5
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 4 3 - 10 Februarie 2017 OUERVERGADERING EN KLASBESOEK: Ons nooi al ons ouers uit na ons Ouervergadering wat op Maandag, 6 Februarie om 7:45 in die skoolsaal plaasvind. Ouers kan met die vergadering nog punte op die agenda plaas. Ouerklasbesoek vind op op die volgende tye plaas: Graad 2: 13:00 – 14:00 in die graad 2-klas Graad 3: 13:15 – 14:15 in die graad 3-klas Graad 4 – 7: 15:00 tot 17:00 in die skoolsaal. Elke onderwyser sit by ‘n tafeltjie en spreek 1 ouerpaar op ‘n slag. Ouers wat ‘n spesifieke onderwyser wil spreek, kan wag tot die plek voor ‘n onderwyser se tafel vakant raak. U kan hierdie geleentheid gebruik om met onderwysers oor u kind se welstand, aanpassing en akademiese vordering te gesels. Ouers wat nie hier kan wees nie is welkom om enige tyd ‘n afspraak met individuele onderwysers te maak. GESONDHEIDSVRAELYS: Graad 1- en graad 4-leerders het Gesondheidsvraelyste ontvang wat deur hulle ouers ingevul moet word. Verskeie dienste word deur die Departement van Gesondheid geloods en ons benodig u toestemming voordat u kind hierdie diens mag ontvang. Vul asseblief die vorm volledig in en stuur op Maandag, 6 Februarie terug na die klasonderwysers. Graad 1 en 4 leerders word op Woensdag, 8 Februarie ondersoek. Op die vorm verskyn al die dienste wat gelewer word. PANNAR EKSTRAVAGANZA: Ons skool verskaf verversings by die PANNAR Ekstravaganza op Donderdag, 9 Februarie. Dit is ‘n BAIE GROOT insamelingsprojek vir ons skool. Graag wil ons ouers van die graad 3 en 4 klasse vra om donasies van die volgende produkte te maak: KOEKMEEL EIERS SMEERBOTTER SUIKER (gee af by boekstoor) Baie dankie aan die ouers wat reeds bydraes gemaak het. Ons waardeer dit baie. Enige ouer van ons skool wat op daardie dag bereid is om die OLK te help, kan met die koördineerder, Charmainé van Niekerk by 0720677995 skakel. Ons het ook manne nodig wat kan help braai. Ons maak staat op ons ouers om met hierdie groot projek behulpsaam te wees. As jy net vir ‘n uur of twee kan werk is dit ook reg. Fondse gaan vir ons skool. SMS-STELSEL: Ouers wat nog nie teen Maandag, 6 Februarie die SMS- briefie en R60 per selfoonnommer ingehandig het nie, sal outomaties met een selfoonnommer by die stelsel geregistreer word en u R60 sal op die skoolrekening gelaai word. Aansluiting by die stelsel is verpligtend vir alle ouers. KLEREWINKEL: WINTERSKLEREBESTELLING: [BESTELVORM] Daar word slegs een bestelling vir 2017 se wintersklere geplaas. Ouers het tot Vrydag, 27 Februarie kans om windjakkers en sweetpakke vir hulle kinders te bestel. Kostes is as volg: ITEM: NR: BEDRAG: NR: BEDRAG: 1 Skoolbaadjie: (Opgestopte Windjakker) 22 - 32 R450,00 34 - 44 R470,00

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewhet Gesondheidsvraelyste ontvang wat deur hulle ouers ingevul moet word. ... SMS-STELSEL: Ouers wat nog nie ... ‘n Ongelooflike

  • Upload
    ngohanh

  • View
    219

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewhet Gesondheidsvraelyste ontvang wat deur hulle ouers ingevul moet word. ... SMS-STELSEL: Ouers wat nog nie ... ‘n Ongelooflike

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 4 3 - 10 Februarie 2017OUERVERGADERING EN KLASBESOEK: Ons nooi al ons ouers uit na ons Ouervergadering wat op Maandag, 6 Februarie om 7:45 in die skoolsaal plaasvind. Ouers kan met die vergadering nog punte op die agenda plaas.Ouerklasbesoek vind op op die volgende tye plaas:Graad 2: 13:00 – 14:00 in die graad 2-klasGraad 3: 13:15 – 14:15 in die graad 3-klasGraad 4 – 7: 15:00 tot 17:00 in die skoolsaal. Elke onderwyser sit by ‘n tafeltjie en spreek 1 ouerpaar op ‘n slag. Ouers wat ‘n spesifieke onderwyser wil spreek, kan wag tot die plek voor ‘n onderwyser se tafel vakant raak. U kan hierdie geleentheid gebruik om met onderwysers oor u kind se welstand, aanpassing en akademiese vordering te gesels. Ouers wat nie hier kan wees nie is welkom om enige tyd ‘n afspraak met individuele onderwysers te maak.

GESONDHEIDSVRAELYS:Graad 1- en graad 4-leerders het Gesondheidsvraelyste ontvang wat deur hulle ouers ingevul moet word. Verskeie dienste word deur die Departement van Gesondheid geloods en ons benodig u toestemming voordat u kind hierdie diens mag ontvang. Vul asseblief die vorm volledig in en stuur op Maandag, 6 Februarie terug na die klasonderwysers. Graad 1 en 4 leerders word op Woensdag, 8 Februarie ondersoek. Op die vorm verskyn al die dienste wat gelewer word.

PANNAR EKSTRAVAGANZA:Ons skool verskaf verversings by die PANNAR Ekstravaganza op Donderdag, 9 Februarie. Dit is ‘n BAIE GROOT insamelingsprojek vir ons skool. Graag wil ons ouers van die graad 3 en 4 klasse vra om donasies van die volgende produkte te maak:KOEKMEEL EIERS SMEERBOTTER SUIKER (gee af by boekstoor)Baie dankie aan die ouers wat reeds bydraes gemaak het. Ons waardeer dit baie.Enige ouer van ons skool wat op daardie dag bereid is om die OLK te help, kan met die koördineerder, Charmainé van Niekerk by 0720677995 skakel. Ons het ook manne nodig wat kan help braai. Ons maak staat op ons ouers om met hierdie groot projek behulpsaam te wees. As jy net vir ‘n uur of twee kan werk is dit ook reg. Fondse gaan vir ons skool.

SMS-STELSEL:Ouers wat nog nie teen Maandag, 6 Februarie die SMS-briefie en R60 per selfoonnommer ingehandig het nie, sal outomaties met een selfoonnommer by die stelsel geregistreer word en u R60 sal op die skoolrekening gelaai word. Aansluiting by die stelsel is verpligtend vir alle ouers.

KLEREWINKEL:WINTERSKLEREBESTELLING: [BESTELVORM]Daar word slegs een bestelling vir 2017 se wintersklere geplaas. Ouers het tot Vrydag, 27 Februarie kans om windjakkers en sweetpakke vir hulle kinders te bestel. Kostes is as volg:

ITEM: NR: BEDRAG: NR: BEDRAG:

1Skoolbaadjie:(Opgestopte Windjakker)

22 - 32 R450,00 34 - 44 R470,00

2 Sweetpakbaadjie: 22 - 32 R315,00 34 - 44 R365,003 Sweetpakbroek: 22 - 32 R190,00 34 - 44 R225,00

Voorbeelde van elke nommer is in die Klerewinkel beskikbaar. Bestel asseblief die klere met die bestelvorm wat by die nuusbrief aangeheg is. Sperdatum vir bestellings: Maandag, 6 Maart 2017 GROOT ASSEBLIEF

Ouers wat klere van hulle kinders het wat dalk te klein geword het, kan dit asseblief aan die Klerewinkel se tweedehandse bank skenk om aan minderbevoorregte kinders uit te deel. Ons sal dit baie waardeer!

SWEMBAD:Leerders mag nie alleen by die swembad wees nie. As die afrigters nog nie daar is nie moet hulle buite die hekke wag. Niemand loop met hulle swembroeke op die skoolterrein rond nie. Jy moet jou klere aantrek voordat jy die swembadterrein verlaat. Afrigters moet asseblief vir ons daarmee help.

SKOLIERPATROLLIE:Die lede van die skolierpatrollie versoek ouers om asseblief nie met hulle motors op die Zebrastrepe te parkeer nie. Hulle patrollietoerusting moet daar staan en dit belemmer hulle werksaamhede.

LEERDERDEELNAME:INTERSKOLE GALA: Baie dankie aan ouers wat as beamptes by die Interskole gala opgetree

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewhet Gesondheidsvraelyste ontvang wat deur hulle ouers ingevul moet word. ... SMS-STELSEL: Ouers wat nog nie ... ‘n Ongelooflike

het. Ons waardeer julle moeite en opoffering om aan ons swemmers hierdie geleentheid te gee. Dankie ook aan die Ouerleierkomitee wat so hard gewerk het by die verversings. Julle is ware steunpilare vir ons skool!

VRYSTAAT SWEMKAMPIOENSKAPPE – 14 EN 15 FEBRUARIE:Swemmers wat gekwalifiseer het om aan die Vrystaat Swemkampioenskappe deel te neem het inligtingsbriewe ontvang.

SONE ATLETIEKBYEENKOMS:Sterkte aan ons groot span atlete (63)wat op Dinsdag, 7 Februarie aan die Sone-Atletiekbyeenkoms op die Vrystaat Stadion deelneem. Alle atlete sit by die spanbestuurders op die paviljoen. Ouers moet asseblief sorg dat hulle kinders ‘n kospakkie saamneem of sakgeld gee om iets te ete te kan koop. Atlete neem in ons skool se sportklere deel (groen sporthempie en groen sportbroekie). Die bus vertrek om 5:30 vm vanaf die skool en atlete kan met hulle sportklere skool toe kom. Mnr Alfred Hodgson vergesel die span. Hy kan by 082 323 6675 gekontak word. Mnr Danie Noeth gaan die bus bestuur – 0833251188.

SKAAK:Sterkte aan Rian Steenkamp, Phillip Noeth, HJ Noeth, JG Noeth en Heinrich Poolman wat die naweek aan ‘n kwalifiserende Skaaktoernooi in Bloemfontein gaan deelneem.

NAUTILUS:Sterkte aan ons leerders wat op Saterdag, 4 Februarie aan die eerste Nautilus kompetisie in Bloemfontein deelneem.

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Baie dankie aan graad 7-mammas wat heerlike eetgoed gestuur het met die klas se verkoping. ‘n Ongelooflike bedrag van R2 209.00 is ingesamel!

NUUSBRIEWE: Elke Vrydagmiddag beskikbaar by: www.jakkies.com [Ook voriges!] Bewaar asseblief al u nuusbriewe in ‘n lêer, aangesien sommige strokies en inligting slegs een maal geplaas word. Daar word terugverwys na reëlings wat op vorige nuusbriewe verskyn.

VALENTYNSGESKENKIES:

Die Jakkies Opwaarts Sentrum hou op Dinsdag, 14 Februarie ‘n Valentynsdagverkoping. Daar is ‘n groot verskeidenheid eetgoed en mooigoed te koop teen sakpaspryse met liefde gemaak deur die Sentrum se kinders. Kom loer gerus in en koop ietsie vir die spesiale persoon in jou lewe.

SWEMBAD:Die swembad is op Sondag, 5 Februarie vanaf 10:00 tot 16:00 bespreek vir ‘n privaatfunksie. Geen ander persone in daardie tydgleuf asseblief.

…………………. PW Tait SKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Du Toit familie (Oom Kobus oorlede)

ONS PLAAS VAN TYD TOT TYD ONS SKOOL SE NUUS EN PRESTASIES OP:

http://freestate.schoolsthatrock.co.za/

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewhet Gesondheidsvraelyste ontvang wat deur hulle ouers ingevul moet word. ... SMS-STELSEL: Ouers wat nog nie ... ‘n Ongelooflike

Bring julle leë toiletpapierrolletjies vir

tannie Maryka in die boekstoor

asseblief!

BESTELVORM: WINDJAKKERS EN SWEETPAKKENaam van leerder:

GR: ___

Naam van leerder:

GR: ___

Nommer van Windjakker:(Opgestopte warm baadjie)

Bedrag: RNommer van Sweetpakbaadjie:

Bedrag: RNommer van Sweetpakbroek:

Bedrag: RTotale bedrag ingesluit:

R

Handtekening ouer: _________________________

Datum: _______________ (Leerders kan gedurende langpouse in die klerewinkel verskillende

nommers gaan aanpas met die oog op bestellings)‘N AFBETALINGSOOREENKOMS KAN MET DIE SKOOL GEREËL

WORD

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewhet Gesondheidsvraelyste ontvang wat deur hulle ouers ingevul moet word. ... SMS-STELSEL: Ouers wat nog nie ... ‘n Ongelooflike