19
1 Geagte ouers Ons kwartaal is weer volspoed aan die gang en u het agter gekom dat u kind se bedrywighede toegeneem het. Ons eenbedrywe oes die een na die ander prys in: of dit nou vir regie, spel of tegnies is. Baie geluk aan al die deelnemers en hulle regisseurs. Die seisoen is pas aan die gang en ons het baie vinnig verby belowend na puik geskuif! Die 2 orkeste het deelgeneem aan die Tygerberg Eisteddfodd en ook as wenners uit die stryd getree. Ons koor gee ook goeie rekenskap van hulleself. Hierdie is puik prestasies en ons wil die dirigente en die musici van harte geluk wens met hulle skittervertonings. Ons toneelfees, met 16 puik stukke deur van die beste “toneelskole“, is ook aan die gang. Baie geluk ook aan al die leerders wat op die top tiene is met hulle akademiese prestasies. Ons is baie trots op julle. Terselfdertyd ook baie geluk aan elke ander student wat sy kant ten volle gebring het. Ons sportspanne berei ook geesdriftig voor vir interskole. Baie dankie aan al die ondersteuners langs die bane en velde – ons almal stel dit hoog op prys. Die kwartaal se oueraande is ook nou verby. Ons hoop dat u die afsprake gekry het wat u wou gehad het. Indien u nie geakkommodeer kon word nie sal die betrokke onderwyser u skakel. Indien dit om die een of ander rede dalk nie gebeur nie (ons maak ook foute), stel ons in kennis en ons sal dit regstel. Die Interskoleprogram sal aan u gestuur word. Merk maar die datums op u dagboek af – dit sal lekker wees om weer so baie ondersteuners as in die verlede by die verskillende wedstryde en aktiwiteite te sien. Vir die nuwe ouers: die graad 12’s skryf hulle rekordeksamen aan die einde van hierdie kwartaal en die res van die skool se toetse en opdragte tel vir hulle rapportpunte. Die graad 12’s se eindeksamen begin op 16 Oktober. Op 7 Augustus 2012 het ‘n oueraand plaasgevind waar besluit moes word of die SBL kon voortgaan met die bou van die beoogde aktiwiteitsentrum. Dit is van tyd tot tyd met soortgelyke vergaderings opgevolg. Daar het sedertdien baie water in die see geloop: planne is opgetrek en aangepas en weer opgetrek en weer aangepas. Uiteindelik kon ons hierdie kwartaal ons sentrum inwy. Ons is baie dankbaar vir hierdie nuwe toevoeging tot ons skool en dit is lekker om te sien hoe die geriewe deur ons leerders gebruik en waardeer word. Ek wil graag die name van mnre Johan van Zyl (argitek) en Johan Hooper wat die projek namens die skool bestuur het spesiaal noem. Geen aksie was vir hulle te veel nie. Ons kontrakteurs was ook ‘n plesier om mee saam te werk. HOËRSKOOL SEDERT 1827 DURBANVILLE UITGAWE 3/2019 UIT DIE KANTOOR Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected] Die eerste netbalwedstryde is reeds gespeel en die kafeteria word druk besoek. Ouers is uiteraard baie welkom om die kafeteria te besoek en van die aanbiedinge gebruik te maak. Kom bietjie vroeër u kind haal en geniet ‘n koppie koffie en dalk ‘n eetdingetjie saam met u vriende. U kan ook ‘n pak Durbanville koffie by hulle koop en uitprobeer. Ek dink nie u sal gou weer ander koffie koop nie. Ons het tydens die Junie-vakansie die seuns- en dogterskleedkamers opgegradeer. Die kleedkamers by die ouditorium het ook ‘n vernuwing ondergaan.

UITGAWE DURBANVILLE · Kom sommer vroegdag en eet ontbyt by die skool. Na die hoof rugbywedstryd sak u ook lekker saam met vriende en opponente in die tuin kan kuier. Kom dus vroegdag

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: UITGAWE DURBANVILLE · Kom sommer vroegdag en eet ontbyt by die skool. Na die hoof rugbywedstryd sak u ook lekker saam met vriende en opponente in die tuin kan kuier. Kom dus vroegdag

1

Geagte ouers

Ons kwartaal is weer volspoed aan die gang en u het agter gekom dat u kind se bedrywighede toegeneem het. Ons eenbedrywe oes die een na die ander prys in: of dit nou vir regie, spel of tegnies is. Baie geluk aan al die deelnemers en hulle regisseurs. Die seisoen is pas aan die gang en ons het baie vinnig verby belowend na puik geskuif!

Die 2 orkeste het deelgeneem aan die Tygerberg Eisteddfodd en ook as wenners uit die stryd getree. Ons koor gee ook goeie rekenskap van hulleself. Hierdie is puik prestasies en ons wil die dirigente en die musici van harte geluk wens met hulle skittervertonings. Ons toneelfees, met 16 puik stukke deur van die beste “toneelskole“, is ook aan die gang. Baie geluk ook aan al die leerders wat op die top tiene is met hulle akademiese prestasies. Ons is baie trots op julle. Terselfdertyd ook baie geluk aan elke ander student wat sy kant ten volle gebring het.

Ons sportspanne berei ook geesdriftig voor vir interskole. Baie dankie aan al die ondersteuners langs die bane en velde – ons almal stel dit hoog op prys.

Die kwartaal se oueraande is ook nou verby. Ons hoop dat u die afsprake gekry het wat u wou gehad het. Indien u nie geakkommodeer kon word nie sal die betrokke onderwyser u skakel. Indien dit om die een of ander rede dalk nie gebeur nie (ons maak ook foute), stel ons in kennis en ons sal dit regstel.

Die Interskoleprogram sal aan u gestuur word. Merk maar die datums op u dagboek af – dit sal lekker wees om weer so baie ondersteuners as in die verlede by die verskillende wedstryde en aktiwiteite te sien.

Vir die nuwe ouers: die graad 12’s skryf hulle rekordeksamen aan die einde van hierdie kwartaal en die res van die skool se toetse en opdragte tel vir hulle rapportpunte. Die graad 12’s se eindeksamen begin op 16 Oktober.

Op 7 Augustus 2012 het ‘n oueraand plaasgevind waar besluit moes word of die SBL kon voortgaan met die bou van die beoogde aktiwiteitsentrum. Dit is van tyd tot tyd met soortgelyke vergaderings opgevolg. Daar het sedertdien baie water in die see geloop: planne is opgetrek en aangepas en weer opgetrek en weer aangepas.

Uiteindelik kon ons hierdie kwartaal ons sentrum inwy. Ons is baie dankbaar vir hierdie nuwe toevoeging tot ons skool en dit is lekker om te sien hoe die geriewe deur ons leerders gebruik en waardeer word. Ek wil graag die name van mnre Johan van Zyl (argitek) en Johan Hooper wat die projek namens die skool bestuur het spesiaal noem. Geen aksie was vir hulle te veel nie. Ons kontrakteurs was ook ‘n plesier om mee saam te werk.

HOËRSKOOL SEDERT 1827DURBANVILLE

UITGAWE 3/2019

Uit die Kantoor

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

Die eerste netbalwedstryde is reeds gespeel en die kafeteria word druk besoek. Ouers is uiteraard baie welkom om die kafeteria te besoek en van die aanbiedinge gebruik te maak. Kom bietjie vroeër u kind haal en geniet ‘n koppie koffie en dalk ‘n eetdingetjie saam met u vriende. U kan ook ‘n pak Durbanville koffie by hulle koop en uitprobeer. Ek dink nie u sal gou weer ander koffie koop nie.

Ons het tydens die Junie-vakansie die seuns- en dogterskleedkamers opgegradeer. Die kleedkamers by die ouditorium het ook ‘n vernuwing ondergaan.

Page 2: UITGAWE DURBANVILLE · Kom sommer vroegdag en eet ontbyt by die skool. Na die hoof rugbywedstryd sak u ook lekker saam met vriende en opponente in die tuin kan kuier. Kom dus vroegdag

2

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

dUrBieS tienertoneeL PreSteer oP FraSerBUrG

Ons Durbies Tienertoneel het die naweek van 3 Augustus op Fraserburg deelgeneem. Fraserburg Tienertoneel uitslae vir Dood van die Brood:

Verder het ons nuwe gras aangeplant en die slegste stukke teer op die parkeerterrein vervang. Die kragtoevoer na ons Vissershokgronde is opgegradeer en ‘n pypleiding onder Vissershokpad deur voorsien water vanaf Vissershok se boorgat om die watervoorraad by die skoolterrein aan te vul.

Ons pawiljoene is ook ondersoek en verbeteringe en versterkings is aangebring waar nodig. U kan dus sien dat dit ‘n woelige tydjie by die skool was wat infrastruktuur betref.

Volgende week is Interskole-week en die opwinding gaan hoog loop. Ons het in 2007 begin met die Interskole-kragmeting en ons kan regtig sê dat die geleentheid jaarliks groter word; veral wat toeskouergetalle betref. Ons glo dat vajaar ook nie ‘n uitsondering sal wees nie. Kom sommer vroegdag en eet ontbyt by die skool. Na die hoof rugbywedstryd sak u ook lekker saam met vriende en opponente in die tuin kan kuier. Kom dus vroegdag en maak ‘n dag daarvan.

Onthou die eerste hokkie-spanne speel al Vrydagmiddag en die eerste netbalspanne gaan in die sentrum kragte meet.

By ons skool het ons in 2005 die volgende kode aangeneem. Wanneer ons die week sportspanne ondersteun, hou dit assebleif in gedagte.

Groete

G.L. GermishuysSKOOLHOOF

#DurbiesTienertoneel

Goud vir:ProduksieRegieTeksLuka Geldenhuys (Jan)Drian Coetzee (Maag)Ensemble - al die groepeBeligtingKlankKostuumsSilwerJeanrie Myburg - BroodLuke Meyer - PilAshleigh Palmer - ToergidsBernhardt Niemand - Gedagte 1, ensStavros Moshonas - Gedagte 2, ens.

Charel Viljoen - Gedagte 3, ens.Geta v Huyssteen - SienerAmy van Rooyen - SienerArmand v Niekerk - RekTumSusan Müller - BlindedermGenomineer vir:ProduksieRegieTeksTegniesEnsembleAkteur ondersteunend - Luka

Baie geluk Durbies, ons is trots op julle!

DIE KODE VAN DIE GOEIE TOESKOUER

Toeskouers behoort:

• te onthou dat kinders aan sport deelneem vir hulle plesier

• goeie individuele vertonings deur alle spelers en spanne te erken

• beslissings deur skeidsregters en wedstrydbeamptes te eerbiedig

• NOOIT enige speler, beampte, mede-toeskouer of afrigter verbaal aan te val of af te kraak nie

• alle spelers positief aan te moedig.

• nie op ‘n speler te skree nie, skree vir hom

• alle spelers, ongeag die span waarvoor hy speel aan te moedig

• te onthou dat ons slegs besig is met ‘n spel – dit is nie ‘n oorlog nie.

Page 3: UITGAWE DURBANVILLE · Kom sommer vroegdag en eet ontbyt by die skool. Na die hoof rugbywedstryd sak u ook lekker saam met vriende en opponente in die tuin kan kuier. Kom dus vroegdag

#TrotsDurbanville Tel: 021 976 3188 E-pos: [email protected]: www.durbanvillehs.co.za

UITGAWE 3/2019

3

dUrBieS KLoP SteLLieS in interSKoLeStrYd

Vanjaar se Interskole was beslis een vir die boeke.

Die gees tydens vanjaar se Interskole was elektries met die opbou na die Saterdag. Ons Durbies het tydens die weeklange Interskoleprogram gees gevang, elke dag met sy eie tema.

Op Vrydag 16 Augustus 2019 het die Old Boys en Old Girls ons gewys waarvan hulle gemaak is en gesorg vir groot vermaak. Met die grootste aantal toeskouers nog, het die Oud-Durbies ons skool trots gemaak. Daarna was dit tyd vir die immergewilde “Rocking the Suburbs”, waar oud-leerders van Durbanville en Stellenberg lekker saamgekuier het tot laataand.

Die Saterdag het aangebreek en gebak in pragtige sonskynweer is daar in die verskeie sportkodes - hokkie, netbal en rugby gekompeteer. Na die valskermspringers die toeskouers vermaak het, was dit tyd vir die voorstelling van die Eerste rugbyspanne van beide skole. Die pawiljoene en rondom die veld was gepak met leerders, ouers, Oud-leerders en ondersteuners van beide skole.

Die Eerste Rugbyspan van die Hoërskool Durbanville het nie die tuisskare teleurgestel nie en het die wedstryd 46-39 beklink.

Ons wil graag albei skole geluk wens met die manier waarop die leerders deelgeneem en hulself hanteer het. Dankie vir die goeie gees waarin beide hierdie twee kwaliteit skole, van die Noordelike Voostede, kon meeding.

#TrotsDurbanville

Page 4: UITGAWE DURBANVILLE · Kom sommer vroegdag en eet ontbyt by die skool. Na die hoof rugbywedstryd sak u ook lekker saam met vriende en opponente in die tuin kan kuier. Kom dus vroegdag

4

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

interSKoLe

#TrotsDurbanville

Page 5: UITGAWE DURBANVILLE · Kom sommer vroegdag en eet ontbyt by die skool. Na die hoof rugbywedstryd sak u ook lekker saam met vriende en opponente in die tuin kan kuier. Kom dus vroegdag

#TrotsDurbanville Tel: 021 976 3188 E-pos: [email protected]: www.durbanvillehs.co.za

UITGAWE 3/2019

5

dUrBieS MtB PreSteer As deel van die inhuldiging van die Hoërskool Durbanville se nuwe Aktiwiteitsentrum het ‘n paar netbalwedstryde ingesluit.

Durbanville se Eerste netbalspan het teen Bloemhof, van Stellenbosch, te staan gekom terwyl Durbanville Netbalklub teen Brackenfell Netbalklub gespeel het.

In ‘n spannende wedstryd klop Durbanville die span van Bloemhof 29-25.

Baie dankie aan elkeen wat kom ondersteun het.

dUrBieS KLoP BLoeMHoF in nUWe SentrUM

Ons Durbies MTB span het Saterdag 3 Augustus 2019 aan die tweede been van die Spur MTB Skoleliga by Bloemendal deelgeneem.

Die Durbies het goed presteer en hul 3de plek status in die Wes-Kaap behou in vanjaar se Spur MTB Skoleliga.

Ons wens ons leerders sterkte toe met die laaste deel van die seisoen.

DurbiesNetal

DurbiesMTB

Page 6: UITGAWE DURBANVILLE · Kom sommer vroegdag en eet ontbyt by die skool. Na die hoof rugbywedstryd sak u ook lekker saam met vriende en opponente in die tuin kan kuier. Kom dus vroegdag

6

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

#DurbiesRugby

Die jaarlikse Durbies Rugbydinee het vanjaar op 30 Julie 2019 by die pragtige Eensgezind landgoed plaasgevind.

Vanjaar het ons Laerskool Durbanville se afrigters en beheerliggaam genooi om deel van hierdie spesiale aand te wees. Dit is belangrik om die bande tussen dié twee skole versterk. Die saal was weer stampvol en selfs toekomstige Durbie-Ouers het vanjaar bygewoon.

’n Spesiale woord van dank aan Mev. Janene van Zyl wat weereens uit haar pad gegaan het om te verseker dat die aand ’n reuse sukses is. Sy het met ongelooflik baie passie die afgelope twee jaar die Rugbydinee gereel. Baie dankie.

Baie dankie aan al die maatskappye, Durbie-Ouers en Durbie-Ondersteuners wat ondersteun het met kaartjies, tafels, pryse en borgskappe. Ons waardeer jul samewerking.

Die o14A netbalspan van die Hoërskool Durbanville het vanjaar die Wes-Kaap verteenwoordig by die SA Topskole Netbaltoernooi in Boksburg. Hierdie groepie vorder mooi vanjaar met ‘n onoorwonne rekord by die Waterkloof Netbaltoernooi en wenners van die Paarl Girls High Netbaltoernooi.

• Die Durbies het goed gevaar tydens die groepfase deur al hul wedstryde te wen en eerste in groep A te eindig.• Durbanville verloor ongelukkig hul eerste uitspeelwedstryd met ‘n enkele doel en val onmiddelik uit na die onderste groep vir die uitspeelwedstryde.• Durbanville eindig 11de algeheel en Amoné Wessels word aangewys as die Twizza Moment Maker van die toernooi. Baie geluk Durbies, ons is trots op julle!

Ons Durbies het vanjaar weer goed gevaar in die WP netbalproewe.

dUrBieS PreSteer BY Sa toP-SKoLe netBaL

dUrBieS HoU SUKSUSVoLLe rUGBYdinee

#TrotsDurbanville

Page 7: UITGAWE DURBANVILLE · Kom sommer vroegdag en eet ontbyt by die skool. Na die hoof rugbywedstryd sak u ook lekker saam met vriende en opponente in die tuin kan kuier. Kom dus vroegdag

#TrotsDurbanville Tel: 021 976 3188 E-pos: [email protected]: www.durbanvillehs.co.za

UITGAWE 3/2019

7

Mnr. & Mej. Durbie finaliste het ‘n klomp geld vir verskeie liefdadigheidsprojekte ingesamel. Hier is ons finaliste met ‘n klomp hond- en katkosse asook ‘n hele klomp komberse wat hulle aangekoop het.

Die donasie gaan aan “Uitsig Animal Rescue”. Mnr. Ryno Engelbrecht het dit in ontvangs geneem.

Dankie aan almal betrokke, ons waardeer dit opreg.

dUrBieS Gee oM

Vanjaar se Skouspel was weer ‘n treffer. Ons Durbies het gewys waarom Durbanville die pasaangeër is as dit by kultuur kom met hul vertonings op die verhoog. Baie dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het sowel as ons talentvolle deelnemers, ons is trots op elkeen van julle!

#DurbieSkouspel

dUrBieS HoU SKoUSPeL

#DurbiesGeeOm

Ons Durbies het op Vrydag 2 Augustus 2019 deelgeneem aan Pretdag as deel van die inweiding van ons nuwe Aktiwiteitsentrum.

Spanne het in klasverband deelgeneem met die wenners wat die Maandag Debonairs Pizza ontvang het.

Dit was lekker om massadeelname te sien met propvol genot en baie gees.

dUrBieS HoU PretdaG

Page 8: UITGAWE DURBANVILLE · Kom sommer vroegdag en eet ontbyt by die skool. Na die hoof rugbywedstryd sak u ook lekker saam met vriende en opponente in die tuin kan kuier. Kom dus vroegdag

8

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

aKadeMie toP 10

Baie geluk durbies, ons is trots op julle. #TrotsDurbanville

Page 9: UITGAWE DURBANVILLE · Kom sommer vroegdag en eet ontbyt by die skool. Na die hoof rugbywedstryd sak u ook lekker saam met vriende en opponente in die tuin kan kuier. Kom dus vroegdag

#TrotsDurbanville Tel: 021 976 3188 E-pos: [email protected]: www.durbanvillehs.co.za

UITGAWE 3/2019

9

nUWe aKtiWiteitSentrUM inGeHULdiG

Op Maandag 29 Julie 2019 is die nuwe Aktiwiteitsentrum van die Hoërskool Durbanville ingehuldig.

Oud-sowel as huidige skoolhoofde van die Durbanville-skole, beheerliggamslede, oud-onnies en mense wat ‘n pad saam met die Hoërskool Durbanville gestap het, het die funksie bygewoon in die sentrum.

Baie dankie aan almal wat dit bygewoon het en dankie aan almal wat dit moontlik gemaak het.

#TrotsDurbanville

Page 10: UITGAWE DURBANVILLE · Kom sommer vroegdag en eet ontbyt by die skool. Na die hoof rugbywedstryd sak u ook lekker saam met vriende en opponente in die tuin kan kuier. Kom dus vroegdag

10

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

Ons Durbies Koor het in die Endlersaal, op Stellenbosch, opgetree en 93% behaal.

Hierdie was die laaste optrede van ons Matrieks van 2019. Baie geluk Durbies en dankie aan ons Matrieks wat die pad saam met ons geloop het, ons is trots op julle.

dUrBieS PreSteer in MUSieK

#DurbiesMusiek

dUrBieS Koor PreSteer

Mev. Suretha Theron & Me Chrisna Esterhuyse: UNISA EREROLDie volgende leerders word op die ererol van Unisa geplaas vir hulle besondere prestasies in musiekteorie.

Agter vlnr: Stephan Carstens (Graad 8 - 88%), Andrea van der Merwe (Graad 3 - 95%),

Anja Ontong (Graad 1 - 97%), Caeli Aggenbach (Graad 1 - 95%), Luka Geldenhuys (Graad 5 - 92%)

Voor vlnr: Madeli van Aarde (Graad 3 - 93%), Sanmare Heyns (Graad 1 - 100%) en

Lindi van Wyk (Graad 4 - 98%)

Baie geluk met hierdie puik prestasie, ons is trots op julle!

TYGERBERG EISTEDDFOD Stephan Carstens, Masson Joubert en Liam Slabbert behaal 99% vir hul Trio optrede by die Tygerberg Eisteddfod.

Baie geluk met hierdie puik prestasie Durbies, ons is trots op julle!

dUrBieS KoFFie noU BeSKiKBaar Hoërskool Durbanville het nie net ‘n splinternuwe Kaffeteria en Koffiekroeg nie, maar nou ook sy eie koffie.

Maak seker jy plaas jou bestelling by die Durbanville Bemarkingskantoor (021 976 3188 of per e-pos [email protected])

‘n Gedeelte gaan terug na die skool, wat hierdie ‘n maklike manier maak om Hoërskool Durbanville op gereelde basis te ondersteun.

Bone sowel as filterkoffie is beskikbaar so plaas jou bestelling sommer nou.

#DurbiesKoffie

#DurbiesKoor

Page 11: UITGAWE DURBANVILLE · Kom sommer vroegdag en eet ontbyt by die skool. Na die hoof rugbywedstryd sak u ook lekker saam met vriende en opponente in die tuin kan kuier. Kom dus vroegdag

#TrotsDurbanville Tel: 021 976 3188 E-pos: [email protected]: www.durbanvillehs.co.za

UITGAWE 3/2019

11

dUrBieS adS

Page 12: UITGAWE DURBANVILLE · Kom sommer vroegdag en eet ontbyt by die skool. Na die hoof rugbywedstryd sak u ook lekker saam met vriende en opponente in die tuin kan kuier. Kom dus vroegdag

12

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

Raak betrokke by Hoërskool Durbanville Sport deur advertensiespasie vir u maatskappy te neem langs die

hokkieastro, netbalbane en of A-rugbyveld. Fondse word aangewend vir Hoërskool Durbanville Sport.

Indien u enige navrae het, skakel ons Bemarkingskantoor op 021 976 3188.

#DurbieADS

#DurbiesGeeOm

WooLWortHS MY SCHooL- & MaKro Kaarte

raaK BetroKKe en MaaK ‘n VerSKiL.Ouers, Oud-Durbies en Vriende van Hoërskool Dur-banville kan sonder veel moeite, deurlopend

bydra tot die skool.

Deur die implimentering van hierdie projekte, word ‘n lopende inkomste stroom vir die skool gegenereer. Onthou dus om Hoërskool Durban-ville die begunstigde te maak op u Woolworths

My School kaart sowel as u Makro kaart.

Indien u nog nie ‘n kaart het nie, of hulp benodig met die verandering van begunstigde, skakel HSD Bemarkingskantoor op 021 976 3188. Ons waardeer u ondersteuning opreg!

dUrBieS adS

Page 13: UITGAWE DURBANVILLE · Kom sommer vroegdag en eet ontbyt by die skool. Na die hoof rugbywedstryd sak u ook lekker saam met vriende en opponente in die tuin kan kuier. Kom dus vroegdag

#TrotsDurbanville Tel: 021 976 3188 E-pos: [email protected]: www.durbanvillehs.co.za

UITGAWE 3/2019

13

oUd-dUrBieS Vereer BY SaKeGeLeentHeid

Die Durbie Ondersteunersdrag-projek word saam met Laer-skool Durbanville gedryf om te verseker dat ons Durbie-ondersteuners eenvormig kan ondersteun langs die velde en bane. Bestelvorms is beskikbaar op die d6 Connect en op die Facebook blad. Maak seker om betyds u bestelling te plaas. Die ondersteunersdrag sal in die Durbanville Klerewinkel beskikbaar wees.

Ondersteun asb. hierdie insisiatief en ondersteun ons Durbies met trots langs die bane en velde.

dUrBieS onderSteUnerSdraG BeSKiKBaar

Media24 het Vrydag 7 Junie 2019 hulle jaarlikse gala toekenningsaand gehad in Kaapstad. Tydens hierdie toekennings het twee oud leerders van Hoërskool Durbanville beide toekennings ontvang.

Ryno Bekker (middel), Hoofbestuurder van On The Dot Contract Logistics het die toekenning ontvang vir die beste sake-eenheid om voor te werk, hy was 1993 in matriek.

Ernie Roworth (regs), Hoofbestuurder van Netwerk24 het die toekenning ontvang vir die digitale besigheid wat die beste finansiële groei gelewer het oor die afgelope jaar. Ernie was 1994 in matriek. Ernie se twee kinders is tans by die Hoërskool Durbanville.

Baie geluk Durbies, ons is trots op julle.

#TrotsDurbanville

Page 14: UITGAWE DURBANVILLE · Kom sommer vroegdag en eet ontbyt by die skool. Na die hoof rugbywedstryd sak u ook lekker saam met vriende en opponente in die tuin kan kuier. Kom dus vroegdag

14

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

SPortUitSLae

vs outeniquarUGBY

o.14C verloor 10 - 27

o.14B verloor 0 - 56

o.14A verloor 0 - 81

o.15B verloor 19 - 35

o.15A verloor 05 - 31

o.16B verloor 07 - 36

o.16A verloor 05 - 33

o.19D verloor 26 - 27

o.19C verloor 15 - 19

o.19B verloor 10 - 35

o.19A verloor 19 – 57

netBaL

o.18 A Verloor 24-27

o.18 B Wen 18-13

o.17 A Wen 38-28

o.17 B Verloor 19-25

o.17 C Verloor 10-20

o.16 A Wen 18-14

o.16 B Wen 21-17

o.16 C Verloor 8-20

o.15 A Wen 22-10

o.15 B Wen 19-8

o.15 C Wen 23-14

o.15 D Wen 17-10

o.14 A Wen 35-14

o.14 B Wen 16-13

o.14 C Wen 16-7

o.14 D Verloor 10-18

o.14 E Verloor 4-20

doGterSHoKKie

14B vs Fairbairn Kollege Wen 14 – 0

14B vs Brackenfell Gelykop 1 – 1

14A vs Fairbairn Kollege Wen 9 – 0

14A vs Brackenfell Gelykop 1 – 1

16C vs Fairbairn Kollege Wen 1 – 0

16C vs Brackenfell Verloor 0 – 1

16B vs Fairbairn Kollege Wen

16B vs Brackenfell Gelykop 1 – 1

16A vs Fairbairn Kollege Wen 7 – 0

16A vs Brackenfell Wen 3 – 0

19C vs Melkbos Privaat Verloor 1 – 3

19B vs Fairbairn Kollege Verloor

19B vs Brackenfell Gelykop 0 – 0

19A vs Fairbairn Kollege Wen 7 – 0

19A vs Brackenfell Wen 3 – 0

SeUnSHoKKie

14A vs Curro DU Wen 3 – 1

16C vs Bloubergrandt Verloor 2 – 4

16B vs Curro DU Verloor 0 – 8

16A vs Curro DU Verloor 1 – 3

19B vs Curro DU Verloor 2 – 3

19A vs Curro DU Verloor 0 – 5

SeUnSHoKKie

Derick Bredell o14 Noordsone

Miane Reynoldts o16 Noordsone

Lisa Kommer o16 Noordsone

Helene van Jaarsveld o18 Noordsone

Bianka Bronn o18 Noordsone

doGterSHoKKie

o.19 A Verloor 0 – 3

o.19 B Verloor 1 – 3

o.19 C Verloor 0 – 2

o.16 A Gelykop 1 – 1

o.16 B Verloor 0 – 3

o.16 C Verloor 0 – 1

o.14 A Wen 1 – 0

o.14 B Gelykop 1 – 1

SeUnSHoKKie

o.19 A Verloor 0 – 6

o.19 B Verloor 0 – 2

o.16 A Verloor 0 – 1

o.16 B Verloor 0 – 5

o.16 C Gelykop 1 – 1

o.14 A Wen 3 – 1

o.14 B Verloor 0 – 0

HokkieBaie geluk aan die volgende spelers wat WP Hokkie verteenwoordig het tydens die Junievakansie:

Page 15: UITGAWE DURBANVILLE · Kom sommer vroegdag en eet ontbyt by die skool. Na die hoof rugbywedstryd sak u ook lekker saam met vriende en opponente in die tuin kan kuier. Kom dus vroegdag

#TrotsDurbanville Tel: 021 976 3188 E-pos: [email protected]: www.durbanvillehs.co.za

UITGAWE 3/2019

15

dUrBieS adS

Page 16: UITGAWE DURBANVILLE · Kom sommer vroegdag en eet ontbyt by die skool. Na die hoof rugbywedstryd sak u ook lekker saam met vriende en opponente in die tuin kan kuier. Kom dus vroegdag

16

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

SPortUitSLae

netbal

netbalrugby

LandloopSaterdag 20 Julie vs de Kuilen

o.18 A Wen 46-8

o.18 B Wen 24-7

o.17 A Wen 21-10

o.17 B Wen 29-19

o.17 C Wen 18-1

o.16 A Wen 30-7

o.16 B Wen 26-14

o.16 C Wen 6-2

o.15 A Wen 21-16

o.15 B Wen 31-5

o.15 C Wen 32-3

o.14 A Wen 59-5

o.14 B Wen 24-5

o.14 C Wen 22-0

dinsdag 7 & Saterdag 11 Mei 2019

o.18 A Wen 47 - 9

o.18 B Wen 19 - 4

o.17 A Wen 48 - 12

o.17 B Wen 18 - 11

o.17 C Wen 13 - 11

o.16 A Wen 42 - 6

o.16 B Wen 28 - 8

o.16 C Wen 18 - 4

o.15 A Wen 25 - 5

o.15 B Wen 35 - 4

o.15 C Wen 36 - 3

o.15 D Wen 22 - 2

o.14 A Wen 40 - 5

o.14 B Wen 34 - 5

o.14 C Wen 26 - 5

o.14 D Wen 18 - 1

netBaL

Vs Windhoek Wen 19 – 8

Vs Gelofte Wen 36 – 3

Vs Kgapamadi Wen 32 – 6

Vs Despatch Wen 25 – 5

Vs Helpmekaar Verloor 14 – 15

Vs Pietersburg Wen 18 – 14

Vs Noordheuwel (PTA) Verloor 19 – 20

Vs Goudveld Wen 29 – 7

o.14 top Skole Boksburg

Landloop Liga 1 (HtS Bellville)top 15 posisies

Landloop Liga 2 (Jan Kriel)top 15 posisies

doGterS

o.14 Ankia Bosman 6de

o.15 Jana Pretorius 5de

o.15 Leri du Bois 9de

o.15 Lisa ten Kate 15de

o.16 Amé Jansen van Vuuren 4de

o.19 Danielle du Toit 7de

o.19 Ineke Wegman 9de

doGterS

o.14 Ankia Bosman 5de

o.16 Amé Jansen van Vuuren 6de

o.19 Danielle du Toit 7de

o.19 Ineke Wegman 11de

SeUnS

o.15 Charl Loubser 15de

o.16 Chandler Erasmus 6de

SeUnS

o.15 Charl Loubser 12de

o.15 Corné Delport 14de

o.16 Chandler Erasmus 14de

durbanville vs tygerberg

o.14 B Wen 27 – 0

o.14 A Wen 45 – 0

o.15 B Wen 33 – 0

o.15 A Wen 10 – 0

o.16 A Wen 10 – 0

o.19 B Wen 29 – 10

o.19 A Wen 64 – 14

vs tygerbergvs tygerberg

Boogskiet Baie geluk aan Marli Lotriet wat die volgende prestasies behaal het by die NASP WK Provinsiale Boogskiet Kampioenskappe en so die NASP Junior High span gehaal het.

Silver – Top Junior High Girls vir 3DSilver – vir Bullseye o/15

Welgedaan Marli!

Page 17: UITGAWE DURBANVILLE · Kom sommer vroegdag en eet ontbyt by die skool. Na die hoof rugbywedstryd sak u ook lekker saam met vriende en opponente in die tuin kan kuier. Kom dus vroegdag

17

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

SPortUitSLae

netbal

netbal

rugby

HokkieSaterdag 20 Julie vs de Kuilen

o.18 A Wen 46-8

o.18 B Wen 24-7

o.17 A Wen 21-10

o.17 B Wen 29-19

o.17 C Wen 18-1

o.16 A Wen 30-7

o.16 B Wen 26-14

o.16 C Wen 6-2

o.15 A Wen 21-16

o.15 B Wen 31-5

o.15 C Wen 32-3

o.14 A Wen 59-5

o.14 B Wen 24-5

o.14 C Wen 22-0

Saterdag 3 augustus 2019

o.18 A Wen 29 - 25

o.17 A Verloor 18 - 22

o.16 A Verloor 15 - 23

o.15 A Verloor 9 - 16

o.14 A Wen 29 - 14

vs Milnerton

vs Bloemhof

a – spanne vs MilnertonBC – spanne vs Macassar a / Melkbos a

Hip Hop It affords me great pleasure to confirm that the following athletes participated at the Western Cape Fitness and Hip Hop Championships that was held on 4-5 May 2019 in Cape Town.

They qualified to represent Western Cape, as members of their respective teams, at the South African Fitness and Hip Hop Championships that was held in Cape Town from 14-16 June 2019. They have achieved Western Cape Colours in the following Category:

HIP HOP UNITE: Small Crew Junior 12-18years Team: EVOLVE Dominique EllisCari PienaarRouxné MaritzKarla DelportMadelle Duvenhage

Small Crew Junior 12-18years Team: EXALT Zandri SchnetlerMonique NortjeLara Jordaan

doGterSHoKKie

o.19 A Verloor 2 – 5

o.19 B Verloor 0 – 2

o.16 A Wen 1 – 0

o.16 B Verloor 0 – 1

o.16 C Verloor 0 – 2

o.14 A Wen 2 – 0

o.14 B Wen 3 – 2

SeUnSHoKKie

o.19 A Verloor 1 – 2

o.19 B Wen 2 – 0

o.16 A Wen 2 – 1

o.16 B Verloor 0 – 3

o.14 A Wen 3 – 2

o.14 B Wen 4 – 3

rUGBY

o.14A Wen 54 – 5

o.14B Wen 25 – 0

o.14C Verloor 7 – 20

o.15A Wen 14 – 13

o.15B Wen 19 – 12

o.16A Wen 31 – 7

o.16B Wen 31 – 15

o.19A Wen 38 – 13

o.19B Wen 51 – 0

o.19C Wen 53 – 7

Page 18: UITGAWE DURBANVILLE · Kom sommer vroegdag en eet ontbyt by die skool. Na die hoof rugbywedstryd sak u ook lekker saam met vriende en opponente in die tuin kan kuier. Kom dus vroegdag

18

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

dUrBieS adS

Page 19: UITGAWE DURBANVILLE · Kom sommer vroegdag en eet ontbyt by die skool. Na die hoof rugbywedstryd sak u ook lekker saam met vriende en opponente in die tuin kan kuier. Kom dus vroegdag

19

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

Enquirenow

BidvestMcCarthyVolkswagenParowCornerFritzSpilhaus&VoortrekkerRoad,Parow

Tel(021)9296000|[email protected]

www.parow.mccarthyvw.co.za

YouarereceivingthisemailasacustomerofBidvestMcCarthyVolkswagen.Ifyounolongerwishtoreceive

communicationfromus,kindlyunsubscribehere.

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

Enquirenow

BidvestMcCarthyVolkswagenParowCornerFritzSpilhaus&VoortrekkerRoad,Parow

Tel(021)9296000|[email protected]

www.parow.mccarthyvw.co.za

YouarereceivingthisemailasacustomerofBidvestMcCarthyVolkswagen.Ifyounolongerwishtoreceive

communicationfromus,kindlyunsubscribehere.

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

Enquirenow

BidvestMcCarthyVolkswagenParowCornerFritzSpilhaus&VoortrekkerRoad,Parow

Tel(021)9296000|[email protected]

www.parow.mccarthyvw.co.za

YouarereceivingthisemailasacustomerofBidvestMcCarthyVolkswagen.Ifyounolongerwishtoreceive

communicationfromus,kindlyunsubscribehere.

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

Enquirenow

BidvestMcCarthyVolkswagenParowCornerFritzSpilhaus&VoortrekkerRoad,Parow

Tel(021)9296000|[email protected]

www.parow.mccarthyvw.co.za

YouarereceivingthisemailasacustomerofBidvestMcCarthyVolkswagen.Ifyounolongerwishtoreceive

communicationfromus,kindlyunsubscribehere.

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

Enquirenow

BidvestMcCarthyVolkswagenParowCornerFritzSpilhaus&VoortrekkerRoad,Parow

Tel(021)9296000|[email protected]

www.parow.mccarthyvw.co.za

YouarereceivingthisemailasacustomerofBidvestMcCarthyVolkswagen.Ifyounolongerwishtoreceive

communicationfromus,kindlyunsubscribehere.

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

ENQUIRENOW

Enquirenow

BidvestMcCarthyVolkswagenParowCornerFritzSpilhaus&VoortrekkerRoad,Parow

Tel(021)9296000|[email protected]

www.parow.mccarthyvw.co.za

YouarereceivingthisemailasacustomerofBidvestMcCarthyVolkswagen.Ifyounolongerwishtoreceive

communicationfromus,kindlyunsubscribehere.

dUrBieS adS