6
7 September 2014 Jaargang 3 #29 09:30 Oggenddiens Ds Willem Steyn Tema: Deur die hulp van die Here, leef ek vandag en vir altyd Dr Raymond Potgieter Theme: Some enduring reasons for composing songs of worship Scripture readings: Pss. 122-125 11:30 International Service 19:00 Lentesangdiens saam met Cachet Ds Willem Vogel Tema: Die Hele skepping preek Sing: Ps 92-1:1,6 Sing: Ps 19-1:3,5 Skriflesing: Psalm 19:1-12 Teksverse: Psalm 19:1 en Spreuke 30:24-25 NGB Artikel 2 Sing: Ps 1-1:1,2 Om die studente tegemoet te kom begin die aanddiens vanaand om 19:00 hier in ons kerkgebou. Sing: Ps 121-1:1 Sing: Ps 89-2: 1, 5 Wetlesing: Matteus 6:19-34 Sing: Ps 130-3: 1, 2 (Kinderbegeleiding) Skriflesing: Psalm 124 Teks: Psalm 124: 6-8 Sing: Sb 12-3: 1, 2 Sing: Ps 131-1: 1, 2, 3 Amen: Sb 13-3

Jaargang 3 #29 7 September 2014 09:30 Oggenddiens€¦ · Jos Coetzee (083-646-9040) is die afge-lope week met prostaatkanker gediagno-seer. Dit is nog onseker watter behandeling

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Jaargang 3 #29 7 September 2014 09:30 Oggenddiens€¦ · Jos Coetzee (083-646-9040) is die afge-lope week met prostaatkanker gediagno-seer. Dit is nog onseker watter behandeling

7 September 2014Jaargang 3 #29

09:30 OggenddiensDs Willem Steyn

Tema: Deur die hulp van die Here, leef ek vandag en vir altyd

Dr Raymond PotgieterTheme: Some enduring reasons for composing songs of worship

Scripture readings: Pss. 122-125

11:30 International Service

19:00 Lentesangdiens saam met CachetDs Willem Vogel

Tema: Die Hele skepping preek

Sing: Ps 92-1:1,6Sing: Ps 19-1:3,5

Skriflesing: Psalm 19:1-12Teksverse: Psalm 19:1 en Spreuke 30:24-25

NGB Artikel 2Sing: Ps 1-1:1,2

Om die studente tegemoet te kom begin die aanddiens vanaand om 19:00 hier in ons kerkgebou.

Sing: Ps 121-1:1Sing: Ps 89-2: 1, 5

Wetlesing: Matteus 6:19-34Sing: Ps 130-3: 1, 2 (Kinderbegeleiding)

Skriflesing: Psalm 124 Teks: Psalm 124: 6-8Sing: Sb 12-3: 1, 2

Sing: Ps 131-1: 1, 2, 3Amen: Sb 13-3

Page 2: Jaargang 3 #29 7 September 2014 09:30 Oggenddiens€¦ · Jos Coetzee (083-646-9040) is die afge-lope week met prostaatkanker gediagno-seer. Dit is nog onseker watter behandeling

2

Meelewing

Baie dankieLiewe gemeente so baie dankie vir die blomme. Dit was wonderlik om ‘n stukkie lente in my huis te bring. Dankie vir julle omgee. Baie groete, Zabeth Robinson

Ons is saam met Anri Loggenberg (079-525-3102) en haar familie dankbaar dat sy vanoggend haar geloof kan bely.Suzette Coetzee (082-854-0764) is tuis na haar rugoperasie. Ons is dankbaar dat dit goed verloop het en bid nou vir volkome herstel.Ons bly dink aan tannie Kokkie Helberg en oom Jaap (082-738-8237) wat haar moet bystaan.Jos Coetzee (083-646-9040) is die afge-lope week met prostaatkanker gediagno-seer. Dit is nog onseker watter behandeling hy moet ondergaan. Ons bid vir hom en Tina en glo saam met hulle dat die Here hulle sal bly dra op die pad vorentoe.Bettie Snyman (082-732-7907) ondergaan in hierdie dae verdere toetse en moet be-sluite neem oor meer intensiewe behande-ling vir haar kanker. Mag die Here genesing en uitkoms gee.Tannie Helena Robinson het sodanig na haar heupoperasie herstel dat sy spoe dig kan teruggaan na die versorgingsoord waar sy bly.Rina de Beer (083-277-6996) het goeie nuus ontvang oor haar kankerbehandeling en alles lyk voorlopig in orde vir die stam-seloorplanting wat sy DV op 22 September ondergaan.Martiens Venter (082-532-3118) se Bybel-vasvra-span, van vier, het na twee uitdun rondtes wat nasionaal geskryf is, deurge-dring na die finale rondte, wat die naweek van 17 Oktober in Wellington plaasvind. Sterkte Martiens, ons is trots op jou!

Ons herinner graag die kinders daaraan om volgende Sondag hulle spesiale “Borg ‘n Bybel”-spaarbussies saam te bring. Dit gaan tydens die oggenddiens opgeneem word.

Laaste week om te SPAAR!

Het wetenskap God oorbodig en

irrelevant gemaak?John Lennox, wiskundige van Oxford en wêreldberoemde apologeet pak hierdie kwessie aan – Maandagaand 15 September vanaf 18:30 in die Amfi-teater op die PUK kampus. Toe hy Potch verlede jaar besoek het, moes die mense wat nie sitplek in die paad-jies van die auditorium gekry het nie, maar omdraai. Gelukkig behoort daar genoeg plek te wees vir almal wat hierdie jaar wil kom. Daar word meer as ‘n duisend mense verwag!Navrae: Henk Stoker (018-299-1596) of Kobus van der Walt (071-897-0290)

Kruispad is ‘n jeugtydskrif wat gerig is op jong, groeiende gelowiges om toerusting te gee vir die maak van ingeligte keuses wat tot geloofsgroei lei. Dit is ‘n kwartaalikse tydskrif. Die inskrywingsgeld vir 2014/2015 is R116 vir die harde kopie en R85 vir die elektroniese tydskrif. Jy kan ons webblad besoek by www.kruispad.net. Indien jy wil inteken of ‘n artikel skryf, kan jy ‘n e-pos stuur aan [email protected]

EKEN

IN

KRUISP

AD

OP

Page 3: Jaargang 3 #29 7 September 2014 09:30 Oggenddiens€¦ · Jos Coetzee (083-646-9040) is die afge-lope week met prostaatkanker gediagno-seer. Dit is nog onseker watter behandeling

3

Diensgroep:Nuwe lidmate

Borg-’n-BybelBaie dankie aan almal wat reeds skenkings vir die Borg-’n-Bybel-projek gemaak het. Ons kort egter nog heelwat skenkings om ons doelwit van 600 te haal.Die Borg-’n-Bybel-projek word in die plek van ‘n eenmalige Bybelverspreidingkollek-te gehou. Ons vra elke belydende lidmaat om ‘n skenking van R50 hiervoor te maak. Ons mik om 600 Bybels (dus R30 000) aan die Bybel genootskap te skenk.Daar is spesiale “Borg-’n-Bybel”-koevertjies beskikbaar by die deure en kerkkantoor. Plaas asseblief u bydraes in die bruin blikke naby die deure. U is ook welkom om ‘n elek troniese inbetaling te maak. Betaal asb in die gewone rekening (sien agterop Lan-tern) in, maar maak die verwysing “Borg ‘n Bybel”.Kontak die kerkkantoor vir meer inligting.

Verjaarsdae

2

Hoërskool uitreik na Hillbrow

Ons gaan weer DV Vrydag 12 September op ‘n uitreik na MES (Middestad Evange-liese Sorg) in Hillbrow. Die reëlings is as volg: Vertrektyd: Vrydag 12 September om 15:00. Terugkoms: Vroeg-oggend Sater-dag 13 September. Kostes: Geen. Verlede jaar se uitreik was ‘n hoogtepunt vir almal wat gegaan het – so skryf sommer vandag nog jou naam op die lys in die voorportaal! Daar is net 25 plekke beskikbaar. Vandag is die laaste kans om jou naam op te skryf!

Raak betrokke by die verwelkoming van nuwe lidmate, hetsy studente of ‘regte mense’!

Hoe werk dit? Nuwe lidmate word gekontak en

voorgestel aan ander lidmate sodat hulle tuis kan voel binne die

gemeente. Ook is daar ’n nuwe inisiatief om elke Sondag by die deure te staan om nuut en ook

ou lidmate te verwelkom en om te hoor hoe dit gaan.

Hoe word ek deel? Bel vir Ruan Steyn 072 818 4439 of begin net gesels met nuwe

mense in die gemeente en kuier voor die erediens met iemand wat jy

nog nie ken nie!

nog jou naam op die lys in die voorportaal! Daar is net 25 plekke beskikbaar.

Vandag, 7 SeptemberNita Becker 072-158-4201Ray Everson 082-786-0814Frans-Meyer vd Walt 076-409-4411

Maandag, 8 SeptemberWilhelm Nagel 082-465-0951Cornita Steenekamp 071-203-0437

Woensdag, 10 SeptemberElma de Kock 083-302-5282Malie Smit 072-215-8514Retha van Wyk 083-967-1511

Donderdag 11 SeptemberIzak de Kock 082-447-0693Johannes Smit 082-876-9122Hein Venter 079-500-2522

Vrydag, 12 SeptemberTheuns Eloff 082-923-4466Fika J Van Rensburg 082-870-2656Johan Rousseau 076-357-8833

Saterdag, 13 SeptemberTheo Mushayabasa 076-860-0669Chris Vorster 081-270-8023

20

18

20

Page 4: Jaargang 3 #29 7 September 2014 09:30 Oggenddiens€¦ · Jos Coetzee (083-646-9040) is die afge-lope week met prostaatkanker gediagno-seer. Dit is nog onseker watter behandeling

4

Ons wil graag die fondse wat ons die jaar dmv die Kuierkombuis insamel aanwend vir instansies wat hier op die Bult (en wyer in Potchefstroom) besig is om met hulpver-lening en geleentheidskepping ʼn verskil in ons samelewing te maak. Op die manier wil ons as gemeente graag vir hulle erkenning gee en ʼn hand uitsteek om saam met hulle betrokke te wees op die stukkie aarde van die Here. Ons dink byvoorbeeld aan Thakaneng tehuis vir straatkinders, Huis Hebron wat huisves-ting verskaf aan huislose enkelpersone, Dienssentrum wat bejaardes hier versorg, Bet Ezer, Ons Hulde ouetehuis, Konings-kinders, die polisie se dwelm– en speur-tak, die skoonmaakaksie op die Bult, ens. Indien jy bewus is van sodanige instansies sal ons dit waardeer as jy die name vir Fanie of Hanlie deurgee.

Grenzeloos Nederlands– Jules De Corte

Hulle gemeenskaplike bewondering vir meester-kleinkunstenaar Jules De Corte (1924-1996) het daartoe gelei dat die Ned-erlandse klaviervirtuoos Bert van den Brink en die veteraan Afrikaanse sanger Jannie du Toit beplan om later vanjaar in Neder-land sowel as in Suid-Afrika ’n program aan te bied met die musiek van hulle held. De Corte was sanger, komponis, digter, filosoof, humoris en pianis en sy werk sluit ongeveer drieduisend liedjies in. Hy is bekroon met die Visser-Neerlandia-prys, die Louis Davids-prys, ’n Gouden Harp- en Edison-toekennings en hy was verder lid van die uitgelese “Maatschappij der Ne-derlandseLetterkunde.” In die besonder was Jules vir die tweede helfte van die vorige eeu bekend as “een scherpzinnige observa-tor, een kritisch denker”, maar ook as “een zachtmoedige dichter en een briljant com-ponist” – aldus Jules se biograaf, Cees van der Pluijm. Sy werk vir radio-omroepe en sy uitgesproke kritiese sienswyse het hom ’n geliefde maar ook omstrede huishoudelike naam in Nederland gemaak. Op die vooraand van hulle maandlange toer in Nederland (Oktober-November 2014) tree Bert en Jannie van 3 tot 12 Septem-ber in Suid-Afrika op met hulle program getitel GRENZELOOS NEDERLANDS – JU-LES DE CORTE. Die aanbieding, waartydens Bert en Jannie hulle gehoor op ’n wonder-like reis deur die wêreld van Jules De Corte neem, beloof om ’n uiters genotvolle aand met voortreflike tekste en musiek te wees. Dinsdag 9 September 19h30 Heimatsaal, Noordwes-Universiteit, Pot-chefstroom met Molen Korus van Loretté du Toit en Kobus Venter.Kaartjies: Heimatsaal/Protea Boekwinkel/AJR Mooirivier Mall en www.artema.co.za Navrae 082 410 4046

KUIERKOMBUIS

Teeskinkbeurte7 September

KG 12 (Sanet van der Merwe) & Wyk 12 (Nannie van der Schyff)

14 SeptemberKG 15 (Rineé Pretorius) &

Wyk 22 (Hannatjie Vorster)

21 SeptemberKG 19 (Olivia Conradie) &Wyk 24 (Cornelia Wessels)

Baie dankie!

* Indien jy bereid is met die afkook van wildsvleis vir die pasteie sal ons bly wees as jy met Judie kontak maak*Die kollektelyste is vanoggend be-skikbaar. Vul dit asseblief in en gee by die kerkkantoor in, of by die eredienste.

HULP ASB

Page 5: Jaargang 3 #29 7 September 2014 09:30 Oggenddiens€¦ · Jos Coetzee (083-646-9040) is die afge-lope week met prostaatkanker gediagno-seer. Dit is nog onseker watter behandeling

5

Ouderlinge en Diaken aan diens

Ouderlinge: Lucas Venter & Jaap Verhoef

Diaken: Elsa Els

Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys

(TOIBO)Gekoppel aan Loslitdag die afgelope Vry-dag gee ons jaarliks een kollekte vir TOIBO. Die deurkollekte vanoggend is hiervoor bestem.Die instituut vir buitengewone onderwys is op 13 Maart 1947 deur die drie Afrikaanse susterskerke gestig met die volgende VISIE: “Behoeftegedrewe Christelike barmhartig-heidsdiens vir kinders met spesiale onder-wysbehoeftes.” Die volgende inrigtings word deur die in-stituut ondersteun om in moeilike finan-siële tye met hulle skitterende werk voort te gaan:

1. Transvalia-skool vir Epileptici2. Hoërskool Martie du Plessis vir Serebraalgestremdes3. Sonitusskool vir Gehoorgestremdes4. Prinshofskool vir Gesiggestremdes5. Transoranje-skool vir Dowes

Kom ons gee met dankbaarheid om ʼn by-drae te maak vir hierdie uiters kosbare werk wat gedoen word.

Tydens Aardklop gaan ons vanaf 6-11 Oktober die geleentheid aangryp om die liefde van ons Here Jesus Christus te DOEN. Hier gaan gegee word: liefde, iets te drinke, iets te ete, jouself! Ons HarT is om die mense wat tydens Aardklopfees hou op verskillende maniere te bedien met die liefde van ons Here. Wat jy kan doen:

Navrae: [email protected]: Hartklop @ Aardklop 2014

Skryf in om saam te kom gee (R 200 p/p)Skenk koffie, koekies, beskuit, suiker of ‘n donasie.Borg ‘n kind om deel te wees van HarTklop

GEE is beter as kry

Liefdegawesby die deure7 September

Oggend: Transoranje InstituutDiens saam met Cachet14 SeptemberOggend: ThusofondsAand: Radio Nuru21 SeptemberOggend: Pro EcclesiafondsAand: Meelewingsfonds

Liefdegawes tydens die diens word vir die Liefdesdiens van die diakens gebruik.

Ons G5 Studente-bestuur beplan al ons studente-aksies, wat ons jaarlikse G5 Studentekamp ook insluit. Nominasies vir die nuwe 2014/15 G5 Studente bestuur is oop. As jy graag op die manier wil diensbaar wees kom skryf jou naam op die lys in die voorportaal / koffi ekamer.

G5 Studentebestuur Nominasies

KUIERKOMBUIS

Ons wil graag almal wat verjaar se foto’s op die dataprojeksie-bord wys. Dit is lekker om almal op hierdie manier te leer ken.

Kontak asb vir Fransa by die kerkkantoor vir meer inligting.

Page 6: Jaargang 3 #29 7 September 2014 09:30 Oggenddiens€¦ · Jos Coetzee (083-646-9040) is die afge-lope week met prostaatkanker gediagno-seer. Dit is nog onseker watter behandeling

6

www.facebook.com../gkpotchbult../gkpotchbultG5../VenterskroonBediening../GKBultProjekte../BultInternationalChurch

@gkpotchBult #potchG5 #gkbult

Het jy geweet?• Jy kan die Lanter� elke week per e-pos kr�• Jy kan die preke op CD of ons webblad kr�• Jy kan g�atis adver�eer in die Lanter�• Ons webblad het ’n kalender met verjaarsdae en ander belang�ike gemeentesake• Jy kan elke dag op Facebook ’n herinnering kr� van wie in die gemeente verjaarSkakel Fransa by die kerkkantoor vir navrae

Kerkkantoor 018-297-4843 (tel) 086-750-5339 (faks) e-pos: [email protected]: www.gkpotchbult.co.za

Kontakons

Ds Fanie Coetzee: [email protected] Willem Steyn: [email protected]

Skribas: Ig Vorster: 082-788-5902 Jaap Verhoef: 018-294-6502Orrelistes: Jetty van Rensburg: 083-439-7379 Annatjie Verhoef: 072-391-2552Kosters (Molenstraat): Piet van Maarleveld: 084-776-6113 Koster (Gerrit Dekker): Wilma Herbst: 082-965-7525Kassier: Paul Delicado: 082-574-2204Internasionale diens: Ray Everson: 018-290-6782Diakonie: Elsa Els: 082-460-0939Katkisasie: Braam Pieterse: 082-923-4881Kleuterbediening: Marida Coetzee: 084-678-3863Dataprojeksie: Adelle Lotter: 083-286-3811Tolkdienste: Kerkkantoor: 018-297-4843

Skakel gerus met Fransa by die kerkkantoor (Weeksdae van 08:00 - 13:00) vir:

Algemene navrae, Lantern (saktyd Donderdae om 10:00), Preekopnames, Webbladnavrae, ens.

Sopkombuis: Elsa Els: 082-460-0939Susters: Judie Coetzee: 082-619-4620Onthaalkomitee: Retha van Wyk: 083-967-1511G5 Bediening: Ds Willem Steyn: 082-854-3587Musiekbediening: Hanlie Steyn: 083 654 8652 Bedieningskommissie: Jan Geertsema: 083-271-6570Finansiële kommissie: Carools Reinecke: 082-568-5652Eiendomskommissie: Johan van Dijk: 076-383-9150Liturgiese Werkgroep: Lou van Wyk: 084-520-1086Saalverhurings: Molenstraat: Kerkkantoor: 018-297-4843Gerrit Dekkerstraat: Wilma Herbst: 082-965-7525Breekware: Molenstraat: Elma de Kock: 083-302-5282Gerrit Dekkerstraat: Wilma Herbst: 082-965-7525

Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die BultABSA Tomstraattak 670-264-661 (Tjekrekening)

Verwysing: Van, voorletters, Wyk / KG

Bankbesonderhede

www.youtube.com /user/gkpotchbult

Ek wil graag ‘n lidmaat wordEk wil graag huisbesoek hê

Gooi in kollektesakkie / Gee in by kerkkantoor

Naam: ..................................................................Telefoonnommer: ...........................................

• ADVERTENSIE •Die Gereformeerde kerk Koster hou op 27 September 2014 hul Kaiingkarnaval, volge-laai met pap en kaiings, afval en stampmie-lies, mampoer en nog meer. Skaapkoppe moet vooraf bestel word. Daar sal ook ‘n teetuin en plaasmarkstalletjie wees, groot pret vir die kinders en perdesport. Om 8uur begin ‘n pretloop waar medaljes ge-wen kan word. Die verdere verrigtinge be-gin 9uur, maar kom vroeg om teleurstelling te voorkom. Vir verder navrae kontak ds. Danie en Soanet Booyens (0145432202) of Gerda Welman (0829271330).

êrens gehoor...

Your trials are not just for you, they are gifts of counsel and comfort to others. – Burk Parsons