36
DEPARTEMENT VAN LANDBOU STD. No. G-11 WET OP LANDBOUPRODUKSTANDAARDE, 1990 (WET No. 119 VAN 1990) STANDAARDE EN VEREISTES BETREFFENDE BEHEER OOR DIE UITVOER VAN PEULGEWASSADE Die Uitvoerende Beampte: Landbouprodukstandaarde het kragtens artikel 4(3)(a)(ii) van die Wet op Landbouprodukstandaarde, 1990 (Wet No. 119 van 1990), die standaarde betreffende die gehalte van peulgewassade en die vereistes betreffende die verpakking, merk en etikettering daarvan vasgestel.

KONSEP · Web viewTerwyl daar gesif word, moet die sif op so 'n wyse hanteer word dat die materiaal op die metaalgaasboom oor die hele oppervlak van die sif beweeg. (iii) Bepaal die

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

KONSEP

DEPARTEMENT VAN LANDBOU

STD. No. G-11

WET OP LANDBOUPRODUKSTANDAARDE, 1990 (WET No. 119 VAN 1990)

STANDAARDE EN VEREISTES BETREFFENDE BEHEER OOR

DIE UITVOER VAN PEULGEWASSADE

Die Uitvoerende Beampte: Landbouprodukstandaarde het kragtens artikel 4(3)(a)(ii) van die Wet op Landbouprodukstandaarde, 1990 (Wet No. 119 van 1990), die standaarde betreffende die gehalte van peulgewassade en die vereistes betreffende die verpakking, merk en etikettering daarvan vasgestel.

STD. No. G-11

STANDAARDE EN VEREISTES BETREFFENDE BEHEER OOR DIE UITVOER

VAN PEULGEWASSADE SOOS VASGESTEL BY GOEWERMENTSKENNISGEWING No. R. 1983 VAN 23 AUGUSTUS 1991

Vasstelling

1.No. 521 van 23 Junie 1995

Wysiging

1.No. 1081 van 18 Augustus 2006

2.No. 1265 van 12 October 2007

INHOUD

Items

Bladsynommers

Woordomskrywing

1

4 - 6

Bestek

2

7

Vereistes vir goedkeuring

3

7 - 8

Gehaltestandaarde

4 - 6

9 - 10

Vereistes vir houers

7

11

Verpakkingsvereistes

8

12

Merkvereistes

9 - 10

13

Monsterneming

11 - 1314 - 15

Ondersoekmetodes

14 - 2116 - 20

Vertolking van resultate

22

21

Aanhangsel22 - 26

Woordomskrywing

1.In hierdie standaarde en vereistes, tensy uit die samehang anders blyk, het enige woord of uitdrukking waaraan 'n betekenis in die Wet geheg is, daardie betekenis en beteken --

"ander graan" met betrekking tot sojabone, die korrels of stukkies korrels van koring, gars, hawer, triticale, mielies, rog en sorghum;

"besending" –

(a)'n hoeveelheid peulgewassade van dieselfde klas, wat aan dieselfde eienaar behoort, wat op ‘n bepaalde tydstip afgelewer word onder dekking van dieselfde vragbrief, afleweringsbrief of ontvangsbewys, of gelewer word deur dieselfde voertuig of losmaathouer, of wat uit dieselfde buis van ‘n graansuier of ‘n skeepsruim gelaai word; of

(b)in die geval waar ‘n hoeveelheid in paragraaf (a) bedoel, ingedeel is in verskilllende grade, elke sodanige hoeveelhede van elk van die verskillende grade;

"chemiese residu's" residu's van landboumiddels wat ingevolge die Wet op Misstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels en Veemiddels, 1947 (Wet No. 36 van 1947), toelaatbaar is vir die behandeling van peste en siektes en wat nie die voorgeskrewe maksimum residuperk oorskry nie;

"die Wet" die Wet op Landbouprodukstandaarde, 1990 (Wet No. 119 van 1990);

"gebrekkig", met betrekking tot gesplete erte, gedeeltes van ertpitte wat duidelik deur insekte of deur uitwendige vog beskadig, of wat andersins beskadig of verkleur is;

"gebrekkige sade" sade wat met grond, steenkoolstof of rook besoedel is en sade wat --

(a)verskrompel is;

(b)uitgeloop is;

(c)grebreekte saadhuide het;

(d)deur insekte gevreet, geboor of andersins beskadig is; of

(e)deur ryp, hitte, vog, siekte, swamme of op 'n ander wyse insluitende plantsiektes beskadig, gevlek, gestippel of verkleur is;

(f)met betrekking tot sojabone, 'n duidelike onvolwasse vorm het of wat met 'n witterige membraan bedek is of waarvan die saadhuid 'n groen verkleuring toon;

(g)met betrekking tot sojabone, wanneer die testa verwyder word, verkleuring toon, uitgesonderd groen verkleuring: Met dien verstande dat sojabone wat in die groen peulstadium deur insekte beskadig is en waarvan die verkleuring as gevolg van die beskadiging nie groter as die helfte van die oppervlak van die sojabone is nie, nie geag sal word as gebrekkig nie.

"gesplete erte" die produk wat verkry is deur 'n maalproses waardeur die sade in twee afsonderlike lobbe verdeel en waarvan die saadhuid verwyder word;

“giftige sade” sade of gedeeltes van sade van plantspesies wat volgens die Wet op Voedingsmiddels, Skoonheidsmiddels en Ontsmettingsmiddels, 1972 (Wet No. 54 van 1972), ‘n risiko vir menslike of dierelike gesondheid kan inhou indien dit verbruik word, insluitende sade van Argemone mexicana L., Convolvulus spp., Crotalaria spp., Datura spp., Ipomoea spp., Lolium temulentum, Ricinus communis of Xanthium spp.;

“houer” ‘n sak of ‘n losmaathouer;

"insek" enige lewende insek wat skadelik vir opgebergde peulgewassade is, ongeag die stadium van ontwikkeling van die insek;

"inspekteur" die Uitvoerende Beampte of 'n beampte onder sy of haar beheer of 'n gemagtigde of 'n werknemer van 'n gemagtigde;

“losmaathouer” enige vervoermiddel of houer waarin losmaat peulgewassade vervoer of gestoor word;

"nat peule" alle heel of beskadigde sojaboonpeule met 'n vogpersentasie hoër as die toegelate vogpersentasie;

"ongedorste peule" peule of gedeeltes van peule waarvan die sade nog nie verwyder is nie;

"peule" alle heel of beskadigde sojaboonpeule;

"peulgewassade" die gedorste sade van sojabone (Glycine max), fluweelbone (Mucuna deeringianum), swaardbone (Canavalia ensiformis, C. gladiata), akkerbone (Vigna unguiculata), erte (Pisum sativum), lensies (Lens culinaris), dwergerte of mungbone (Cicer arietinum of Vigna radiata) en lupine (Lupinus spp.), maar uitgesonderd enige peulgewassade bestem vir plantdoeleindes;

"sade van 'n ander soort" sade wat nie tuishoort onder die tipe saad waaronder die betrokke soort peulgewassaad bekend staan nie en sluit in sade van ander verboude gewasse;

“sak” ‘n sak vervaardig van –

(a)jute of phormium of ‘n mengsel van jute en phormium; of

(b)polipropileen wat voldoen aan SABS spesifikasie CKS 632;

"vreemde voorwerpe" alle voorwerpe anders as die peulgewassaad, glas, steenkool, mis en metaal, uitgedopte peule en stukkies van uitgedopte peule en los saadhuide;

"vuilgesmeerde sojabone" heel sojabone of gedeeltes van sojabone wat nei deur die 4,75 mm-rondegatsif gaan nie en wat deur grond of ander stowwe verkleur is: Met dien verstande dat sojabone wat deur plantmateriaal verkleur is, nie as vuilgesmeerde sojabone beskou sal word nie;

“4,75 mm-rondegatsif” ‘n sif –

(a)met ‘n plat bodem van metaalplaat van 1 mm dikte geperforeer met ronde gate met ‘n deursnee van 4,75 mm wat so gerangskik is dat die middelpunte van die gate saamval met die kruispunte van ‘n gelyksydige driehoekige rooster met ‘n steek van 8 mm;

(b)waarvan die boonste oppervlak van die bodem glad is;

(c)waarvan die raam minstens 50 mm hoog is;

(d)waarvan die binnebreedte minstens 200 mm en 'n maksimum van 210 mm en die binnelengte minstens 300 mm en 'n maksimum van 310 mm is, of in die geval van 'n ronde sif die binnedeursnee minstens 280 mm en 'n maksimum van 305 mm is; en

(e)wat op 'n pan met 'n soliede bodem pas en moet minstens 20 mm bo die bodem van die pan wees.

"8 mm maas-handsif"

(a)'n handsif met 'n bodem van metaalgaas van ligte bedekte staaldraad met 'n deursnee van 0,56 mm en met vierkantige openinge van 2,610 mm by 2,610 mm;

(b)waarvan die raam minstens 50 mm hoog is;

(c)waarvan die binnebreedte minstens 200 m en hoogstens 210 mm is, e die binnelengte minstens 300 mm en hoogstens 310 mm is, of ingeval van 'n ronde sif, die binnedeursnee minstens 280 mm en 'n maksimum van 310 mm is; en

(e)wat op 'n pan met 'n soliede bodem pas en moet minstens 20 mm bo die bodem van die pan wees.

Bestek

2.Hierdie standaarde en vereistes het betrekking op peulgewassade ten opsigte waarvan 'n goedkeuring vir die uitvoer daarvan ingevolge artikel 4 van die Wet verlang word.

Vereistes vir goedkeuring

3.(1)'n Goedkeuring in artikel 4 van die Wet bedoel, kan ten opsigte van 'n besending peulgewassade uitgereik word indien --

(a)die peulgewassade wat daardie besending uitmaak, voldoen aan die klassifiseringsvereistes soos in item 4 uiteengesit;

(b)die peulgewassade gegradeer is in ooreenstemming met die grade soos in item 5 uiteengesit;

(c)die peulgewassade voldoen aan die standaarde vir grade soos in item 6 uiteengesit;

(d)die peulgewassade in houers verpak is wat voldoen aan die vereistes soos in item 7 uiteengesit;

(e)die peulgewassade voldoen aan die verpakkingsvereistes soos in item 8 uiteengesit;

(f)die betrokke houers gemerk is in ooreenstemming met die vereistes soos in items 9 en 10 uiteengesit;

(g)die monsters vir ondersoek geneem is in ooreenstemming met die vereistes soos in items 11, 12 en 13 uiteengesit;

(h)die betrokke besending ondersoek is in ooreenstemming met die metodes soos in items 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21 en 22 uiteengesit;

(i)die resultate verkry na 'n ondersoek, vertolk is in ooreenstemming met die vereistes soos in item 23 uiteengesit;

(j)die betrokke besending in ooreenstemming met die bepalings van die Regulasies betreffende Beheer oor die Uitvoer van Peulgewassade vir ondersoek aangebied is; en

(k)'n inspekteur na 'n ondersoek ingevolge vermelde regulasies bevind het dat die bepalings van hierdie standaarde en vereistes ten opsigte van die betrokke besending nagekom is.

(2)Die Uitvoerende Beampte kan afwyk van die standaarde en vereistes vasgestel en goedkeuring uitreik ten opsigte van 'n hoeveelheid van 'n produk wat --

(a)as 'n proefneming of kragtens sodanige ander spesiale omstandighede as wat die Uitvoerende Beampte in die betrokke geval goedkeur; en

(b)voldoen aan die vereistes vir sodanige produk wat van krag is in die land waarheen dit vir verkoop uitgevoer staan te word.

GEHALTESTANDAARDE

Klasse

4.Peulgewassade word in die volgende drie klasse verdeel:

(a)Klas SB – Alle kultivars van sojabone.

(b)Klas G - Alle kultivars van peulgewassade met 'n telling van minder as 50 sade per 30 g.

(c)Klas K - Alle kultivars van peulgewassade met 'n telling van 50 sade en meer per 30 g.

Grade vir peulgewassade

5.Die grade vir die verskillende klasse peulgewassade, is soos volg:

(a)Klas SB – Graad SB1.

(b)Klas G - Graad GP1 en Graad GP2.

(c)Klas K - (i) (uitgesonderd gesplete erte) Graad KP1 en Graad KP2; en

(ii) Gesplete erte - Graad KE1.

Standaarde vir grade peulgewassade

6.Alle grade peulgewassade --

(a)moet vry van kakiebos, muwwe, suur of ander ongewenste reuke wees;

(b)moet vry wees van kasteroliesaad of ander soorte giftige sade;

(c)moet vry wees van glas, metaal, steenkool of mis;

(d)mag geen chemiese residu's bevat wat die voorgeskrewe maksimum residuperk oorskry nie: Met dien verstande dat --

(i)indien die voorgeskrewe maksimum residuperk van 'n invoerland laer is as wat ingevolge die Wet op Misstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels en Veemiddels, 1947 (Wet No. 36 van 1947), toelaatbaar is, daar aan die invoerland se voorgeskrewe maksimum residuperk voldoen moet word; en

(ii)die Uitvoerende Beampte toestemming mag toestemming verleen dat peulgewassade met 'n hoër maksimum residuperk uitgevoer word na lande waar hierdie verhoogde residuperk toelaatbaar is: Met dien verstande dat die uitvoerdokumente dienooreenkomstig met die naam van die invoerland geëndosseer word;

(e)met die uitsondering van sojabone, moet ‘n voginhoud van hoogstens 14 persent hê;

(f)moet vry wees van insekte ongeag of sodanige insekte in, op of tussen die peulgewassade, of in of op die houers daarvan voorkom;

(g)moet voldoen aan die vereistes vir plantskadelike organismes van fitosanitêre belang soos deur die Direkteur van Plantgesondheid of Landbouprodukinspeksiedienste bepaal;

(h)in die geval van sojabone, --

(i)moet ‘n voginhoud van hoogstens 13 persent hê; en

(ii)voldoen aan die vereistes met betrekking tot die maksimum toelaatbare afwykings soos in Tabel 1 van die Aanhangsel uiteengesit;

(i)in die geval van die Grade GP1, GP2, KP1 en KP2 mag nie die maksimum persentasie toelaatbare afwykings soos in Tabelle 2 en 3 van die Aanhangsel uiteengesit, oorskry nie; en

(j)in die geval van gesplete erte (graad KE1) mag nie die maksimum persentasie toelaatbare afwykings soos in Tabel 4 van die Aanhangsel uiteengesit, oorskry nie.

VEREISTES VIR HOUERS

Algemeen

7.(1)‘n Houer, uitgesluit ‘n skeepsruim, ‘n spoorweg- of padtrok en opbergingsfasiliteit, wat peulgewassade bestem vir uitvoer bevat, moet geskik, heel (uitgesonderd graanstekermerke in die geval van sakke), skoon, droog en reukloos wees.

(2)Behoudens die bepalings van subitem (1) moet ‘n sak wat peulgewassade bestem vir uitvoer bevat --

(a)nuut wees;

(b)sterk genoeg wees vir die vervoer van die maksimum massa peulgewassade wat in daardie sak geakkommodeer kan word; en

(c)nie gevlek wees deur enige kleurstof, of deurtrek wees met enige vloeistof wat vlekke mag veroorsaak nie, uitgesonderd normale verkleuring as gevolg van blootstelling aan die son.

(3)‘n Skeepsruim waarin peulgewassade bestem vir uitvoer vrygestel word, moet --

(a)sigbaar vry wees van insekte; en

(b)redelik vry wees van stukkies graan of enige ander materiaal wat insekte kan huisves.

(4)‘n Opbergingsfasiliteit of ‘n spoorweg- of padtrok moet --

(a)sigbaar vry wees van insekte; en

(b)redelik vry wees van stukkies graan of enige ander materiaal wat insekte kan huisves:

Met dien verstande dat ‘n inspekteur die uitvoerder of agent kan beveel om ‘n besmette opbergingsfasiliteit of spoorweg- of padtrok skoon te maak, te behandel of te berook.

VERPAKKINGSVEREISTES

Algemeen

8.(1)Peulgewassade van verskillende klasse mag nie saam in dieselfde houer verpak word nie.

(2)Houers moet behoorlik toegemaak wees.

MERKVEREISTES

Besonderhede

9.Elke houer of die meegaande uitvoerdokumente van 'n besending peulgewassade moet gemerk of geëndosseer wes met --

(a)die produknaam;

(b)die klas en graad van die betrokke peulgewassade;

(c)die naam en adres van die uitvoerder of verpakker: Met dien verstande dat indien sodanige naam en adres in kodevorm aangedui word dit by die Uitvoerende Beampte geregistreer moet wees;

(d)die land van herkoms: Met dien verstande dat geen afkortings of die uitdrukking "South Africa" alleenstaande gebruik mag word nie;

(e)die produsent se kode of die silokode wat deur die produsent, uitvoerder of pakhuis, na gelang van die geval, by die Uitvoerende Beampte geregistreer is: Met dien verstande dat --

(i)indien 'n produsent meer as een plaas besit of bedryf, moet sodanige plase afsonderlik geregistreer word; en

(ii)sodanige kode voorafgegaan moet word deur die uitdrukking: "producer", "PUC", "FBO" na gelang van die geval, of enige ander geskikte term met 'n ooreenstemmende betekenis.

Verbode besonderhede

10.Geen bewoording, illustrasie of ander metode van begripsuitdrukking wat 'n wanvoorstelling behels of wat regstreeks of by implikasie 'n misleidende indruk skep van die inhoud, mag op 'n houer wat peulgewassade bevat, verskyn nie.

MONSTERNEMING

Algemeen

11.(1)‘n Inspekteur moet vir die doeleindes van hierdie standaarde en vereistes, 'n verteenwoordige ewekansige monster peulgewassade op die volgende wyse onttrek:

(a)In die geval van sojabone wat in sakke uitgevoer word, moet klein hoeveelhede van die sojabone onttrek word met 'n saksteker uit ‘n aantal sakke wat minstens gelyk is aan die vierkantswortel van die totale aantal sakke in die besending.

(b)In die geval van peulgewassade wat in losmaat uitgevoer word, moet -

(i)monsters peulgewassade wat in losmaathouers, uitgesonderd graansilos vir ondersoek aangebied word, by elke luik of by minstens ses verskillende plekke, ewekansig uitgekies, deur die volle diepte van die besending met ‘n losmaatgraansteker onttrek word; en

(ii)monsters peulgewassade wat vanuit ‘n graansuier in ‘n skeepsruim of ‘n spoorweg- of padtrok gelaai word, moet met gereelde tussenpose op so ‘n wyse onttrek word by die uitvloei van die verskepingsbakke op die vervoerbande.

(2)Die saamgestelde monster verkry in subitem (1)(a) of (b) sal --

(a)'n total massa minstens 10 kg hê; en

(b)deeglik gemeng word voor dit verder verdeel word.

(3)'n Monster wat ingevolge hierdie regulasie geneem is word geag verteenwoordigend te wees van die besending waaruit dit geneem is.

Afwykende monster

12.Indien 'n inspekteur tydens die onttrekking van ewekansige monsters of tydens die ondersoek merk dat enige van die hoeveelhede peulgewassade wat uit enige sak of ‘n gedeelte van losmaathouerhouer onttrek is, ooglopend swakker voorkom as, of verskil van die monsters onttrek uit die res van die sakke of van die ander gedeeltes van die losmaathouer, moet die inspekteur slegs uit sodanige sakke of gedeeltes van die losmaathouer met swakker of verskillende peulgewassade klein hoeveelhede peulgewassade onttrek en dit deeglik meng.

Werkmonster

13.'n Werkmonster sal verkry word deur die verteenwoordigende of afwykende monster van die besending te verdeel soos uiteengesit in ICC101/1 metode (Goedgekeur 1982).

ONDERSOEKMETODES

Bepaling van persentasie nat peule in sojabone

14.Die persentasie nat peule in ‘n besending sojabone word soos volg bepaal:

(a)Verkry ‘n werkmonster van minstens 10 kg sojabone uit ‘n verteenwoordigende monster van die besending.

(b)Verwyder alle nat peule met die hand uit die werkmonster en bepaal die massa daarvan.

(c)Druk die massa aldus bepaal uit as ‘n persentasie nat peule in die betrokke besending.

(d)Sodanige persentasie verteenwoordig die persentasie nat peule in die besending.

Bepaling van persentasie ander graan, sonneblomsaad, klippies en vreemde voorwerpe in sojabone

15.Die persentasie ander graan, sonneblomsaad, klippiese en vreemde voorwerpe in ‘n besending sojabone word soos volg bepaal:

(a)Verkry 'n werkmonster van minstens 200 g van ‘n verteenwoordigende monster van die besending.

(b)Verwyder alle ander graan, sonneblomsaad, klippies en vreemde voorwerpe met die hand uit die werkmonster en bepaal die massa van die ander graan, sonneblomsaad, klippies en vreemde voorwerpe afsonderlik.

(c)Druk die onderskeie massas aldus bepaal uit as ‘n persentasie van die totale massa van die betrokke werkmonster.

(d)Sodanige persentasie verteenwoordig onderskeidelik die persentasie ander graan, sonneblomsaad, klippies en vreemde voorwerpe in die betrokke besending.

Bepaling van die persentasie gebrekkige sojabone

16.Die persentasie gebrekkige sojabone word soos volg bepaal:

(a)Verkry 'n werkmonster van minstens 100 g sojabone, vry van ander graan, sonneblomsaad, klippies en vreemde voorwerpe, uit die verteenwoordigende monster van die besending.

(b)Sif die werkmonster oor die 4,75 mm-rondegatsif en ‘n pan.

(c)Sorteer die sojabone op die 4,75 mm-rondegatsif sodat die gebrekkige sojabone behoue bly.

(d)Bepaal die massa van die gebrekkige sojabone op die 4,75 mm-rondegatsif en druk dit uit as ‘n persentasie van die totale massa van die werkmonster.

(e)Sodanige persentasie verteenwoordig die persentasie gebrekkige sojabone in die besending.

Bepaling van die persentasie sojabone en gedeeltes van sojabone wat deur die 4,75 mm-rondegatsif gaan

17.Die persentasie sojabone en gedeeltes van sojabone wat deur die 4,75 mm-rondegatsif gaan, word soos volg bepaal:

(a)Bepaal die massa van die sojabone en stukkies sojabone in die pan soos verkry volgens item 16(a) en (b)en druk dit uit as ‘n persentasie van die totale massa van die betrokke werkmonster in item 16(a) verkry.

(b)Sodanige persentasie verteenwoordig die persentasie sojabone en stukkies sojabone in die besending wat deur die 4,75 mm-rondegatsif gaan.

Bepaling van persentasie vuilgesmeerde sojabone

18.Die persentasie vuilgesmeerde sojabone in ‘n besending sojabone word soos volg bepaal:

(a)Verwyder alle vuilgesmeerde sojabone uit die werkmonster in 16(a) en bepaal die massa daarvan.

(b)Druk die massa aldus bepaal uit as ‘n persentasie van die totale massa van die werkmonster in 16(a) verkry.

(c)Sodanige persentasie verteenwoordig die persentasie vuilgesmeerde sojabone in die betrokke besending.

Bepaling van die persentasie afwykings in Klasse G en K-peulgewassade (uitgesonderd gesplete erte)

19.Die persentasie afwykings in die geval van Klasse G- en K-peulgewassade, uitgesonderd gesplete erte, word soos volg bepaal:

(a)Bepaling van persentasie vreemde voorwerpe:

(i)Verkry 'n werkmonster van minstens 200 g peulgewassade uit óf 'n verteenwoordigende óf 'n afwykende monster, na gelang van die geval.

(ii)Sorteer die werkmonster met die hand op so 'n wyse dat die vreemde voorwerpe behoue bly: Met dien verstande dat ongedorste peule uitgedop word en die leë peule by die vreemde voorwerpe ingesluit word.

(iii)Bepaal die massa van die vreemde voorwerpe aldus verkry en druk dit uit as 'n persentasie van die werkmonster.

(iv)Sodanige persentasie verteenwoordig die persentasie vreemde voorwerpe in die betrokke besending.

(b)Bepaling van ander afwykings:

(i)Verkry 'n werkmonster van minstens 100 g in die geval van Klas G- en minstens 50 g in die geval van Klas K-peulgewassade, uit óf 'n verteenwoordigende óf 'n afwykende monster, na gelang van die geval, wat vry is van vreemde voorwerpe.

(ii)Sorteer die werkmonsters, na gelang van die geval, met die hand sodat --

(aa)sade van 'n ander soort; en

(bb)gebrekkige sade afsonderlik behoue bly.

(iii)Bepaal die massa van --

(aa)sade van 'n ander soort; en

(bb)gebrekkige sade onderskeidelik verkry, en druk elk uit as 'n persentasie van die massa van die werkmonster.

(iv)Sodanige persentasie verteenwoordig die persentasie sade van 'n ander soort en gebrekkige sade na gelang van die geval in die betrokke besending.

Bepaling van die persentasie afwykings by gesplete erte

20.Die persentasie afwykings in 'n hoeveelheid gesplete erte, word soos volg bepaal:

(a)Bepaling van die persentasie vreemde voorwerpe:

(i)Verkry 'n werkmonster van minstens 200 g gesplete erte uit óf 'n verteenwoordigende óf 'n afwykende monster, na gelang van die geval.

(ii)Verwyder al die vreemde voorwerpe met die hand en bepaal die massa daarvan.

(iii)Druk die massa aldus bepaal uit as 'n persentasie van die werkmonster.

(iv)Sodanige persentasie verteenwoordig die persentasie vreemde voorwerpe in die betrokke besending.

(b)Bepaling van die persentasie gesplete erte wat deur die 8 mm maas-handsif gaan:

(i)Verkry 'n werkmonster van minstens 100 g gesplete erte, uit óf 'n verteenwoordigende óf 'n afwykende monster, na gelang van die geval, nadat vreemde voorwerpe verwyder is.

(ii)Sif die werkmonster deur middel van 'n 8 mm maas-handsif, deur die sif aan weerskante met albei hande stewig vas te vat en dit aanhoudend in 'n naastenby sirkelvormige baan op 'n horisontale vlak te beweeg teen so 'n spoed dat minstens 120 en hoogstens 140 volle omwentelings in 60 sekondes voltooi word. Terwyl daar gesif word, moet die sif op so 'n wyse hanteer word dat die materiaal op die metaalgaasboom oor die hele oppervlak van die sif beweeg.

(iii)Bepaal die massa van die materiaal wat deur die 8 maas-handsif gegaan het, en druk dit uit as 'n persentasie van die werkmonster.

(iv)Sodanige persentasie verteenwoordig die persentasie van gesplete erte wat deur die 8 maas-handsif gaan.

(c)Bepaling van die persentasie heel en gebrekkige sade:

(i)Sorteer die gesplete erte wat op die sif gebly het nadat die gesplete erte gesif is soos in subitem (b) uiteengesit, met die hand sodat --

(aa)die heel sade; en

(bb)die gebrekkige sade, afsonderlik behoue bly.

(ii)Bepaal die massa van --

(aa)die heel sade; en

(bb)die gebrekkige sade onderskeidelik verkry, en druk elkeen uit as 'n persentasie van die werkmonster.

(iii)Sodanige persentasie verteenwoordig die persentasie heel sade en gebrekkige sade respektiewelik in die betrokke besending.

Bepaling van ongewenste reuke, chemiese residu's, lewende insekte en plantskadelike organismes van fitosanitêre belang

21.(1)'n Besending of 'n monster van 'n besending peulgewassade word sintuiglik beoordeel of skeikundig ontleed ten einde te bepaal of dit –

(a)'n muwwe, suur of ander ongewenste reuk het;

(b)peulgewassade bevat waarin of waarop chemiese residu's of ander stof voorkom wat dit ongeskik maak vir menslike verbruik of vir verwerking tot, of aanwending as gesonde voedsel of voer;

(c)enige insekte bevat wat skadelik vir opgebergde graan is;

(d)glas, metaal, steenkool, mis of klippies bevat; en

(e)verklaarde plantskadelike organismes van fitosanitêre belang kan bevat.

Bepaling van voginhoud

22.Die voginhoud van 'n besending sojabone kan volgens enige geskikte metode bepaal word: Met dien verstande dat die resultate aldus verkry in ooreenstemming is met die maksimum toelaatbare afwyking vir 'n klas 1 vogmeter soos voorgeskryf in ISO 7700/1-1994(E) gebaseer op die resultate verkry deur die oonddroogmetode (AACC Metode 44/15A/1981).

VERTOLKING VAN RESULTATE

Algemeen

23.(1)'n Besending peulgewassade kan deur 'n inspekteur goedgekeur word op grond van die resultate wat verkry is met 'n enkele ontleding van 'n ewekansige monster, onderhewig aan die voorwaardes soos in subitem (2) uiteengesit.

(2)Indien die resultate van 'n ontleding van 'n ewekansige monster met minder as die persentasies soos in Tabel 5 aangetoon, van die toelaatbare afwyking verskil, hetsy dit binne of buite die perke is, moet 'n tweede ontleding gedoen word ten einde die resultate van die eerste ontleding te kontroleer.

(3)Geen besending mag afgekeur word alvorens 'n verdere twee ontledings uit 'n addisionele monster wat verkry is uit dieselfde of 'n addisionele ewekansige monster, gedoen is nie: Met dien verstande dat die gemiddelde resultate van al sodanige ontledings as resultaat ten opsigte van die betrokke besending sal geld.

(4)'n Inspekteur moet indien hy 'n afwykende monster ingevolge item 11 onttrek het, die besending afkeur indien die gemiddelde resultate van minstens twee ontledings van die afwykende monster, nie aan die vereistes vir die betrokke graad voldoen nie.