5
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL OUERS: BEDANKING: Baie dankie aan Vanita Coetzee en Cheral Lavarack wat ook borge was met ons afgelope Sport en Opvoedkundige toer. Ons is dankbaar vir ouers soos julle wat onbaatsugtig bydra tot die baie voorregte wat ons toerkinders geniet. Ons hoop ons kinders is baie dankbaar daarvoor! LEIERS 2014: Baie geluk aan die volgende leerders wat as leiers verkies is: Hoofleiers Skool: Gustav van Zyl en Kyla Cloete Onderhoofleiers Skool: Jan Cronjé en Charlise Wilke Hoofleiers Koshuis: Japie Botha en Charlise Wilke Onderhoofleiers Koshuis: Elwid Kruger en Marisna Theron MEDIALEIERS: Monicois Adams Jané Badenhorst Gino Booysen Leratho Mahlabe Edmon Naudé R’Shaän Ford Juan Botha KOSHUISLEIERS: Rulene Botes Shawn Pretorius Malcolm Wolmarans Juan Botha Juan van der Merwe SKOOLLEIERS: Iané Lavarack Cecile van Graan Strauss McLachlan Marisna Theron Japie Botha Richard Nolan Romé vd Westhuizen Elwid Kruger WINTERSDRAG: Die weervoorspelling sê dit is volgende week 6°C dus mag leerders volgende week wintersdrag aantrek skool toe. Vanaf Maandag, 5 Mei is die dra van volledige wintersdrag verpligtend. Die leerders se wintersdragbestelling het gekom en sommiges se klere is reeds uitgedeel. Sodra u kind se klere betaal is, kan dit aan u kind uitgedeel word. Dit sal miskien goed wees indien u die nuwe windjakker in koue water was om die meng van kleure te voorkom. Die langmou sporthempie is nou ook beskikbaar. Pryse is as volg: 22 – 32: R180 34 – 44: R200 Kyk asseblief dat u kind se klere duidelik gemerk is. Klere is duur! Onthou die penmerke was met die tyd uit. Windjakkers kan in die sakke gemerk word. Dit is elke kind se eie verantwoordelikheid om sy eie klere op te pas. Die personeel van die skool en koshuis neem geen verantwoordelikheid vir verlore klere nie. Ongemerkte klere is vir ons skool ‘n geweldige probleem. Skenk asb. ou skool- en sportklere, wat u kind nie meer gebruik nie, aan die klerewinkel. Ons gee dit weer vir behoeftige kinders in ons skool. Baie dankie! BEHEERLIGGAAM: Lede word herinner aan die Finansiëlekomitee vergadering om 10:30 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00 op Dinsdag, 22 April. DAGSKOLIERE IN KOSHUIS: Ouers moet onthou om ‘n aansoekvorm in te vul indien u kind in die koshuis wil eet/studie. Vorms is by die kantoor beskikbaar. Ouers moet voortaan hulle kinders NUUSBRIEF: 12 17 – 25

JACOBSDAL PRIMêRE Web viewSodra u kind se klere betaal is, kan dit aan u kind uitgedeel word. Dit sal miskien goed wees indien u die nuwe windjakker in koue water was om die meng

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE Web viewSodra u kind se klere betaal is, kan dit aan u kind uitgedeel word. Dit sal miskien goed wees indien u die nuwe windjakker in koue water was om die meng

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL

OUERS:BEDANKING:Baie dankie aan Vanita Coetzee en Cheral Lavarack wat ook borge was met ons afgelope Sport en Opvoedkundige toer. Ons is dankbaar vir ouers soos julle wat onbaatsugtig bydra tot die baie voorregte wat ons toerkinders geniet. Ons hoop ons kinders is baie dankbaar daarvoor!

LEIERS 2014:Baie geluk aan die volgende leerders wat as leiers verkies is:

Hoofleiers Skool: Gustav van Zyl en Kyla CloeteOnderhoofleiers Skool: Jan Cronjé en Charlise Wilke

Hoofleiers Koshuis: Japie Botha en Charlise WilkeOnderhoofleiers Koshuis: Elwid Kruger en Marisna Theron

MEDIALEIERS:Monicois Adams Jané Badenhorst Gino BooysenLeratho Mahlabe Edmon NaudéR’Shaän Ford Juan BothaKOSHUISLEIERS:Rulene Botes Shawn Pretorius Malcolm WolmaransJuan Botha Juan van der MerweSKOOLLEIERS:Iané Lavarack Cecile van Graan Strauss McLachlanMarisna Theron Japie Botha Richard NolanRomé vd Westhuizen Elwid Kruger

WINTERSDRAG:Die weervoorspelling sê dit is volgende week 6°C dus mag leerders volgende week wintersdrag aantrek skool toe. Vanaf Maandag, 5 Mei is die dra van volledige wintersdrag verpligtend.Die leerders se wintersdragbestelling het gekom en sommiges se klere is reeds uitgedeel. Sodra u kind se klere betaal is, kan dit aan u kind uitgedeel word. Dit sal miskien goed wees indien u die nuwe windjakker in koue water was om die meng van kleure te voorkom.Die langmou sporthempie is nou ook beskikbaar. Pryse is as volg:22 – 32: R18034 – 44: R200

Kyk asseblief dat u kind se klere duidelik gemerk is. Klere is duur! Onthou die penmerke was met die tyd uit. Windjakkers kan in die sakke gemerk word. Dit is elke kind se eie verantwoordelikheid om sy eie klere op te pas. Die personeel van die skool en koshuis neem geen verantwoordelikheid vir verlore klere nie. Ongemerkte klere is vir ons skool ‘n geweldige probleem.Skenk asb. ou skool- en sportklere, wat u kind nie meer gebruik nie, aan die klerewinkel. Ons gee dit weer vir behoeftige kinders in ons skool. Baie dankie!

BEHEERLIGGAAM:Lede word herinner aan die Finansiëlekomitee vergadering om 10:30 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00 op Dinsdag, 22 April.

DAGSKOLIERE IN KOSHUIS:Ouers moet onthou om ‘n aansoekvorm in te vul indien u kind in die koshuis wil eet/studie. Vorms is by die kantoor beskikbaar. Ouers moet voortaan hulle kinders in die register by die koshuis uitteken as hulle gehaal word.

BUSGELD / VERVOERGELD VIR HIERDIE KWARTAAL:Ouers moet asseblief kennis neem dat bus-/vervoergeld vir hierdie kwartaal as volg sal wees: Gelde is vooruitbetaalbaar op elke Maandag van die week.Wedstryde in Kimberley: R30Wedstryde in enige ander dorp: R50

Onthou asseblief dat leerders wat saam met ander ouers ry ook vervoergeld by die kantoor moet kom inbetaal. Almal betaal dus bus- of vervoergeld behalwe die kind wat saam met sy eie ouer ry. Hierdie inbetalings word elke week gekontroleer. Probeer asseblief op datum bly sodat hierdie groot administrasie ook so glad as moontlik kan verloop. Baie dankie by voorbaat.

Bus/vervoergelde van elke week se wegwedstryd sal teen betrokke ouers se skoolrekening gedebiteur word. Indien u dan busgeld betaal by die kantoor word dit van u skoolrekening afgetrek. Hierdie reëling geld ook vir ouers wat kwytskelding van skoolgeld het. State wat na ouers uitgaan sal dus onbetaalde busgeld ook ophê indien van toepassing.Op las: Die Beheerliggaam

SMS-STELSEL:Ouers kan nog steeds aansluit by ons skool se sms-stelsel (ook nuwe ouers!). Dringende inligting word gereeld aan ons ouers met hierdie stelsel deurgegee. Aansluitingsvorms is by die kantoor beskikbaar. R60 per selfoonnommer per jaar.

NUUSBRIEF: 12 17 – 25 April 2014

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE Web viewSodra u kind se klere betaal is, kan dit aan u kind uitgedeel word. Dit sal miskien goed wees indien u die nuwe windjakker in koue water was om die meng

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS: [AFSKEURSTROKIE]Wat wil u as ouer in die gedragskode vir ons leerders sien? Wat is vir u belangrik? Hoe kan ons die goeie opvoeding wat u vir u kind by die huis gee, voortsit hier by die skool? Ouers het hiermee die geleentheid om voorstelle per afskeurstrokie te maak. Handig asseblief by die klasonderwysers in op Dinsdag, 22 April.

MUSIEKLESSE / KOOR:Geen musieklesse vir tannie Hannelie Viljoen se leerders tot Maandag, 12 Mei nie. Kooroefening gaan wel normaalweg voort.

KWARTAALPROGRAM:Verander asseblief die volgende op u kwartaalprogram:Suid-Vrystaat netbalproewe vind op Vrydag, 9 Mei (semi-finaal) en Saterdag, 10 Mei (finaal) plaas.OV Karnavaldag vind nie meer op 25 April plaas nie.Dinsdag, 22 April: Wildeklawer Streekspanne teen NewtonVrydag, 9 Mei: Kimberley sub-unie spanne teen Noordelikes en Pixley Vrydag, 16 en Saterdag 17 Mei: Griekwaland-Wes proewe10 Mei: 0/7 en 0/9 Rugby en netbal teen Hartswater

OUERVERENIGING:Die Ouervereniging vra asseblief hulp op Donderdag, 24 April met die maak en verkoop van verversings met die rugby- en netbaldag teen Newton hier op ons velde. SMS asseblief vir Charmaine van Niekerk na 0720677995 indien jy kan help. Al is dit net vir ‘n gedeelte van die middag.Baie dankie by voorbaat!

KOSHUIS:Daar is ‘n nuwe toesigkrag by die koshuis in die plek van Alicia Steyn.Haar naam is Chrismarie van der Merwe en haar kontaknommer is: 0733626301. Volgens die weervoorspelling gaan dit volgende week baie koud wees. Ouers moet asseblief vir koshuisleerders genoeg warm klere en beddegoed insit.Baie dankie aan die volgende ouers wat groente geskenk het:Johan Lübbe: Uie en Maritha van der Merwe: Aartappels

LEERDERDEELNAME:WILDEKLAWER RUGBYPROEWE:Baie geluk aan die volgende seuns wat in die twee 0/13 spanne opgeneem is en op Dinsdag, 22 April teen die Newtonspan proewe speel vir die kies van ‘n Kimberley Sub-uniespan:

Jan Cronjé, Lodewyk du Toit, Ruhan Vermeulen, Jan-Hendrik Esterhuisen, Richard Nolan, Stiaan Heyman, Gustav van Zyl en Wico Oberholzer.Hierdie seuns ontvang ‘n inligtingsbrief. Busgeld van R30 vooraf betaalbaar.

RUGBY: Die 0/11 rugbyspan wen met 10 – 5 en die 0/13’s verloor met 24 – 12 teen Roodepan. 0/7 Rugbyspelers moet reg wees om Dinsdag (22/4) of Woensdag (23/4) rugby te oefen. Julle afrigter kan dit eers Dinsdag bevestig.0/9 Rugbyspelers oefen Dinsdag op hulle normale tyd.Die 0/11 en 0/13 rugbyspanne oefen nie op Dinsdag, 22 April nie maar wel op Woensdag, 23 April. 0/13 Op hulle normale tyd en 0/11 van 14:30 tot 16:00.

NETBAL: [AFSKEURSTROKIE]Die 0/11 en 0/13 netbalspanne oefen nie op Dinsdag, 22 April nie maar wel op Woensdag, 23 April om 14:15 tot 15:30.Die 0/7 netbalspelers oefen op Dinsdag, 22 en Woensdag, 23 April op hulle gewone oefentyd.Die 0/9A en B netbalspanne oefen op Dinsdag, 22 April vanaf 14:00 tot 15:30 sowel as op Woensdag, 23 April vanaf 14:00 tot 15:00.Baie sterkte aan die volgende dogters wat op Dinsdag, 22 April aan die Xhariep netbalproewe in Bloemfontein gaan deelneem:0/12: Fransien Steenkamp, Suzelle Fourie, Verien Hills, Elisma du Plooy, Ané Joubert en Maroeschka van Zyl0/13: Kyla Cloete, Charlise Wilke, Imke Marx en Iané Lavarack.0/14: Lerato Mahlabe.Die bussie vertrek om 11:00 en R50 busgeld is vooraf betaalbaar. Vul die afskeurstrokie in en handig by juffrou Delene in op Dinsdag, 22 April vóór 8:00. Ouers kan ook saam met die bussie ry!

RUGBY- EN NETBALLIGA TEEN NEWTON – 24 APRIL:‘n Program vir die wedstryde wat hier by ons plaasvind, word by die nuusbrief ingesluit. Die Ouervereniging gaan heerlike verversings verskaf.Kom geniet die dag saam met ons!

..............................PW TAIT SKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Henriëtte du Plooy (operasie)Julie van Graan

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE Web viewSodra u kind se klere betaal is, kan dit aan u kind uitgedeel word. Dit sal miskien goed wees indien u die nuwe windjakker in koue water was om die meng

AFSKEURSTROKIE: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS / WAARDETUIN (OUER SE NAAM EN VAN) ___________________________________

WIL GRAAG DIE VOLGENDE VOORSTELLE MAAK VIR DIE LEERDERS SE GEDRAGSKODE:

__________________________________________________________

__________________________________________________________

WIL GRAAG DIE VOLGENDE VOORSTELLE MAAK VIR DIE MAAK VAN ‘N WAARDETUIN:

__________________________________________________________

__________________________________________________________

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

AFSKEURSTROKIE: XHARIEP NETBALPROEWE (22/4)

(SPELER / OUER) _____________________________________________

BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN

EK (OUER): ______________________________ NEEM SELF MY KIND.

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

Bus/vervoergeld vir elke speler: R30

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE Web viewSodra u kind se klere betaal is, kan dit aan u kind uitgedeel word. Dit sal miskien goed wees indien u die nuwe windjakker in koue water was om die meng