2
MEDIAVERKLARING ‘n SUID-AFRIKAANSE MUSIEKDAG VOORTAAN OP RSG Plaaslike musiek gaan meer lugtyd op RSG kry. Voortaan gaan daar een maal per maand vir ‘n volle 17 uur nét plaaslike musiek gespeel word. Die eerste Suid-Afrikaanse Musiekdag skop Vrydag 11 April om 05:00 af en duur tot 22:00. Vir die res van die jaar sal dit elke eerste Vrydag van die maand plaasvind RSG se stasiebestuurder Magdaleen Krüger sê hoewel die stasie reeds 58% plaaslike musiek speel, is dit RSG se erns om Suid-Afrikaanse musiek & kunstenaars te bevorder en die platform vir spesifiek Afrikaanse musiek te verbreed. Die mikpunt vir vanjaar is 65% Suid-Afrikaanse musiek oor RSG. Dit sluit in boeremusiek, rock musiek, jazz, kontemporere musiek, Afrikaanse musiek, Afrikaanse Hip Hop en Rap en klassieke musiek. Onderhoude sal met Afrikaanse kunstenaars gevoer word en nuwe Suid-Afrikaanse CD- vrystellings sal bekend gestel word. Oppiradio Vrydagaande 21:10 – 10:00 sal ook voortaan deur die nuweling RSG- omroeper Johnny Davids, self ‘n Afrikaanse sanger, aangebied word. Hierdie program fokus op Afrikaanse musiek en kunstenaars. Afrikaanse musiek het die afgelope jare groot opgang gemaak en RSG wil graag aan die kommersiële sowel as minder- kommersiële Afrikaanse musiek en kunstenaars ‘n groter platform bied. Ons is oortuig daarvan dat ons dit sal kan regkry met die samewerking van platemaatskappye, verspreiders en kunstenaars self. André Liebenberg sal voortaan Dis Opera (21:10 – 24:00 Sondagaande) aanbied. Krüger sê die nuwe aanbieder en

RSG FOKUS OP PLAASLIKE MUSIEK - RSG - Dis die … BEVORDER AFR MUSI… · Web view‘n SUID-AFRIKAANSE MUSIEKDAG VOORTAAN OP RSG Plaaslike musiek gaan meer lugtyd op RSG kry. Voortaan

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: RSG FOKUS OP PLAASLIKE MUSIEK - RSG - Dis die … BEVORDER AFR MUSI… · Web view‘n SUID-AFRIKAANSE MUSIEKDAG VOORTAAN OP RSG Plaaslike musiek gaan meer lugtyd op RSG kry. Voortaan

MEDIAVERKLARING

‘n SUID-AFRIKAANSE MUSIEKDAG VOORTAAN OP RSG

Plaaslike musiek gaan meer lugtyd op RSG kry. Voortaan gaan daar een maal per maand vir ‘n volle 17 uur nét plaaslike musiek gespeel word. Die eerste Suid-Afrikaanse Musiekdag skop Vrydag 11 April om 05:00 af en duur tot 22:00. Vir die res van die jaar sal dit elke eerste Vrydag van die maand plaasvind

RSG se stasiebestuurder Magdaleen Krüger sê hoewel die stasie reeds 58% plaaslike musiek speel, is dit RSG se erns om Suid-Afrikaanse musiek & kunstenaars te bevorder en die platform vir spesifiek Afrikaanse musiek te verbreed. Die mikpunt vir vanjaar is 65% Suid-Afrikaanse musiek oor RSG. Dit sluit in boeremusiek, rock musiek, jazz, kontemporere musiek, Afrikaanse musiek, Afrikaanse Hip Hop en Rap en klassieke musiek. Onderhoude sal met Afrikaanse kunstenaars gevoer word en nuwe Suid-Afrikaanse CD-vrystellings sal bekend gestel word. Oppiradio Vrydagaande 21:10 – 10:00 sal ook voortaan deur die nuweling RSG-omroeper Johnny Davids, self ‘n Afrikaanse sanger, aangebied word. Hierdie program fokus op Afrikaanse musiek en kunstenaars.

Afrikaanse musiek het die afgelope jare groot opgang gemaak en RSG wil graag aan die kommersiële sowel as minder-kommersiële Afrikaanse musiek en kunstenaars ‘n groter platform bied. Ons is oortuig daarvan dat ons dit sal kan regkry met die samewerking van platemaatskappye, verspreiders en kunstenaars self.

André Liebenberg sal voortaan Dis Opera (21:10 – 24:00 Sondagaande) aanbied. Krüger sê die nuwe aanbieder en formaat sal die reeds gewilde en suksesvolle Dis Opera verder uitbou. ‘n Nuwe gereelde insetsel sal versorg word deur die bekwame Wouter de Wet. Hy sal weekliks ‘n insetsel lewer oor interessante opera-gebeure wereldwyd aan die hand van ‘n snit of 2 opera-musiek. Andre Liebenberg sal ook nuwe opnames bekendstel en verskillende opnames vergelyk. Bydraes oor opera-verwante interessanthede sal ingesluit word bv. die rol van die dirigent in opera, opera-choreografie en instrumentale opnames van werke wat oorspronklik vir opera geskryf is. Lieder sal ook spesifieke aandag kry en elke eerste Sondag van die maand sal Liebenberg ‘n opera-liefhebber nooi om sy of haar geliefkoosde opnames voor te speel. ‘n Nuutjie is onderhoude met internasionale operasterre.