22
17 HOOFSTUK 2 DIE FUNKSIONERING VAN 'N OMGEWINGSENTRUM In die vorige hoofstuk is die agtergrond tot 'n omgewingsentrum bespreek. In hierdie hoofstuk word aandag geskenk aan die manier waarop data versamel is, insameling van die data en die resultate van die data. Elke aspek wat ondersoek is, word individueel bespreek. Die navorsingsvoorstel behels die insamel van data ten einde vas te stel in welke geval 'n omgewingsentrum as omgewingsbestuursinisiatief vir die Noord-Kaapprovinsie (Upington) kan realiseer. Voortvloeiend uit die voorstel word die volgende sub-probleme identifiseer: Die funksionering van omgewingsentrums in Suid-Afrika; hierdeur word die toepaslikheid van 'n omgewingsentrum aan die hand van bestaande sentra se funksionering, geëvalueer. Kenmerke van Upington in die Noord-Kaapprovinsie; waar bepaalde omgewingsprobleme vasgestel word. Houding-, gesindheid- en aktiwiteitsbepaling van die plaaslike inwoners (in die Upington omgewing). Hoedanig 'n omgewingsentrum in die Noord-Kaapprovinsie kan realiseer.

HOOFSTUK 2 Die funksionering van 'n omgewingsentrum

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: HOOFSTUK 2 Die funksionering van 'n omgewingsentrum

17

HOOFSTUK 2 DIE FUNKSIONERING VAN 'N

OMGEWINGSENTRUM

In die vorige hoofstuk is die agtergrond tot 'n

omgewingsentrum bespreek. In hierdie hoofstuk word aandag

geskenk aan die manier waarop data versamel is, insameling

van die data en die resultate van die data. Elke aspek wat

ondersoek is, word individueel bespreek.

Die navorsingsvoorstel behels die insamel van data ten einde

vas te stel in welke geval 'n omgewingsentrum as

omgewingsbestuursinisiatief vir die Noord-Kaapprovinsie

(Upington) kan realiseer. Voortvloeiend uit die voorstel

word die volgende sub-probleme identifiseer:

• Die funksionering van omgewingsentrums in Suid-Afrika;

hierdeur word die toepaslikheid van 'n omgewingsentrum

aan die hand van bestaande sentra se funksionering,

geëvalueer.

• Kenmerke van Upington in die Noord-Kaapprovinsie; waar

bepaalde omgewingsprobleme vasgestel word.

• Houding-, gesindheid- en aktiwiteitsbepaling van die

plaaslike inwoners (in die Upington omgewing).

• Hoedanig 'n omgewingsentrum in die Noord-Kaapprovinsie

kan realiseer.

Page 2: HOOFSTUK 2 Die funksionering van 'n omgewingsentrum

18

2.1 DATA-INSAMELING: WERKSWYSE

Insameling en verwerking van data word hanteer met die doel

om antwoorde te verkry ten einde vas te stel of 'n

omgewingsentrum as bestuursinisiatief vir die Noord-

Kaapprovinsie kan realiseer.

Die navorsingsverloop word saamgevat in die vloeidiagram

soos uitgebeeld in Figuur 1.

ORIëNTERING - omgewing - onderwys - probleemstelling - omgewingsbestuursperspektief - omgewingsentrum

Literatuurstudie Onderhoude

DIE FUNKSIONERING VAN OMGEWINGSENTRUMS

Literatuurstudie Onderhoude Besoeke

UPINGTON, DIE RIVIERSTAD - kenmerke van die gebied - identifiseer omgewingsvraagstukke - aktiwiteits- en gesindheidsinligting

van plaaslike inwoners

Literatuurstudie Besoeke aan gebied Onderhoude Vraelyste Foto's

ANALISE

Vraelysontleding met behulp van statistiek, tabelle en diagramme

SINTESE - oorsig oor studie - analise - gevolgtrekkings - samevatting

Foto's

FIGUUR 1: Diagrammatiese voorstelling van werksmetodologie

Page 3: HOOFSTUK 2 Die funksionering van 'n omgewingsentrum

19

Die insameling van die data is onder die volgende punte

hanteer:

• Funksionering van omgewingsentrums in Suid-Afrika

• Kenmerke van die Noord-Kaapprovinsie (Upington)

• Profiel oor die plaaslike inwoners

2.2 DIE FUNKSIONERING VAN OMGEWINGSENTRUMS IN

SUID-AFRIKA

Om te bepaal of 'n omgewingsentrum as omgewingsbestuurs-

inisiatief in die Noord-Kaapprovinsie kan realiseer, is die

volgende inligting oor bestaande omgewingsinstellings en

–programme ingesamel:

• tipes bedryfsaktiwiteite van die instellings,

• betrokkenheid van verskillende rolspelers by die sentra,

• omgewingsbestuursbeginsels wat binne 'n omgewingsentrum

aangespreek word, en

• omgewingsvraagstukke wat aangespreek moet word.

Sekondêre bronne, soos boeke, tydskrifte, foto's en kaarte,

is met die insameling van data gebruik. Primêre inwinning

van data het deur middel van besoeke aan die gebied geskied.

Onderhoude is met kundiges op verskillende vlakke gevoer.

Waardevolle inligting wat nie in konvensionele bronne

aangedui word nie is so bekom.

Data van 44 natuursentrums en/of parke is oor 'n tydperk van

vyf jaar ingesamel. Sommige van die sentrums staan in gewone

Page 4: HOOFSTUK 2 Die funksionering van 'n omgewingsentrum

20

omgangstaal nie as omgewingsentrums bekend nie. Hulle is

meer bekend as nasionale parke, gemeenskapsentrums,

natuurskole, avontuursentrums, inligtingsentrums en

omgewingsprojekte. Inligting bestaan in sommige gevalle nie

in geskrewe boekvorm nie en is slegs in brosjures

beskikbaar. Dit bevat egter belangrike inligting oor die

visie en missie van die betrokke sentra en is deur die

navorser as waardevol beskou.

Inligting is aan die hand van die volgende vrae, wat as

riglyne gedien het, ingewin:

• Wat is die vertrekpunt van 'n bepaalde omgewingsentrum?

• Wat is die sentrum se uiteindelike doel?

• Wat was die ontstaansrede vir die sentrum?

• Watter programme word deur die sentrum aangebied?

• Hoe word fondse gegenereer?

• Hoe sien die personeelsterkte en personeelopleiding

daaruit?

• Bestaan daar terugvoeringsprosedures van individue wat

die sentrum besoek het?

• Het die sentrum oor jare 'n verandering ondergaan?

• Watter omgewingsbeginsels word deur die sentrum vanuit 'n

omgewingsperspektief nagestreef?

Op grond van die verkreë antwoorde is die sentra in drie

verskillende kategorieë geplaas. Hierdie kategorieë is

saamgestel deur die ouderdom, doel, teikengroepe,

programmatuur sowel as bemarkingseffektiwiteit as kriteria

te gebruik.

Page 5: HOOFSTUK 2 Die funksionering van 'n omgewingsentrum

21

Dit het gelei tot die indeling in drie basiese groepe,

naamlik:

• 'n kategorie een-instelling

• 'n kategorie twee-instelling en

• 'n kategorie drie-instelling.

2.2.1 KATEGORIE EEN-INSTELLING

Sentra wat onder hierdie groep sorteer het baie onlangs

(ongeveer 5 jaar oud) gerealiseer. Die groep vertoon

kenmerke soos:

ONTSTAANSREDE - om basiese behoeftes aan te spreek

- ‘n vorm van inkomste vir die inwoners te

genereer

- ontwikkelling van vaardighede sodat inwoners

hulself kan bemagtig

DOEL VAN DIE SENTRA

Alle moontlike belangstelling word ontlok om

instandhouding van natuurlike hulpbronne te

verseker en om die kwaliteit van lewe van alle

inwoners te verbeter

TEIKENGROEP

Alle inwoners, ongeag hul vlak van geletterdheid

Page 6: HOOFSTUK 2 Die funksionering van 'n omgewingsentrum

22

AKTIWITEITE/PROGRAMME

Programme word aangebied om bewusmaking oor

omgewingsvraagstukke aan te wakker

PERSONEELSTERKTE EN

-OPLEIDING

Min permanente werkers met heelwat tydelike

werkers. Opleiding word verskaf soos die behoefte

ontstaan

GENEREER VAN FONDSE

Fondse word bewillig deur betrokkenes in die

omgewing, soos inwoners, boere, formele sektore

soos banke, nie-regeringsorganisasies en donasies.

Kompetisies, aktiwiteite soos karnavalle ens. word

geloods om fondse te in. Sommige buitelandse

groepe belê ook in sentrums.

VOORBEELDE VAN SODANIGE

SENTRUMS

- Bethel Gemeenskapsentrum

- Schoemansdal Omgewingsentrum

- Borakalalo Park

- Wildlewe Navorsingsentrum, Pelindaba.

2.2.2 KATEGORIE TWEE-INSTELLING

Sentra wat onder hierdie groep sorteer vertoon 'n ryke

geskiedenis van omgewingsbetrokkenheid. Die groep bied ook

'n wye verskeidenheid aktiwiteite aan. Dit word soos volg

saamgevat:

Uit bogenoemde word die volgende sake beklemtoon:

Page 7: HOOFSTUK 2 Die funksionering van 'n omgewingsentrum

23

Page 8: HOOFSTUK 2 Die funksionering van 'n omgewingsentrum

24

Page 9: HOOFSTUK 2 Die funksionering van 'n omgewingsentrum

25

Page 10: HOOFSTUK 2 Die funksionering van 'n omgewingsentrum

26

Page 11: HOOFSTUK 2 Die funksionering van 'n omgewingsentrum

27

Page 12: HOOFSTUK 2 Die funksionering van 'n omgewingsentrum

28

Uit bogenoemde word die volgende sake beklemtoon:

• Alle omgewingsinstellings het onstaan weens 'n

spesiefieke rede, wat op bepaalde behoeftes in die

omgewing gebaseer is. Mettertyd het die aktiwiteite en

ontwikkeling van sentra 'n rimpeleffek getoon: groei het

plaasgevind, verdere ontwikkeling is gestimuleer en

groter uitbreiding het plaasgevind. Alle sentra het

'groeipyne' ondervind, maar tyd en betrokkenheid was

deurgaans die deurslaggewende faktor vir sukses.

• Al bogenoemde sentra se aktiwiteite sluit nou by die

doelwitte van die plaaslike, nasionale en internasionale

omgewingsbeleide aan. Sodoende word verseker dat wette,

beleide, prosedures en programme in ooreenstemming met

wêreldstandaarde is. Doelwitte word voortdurend hierby

aangepas om volhoubare ontwikkelingsmetodes toe te pas en

daarvolgens te leef. Daar word inderdaad na 'n balans

tussen menslike behoeftes en die behoeftes van die

omgewing gestreef.

• Die sentra onderskryf die UNESCO (1989:7) doelwit oor

omgewingsvraagstukke '… aims to foster clear awareness of

and concern about economic, social, political and

ecological interdependence in urban and rural areas, to

produce every person with opportunities to acquire the

knowledge, values, attitudes, commitment and skills

needed to protect and improve the environment and to

create new patterns of behaviour of individuals, groups

and society as a whole towards the environment'.

Page 13: HOOFSTUK 2 Die funksionering van 'n omgewingsentrum

29

• Kultuurbetrokkenheid word nie misken nie. Dit bevestig

die siening van Saveland (1976:197) wat beweer dat ‘…

According to the law of creativity, each child sees

himself as an individual different from all others. The

goal of education is not to achieve an acceptable mean,

or to level the differences; on the contrary, diversity

constitutes a richness to be encouraged'.

• Omgewingsinstellings word normaalweg bedryf as 'n

Maatskappy 21-instelling. 'n Raad van verteenwoordigers

vorm die topbestuur. Hierdie raad verteenwoordig

verskillende vlakke in die samelewing, soos

universiteite, formele sektore, ekonome, regslui en

diegene wat 'n opregte omgewingsbelangstelling toon.

Inligting ingewin rakende die veranderinge wat omgewings-

instellings kan ondergaan en die terugvoeringsprosedures wat

bestaan, word kortliks bespreek.

2.2.4 HET SENTRUMS OOR JARE VERANDERINGE ONDERGAAN?

Die antwoord op hierdie vraag is veral gevind onder die ouer

groep omgewingsentrums. Daar was inderdaad 'n verandering

te bespeur. Klem is vroeër jare slegs op omgewingsbewaring,

uitwissing van bedreigde spesies en die aanspreek van

omgewingsvraagstukke gelê sover dit die natuurlike geraak

het.

Nie net het daar 'n verandering ingetree ten opsigte van die

omgewingvisie nie, maar ook ten opsigte van die toeganklik-

Page 14: HOOFSTUK 2 Die funksionering van 'n omgewingsentrum

30

heid van sentrums vir alle inwoners van Suid-Afrika.

Voorheen was dit slegs toeganklik vir 'n groep bevoorregtes.

Ander veranderinge wat navore getree het, is die toenemende

betrokkenheid van inwoners in die gebiede. Klem word ook

op toerisme, bemagtiging van inwoners, gesamentlike

fondsgenerering en die ontwikkeling van kulturele diversi-

teit van alle rolspelers in die betrokke gebied gelê.

Beeton, in Shongwe (1996:75) dui op 'n soortgelyke

bevinding, met '… if we go back to how the Centre started

and got going, originally it was looking purely at nature

and conservation of nature and the programmes offered ten

years ago focused on those two and over time we have moved

to focus more on the broader environment…'.

Die verandering word deur Beeton in Shongwe (1996:75)

verklaar deur die beklemtoning wat tans val op '… educating

our youth of all races…'.

'n Verdere verandering word soos volg beskryf: '… involving

the target group in physical exercises, we require the

individual to perform certain actions personally, which

illustrate the concepts of soil formation, uses of soil,

erosion; water cycle, uses of water, water pollution; food

chains and ecology, land pollution, water pollution, over

stocking of land, uses of resources, land use practises…’

(Gold Fields Programme Outline, 1990:5).

Ivan Yaholnitsky was een van die stigterslede van die Bethel

'Business and Community Centre' en het met 'n paar

hulpbronne in 'n verafgeleë gebied, te midde van

grootskaalse omgewingsagteruitgang en armoede, groot sukses

Page 15: HOOFSTUK 2 Die funksionering van 'n omgewingsentrum

31

behaal, deurdat hy die gemeenskap by hul omgewing betrek

het.

Advies vir die oprigting van omgewingsentrums1 kan soos volg

saamgevat word:

• 'the secret is to start small and to persevere

• the community should be involved at every step along the

way so that the end result belong to them and not to

outside funders'.

Bogenoemde stellings beklemtoon dat omgewingsinstellings

groei en verander net soos die gemeenksap se behoeftes

verander.

Daar bestaan terugvoeringsprosedures by die omgewings-

instellings. Dit word aangewend om voortdurende behoefte-

bepaling en aanpassings te maak om die effektiwiteit van die

instellings te bevorder.

Elke sentrum het 'n eie manier ontwikkel waarin terugvoering

oor 'n afgelope besoek, kursus, konferensie en/of

bemagtiging gegee kan word. Sommige verslae word deur die

groepe as geheel voltooi ander weer deur die individu.

Sommige sentrums nooi besoekers uit om hul besoeke in die

vorm van sketse, kompetisies, inkleurkaarte, modelle of

foto's aan te dui. Negatiewe kommentaar word ook waardeer,

veral omdat dit as aanduiding vir verbetering dien. Hierdie

terugvoering is egter baie subjektief. Daar bestaan baie

min wetenskaplik-gedokumenteerde bevindings oor die

evaluering van sodanige programme.

1 Persoonlike mededeling: D. Beeton. Delta Omgewingsentrum: 1999.

Page 16: HOOFSTUK 2 Die funksionering van 'n omgewingsentrum

32

In wese streef elke sentrum deur eiesoortige program-

aanbiedinge breë omgewingsbeginsels na wat vervolgens genoem

word.

2.2.5 OMGEWINGSBEGINSELS WAT AANDAG GENIET

Verskillende omgewingselemente en hul onderlinge verwant-

skappe vorm die basis van omgewingsopvoeding by die

verskillende sentra. Om die mens toe te rus met kennis,

vaardighede, evalueringsvermoë en betrokkenheid oor

omgewingsake, is die volgende beginsels uit die ingesamelde

data geidentifeseer wat in omgewingsprogramme en –beleide

voorkom:

• Alle lewende en nie-lewende dinge is van mekaar en hul

omgewing interafhanklik.

• Die mens is die grootste faktor wat plant-en-dier en

omgewingsprosesse manipuleer en affekteer.

• Omgewingsbestuur behels die toepassing van kennis oor 'n

wye spektrum dissiplines.

• Omgewingsbestuur het 'n effek op individue en sosiale

instellings.

• Die moderne mens is die grootste beïnvloedingsfaktor van

die strukture in sy omgewing.

• Estetiese hulpbronne en ontspanningsfasiliteite, hetsy

Page 17: HOOFSTUK 2 Die funksionering van 'n omgewingsentrum

33

van ekonomiese of nie-ekonomiese waarde, raak toenemend

in vryetydsbestedingsaktiwiteite belangrik.

• Sosiale en tegnologiese veranderinge kan veranderinge in

verhoudinge, belangrikheid en gebruike van natuurlike

hulpbronne veroorsaak.

• Hulpbronagteruitgang kan vertraag word deur die

ontwikkeling en toepassing van alternatiewes.

• Die mens se behoefte aan voedsel, minerale en brandstof

verhoog sodra die bevolkingsgroei verhoog, wat gevolglik

druk op die natuurlike hulpbronne verhoog.

• Bestuur berus op tegniese en wetenskaplike navorsing wat

toegepas word om 'n bepaalde doelwit te bereik.

• Die bestuur van hulpbronne is direk aan die kultuur

verbind.

• Nageslagte en toekomstige generasies moet steeds van die

bestaande bronne kan gebruik maak.

• 'n Groot verskeidenheid institusionele strukture is by

beplanning en bestuur van die omgewing betrokke.

• Beskikbare vervoer, verhoogde belangstelling, voldoende

fondse en verhoogde ontspanningstyd plaas groot druk op

bestaande ontspanningsfasiliteite en vereistes ontstaan

dus vir nuwes.

Page 18: HOOFSTUK 2 Die funksionering van 'n omgewingsentrum

34

• Buitelug-ontspanning is 'n toenemende belangrike deel

van die mens se kultuur en die ekonomie.

• Die ekonomie van 'n streek hang af van die gebruik van sy

natuurlike, menslike- en kulturele hulpbronne en

tegnologie oor 'n lang periode.

• Ekonomiese bemagtiging en effektiwiteit eindig nie

noodwendig in die bewaring van die natuurlike hulpbron

nie.

• Individue is geneig om eerder korttermyn ekonomiese

winste te selekteer en nie die duurder langtermyn

omgewingsvoordele nie.

• Die keuse tussen die behoeftes en begeertes is dikwels in

konflik met mekaar (Saveland, 1976; Fuggle & Rabie,

1996).

• Aanvraag en voorsiening in ooreenstemming met die waardes

wat deur 'n gemeenskap gehandhaaf word, bepaal wat as 'n

hulpbron beskou word, en watter ekonomiese waarde daaraan

geheg word.

• Natuurlike hulpbronne is interafhanklik en die gebruik of

misbruik van 'n hulpbron sal 'n ander beïnvloed.

• Hernieubare hulpbronne as basis kan verleng word deur

hersirkulering, hernude groei en effektiewe bestuur.

Page 19: HOOFSTUK 2 Die funksionering van 'n omgewingsentrum

35

• Natuurlike hulpbronne word geaffekteer deur en affekteer

dan die materiële welvaart van 'n gemeenskap; so ook

word die natuurlike hulpbron direk of indirek geraak

deur filosofie, godsdiens, regeringsbeleid en die kunste.

Bogenoemde beginsels word in programme implementeer om mense

toe te rus sodat hulle op verskillende vlakke en terreine

kan funksioneer in hul verskeie omgewings. Hierdeur word

gepoog om 'n bevolking te ontwikkel wat bewus is van en

besorgd is oor die omgewing en sy verwante probleme en om

individue toe te rus om oplossings vir huidige probleme te

vind.

2.3 SAMEVATTING

'n Omgewingsentrum streef daarna om gedragsverandering,

waardeverandering, insigverandering en denkverandering by

verskillende rolspelers te bewerkstellig: by die

professionele sowel as gewone lede van 'n gemeenskap.

Om hierdie strewe te verwerklik word 'n basiese 'plan van

aksie' geloots. 'n Baie eenvoudige plan kan die volgende

praktiese stappe inhou:

- elke lid van die gemeenskap word op een of ander wyse met

deelname aan 'n aktiwiteit gekonfronteer;

- besorgdheid is die volgende stap: hierdie aksie moet die

individu so aanspreek dat dit diepe besorgdheid

veroorsaak vir òf die natuur, òf die mens òf beide;

Page 20: HOOFSTUK 2 Die funksionering van 'n omgewingsentrum

36

- hierna moet daar tot aksie oorgegaan word. Hierdie aksie

geskied nie lukraak of onwillekeurig nie. Dit word in

samehang met ander aktiwiteite en doelwitte gerealiseer.

Dit word in balans met inhoud, vaardighede, tegnieke en

beskikbare hulpbronne uitgebou.

Die missie, doelwitte, programme, teikengroepe en beskikbare

personeel word so aangewend dat dit uiteindelik tot

volwassenheid oor omgewingsake lei. Op hierdie wyse word

individue bemagtig. Hierdie bemagtiging kan ook op

verskillende vlakke en in diepte verskil, dit kan vergelyk

word met 'n kursus oor 'n aantal jare. Sodra daar van die

basiese wegbeweeg word, word daar na die intermediêre en dan

na die gevorderde inhoude, gevorder.

Dit word gedoen sodat:

- alle miskonsepsies wat individue oor mekaar se kulture

het uit die weg geruim word,

- inligting oor die staat waarin die gemeenskap verkeer

uitgeruil kan word;

- die gemeenskap hulself in oënskou met die wêreld kan sien

en oriënteer, en

- kultuur as die manier waarop die mens hul op die aarde

organiseer om 'n bepaalde bestaanswyse te voer, gesien

kan word.

'n Omgewingsentrum vervul die funksie waarin mense bymekaar

gebring word – mense uit verskillende kulture, milieu's en

agtergronde, hetsy plaaslik, nasionaal of internasionaal.

Page 21: HOOFSTUK 2 Die funksionering van 'n omgewingsentrum

37

In hierdie hoofstuk is die funksionering van

omgewingsinstellings ondersoek. Elke instelling het die

behoeftes van die onmiddellike gemeenskap op die hart. Net

soos die gemeenskap ontwikkel en verander, verander die

instelling sy doel en doelwitte. Die uiteindelike doel wat

nagestreef word is om gedragsverandering by die individu te

bewerkstellig, sodat dit in verantwoordelike optrede sal

resulteer. Op hierdie wyse word individue bemagtig.

'n Omgewingsentrum kan samevattend opgesom word as 'n medium

wat gebruik word om alle hulpbronne deur die 'bril' van 'n

totaliteitsbenadering te bevorder.

Page 22: HOOFSTUK 2 Die funksionering van 'n omgewingsentrum

38