6
KOMPETISIE INLIGTING Sing in Harmonie is die eerste skole koorkompetisie in sy soort wat vir skole regoor Suid-Afrika die kans bied om op nasionale tv hul merk te maak en in die proses hulle deel in R496 000 (Suid-Streke en Noord-Streke) se pryse los te slaan. Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou. Met Sing in Harmonie word daar nou 'n opwindende nuwe uitdaging vir hierdie leerders en skole gebied om op nasionale vlak deel te neem en raakgesien te word. Daar is 2 kategorieë naamlik Juniorkore (Laerskool gr. 1 - 3) en Seniorkore (Laerskool gr. 4 - 7). Die Seniorkore afdeling word opgedeel in 2 afdelings naamlik INFORMEEL en FORMEEL (slegs van toepassing by die Seniorkore afdeling). As beloning bied hierdie kompetisie 'n ongelooflike pryspakket, wat ondermeer 'n cd opname van 10 snitte, 'n musiekvideo opname, R10 000 kontant en hope TV blootstelling insluit. Hoe werk dit? Elke ingeskrewe skool moet 2 liedere voorberei vir die kompetisie. Een moet 'n Christelike lied wees en een kan 'n kommersiële/kontemporêre lied wees. Elke skool moet minstens een lied in Afrikaans sing. 'n Verteenwoordiger van die produksiehuis sal vooraf 'n datum en tyd vasmaak met die skool vir die opname van hulle insetsel, wat gedurende skool-ure geskied. Hierdie opname sal nie langer as 90 minute neem nie. Gedurende hierdie opname sal daar 'n onderhoud met die dirigent en 'n paar leerders in die koor gedoen word. Hierdie is basies om julle koor en leerders voor te stel aan die kykers. Ons neem ook dan ‘n oefensessie van die koor af. Die skoolhoof is ook welkom om ons meer oor die skool te vertel. Daardie selfde week vind die episode opname plaas, waar drie tot ses ingeskrewe kore optree gedurende die aand by die glans-geleentheid in hulle area/streek. By hierdie geleentheid word die ouers en vriende van die koor genooi om die opname by te woon as deel van die televisie gehoor. Elke koor se video-insetsel (wat vroeër die week verfilm is) sal vertoon word op die grootskerm en elke koor sing sy liedere voor die paneel van beoordelaars. Aan die einde van die aand word die wenkoor bekend gemaak, wat dan sal deurdring na die finale rondte van die televisie reeks. Die gemeenskap betaal ‘n toegangsfooi om die opname by te woon, en hierdie beloof om ‘n onvergeetlike aand te wees. Die toegangsfooi word vroeg in 2018 bevestig.

Hoe werk dit?123userdocs.s3-website-eu-west-1.amazonaws.com/d/5d/9c/... · Skoolkore moet vanaf 2 Mei 2017 (2de kwartaal) gereed wees vir die opnames. ... • Ligte musiek asook Pop-Rock

Embed Size (px)

Citation preview

KOMPETISIE INLIGTING

Sing in Harmonie is die eerste skole koorkompetisie in sy soort wat vir skole regoor Suid-Afrika die kans bied om op nasionale tv hul merk te maak en in die proses hulle deel in R496 000 (Suid-Streke en Noord-Streke) se pryse los te slaan.

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

Met Sing in Harmonie word daar nou 'n opwindende nuwe uitdaging vir hierdie leerders en skole gebied om op nasionale vlak deel te neem en raakgesien te word.

Daar is 2 kategorieë naamlik Juniorkore (Laerskool gr. 1 - 3) en Seniorkore (Laerskool gr. 4 - 7). Die Seniorkore afdeling word opgedeel in 2 afdelings naamlik INFORMEEL en FORMEEL (slegs van toepassing by die Seniorkore afdeling).

As beloning bied hierdie kompetisie 'n ongelooflike pryspakket, wat ondermeer 'n cd opname van 10 snitte, 'n musiekvideo opname, R10 000 kontant en hope TV blootstelling insluit.

Hoe werk dit?

Elke ingeskrewe skool moet 2 liedere voorberei vir die kompetisie. Een moet 'n Christelike lied wees en een kan 'n kommersiële/kontemporêre lied wees. Elke skool moet minstens een lied in Afrikaans sing.

'n Verteenwoordiger van die produksiehuis sal vooraf 'n datum en tyd vasmaak met die skool vir die opname van hulle insetsel, wat gedurende skool-ure geskied. Hierdie opname sal nie langer as 90 minute neem nie.

Gedurende hierdie opname sal daar 'n onderhoud met die dirigent en 'n paar leerders in die koor gedoen word. Hierdie is basies om julle koor en leerders voor te stel aan die kykers. Ons neem ook dan ‘n oefensessie van die koor af. Die skoolhoof is ook welkom om ons meer oor die skool te vertel.

Daardie selfde week vind die episode opname plaas, waar drie tot ses ingeskrewe kore optree gedurende die aand by die glans-geleentheid in hulle area/streek. By hierdie geleentheid word die ouers en vriende van die koor genooi om die opname by te woon as deel van die televisie gehoor. Elke koor se video-insetsel (wat vroeër die week verfilm is) sal vertoon word op die grootskerm en elke koor sing sy liedere voor die paneel van beoordelaars. Aan die einde van die aand word die wenkoor bekend gemaak, wat dan sal deurdring na die finale rondte van die televisie reeks. Die gemeenskap betaal ‘n toegangsfooi om die opname by te woon, en hierdie beloof om ‘n onvergeetlike aand te wees. Die toegangsfooi word vroeg in 2018 bevestig.

By hierdie episode aande neem daar in die senior kategorie dan beide afdelings (informeel en formeel) deel. Dit is nie gewaarborg dat daar in elke afdeling ‘n koor sal deurdring na die finaal nie, aangesien hierdie af hang van die beoordelaarspaneel en die standaard van die kore in die spesifieke episode. Die beoordelaars kry 4 keer in ‘n kategorie die geleentheid om ‘n koor te “RED”,maar hulle hoef egter nie hierdie 4 kanse te gebruik nie.

Gedurende elke episode sal daar drie tot ses kore se insetsels op tv uitgesaai word wat daardie week besoek was. Die kykers sal ook weekliks 'n kykerskeuse maak wie volgens hulle die gunsteling koor onder die kykers was vir die week. Indien die publiek en die beoordelaars dieselfde keuse gemaak het, sal slegs een koor vir die week deurdring, andersins kan daar 2 kore deurdring per episode in elke kategorie.

Die verskillende kore wat dan deurdring na die finale rondte sal op een glansryke verhoog in die finale van die reeks deelneem vir hulle deel in meer as R234 000 in pryse op die spel vir die Noord-Streke. Hierdie geleentheid vind plaas in Johannesburg.

Inskrywingsinligting

Skoolkore moet vanaf 2 Mei 2017 (2de kwartaal) gereed wees vir die opnames.

'n Inskrywingsfooi van R1500 per skoolkoor is vooraf betaalbaar om hulle inskrywing te bevestig. Inskrywings vir 2018 sluit 14 Februarie 2018 en moet per e-pos ingehandig word by [email protected] .

Alle insetselopnames sal in die skoolsaal van die ingeskrewe skool plaasvind - die tyd en datum sal vooraf bevestig word.

Koorlede moet verkieslik in skool/koordrag wees wanneer die insetsels opgeneem word. Die produksiespan sal 30 minute voor die geskeduleerde opname-tyd arriveer om klank- en beligtingtoerusting op te stel.

Minstens een lied moet in Afrikaans gesing word.

Ouers, vriende en familie van koorlede is welkom om die episode-opname by te woon. Kaartjies sal te koop wees.

Inskrywingsfooi is nie terugbetaalbaar nie.

PRYSE

Alle pryse is geldig 3 maande van toekenningsdatum.

Die musiekvideo opname moet in dieselfde omgewing as die wenkoor verfilm word.

Die cd opname vind plaas by die wenskool self, en sal dit dus nie nodig wees vir skole om busse te huur om leerders te vervoer nie. Die omslag en drukwerk word ingesluit by die prys, en 100 kopieë hiervan sal by die skool afgelewer word.

Die kontant-prys word een werksdag na die aankondiging van die wenkoor elektronies aan die wenskool oorbetaal.

UITEENSETTING VAN PRYSE:

Juniorkore kategorie: R10 000 in kontant

• ‘n 10 snit cd opname ter waarde van R20 000

• ‘n musiekvideo opname ter waarde van R25 000

• en die druk van 100 cd’s ter waarde van R2500.

Seniorkore kategorie INFORMELE afdeling:

• R10 000 in kontant,

• ‘n 10 snit cd opname ter waarde van R20 000,

• ‘n musiekvideo opname ter waarde van R25 000 en die druk van 100 cd’s ter waarde van R2500.

Seniorkore kategorie FORMELE afdeling:

• R10 000 in kontant,

• ‘n 10 snit cd opname ter waarde van R20 000,

• ‘n musiekvideo opname ter waarde van R25 000 en die druk van 100 cd’s ter waarde van R2500.

Kykerskeuse juniorkore kategorie: ‘n 10 Snit cd opname ter waarde van R20 000.

Kykerskeuse seniorkore formele kategorie: ‘n 10 Snit cd opname ter waarde van R20 000.

Kykerskeuse seniorkore informele kategorie: ‘n 10 Snit cd opname ter waarde van R20 000.

INSKRYWINGSVORM 2018

Die inskrywingsvorm moet ons voor of op 14 Februarie 2018 bereik.

Faks die volledig ingevulde vorm terug na 0865904444 of e-pos na [email protected]

Besoek ook gerus ons webtuiste by www.absproduksies.com of die Facebook blad.

Naam van skool: ________________________________

Naam van skakelpersoon: ________________________________

Telefoonnommer van skakelpersoon: ________________________________

Bedrag betaal: R ___________________________________ Datum inbetaal: ____________________________________________________________

ONTHOU: Die sluitingsdatum vir inskrywings is 14 Februarie 2018. Inskrywingsgeld: R1500 per skoolkoor (junior en senior) Betaal asseblief die inskrywingsgeld in die volgende ABS Promosies-rekening:

• Nedbank

• Rekeningnaam: Abs Promosies BK

• Rekeningnommer: 1119763266 Tak: Woodlands Mall

• Tipe rekening: Tjekrekening

• Verwysing: Harmonie EN Skool se naam (bv. Harmonie LS Voorpos) Faks of e-pos asseblief die inskrywingsvorm en ’n afskrif van die bewys van betaling aan Rensche by 086 590 4444 of [email protected] Hiermee verklaar ek, ________________________________ , (Skoolhoof: Titel, voorletters en van in DRUKSKRIF asb.) dat ons kore en skool ons neerlê by die reëls (te sien by www.absproduksies.com) van Sing in Harmonie 2018 en dat al die koorlede tans leerders van hierdie skool is. ________________________________________________________________________________________ ___________________________________________________

HANDTEKENING VAN SKOOLHOOF Datum

(Vul ook asseblief die volgende bladsy in.)

Naam van skool: ________________________________

Provinsie: ________________________________

Telefoonnommer: ________________________________

Faksnommer: ________________________________

E-posadres: ________________________________

Koorleier se titel, noemnaam en van: ________________________________

Telefoonnommer (H): ________________________________

Selfoonnommer: ________________________________

Begeleier se titel, noemnaam en van: ________________________________

Telefoonnommer (H): ________________________________

Selfoonnommer: ________________________________

Organiseerder se titel, noemnaam en van: ________________________________

Telefoonnommer (H): ________________________________

Selfoonnommer: ________________________________

Getal koorlede: ________________________________

Ons skool gaan deelneem aan die JUNIOR ( ) SENIOR ( ) kategorie. Indien SERNIOR KOOR, neem ons deel aan die INFORMELE ( ) FORMELE ( ) afdeling. Neem kennis dat die beoordelaars die reg behou om die kategorie tydens die opname te verander, sou hulle voel dat die koor nie voldoen aan hierdie kategorie vereistes soos hieronder uiteengesit nie. Hiermee verklaar ek, _________________, koorleier van ________________ dat hierdie inligting korrek en volledig is. ________________________________________________________________________________________ ___________________________________________________

HANDTEKENING VAN KOORLEIER Datum

FORMELE EN INFORMELE KATEGORIE

Formele koor

• Meerstemmig

• Repertorium behels verskillende genres uit die barok, klassiek, romanties, modern periodes, goed verwerkte Afrika- musiek asook Jazz

• Musiek moet genoteer wees

• Begeleiers moet ‘n aanvullende rol speel en nie die melodie kopieer nie

Informele koor

• Eenstemmig

• Ligte musiek asook Pop-Rock en luisterliedjies, eenvoudige Afrika-musiek.

• Improvisasie

• Elementêre begeleiding

• Nie-genoteerde musiek

• Genoegsame bewegings

Vir verdere navrae skakel gerus vir Antoinette by 078 786 1633 of [email protected]

Neem kennis dat die beoordelaars die reg behou om die kategorie tydens die opname te verander, sou hulle voel dat die koor nie voldoen aan hierdie kategorie-vereistes nie.