12
1 RUGBY GRAPJAS Die Sondagskool juffrou vra die Sondag vir die klassie: “Wie het vir Simson verlei? Jannie spring op. “Dit was ‘n Steyn meisie, juffrou, ‘n Philis Steyn!BERGFIETS JV-Bergfiets bedank ook graag die volgende borg vir die 2018 seisoen. MAN-UP Johann van Staden gr 10.4 help ‘n oom op wie ‘n hek geval het en gee ook sy kos vir hom. JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein Webblad: www.htsjv.co.za No 9/2018

JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2018/03/JV-Nuus9.pdf · Dit moet ouers wees wat trots is op hul kinders se skoolkultuur en -tradisies; wat glo in die missie en visie; en wat

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2018/03/JV-Nuus9.pdf · Dit moet ouers wees wat trots is op hul kinders se skoolkultuur en -tradisies; wat glo in die missie en visie; en wat

1

RUGBY

GRAPJAS

Die Sondagskool juffrou vra die Sondag vir die klassie: “Wie het vir Simson

verlei?

Jannie spring op. “Dit was ‘n Steyn meisie, juffrou, ‘n Philis Steyn!”

BERGFIETS

JV-Bergfiets bedank ook graag die volgende borg vir die 2018 seisoen.

MAN-UP

Johann van Staden gr 10.4 help ‘n oom op wie ‘n hek geval het en gee ook sy kos

vir hom.

JV-NUUS

Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2

Rietfontein

Webblad: www.htsjv.co.za

No 9/2018

/2017

Page 2: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2018/03/JV-Nuus9.pdf · Dit moet ouers wees wat trots is op hul kinders se skoolkultuur en -tradisies; wat glo in die missie en visie; en wat

2

OPEDAG

Page 3: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2018/03/JV-Nuus9.pdf · Dit moet ouers wees wat trots is op hul kinders se skoolkultuur en -tradisies; wat glo in die missie en visie; en wat

3

RUGBYPROGRAM

SIEKTE EKSAMEN / TOETSREËLINGS

Siekte-eksamen / -toetsreëlings het so toegeneem dat dit haas onmoontlik geraak het

om dit te hanteer. Dankie aan die ouers wat die reëling getrou gevolg het en die werk

makliker gemaak het.

Die bestuur het egter besluit om die reëling te verander om die logistiek in terme

daarvan te verbeter. Reëlings werk vanaf 24 Julie 2017 as volg:

1. ‘n Leerder wat met ‘n wettige rede afwesig was dien die stawende dokumente bv ‘n

doktersbrief/begrafnisbrief by die spesifieke vakonderwyser in. Die vakonderwyser

sal dan vir die leerder ‘n punt bereken met in ag neming van die leerder se punte wat

hy/sy reeds behaal het in vorige opdragte asook die gemiddelde persentasie wat die

graadgroep vir die bepaalde opdrag (waartydens die leerder afwesig was) behaal

het.

NB: Dit staan egter die bepaalde vakonderwyser vry om ENIGE eksamen/toets wat

die leerder gemis het, met genoeg kennisgewing te laat oorskryf, indien die

vakonderwyser die leerder se kennis in terme van bepaalde werk wil toets.

2. Indien die leerder nie binne ‘n week na die afwesigheid die dokumente indien nie sal

die leerder nul vir die bepaalde opdrag kry.

3. Bogenoemde reëlings vrywaar nie die leerder om ook by sy/haar betrokke klasvoog

die bewyse/motivering vir afwesighede in te dien nie.

4. Indien enige leerder misbruik maak van die geleentheid om die formule-punt vir ‘n

bepaalde opdrag te kry sal die leerder summier nul vir die opdrag kry en ook aan

dissiplinêre aksies onderwerp word.

Ons vertrou dat bogenoemde reëlings vir u duidelik is en dat u daarby sal hou.

Indien daar egter nog enige verdere onsekerhede in die verband is, is u meer as

welkom om me Dowd enige tyd by die skool te skakel.

Page 4: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2018/03/JV-Nuus9.pdf · Dit moet ouers wees wat trots is op hul kinders se skoolkultuur en -tradisies; wat glo in die missie en visie; en wat

4

BEHEERLIGGAAMVERKIESING: 26 MAART OM 19:00 – WEES DAAR!

’n Beheerliggaam by ’n skool – waarom dit so belangrik is.

2018 het, soos enige ander jaar, blitsvinnig weggespring en mens moet omtrent alles op ’n

drafstap doen om by te bly. Dit is ook die jaar waarin beheerliggaamverkiesings by openbare skole

in Suid-Afrika plaasvind. Dit is ’n baie gewigtige gebeurtenis en elke ouer wie se kinders in 'n

openbare skool is, behoort dit in hul dagboeke aan te teken.

Wat is ’n openbare skool?

Die meeste van ons kinders gaan daagliks na openbare skole toe. Dit is nie privaat skole nie en

die regering (die Departement van Onderwys) het daarom ’n bepaalde sê en verantwoordelikheid

oor die skool. Die regering befonds ook ’n gedeelte van onderwyser se salarisse – anders as in die

geval van privaat skole, waar ouers en bestuur self vir alle uitgawes van dié skole verantwoordelik

is.

Waarom dan ’n beheerliggaam?

’n Beheerliggaam is ’n komitee wat deur ouers van die betrokke openbare skool saamgestel word.

Ouers nomineer en verkies mekaar en dit is daarom belangrik dat alle ouers hierdie

beheerliggaamverkiesing bywoon.

Wat doen die beheerliggaam dan?

Die beheerliggaam, wat deur ’n voorsitter bestuur word, lei die skool in samewerking met die

skoolhoof. Die beheerliggaam sorg vir bykomende befondsing om dié skole op te knap en te

verbeter, byvoorbeeld deur ’n Graad R-kampus op te rig of ’n astrohokkiebaan te bou. ’n

Beheerliggaam voorsien waar die onderwysdepartement nalaat om hul verantwoordelikhede na te

kom, byvoorbeeld met die aanstel en betaling van beheerliggaamonderwysers. Dit verseker dat

kinders gehalte-onderrig ontvang en voorkom oorvol klaskamers weens ’n tekort aan onderwysers

wat deur die Departement van Onderwys aangestel word. Die beheerliggaam is ook

verantwoordelik vir die skool se taal- en godsdiensbeleid.

’n Beheerliggaam beskerm ouers en kinders se belange in die skool. Daar waar die hoof,

personeel of onderwysdepartement oor die onderrigtaal of godsdiensbeoefening verskil, is die

beheerliggaam daar om ouers by te staan en te verteenwoordig. Voorbeelde hiervan is wanneer

die onderwysdepartement ’n skool dwing om kinders in te neem as dié skool reeds vol is; as die

skool onder druk geplaas word om sy taalbeleid te verander, en kinders nie meer in Afrikaans kan

onderrig kry nie; of wanneer die skool nie meer Christenskap mag uitleef nie en die skooldag nie

meer met gebed geopen of afgesluit mag word nie, of selfs wanneer rugby- en hokkiespanne nie

meer openlik voor wedstryde mag saambid nie.

Dit is in hierdie gevalle waar die beheerliggaam gewoonlik ingryp, regsopinies inwin en uitdagings

die hoof bied wat jou kinders se skool en hul onderrig bedreig.

Watter tipe ouers moet dan verkies word en waarom hulle?

Verkies ouers wat bereid is om vir al die kinders in die skool se regte op te staan – die reg om in

hul moedertaal te leer; die reg tot gehalte-onderrig; vrye keuse van geloofsbeoefening; veiligheid;

sport- en kultuurontwikkeling; vernuwing, instandhouding en uitbreiding van skoolgeboue en -

Page 5: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2018/03/JV-Nuus9.pdf · Dit moet ouers wees wat trots is op hul kinders se skoolkultuur en -tradisies; wat glo in die missie en visie; en wat

5

gronde; tegnologiese vooruitgang; en vernuwing van leermateriaal. Dit moet ouers wees wat trots

is op hul kinders se skoolkultuur en -tradisies; wat glo in die missie en visie; en wat hul tot die skool

verbind om tydens hul ampstermyn die beste vir die skool en die leerlinge te bewerkstellig.

Dit moet ’n verskeidenheid van ouers wees wat oor kennis en vaardighede in verskeie gebiede

beskik. Dit sluit in kennis van finansies (byvoorbeeld rekenmeesters, ouditeurs, geoktrooieerde

rekenmeesters en beleggingsbestuurders), die Suid-Afrikaanse regstelsel (byvoorbeeld

regsadviseurs, prokureurs, advokate, regsdosente en regskenners), administrasie en organisasie

(byvoorbeeld projekbestuurders en -koördineerders, kommunikasiepraktisyns en

besigheidsbestuurder) en infrastruktuurbestuur (byvoorbeeld ingenieurs, argitekte en

konstruksiebestuurders), asook vaardighede soos redevoering en logiese denke, en die vermoë

om situasies te ontleed, oplossings te vind en planne te maak.

Beheerliggame moet ook kennis van belangrike aspekte van die skoolomgewing hê, byvoorbeeld

hoe om die kapasiteit van ’n skool te bepaal, dissipline in die skool te bestuur en

beheerliggaamonderwysers aan te stel, asook wat die skool se regte is en hoe dit beskerm kan

word. Ouers wat tot die skool se beheerliggaam verkies word, dien vir ’n tydperk van drie jaar op

die beheerliggaam. Indien ’n ouer ná 'n jaar nie meer kan dien nie weens verplasing of kinders wat

die skool verlaat, mag ’n ander ouer met 'n tussenverkiesing in die daaropvolgende jaar in dié

vakature ingestem word.

Wat kan ek as ouer doen as ek nie deel van my kind se skool se beheerliggaam is

nie?

• Ken die skool se beheerliggaam.

• Woon die beheerliggaamverkiesing by en maak seker dat die regte ouers verkies word.

• Maak ’n ingeligte keuse wanneer jy stem.

• Motiveer ander ouers om ook aan die beheerliggaamverkiesing deel te neem of moedig

hulle aan om hulself verkiesbaar te stel. Onthou: ’n Mens kan nie oor die skoolbestuur kla

as jy nie aan die verkiesing deelgeneem en betrokke was nie.

Organisasies soos die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (FEDSAS) en die

burgerregte-organisasie AfriForum spits hulself toe op die beskerming van skole se regte ten

opsigte van hul taal-, godsdiens- en toelatingsbeleid. Solidariteit staan onderwysers en hoofde in

werkverwante vakbondsake by en Solidariteit Helpende Handbelê in onderwysers se kennis met

vakspesifieke hulpmiddels en opleiding deur hul Skoleondersteuningsentrum (SOS). Hierdie

organisasies staan gereed om ouers, onderwysers, hoofde en beheerliggaamslede van hulp te

wees waar dit ook al mag nodig wees.

Maak seker jou kind(ers) se skoolonderrig en -loopbaan is in goeie hande!

NEEM IN MAART 2018 AAN JOU KIND(ERS) SE

SKOOLBEHEERLIGGAAMVERKIESING DEEL!

Belangrike skakels:

• Sluit aan by Solidariteit: Klik hier. • Vind meer uit oor Solidariteit Helpende Hand se Skoleondersteuningsentrum (SOS): Klik

hier. • Vind meer uit oor AfriForum se eenstop-onderwysinligtingsblad: Klik hier. • Lees meer oor die relevante riglyne vir die verkiesing van skoolbeheerliggame: Klik hier.

Page 6: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2018/03/JV-Nuus9.pdf · Dit moet ouers wees wat trots is op hul kinders se skoolkultuur en -tradisies; wat glo in die missie en visie; en wat

6

TUINRUBRIEK

Doendinge in die tuin vir Maart.

Maart is die perfekte tyd om nuwe bome te plant omdat, hulle koeler weer en

die hele winter het om wortel te skiet en te vestig. Bome is egter ook die groen

longe van ons stedelike gebiede. Oorweeg gerus die bome in ons vorige JV-

Nuusbrief.

Beddingplante wat nou geskik is om te plant is die geharde en aanpasbare Verbena’s,

Lobelias, Heuningblomme (Allysums), Dianthus en Petunias. Hulle hou van die effens

koeler, laaste deel van somer en sal lank blommend wees daarna.

Maklike plante om te plant is die wilde dagga (Leonotis leonurus). Dit groei vinning en

blom oorvloedig, lok bye, voëls en skoenlappers. Jou tuin sal nuwe lewe kry met al die

insekte. Hulle kom in helder oranje, wit en salm kleure.

Begin al uitkyk vir lente blombolle want dit sal gou hierdie tyd van Maart uitverkoop wees.

Strooi suurkompos onder die Azalias, Katjiepierings en ander suur plante vir die winter wat

voorlê.

Kruie wat nou geplant kan word is Grasuie en Knoffelgrasuie. Plant in son tot halfskadu,

Koljander in ligte skadu. Gousblomme en Roket kan in vol son geplant word.

Saad wat ook gesaai kan word is die gunsteling Pronkertjies. Saai ook nou Papawers,

Koringblomme, Bokbaaivygies en Namakwalandse madelifies in voortjies.

Kyk uit vir peste soos die Italiaanse Sipresluis. Kry ‘n sistemiese gif by jou naaste kwekery

en behandel elke 14 dae tot die pes verdwyn. Miere is ook nou baie aktief en Fedona kan

ook binneshuis gebruik word. Hou ook jou oë oop vir termiete wat aktief is. Hulle is altyd

op soek na droë material en kan baie vinning baie skade veroorsaak.

Snoei heinings en struike lig, nie te straf nie, want groei begin nou afneem.

Page 7: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2018/03/JV-Nuus9.pdf · Dit moet ouers wees wat trots is op hul kinders se skoolkultuur en -tradisies; wat glo in die missie en visie; en wat

7

Voed die plante vir oulaas met 2:3:2, 50gr per vierkant ‘n meter - dit is ekstra kaluim om

stingels en selle te versterk.

Gaan water fokuspunte na vir defekte in die pompe en kyk uit vir krake.

SKAAK

Skaakoefening tye is soos volg:

Maandae: 14:00 – 15:00

Dinsdae: 14:00 – 15:00

Donderdae: 14:00 – 15:00

Vrydae: 13:30 – 15:00

SPORT OEFENTYE

VERBLYF

Daar is verblyf vir leerders beskikbaar binne 3 blokke van die skool met 2 etes

per dag plus toebroodjie ingesluit @ R2500pm.

Kontak Emmarita Pretorius by [email protected] of 081 463 2613.

Page 8: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2018/03/JV-Nuus9.pdf · Dit moet ouers wees wat trots is op hul kinders se skoolkultuur en -tradisies; wat glo in die missie en visie; en wat

8

VERVOER

• Cecile Scholtz (SkolierXpress) kan help met vervoer van en na die skool vanaf

die Sinoville omgewing, kontak haar gerus by 0609626380.

• Dream Shuttle het ‘n shuttlediens in die Mootarea, kontak vir Maryna Nigrini by 072

280 5333.

• Kobus Horn kan help met vervoer in die Mootarea. Kontak hom gerus by 063

979 7910

• Enige iemand wat kan help met ‘n saamrygeleentheid in die middag van die skool

na Nico Smit en 26ste laan, kontak Annemarie by 061 279 4082.

• Enige iemand wat kan help met ‘n saamrygeleentheid vanaf Die Wilgers, kontak

asb vir Letitia by 082 755 9626 of [email protected].

FONDSINSAMELINGS

Total

Ondersteun asseblief vir Total wanneer u brandstof ingooi. By Total Hertzog-

straat gooi u die strokie in die houer gemerk HTS John Vorster. Die skool kry ‘n

gedeelte terug.

Total Totiusdal het ‘n lojaliteitskaart bekendgestel. Wanneer u weer daar brandstof

ingooi, vra vir die strokie waarop u kan registreer vir die kaart wat u dan gee wanneer

u brandstof ingooi. Die skool ontvang dan ‘n gedeelte terug.

My School

Gebruik u MySchool-kaart wanneer u aankope doen, die skool kry ‘n persentasie

en u kry ook afslag op u aankope. Vir meer inligting gaan na www.myschool.co.za

of skakel hulle op 0860 100 445. U kan ook ‘n aansoekvorm by die algemene

kantoor kom afhaal.

Makro

Daar is twee opsies:

• Indien u nie ‘n Makrokaart het nie, kan u aansoek doen om ‘n kaart te bekom.

U kaart word dan aan HTS John Vorster se rekening gekoppel en die skool

ontvang ‘n persentasie van die wins van die aankope in die vorm van ‘n rabat.

• Indien u wel ‘n Makrokaart besit, kan u ook die vorm voltooi en versoek dat

die kaart aan HTS John Vorster gekoppel word, sodat die skool vir alle

aankope wat u by Makro maak, die rabat ontvang.

BlitsElektries

Wanneer u enige aankope by Blits doen, noem die skool se naam sodat hulle dit kan aanteken, die skool ontvang krediet. PnP

Die PicknPay Waverley hou weer ‘n kompetisie waarin die wenskool geld kan

wen. Ondersteun ons asseblief deur u strokie in die houer gemerk HTS John

Vorster, te gooi.

Page 9: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2018/03/JV-Nuus9.pdf · Dit moet ouers wees wat trots is op hul kinders se skoolkultuur en -tradisies; wat glo in die missie en visie; en wat

9

KLETSHOEKIE

HIERDIE WEEK

KYK ONS NA…

15 Maart 2018

Antoinette Dowd

Page 10: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2018/03/JV-Nuus9.pdf · Dit moet ouers wees wat trots is op hul kinders se skoolkultuur en -tradisies; wat glo in die missie en visie; en wat

10

STRESONTLAAIER

Page 11: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2018/03/JV-Nuus9.pdf · Dit moet ouers wees wat trots is op hul kinders se skoolkultuur en -tradisies; wat glo in die missie en visie; en wat

11

ADVERTENSIES

Gr 12 Winterskool

25 - 28 Junie 2018

NBT Voorbereiding

Page 12: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2018/03/JV-Nuus9.pdf · Dit moet ouers wees wat trots is op hul kinders se skoolkultuur en -tradisies; wat glo in die missie en visie; en wat

12

OM HIER TE ADVERTEER, KONTAK DIE SKOOL