6
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 24 12 – 19 Augustus 2016 OUERS: LEERDERS WAT PRESTEER: Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende: 1. Slegs sportsoorte wat deur SYREC erken word, se prestasies is met ons groot Prysuitdeling in November van toepassing. 2. Ander buitesporte se prestasies word erken met saalbyeenkomste en kwartaallikse prysuitdelings. 3. Ons plaas ook prestasies op ons Facebook-blad en “Schools that rock” se webtuiste. Neem asseblief vrymoedigheid om mooi aksiefoto’s vir ons te stuur sodat ons daarmee kan spog. Gee asseblief duidelike inligting oor die prestasie. Juffrou Elza van Wyk doen alle plasings. 4. Ons kan nie erkenning aan u kind se prestasie gee as ons nie daarvan bewus is nie. 5. Verskaf asseblief aan ons ‘n brief op die organisasie se briefhoof of amptelike uitslae van die byeenkoms. ‘n Persoonlike epos waarin u dit noem is nie aanvaarbaar nie. 6. In SYREC sportsoorte plaas ons net tot ‘n sesde plek op die nuusbrief. OUPA- EN OUMADAG: Die graad 1, 2, en 3 klasse, sowel as Kammaland Kleuterskool hou op Vrydag, 9 September ‘n Oupa- en Oumadag by ons skool. Volledige inligting sal met die tyd aan u deurgegee word. HPV INENTING: Ons graad 4 dogtertjies se tweede rondte HPV inenting vind op Dinsdag, 16 Augustus plaas. LEERDERDEELNAME: SEUNSTENNISLIGA: UITSLAE TEEN HOPETOWN: 0/9: Wen 5 – 2 0/11A: Verloor 6 - 0 en 0/11B: Verloor 5 – 1 0/13A: Verloor 6 – 0 en 0/13B: Verloor 6 – 0 Die 0/9 (7spelers), 0/11A en B en 0/13A seunspanne speel op Woensdag, 17 Augustus teen Douglas hier by ons. Wedstryde begin om 14:00 en die 0/11A en B spanne speel weer op HLS se bane. Spelers mag om 13:30 verdaag. SUID-VRYSTAAT TENNIS: Sterkte aan Michela Steenkamp en Jomari Lübbe wat die naweek vir die Suid-Vrystaatspan (A en B) by ‘n Interprovinsiale Tennistoernooi te Welkom en Bethlehem gaan deelneem. MINI-KRIEKET: ‘n Groot Mini-kriekettoernooi word op Saterdag, 20 Augustus hier by ons skool gehou. 0/7 en 0/8 spanne van ons skool gaan deelneem. 5 Ander skole gaan ook hier kom speel. Ons nooi ons ouers uit om die dag saam met ons te kom deurbring. Heerlike verversings gaan deur die personeel verskaf word. TWEEKAMP: [AFSKEURSTROKIE] Die Suid-Vrystaat Tweekampproewe vind op Dinsdag, 6 September in Bloemfontein plaas. Atlete wat wil inskryf kan die afskeurstrokie invul en saam met R80

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewSlegs sportsoorte wat deur SYREC erken word, se prestasies is met ons groot Prysuitdeling in November van toepassing. ... Ons graad

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewSlegs sportsoorte wat deur SYREC erken word, se prestasies is met ons groot Prysuitdeling in November van toepassing. ... Ons graad

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 24 12 – 19 Augustus 2016OUERS:LEERDERS WAT PRESTEER:Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende:

1. Slegs sportsoorte wat deur SYREC erken word, se prestasies is met ons groot Prysuitdeling in November van toepassing.

2. Ander buitesporte se prestasies word erken met saalbyeenkomste en kwartaallikse prysuitdelings.

3. Ons plaas ook prestasies op ons Facebook-blad en “Schools that rock” se webtuiste. Neem asseblief vrymoedigheid om mooi aksiefoto’s vir ons te stuur sodat ons daarmee kan spog. Gee asseblief duidelike inligting oor die prestasie. Juffrou Elza van Wyk doen alle plasings.

4. Ons kan nie erkenning aan u kind se prestasie gee as ons nie daarvan bewus is nie.

5. Verskaf asseblief aan ons ‘n brief op die organisasie se briefhoof of amptelike uitslae van die byeenkoms. ‘n Persoonlike epos waarin u dit noem is nie aanvaarbaar nie.

6. In SYREC sportsoorte plaas ons net tot ‘n sesde plek op die nuusbrief.

OUPA- EN OUMADAG:Die graad 1, 2, en 3 klasse, sowel as Kammaland Kleuterskool hou op Vrydag, 9 September ‘n Oupa- en Oumadag by ons skool. Volledige inligting sal met die tyd aan u deurgegee word.

HPV INENTING:Ons graad 4 dogtertjies se tweede rondte HPV inenting vind op Dinsdag, 16 Augustus plaas.

LEERDERDEELNAME:SEUNSTENNISLIGA: UITSLAE TEEN HOPETOWN:0/9: Wen 5 – 2 0/11A: Verloor 6 - 0 en 0/11B: Verloor 5 – 1 0/13A: Verloor 6 – 0 en 0/13B: Verloor 6 – 0

Die 0/9 (7spelers), 0/11A en B en 0/13A seunspanne speel op Woensdag, 17 Augustus teen Douglas hier by ons. Wedstryde begin om 14:00 en die 0/11A en B spanne speel weer op HLS se bane. Spelers mag om 13:30 verdaag.

SUID-VRYSTAAT TENNIS:Sterkte aan Michela Steenkamp en Jomari Lübbe wat die naweek vir die Suid-Vrystaatspan (A en B) by ‘n Interprovinsiale Tennistoernooi te Welkom en Bethlehem gaan deelneem.

MINI-KRIEKET:‘n Groot Mini-kriekettoernooi word op Saterdag, 20 Augustus hier by ons skool gehou. 0/7 en 0/8 spanne van ons skool gaan deelneem. 5 Ander skole gaan ook hier kom speel. Ons nooi ons ouers uit om die dag saam met ons te kom deurbring. Heerlike verversings gaan deur die personeel verskaf word.

TWEEKAMP: [AFSKEURSTROKIE]Die Suid-Vrystaat Tweekampproewe vind op Dinsdag, 6 September in Bloemfontein plaas. Atlete wat wil inskryf kan die afskeurstrokie invul en saam met R80 inskrywingsgeld op Maandag, 15 Augustus by die klasonderwysers inbetaal. Sperdatum vir inskrywings: Maandag, 29 Augustus 2016

ATLETIEKKURSUS: [AFSKEURSTROKIE]Vrystaat Atletiekfederasie bied weer ‘n atletiekkursus vir atlete en afrigters aan op Vrydag, (14:00 – 17:00) en Saterdag (8:30 – 16:30) 26/27 Augustus in Bloemfontein by Bobbiespark Sportklub. Ouers en atlete wat belangstel om hierdie kursus by te woon kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 15 Augustus terugstuur na die klasonderwysers. Die volgende items word aangebied:Diskus, Gewigstoot, Spiesgooi, Hoogspring, Verspring, Middel- en Langafstande, Hekkies en Naellope.Daar word van uitstekende instrukteurs gebruik gemaak en beloof ‘n baie goeie kursus te wees.Kostes: R160 per atleet en R200 per afrigterVolledige inligting sal aan belangstellendes wat afskeurstrokies instuur verskaf word.

SKAAK: [AFSKEURSTROKIE]Ons skaakspelers het ‘n baie lekker interskole skaakmiddag met Kimberley Junior gehad. Dit was vir hulle uiters leersaam.Spelers wat aan die Kwalifiserende Skaaktoernooi op 19 en 20 Augustus in Bloemfontein wil deelneem kan die afskeurstrokie invul en saam met R110 op Maandag, 15 Augustus by die klasonderwysers inhandig.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewSlegs sportsoorte wat deur SYREC erken word, se prestasies is met ons groot Prysuitdeling in November van toepassing. ... Ons graad

BYBELVASVRA:Lede van die Bybelvasvraspan word herinner aan die die tweede rondte wat op Maandag, 22 Augustus om 14:30 geskryf word. Sterkte met julle voorbereiding!

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Bring asseblief ‘n geldjie om die Koekieverkoping te ondersteun wat op Maandag, 15 Augustus plaasvind. Fondse gaan vir die aanbieding van die Junior Koorfees hier by ons skool. Koorlede se ouers moet asseblief onthou om hulle koekies skool toe te stuur!

“PARALYMPICS”: Leerders wat vir die “Paralympics” op Vrydag, 26 Augustus wil inskryf kan vanaf Maandag, 15 Augustus R5 by die klasonderwysers inbetaal. Meer inligting word by die nuusbrief ingesluit.

…………………. Mnr PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Charmaine van Niekerk (pa oorlede)

Oom Richard van Zyl (operasie)Abigail Rampaleng (oupa oorlede)

BEKENDSTELLINGSDAG:Vrydag, 23 September 2016

Indien u weet van ouers wat volgende jaar hulle kinders na ons skool wil stuur, kan u hulle besonderhede aan die skool verskaf sodat ons vir hulle ‘n uitnodiging kan stuur.

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewSlegs sportsoorte wat deur SYREC erken word, se prestasies is met ons groot Prysuitdeling in November van toepassing. ... Ons graad

AFSKEURSTROKIE: KWALIFISERENDE SKAAKTOERNOOI (19 & 20 Augustus)

NAAM VAN OUER: __________________________________

NAAM VAN SPELER: ________________________________

WIL GRAAG VIR DIE SKAAKTOERNOOI INSKRYF.

OUER SE HANDTEKENING: __________________________

INSKRYWINGSGELD: R110KOOP JOU

LOSLIT-PLAKKER

BY DIE BOEK-STOOR

@ R10 ELK

AFSKEURSTROKIE: ATLETIEKKURSUS (26 & 27 Augustus)

NAAM VAN OUER: ___________________________________

ITEM: _______________________________

NAAM VAN ATLEET: _________________________________

ITEM: _______________________________

WIL GRAAG VIR DIE ATLETIEKKURSUS INSKRYF.

OUER SE HANDTEKENING: __________________________

INSKRYWINGSGELD: R160 (ATLEET) R200 (AFRIGTER)

AFSKEURSTROKIE: TWEEKAMPPROEWE (Dinsdag, 6 September)

NAAM VAN OUER: ___________________________________

NAAM VAN ATLEET: _________________________________

GEBOORTEDATUM: _______________________________

WIL GRAAG VIR DIE TWEEKAMPPROEWE INSKRYF.

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewSlegs sportsoorte wat deur SYREC erken word, se prestasies is met ons groot Prysuitdeling in November van toepassing. ... Ons graad

AFSKEURSTROKIE: TWEEKAMPPROEWE (Dinsdag, 6 September)

NAAM VAN OUER: ___________________________________

NAAM VAN ATLEET: _________________________________

GEBOORTEDATUM: _______________________________

WIL GRAAG VIR DIE TWEEKAMPPROEWE INSKRYF.

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewSlegs sportsoorte wat deur SYREC erken word, se prestasies is met ons groot Prysuitdeling in November van toepassing. ... Ons graad