5
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 22 23 - 30 Junie 2017 OUERS: TOP 10-BALKIES: Leerders moet hulle Top 10-balkies (Akademie/Sport/Kultuur) op Maandag, 26 Junie by die kantoor inhandig. Vasgesteek aan ‘n papiertjie met jou naam op. As jou balkie weg is, betaal jy R25 en toon jou kwitansie. SPRAAKTERAPEUT: Die Departementele spraakterapeut, mev Hannelie Swarts nooi ouers uit om hulle kinders te bring vir die volgende: Spraakterapie Ondersteuningsprogramme Spraak: Taalassessering Gehoortoetse Sy sal op die volgende datums by die Distrikskantoor SEDCOM gebou in Bloemfontein beskikbaar wees: 28 en 30 Junie 3 – 6 Julie Kontak haar gerus by 0836520764 om ‘n afspraak te maak. KOSHUIS: Ouers wat afskeurstrokies ingevul het vir die afskeids/verwelkomingsfunksie by die koshuis op Woensdag, 28 Junie moet asseblief kennis neem dat die funksie om 17:00 vir 17:30 sal plaasvind. U moet u eie drinkgoedjies saambring. ONTRUIMING: Koshuisouers moet kennis neem dat leerders wat volgende week huis toe gaan, hulle kamers totaal moet ontruim. Slotte moet saamgeneem word huis toe en kaste moet oop staan. Herstelwerk word gedurende die vakansie in die kamers gedoen. LEERDERDEELNAME SWEM [NOORDKAAP]: Op Saterdag, 27 Mei het die volgende vier swemmers prestasietoekennings van NCASA tydens ‘n funksie ontvang: Leané van Eeden Wessel van Niekerk Junior klere Rian Steenkamp Riko Swart Halfklere Baie geluk! GIMNASTIEK: Sterkte aan die volgende gimnaste wat aan die Sone Gimnastiekkampioenskappe in Kemptonpark gaan deelneem: Vrydag, 23 Junie: Mariné Oosthuizen en Zanté Oertel Saterdag, 24 Junie: Sumari Oosthuizen, Cailyn Kriel, Chrizaan Hough en Sandri van Niekerk Maak ons trots!! RUGBY: Phillip Noeth vertrek reeds vandag na die GW 0/12A oefenkamp. Hulle toernooi vind vanaf Maandag, 26 Junie in Vryheid, Natal plaas. Vuyani Moore en Smittie Stadler vertrek op Woensdag, 28 Junie na die 0/13A Cravenweek oefenkamp. Hulle toernooi vind vanaf 4 Julie in Bloemfontein plaas. Wikus Wessels neem deel aan die GW 0/13B toernooi wat vanaf Maandag, 3 Julie in Sasolburg plaasvind. Sy oefenkamp begin op 28 Junie. Baie sterkte met julle onderskeie toernooie. Trots op julle vier seuns!

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web view‘n papiertjie met jou naam op. As jou balkie weg is, betaal jy R25 en toon jou kwitansie. SPRAAKTERAPEUT: Die Departementele spraakterapeut,

  • Upload
    others

  • View
    7

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web view‘n papiertjie met jou naam op. As jou balkie weg is, betaal jy R25 en toon jou kwitansie. SPRAAKTERAPEUT: Die Departementele spraakterapeut,

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 22 23 - 30 Junie 2017OUERS:TOP 10-BALKIES:Leerders moet hulle Top 10-balkies (Akademie/Sport/Kultuur)op Maandag, 26 Junie by die kantoor inhandig. Vasgesteek aan ‘n papiertjie met jou naam op. As jou balkie weg is, betaal jy R25 en toon jou kwitansie.

SPRAAKTERAPEUT:Die Departementele spraakterapeut, mev Hannelie Swarts nooi ouers uit om hulle kinders te bring vir die volgende:

Spraakterapie Ondersteuningsprogramme Spraak: Taalassessering Gehoortoetse

Sy sal op die volgende datums by die Distrikskantoor SEDCOM gebou in Bloemfontein beskikbaar wees:28 en 30 Junie3 – 6 JulieKontak haar gerus by 0836520764 om ‘n afspraak te maak.

KOSHUIS:Ouers wat afskeurstrokies ingevul het vir die afskeids/verwelkomingsfunksie by die koshuis op Woensdag, 28 Junie moet asseblief kennis neem dat die funksie om 17:00 vir 17:30 sal plaasvind. U moet u eie drinkgoedjies saambring.ONTRUIMING: Koshuisouers moet kennis neem dat leerders wat volgende week huis toe gaan, hulle kamers totaal moet ontruim. Slotte moet saamgeneem word huis toe en kaste moet oop staan. Herstelwerk word gedurende die vakansie in die kamers gedoen.

LEERDERDEELNAMESWEM [NOORDKAAP]:Op Saterdag, 27 Mei het die volgende vier swemmers prestasietoekennings van NCASA tydens ‘n funksie ontvang:Leané van EedenWessel van Niekerk Junior klereRian SteenkampRiko Swart HalfklereBaie geluk!

GIMNASTIEK:Sterkte aan die volgende gimnaste wat aan die Sone Gimnastiekkampioenskappe in Kemptonpark gaan deelneem:Vrydag, 23 Junie: Mariné Oosthuizen en Zanté Oertel Saterdag, 24 Junie: Sumari Oosthuizen, Cailyn Kriel, Chrizaan Hough en Sandri van Niekerk Maak ons trots!!

RUGBY:Phillip Noeth vertrek reeds vandag na die GW 0/12A oefenkamp. Hulle toernooi vind vanaf Maandag, 26 Junie in Vryheid, Natal plaas. Vuyani Moore en Smittie Stadler vertrek op Woensdag, 28 Junie na die 0/13A Cravenweek oefenkamp. Hulle toernooi vind vanaf 4 Julie in Bloemfontein plaas. Wikus Wessels neem deel aan die GW 0/13B toernooi wat vanaf Maandag, 3 Julie in Sasolburg plaasvind. Sy oefenkamp begin op 28 Junie.Baie sterkte met julle onderskeie toernooie. Trots op julle vier seuns!

BOKKIEWEEK:Sterkte aan Wynand Botha en Junior van Niekerk wat op .... aan die Bokkieweek in .... gaan deelneem.

NETBAL:Baie sterkte aan Anneline de Wet (0/12C) en Miandi Steenkamp (0/13A) watvanaf 2 – 6 Julie aan die SA Netbaltoernooi by EG Jansen in Boksburg deelneem. Ons is baie trots op julle twee!

AFSKEIDSBOODSKAP:Ons neem met ‘n traan in die oog afskeid van ‘n geliefde koshuisouerpaar en hulle kinders. Mag julle vreugde en geluk vind in julle nuwe omgewing en werksplek. Julle het iets kosbaars agtergelaat en dit is die mooi herinneringe wat ons van julle het.Ons wens julle die Here se seën op julle pad toe.Skoolhoof, Personeel en Kinders

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web view‘n papiertjie met jou naam op. As jou balkie weg is, betaal jy R25 en toon jou kwitansie. SPRAAKTERAPEUT: Die Departementele spraakterapeut,

Die Noeth’e groetPrediker 3

Wat ‘n besonderse voorreg was dit nie vir ons om by Kareehof Koshuis en Jacobdal Primêre Skool betrokke te kon wees nie. Hier het ons met baie Genade van ons Hemelse Vader gebly, gewerk en die fondasie van ons kinders se opvoeding en toekoms gelê. Ons kon nie vir ‘n beter plek en skool gevra het om dit te doen nie.

Al die koshuispersoneel, saam met wie ons elke dag gewerk het, wil ons bedank vir hul harde werk, maar ook vir hul gesindheid om alles saam met ons te doen met ‘n glimlag en op so ‘n manier ons taak so maklik gemaak het.

Vir al die personeel van Jacobsdal Primêr kan ons nie genoeg bedank vir die wonderlike werk en wyse waarop julle nie net met ons, maar al die kinders elke dag werk nie. Ons is vas oortuig daar is nie ‘n beter skool nie en hier kan elke kind tot sy volle potensiaal ontwikkel op alle gebiede. Julle is PUIK!

Aan ons sport-en veral ons rugby familie wil ons net spesiaal ook bedank. Die geselsies langs die veld, die saam ondersteun van ons kinders en spanne, die aanmoediging en ondersteuning en sommer net lekker kuier langs die sportvelde was verseker die hoogtepunt van ons week.

Aan ons koshuiskinders se ouers wil ons net bedank vir al julle ondersteuning en bystand deur die 3 jaar. Dankie vir jul begrip en geduld met ons. Ons het en sal ook nooit altyd die regte antwoorde vir die kinders hê nie, maar wees verseker dat elke kind vir ons spesiaal was en altyd sal wees. In ons swakke menswees wou ons net die beste vir elke kind hê en die beste moontlike huis weg van hul huis skep.Ons het in ‘n baie kort tyd in Jacobsdal vriende gemaak deur die koshuis, ook in ander gemeenskappe. Ons wil elkeen van julle besonders bedank vir alles wat julle vir ons beteken het en lewenslank nog gaan beteken. Die Here het werklikwaar besonderse mense oor ons pad gestuur en ons so ook besonders geseën.Aan elkeen wat ons hartseer, kwaad of ongelukkig gemaak het, sonder dat ons geweet het, wil ons onverskoning vra en hoop julle kan ons vergewe.

Aan elke kind wat onder ons toesig was: weet dat ons julle baie lief het en ons julle baie gaan mis, maar weet ook dat al is oom Danie nie meer op die stoep of tannie Jolandé iewers in die gange nie, ons deur, ons ore en ons harte nog altyd oop vir julle sal wees.

Ons groet Jacobsdal en al sy pragtige mense.Totsiens aan al die ouersTotsiens aan Jacobsdal Primêr en personeel.Totsiens Kareehof Koshuis en al sy personeelTotsiens aan al ons vriendeTotsiens kindersMaar as die Here wil, mag ons paaie gou weer kruis.

Liefde oom Danie, Tannie Jolandé, Phillip, JG en HJ

2 Kor 13:13