6
DIE KETTIE GAZETTE Geagte Ouer / Voog Dit is met ‘n amperse skok dat ons tot die besef kom dat die skool oor bietjie meer as twee weke sluit vir die eerste kwartaal. Tot dusver het ons ‘n geweldig besige eerste kwartaal beleef waarin talle op ons kinders se lewenspad geplaas is. Getrou aan ons aard het die Kennies nie op hul laat wag het nie en telkens geskitter het in hul pogings om die beste te maak van elke geleentheid wat hulle aangepak het. Ons het die afgelope naweek by baie aktiwiteite betrokke en het puik uitslae behaal. Ons sê graag baie geluk aan ons veertien atlete wat hul heel beste gegee het tydens die Gauteng Kampioenskappe. Geen atleet is egter gekies om na die Suid-Afrikaans Kampioenskappe te gaan nie. Ons het drie hokkiespelers wat na die volgende rondte proewe gaan, baie geluk! Ook by die super 12- redenaars het ons leerlinge puik presteer met een redenaar wat deurgedring het na die finaal. Ons UITGAWE # 3 13 Maart 2015 UIT DIE HOOF SE PEN Aan elke afrigter van ons skool sê ons baie dankie vir ure se insette en opofferings wat deur u gemaak is. U as ouers was oudergewoonte daar om u kind/ers te ondersteun en dit word opreg waardeer. Ek bedank graag ook met hierdie skrywe ons ouers wat Maandagaand gehoor gegee het aan die oproep om ons skool te ondersteun in die poging om ‘n kworum te kry sodat daar oorgegaan kon word tot die verkiesing van ‘n nuwe Beheerliggaam vir ons skool. Ons het uiteindelik 344 ouers teenwoordig gehad, ongelukkig net te min om as ‘n kworum te kon dien. Ek wil werklik vir u elkeen baie dankie sê vir u opoffering om hier te gewees het. U het werklik die ekstra myl vir ons skool gestap en u totale lojaliteit aan ons skool bewys. Die feit dat ons nie ‘n kworum kon bereik nie, word vir my in ‘n groot mate in die skadu gestel deur die feit ons soveel ouers by die skool kon bymekaarkry op ‘n Maandagaand. Weet dat ek dit baie waardeer en uitsien na ‘n jaar waarin ons skool, met u lojale ondersteuning, werklik hoë hoogtes gaan bereik. Die volgende stembergadering vind plaas op Maandag 16 Maart om 18:00 in Soos reeds aan die leerlinge oorgedra en reeds op die D6 geplaas , word u wèèr herinner aan die feit dat ons skool Woensdag 11 Maart om 11:30 sluit weens ons deelname aan rugby- en netbalwedstryde te Laerskool Randhart, Alberton. Daar is wel toesig vir dié leerlinge wat nie op hierdie tyd na hul onderskeie ouerhuise kan gaan nie. Ons wens ons spanne baie sterkte toe. Reëlings i.v.m. busvervoer is reeds aan ons leerlinge deurgegee. U word ook verder herinner aan die verskuiwing van ons kwartaaltoetse in die seniorfase vanaf Doderdag 12 Maart na Vrydag 13 Maart. Hierdie verskuiwing is gedoen om ons groot aantal leerlinge wat aan die sport op Woensdag deelneem te akkomodeer sodat hulle hul beste kan gee. Ons doen egter ‘n dringende beroep op u om asseblief toe te sien dat u kind wel die vraestelle op Vrydag skryf, aangesien ons op Maandag 16 Maart die finale punteverwerking MOET doen. Teen hierdie datum moet ALLE uitstaande werksopdragte ook

€¦ · Web viewAfwesigheid getalle word reeds 9 uur na die Departement gestuur. Dit kan nie verander word nie, en sal u kind dus afwesig gemerk word indien ons nie betyds in kennis

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: €¦ · Web viewAfwesigheid getalle word reeds 9 uur na die Departement gestuur. Dit kan nie verander word nie, en sal u kind dus afwesig gemerk word indien ons nie betyds in kennis

1

DIE KETTIE GAZETTE Geagte Ouer / VoogDit is met ‘n amperse skok dat ons tot die besef kom dat die skool oor bietjie meer as twee weke sluit vir die eerste kwartaal. Tot dusver het ons ‘n geweldig besige eerste kwartaal beleef waarin talle op ons kinders se lewenspad geplaas is. Getrou aan ons aard het die Kennies nie op hul laat wag het nie en telkens geskitter het in hul pogings om die beste te maak van elke geleentheid wat hulle aangepak het.

Ons het die afgelope naweek by baie aktiwiteite betrokke en het puik uitslae behaal. Ons sê graag baie geluk aan ons veertien atlete wat hul heel beste gegee het tydens die Gauteng Kampioenskappe. Geen atleet is egter gekies om na die Suid-Afrikaans Kampioenskappe te gaan nie. Ons het drie hokkiespelers wat na die volgende rondte proewe gaan, baie geluk!

Ook by die super 12- redenaars het ons leerlinge puik presteer met een redenaar wat deurgedring het na die finaal. Ons netbal het aan ‘n baie groot toernooi te KHS deelgeneem met baie mooi uitslae. Ons C-spanne moes ongelukkig in die meeste gevalle teen B- en A-spanne speel en het gevolglik al hul wedstryde verloor. Ons is egter dankbaar dat hulle moedig probeer het en in die proses ook die geleentheid gekry het om hulself te verbeter vir die volgende wedstryde wat voorlê.

Baie geluk aan ons eerste rugbyspan wat die naweek deelgeneem het aan ‘n toernooi te Bedfordview, aangebied deur St Benedicts skool. Hulle het drie van hul vier wedstryde gewen. Baie geluk met skitterrugby en veggees toe dit regtig saakgemaak het.

UITGAWE # 3 13 Maart 2015

UIT DIE HOOF SE PENAan elke afrigter van ons skool sê ons baie dankie vir ure se insette en opofferings wat deur u gemaak is. U as ouers was oudergewoonte daar om u kind/ers te ondersteun en dit word opreg waardeer.

Ek bedank graag ook met hierdie skrywe ons ouers wat Maandagaand gehoor gegee het aan die oproep om ons skool te ondersteun in die poging om ‘n kworum te kry sodat daar oorgegaan kon word tot die verkiesing van ‘n nuwe Beheerliggaam vir ons skool. Ons het uiteindelik 344 ouers teenwoordig gehad, ongelukkig net te min om as ‘n kworum te kon dien. Ek wil werklik vir u elkeen baie dankie sê vir u opoffering om hier te gewees het. U het werklik die ekstra myl vir ons skool gestap en u totale lojaliteit aan ons skool bewys. Die feit dat ons nie ‘n kworum kon bereik nie, word vir my in ‘n groot mate in die skadu gestel deur die feit ons soveel ouers by die skool kon bymekaarkry op ‘n Maandagaand. Weet dat ek dit baie waardeer en uitsien na ‘n jaar waarin ons skool, met u lojale ondersteuning, werklik hoë hoogtes gaan bereik. Die volgende stembergadering vind plaas op Maandag 16 Maart om 18:00 in ons skoolsaal. By diè geleentheid word geen kworum vereis nie en die ouers wat teenwoordig is, sal aangaan met die finale stemming. Tien kandidate is voorgestel en omdat dit meer as die ses is wat ons as skool uiteindelik moet verkies, sal daar geen verdere nominasies wees nie. Ons vra weer dat u asseblief teenwoordig sal wees sodat ‘n sinvolle verkiesing kan plaasvind. Die kandidate wat genomineer is en waaruit ses moet verkies is in alfabetiese volgorde: Pieter Alberts, Jaco Bezuidenhout, Jacques Coetzer, Elizma de Swardt, Alfred Edwards, Bertus j.v. Vuuren, Daan Joubert, Wim Krynauw, Lizelle Roets en Janine v.d.Berg. Baie sterkte aan elkeen van u!

Soos reeds aan die leerlinge oorgedra en reeds op die D6 geplaas , word u wèèr herinner aan die feit dat ons skool Woensdag 11 Maart om 11:30 sluit weens ons deelname aan rugby- en netbalwedstryde te Laerskool Randhart, Alberton. Daar is wel toesig vir dié leerlinge wat nie op hierdie tyd na hul onderskeie ouerhuise kan gaan nie. Ons wens ons spanne baie sterkte toe. Reëlings i.v.m. busvervoer is reeds aan ons leerlinge deurgegee.

U word ook verder herinner aan die verskuiwing van ons kwartaaltoetse in die seniorfase vanaf Doderdag12 Maart na Vrydag 13 Maart. Hierdie verskuiwing is gedoen om ons groot aantal leerlinge wat aan die sport op Woensdag deelneem te akkomodeer sodat hulle hul beste kan gee. Ons doen egter ‘n dringende beroep op u om asseblief toe te sien dat u kind wel die vraestelle op Vrydag skryf, aangesien ons op Maandag 16 Maart die finale punteverwerking MOET doen. Teen hierdie datum moet ALLE uitstaande werksopdragte ook ingehandig wees.

Vriendelike groeteWouter Immelman

“Success is what happens after you have survived all your mistakes.” – Anora Lee

Page 2: €¦ · Web viewAfwesigheid getalle word reeds 9 uur na die Departement gestuur. Dit kan nie verander word nie, en sal u kind dus afwesig gemerk word indien ons nie betyds in kennis

2

Geagte Ouer / VoogDit is met ‘n amperse skok dat ons tot die besef kom dat die skool oor bietjie meer as twee weke sluit vir die eerste kwartaal. Tot dusver het ons ‘n geweldig besige eerste kwartaal beleef waarin talle op ons kinders se lewenspad geplaas is. Getrou aan ons aard het die Kennies nie op hul laat wag het nie en telkens geskitter het in hul pogings om die beste te maak van elke geleentheid wat hulle aangepak het.

Ons het die afgelope naweek by baie aktiwiteite betrokke en het puik uitslae behaal. Ons sê graag baie geluk aan ons veertien atlete wat hul heel beste gegee het tydens die Gauteng Kampioenskappe. Geen atleet is egter gekies om na die Suid-Afrikaans Kampioenskappe te gaan nie. Ons het drie hokkiespelers wat na die volgende rondte proewe gaan, baie geluk!

Ook by die super 12- redenaars het ons leerlinge puik presteer met een redenaar wat deurgedring het na die finaal. Ons netbal het aan ‘n baie groot toernooi te KHS deelgeneem met baie mooi uitslae. Ons C-spanne moes ongelukkig in die meeste gevalle teen B- en A-spanne speel en het gevolglik al hul wedstryde verloor. Ons is egter dankbaar dat hulle moedig probeer het en in die proses ook die geleentheid gekry het om hulself te verbeter vir die volgende wedstryde wat voorlê.

Baie geluk aan ons eerste rugbyspan wat die naweek deelgeneem het aan ‘n toernooi te Bedfordview, aangebied deur St Benedicts skool. Hulle het drie van hul vier wedstryde gewen. Baie geluk met skitterrugby en veggees toe dit regtig saakgemaak het.

LEERDERS WAT NA SKOOL RONDDWAAL

LEERDERS WAT NA SKOOL RONDDWAAL EN NIE BY ‘N NASKOOLSENTRUM INGESKRYF IS NIE IS ONTOELAATBAAR WANT HIERDIE LEERDERS HET NIE TOESIG NIE EN DIE SKOOL KAN NIE VERANTWOORDELIKHEID NEEM VIR HUL NA SKOOLURE NIE, U SAMEWERKING IN HIERDIE VERBAND SAL HOOG OPRYS GESTEL WORD.

PARKERINGOns versoek asb vriendelik dat ouers NIE van die personeel se parkering agter die Admin blokke gebruik maak NIE.

NB!!LAAT KOM REëLINGS:

Skakel asb dadelik vir Charmaine as u kind laat gaan wees. Afwesigheid

getalle word reeds 9 uur na die Departement gestuur. Dit kan nie verander word

nie, en sal u kind dus afwesig gemerk word indien

ons nie betyds in kennis gestel word nie.

D6 Kommunikeerder:

Ons “school communicator” Skakel vir aflaai op u slimfoon: http:www.school-communicator.com/mobile.php. Indien u die school communicator op u rekenaar wil aflaai is die skakel: http://www.school-communicator.com/download.php.

PHOTO

ONDERRIGGELDEAlle skoolgelde moet nou reeds betaal wees tot April 2015.

Dankie aan al die ouers wat hulle rekening op datum betaal. Agterstallige skoolfonds moet asseblief dringend op datum gebring

word. Agterstallige gelde plaas druk op die skool se begroting.

In terme van Afdeling 39 van die SASA is ouers aanspreeklik om verpligte skoolgelde

te betaal. Bankbesonderhede:ABSA – KRUGERSDORP; TJEKREK.NO. 01099240152;

TAKKODE: 632 005; Naam: LAERSKOOL KENMARE, meld asseblief die verwysingsnommer: ( bv 3CRON04)

Dit is baie belangrik sodat die gelde na die regte rekening geallokeer kan word. Faks asb. bewys van betaling na 011-955-1075 of e-pos na [email protected] of

[email protected] Dankie dat ons hier ook op u samewerking kan staatmaak.

Studiekursus

‘n 3-dag studiekursus vir Gr 4 – 9 !

30 Maart – 1 April 2015

Wat gaan ek leer en ontvang?

HOE om te beplan, op te som en te studeerHOE om makliker te onthouMy breinprofiel‘n Subliminale CD om vir die res van my lewe met studie te gebruik.Aansoeke sluit Vrydag 13 Maart 2014

Kontak: Wilma 072 913 0785

Page 3: €¦ · Web viewAfwesigheid getalle word reeds 9 uur na die Departement gestuur. Dit kan nie verander word nie, en sal u kind dus afwesig gemerk word indien ons nie betyds in kennis

3

Page 4: €¦ · Web viewAfwesigheid getalle word reeds 9 uur na die Departement gestuur. Dit kan nie verander word nie, en sal u kind dus afwesig gemerk word indien ons nie betyds in kennis

4

KAMPIOEN-NUUS D6 Kommunikeerder:

Ons “school communicator” Skakel vir aflaai op u slimfoon: http:www.school-communicator.com/mobile.php. Indien u die school communicator op u rekenaar wil aflaai is die skakel: http://www.school-communicator.com/download.php.

INTERNASIONALEMUSIEK VIDEO

Mila Loubser het onlangs die geleentheid gehad om deel te wees van ‘n Internasionale musiekvideo. Nate Butler van America’s Got Talent het saam met die plaaslike sangeres Anais sy nuwe liedjie “Dance like David” kom opneem in SA. Nate is betrokke by kunstenaars soos ondermeer Backstreet Boys, Craig David en the Cheetah Girls.

Die video is in die hartjie van Diepsloot geskiet en was omtrent ‘n belewenis vir Mila, wat saam met baie van haar ARTS Alumni, deel was van die filmspan wat gebruik was. Dance like David is ‘n gospel liedjie met ‘n R&B en Hip-hop “twist”. Kyk gerus uit op You Tube in die nabye toekoms.

Foto regs: Mila saam met Nate Anais en die filmspan

KENNIES SPOG MET MOOI MEISIES!!

Celeste Rautenbach het Saterdag 28 February 2015 deelgeneem aan Mej Royal Beauty 2015.

Uit 25 meisies vir die ouderdom 12-14 het sy die volgende pryse gewen: Best Dressed, 2de Prinses Mej Fotogenies en was1st Prinses in haar kategorie!

Baie geluk Celeste!

Foto Links: Celeste Rautenbach

Page 5: €¦ · Web viewAfwesigheid getalle word reeds 9 uur na die Departement gestuur. Dit kan nie verander word nie, en sal u kind dus afwesig gemerk word indien ons nie betyds in kennis

5

ADVERTEER IN DIE

KETTIE GAZETTE:

¼ BLAD = R150½ BLAD = R300

VOL BLAD = R600PAMFLET VERSPREIDING = R250

(u voorsien pamflette)

D6 = R100 VIR 4 WEKE

BANK BESONDERHEDE:

LAERSKOOL KENMAREABSA

REK NR 1099 2401 52KEY WEST TAK

E-POS BEWYS VAN BETALING EN ELEKTRONIESE ADVERTENSIE NA

[email protected]

In die winkels….

WOONSTEL:

Woonstel maat gesoek:

Opsoek na ‘n netjiese, jong dame met goeie gewoontes; nie-roker om ‘n ruim drieslaapkamer woonstel in Kenmare te deel. Woonstel is ongeveer 1.8km vanaf Laerskool Kenmare.Huur R2500 water en ligte ingesluit asook DSTV.Geen diere. Kontak Jo-ann 072 367 9261