4
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 18 31 Mei 7 Junie 2019 OUERS: HERREGISTRASIEVORMS: Ouers word daaraan herinner om u kind/ers se herregistrasievorm vir volgende jaar (2020) in te stuur. SEÑOR CHEF-PROJEK: Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende: Alle bestelvorms en geld moet asseblief op Maandag, 3 Junie ingehandig word. Die projek sluit dan en geen bestellings sal na Maandag gedoen word nie. Indien u ‘n elektroniese betaling maak, moet u dit nie later nie as Maandag, 3 Junie doen nie. ‘n Bewys van betaling moet saam met die bestelvorm inhandig word. Geen bestelling sal gedoen word indien elektroniese betalings nie op 3 Junie gedoen is nie. Alle produkte wat bestel is, sal in die derde kwartaal afgelewer word. Ons sal u in kennis stel wanneer dit gekom het en dit aan leerders uitdeel. Baie dankie aan almal wat deelgeneem het aan hierdie projek! ONS WAARDEER DIT RUGBY- EN NETBALAFSLUITING / WILDSVEILING 18 JULIE: [AFSKEURSTROKIE] Ouers word vriendelik uitgenooi na ons afsluiting van die rugby- en netbalseisoen, asook ons jaarlikse Wildsveiling, wat die aand plaasvind. U moet asseblief die afskeurstrokie invul indien u dit gaan bywoon. Ons speel die middag met byna al ons spanne teen Hopetown en skuif sommer na afloop van die laaste wedstryd oor na die skool. Ons gaan vure aansteek en ‘n steakete aanbied. Alle leerders (ook koshuiskinders) kry na die sport boereworsrolle om te eet (gratis!). Indien u wil hê dat u kind die aand saam met u by die funksie eet, moet u vir hom/haar ook ‘n steakete koop. Kaartjies vir die steakete is vanaf Maandag, 3 Junie by die kantoor beskikbaar. Ouers moet asseblief hulle eie eetgerei en drinkgoed saambring. Kontak Adéle of Clivé indien u dalk ook wild vir die veiling wil skenk. Baie dankie aan al ons donateurs wat al pakkette geskenk het. Ons waardeer julle! LEERDERDEELNAME: LANDLOOP: Sterkte aan die atlete wat vandag aan die landloop ligabyeenkoms in Bloemfontein gaan deelneem. RUGBY: Sterkte aan Wianco Ludike wat die naweek as deel van die Griekwaland- Wes se 0/13-span teen die Cheetahs speel. NETBAL: Baie sterkte aan Rohandri Masuret en Izeldi Jacobs wat die naweek aan die Vrystaatspan se oefenkamp gaan deelneem. GIMNASTIEK: Geluk aan die volgende gimnaste wat met die Xhariep Gimnastiekproewe plekke behaal het: Abi Greyling: 6de plek Dané van Eeden: 2de plek Mariné Oosthuizen: 5de plek Hierdie drie meisies, asook die volgende gimnaste is vir die Xhariepspan gekies wat aan die Zone Kampioenskappe op 15 en 16 Junie in Bloemfontein deelneem: Anika Bester, Christine Bekker en Sumari Oosthuizen. BAIE GELUK! ALGEMEEN: KOEKIEVERKOPING: Baie dankie aan die graad 7-mammas wat lekker eetgoed gestuur het. Die klas het ‘n pragtige bedrag van R3 071.00 ingesamel. Jakkies Opwaarts Sentrum het op Maandag, 3 Junie ‘n koekieverkoping. Bring asseblief ‘n geldjie om hulle te ondersteun. VERLORE KLERE: Klere, skoene, kosblikke ens. word elke week op die skoolterrein opgetel. Alles ongemerk. Soms is daar splinternuwe skool- en sporklere. Dit sal tot aan die einde van die kwartaal beskikbaar wees indien u daarna wil kom kyk. Daarna word die klere in die klerewinkel as tweedehandse klere beskikbaar gestel. Merk asb. u kinders se klere. …………………. PW Tait SKOOLHOOF GEBEDSLYS: Juffrou Thule Letwao (operasie) Oom Christie de Wet Burgert Badenhorst (behandeling)

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · 2019-05-31 · koshuiskinders) kry na die sport boereworsrolle om te eet (gratis!). Indien u wil hê dat u kind die aand saam met u by die funksie eet,

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · 2019-05-31 · koshuiskinders) kry na die sport boereworsrolle om te eet (gratis!). Indien u wil hê dat u kind die aand saam met u by die funksie eet,

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 18 31 Mei – 7 Junie 2019

OUERS: HERREGISTRASIEVORMS: Ouers word daaraan herinner om u kind/ers se herregistrasievorm vir volgende jaar (2020) in te stuur. SEÑOR CHEF-PROJEK: Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende:

Alle bestelvorms en geld moet asseblief op Maandag, 3 Junie ingehandig word. Die projek sluit dan en geen bestellings sal na Maandag gedoen word nie.

Indien u ‘n elektroniese betaling maak, moet u dit nie later nie as Maandag, 3 Junie doen nie. ‘n Bewys van betaling moet saam met die bestelvorm inhandig word.

Geen bestelling sal gedoen word indien elektroniese betalings nie op 3 Junie gedoen is nie.

Alle produkte wat bestel is, sal in die derde kwartaal afgelewer word. Ons sal u in kennis stel wanneer dit gekom het en dit aan leerders uitdeel.

Baie dankie aan almal wat deelgeneem het aan hierdie projek! ONS WAARDEER DIT

RUGBY- EN NETBALAFSLUITING / WILDSVEILING – 18 JULIE: [AFSKEURSTROKIE] Ouers word vriendelik uitgenooi na ons afsluiting van die rugby- en netbalseisoen, asook ons jaarlikse Wildsveiling, wat die aand plaasvind.

U moet asseblief die afskeurstrokie invul indien u dit gaan bywoon. Ons speel die middag met byna al ons spanne teen Hopetown en

skuif sommer na afloop van die laaste wedstryd oor na die skool. Ons gaan vure aansteek en ‘n steakete aanbied. Alle leerders (ook

koshuiskinders) kry na die sport boereworsrolle om te eet (gratis!). Indien u wil hê dat u kind die aand saam met u by die funksie eet, moet u vir hom/haar ook ‘n steakete koop.

Kaartjies vir die steakete is vanaf Maandag, 3 Junie by die kantoor beskikbaar.

Ouers moet asseblief hulle eie eetgerei en drinkgoed saambring. Kontak Adéle of Clivé indien u dalk ook wild vir die veiling wil skenk.

Baie dankie aan al ons donateurs wat al pakkette geskenk het. Ons waardeer julle!

LEERDERDEELNAME: LANDLOOP: Sterkte aan die atlete wat vandag aan die landloop ligabyeenkoms in Bloemfontein gaan deelneem. RUGBY: Sterkte aan Wianco Ludike wat die naweek as deel van die Griekwaland-Wes se 0/13-span teen die Cheetahs speel. NETBAL: Baie sterkte aan Rohandri Masuret en Izeldi Jacobs wat die naweek aan die Vrystaatspan se oefenkamp gaan deelneem.

GIMNASTIEK: Geluk aan die volgende gimnaste wat met die Xhariep Gimnastiekproewe plekke behaal het: Abi Greyling: 6de plek Dané van Eeden: 2de plek Mariné Oosthuizen: 5de plek Hierdie drie meisies, asook die volgende gimnaste is vir die Xhariepspan gekies wat aan die Zone Kampioenskappe op 15 en 16 Junie in Bloemfontein deelneem: Anika Bester, Christine Bekker en Sumari Oosthuizen. BAIE GELUK!

ALGEMEEN: KOEKIEVERKOPING: Baie dankie aan die graad 7-mammas wat lekker eetgoed gestuur het. Die klas het ‘n pragtige bedrag van R3 071.00 ingesamel. Jakkies Opwaarts Sentrum het op Maandag, 3 Junie ‘n koekieverkoping. Bring asseblief ‘n geldjie om hulle te ondersteun. VERLORE KLERE: Klere, skoene, kosblikke ens. word elke week op die skoolterrein opgetel. Alles ongemerk. Soms is daar splinternuwe skool- en sporklere. Dit sal tot aan die einde van die kwartaal beskikbaar wees indien u daarna wil kom kyk. Daarna word die klere in die klerewinkel as tweedehandse klere beskikbaar gestel. Merk asb. u kinders se klere.

…………………. PW Tait SKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Juffrou Thule Letwao (operasie) Oom Christie de Wet

Burgert Badenhorst (behandeling)

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · 2019-05-31 · koshuiskinders) kry na die sport boereworsrolle om te eet (gratis!). Indien u wil hê dat u kind die aand saam met u by die funksie eet,

Aandag Gr. 6 en Gr. 7 seuns!!! Die Hoër Landbouskool Marlow in Cradock, Oos-Kaap, bied van 20 tot 24 September 2019 ‘n HEERLIKE avontuurkamp aan - net wat dit sê: PROPVOL AVONTUUR! Die doel van die kamp is om nader aan die natuur te leef en dit te kombineer met vet pret! Seuns woon in die koshuis en een nag word in die veld geslaap. Die kamp word aangebied deur onderwysers en studente wat veiligheid voorop stel. Klink binneband op die rivier, visvang, vlotbou en kleilatgooi vir jou lekker? As hierdie net vir jou is, bel Clivé Burger by 083 708 3974 vir al die inligting!! OPSKUD! Jy gaan nie spyt wees nie!

Vanaf gr 1 mag die kliniek bywoon. Indien spelers in gr 1 – 3 belangstel, moet hulle verkieslik die eerste twee dae bywoon.

AFSKEURSTROKIE: RUGBY- EN NETBALAFSLUITING (18 Julie om 18:00) OUER: ___________________________________ AANTAL VOLWASSENES: ______ KINDERS: ______ HIERMEE BEVESTIG ONS DAT ONS DIE RUGBY- EN NETBALAFSLUITING / WILDSVEILING GAAN BYWOON. HANDTEKENING VAN OUER: ________________________ DATUM: ___________________

Antwoord asb. voor of op: Maandag, 20 Julie

~~~

BESTELLING VAN “STEAK”-ETES: ONS WIL GRAAG ______ (AANTAL) “STEAK”-ETES BESTEL @ R60 PER ETE. BEDRAG INGESLUIT: R__________

NB: U moet u kaartjie toon om ‘n steak te kan kry!

Bring eie eetgerei en drinkgoed

Verskeie wildspakkette beskikbaar!

KOM GENIET DIE AAND SAAM MET ONS!

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · 2019-05-31 · koshuiskinders) kry na die sport boereworsrolle om te eet (gratis!). Indien u wil hê dat u kind die aand saam met u by die funksie eet,
Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · 2019-05-31 · koshuiskinders) kry na die sport boereworsrolle om te eet (gratis!). Indien u wil hê dat u kind die aand saam met u by die funksie eet,