11
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 15 16 - 23 Mei 2014 OUERS: NUUSBRIEWE / AFSKEURSTROKIES: Ouers moet asseblief seker maak dat hulle die nuusbrief op ‘n Vrydag kry. Elke (oudste/enigste) kind kry ongelukkig slegs een nuusbrief. Indien u kind siek was kan u sy/haar nuusbrief op ‘n Maandagoggend by Maryka gaan afhaal. U kan die nuusbrief ook van die internet aflaai by www.jakkies.com Gaan die nuusbrief asseblief saam met u kind deur anders is u, en u kind, nie voorbereid op al die bedrywighede van die volgende week nie. Afskeurstrokies moet asseblief ingevul en in adminperiode (Maandag eerste periode) by die klasonderwysers ingehandig word. Die Nuusbriefkontroleblad moet elke week deur ouers geteken word anders kom u kind in die moeilikheid. Let asseblief op sperdatums en tye. Baie dankie dat ons op u samewerking kan staatmaak. SKOOLREËLS: Let asseblief op enkele skoolreëls, wat skooldrag en voorkoms aanbetref, wat by die nuusbrief ingesluit word en waaraan u as ouer (en kind) weer herinner word. KONTROLE - SKOOLWERK EN TOETSE: Ouers moet asseblief gereeld leerders se werkboeke deurgaan en die boeke, asook alle toetse wat hulle geskryf het, teken. (Met die datum daarby) Op so ‘n manier sien die onderwyser dat ouers insae het in leerders se akademiese werk en leemtes kan vroegtydig aandag geniet. NOORDKAAP KUNSTEFEES - 2014: [INSKRYWINGSVORM] Volledige inligting en ‘n inskrywingsvormpie is by hierdie nuusbrief ingesluit. JUNIOR EN SENIOR KORE: Koorlede van die Junior en Senior koor wat op Sondag, 18 Mei by die NG Kerk van Jacobsdal optree moet vir tannie Hannelie om 9:00 in die kerk kry. Die Junior koor tree op in hulle korrekte winterskooldrag en die Senior Koor in hulle koordrag. Eureka se Koorfees vind op Donderdag, 22 Mei plaas en ons Junior en Senior koor gaan daar optree. Koorlede moet om 17:15 by die hoofingang van Eureka Laerskool (Barnatostraaat) aanmeld. Die busse vertrek om 16:15 vanaf die skool. (Trek asb. warm aan) Kaartjies vir die koorfees kan by Eureka by 053 8612855 gekoop/bespreek word. Kry vroegtydig u kaartjies om teleurstelling te voorkom. Ons vra ouers om ons te help met die vervoer aan hierdie groot groep koorlede en elke Junior en Senior koorlid moet die afskeurstrokie invul en op Maandag, 19 Mei by die klasonderwysers inhandig. Bus/vervoergeld van R30 moet deur elke leerder vooraf betaal word (behalwe die kind wat saam met sy eie ouer ry). Ouers moet asseblief u kind se koordrag gereedkry en koshuiskinders moet onthou om dit saam te bring. Die Junior koor tree op in hulle korrekte winterskooldrag en die Senior Koor in hulle koordrag. GRAAD 7 ENTREPRENEURSDAG: Ouers en belangstellendes word uitgenooi om die graad 7- klas op Vrydag, 23 Mei vanaf 10:00 tot 12:00 met hulle Entrepreneursdag te kom ondersteun. Allerhande stalletjies sal bedryf word. Leerders word gevra om daardie ‘n geldjie saam te bring om die klas te ondersteun.

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB15.docx  · Web view3.5.7Gel van hare volgens voorskrifte is toelaatbaar. Indien hare langer as 3cm is mag hare nie gegel word

  • Upload
    vanliem

  • View
    235

  • Download
    16

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB15.docx  · Web view3.5.7Gel van hare volgens voorskrifte is toelaatbaar. Indien hare langer as 3cm is mag hare nie gegel word

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 15 16 - 23 Mei 2014OUERS:NUUSBRIEWE / AFSKEURSTROKIES:Ouers moet asseblief seker maak dat hulle die nuusbrief op ‘n Vrydag kry. Elke (oudste/enigste) kind kry ongelukkig slegs een nuusbrief. Indien u kind siek was kan u sy/haar nuusbrief op ‘n Maandagoggend by Maryka gaan afhaal. U kan die nuusbrief ook van die internet aflaai by www.jakkies.com Gaan die nuusbrief asseblief saam met u kind deur anders is u, en u kind, nie voorbereid op al die bedrywighede van die volgende week nie. Afskeurstrokies moet asseblief ingevul en in adminperiode (Maandag eerste periode) by die klasonderwysers ingehandig word. Die Nuusbriefkontroleblad moet elke week deur ouers geteken word anders kom u kind in die moeilikheid.Let asseblief op sperdatums en tye. Baie dankie dat ons op u samewerking kan staatmaak.

SKOOLREËLS:Let asseblief op enkele skoolreëls, wat skooldrag en voorkoms aanbetref, wat by die nuusbrief ingesluit word en waaraan u as ouer (en kind) weer herinner word.

KONTROLE - SKOOLWERK EN TOETSE:Ouers moet asseblief gereeld leerders se werkboeke deurgaan en die boeke, asook alle toetse wat hulle geskryf het, teken. (Met die datum daarby) Op so ‘n manier sien die onderwyser dat ouers insae het in leerders se akademiese werk en leemtes kan vroegtydig aandag geniet.

NOORDKAAP KUNSTEFEES - 2014: [INSKRYWINGSVORM]Volledige inligting en ‘n inskrywingsvormpie is by hierdie nuusbrief ingesluit.

JUNIOR EN SENIOR KORE:Koorlede van die Junior en Senior koor wat op Sondag, 18 Mei by die NG Kerk van Jacobsdal optree moet vir tannie Hannelie om 9:00 in die kerkkry. Die Junior koor tree op in hulle korrekte winterskooldrag en die Senior Koor in hulle koordrag.Eureka se Koorfees vind op Donderdag, 22 Mei plaas en ons Junior en Senior koor gaan daar optree. Koorlede moet om 17:15 by die hoofingang van Eureka Laerskool (Barnatostraaat) aanmeld. Die busse vertrek om 16:15 vanaf die skool. (Trek asb. warm aan)

Kaartjies vir die koorfees kan by Eureka by 053 8612855 gekoop/bespreek word. Kry vroegtydig u kaartjies om teleurstelling te voorkom. Ons vra ouers om ons te help met die vervoer aan hierdie groot groep koorlede en elke Junior en Senior koorlid moet die afskeurstrokie invul en op Maandag, 19 Mei by die klasonderwysers inhandig. Bus/vervoergeld van R30 moet deur elke leerder vooraf betaal word (behalwe die kind wat saam met sy eie ouer ry). Ouers moet asseblief u kind se koordrag gereedkry en koshuiskinders moet onthou om dit saam te bring. Die Junior koor tree op in hulle korrekte winterskooldrag en die Senior Koor in hulle koordrag.

GRAAD 7 ENTREPRENEURSDAG:Ouers en belangstellendes word uitgenooi om die graad 7-klas op Vrydag, 23 Mei vanaf 10:00 tot 12:00 met hulle Entrepreneursdag te kom ondersteun. Allerhande stalletjies sal bedryf word. Leerders word gevra om daardie ‘n geldjie saam te bring om die klas te ondersteun.

KOSHUIS:Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende besluite wat op 12 Mei deur die Koshuiskomitee weer bevestig en besluit is:

Geen selfone word in die koshuis toegelaat nie. Selfone kan op ‘n Sondagaand voor 20:00 by die koshuismoeder ingehandig en op ‘n Vrydagmiddag na skool weer afgehaal word. Geen fone word deur die koshuis gelaai nie.

Geen spesiale kosse word deur die koshuis vir sekere leerders voorberei nie, tensy ouers ‘n mediese sertifikaat inhandig.

Elke koshuisleerder het ‘n koshuis Nuusbrief ontvang wat u as ouer aandagtig moet deurgaan asseblief.

LEERDERDEELNAME:RUGBY EN NETBAL TEEN HARTSWATER: RUGBY:

Hartswater Hartsvaal Andalusia 0/7 Verloor 25 – 0 Gelykop 5 – 5 Wen 40 – 0 0/9 Wen 7 – 5 Wen 33 – 0 ---

NETBAL:

Hartswater 1 Hartswater 2 Hartsvaal Andalusia 0/7 Verloor 4 – 1 Wen 1 – 0 Verloor 4 – 2 Verloor 5 – 0 0/9A Verloor 3 – 2 --- Wen 8 – 2 Verloor 10 – 3 0/9B Verloor 3 – 1

(teen Hartswater Verloor 18 – 0 Verloor 13 – 0 ---

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB15.docx  · Web view3.5.7Gel van hare volgens voorskrifte is toelaatbaar. Indien hare langer as 3cm is mag hare nie gegel word

3)

RUGBY EN NETBAL TEEN PESCODIA: Netbal:

SPAN: TELLING:0/13 Wen 15 – 1

Rugby:

SPAN: TELLING:0/9 Wen 34 – 0 0/11 Wen 17 – 0 0/13 Verloor 19 – 17

WEDSTRYDE / SPORTKLERE:Daar vind in volgende week geen rugby- en netbalwedstryde plaas nie, maar in die week van 26 tot 30 Mei vind daar twee wegwedstryde plaas.Leerders moet asseblief almal op Dinsdag, 27 Mei en Donderdag, 29 Mei met sportklere skool toe kom.Op Woensdag, 28 Mei trek almal skoolklere aan behalwe leerders wat Lapeza tennis doen. Die 0/11 rugbyspelers het op Woensdag, 21 Mei ‘n ekstra rugby oefening vanaf 14:30 tot 16:00.Die 0/7 en 0/13 rugbyspanne speel op 2 Junie teen Prieska (tuis).

RUGBY EN NETBAL TEEN STAATS: [AFSKEURSTROKIE]Wedstryde teen Staats vind op Dinsdag, 27 Mei in Kimberley plaas. ‘n Program word by die nuusbrief ingesluit. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul en voor Woensdag, 21 Mei na die klasonderwyser terugstuur. Bus/vervoergeld van R30 is op Maandag, 26 Mei by die klasonderwysers betaalbaar.

RUGBY EN NETBAL TEEN HOPETOWN: [AFSKEURSTROKIE]Wedstryde teen Hopetown vind op Donderdag, 29 Mei by hulle velde plaas. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul en voor Woensdag, 21 Mei na die klasonderwyser terugstuur. Bus/vervoergeld van R50 is op Maandag, 26 Mei by die klasonderwysers betaalbaar. Die program vir daardie dag sal in volgende week beskikbaar wees. Die volgende spanne gaan speel:Rugby: 0/7, 0/9, 0/11A en B en 0/13Netbal: 0/7, 0/9A en B, 0/11A, B en C, 0/13A, B en C

RUGBYPROEWE:Sterkte aan Gustav van Zyl wat op 16 en 17 Mei aan verdere GW Streekproewe gaan deelneem.TENNISRONDOMTALIE:Die 0/9 dogters moet onthou om weer op Maandag, 19 Mei om 14:15 by die tennisbane aan te meld vir hulle tennisrondomtalie.

WÊRELDKENNIS OLIMPIADE:Graad 6 en 7 leerders wat ingeskryf het, skryf hulle vraestelle op Donderdag, 22 Mei om 14:15 in Juffrou Tersia se klas.BYBELVASVRA:Sterkte aan ons Bybelvasvraspan: Iain Salisbury, Gino Booysen, Heinrich Steenkamp en CJ Marx wat op Maandag, 19 Mei om 14:30 (in die saal) aan die Nasionale Bybelvasvrakompetisie gaan deelneem.

NAUTILUS:Leerders van graad 4 – 7, wat aan die Nautiluskompetisie op Saterdag, 7 Junie te Fichardtpark Primêr gaan deelneem, kan vanaf Maandag, 19 Mei R150 by die kantoor inbetaal.

ALGEMEEN:Die OV se potjiekos word uitgestel na die derde kwartaal. (9 Augustus)

…………………. PW Tait SKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Tannie Lydia Faber (skoueroperasie)Hein van Zyl (hospitaal)Julie van Graan (siek)

Louis Venter (pa besering)

TE KOOPPragtige opregte baba Maltese-hondjies

Kontak Benita Luyt by: 0839511410 (Jacobsdal)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB15.docx  · Web view3.5.7Gel van hare volgens voorskrifte is toelaatbaar. Indien hare langer as 3cm is mag hare nie gegel word

TE KOOPPragtige opregte baba Maltese-hondjies

Kontak Benita Luyt by: 0839511410 (Jacobsdal)

SALON LYDIALydia sal vanaf 19 Mei 2014 by

Jacobsdal Apteek se haarsalon begin werk.Lydia is slegs op ‘n Maandag in Jacobsdal.

Kom besoek my gerus daar!Lydia: 078452370

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB15.docx  · Web view3.5.7Gel van hare volgens voorskrifte is toelaatbaar. Indien hare langer as 3cm is mag hare nie gegel word

AFSKEURSTROKIE: RUGBY EN NETBAL - STAATS (Dinsdag, 27 Mei)

(OUER SE NAAM EN VAN) ___________________________________

(SPELER SE NAAM EN VAN) _________________________________

KAN MY EIE KIND/ERS NA KIMBERLEY VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

BENODIG VERVOER NA KIMBERLEY:

(MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

Bus/vervoergeld vir elke speler: R30

AFSKEURSTROKIE: RUGBY EN NETBAL - HOPETOWN (Donderdag, 29 Mei)

(OUER SE NAAM EN VAN) ___________________________________

(SPELER SE NAAM EN VAN) _________________________________

KAN MY EIE KIND/ERS NA HOPETOWN VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

BENODIG VERVOER NA HOPETOWN:

(MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

Bus/vervoergeld vir elke speler: R50

AFSKEURSTROKIE: EUREKA KOORFEES (Donderdag, 22 Mei)

OUER SE NAAM EN VAN ___________________________________

KOORLID: _______________________________________________

JUNIOR KOOR: SENIOR KOOR:

KAN MY EIE KIND/ERS NA EUREKA VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER LEERDERS SAAMNEEM.

BENODIG VERVOER NA EUREKA:

(MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

Bus/vervoergeld vir elke speler: R30

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB15.docx  · Web view3.5.7Gel van hare volgens voorskrifte is toelaatbaar. Indien hare langer as 3cm is mag hare nie gegel word

Kareehof Nuus2ste Kwartaal 2014

Projekte 1. Dillon Lerm

Die Koshuis bied ‘n heerlike Sop en Sherry- kuieraand aan met Dillon Lerm as gaskunstenaar, op 13 Junie om 18:30 in die Skoolsaal. Kostes: Volwassene R50 en kinders R30. Elke koshuiskind het 4 volwasse- en 4 kinderkaartjies ontvang om te help verkoop. Elke kind is verantwoordelik vir sy/haar kaartjie, indien die kaartjies wegraak moet dit deur die ouers betaal word. Kaartjiegeld moet by Tannie Linda inbetaal word en nie by die skool nie.

Ons benodig u hulp met tuisgebakte brode. Indien u bereid is om ‘n brood of twee te bak, sal dit baie waardeer word. (Vul asb die onderstaande vorm in.) Enige hulp of navrae skakel vir Linda (078 130 7797) of Hetmarie ( 082 297 6605)

Die koshuis is ook beskikbaar vir akkommodasie op hierdie aand teen R80 per persoon.

Ons nooi graag al ons ouers uit om die aand saam met ons te kom geniet.

2. JAGPAKKET

Ons wil graag so gou as moontlik die Jagpakette vir 2014 uitsit, sodat ons die tweede week in Junie die kaartjies aan leerders kan uitdeel om te verkoop. Ons is baie opgewonde oor die projek, heelwat verrassende veranderinge is aangebring. Indien u ‘n Wilds-bydrae tot die pakette wil maak kontak Pieter Groenewald (082 322 6945)

3. Gholdag

Ons koshuis se jaarlikse Gholfdag vind op 1 November te Jacobsdal Gholfklub plaas. Hou hierdie datum nou al oop in u dagboek.

4.Koelkamer

Die koelkamer is in die vakansie voltooi en is ‘n groot aanwins vir ons kombuis. Ons is baie dankbaar vir Mnr Danie Delport wat die koelkas vir ons geskenk het.

Ons wil graag begin met die oprigting van afdakke vir die koelkamer en benodig ervare ouers op die gebied. Indien enige ouer vir ons van hulp kan wees met die oprigting van die afdakke kan u vir Hetmarie (0822976605) kontak. Kwotasies vir oprigting is ook welkom.

5. Baie dankie

Baie dankie aan elke ouer vir u positiewe gesindheid en ondersteuning. Ons opregte dank vir elke skenking van groente, vrugte, ens. aan die koshuis.

Die Koshuis komitee

Sop en Sherry aand met Dillon LermKareehof Koshuis

Ek,______________________ ouer van __________________,

Is bereid om _______________brood/ brode te bak.

Brode kan op Vrydag-oggend, 13 Junie, by die kombuis afgelewer word.

Baie dankie! U hulp word waardeer!

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB15.docx  · Web view3.5.7Gel van hare volgens voorskrifte is toelaatbaar. Indien hare langer as 3cm is mag hare nie gegel word

Noordkaap Kunstefees

Die jaarlikse Kunstefees vind vanaf 25 Julie – 15 Augustus in Kimberley plaas. Leerders kan Afrikaans of Engelse gedigte voordra. Dit is ‘n wonderlike geleentheid vir leerders om ook hierdie besondere vaardighede aan te leer.

Ouers wat graag wil hê dat hul kinders moet deelneem aan die Kunstefees moet asb let op die volgende:

1. U as ouer is self verantwoordelik vir die uitsoek en aanleer van u kind se gediggie.

2. U moet ook u kind self afrig of reël vir iemand om hom/haar af te rig (taalonderwysers is nie daarvoor verantwoordelik nie).

3. Inskrywingsgeld van R30 is op Maandag, 19 Mei betaalbaar. (Geen laat inskrywings nie)

4. Indien u kind onttrek, verloor u die R30. (Onttrekking mag slegs in uitsonderlike omstandighede plaasvind en ouers moet ons dadelik daarvan in kennis stel.)

5. U is self verantwoordelik vir die vervoer van u kind na Kimberley en terug.6. Voltooi onderstaande afskeurstrokie en stuur dit saam met die R30

inskrywingsfooi op Maandag, 19 Mei na die klasonderwysers. Hierdie strokie sal dien as bewys dat u onderneem om by bogenoemde reëlings te hou.

7. Inskrywings en inskrywingsgelde word by die klasonderwysers gedoen.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

INSKRYWINGSVORM: KUNSTEFEES 25 Julie tot 15 Augustus 2014

OUER: ___________________________________ WIL GRAAG VIR:

LEERDER: _____________________________________ GRAAD: ________

INSKRYF VIR DIE KUNSTEFEES. EK NEEM KENNIS VAN ALLE VOORSKRIFTE

SOOS OP DIE INLIGTINGBRIEF DEURGEGEE.

INGESLUIT HIERBY IS R30 INSKRYWINGSFOOI.

HANDTEKENING: ________________________ DATUM: ______________

Stuur terug na die klasonderwysers op Maandag, 19 Mei 2014(Gelde mag nie by die finansiële kantoor inbetaal word nie)

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB15.docx  · Web view3.5.7Gel van hare volgens voorskrifte is toelaatbaar. Indien hare langer as 3cm is mag hare nie gegel word

ENKELE SKOOLREËLS:

Kleredrag:3.2.1 Geen tekkies of sandale mag in die plek van skoolskoene gedra word nie.3.2.2 Skoene met ekstreme sole en gespes is verbode.3.2.5 Alle kledingstukke moet gemerk wees.

Wintersdrag:3.3.3 Seuns: Grys langbroek, - langmouhemp,

skooldas, grys sokkies, bottelgroen trui / skoolwindjakker / groen “pullover” & swart skoolskoene (bruin skoolskoene, slegs graad 7 seuns). Seuns se skoene moet veters hê. ‘n Langmou wit T-hemp mag onder die hemp gedra word.

3.3.4 Dogters: Bottelgroen langbroek, wit langmouhemp, skooldas, bottelgroen trui / skoolwindjakker / groen “pullover” wit sokkies & swart skoolskoene. ‘n Langmou wit T-hemp mag onder die hemp gedra word.

3.3.5 Slegs bottelgroen serpe/handskoene/wolmussies/winter sporthempie mag gedra word. Geen strepe of ander kleure. Wolmussies word nie in die klaskamers toegelaat nie. Geen ander baadjie behalwe skool se windjakker.

3.4 Hare by dogters:3.4.1 Haarstyle moet netjies en gemaklik wees.3.4.2 Hare wat aan die hempskraag raak, moet

vasgemaak word.3.4.3 Kuiwe mag nie aan die wenkbroue raak nie.3.4.4 Die hare moet natuurlik wees, d.w.s. geen

kleurstowwe of permanente karteling. Gel van hare volgens voorskrifte is toelaatbaar.

3.4.5 Lang hare moet netjies en glad gevleg of vasgemaak wees. Geen krale in hare.

3.4.7 Rekkies: Bottelgroen, swart, of wit.3.4.8 Knippies: Bottelgroen, swart, silwer of wit.3.4.8 Haarband (Alice band): Moet glad wees.

Geen “butterfly” knippies 3.5 Hare by seuns:3.5.1 Hare moet by alle tye kort en netjies wees.3.5.2 Wanneer afgekam, mag die hare nie oor die

ore hang nie.3.5.3 Die kuif mag nie nader as ‘n vingerbreedte

van die wenkbroue hang nie.3.5.4 Hare mag nie oor die kraag hang nie.3.5.5 Wangbaarde nie laer as die oorgat nie.3.5.6 Seuns wat reeds skeer, mag nie ongeskeer

na die skool kom nie.3.5.7 Gel van hare volgens voorskrifte is

toelaatbaar. Indien hare langer as 3cm is mag hare nie gegel word nie.

3.5.8 Hare mag in ‘n aanvaarbare trap (“step”) gesny wees.

3.6 Sportdrag: [Beskikbaar by Opwaarts Uitrusters]

3.6.1 LO: Seuns: Groen hempie met swart broekie/groen sportbroekie Dogters: Groen hempie met groen broekie Langmou groen sporthempie mag in die winter gedra word.

3.6.10 Algemeen:- Tekkies met wit veters (geen neon kleur

veters nie).- Leerders mag gedurende die eksamen op ‘n

Woensdag sportklere aantrek.- Netbaldogters moet wit skoolkousies by

hulle tekkies dra as wedstryde gespeel word. “Secret socks” mag in die somer slegs deur dogters saam met tekkies gedra word.

- Borge se hempies mag op die dag wat die wedstryd gespeel word deur

spelers gedra word.- Netbal: Die skool verskaf amptelike

netbaldrag aan spelers- Geen “sivvies” by sportbyeenkomste.

Leerders moet die skool se sportdrag aanhê- Geen langmou frokkie of ander kleur T-

hemp onder sporthempie nie.

3.7 Juweliersware:3.7.1 Slegs dogters mag een silwer/goue knoppie of

ringetjie per oor dra. Deursnee van knoppie maksimum 3 mm (Studs). Geen steentjies nie. Ringetjies moet een dikte wees en by die punte inmekaar druk.

3.7.2 Ringe, knoppies of metaalvoorwerpe deur enige ander liggaamsdeel is verbode.

3.7.3 Geen ander arm - , nek-, liggaam- of vingerversierings behalwe horlosies mag

gedra word nie. 3.7.4 Spesiale toestemming sal deur die prinsipaal

verleen word om mediese plaatjies te dra.3.7.5 Horlosiebande mag nie uitspattige kleure hê

nie.3.7.6 Geen armbande mag gedra word nie.

3.8 Naels:3.8.1 Naels netjies en kort geknip.3.8.2 Geen naellak van watter aard nie. (Ook nie

deurskynende soort nie)

Page 8: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB15.docx  · Web view3.5.7Gel van hare volgens voorskrifte is toelaatbaar. Indien hare langer as 3cm is mag hare nie gegel word
Page 9: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB15.docx  · Web view3.5.7Gel van hare volgens voorskrifte is toelaatbaar. Indien hare langer as 3cm is mag hare nie gegel word