Children’s Bible (9-12 jaar) Suid-Sotho, Zulu en Xhosa @ R60

Bybels beskikbaar in die volgende tale @ R60: Engels (NIV), Suid-Ndebele, Sepedi/Noord-Sotho, Sesotho, Swati, Tsonga, Tswana, Venda, Zulu en Portugees.

Plaas asb. jou bestelling so gou as moontlik by Pieter en Ronel Stronkhorst, Sondae in die kerksaal of by 083 299 7413.

Page 7: Hoe om ’n ybel Hart Hand · 18/7 is ’n groot klomp kos nodigIlse de Villiers 083 310 7436 18/7 Joggie Fourie 012 342 7994 18/7 Amelia v.d. Berg 083 458 0622 DAGBOEK Woensdag:

GESOEK: TUINWOONSTEL OF EEN-SLAAPKAMERWOONSTEL vir werkende jong dame om te huur. Skakel Hanri Pelser by 082 303 8709, Abri Pelser by 082 922 3888 of Dalize Pelser by 076 810 6622.

KLAVIER TE KOOP Pianola te koop waarvan die pianola-deel toe-gemaak is. Dit is nou net ’n gewone klavier. Baie goed opgepas. Kontak Marina Jordaan by 073 143 1628. R5 500 o.n.a.

HEARING HUB OUDIOLOË Ons bied gehoortoetse, gehoorapparate, gehoorbeskerming en spraakterapie vir jonk en oud. Skakel ons gerus by 012 346 0511 (Menlopark) of 012 997 1718 (Moreleta Park). Ons sien uit om u te ontmoet.

KOSMOS SKOONMAAKDIENS Skoonmaak van alle tipes woonhuise en wooneenhede volgens jou behoefte. Weekliks, maandeliks of eenmalig. Werk self saam met span. Kontak Ansie by 076 7687 056.

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: [email protected]

Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.

VUURMAAKHOUT Droë sekelbos-braaihout: 50 sakkies of meer @ R13 per sak afgelewer. Skakel Peet Langley by 079 640 8855 of e-pos na [email protected]

TUINWOONSTEL GESOEK ’n Jong dame, Christine Verhoef, is op soek na ’n eenslaapkamer-tuinwoonstel vir 2016. Indien u van iets weet, kontak haar by 083 451 1611.

WISKUNDE EN DUITSE TUTOR BEd-eerstejaarstudent in Menslike Bewegingskunde en Sportbestuur tutor u kind tuis in die Lynnwood-, Menlopark- en Groenkloof-omgewing. Vakke: Wiskunde en Duits vir kinders tot graad 10. Koste: R100 per uur. Kontak Joanné Cunze by 073 125 2876.

ADVERTENSIES

BYBEL MET VERKLARENDE AANTEKENINGE Ek is op soek na ’n Bybel met verklarende aantekeninge, 3 dele, 1953-vertaling. Skakel Ella Wibbelink by 083 227 0841 of 012 331 3624 of e-pos na [email protected]

Skrywe van Ons Huis Tehuis vir Bejaardes in Roodepoort. Goeie dag aan almal Dit is daardie tyd van die jaar. KERMIS. Ons kermis is op 25 Julie 2015. As u ’n stalletjie wil bespreek, skakel asseblief vir Marita by 011 672 0392. Indien u ons wil help met donasies, kom laai dit gerus enige tyd by ons af. Ons benodig eiers, meel, olie, suiker, koffie, suiker, tee, melk, maalvleis, boerewors, gis, rys, speelgoed, enige goed in u huis waarvan u ontslae wil raak vir ons wit olifant-tafel, rooiworsies, enige kitspoedings en jellie, vlapoeier, koeke en terte, kleinkoekies, beskuit en lang broodrolle. Ons verkoop ook wyn om fondse in te samel. Kontak ons gerus om bestellings te plaas. Ons verkoop ook elke Vrydag wegneemetes. Plaas gerus u bestelling by 011 672 5018, Irene, 26 Junie, Bord boerekos. Baie dankie vir almal se belangstelling en ondersteuning. Marita van den Berg Bestuurder

KRAGOPWEKKER by Residentia-Sunnyside Enige bydraes vir die kragopwekker by Residentia-Sunnyside kan by hul ABSA-tjekrekening, nommer 117 372 0650 inbetaal word of plaas ’n verseëlde koevert in die kollektesakkies, baie duidelik gemerk “Kragopwekker Residentia”. Baie dankie vir enige bydrae.

Page 8: Hoe om ’n ybel Hart Hand · 18/7 is ’n groot klomp kos nodigIlse de Villiers 083 310 7436 18/7 Joggie Fourie 012 342 7994 18/7 Amelia v.d. Berg 083 458 0622 DAGBOEK Woensdag:

Kantoor

Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos

WEBtuiste

Sondae Administrasiehulp

[email protected]

www.gkbrooklyn.org.za

Anita Cilliers en Arnline Kuun Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Reëlings

Datum Plek Diensbeurt Kollekte Skinkbeurt

12 Jul Duxbury Ouderling Christoff Pretorius Diaken Elzabé Barnard

Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Soekie

12 Jul Troyestr Hierdie dienste word deur die Hervomde kerk gereël.

19 Jul

Duxbury Ouderling Diaken Wessel Herbst

Onder die diens Diakonale werk By die deure Potchefstroom Teologiese Studentekas

Janneke

19 Jul Troyestr

Predikante verbonde aan die gemeente:

Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr)

012 348 2467 083 446 6096 [email protected] Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 [email protected]

Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum) 012 542 3662 073 777 1254 [email protected]

Baie dankie vir jou

finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! Bank: ABSA, Hatfield-tak Takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Bankbesonderhede: Diakonale kas ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).