18
36 1 HOËRSKOOL NOORDHEUWEL Inhoudsopgawe Visie, missie en kernwaardes ………… 3 Erekode ......………………………………… 4 Simboliek van die skoolwapen ……… 5 Skoollied …………………………………….. 5 Etos van skool ……………………………… 6 Toelatingskriteria…………………………… 8 Inligting aan nuwe leerders ………… 9 Onderriggelde……………………………… 9 Gr 8-inskakelingsprogram....………… 10 Busvervoer ………………………………… 10 Akademie …………………………………… 11 Vakkeuse …………………………………… 11 Graad 8 en 9 ...........…………………… 11 Graad 10, 11 en 12........……………… 14 Verpligte vakke .......................……. 14 Keuse vakke ....................…………… 14 Addisionele vakke .................…...… 15 Vakinhoude ................………...………15 Aanvullende klasse .....................… 22 Toetse en eksamens ...................… 22 Leierontwikkeling.................……..… 23 Skoolreëls …………………………………..24 Buitekurrikulêre aktiwiteite………….. 25 Sport ...........………………..…………... 30 Kultuur ............………………………….. 35 Skooldragmiddelblad ...gelukkige leerders, goeie akademie, goeie dissipline, gebalanseerdheid, deelname, gee om, uitnemend, goeie bestuur... Skoolbesonderhede Hoof: Dr J A C Fourie Adjunkhoofde: Me A de Jager Mnr. I G le Roux Mnr. D Kriel E-pos: [email protected] Webwerf: www.nories.co.za Posadres: P/Sak X2032, Krugersdorp, 1740 Telnr: 011 954 1032

Inhoudsopgawe - Nories finaal .pdf34 TALENTWEEK Die Talentweek vind al om die tweede jaar gedurende Augustus plaas en dit bied die geleentheid vir talentvolle leerders (sang, instrumentaal,

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Inhoudsopgawe - Nories finaal .pdf34 TALENTWEEK Die Talentweek vind al om die tweede jaar gedurende Augustus plaas en dit bied die geleentheid vir talentvolle leerders (sang, instrumentaal,

36 1

H O Ë R S K O O L N O O R D H E U W E L

Inhoudsopgawe

Visie, missie en kernwaardes ………… 3

Erekode ......………………………………… 4 Simboliek van die skoolwapen ……… 5

Skoollied …………………………………….. 5 Etos van skool ……………………………… 6

Toelatingskriteria…………………………… 8 Inligting aan nuwe leerders ………… 9

Onderriggelde……………………………… 9

Gr 8-inskakelingsprogram....………… 10 Busvervoer ………………………………… 10

Akademie …………………………………… 11 Vakkeuse …………………………………… 11

Graad 8 en 9 ...........…………………… 11

Graad 10, 11 en 12........……………… 14 Verpligte vakke .......................……. 14

Keuse vakke ....................…………… 14 Addisionele vakke .................…...… 15

Vakinhoude ................………...………15

Aanvullende klasse .....................… 22 Toetse en eksamens ...................… 22

Leierontwikkeling.................……..… 23 Skoolreëls …………………………………..24

Buitekurrikulêre aktiwiteite………….. 25 Sport ...........………………..…………... 30

Kultuur ............………………………….. 35

Skooldrag—middelblad

...gelukkige leerders, goeie akademie, goeie dissipline, gebalanseerdheid, deelname, gee om,

uitnemend, goeie bestuur...

Skoolbesonderhede

Hoof: Dr J A C Fourie

Adjunkhoofde: Me A de Jager

Mnr. I G le Roux

Mnr. D Kriel

E-pos: [email protected]

Webwerf: www.nories.co.za

Posadres: P/Sak X2032, Krugersdorp, 1740

Telnr: 011 954 1032

Page 2: Inhoudsopgawe - Nories finaal .pdf34 TALENTWEEK Die Talentweek vind al om die tweede jaar gedurende Augustus plaas en dit bied die geleentheid vir talentvolle leerders (sang, instrumentaal,

2

H O Ë R S K O O L N O O R D H E U W E L

Geagte Ouers

By Hoërskool Noordheuwel word aktiwiteite van

uit ‘n wye spektrum aan u kinders gebied tydens

die laaste belangrike vormingsjare in hulle skool-

loopbaan. Blaai gerus deur hierdie uitgawe om

uself daarvan te vergewis.

Ons skool bied aan u kind 'n akademiese tuiste by

uitstek. Nories se akademiese uitnemendheid is

ver buite ons geografiese grense bekend. Ons

strewe egter na balans in ons opvoedingsbe-

nadering: derhalwe word daar ruim op kulturele

- en sportgebied geleenthede geskep om op 'n hoë

vlak kompeterend te wees. Voeg hierby ons puik

geriewe, netjiese terrein, pragtige omgewing met

sy panoramiese uitsig, en dis nie moeilik om te

begryp waarom hierdie skool (die hoogsgeleë

Afrikaansmedium skool in die wêreld) jaarliks vir

meer en meer leerlinge 'n gelukkige tuiste word

nie.

Ons uiters bekwame en toegewyde perso-

neelkorps lewer op akademiese- sowel as buite-

kurrikulêre terrein uitmuntende diens. Ons sport-

afrigters word aangevul deur kundige buite-

afrigters wat verseker dat al ons kinders se

talente ten volle ontwikkel word.

Besoek ons gerus—op ons webtuiste , telefonies

of in persoon—om die warm Noriegees eerste-

hands te ervaar en enige ekstra inligting in te

win .

Dit is ons strewe om, in samewerking met die

ouerhuis, kinders te begelei en op te voed sodat

hulle tot hul volle potensiaal sal ontwikkel en as

gelukkige volwassenes hul plek in die samele-

wing kan inneem.

Vriendelike groete

DR JAC FOURIE

HOOF

35

REDENAARS EN DEBAT ‘n Jaarlikse interne massaredenaars bied aan elke Norie die geleentheid tot betrokkenheid. Dikwels word verskuilde talent op so ‘n wyse ontdek. Hierdie geleentheid dien ook as uit-dunne vir die ATKV-redenaarskompetisie waarheen ons ses junior sowel as ses senior verteenwoordigers stuur. Spanredenaars bied diegene wat skugter is vir soloredenaars ‘n goeie geleentheid om meer selfvertroue te ontwikkel. Hierdie spanne van vier lede elk werk ‘n 15 minuut toespraak uit. Die Nories neem ook aan die Gauteng Spraakgilde kompetisie en was al die Forumspanwenners. Die Suid-Gauteng spanredenaarskompetisie verskaf ‘n verdere geleentheid tot deelname aan die leerders. Die ATKV-debatskompetisie bied ‘n goeie platform vir deelname en prestasie. Daar is dus genoegsame geleentheid vir al die orators by Hoërskool Noordheuwel.

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

Page 3: Inhoudsopgawe - Nories finaal .pdf34 TALENTWEEK Die Talentweek vind al om die tweede jaar gedurende Augustus plaas en dit bied die geleentheid vir talentvolle leerders (sang, instrumentaal,

34

TALENTWEEK Die Talentweek vind al om die tweede jaar gedurende Augustus plaas en dit bied die geleentheid vir talentvolle leerders (sang, instrumentaal, drama, voordrag, redenaars) om op informele wyse hul talente gedurende hierdie week ten toon te stel. Eksterne beoordelaars word genooi om die talentvolles te beoordeel. Klem word gelê op verhoogpersoonlikheid, aanbieding, ge-hoorkontak en die X-faktor wat aan die kind sterstatus verleen

Wenners word aangewys en pryse word toegeken. Leerders is gewoonlik baie en-toesiasties hieroor en daar is altyd meer as 100 tot 120 inskrywings. Groot gehore word gelok .

KUNSWEDSTRYDE ‘n Groot getal leerders neem jaarliks deel hieraan. Leerders kan deur hulle eie dramaskool ingeskryf word of deur die skool self. (Ewe veel erkenning word gegee) Voordrag, sang, instrumentaal, redenaars en skryfkuns word verteenwoordig tydens die kunswedstryde. Hierdie leerders tree ook dikwels by aftreeoorde en laerskole op en kry so verdere blootstelling.

SKRYFKUNS/KUNS

Daar is deur die loop van die jaar vele ge-leenthede vir ons skrywers, digters en kun-stenaars om aan kompetisies deel te neem.

REVUE / MUSIEKBLYSPEL ‘n Revue of blyspel word elke tweede jaar aangebied. Massadeelname word aangemoedig. Daar word ook geleentheid gebied aan leerders met spesiale talente op kultuurgebied om dit ten toon te stel tydens ons mini-revue wat tussen musiekblyspelle aangebied word. Ons neem ook jaarliks aan die ATKV-tienertoneelkompetisie deel waarons uitblink van die tegniese span tot by die spelers. Al hierdie geleenthede het ook sosiale waaarde by al die Nories.

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

3

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

Visie

Hoërskool Noordheuwel moet die mees gesogte Christelike

Afrikaanse hoërskool wees wat strewe na uitnemendheid en die uitleef van ons waardes

Missie

Ons missie moet bereik word deur: Christelike moedertaalonderrig

Uitmuntende akademie

Lojaliteit, integriteit, dissipline en wedersydse respek.

Uitnemendheid en gebalanseerdheid ten opsigte van sport, kultuur, geestelike en emosionele ontwikkeling.

Gelukkige, gemotiveerde en betrokke leerders en ouers.

Gehalte onderrig met gemotiveerde, bemagtigde en tevrede kwaliteitpersoneel.

Trots om ‘n Christen te wees, trots om

Afrikaans te wees, trots om ‘n Norie te wees

Page 4: Inhoudsopgawe - Nories finaal .pdf34 TALENTWEEK Die Talentweek vind al om die tweede jaar gedurende Augustus plaas en dit bied die geleentheid vir talentvolle leerders (sang, instrumentaal,

4

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

EREKODE

As leerlinge van Hoërskool Noordheuwel

bely ons die almag van God, Hy die Beskikker oor al ons weë

glo ons in Christus, die Saligmaker

staan ons vas in die handhawing van ons taal, kultuur en tradisies

erken ons die reg van andere tot eie identiteit

respekteer ons ons ouers, ons meerderes, ons gelykes en ons minderes

wil ons lewe en werk vir ons land en ons volk

AS SEUN eer ek die dogters van my volk

AS DOGTER huldig ek die seuns van my volk

Saam streef ons na die nakoming van ons plig op

akademiese en alle ander gebiede

lojaliteit teenoor ons skool wellewendheid teenoor

andere alles wat lieflik en loflik is,

gekroon in

Krag deur Kennis

33

KULTUUR

DRAMA ‘n Baie sterk Spraak en Drama ateljee

(NORIES Kreatief) word deur me Marietjie de Villiers – Knop bedryf.

Leerders kry jaarliks die geleentheid om die Spraak en Drama College se eksamen af te lê. Alle leerders wat tot dusver hieraan deel-geneem het, slaag met eervolle vermelding (75% en hoër) of met lof (85% en hoër).

Die drama studente kry ook geleentheid om individueel of in groepsverband deel te neem aan verskillende kunstefeeste. Puik presta-sies word deur die leerders gelewer en van hulle kry ook die geleentheid om deel te neem aan die nasionale Eisteddfod en die ATKV. Die vak Dramatiese Kunste word ook aangebied vir leerders van Gr 10 – Gr 12.

KOOR

Die ongeveer 90 koorlede staan o.l.v. die professionele afrigting van mnr Attie Rossouw. Die koor neem jaarliks deel aan die ATKV Applouskompetisie asook die Beeld Eisteddfodkompetisie. Talle koor-feeste van plaaslike skole asook skole van Pretoria word ondersteun en ons eie koor-fees vind in die derde kwartaal plaas waarna ander hoërskole asook plaaslike laerskole genooi word. Van ons voedingslaerskole soos Helderkruin, Roodekrans, Krugersdorp-Noord en Kenmare verleen groot kleur aan hierdie geleentheid.

Koorkampe vind gedurende Februarie plaas waar alle stukke ingeoefen word en daar ook genoegsame geleentheid gegun word om te sosialiseer en mede-koorlede beter te leer ken. Die koor oefen weekliks en wel op Dinsdae vanaf 18:00– 21:00.

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

Page 5: Inhoudsopgawe - Nories finaal .pdf34 TALENTWEEK Die Talentweek vind al om die tweede jaar gedurende Augustus plaas en dit bied die geleentheid vir talentvolle leerders (sang, instrumentaal,

32

SKAAK

n Senior en Junior skaakspan neem jaarliks deel aan die PUK Prestigereeks asook aan die plaaslike liga. Leerlinge ontvang geen formele afrigting by die skool nie, maar maak wel gebruik wat beskikbaar is by die skaakakademie wat op ons terrein aange-bied word.

TENNIS

Junior en Senior dogters– en seunspanne kry dwarsdeur die jaar geleentheid om hul tennis te verbeter en om deel te neem aan die plaaslike liga. Gratis professionele afrig-ting en oefensessies o.l.v. professionele af-rigters geskied op Maandae middae. Al vier spanne kry ook die geleentheid om aan die PUK Prestigereeks deel te neem waar hulle kompeteer teen skole soos Potchefstroom Gimnasium, Zwartkop, Hugenote en Drie-hoek. In die plaaslike liga kompeteer ons ook met skole soos Florida, Roodepoort, Bastion en Monument.

PERDESPORT

Leerlinge beskik oor hul eie perde en alle afrigting geskied op ‘n buite-afrigting basis. Noordheuwel neem deel in die grootste af-deling (16+ perde) waar ons jaarliks top resultate behaal

“CHEERLEADING”

Leerders ontvang profes-sionele afrigting. Daar word jaarliks deelgeneem aan die GPMA liga en provinsiale kom-petisies asook die SADMA – kompetisie.

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

5

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

SIMBOLIEK VAN DIE SKOOLWAPEN

Die drie heuwels, onder die blou lug op die wapen gesimboliseer, dui daarop dat ons skool gegrond is op die rotskrag

van geloof, hoop en liefde -

geloof in God, geloof in jou volk, geloof in jouself,

hoop op wysheid en krag van Bo, liefde vir God en jou naaste.

Die wit agtergrond is die simbool van reinheid, eerlikheid en edelmoedigheid.

Die windroos is die simbool van rigting en doelgerigtheid.

Met ons oë na Bo gerig, sal ons ons erwe handhaaf en uitbou vanuit

Krag deur Kennis

1. Waar die heuwel dien as voetstuk

en 'n wye uitsig bied, Staan ons skool, ons Alma Mater,

Klink van noordesy, óns lied.

Met 'n krag-deur-kennis strewe staan ons saam en doelgerig.

Neem ons elke dag se vorming as 'n voorreg, vreugde, plig

2. Diep geanker in die rotskrag

van wat edel is en reg, sal ons visieryke dade

deur die tyd se eise vleg. Laat die wind uit alle oorde

dan maar loei en newels bring. By Noordheuwel sal vreesloos

die geloof steeds voorwaarts dring!

REFREIN Met die windroos in ons hande sal ons koersvas rigting hou. Krag-deur-kennis - as ons kompas - Bring ons tot by hemelblou.

SKOOLLIED

Page 6: Inhoudsopgawe - Nories finaal .pdf34 TALENTWEEK Die Talentweek vind al om die tweede jaar gedurende Augustus plaas en dit bied die geleentheid vir talentvolle leerders (sang, instrumentaal,

6

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

Etos van ons leerders, ouers en onderwysers

Die etos van skool is gewortel in ons geloof, kernwaardes en

erekode, en behels die volgende:

1. Christelike Afrikaanse onderrig Ons eerbiedig God en Sy Woord en streef om altyd, hetsy in die klas, op skool of langs die

sportveld, op te tree soos ware Christene, tot eer van God en ons skool. Ons poog om altyd

Afrikaans te bevorder en ons taal so te gebruik

dat ons nie vloek, skel of enige kwetsende woorde gebruik nie.

2. Moraliteit Ons wil altyd teenoor mekaar en die skool optree soos ons verwag mense moet teenoor

ons optree, nl. beskaaf, goed gemanierd en

met respek. Voorts sal ons:

met integriteit optree en altyd doen wat

reg is. lojaal wees teenoor medeleerders en die

skool. Trots wees op die skool,

medeleerders en skooldrag. Daar sal probeer word om medeleerders altyd te

ondersteun. Rook, drank of dwelms of

ander middels wat die liggaam beskadig, sal nie gebruik word nie. Volgens die

skoolreëls word rook of drank nie gebruik op die skoolterrein, tydens skoolure of

skoolfunksies of terwyl leerders in

skoolklere is nie. Dit is elke leerder se morele plig om medeleerders wat struikel

aan te meld sodat hulle gehelp kan word. eienaarskap van die skool, klaskamers,

terrein, fasiliteite en ander toerusting

aanvaar. Dit sal skoon en netjies gehou

word en sou iemand dit vandaliseer, sal dit voorkom of aangemeld word.

bekend staan vir ons dissipline en

selfdissipline. Die kleredrag en algemene skoolreëls sal nagekom word. Alle

akademiese en buitemuurse verpligtinge

sal nagekom word. altyd respek hê vir die waardigheid van

ander leerders, onderwysers en ouers. Ons

sal so optree teenoor ons maats, onderwysers en ander ouers dat dit vir hul

aangenaam is om elke leerder te ken en te

onderrig.

31

SCUBA

Scuba is een van die baie gewilde Noordheu-wel sportbedrywighede. Belangstellende leerders kry die geleentheid om opgelei te word in hierdie ontspanningsportsoort. Verskillende kursusse word aangebied soos “Open water”, “Advanced”, “Rescue” ens. Leerders kan hul ook bekwaam in kursusse soos navigasie en haaikursusse. Duiknaweke in die binneland asook by die see word deur die jaar onderneem om leerders die geleent-heid te gee om hul praktiese eksamens af te lê of sommer net lekker te ontspan.

SEUNSHOKKIE

Seunshokkie word vanaf Februarie tot en met Augustus bedryf. In Maart neem ‘n junior en ‘n seniorspan deel aan die PUK Prestigereeks. Hulle neem ook verder deel aan die Aitken en Boden-kompetisie waar hulle kompeteer teen Engelse skole van die noordelike voorstede. Noordheuwel is ook vir ‘n geruime tyd al die trotse aanbieder van die seuns Prestige toernooi. Gedurende September tot November neem hulle ook deel aan die Summer Astro League.

GHOLF

n Senior en ‘n junior gholfspan neem gedurende Maart en April deel aan die PUK Prestigereeks. Geen formele afrigting vind plaas nie aangesien leerders gebruik maak van professionele afrigting buite die skool. Die gholfspelers word ook die geleentheid gebied om aan proewe deel te neem vir die Wesrand streek om sodoende te kan kwali-fiseer vir provinsiale spanne.

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

Page 7: Inhoudsopgawe - Nories finaal .pdf34 TALENTWEEK Die Talentweek vind al om die tweede jaar gedurende Augustus plaas en dit bied die geleentheid vir talentvolle leerders (sang, instrumentaal,

30

MUURBAL

Die muurbal by Noordheuwel is aktief vanaf Januarie tot Junie. In die plaaslike Wes-rand liga neem ons seuns en dogters in twee verskillende ouderdomsgroepe deel teen Monument, Florida, Roodepoort, Allen Glen, Jubilee, West Ridge, Adelaar en Bas-tion.

NETBAL

Voorseisoen oefeninge begin reeds in Feb-ruarie en die atlete sluit later aan. Vanaf Maartmaand neem ons deel aan die PUK Prestigereeks as voorbereiding vir die liga. Die skool speel in die JOMO-liga en kompet-eer onder andere teen Florida, Monument, KHS en Helpmekaar. Hierna volg die Gau-tengtoernooi, waar die kompetisie straf is. ‘n Verdere bonus vir spanne wat onder die eerste 5 is, is die SA Skole Uitdaagtoernooi wat op interprovinsiale vlak plaasvind. Daar word gebruik gemaak van baie bekwame afrigters om die spanne af te rig. Daar word ook met groot erns bemoeienis gemaak met die B-spanne.

RUGBY

Rugby word beoefen vanaf Maart tot en met Augustus en daar word deelgeneem aan die PUK Prestigereeks met A en B-spanne. Daar word ook verder deelgeneem aan ‘n vriendskaplike liga asook die Coke reeks in Augustus. Goeie afrigting vind plaas en daar word ook addisio- neel gebruik gemaak van professionele buite-afrigters. Verskeie toere word gedurende April onderneem om spelers se vaardighede verder te ontwikkel. Alle 0/16 A en B asook eerste en tweede spanne kry die geleentheid om aan die Goue Leeus proewe deel te neem.

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

7

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

3. Akademie Aangesien akademie ’n prioriteit is by ons skool

word van alle leerders verwag om stiptelik op te daag vir skool, alle klasse by te woon, huiswerk te

doen, hard te leer, alle toetse te skryf en ook alle ander akademiese verpligtinge na te kom. Leerders

word aangemoedig om altyd te presteer volgens die beste van hul vermoë. Die onderwysers moet te alle

tye gerespekteer word.

4. Deelname Aangesien ons glo aan beide prestasie en massadeelname en ook dat sport, geestelike en

emosionele ontwikkeling ewe belangrik is, moedig ons alle leerders aan om deel te neem aan ten

minste een sportsoort en een kultuuraktiwiteit. Van

leerders word verwag om alle aktiwiteite wat die skool reël by te woon en te ondersteun. Elke leerder

moet sy beste lewer en deelneem vir sy eie ontwikkeling en selfverryking, tot voordeel van sy

maats en die skool. Sodoende sal elke leerder

ontwikkel tot ’n gelukkige en gemotiveerde leerder.

Onderwysers en leerders sal alles na die beste van hul vermoë en uitstekend doen, sodat ons bekend

sal wees vir ons uitnemendheid.

5. Ouers Van ouers word verwag dat hulle as vennote

betrokke by die skool en die opvoeding van hul kind

sal wees — om aktiwiteite by te woon, en die skool te ondersteun en uit te bou, asook hul basiese

verpligtinge soos die betaal van skoolgeld na te kom. Ouers moet toesien dat hul kinders die

skoolreëls nakom en die skool help en ondersteun om dissipline te handhaaf. Ouers moet nie

opmerkings en aanmerkings of optredes goedkeur

of help verdoesel wat skooldissipline afbreek nie. Ouers moet toesien dat huiswerk, leerwerk en alle

ander verpligtinge, hetsy akademies op buitemuurs, nagekom word. Van ouers word verwag om die

skool te help om leerders gemotiveerd te hou en hul

kinders aanmoedig om deel te neem. Respek vir onderwysers moet aangemoedig word en ouers

moet ’n skooltrots help kweek. Daar word verwag van ouers om betrokke te wees by die skool en hul

kinders en te verseker dat hulle aktiewe rolspelers is

in die opvoedingstaak van hul kinders. Ouers moet besef dat hulle die hoofverantwoordelike party

is in die opvoedingstaak en dat die skool ‘n ondersteunende rol speel.

‘n Norie is…’n Afrikaanse Christen, gemanierd, het integriteit, is lojaal, neem eienaarskap, tree op met dissipline, toon respek, is die Norienaam waardig, beskou akademie as proriteit, is ingestel op kultuur, deelname en prestasie….alles met ouerbetrokkenheid.

Page 8: Inhoudsopgawe - Nories finaal .pdf34 TALENTWEEK Die Talentweek vind al om die tweede jaar gedurende Augustus plaas en dit bied die geleentheid vir talentvolle leerders (sang, instrumentaal,

8

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

TOELATINGSKRITERIA

TOELATINGSVEREISTES 1. Toelating is streng onderhewig aan die

beskikbaarheid van benutbare akkom-modasie en personeel soos deur die

onderwysbeleid bepaal. 2. Aanvaarding van die etos van die skool

is verpligtend.

TOELATINGSPROSEDURE Voornemende leerlinge voltooi 'n aansoekvorm.

Voorkeur word verleen aan leerlinge binne ons

voedingsarea. Die uitvoering hiervan word aan die skoolhoof gedelegeer. Die beheerliggaam

kan van tyd tot tyd die toelatingsvereistes her-sien en wysig soos die behoefte daarvoor mag

ontstaan.

ONDERNEMING DEUR OUERS

EN LEERLINGE

Ouers en leerlinge onderneem by inskrywing tot hierdie inrigting om die toelatingsvereistes

en verpligtinge wat dit meebring, te aanvaar.

Dit behels die volgende: Afrikaans is die voertaal.

Bybelgefundeerde onderrig

Bewys moet gelewer word van akademiese

prestasies aan vorige inrigting.

Gesag en dissipline van die skoolhoof en

onderwysers moet aanvaar word.

Alle reëls en regulasies van die skool moet

eerbiedig en nagekom word. Onderriggelde moet betaal word soos voor-

geskryf deur die beheerliggaam tensy an-ders ooreengekom met die inrigting.

'n Leerling wat hom/haar sou skuldig maak

aan wangedrag of ongehoorsaamheid aan die dissipline van hierdie inrigting, se voort-

gesette toelating sal heroorweeg word.

Ouers, voogde en leerlinge stem kontrak-

tueel toe tot die afdwinging van die skool se beleidsdokument rakende alkohol- en

dwelmgebruik/misbruik. Dit behels onder meer dat 'n leerling op ad hoc basis urine

toetsing kan ondergaan (kostes vir ouers/

voog se rekening). Beleid beskikbaar op aanvraag in administratiewe kantoor.

29

HOKKIE

Dogtershokkie word op ‘n hoë vlak bedryf vanaf so vroeg as Februarie tot en met Okto-bermaand. Die hokkieseisoen skop amptelik af in Maartmaand wanneer die skool deel-neem aan die Puk Prestige reeks. In die plaaslike liga kompeteer ons in die Groot Skolekompetisie. Bo en behalwe hierdie ligas neem die 1ste span en die o/16-span verder ook deel aan die Howell en Pullenreeks waar hulle kompeteer teen Engelse privaatskole van die noordelike voorstede. Die Noordvaal-reeks neem ‘n aanvang in Julie en bereik ‘n hoogtepunt in Augustus. Noordheuwel is ook die trotse aanbieder van die Hokkie Pres-tigereeks gedurende Augustus. Gedurende die voorseisoen neem baie van ons spanne ook aan ‘n Summer Astro League deel.

KRIEKET

Krieket by Noordheuwel het die laaste paar jaar gegroei en ons beskik ons tans oor baie bekwame afrigters. Ons maak ook gebruik van innoverende buite-afrigters om van hulp te wees waar nodig. Ons beskik ook oor ’n uitstekende binneshuise fasiliteit met die be-ste kwaliteit masjiene, waar afrigting op een tot een basis gedoen word. Gedurende die 1ste kwartaal neem die seuns deel aan vriendskaplike wedstryde en gedurende die 3de en 4de kwartaal neem hulle aan die Sen-traal-Wes liga, die Standard Bank Pro 20- reeks asook die Johnny Waite reeks deel.

LANDLOOP

Hierdie is ‘n 3de kwartaal aktiwiteit en leerd-ers ontvang professionele afrigting. Leerders word ook aangemoedig om aan weeklikse padwedlope deel te neem bo en behalwe die landloopliga en die aflosse.

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

Page 9: Inhoudsopgawe - Nories finaal .pdf34 TALENTWEEK Die Talentweek vind al om die tweede jaar gedurende Augustus plaas en dit bied die geleentheid vir talentvolle leerders (sang, instrumentaal,

28

BUITEKURRIKULÊRE AKTIWITEITE

SPORT ATLETIEK

Atletiek word met groot entoesiasme by Hoërskool Noordheuwel bedryf. ‘n Groot aantal vriendskaplike atletiekbyeenkomste word bygewoon vanaf Oktober tot en met die Puk Superskole atletiekbyeenkoms wat vroeg in Maart plaasvind. By hierdie by-eenkoms kompeteer ons teen skole soos Affies, Waterkloof, Kemptonpark en EG Jansen. Ons afrigters doen moeite om at-lete se potensiaal maksimaal te ontwikkel.

Noordheuwel is die gasheer van die baie gewilde TOP 10 atletiekbyeenkoms wat in 2013 na ‘n Top 15-byeenkoms uitgebrei is. Hierdie is een van die mees gesogte atletiekbyeenkomste vir hoërskole. Nage-noeg vyf en veertig skole van verskeie provinsies neem jaarliks hieraan deel.

AVONTUURSPORT

Hierdie nuwe opwindende sport word deur ongeveer 30 avontuurlustige leerders bedryf gedurende die 3de en die 4de kwar-taal. Hierdie leerders is topfiks en onderskei hulself op die gebied van fietsry, roei, stap, rotsklim en navigasie. Hulle ontvang ook opleiding in noodhulp en doen ook ‘n kom-paskursus. Hierdie sportsoort ontlok groot belangstelling by die publiek en word op ‘n gereelde basis op KykNET en Supersport uitgesaai. Die Interskole bergfiets-kompetisie begin reeds in Julie en die deelnemers berei al vroeg in die jaar voor daarvoor.

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

9

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

INLIGTING AAN VOORNEMENDE LEERLINGE INSKRYWING Elke leerling wat vir die eerste keer by Hoër-

skool Noordheuwel inskryf, moet die voorge-skrewe aansoekvorm voltooi wat deur die

ouers van die leerling onderteken word. Aan-soekvorms is op aanvraag by die skool beskik-

baar.

Buiten die aansoekvorm, word ook vereis dat

die leerling se oorplasingskaart vanaf die vorige skool, bewys van woonadres en ID-

dokumente (van leerder en een ouer) ingegee

word. Leerlinge, anders as nuwe graad agts, word vriendelik versoek om hul mees onlangse

rapport beskikbaar te hê ten einde klas- en groepindeling te vergemaklik.

ONDERRIGGELD BETAAL-BAAR

Onderriggeld word jaarliks bepaal en is oor 12

maande vooruitbetaalbaar voor die 7de van die

maand. Die totale bedrag moet nie later nie as die begin van Desember inbetaal wees.

WYSE VAN BETALING Debietorder — word verkies. Vorms is

beskikbaar. Tjek en Kontant moet deur die leerling

self by die administratiewe kantoor inbetaal

word en kwitansie word voorsien. Elektroniese oorbetalings:

Bankbesonderhede

Rekening: Hoërskool Noordheuwel Rekeningno: 310391255

Bank: ABSA Krugersdorp Takkode: 630 241

Tipe rekening: Tjek

Page 10: Inhoudsopgawe - Nories finaal .pdf34 TALENTWEEK Die Talentweek vind al om die tweede jaar gedurende Augustus plaas en dit bied die geleentheid vir talentvolle leerders (sang, instrumentaal,

10

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

Gr 8-INSKAKELINGSPROGRAM

Geen “ontgroening” vind plaas nie.

‘n Vooraf beplande inskakelingsprogram word gedurende die eerste week van die nuwe jaar

deur die gr 8-leerders gevolg, onder die

wakende oog van personeel en die matrieks. Hierdie program het ten doel om die nuwe

leerders sosiaal in te skakel en hulle vertroud te maak met die skoolstelsel. Dit word

afgesluit met ‘n Gr 8-konsertproduksie wat die ouers kan bywoon.

Voornemende gr 8-leerders ontvang reeds in Oktober/November ‘n inskakelingspakkie wat

hulle van die nodige inligting voorsien.

BUSVERVOER Hoërskool Noordheuwel bedien verskeie bus-

roetes, onder andere:

Rant-en-Dal

Krugersdorp-Noord/Wes Oaktree/Bekker/Noordheuwel

Muldersdrif/Ruimsig/Little Falls Randfontein

Silverfields/Breaunanda/Witpoortjie

Roodekrans Helderkruin

Fairland

Die roetes word teen ‘n koste aan die leerlinge

van Hoërskool Noordheuwel daargestel. Indien dit prakties moontlik is, word roetes

asook tydskedules gereeld hersien na gelang van veranderde behoeftes van die gemeen-

skap. Vervoer na afloop van oefening van buitemuurse aktiwiteite is ook om 17:00

beskikbaar en kan benut word. Enige

navrae in die verband kan aan die skool gerig word.

Besoek gerus ook die webtuiste vir volledige inligting.

27

· Verbode juweliersware word gekonfiskeer en in die skool se kluis tot aan die einde van die jaar bewaar.

Grimering en naels

Geen grimering word toegelaat nie. Naels mag nie verby die vingerpunte

steek nie. Geen kunsnaels of gekleurde naellak

word toegelaat nie. Sportdrag mag gedra word deur graad 8–

en 9– leerders wat ‘n sportverrykings-vak het, op die betrokke dag of vir spe-siale geleenthede soos afgekondig. ‘n Norie sweetpakbaadjie vir Maandae saalbyeenkomste is verpligtend.

Skooltasse

· Enige versterkte blou, bruin of swart skooltas is aanvaarbaar. Geen onver-sterkte sakke sonder afskortings word aanvaar nie.

· Skooltasse moet netjies wees, slegs naam en graad daarop is aanvaarbaar

nie.

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

Page 11: Inhoudsopgawe - Nories finaal .pdf34 TALENTWEEK Die Talentweek vind al om die tweede jaar gedurende Augustus plaas en dit bied die geleentheid vir talentvolle leerders (sang, instrumentaal,

26

Hare moet natuurlik gekam word. Hare mag

nie regop staan nie. Geen “wet look” word toegelaat nie. Geen oormatige jel of mousse mag gebruik word nie.

Geen wilde of uitheemse hairstyle is aanvaar-baar nie.

Vasmaakmiddels: Slegs ligblou of vlootblou linte en strikkies

word toegelaat. Slegs blou, wit of swart knippies mag gedra word. Rekkies moet lwit, ligblou, navy, bruin of swart wees.

Geen versierings, bv diamante, pêrels, blomme, kraletjies ens. nie. (matrieks se voorreg)

Slegs een ligblou of vlootblou “ Alice band” of kopband mag gedra word. Dit moet ef-fekleurig en nie breër as 20 mm wees nie. (Slegs matrieks mag wit in hul dra)

JUWELE EN GRIMERING

Juwele - Dogters

Slegs die volgende juwele is toelaatbaar: · Horlosies. · Slegs een paar oorringetjies (een aan elke

oor), met 'n maksimum deursnit van 1 cm. (Slegs goud of silwer).

· Slegs een paar goue of silwer oorknopies (studs).

· Geen pêrels of blink stene of enige ander kleur sal toegelaat word nie.

Armbande of kettinkies is ontoelaatbaar · Slegs een seëlringetjie. · Slegs lapelwapens/speldjies van die skool of

aktiwiteite waarby die skool betrokke is, mag gedra word.

· Verbode juweliersware word gekonfiskeer en tot aan die einde van die jaar in die skool se kluis bewaar.

Juwele - Seuns

· Geen kettings, ringe, armbande (koper, rek-kies of leer) mag gedra word nie.

· Slegs lapelwapens/speldjies van die skool of aktiwiteite waarby die skool betrokke is, mag gedra word.

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

11

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

AKADEMIE

VAKKEUSE

Die skool bied aan alle leerders die grootste moontlike vakkeuses. Ons streef ernstig daarna om voorsiening te maak vir die wyd-uiteenlopende vermoë, aanleg en belangstel-ling van individuele leerlinge. Hiermee wil ons verseker dat goed toegeruste leerlinge ons skoolbanke verlaat.

GRAAD 8 EN 9

GR 8 en 9 VAKKEUSE: VERRYKINGSVAKKE

Graad 8 en 9 leerders is verplig om volgens departementele vereistes die volgende vakke te neem:

Afrikaans Engels Wiskunde Natuurwetenskap Sosiale wetenskap Lewensoriëntering Bestuurswetenskap Tegnologie Kreatiewe Kuns

Die onderstaande vakke dien as verrykings-vakke. Die aanbieding daarvan sal afhanklik wees van die aantal leerders wat die betrokke vak kies. Slegs 1 vak sal per jaar gekies kan word.

VAK

Rekenaarvaardigheid

(sien p.19)

Rugby

Krieket

Netbal

Hokkie

Tennis

Page 12: Inhoudsopgawe - Nories finaal .pdf34 TALENTWEEK Die Talentweek vind al om die tweede jaar gedurende Augustus plaas en dit bied die geleentheid vir talentvolle leerders (sang, instrumentaal,

12

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

NW (Natuurwetenskappe)

Natuurwetenskap bevorder wetenskaplike geletterdheid deur die ontwikkeling van prosesvaardighede en aanwending van weten-skapskennis- en begrip om ‘n verantwoordelik-heid teenoor die gemeenskap en samelewing te kweek. Dit dien as grondslag vir verdere studie in Fisiese Wetenskap en Lewens-wetenskap. KREATIEWE KUNS

Die leerarea Kuns en Kultuur vertak in drie naamlik Spraak en Drama, Kuns en Musiek. Dié vak dra by tot die estetiese ontwikkeling van die leerder. Waardering vir die kunste word ook aangewakker.

LEWENSORIËNTERING Hierdie vak poog om leerders te lei en vir die

lewe voor te berei. Dis ‘n vakgebied wat die

kennis, waardes, vaardighede en prosesse wat

in die verskeie dissiplines integreer. Dit beoog

om leerders toe te rus om tot die kern van ‘n

probleem deur te dring, goedingeligte besluite

te neem en toepaslik op te tree, sodat hulle

betekenisvol en suksesvol in ‘n vinnige ve-

randerende samelewing kan lewe.

TEGNOLOGIE Tegnologie stel leerders kennis bekend aan vakke soos IGO, Verbruikerstudies asook Meganiese-, Siviele en Elektriese Ingenieurswese. Dit leer die leerder om ‘n probleem te identifiseer en op te los en die sluit die tegnologiese wêreld oop. SOSIALE WETENSKAPPE

Sosiale Wetenskappe is saamgestel uit drie vakdissiplines naamlik Geskiedenis, Aardryk-skunde en Toerisme. Elkeen van hierdie dis-siplines vorm ‘n belangrike deel van die leerder se akademiese agtergrond en lê ‘n basis rakende die kennis van sy herkoms, toekoms en omgewing.

25

Haarsnit

1. Seuns

Die seuns moet aan die volgende voor-skrifte vir hulle haarstyle voldoen: Wanneer die hare afgekam word:

Mag die kante nie oor die ore hang nie; Moet die lengte van kuif 20mm bokant die wenkbroue wees; Mag dit agyer nie dicker as 40mm wees nie; Mag die wangbaard nie laer as as die middeloor gedra word nie en moet kort gesny wees.

Geen "vreemde" of onkonvensionele

haarstyle word toegelaat nie.

Hare mag nie gekleur of gebleik word nie.

Geen eksamen, kompetisie, funksie of

opvoerings word as verskoning aanvaar om hare te laat groei of om skooldragreëls te oortree nie.

Geen oormatige jel of mousse mag ge-

bruik word nie, ook nie enige middel wat ‘n nat of gepluisde voorkoms verleen nie.

Die haarvorm moet egalig vertoon.

Seuns moet in aansluiting by persoonlike

netheid sorg dra dat hulle elke dag skeer.

2. Dogters Hare moet altyd netjies wees. Slegs natuurlike haarkleur word toegelaat.

Geen uiterste haarkleur soos raafswart, wortelrooi of spierwit (gebleik) ensovoorts, word toegelaat nie. Die uitgroei van gek-leurde hare word nie toegelaat nie.

Lang hare of hare wat onderkant van die kraag raak, moet stewig teen die kop vas-gemaak wees en uit die oë weggebind word.

Kuiwe mag nie wenkbroue raak nie en die wat voor die ore, oor die wenkbroue hang moet stewig vasgemaak of vasgesteek word.

Hare mag geensins in slierte in die gesig en langs die gesig hang nie.

Geen stertjies of vreemde los toutjies word toegelaat nie.

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

Page 13: Inhoudsopgawe - Nories finaal .pdf34 TALENTWEEK Die Talentweek vind al om die tweede jaar gedurende Augustus plaas en dit bied die geleentheid vir talentvolle leerders (sang, instrumentaal,

24

SKOOLREËLS

Skooltye: 07:25 – 14:00

Alle leerders ontvang ‘n volledige stel

skoolreëls aan die begin van elke skooljaar. ‘n

Volledige stel is ook op aanvraag beskikbaar by ontvangs.

Hierdie is slegs ‘n uittreksel van die algemene

skoolreëls wat van belang sal wees vir voornemende leerders.

SKOOLDRAG Foto’s van die voorgeskrewe skooldrag verskyn op die middelblad.

ALGEMENE REëLS TEN OPSIGTE VAN SKOOLDRAG. Alle skooldrag moet met die leerling se

naam gemerk word. Die dra van kleurbaadjies is verpligtend

tydens saalopening asook daagliks gedurende die winterseisoen.

‘n Langmoutrui word nie sonder 'n baadjie gedra nie.

Sweetpakbaadjies word glad nie saam met skooldrag gedra nie.

Geen wintersbaadjies word toegelaat in die plek van ‘n kleurbaadjie nie.

Seunskoene Swart met veters en ‘n behoorlike hak. Geen diksole, stewels, gespes of aanglipskoene nie. Dogterskoene Swart met enkelband oor die voet. "Baby dolls" mag gedra word. Geen diksool– of oprygskoene word toegelaat nie. Rok- en romplengtes Die romp en rok mag nie korter as 10 cm wees nie, gemeet vanaf die lyn aan die agterkant van die knie, wanneer die dogter regop staan. Langbroeke Langbroeke mag nie nouer afgewerk word nie - dit geld vir seuns en dogters.

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

13

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

EBW (Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe)

Hierdie leerarea is fundamenteel in die voor-bereiding van die burgers ten einde die kritieke belangrikheid van heropbou, ontwikkeling en ekonomiese groei vir ‘n volhoubare ekonomiese toekoms te verstaan. Leerders word bekendgestel aan ekonomiese- en bestuursvaardighede en word toegerus met bekwaamhede om welvaart te skep.

EBW verwys na die vakke Ekonomie, Bedryfse-konomie en Rekeningkunde soos dit in die ver-lede bekend gestaan het. WISKUNDE

Wiskunde bestaan uit vyf komponente, oftewel leeruitkomstes nl: 1. Getalpatrone 2. Funksies en Algebra 3. Ruimte en vorming 4. Statistiek 5. Meting Die leerders kry toenemend te doen met prakti-ese toepassings. Dit is gebaseer is op waarneming van patrone wat lei tot teorieë. Wiskundige probleemoplos- sing stel ons in staat om die wêreld te verstaan en om daarvan gebruik te maak in die daaglikse lewe. Wiskunde is met verloop van tyd deur taal en simbole ontwikkel. Dit stel leerders in staat om te kommunikeer deur tabelle, diagramme en beskrywings in woorde. Wiskundige vaardighede word gebruik om probleme kreatief en krities te identifiseer en op te los. Gereelde inoefening van die nuwe vaardighede wat daagliks in die klas aangeleer word, is nood-saaklik. Gevolglik word daar ook ekstra klasse op ‘n weeklikse basis aangebied.

Page 14: Inhoudsopgawe - Nories finaal .pdf34 TALENTWEEK Die Talentweek vind al om die tweede jaar gedurende Augustus plaas en dit bied die geleentheid vir talentvolle leerders (sang, instrumentaal,

14

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

GR 10, 11 EN 12 4 VERPLIGTE VAKKE

Afrikaans Engels Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid Lewensoriëntering

3 KEUSE VAKKE Die volgende vakke word in die

verskillende leerareas aangebied.

SOSIALE WETENSKAPPE Geografie

KUNS EN KULTUUR Dramatiese Kunste Visuele Kuns

BESIGHEID-, EKONOMIESE– en BESTUURSWETENSKAP Rekeningkunde Besigheidstudies Ekonomie

INGENIEURSTUDIE EN TEGNOLOGIE * Meganiese Tegnologie Ingenieursgrafika en ontwerp

FISIESE-, WISKUNDIGE-, REKENAAR– en LEWENSWETENSKAP. Fisiese Wetenskap Lewenswetenskap Wiskunde Wiskundige Geletterdheid Informasie Tegnologie (IT) * Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) DIENSTE Verbruikerstudie * Toerisme LW: Vakke wat met ‘n * gemerk is, is nie toelatingsvakke tot universiteit

studie nie. Vakvereiste: Indien Fisiese Wetenskap as

vak gekies word, moet Wiskunde ook geneem

word.

23

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

LEIERONTWIKKELING

'n Verteenwoordigende leerlingraad word jaarliks op 'n demokratiese wyse verkies. Twee verteenwoordigers word in elke klas verkies wat die leerlinge op die raad verteenwoordig. Uit hul geledere word die hoofseun en hoofdogter aangestel. Hulle verteenwoordig die leerlinge by alle leer-lingaktiwiteite deur subkomitees wat op portefeuljebasis onder die VLR verdeel word. Van hierdie leiers sal ook volgens die onderwysbeleid die leerlinge verteen-woordig op die Beheerliggaam .

Daar word jaarliks persoonsontwikkelings-kampe vir gr 8-leerders aangebied (ongeveer 200 leerlinge). Tydens hierdie baie gewilde kampe word ook aandag gegee aan die ontwikkeling en uitbreiding van leiersvaardighede. Voorts is daar ook doelbewuste be-moeienis met ons sportkapteins om sodoende leerlinge met potensiaal op hier-die gebied te help ontwikkel. Ons glo dat spanne met positiewe leiding tot beter prestasie in staat is.

NORIES @ WORK Dit is ‘n lokaal waar leerders van Maandae tot Donderdae kan huiswerk doen, take of opdragte voltooi en studeer terwyl hulle wag vir vervoer of sportoefeninge. Daar is internetfasiliteite beskikbaar sowel as ‘n personeellid wat kan help met toesig en sekere probleme.

Page 15: Inhoudsopgawe - Nories finaal .pdf34 TALENTWEEK Die Talentweek vind al om die tweede jaar gedurende Augustus plaas en dit bied die geleentheid vir talentvolle leerders (sang, instrumentaal,

22

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

AANVULLENDE KLASSE Verskeie aanvullende klasse (onder andere Wiskunde, Fisiese Wetenskap en Reke- ningkunde) word deurlopend gratis aan ons leerlinge gebied.

Leerlinge wat probleme in vakke ervaar word aangemoedig om hierby in te skakel. Soos wat die behoefte ontstaan, word aan-vullende klasse ook in ander vakke gereël.

LEESLABORATORIUM

Alle Gr 8 leerders se lees/begrip vermoë word aan die begin van die jaar getoets. Leerders word dan aanbeveel om die lees-sentrum by te woon. Tydens die sessies is ‘n personeellid teenwoordig om individuele aandag aan leerders te bied en sodoende die leerders se lees- begripvermoë te ver-beter. Leerders van ander grade is ook welkom.

TOETSE EN EKSAMENS

Eksamens word jaarliks gedurende Junie en November afgelê. Matrieks skryf gedurende Augustus die rekordeksamen. Toetsreekse word gedurende die eerste-, tweede- en derde kwartaal afgelê. Elke week is daar 2 toetsdae. Gedurende eksamens mag leerders tuis studeer tensy hierdie voorreg weens swak akademiese prestasie of dissiplinêre maatreëls verbeur word.

15

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

ADDISIONELE VAKKE

Dit staan die leerders vry om ‘n agtste vak of meer te neem. Indien die aanvraag dit regverdig en dit prakties implementeerbaar is, sal dit aangebied word. Die vakke wat addisioneel geneem kan word na gelang van behoefte is: Rekenaar Toepassingstegnologie

Landbouwetenskappe Toerisme

Geografie Lewenswetenskappe

Rekeningkunde

Addisionele vakke moet vanaf gr 10 saam met ander vakke geneem word en moet aan alle portefeuljevereistes per graad voldoen. Die vakke word in die Gr 12 jaar saam met die ander verpligte 7 vakke geskryf en kan nie voortydig afgeskryf word nie.

VAKINHOUDE WISKUNDE Wiskunde bestaan uit vyf komponente: 1. Getalpatrone 2. Funksies en Algebra 3. Ruimte en vorming 4. Statistiek 5. Meting Die leerders kry toenemend te doen met praktiese toepassings. Wiskunde is gebaseer op waarneming van patrone wat lei tot te-orieë. Wiskundige probleemoplossing stel ons in staat om die wêreld te verstaan en om daarvan gebruik te maak in die daaglikse lewe. Wiskunde is met verloop van tyd deur taal en simbole ontwikkel. Dit stel leerders in staat om te kommunikeer deur tabelle, dia-gramme en beskrywings in woorde. Wiskun-dige vaardighede word gebruik om probleme kreatief en krities te identifiseer en op te los. Gereelde inoefening van die nuwe vaar-dighede wat daagliks in die klas aangeleer word, is noodsaaklik. Gevolglik is daar ook ekstra klasse op ‘n weeklikse basis.

Page 16: Inhoudsopgawe - Nories finaal .pdf34 TALENTWEEK Die Talentweek vind al om die tweede jaar gedurende Augustus plaas en dit bied die geleentheid vir talentvolle leerders (sang, instrumentaal,

16

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

Hierdie vak voorsien leerders met begrip vir die rol wat hierdie vak speel in die moderne wêreld. Dit help leerders om die lewensver-wante toepassings van wiskunde te beoe-fen. Hulle ontwikkel ook hiermee die ver-moë en vertroue om probleme in daaglikse situasies te analiseer. Dit brei nie net hul basiese wiskundige vaardighede uit nie, maar help hulle ook om wiskundige grafieke, tabelle, ens. te verstaan en te evalueer. MEGANIESE TEGNOLOGIE Hierdie vak behandel tegnologiese prosesse wat in die ontwerp en vervaardiging van nuwe produkte gebruik word. Dit help t.o.v. vakrigtings soos Meganiese- en Siviele-ingenieurswese sowel as vervaardiging en kontrole van metale en nie-metale. Daar is ‘n teoretiese en teken- komponent, toepassing van gereedskap en masjinerie sowel as ‘n praktiese en komponent waar modelle gemaak word.

VISUELE KUNS

Kuns raak die sintuiglike, estetiese, skeppende en verstandelike ontwikkeling van die kind. Dit behels ook die aanleer van vaardighede en metodes om teoretiese en praktiese probleme te kan oplos. Die doel van kunsonderrig is egter nie alleen beperk tot dit wat die leerder skep nie, maar lei ook tot die ontwikkeling van insig in die estetiese aspekte van die alledaagse lewe. Die leerder word dus deur kunsopvoeding voorberei vir die gemeenskapslewe sodat hy ‘n konstruktiewe bydrae tot die kulturele gemeenskap kan lewer.

21

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

EKONOMIE Waarom Ekonomie? Dit bied die geleentheid om meer te leer aangaande die ekonomie in geheel: makro ekonomie, nasionale inkomste, ekonomiese ontwikkeling, inflasie, hoe ‘n landsbegroting gedoen word en waarvoor belasting gebruik word.

REKENINGKUNDE

In die vak Rekeningkunde word daar geleer hoe die boekhoudingsproses van 'n eenmansaak werk. Daar word in gr. 8 en 9 aandag gegee aan alle kontant- en kre-diettransaksies van 'n onderneming. Dokumente soos kwitansies en tjeks word voltooi en die boekhoudingsproses in die verskillende hulpjoernale word dan op 'n daaglikse basis hanteer. Grootboekreke- ninge en proefbalanse word maandeliks opgestel waarna daar aan die einde van die jaar bereken word hoeveel wins die onderneming gemaak het. In gr. 11 en 12 word aandag gegee aan ander ondernemingsvorme soos vennootskappe en maatskappye.

LANDBOUWETENSKAPPE Die vak is ‘n teoretiese vak wat landbou as ‘n wetenskap bestudeer. Dit kyk na die volhoubare aanwending van grond, plante en diere vir landbouproduksie.

Leerders sal na afloop van die kursus baie meer insig hê in die wêreld van die kom-mersiële en kommuniale boere. Met be-trekking tot die arbeidsektor sal leerders hulle man kan staan in bemarking, navorsing, produksie en administrasie in landboubedrywe.

Page 17: Inhoudsopgawe - Nories finaal .pdf34 TALENTWEEK Die Talentweek vind al om die tweede jaar gedurende Augustus plaas en dit bied die geleentheid vir talentvolle leerders (sang, instrumentaal,

20

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

GEOGRAFIE

Geografie is ‘n wetenskap waar die fisiese, menslike en ruimtelike kragte op aarde wat geïntegreerd voorkom oor ruimte en tyd, bestudeer word.

Dit bestudeer die verspreiding van bevol-kings en hulle aktiwiteite, fisieke en mens-gemaakte strukture, ekosisteme en die interaksie tussen die mens en hulle omgewing. Die uitdaging vir die geograaf is om sin te maak van die komplekse wêreld wat op ‘n verskeidenheid van wyses beïnvloed word deur verskillende kragte.

VERBRUIKERSTUDIE Leerlinge doen ondervinding op in die vol-gende afdelings : verbruikersgedrag, besluitneming en

volhoubare verbruik voedsel en voeding: Diëte kleding: Tekstiele, Mode ens. behuising en Interieur ergonomie en universele ontwerp entrepreneurskap vervaardiging van voedelselpro-

dukte— kook, bak en keurige bediening Die volgende studierigtings kan gevolg word na Gr 12 :

B.Com graad in Hotel en Toerisme B.Sc graad in Verbruikersweten-skappe Drie jaar gasvryheidstudie diploma by Tegniese Kollege Drie jaar kursus by 'n Technikon in samewerking met 'n hotelskool

17

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

INFORMASIETEGNOLOGIE

Die IT leerlinge leer ‘n programmeringstaal aan en dus ook ‘n nuwe denkvaardigheid om probleme op te los. Die RTT (Rekenaars toepassings tegnologie) leerders word voorberei om met Microsoft Office te werk. Woordverwerking, sigblaaie en databasisverwerking word onder meer behandel. INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP (IGO) Dit is ‘n internasionale erkende vak wat beide akademiese en tegniese toepassings het binne die konteks van Meganiese en Siviele Tegnologie.

Ingenieursgrafika en ontwerp as ‘n vak gee leerders die geleentheid om: Idees grafies te kommunikeer deur

gebruik te maak van tekeninstru-mente en rekenaargebaseerde tegnologie.

Ondersoek spesifieke basiese kon-septe en inhoud binne die Meganiese, Siviele en Elektroniese Tegnologie.

Ontwikkel verskeie instrument– en vryhandtekentegnieke en vaar-dighede.

Aktiewe leer vind plaas deur die oplos van tegnologiese probleme met be-hulp van grafiese kommunikasie en kreatiewe denke.

Projekte uit te voer deur gebruik te maak van die ontwerpproses.

Kennis te gebruik en toe te pas op ‘n konstruktiewe wyse.

Bekendstelling aan “ROT” as metode om tekeninge te produseer

Page 18: Inhoudsopgawe - Nories finaal .pdf34 TALENTWEEK Die Talentweek vind al om die tweede jaar gedurende Augustus plaas en dit bied die geleentheid vir talentvolle leerders (sang, instrumentaal,

18

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

R E K E N A A R T O E P A S S I N G S -TEGNOLOGIE (RTT)

Die vak is 'n samevoeging van Tiktegniek, Inligtingverwerking en Rekenaarpraktyk. Die graad 8-leerlinge kan rekenaarvaar-digheid as keusevak neem. Dit sluit in die aanleer van die toetsbord asook die be-meestering van Microsoft Word - met al sy funksies. Die leerlinge wat hierdie vak neem berei hulself voor om toe oë (blindtik) te kan tik, sekere dokumente te kan tik, asook funksies van Microsoft Word te bemeester. Leerders doen ook basiese vaardighede op in sigbladverwerking (Excel), programmer-ing (Scratch), aanbiedings (Powerpoint) en video-redigering (Photo story) BESIGHEIDSTUDIES

Geen besigheid kan ontstaan sonder ‘n besigheidsplan en begroting nie. Leerders ontvang onderrig in verskeie onderwerpe soos bestuur, administrasie, personeel, bemar-king, aankope, ondernemings-vorms, finansies, produksie en veel meer. TOERISME

In toerisme as vak doen leerders kennis op en ontwikkel vaardighede wat hulle in staat stel om informasie te versamel, te organiseer en analiseer en sodoende probleme op te los. Die leerder kyk met ‘n kritiese oog na sy omgewing en word be-wus van ander kulture. Hulle word sensi-tief oor ander se sienswyse wat gelowe en lewenstyl betref. Daarby word die leerder bewus van loopbaangeleenthede wat be-trekking het op die toerismebedryf .

19

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

LEWENSWETENSKAPPE

Dit is die sistematiese studie van LEWE waardeur daar opnuut verwondering vir die “grootsheid van die Skepping” gekweek word. Die leerarea stel leerders in staat om basiese lewensprosesse soos voortplanting en voeding te ondersoek en ontwikkel nut-tige vaardighede. Die leerarea is baie aktueel en gee aandag aan vraagstukke soos gene- tiese manipulasie, globale aardverwarming, watertekorte, alternatiewe kragbronne, oordraagbare siektes en veel meer. Lewenswetenskap rugsteun alle B.Sc.-studierigtings en word ook gebruik in eko-toerisme, natuurbewaring en verwante loop-bane. Die temas wat bestudeer word is :

omgewingstudies

weefsels, selle en molekulêre studies

strukture en beheer van prosesse in

basiese lewenstelsels diversiteit, verandering en kontinuïteit

FISIESE WETENSKAPPE

Dit is die studie van fisiese en chemiese ver-skynsels deur wetenskaplike ondersoeke, om sodoende ‘n bydrae te lewer tot wetenskap-like kennis en insig, asook die verantwoorde-like toepassing daarvan. Suid-Afrika is ‘n mynbou- en landbouland. Daar is ‘n groot tekort aan gekwalifiseerde tegniese– en akademiese vaardighede in veral die toegepaste wetenskappe. Fisiese wetenskap is ‘n voorvereiste vir alle B.Sc studierigtings en daar is ook baie werksgeleenthede vir tegnici. Die temas wat bestudeer word is :

meganika

golwe

elektrisiteit en magnetisme

materie

chemiese verandering

chemiese stelsels

“ Science without religion is lame; Religion without science is blind”