12
1 Hoërskool Roodepoort Afrikaans Huistaal Graad 11 Begripstoets Opdrag: Lees die volgende artikel oor die Coronavirus uit die Huisgenoot van 19 Maart 2020 deur en beantwoord al die vrae in die Taalleer-afdeling van jou skrif. Lees die vrae twee keer en onderstreep eers die kernwoorde/sleutelwoorde voor jy die vrae beantwoord. Leesstuk:

Hoërskool Roodepoortintervention.roodie.co.za/assets/files/Grade11AfrHTW1t7.pdf · Vrae: 1.) Kyk weer na die titel en bepaal wat word deur die titel geïmpliseer. 1.1) Wie is die

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Hoërskool Roodepoortintervention.roodie.co.za/assets/files/Grade11AfrHTW1t7.pdf · Vrae: 1.) Kyk weer na die titel en bepaal wat word deur die titel geïmpliseer. 1.1) Wie is die

1

Hoërskool Roodepoort Afrikaans Huistaal

Graad 11 Begripstoets

Opdrag:

Lees die volgende artikel oor die Coronavirus uit die Huisgenoot van 19 Maart 2020 deur en

beantwoord al die vrae in die Taalleer-afdeling van jou skrif. Lees die vrae twee keer en

onderstreep eers die kernwoorde/sleutelwoorde voor jy die vrae beantwoord.

Leesstuk:

Page 2: Hoërskool Roodepoortintervention.roodie.co.za/assets/files/Grade11AfrHTW1t7.pdf · Vrae: 1.) Kyk weer na die titel en bepaal wat word deur die titel geïmpliseer. 1.1) Wie is die

2

Vrae:

1.) Wat word deur die titel van die leesstuk geïmpliseer? (2)

2.) Skryf ‘n enkele woord uit die titel sowel as die subtitle neer wat aandui

dat chaos gaan volg na die virus versprei het. (2)

3.) Is die vraagsin in die subtitel funksioneel? Motiveer jou antwoord. (1)

4.) Verbeter ‘n woord in die subtitel wat na aanleiding van volksetimologie ontstaan

het. (1)

5.) Watter enkele woord in paragraaf 1 sluit by “Harwar” in die titel aan? (1)

6.) Verduidelik in jou eie woorde wat dit beteken as die virus “ander nuus van die

voorblaaie verdring” het. (par. 1) (2)

7.) COVID-19 is (volgens par. 1) ‘n virale siekte. Doen navorsing en dui aan wat die

verskil tussen ‘n virale infeksie en ‘n bakteriële infeksie is. (2)

8.) Slaan in die woordeboek na wat die verskil tussen ‘n epidemie en ‘n pandemie

(par. 7) is. (2)

9.) Skryf nou twee frases uit par. 1 neer wat bevestig dat die virus ‘n pandemie

veroorsaak het. (1)

10.) Is die volgende stelling ‘n feit of ‘n mening? Motiveer jou antwoord met

‘n woord uit par. 2.

Die virus het sy oorsprong by ‘n dieremark in Wuhan, China gehad. (2)

11.) Is die stelling in paragraaf 3 geloofwaardig of nie? Motiveer jou antwoord. (1)

12.) Na watter “skrikwekkende beeldmateriaal” word in par. 4 verwys? (1)

13.) Waarmee word die virus in par. 5 vergelyk?

Verduidelik in jou eie woorde die betekenis van die vergelyking. (3)

14.) Skryf drie kontraste na aanleiding van par. 5 neer. (3)

15.) Hou die virus net ‘n gesondheidsrisiko in? Motiveer jou antwoord. (par. 6) (1)

16.) “Die wêreld steier” (par. 8)

Moet die subopskrif denotatief of konnotatief geïterpreteer word? Verduidelik

hoekom jy so sê. Skryf ook ‘n frase uit paragraaf 7 neer wat by die subopskrif

aansluit. (3)

17.) Verklaar waarvoor die akroniem COVID-19 staan. (1)

18.) Is die Coronavirus en griep soortgelyk? Motiveer jou antwoord volledig.

(par. 8 – 9). (2)

Page 3: Hoërskool Roodepoortintervention.roodie.co.za/assets/files/Grade11AfrHTW1t7.pdf · Vrae: 1.) Kyk weer na die titel en bepaal wat word deur die titel geïmpliseer. 1.1) Wie is die

3

19.) Wat glo kenners gaan gebeur, nadat hulle statistieke van die

wêreldgesondheidorganisasie bestuur het? (par. 9 – 10) (1)

20.) Hoe hoop wetenskaplikes om die virus “onder bedwang” te bring? (par 10 – 12) (1)

21.) Is die inligting in die leesstuk aktueel en universeel? Motiveer jou antwoord. (2)

__

TOTAAL: 35

EN

Bestudeer die onderstaande “advertensie/spotprent” en beantwoord die vrae.

1.) Waarmee word ons lewe in dié advertensie vergelyk? (1)

2.) Wie is die twee hoofkarakters? (2)

3.) Watter visuele aanduidings in die “spotprent” suggereer dat daar spanning

gaan wees? (1)

4.) Na watter spesifieke gebeurtenis word verwys? (1)

5.) Gee die suiwer Afrikaanse woord vir “Lockdown”. (1)

_

TOTAAL: 5

Page 4: Hoërskool Roodepoortintervention.roodie.co.za/assets/files/Grade11AfrHTW1t7.pdf · Vrae: 1.) Kyk weer na die titel en bepaal wat word deur die titel geïmpliseer. 1.1) Wie is die

1

Hoërskool Roodepoort Afrikaans Huistaal

Graad 11 Taalleer

Opdrag:

Lees die leesstuk “Hoekom die paniek?” en beantwoord al die vrae in die Taalleer-afdeling van jou

skrif. (AS jy van die vrae nie kan beatwoord nie, lees eers agter in jou Afrikaanse Taalhandboek

weer op wat die betrokke begrippe beteken.)

Leesstuk:

Page 5: Hoërskool Roodepoortintervention.roodie.co.za/assets/files/Grade11AfrHTW1t7.pdf · Vrae: 1.) Kyk weer na die titel en bepaal wat word deur die titel geïmpliseer. 1.1) Wie is die

2

Vrae:

1.) Gee ‘n sinoniem vir “paniek”. (r. 1) (1)

2.) In reël 2 word na die oortreffende trap “meeste” verwys.

Wat is die stellende trap van “meeste”? (1)

3.) “COVID-19” is ‘n AKRONIEM wat in ons taal onstaan het. (r.3)

Verduidelik nou wat is ‘n AKRONIEM en waarvoor staan “COVID-19”. (2)

4.) Wat is die basis van die woord “droë” (r.3)? (1)

5.) Dui aan of die volgende woorde ‘n afleiding, samestelling of samestellende

afleiding is:

5.1) loopneus (r. 4)

5.2) simptome (r. 5)

5.3) longontstekking (r. 11) (3)

6.) Neem die kern van die woord “loopneus” (r. 4) en vorm ‘n nuwe samestelling

waarin dié kern as ‘n bepaler optree. (1)

7.) Onderstreep die verbindingsklank in die woord “sterftesyfer” (r. 20). (1)

8.) Skryf die infinitief in reël 7 – 8 neer. (1)

9.) Benoem die tipe sin wat in reël 9 gebruik is volledig. (1)

10.) Watter klankverskynsel kom voor:

10.1) as “party” (r. 10) uitgespreek word as “perty”?

10.2) as “reageer” (r. 12) uitgespreek word as “regeer”?

10.3) “akute” (r. 13) uitgespreek word as “akiete”?

10.4) “persent” (r. 24) uitgespreek word as “present”? (4)

11.) ‘n Intensiewe vorm kom in r. 11 voor. Gee nou die intensiewe vorme van:

11.1) belangrik

11.2) wyd

11.3) dood (3)

12.) Skryf ‘n bywoord van tyd uit reël 16 neer. (1)

13.) Is “beskikbare” (r. 19) ‘n attributiewe – of predikatiewe byvoeglike naamwoord? (1)

14.) Skryf al die werkwoorde van die saamgestelde sin in r. 19 – 22 neer. (3)

15.) Watter woordsoort is “dié” (r. 21)? (1)

16.) Verduidelik die betekenis van “seisoenale griep” (r. 21). (2)

17.) Watter sinswyse kom voor in die sin in r. 23 – 26? (1)

Page 6: Hoërskool Roodepoortintervention.roodie.co.za/assets/files/Grade11AfrHTW1t7.pdf · Vrae: 1.) Kyk weer na die titel en bepaal wat word deur die titel geïmpliseer. 1.1) Wie is die

3

18.) Skryf die teken % (r. 25) in woorde. (1)

19.) Hoekom word COVID-19 met ‘n koppelteken gespel? (1)

__ TOTAAL: 30

Page 7: Hoërskool Roodepoortintervention.roodie.co.za/assets/files/Grade11AfrHTW1t7.pdf · Vrae: 1.) Kyk weer na die titel en bepaal wat word deur die titel geïmpliseer. 1.1) Wie is die

Roman “Droomdelwers”

Opdrag: Skryf ‘n letterkundige opstel van ±400-450 woorde in die roman-afdeling van jou boek. (Die kernwoorde en inligting wat jy nodig het om die onderstaande opstel te skryf, is reeds in jou skrif van klastransparante afgeskryf.) Letterkunde – opstel: In die roman DROOMDELWERS word die tema van die verhaal reeds in die titel geïmpliseer en daarna word die verhaal deur twee vertellers aan die leser oorgedra. Bespreek die stelling in 400-450 woorde deur die titel (letterlik en figuurlik) te verklaar na aanleiding van gebeure in die verhaal, die tema aan te dui en ook te verduidelik deur watter twee vertellers die verhaal vertel word. (25) Instruksies:

• Onthou dat elke stelling deur ‘n bewys of aanhaling of verduideliking opgevolg moet word.

• Onthou ook dat die inleidende-en slotparagraaf by bostaande stelling (opdrag) moet aansluit.

TOTAAL: 25

Page 8: Hoërskool Roodepoortintervention.roodie.co.za/assets/files/Grade11AfrHTW1t7.pdf · Vrae: 1.) Kyk weer na die titel en bepaal wat word deur die titel geïmpliseer. 1.1) Wie is die

Ou Mieta se Gebed

Aai my Jirre, dis alweer ek ,ou Mieta Ja my Jirre, hier sit ek nou sonder geld, handjies gevou, all dressed up and nowhere to go... My Jirrie, op tv het ek gesien hoe mister President praat, en hier sit ou Mieta nou, en wag vir haar geldjie van die Staat... Ek kla nie my Jirre, ek wag maar hier in my huis, die neighbours sê dat die rakke leegloop, almal gryp,sanitizer, toiletpaper en vleis... Ek was maar my hanne met sunlight soap, en weet met die Jirre se genare dat ou Mieta sal cope... Die virus maak siek en dood maar Jirre,ou Mieta bly bid, en vra die Jirre om Sy seën op ons almal te sit.... Jirre, ou Mieta kan nie werk nie, want sy moet nou tuis bly, en so in die stilte wonner ou Mieta hoe sy die rent betaal gaan kry... Jirre, almal gaan suffer, die duiwel is los.... party bid vir die Jirre, ander worry net oor kos... Jirre, ou Mieta kla nie U ken mos haar hart, maar Jirre U weet ou Mieta worry vanaand oor die mense op straat... Jirre, ou Mieta bid nou sy vra, hou almal gesond... want die dood is n swaar ding, dit los n ongeneeslike wond... Ou Mieta vra nou net Jirre, genare vir ons Land, en vra vir die mense, bring nou ook julle kant.... want al hoe ons die ding stop gaan sit.... Is om in ons huise te bly, en vir ons Jirre te bid…

Page 9: Hoërskool Roodepoortintervention.roodie.co.za/assets/files/Grade11AfrHTW1t7.pdf · Vrae: 1.) Kyk weer na die titel en bepaal wat word deur die titel geïmpliseer. 1.1) Wie is die

Vrae:

1.) Kyk weer na die titel en bepaal wat word deur die titel geïmpliseer. 1.1) Wie is die spreker? (1) 1.2) Watter vorm weet jy gaan die gedig aanneem? (1) 1.3) Met wie praat ou Mieta? (Met ander woorde wie is die aangesprokene?) (1)

2.) In strofe 1 verwys ou Mieta drie keer na die Here as “my Jirre”.

2.1) Watter uitheffings tegniek is dus gebruik om mee te beklemtoon? (1) 2.2) Wat word met die besitlike voornaamwoord “my” beklemtoon? Kies slegs een korrekte antwoord:

a) Dit beklemtoon dat Mieta die Here deel van haar lewe gemaak het. b) Dit beklemtoon dat Mieta ongeletterd is en nie Here se naam kan

kan spel nie. c) Dit beklemtoon dat Mieta ongelowig is. (1)

3.) “dis alweer ek” (r. 1)

Wat lei jy uit die woord “alweer” af? (1)

4.) Spreek jou uit oor die woordgebruik in die gedig. (Met ander woorde hoekom word woorde soos die volgende gebruik: “Jirre”, “hanne”, “wanner”?) (1)

5.) Pla die gebruik van die Engelse woorde jou in die gedig? Motiveer jou antwoord. (2)

6.) Wat word ‘n strofe van agt reëls genoem? (strofe 1-3) (1)

7.) Verduidelik hoekom die gedig eienskappe van ‘n VRYE VERS (praatpoësie) vertoon. (2)

8.) Hoekom het sy “nowhere to go” (r.4)? Verduidelik volledig. (3)

9.) Is die ellips aan die einde van r.4 funksioneel? Motiveer jou antwoord. (2)

10.) Watter karaktereienskappe van Mieta kom na vore in: 10.1) reël 9 en reël 29 10.2) reël 31 – 32? (2)

11.) Gee die standaard Afrikaans van die volgende woorde: 11.1) “neighbours” (strofe 2) 11.2) “suffer” (strofe 4) 11.3) “worry” (store 4) (3)

12.) Mense reageer verskillend op die moeilike situasie.

Dui ‘n kontras in strofe 4 aan van hoe mense verskillend (kontrasterend) optree. (2)

13.) “die dood… los ‘n ongeneeslike wond” (strofe 5) 13.1) Is “die wond” ‘n letterlike – (denotatiewe-) of ‘n figuurlike- (konnotatiewe-) “wond”? (1) 13.2) Hoekom dink jy is die “wond” “ongeneeslik”? (1)

Page 10: Hoërskool Roodepoortintervention.roodie.co.za/assets/files/Grade11AfrHTW1t7.pdf · Vrae: 1.) Kyk weer na die titel en bepaal wat word deur die titel geïmpliseer. 1.1) Wie is die

14.) Volgens Mieta, hoe gaan ons die situasie oorleef? (2)

15.) Kan jy identifiseer met die gebeure in Mieta se gebed? Motiveer jou antwoord volledig. (2) ___ Totaal: (30)

Page 11: Hoërskool Roodepoortintervention.roodie.co.za/assets/files/Grade11AfrHTW1t7.pdf · Vrae: 1.) Kyk weer na die titel en bepaal wat word deur die titel geïmpliseer. 1.1) Wie is die

Afrikaans Stelwerk

Assesseringstaak 5: Skryf ‘n beredenerende/argumenterende opstel van ± 350 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe:

1. EK IS DAPPER!

(50)

of

2.

WURGGREEP WAT VERLAM (Is jy of die wêreld dalk in ‘n wurggreep wat julle verlam?)

(50)

of

3. ‘n BOER MAAK ‘n PLAN

(50)

of

4. AKADEMIE IS NIE ALLES NIE

(Wat gee alles sin aan jou lewe?) (50)

Jy hoef slegs die rofwerk van die bostaande opstel in jou stelwerk-afdeling van jou boek te skryf.

Page 12: Hoërskool Roodepoortintervention.roodie.co.za/assets/files/Grade11AfrHTW1t7.pdf · Vrae: 1.) Kyk weer na die titel en bepaal wat word deur die titel geïmpliseer. 1.1) Wie is die

Afrikaans Mondeling

Assesseringstake 3 en 6: Vir jou mondelinge eksamenpunte moet jy asseblief die volgende voorberei. (Dit sal die eerste tot die derde dag wat ons mekaar weer sien, bepunt word. Dit is dus BAIE BELANGRIK dat jy sal voorberei.)

• Voorbereide Lees Berei enige bladsy in “Droomdelwers” voor om hardop voor te lees. (Vrae oor die betrokke bladsy sal aan jou gevra word om te bepaal of jy die inhoud verstaan het.) (10)

• Voorbereide Toespraak Skryf die volgende toespraak rofwerk in jou stelwerk-afdeling van jou boek en dra die kerngedagtes dan oor op kaartjies. Doen navorsing oor ‘n indrukwekkende persoon se lewe en kom stel die persoon aan die klas/juffrou (deur middel van ‘n toespraak) voor. Dit moet ‘n besondere, unieke mens wees wat op ‘n sekere terrein in die lewe ‘n groot verskil gemaak het. (Dit kan dus nie ‘n familielid of vriend wees nie). (Lengte van toespraak: 3 minute / 3 bladsye lank) (15)