6
09:30 Oggenddiens Jaco Lemmer Tema: Ons kan nie anders as om God wat ons identiteit bepaal met oorborrelende vreugde te eer nie Jaargang 5 #10 · Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult · 13 Maart 2016 18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn Tema: Dood vir die sonde, maar lewend vir God Sb 1-1: 1, 2, 7 Ps 16-1: 1, 3 (Kinderbegeleiding) Wetlesing: Matt 5 Ps 51-2: 1, 2 Skriflesing: 2 Samuel 6 Teks: 2 Samuel 6:21 (Preekbegeleiding Gr 1-3) Sb 11-2: 1, 2, 3 Ps 126-1: 1, 2 Het jy geweet dat jy die preke op ons webblad kan aflaai? Gaan na www.gkpotchbult.co.za, kies Afrikaanse Bediening en dan “Preke & Nuusbriewe”. Lees: Jesaja 53:1-12 Lied 386: 1 • Lied 386: 2 Lied 292: 1 • Lied 525: 1, 2 Skriflesing: Romeine 6: 1-14 Teks: Romeine 6: 6, 12 Sb 17-3: 2 Nagmaal Ps 111-2: 1-3

Jaargang 5 #10 · Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk ... · PDF fileOns bid saam met Martie Geertsema (082 792 4846) ... Koster (Gerrit Dekker): Wilma Herbst: 082-965-7525 Internasionale

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Jaargang 5 #10 · Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk ... · PDF fileOns bid saam met Martie Geertsema (082 792 4846) ... Koster (Gerrit Dekker): Wilma Herbst: 082-965-7525 Internasionale

09:30 OggenddiensJaco Lemmer

Tema: Ons kan nie anders as om God wat ons identiteit bepaal met oorborrelende

vreugde te eer nie

Jaargang 5 #10 · Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult · 13 Maart 2016

18:00 AanddiensDs Willem Steyn

Tema: Dood vir die sonde, maar lewend vir God

Sb 1-1: 1, 2, 7Ps 16-1: 1, 3 (Kinderbegeleiding)

Wetlesing: Matt 5Ps 51-2: 1, 2

Skriflesing: 2 Samuel 6Teks: 2 Samuel 6:21(Preekbegeleiding Gr 1-3)

Sb 11-2: 1, 2, 3Ps 126-1: 1, 2

Het jy geweet dat jy die preke op ons webblad kan aflaai? Gaan na www.gkpotchbult.co.za, kies Afrikaanse Bediening en dan “Preke & Nuusbriewe”.

Lees: Jesaja 53:1-12Lied 386: 1 • Lied 386: 2

Lied 292: 1 • Lied 525: 1, 2Skriflesing: Romeine 6: 1-14

Teks: Romeine 6: 6, 12Sb 17-3: 2Nagmaal

Ps 111-2: 1-3

Page 2: Jaargang 5 #10 · Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk ... · PDF fileOns bid saam met Martie Geertsema (082 792 4846) ... Koster (Gerrit Dekker): Wilma Herbst: 082-965-7525 Internasionale

2

11:30 International ServiceRev Willem Steyn

Theme: Dead to sin but living for God Scripture: Romans 6:1-14 Text verse: Romans 6:6,12

AGNUS DEIWOORD EN MUSIEK VIR DIE PASE

‘n Stemmingsprogram vir Paasfees word op Dinsdag 15 Maart 2016 om 19:30 in die NG Kerk Miederpark aangebied. Die uitvoering bestaan uit voorlesings uit die Evangelies van Mattheus en Lukas, asook gedigte van W.E.G. Louw, Jakobus van der Riet, Isak de Villiers, Hans du Plessis, Rosa Smit en Sheila Cussons. Dit word afgewissel met musiek deur Mozart, Bruch, Bizet, Fauré en Huber Lemmens.Die personeel van die NWU Skool vir Musiek wat die konsert aanbied, is:

Dirkie Nell ~ verteller Antoinette Olivier ~ sopraanYvonne-Marié Brand ~ trompetHuman Coetzee ~ tjelloJetty de Vries ~ orrel

Kaartjies teen R75/R50 is beskikbaar by die Konservatorium in Thabo Mbeki-weg (tel. 018-299-1692), PUK-Kunste in die Heimatge-bou (F9) op die universiteitskampus (tel. 018-299-2844), Protea Boekwinkel op die Bult (tel. 018-297-1583), aanlyn by www.artema.co.za en www.facebook.com/NWU.Music, of 30 minute voor die konsert by die loket.

WOORDKAFEE & PAASTYD 2016

In die weke voor Paastyd wil Woordkafee met verwondering oor die lyding van Jesus wat aan ons vrede in die hier en nou bring ’n spesiale DVD vertoon. LIG uit LIG van Annalise Wiid is ’n 45 minute Paas-DVD waarvan sy sê: “Ek vind in Jesus se mensword, sterwe en opstanding troos vir ons broosheid en hoop vir ons leegtes.” An-nalise is ’n Woord-sangeres wat haar helder sangstem, haar besondere lirieke en haar mus-iektalent gebruik om mense te motiveer om Jesus Christus as hulle Here te aanvaar en die drie-enige God met volle oorgawe te dien. Haar bedieningsvorm is nommerpas vir Woordkafee, want sy beskou dit as ’n voorreg om mense te help “om ’n bietjie meer te ervaar van hoe God is en hoe Hy in hulle wil leef”. Daarby is sy ’n begaafde woordkunstenaar wat in haar lied, DIE WOORD, getuig:

Die Woord, so ál-omvattenddie Woord wat skree en singdie Woord het God se aansigna my wêreld toe gebring!Hierdie Hemel-Woord-misteriewat my stom van wonder laatis God se lyftaalliefde …wat my hart vol vrede praat

Plek: Stilstraat 8, Vertoontye: Dinsdag 15 tot Donderdag 17 Maart om 11:00, 13:00 en 17:00. Die aanbiedings is GRATIS. Navrae by 018 285 1061 of 082 403 5130.

Theo & Ena Jooste

In voorbereiding tot Paasfees:

Goeie Vrydag: 25 Maart - Diens om 09:00 by GK OosOpstandingsondag: 27 Maart - Diens om 09:30 by ons gemeente

Paasfeesreëlings

Page 3: Jaargang 5 #10 · Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk ... · PDF fileOns bid saam met Martie Geertsema (082 792 4846) ... Koster (Gerrit Dekker): Wilma Herbst: 082-965-7525 Internasionale

3

Verjaar jy volgende week? Stuur asb jou foto na [email protected] of whatsapp na 076 391 7578 sodat ons dit op die dataprojeksiebord kan wys.

Baie dankie!

13 MaartWyk 12 (Nannie vd Schyff - 071 060 2161)

KG 10 (Petro Steyn - 076 578 4855)

20 MaartGeen beurte geskeduleer vir vakansietyd.

Enigiemand welkom!

Teeskinkbeurte

Ds Herman Venter het Maandag na agt jaar se lyding in die Here ontslaap. Ons dink aan Corrie (072 140 0826), asook Andries en Annie (083 233 5103) en die res van hulle familie. Ons is dankbaar vir die geloofsgetuienis van hoop in die Here Jesus wat uit die dood opgestaan het. Die begrafnis was Vrydag.Ons bid saam met Martie Geertsema (082 792 4846) dat daar duidelikheid sal kom oor die voorsiening van die uiters skaars en duur me-disyne wat sy tans gebruik. Sy is steeds in die Millpark hospitaal in Johannesburg.Charles Reinecke (083 458 0384) is terug by die huis na ’n suksesvolle rugoperasie.Tannie Hettie Labuschagne (018 297 1793) het toe nie ’n pasaangeër ontvang nie en is na verdere behandeling in Vereeniging terug by Groen Wilgers.Lappies Labuschagne (082 377 7731) ontvang behandeling vir ’n vergrote hart. Ons is dank-baar dat hy weer by die huis isMari Mostert (083 273 5587) ondergaan DV Maandag ’n heupvervanging in Pretoria. Ons dink aan haar wat vir die soveelste keer ge-opereer gaan word en bid dat die operasie vir haar verligting van pyn verhoogde lewens-kwaliteit sal bring.Mossie Venter (072 758 2641) het ’n geslaagde oogoperasie ondergaan waaroor ons saam met hulle bly is.Oom Andries du Preez (082 417 1020) sukkel met sy gesondheid en ons dink aan hom en tannie Tonette.Ons dink aan tannie Babie van der Walt (061 233 9813) wat na haar operasie herstel.

82

Vandag, 13 MaartElsje Werkman 082 320 4965

Dinsdag, 15 MaartKoos Grobler 082 920 8277Ben van Der Schyff 083 415 9026

Woensdag, 16 MaartBabie van der Walt 061 233 9813Louise Wyma 082 336 8466

Donderdag, 17 MaartSusan Campher 083 335 7731

Vrydag, 18 MaartElsa Els 082 460 0939Sanet Heystek 072 598 1232

Ouderlinge en Diaken aan diens

Ouderlinge: André Hattingh & Henrico Heystek

Diaken: Rina van Wyk

Wie het jy vandag

ontmoetNaam:

Interessante feit:

Tel:Werk / swot-rigting?

Die kerkkantoor sal gesluit wees vir die skoolvakansie (21 Maart - 4 April).

Daar is wel volgende Sondag nog ‘n Lantern.

Page 4: Jaargang 5 #10 · Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk ... · PDF fileOns bid saam met Martie Geertsema (082 792 4846) ... Koster (Gerrit Dekker): Wilma Herbst: 082-965-7525 Internasionale

4

Hier is jou kans om iets te doen met al daai stukkies wol ... By die Venterskroon-gemeente is daar ongeveer 50 vrouens, 35 mans, en 60 kinders. Help ons asb musse hekel / brei sodat elkeen in die winter ‘n splinternuwe mus kan hê. Dit kan ook by die kerkkantoor afgegee word.

Jy is baie welkom om enige klere, komberse, kombuisware of enige ander items by Fransa by die kerkkantoor af te gee. Ons gaan weer binnekort pakkies maak vir die gemeente in Venterskroon.

Pakkies vir Venterskroon

Hou die laaste week van die Junie / Julie vakansie oop vir die Outeniqua staptoer. Dit sal van 3 tot 10 Julie plaasvind. Kostes sal tussen R1500 en R1800 wees insluitend kos en vervoer so begin nou al spaar.

Dankie vir almal wat Midweek ‘n sukses ge-maak het! Hou die Lantern en die Whatsapp groep dop om die datums vir die volgende een te kry.

Word deel van die G5 Whatsapp groep om op datum te bly van al die G5 bedrywighede. Kontak vir Benette : 079 516 6369

Geniet die welverdiende vakansie en gaan maak seker jou ma weet jy’s nog lief vir haar.

Spirit2Spirit - Lofprysingsgeleentheid

‘n Groep interkerklike musikante van Johan-nesburg reël ‘n lofprysingsgeleentheid op 7 April om 18:00 - 20:00. Dit gaan plaasvind op die ATKV verhoog (in die park oorkant die Bult). Hierdie interkerklike aand van sang en gebed is vir studente sowel as lede van die gemeenskap. Almal welkom!

Weet jy nog nie wat jy die vakansie gaan doen nie? Hier is bietjie inspirasie:- WWESSkamp: Die kamp vir Werkende Wesens en Senior Studente kan nie mis-geloop word nie. Dit word 18 - 21 Maart in die Drakensberge gehou en kos R700 per per-soon. Kontak Erna Dreyer ([email protected] of 011 886 0580) vir meer inligting.- Riviertoer op die plaas Zorgvliet in die Oos Vrystaat. Dit vind ook van 18 - 21 Maart plaas, maar kos net R350 per persoon (dit sluit wel nie al die etes in nie). Enigiemand tussen 21 en 31 is welkom! Kontak Albert Coetsee ([email protected]) vir navrae.

Wat is jou vakansieplanne?

Wat is jou gunsteling Bybelvers? Stuur dit asb vir Fransa by die kerkkantoor en dalk verskyn dit voorop die volgende Lantern

saam met ‘n gepaste foto.

Page 5: Jaargang 5 #10 · Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk ... · PDF fileOns bid saam met Martie Geertsema (082 792 4846) ... Koster (Gerrit Dekker): Wilma Herbst: 082-965-7525 Internasionale

5

Vanaand na die diens is daar ’n afskopge-sprek deur die ouderlinge en diakens oor die beoogde nuwe bedieningswyse in die gemeente. Ons beoog om groter erken-ning te gee aan die verskeidenheid in die gemeente en in te fokus op onder andere die studente, jong werkendes en gesinne met voorskoolse kinders, gesinne met skoolgaande kinders, middelgroep tot en met aftrede, bo 65 en ook die Interna-sionale groep.Na Sondagaand se gesprek sal ons meer inligting gee oor hoe ons as gemeente in die hele proses betrek gaan word. Bid asb vir wysheid in die vraag hoe ons die di-namiese en groeiende gemeente van by die 800 lidmate beter kan bedien en tot bediening kan aanspoor.

Plaaslike Bybelverspreiding Besit jy Bybels en geestelike boeke

(Afr / Eng) wat nie meer gebruik word nie en dalk ook in ‘n gehawende toestand (selfs

met ontbrekende bladsye) is? Dit word herstel en versprei onder behoeftige persone

in Promosa en onder gevangenes. Gee dit asseblief af by die kantoor.

Ou Almanakke met dagstukkies word ook gebruik. Die dagstukkies word uitgehaal en gebind in ‘n boek,

wat ook versprei word.

NagmaalOns het die gebruik om agt keer per jaar Nagmaal te vier. Tydens twee geleent-hede, in Maart en Oktober, vind dit tydens die aanddiens plaas. Die bedoe-ling is dat ons die studente, wat ’n al hoe groter deel van ons gemeente word en wat naweke nie altyd hier is nie, ter wille te wees. Mag die Here ons as gemeente deur die gebruik van die sakrament in die geloof versterk.

Ons het elke Sondag drie eredienste in ons gemeente. Buiten die Afrikaanse oggend-diens en die aanddiens, waar daar ’n spe-siale fokus op die studente is, word daar elke Sondag ’n INTERNASIONALE DIENS in Engels gehou. Ons wil die hele gemeente uitnooi om die diens , wat om half 12 in die kerkgebou begin, by te woon. Oor-weeg dit moontlik as kleingroep om per geleentheid saam met hierdie lidmate van ons gemeente te kom aanbid.

HERBESINNING OOR BEDIENING

Internasionale Diens

Ek wil graag ’n lidmaat wordEk wil graag huisbesoek hê

Naam: .................................................................................Telefoonnommer: ..................................................

Gooi in kollektesakkie / Gee in by kerkkantoor

Baie dankie vir almal se ondersteuning en liefde in hierdie hartseer tyd. Ons waardeer dit baie.Corrie, Andries en Annie Venter.

Page 6: Jaargang 5 #10 · Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk ... · PDF fileOns bid saam met Martie Geertsema (082 792 4846) ... Koster (Gerrit Dekker): Wilma Herbst: 082-965-7525 Internasionale

6

Kom ontdek jou verborge talente saam met ons in die kunsklas. R400 per maand. Kontak Celia by 074 180 3449 / 018 290 5011

Die Teologiese Studente Vereniging hou op Vrydag 18 Maart ‘n golfdag. Kostes beloop R1000 vir ‘n vierbal waar 18 putjies in die IPS-spelformaat gespeel word. Kontak vir Lourens du Preez 071 441 6021

Skriba: Mias Smit: 084-510-9193Orrelistes: Jetty van Rensburg: 083-439-7379 Anja Viljoen: 082-053-9246Koster (Molen): Piet van Maarleveld: 084-776-6113 Koster (Gerrit Dekker): Wilma Herbst: 082-965-7525Internasionale diens: George Lotter: 083-284-7599Katkisasie: Braam Pieterse: 082-923-4881Kinderbegeleiding: Marida van Eeden: 060-977-1124Preekbegeleiding: Henriëtte vd Zwan: 082-859-2229Dataprojeksie: Adelle Lotter: 083-286-3811Klank: Stefan Linde: 072-811-1665Tolkdienste: Kerkkantoor: 018-297-4843Preekopnames: Kerkkantoor: 018-297-4843

Diakonie: Elsa Els: 082-460-0939Omgee-groep Seniors: Eunice Stoltz: 083-595-8981Sopkombuis: Elsa Els: 082-460-0939Susters: Hanlie Steyn: 083-654-8652Onthaalkomitee: Retha van Wyk: 083-967-1511G5 Bediening: Ds Willem Steyn: 082-854-3587Musiekbediening: Hanlie Steyn: 083 654 8652 Bedieningskommissie: Jan Geertsema: 083-271-6570Eiendomskommissie: Faan van Wyk: 082-551-7782Liturgiese Werkgroep: Ben de Klerk: 072-183-1083Venterskroon Diensgroep: Gerrit Pienaar: 079-527-2079Finansiële kommissie: Lou van Wyk: 084-520-1086Kassier: Paul Delicado: 082-574-2204

Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die BultABSA Tomstraattak 670-264-661 (Tjekrekening)

Verwysing: Van, voorletters, Wyk / KG

BankbesonderhedeSkakel gerus met Fransa by die kerkkantoor (Weeksdae van 08:00 - 13:00) vir:

Algemene navrae, Lantern (saktyd Donderdae om 10:00), Preekopnames, Webbladnavrae, ens.

Kerkkantoor 018-297-4843 (tel) e-pos: [email protected]: www.gkpotchbult.co.zafaks: 086-750-5339Kontak

onsDs Fanie Coetzee: [email protected] Willem Steyn: [email protected]

Liefdegawes13 Maart

Oggend: Woordkafee

Aand: Meelewingsfonds

20 MaartOggend: Emeritaatsfonds

Aand: Meelewingsfonds

27 MaartOggend: GKSA Sustentasie

Aand: Meelewingsfonds

Liefdegawes tydens die diens word vir die Liefdesdiens van die diakens gebruik.

by die deure

van Liefdesdiens LiefdegawesUiteensetting

Liefdesdiens van die Diakonie

Inkomste vir Februarie 2016: R18382.00Uitgawes vir Februarie R13550.00Surplus R 4832.00

Baie dankie vir elkeen se bydrae. Dit stel die diakonie in staat om God se liefde tasbaar te maak in en buite ons gemeente.

Bybelleesprogram

Indien jy die hele leesprogram vir die jaar wil hê kan dit vanuit die kerkkantoor vir jou ge-e-pos word. * Die leesplan stop tydens die skoolvakansie.

Les 7 (vir 10 April)*Tien broers reis na Egipte

Genesis 42:1-42:38Die broers keer terug Genesis 43:1-44:34

Josef maak hom bekend Genesis 45:1-46:7

Lees saam met die hoërskoolkinders die Ou Testament se kerngedeeltes deur.