12
SPORT Eendrag-rugby is weer op dreef na jare- lange droogte Jaargang 39 Uitgawe 3 Onafhanklike nuusblad van Eendrag Manskoshuis Junie 2002 HULDEBLYK Huldeblyke van die HK en ’n jarelange vriend KULTUUR Gif in die doring was die doring in die vlees by toneelfees 5 8 12 VIRES unitatis ’n Kleipot is gebreek LOURENS DU PLESSIS FRANÇOIS de Bruin is uit ons midde weggeruk, ná ’n aanval ’n week en ’n half gelede op hom en Philip Hills (“Jeep”). Die twee het forelle gevang digby die Hugenotetonnel toe hulle deur vier mans aangeval is. Die verrmeende aanvallers het reeds in die hof ver- skyn. Daniel Thomalla, primarius, het gesê ’n atmosfeer van bedruktheid heers in die koshuis. “Ons is almal geruk. Ons het Fran - çois baie goed geken en toe ons ver- lede week van die aanval gehoor het, was die ouens kwaad, bekommerd en bang. “Waar is ’n student dan veilig? Ons staan mekaar by en ondersteun mekaar,” het hy gesê. Daniel, wat baie tyd saam met Fran - çois se naasbestaandes in die waak- eenheid van die Vergelegen Medi- Clinic deurgebring het, het gesê Fran- çois se gesin berus daarin dat hy nou by die Here is. “Hulle is van die sterkste mense wat ek nog ontmoet het,” het Daniel by- gevoeg. Hy het François beskryf as iemand met ’n sterk karakter, trots en styl; “iets wat elke Eendrag-man in sy eer- stejaar leer”. Studente op kampus is ook deur sy dood geruk. Dit het duidelik geblyk uit die vele huldeblyke wat van ander koshuise ontvang is. Verlede Maan- dagaand het twee dameskoshuise met ’n kersligmars hul medelye met Een- drag betoon. Volgens sy ma is hulle baie dank- baar vir die ondersteuning wat hulle • Vervolg op p5 LAASTE HUISFONDSDANS François de Bruin (voor regs) by vanjaar se “Uit de oude doos”-Huisfondsdans saam met ’n groep vriende. Foto: Julian Krüger Fotografiese Dienste

Junie VIRES 2002 unitatis - student.sun.ac.zastudent.sun.ac.za/vires/2002/Junie2002.pdf · deur se knop vervang word voor dit die moeite werd is om die hele deur te vervang?” Hannes

  • Upload
    hakhue

  • View
    220

  • Download
    5

Embed Size (px)

Citation preview

Junie 2002 Bladsy 1

SPORT Eendrag-rugby is weer op dreef na jare-lange droogte

Jaargang 39 Uitgawe 3 Onafhanklike nuusblad van Eendrag Manskoshuis Junie 2002

HULDEBLYK Huldeblyke van die HK en ’n jarelange vriend

KULTUUR Gif in die doring was die doring in die vlees by toneelfees 5 8 12

VIRESunitatis

’n Kleipot is gebreek LOURENS DU PLESSIS FRANÇOIS de Bruin is uit ons midde weggeruk, ná ’n aanval ’n week en ’n half gelede op hom en Philip Hills (“Jeep”).

Die twee het forelle gevang digby die Hugenotetonnel toe hulle deur vier mans aangeval is. Die verrmeende aanvallers het reeds in die hof ver-skyn.

Daniel Thomalla, primarius, het gesê ’n atmosfeer van bedruktheid heers in die koshuis.

“Ons is almal geruk. Ons het Fran -çois baie goed geken en toe ons ver-lede week van die aanval gehoor het, was die ouens kwaad, bekommerd en bang.

“Waar is ’n student dan veilig? Ons staan mekaar by en ondersteun mekaar,” het hy gesê.

Daniel, wat baie tyd saam met Fran -çois se naasbestaandes in die waak-eenheid van die Vergelegen Medi-Clinic deurgebring het, het gesê Fran-çois se gesin berus daarin dat hy nou by die Here is.

“Hulle is van die sterkste mense wat ek nog ontmoet het,” het Daniel by-gevoeg.

Hy het François beskryf as iemand met ’n sterk karakter, trots en styl; “iets wat elke Eendrag-man in sy eer-stejaar leer”.

Studente op kampus is ook deur sy dood geruk. Dit het duidelik geblyk uit die vele huldeblyke wat van ander koshuise ontvang is. Verlede Maan-dagaand het twee dameskoshuise met ’n kersligmars hul medelye met Een-drag betoon.

Volgens sy ma is hulle baie dank-baar vir die ondersteuning wat hulle

• Vervolg op p5

LAASTE HUISFONDSDANS François de Bruin (voor regs) by vanjaar se “Uit de oude doos”-Huisfondsdans saam met ’n groep vriende. Foto: Julian Krüger Fotografiese Dienste

Bladsy 2 Junie 2002 VIRESunitatis – Redaksioneel

VIRESunitatis ’n Oomblik van stilte Dit was met groot skok en ont-nugtering waarmee François van ons weggeneem is. Hy was ’n man van integriteit, vriendelikheid, eerlikheid, konsekwentheid en regverdigheid. Die predikant se woorde tydens die roudiens het my bygebly: “Laat ons nie op die wyse waarop hy doodgemaak is fokus is nie, maar die goeie vier wat François nagelaat het. Laat ons ook die skatte wat hy in ander ontgin het, ontgin in ander.” Ons dink ook met groot hartseer en deernis aan François se vriende en familie. Ons gebede gaan uit na julle. Terugvoer verder gevoer Die HK-terugvoersirkus het steeds ontstellend min reaksie onder veral tweede- en derdejaars uitgelok. Wat dit meer bekommeringswaardig maak is die feit dat daar ’n soort van ge ïmpl i seerde verp l i g t ing op eerstejaars is om die sirkus by te woon. Vir baie oumanne sal dit ook hul laaste sirkus wees en dit gevolglik hul beweegrede vir bywoning is. Dit is juis dié tweede– en derdejaars wat teenwoordig moet wees. Dit is wel verblydend dat sekere reaksie al reeds getoon is na die sirkus - die webwerf is opdateer en die voorspelling van ’n nuwe Eendrag-webwerf wat eersdaags die lig gaan sien is ook belowend. Huismoles — vervolg Dié kwartaal se Huisvergadering het, in teenstelling met die vorige, besonders flink en effektief verloop. Daar is nouliks van die punt afgewyk en die gedrag van die Huis was ook baie gedisiplineerd. Diversiteit Dié kwartaal het diversiteit tydens primvergaderings weer onder die skoot gekom. Kwotas is ook weer ge-noem en verskeie kontroversiële uitla-tings is gemaak. Indien ’n kwotastelsel geïmplementeer sou word, moet dit oordeelkundig geskied, sodat dit har-monieuse integrasie sal veroorsaak en nie twee die vorming van twee “groepe” nie. Johan van Tiddens Redakteur 2002

redaksie 2002 redaksie HOOFREDAKTEUR Johan van Tiddens ([email protected]) ASSISTENT-REDAKTEUR Heinrich Schwella BLADUITLEGREDAKTEUR Riaan du Toit FOTOGRAAF Francois Malan | Wim Steytler BEMARKING Francois Malan SPOTPRENTKUNSTENAAR Wim Steytler NUUS Johan Fourie (redakteur) Willem Fourie | Gertjie Loubser

AKTUEEL Dirk Visser (redakteur) Cor Fokker | Johan Delport KULTUUR Rudolf Langner (redakteur) Hanru Niemand | Jaco Kemp SPORT David Coleman (redakteur) Gustav Venter SOSIAAL Riaan Louw (redakteur) Bouwer van Niekerk DIE BLADSY Francois T de Villiers HK-KOÖRDINEERDER André Müller

Aapstreke op die rugbyveld Spotskets: Wim Steytler & vennoot

VIRESbriewe * k50 Eendrag Manskoshuis Stellenbosch 7600 Jammer Jurie, ons gee nie eintlik om nie

of skuldig nie. Ook nie verdedigend nie, of verskonend nie, of ten minste verduidelikend nie. Dit was ’n stilte wat gesê het: “Goed, volgende mede-deling.” Ja, ons is verkeerd, maar ons gee nie eintlik om nie. En daar is nie ’n kans dat ons ons manier van dinge doen (soos om snags sommige HK’s – wat hard werk en respek verdien – se deure te skop en hul ma’s te vloek) verander nie. Jammer. Kom ons ver-ander maar liewer ons definisie van wat dit is om ’n Eendragter te wees, dan’s ons ten minste nie so skynheilig nie. Flippie de Groen

JURIE Fourie se mededeling by die Huisvergadering was vir my baie inte-ressant Kyk, laat ons erken: hy’s reg. Daar’s geen manier om om dit te kom nie: wat ons in “verwelkomingsweek” sê, en wat ons gedrag daarna sê, rym eenvoudig nie. En dit maak ook nie net saak vir ons beeld buitentoe nie. Die feit is dat ’n groot deel van ons koshuis nie aan die kriteria van styl, trots en karakter voldoen nie. Wat van daardie sommiges volgens die tradis i-onele definisie nie-Eendragters maak.

Harde woorde. Met stilte aangehoor, maar nie woedend nie. Ook nie skaam

Junie 2002 Bladsy 3

JOHAN FOURIE

STOP.

Die Huisvergadering van 9 Mei kan sekerlik só opgesom word. Nie net omdat Stopstraat nou uiteindelik wet-tig sy naam dra nie. En ook nie soseer omdat Helshoogte einde ten laaste ook gestop is in hul wanpraktyke nie.

Nee, die Huis het vir ’n oomblik tydens die Huisvergadering ge-stop. Gereflekteer. Op wat was en nog gaan wees, en op wat wou en nog kan wees.

Maar terug by 22:30. Mededelings was ietwat verrassend.

Van die Huisfondsdans-kaskanades het toe niks gekom nie. Toegegee, dit was minder vrolik as verlede jaar, maar tafels is nogsteeds gebreek, stoe-le nogsteeds stukkend geslaan. Die kritiek wat van Oom Piet verwag is, het toe niks gekom nie. Eerder, dit was Jurie Fourie wat die twyfelagtige eer gekry het om die Huis, na al die

gelukwensinge van gees en dergelike dinge, te stop en tot reflektering te bring.

“Want Eendrag staan vir styl, trots en karakter. En alhoewel dit vir die buitestaander mag lyk of alles goed gaan in Eendrag, kan ons hier binne sien dat dit nie gaan nie. Mense doen dinge wat nie hier hoort nie, goed wat nie ’n Eendragter definieer nie.”

Hy het veral sterk uitgevaar teen die manne wat vloek langs die rugby-veld – die plek waar ondersteuning gewoonlik vir jou eie span moet wees, nie teen die ander span nie. Ook die manne wat in die quad urineer, selfs in die teenwoordigheid van dames, is lelik uitgekryt.

“Dit hang van elke persoon indi-vidueel af wat hy wil maak van Een-drag. Ja, ons kan alles wen, maar wat help dit as ons nie ’n koshuis is wat kan hou by die waardes wat in ons etos staan nie?” het Jurie afgesluit.

Die mosie oor die nuwe kamerpunt -

stelsel het wye reaksie uitgelok. Die voorstel om die kamerpuntstelsel oop te stel vir alle jaargroepe, het veral van die oumanne hewige reaksie ontlont. Tog, na redelike lang gesprekvoering is al die voorstelle van die nuwe stel-sel aanvaar, behalwe dat die puntestel-sel vir alle jaargroepe oopgestel word.

Daniel Thomalla, prim, het die HK se doelwitte aan die begin van die ver-gadering só uiteengesit.

“Ons het reeds bereik wat ons aan die begin van ons termyn wou bereik – om Karnaval te wen. Nou wil ons aan die Huis bekend maak wat ons volgende doelwit is: om al drie trofeë in te palm – die Karnavalbeker, die sportbeker, asook d ie akademiese beker. Ons wil die eerste koshuis wees wat al drie wen.”

Teen die einde van die Huisverga-dering kon mens sien hoekom Een-drag al drie bekers vanjaar kan wen. Alles lyk reg. Alles voel reg. Maar… stop.

Huisvergadering wys Eendrag nóú eenheid

VIRESunitatis – Nuus

GERTJIE LOUBSER “WAAR is almal?” vra die handjievol Eendragters wat by vanjaar se HK-sir-kus opgedaag het. Die eerstejaars het onder protes die voorste ry volge-maak; verder was die opkoms skan-dalig swak.

Die HK-lede het een vir een voren -toe getree om verantwoording te doen van hul werk tot op hede.

Jurie Fourie moes bontstaan oor die vraag: “Hoeveel keer kan’n badkamer-deur se knop vervang word voor dit die moeite werd is om die hele deur te vervang?”

Hannes Viljoen het Eendrag se rug -bysuksesse uitgelig. Die sportmuseum is glo ook gereeld oop vir besigtiging. Die teenwoordiges was, met goeie reg, ongelukkig oor die swak sportonder-steuning. ’n Goeie voorstel was dat een persoon aangestel moet word om vir beter sportondersteuning te sorg.

Ryan Hawell, verantwoordelik vir instandhouding, het net gelag toe hy deur oud-HK-lid Gerrit Cloete uit-gevra is oor sy verhouding met Tannie Thiem. Hy is egter later gekonfronteer oor algemene instandhoudingswerk wat nie gedoen word nie soos byvoor-beeld die stoepligte wat vir maande al buite werking is.

Ferdl is gelukgewens met sy aandeel in Vensters, maar oor die vingers getik oor Eendrag se webbladsy, wat so ver-ouderd is dat dit tot onlangs nog almal uitgenooi het na verlede jaar se reünie!

André Müller is gelukgewens met sy onbaatsugtige agter-die -skerms -werk.

Die primarius, Daniel Thomalla, het almal bedank vir die koshuis se ko-kende koshuisgees – in duidelike kon-tras met die opkoms by die evaluering.

“Ek kry daagliks komplimente van die SR en PG. Ons moet dit so hou en ons moenie toelaat dat dit na ons koppe toe gaan net omdat dit goed

HK terugvoersirkus – maar waar was jy?

gaan in die koshuis nie. “Ons het reeds ons eerste mikpunt,

Karnaval, bereik. Nou wil ons ge-skiedenis maak deur die eerste koshuis ooit te word om in een jaar die Karna-val-, akademiese en Drosdy sport-bekers te verower!”

Dit is seker goed om te glo dat die swak bywoning beteken dat niemand enige kritiek teen die HK het nie. Dit gaan mos goed in Eendrag en daardie driekuns wink – “One down, two to go!”

innie Neelsie

Bladsy 4 Junie 2002 VIRESunitatis – Huldeblyk

DIT is met groot seer en hartseer dat ons moet afskeid neem van François. Die visvanguitstappie van François en Philip Hills op ’n pragtige herfsdag in die Bolandse natuur-skoon, is deur ’n daad so sinneloos, wreed en lafhartig tot ’n einde geruk.

François was ’n gentleman . Hy was ’n toonbeeld van vriendelikheid en beleefdheid. Sy groet het altyd ’n omgee vir jou ingehou. Sy hoflikheid teenoor die skoner geslag kan menige dame HK’s en sosiale vriend-inne van getuig.

François het gereeld die spreek-woordelike ekstra myl saamgestap, ongeag hoe vol sy eie program was.

Hy het sy vriende gerespekteer en hulle hom. Sy mededeelsaamheid, of dit gedagtes, idees, rooibostee, raad of stokperdjies was, sal ons altyd ont-hou. Hy was ’n man van sy woord en daarop kon elkeen staatmaak.

François was ’n leier. In sy vyfde-jaar het hy besluit dat hy ook op leiersgebied ’n bydrae tot Eendrag kon lewer. Hy was een van ons meer senior Huiskomiteelede. Sy ervaring as senior huislid was kosbaar en no-dig op ’n tydstip waar eise ten op-sigte van verandering in koshuistra-disies nugtere denke en besliste bes-luitneming geverg het.

Hy het gelei deur die voorbeeld te

5 Januarie 1979 tot 25 Mei 2002 5 Januarie 1979 tot 25 Mei 2002

stel. François was ’n georganiseerde mens. Hierdie eienskap was duidelik te bespeur in die wyse waarop hy take wat aan hom opgelê is, of HK- portefeuljes waarvoor hy verantwoor-delik was, afgehandel het. Optrede teenoor sy portuurgroep in die uit-voering van sy pligte het getuig van ’n ferme, dog taktvolle wyse van teregwysing. Hiervoor is hy ook gere-spekteer.

François was ’n Eendragter . Hy het karakter gehad. Hiervoor het juniors en seniors hom gerespekteer. Die jaar 2002 se nuwelinge sal hom ont-hou vir sy misterieuse teen-woordigheid met hulle aankoms. Gou het hierdie onsekerheid egter oorgegaan in respek vir iemand wat sy ervaring en kennis en kundigheid ook met die jongste huislid sou deel.

Sy styl en gentlemanskap spreek uit die wyse waarop hy met sy mede-Eendragters gesosialiseer het. Sy sin vir regverdigheid teenoor alle groepe in die Huis sal onthou word. Sy teregwysings was nooit kritiserend of veroordelend nie, maar eerder in die vorm van ’n taktvolle gesprek en oorreding.

François was trots op Eendrag en Eendrag se dinge. Hierdie trots het hy uitgeleef in die sport wat hy beoe-fen het, of wat hy moes organiseer. Hy was bereid om die koshuisaktiwi-teite te steun en ondersteun en hierin het hy ook deur voorbeeld gelei.

Hiervoor sal ons François de Bruin onthou en moet ons berus in die woorde van Filippense 1:20-21 “…20Dit is my vurige verlange, en daarna sien ek uit, dat ek niks sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil ook nou, soos nog altyd, met alle vrymoedigheid deur my hele wese Christus verheerlik in lewe en in sterwe, 21want om te lewe, is vir my Christus en om te sterwe, is vir my wins…”

Ook in sy sterwe het François sy medemens bly dien, deurdat sy hart en niere vir orgaanskenking beskik-baar gestel is. Ons sal hom altyd met liefde onthou.

François de Bruin

“Always set the trail, never follow the path…”

Huldeblyk aan François de Bruin

akademiese, koshuis - of sosiale

vlak. Persoonlik sal ek Soois onthou

vir daardie slinkse skaterlaggie, die

swanesang in die stort, koffie en

darts op die Swingelstoep (die SS),

die uitbundigheid van

elke paaljie geneem (en

lopies was beslis ook

kosbaar), die krieket-

toer se koolaand en

daardie twee koue nag-

te op die eetsaalvloer

besig om ’n pluimbal-

baan te meet, pas en te

verf. Soois, jy was ’n opreg-

te vriend en voorbeeld

in alle opsigte en ons sal jou altyd

onthou met ’n glimlag op die gesig.

LOUIS KOEN

FRANÇOIS het die spoor gemaak

en nie ander spore gevolg nie. Tal-

le nuwe idees in sy HK-porte-

feuljes getuig hier-

van. Dít het hom on-

derskei van baie an-

der. Franna was ’n

100% -mens. Hy het

alles gegee vir sy

koshuis, vriende, fa-

milie en veral sy ge-

loof. Sy vriende sal

hom altyd onthou vir

sy hulpvaardigheid.

Alle nuwe take is met entoesiasme

en lewenslus aangepak, hetsy op

Junie 2002 Bladsy 5

DIRK VISSER EENDRAG kan van vroeg volgende kwartaal af ’n groter diversiteit in sy etes verwag. Dit is met die imple-mentering van ’n nuwe kafeteriastel-sel. Die stelsel sal ’n eerste vir koshui-se op Stellenbosch wees en Fedics het Eendrag spesifiek as loodskombuis gekies.

Soorgelyke stelsels word reeds by verskeie groot maatskappye en fabrieke gebruik. Die kafeteriastelsel gaan egter nie die huidige stelsel ver-vang nie en is bloot ’n aanvulling. Dit beteken dus ’n groter keuse van maaltye asook meer buigsaamheid in etes.

Inwoners wat hou van die huidige stelsel en spyskaarte sal kan voortgaan om voorafbespreekte etes te bestel. Dié wat groter verskeidenheid ver-lang, of vergeet om te bespreek sal egter iets by die kafeteria kan aanskaf. Daar word beoog dat vir beide opsies betaal sal word met die toe e-beursie op die nuwe US-knapkaarte.

Kostes van die tradisionele etes gaan presies dieselfde bly en Fedics het onderneem dat die ander opsies

VIRESunitatis – Aktueel

COR FOKKER GEBREEKTE stoele, tafels, vullis -dromme en borde is deesdae orals in Eendrag te bespeur. Vandalisme het vanjaar oorvloediglik in Eendrag op-geduik. Dit is deur ’n HK-lid, Jurie Fourie, aangeraak by die Huisvergade-ring en ’n applous is van die Huis ont-vang. Die vraag is of vandalisme self die probleem is en of daar ’n diepere probleem in ons huis ontstaan het.

Dit wil blyk asof dit die lede van die Huis is wat die hardste “Eer die arend, dien die Huis” skree wat net so hard ons Huis se eiendom beskadig en ver-nietig. Verskonings word altyd gegee, maar ongelukkig is dit irrelevant. Hierdie optrede wys op ’n baie vernie -tigende denkpatroon. Dit kom daarop

Vandalisme in Eendrag neem skokkend toe

neer dat hierdie mense slegs die kos-huis dien wanneer dit hulle pas, by-voorbeeld langs die rugbyveld, maar ander tye skoon daarvan vergeet. Eint-lik gee hulle glad nie om vir die kos-huis nie.

’n Groot probleem kan opduik in -dien ons hierdie gedrag en denkpa-troon in Eendrag aanhou aanvaar en dit as normaal beskou. Ons as ’n Huis sal die kwessie direk moet aanvat en dit nie meer moet duld nie. Dit moet onaanvaarbaar wees, anders sal die volgende generasie van Eendragters dit deel van karakter, styl en trots sien: die fundamentele beginsels waarop ons koshuis gebou is.

Ons, as Eendragters, sal weer in ons harte moet kyk en vir ons self afvra: “Gee ons om vir ons eie koshuis, is ons nog steeds ’n HUIS?”

goedkoper as enige ander wegneem- eetplekke in Stellenbosch sal wees.

’n Verder voordeel wat die kafeteria bied is dat laatslapers enige tyd tussen 8:00 en 12:00 iets te ete sal kan aan-skaf.

Ook in die aande is die doelwit om kafeteria-ure tot 19:00 te verleng.

“Die inisiatief vir die kafeteria kom van Fedics se kant af in ’n poging om

inwoners ’n beter diens te bied,” sê Riaan Veldtmann.

Fedics het verder die versekering gegee dat studente nie lank sal hoef te wag vir bestelde kos nie. Hamburgers, skyfies, geroosterde toebroodjies en so meer sal in ’n japtrap gereed wees.

Die strukturele veranderinge om die nuwe stelsel te akkommodeer gaan in die Julie-vakansie aangebring word.

• Vervolg van p1 by verskeie ander mense gekry het. “Mense moet weet dat François nou by God is en dat ons nie wraakgedag-tes koester teen die mense wat hierdie onsinnige daad gepleeg het nie,” het sy gesê.

François is tydens ’n roerende diens in die Studentekerk beskryf as iemand na wie ander opgesien het.

Ds Hannes Theron, pa van Francois Theron (eerstejaar) wat die diens gelei het, het 2 Korintiërs 5 as teks gebruik, ’n gedeelte wat volgens hom vir De Bruin groot betekenis ingehou het.

In ’n versoenende boodskap is fami-lie en vriende tydens François se roudiens gevra om ’n posisie teen ge-weld in te neem.

Volgens Theron moet mense De Bruin se dood sien as ’n geleentheid om só ’n posisie in te neem. “Ek wil julle jong manne en jong dames wat hier is, vra om ons te help en om te bid vir ’n land sonder geweld.”

“Net soos die skatte wat in ’n ge-broke kruik is, steeds waardeer kan word, sal ons ons herinneringe aan François koester. Al het sý kleipot ge-breek.”

Diversiteit in etes Eendrag se voorland

Bladsy 6 Junie 2002

VIRESunitatis – diebladsy

Matteus 26 Bedroef – net angs met gesig na die grond eenkant – o depressiewe Christus ver in stil duisternis tot die dood donker-wordende wat gedoem sy Getsémanè passief betree – wil tog opheffing gee en die moeg ontsluier waar nóú nog géén lig meer moontlik is. ANON.

WHEN THE CLOUDS CRACK, THE UNSEEN ANGELS CRY When the clouds crack, the unseen angels cry, making the azure heavens, by their tears. Then the winds wake the whispers of their wrath, and turn my sordid heart, to darkened melancholy. A lonesome tear, then absconds from heart's cleft, and shattered mind, weeps within shattered heart; A verdant garden grows from barren field; lone tear - now emotion's flood. I close the gateways of my tears, then within – dry seasons turn to rain, and the world becomes meditator's paradise. - Serdyn du Toit

vir François so uitgesien daarna jou groot hande (skurf van die grond) wat fyn -fyn vernuftig vlieëtjies vleg uit vere en gom en ’n effense gewiggietjietjie (kon niemand jou keer om te glimlag nie) die vislyn wag... gespanne ’n Flyfishing boek steek onder jou wasgoed uit boeke en veertjies oormekaar want alles moes wag (wag) vir die vis wat gaan byt (sou jy hom nie teruggooi nie) dalk het jy dit net-net net geniet miskien is dit hoe alles moes eindig visgevang in die Du Toitskloofpas jy sou verwonderd (kinderlik) uitbundig skater - lag - as die water pabloems ’n forel (’n reënbooglig wat flits) laat opkierts uit die water grondkundekind (vir jou kan ek om die dood toe nie ’n bitter vers skryf nie) waar jy koud lê deur rivierkliprotse omring, sal ek wag.

THIS OFFER IS VALID UNTIL THE 30TH JUNE 2002 FROM 18:00

Junie 2002 Bladsy 7 VIRESunitatis – Kultuur

So wie is Felix nou eintlik?

Eetsaalmusiek: ’n etude JACO KEMP

’N KOMMISSIE bestaande uit lede van Vires Unitatis, in samewerking met anonieme lede van die Kos Aan-geleenthede Komitee (KAK!) en die World Health Organisation (WHO?) het onlangs ’n onafhanklike studie geloods om ondersoek in te stel na die newe-effekte van eetsaalmusiek op die gemiddelde Eendrag-inwoner. Navor-singsmetodes het ingesluit die opneem van verbale kommentaar vanaf die een kant van die eetsaal na die ander, die frekwensie waarteen CD’s gewissel word tydens een ete en alle verskyn-sels waargeneem tydens die chirurgie -se verwydering van Peter Greeff se tande uit André Müller se skedel.

Die bevindinge van die kommissie was dat eetsaalmusiek op die grens lê tussen iets wat ’n mens net ignoreer en iets wat ’n mens grensloos irriteer. Baie inwoners sal doodluiters hulle ete nuttig en dan ewe skielik verwoed om-swaai en die musiek gaan sagter of afsit. Daar is egter sekere soorte mu-siek wat nie so maklik net verdra kan word nie en die kommissie het sterk rede om te vermoed dat Mozart se Re-quiem een van daardie soorte musiek is. Ander musiek word weer heelhartig aanvaar aan die begin, maar die ko m-missie het bevind dat geen kos meer lekker smaak as Roxette vir die 723ste keer daarmee gepaardgaan nie. Lui-dens inwoners neem voedsel se smaak ook af by die aanhoor van Blues, R&B en enigiets wat harder speel as die de-sibels waarteen ’n kettingsaag loop.

Aanbevelings van die kommissie is dat geen CD vir meer as twee dae mag speel nie en dan ook nie weer vir twee weke daarna nie. Aangesien dit on-moontlik is om vir almal se smake te sorg, is afwisseling van kardinale be-lang. Inwoners moet verstaan dat smaak verskil en rus in die wete dat dit nog net vir een dag sal aanhou voor die volgende CD ko m. Onder geen omstandighede moet enige musiek op enige persoon afgedwing word nie. ’n Voorstel van die kommissie is dat daar slegs op Sondae ligte klassieke musiek in die eetsaal speel en die res van die week oop is vir kontemporêre musiek.

Die kommissie glo dat ernstige me-diese toestande en hoë orde beserings vermy kan word deur die implemente-ring van bogenoemde strategie.

JACO KEMP

“A MAN once asked me what happi-ness was? I stood dumbfounded. What answer does one give to a question that is so seemingly simple yet is filled with intricate complexities? When I said nothing he merely asked me if I was happy. It came as a blow. I turned around and walked away as the man stood there, his only company a woeful smile.”

Hierdie woor-de lê aan die wortel van Han-ru Niemand se toneelstuk, Op soek na Felix. Die toneelstuk vergelyk in ’n mate met die baie bekende to-neelstuk, “Wait-ing for Godot” van Samuel Bec-kett, waarin twee karakters sonder ophou wag op die misterieuse persoon, Godot, wat nooit opdaag nie.

Niemand se toneelstuk gaan geluk-kig bietjie verder as dit, en handel oor twee agente, Niewoudt (Hanru Nie-mand) en Wessels (Magdel van Zyl), van ’n onbekende organisasie, wat op die spoor is van ’n kêrel genaamd Fe-lix. Die hele stuk speel af in ’n kroeg waar die twee agente vermoed Felix te vinde is. Maar die kroegdeur is gesluit en die sleutel is skoonveld. Die karak-ters in die kroeg is Frik (Dirk Noeth), ’n ou man wat droom oor wat was, Daan (Riaan du Toit), die komiese figuur in die stuk wat nooit ophou drink nie, Noël (Francois Theron), die droomverlore smooth Engelsman met een ding op sy brein, Dina (Mandi du Plooy), die ding op Noël se brein en drankie-aandraer, en die kroegmeisie (Yolandé Rabé), die pessimistiese eie-naar van die kroeg.

Deur die stuk ontwikkel die kara k-ters se stories en belange en op die ou einde, ’n gemeenskaplike herinnering aan die persoon Felix wat hulle almal

geken het eens op ’n tyd. Aan die ein-de neem Dina die leiding en breek die kroegdeur af om vir Felix te gaan soek in Londen.

Dit is uit die aard van die stuk dui-delik dat Felix nie ’n persoon is nie, maar ’n personifikasie van geluk. En in hierdie kroeg is Felix lankal nie meer nie. Hy is weg; almal onthou hom vaagweg, en mis hom stilweg.

Die toneelstuk was ’n plesier om te kyk. By tye het dit tog gevoel of die pas ’n bietjie stadig was, maar aangesien dit die atmosfeer in die kroeg kon be-klemtoon, was dit nie so steu-rend nie. Soms het die verhoog ’n bietjie klein gevoel vir sewe mense en Dina was die enigste kara kter wat eni-ge beweging kon

waag. Dit het eg-ter natuurlik voorgekom en haar be-weging op die verhoog het haar karak-ter gekomplementeer. Die klimaks was miskien bietjie skielik en onoor-tuigend en veral Dina se karakterver-andering het bietjie te vinnig gebeur. Tog, as ’n geheel was die akteurs goed en deurlopend in karakter. Die stel was goed uitgelê en beligting het goed bygedra tot die atmosfeer van die kroeg.

’n Spesiale gelukwensing aan Riaan du Toit vir sy uitstekende werk met Daan se karakter. Shrek het sy donkie, Ice Age het vir Sid; Op soek na Felix het vir Daan. Daan het komiese verlig-ting op die regte plekke gebring en was ’n plesier om te aanskou. Bravo!

’n Algemene gelukwensing aan die hele geselskap; aan die skrywer, aan die akteurs, aan die regisseurs, Re-gardt Olivier en Samantha Coyne, en aan Wilhelm Conradie vir die tegniese werk. Dit was ’n goed-uitgevoerde, professionele produksie. Dankie, en mag ons volgende jaar weer so iets sien!

Foto: Die Burger

Bladsy 8 Junie 2002 VIRESunitatis – Kultuur

Oorgenoeg dope in dié doring!

HANRU NIEMAND

EENDRAG en Heemstede se panto-miene Die gif in die doring het, danksy ’n puik vertoning by vanjaar se Toneelfees Gala-aand op 13 Mei in die HB Thom, (saam met Huis Visser) met die oorwinnaarstrofee weggestap.

Vir dié wat dit ongelukkig nie ge-sien het nie, die storie loop min of meer so: In ’n Blommeland waar die grense tussen ander kinderver-hale heeltemal ver-vaag het, word Koning Rosekrans (Gerrit Wagener) deur gifappeltjies ontvoer omdat die Geel Heks die gif in (sy?) doring wil hê. Ge volglik is Heksie (wat vermoedelik swanger is met sy kind) en Blommie (meesterlik gespeel deur

Lourens du Plessis) op soek na die Koning. Gelukkig het hulle hulp-leidrade, wat aan hulle meegedeel word in ’n wilde toer deur post-Apartheid-van-verhale Blommeland.

Met dié kruis hul paaie met Goue-lokkies (’n baie sexy Nathan Pillay) wat vir Pappa Beer geselskap hou, die macho, seksueel-gefrustreerde Prins (Regardt Olivier, wat ook ’n mede-skrywer was) wat bitter graag Ra-ponsie se lang hare wil klim en ’n maniese, dansmal Rooikappie wat vir die arme Wolf (Abrie Fourie) al sy

dae gee. Immer teenwoordig is drie “Fairies” wat telkens wysheid en skerp kommentaar uitdeel, en Storie -man, wat toesien dat die storie reg ver-loop en elke nuwe episode met ’n “pieng!”, wat getuig van perfekte

tydsberekening , aankondig. Uit -eindelik bereik Heksie en Blommie die Geel Heks se kasteel, net om die Koning in die Geel Heks se arms te vind. Gelukkig ontdek Heksie en Blommie hul diep verborge passie vir mekaar, asook dat Heksie swanger is, nie met die impotente Koning se kind nie, maar met Blommie s’n. Fluit-Fluit die storie is uit.

Maar my verslag doen hierdie stuk, met sy sterk dosis van belaglikheid, vermaak, danse en liedjies, ’n onreg aan.

Dit was om die minste te sê, skreeu-snaaks en bowenal, uiters vermaaklik. Dit is ’n stuk wat spontaan en met baie energie opgevoer is, maar wat tog ook die tekens van fyn afronding en tegniese vaardigheid toon. Daarom dan dat die stuk myns insiens kop en skouers bo die res van die finaliste uitgetroon het (en dus ietwat on-gelukkig kan voel om gesamentlik eerste te wees).

Melding moet ook gemaak word van Burnese Cronjé (Rooikappie) wat die prys vir die beste ondersteunende aktrise gewen het.

THE ONLY ONE I LOVE IS MYSELF Goue Lokkies (Nathan Pillay) en Blommie (Lourens du Plessis) Foto: Jaco Maritz

O HEKSIE JY’S SO SEXY!

Junie 2002 Bladsy 9 VIRESunitatis – Kultuur

HANRU NIEMAND

WAT ’n uitsonderlike en baie krea-tiewe kultuuraand (op 5 Mei) was, is deur verstommend min Eendragters (en Sonoppers) bygewoon.

En hoe besonders was die aand nie! In die eerste plek was die saal waarlik ’n estetiese plesier. Perfek geplaasde omgekeerde stoele, tafels wat plek-plek drie op mekaar staan, en in die middel van hierdie alternatiewe amf i-teater die gerekonstrueerde oorblyfsels van wat eens die HK-tafel was. Ver-

Kultuur

m i n u u t

Jammer, nie vanaand nie • So wanneer is die volgende een?

der was die items van hoogstaande gehalte en verskeidenheid: kitare, sang, gedigte, klavieritems, fluite, saxofone, noem dit maar op. En as mens een sou uitsonder, moet dit se-kerlik die vuurvertoning van een van die dames van Sonop wees. Dis nie aldag dat mens so iets sien nie. In die geheel dus ’n kultuuraand van beson-derse kwaliteit.

Die ou staatmakers van elke ku l-tuuraand was daar, maar ook die nuwe gesigte. Veral laasgenoemde was ver-blydend om te sien. Dit sê ek in die lig van veral die vorige vier kultuuraande

hierdie jaar. Tussen die vier aande het ’n totaal van agtien mense deelge-neem, waarvan sommiges deel uit ge-maak het van groepoptredes. As mens in ag neem dat elke kultuuraand darem so tien items van ons kant af nodig het, raak dit duidelik dat mens nie met agtien mense te veel kultuuraande kan hou voordat die Eendrag-gehoor deeg-lik verveeld raak met ou gesigte nie.

Onwillekeurig wonder mens hoe-kom die kultuuraand so swak byge-woon is. Verveling? Of is dit omdat dit gereën het, en mense ver moes stap van hul kamers af? Tog sekerlik nie. Of is dit dalk ’n blote ongeïnteres-seerdheid? Wat dit beslis nie kan wees nie, is gebrek aan reklame. Daar was ’n magdom kennisgewings teen al die mure. Of moet daar aanvaar word dat Eendrag nie meer kan lees nie, dat al-les wat oorgedra wil word, met leeus en brandende tiere in die eetsaal ad-verteer moet word? Tog sekerlik nie.

Uit sommige oorde word klagtes ge-hoor dat die kultuuraand te kort was. Mens sou kon aanvoer dat in hierdie geval kwaliteit en verskeidenheid vir kwantiteit opgemaak het. Tog is daar ’n onrustige geknaag aan die onderbe-wussyn. Wat as stelselmatig minder mense deelneem? Wat as stelselmatig minder mense kultuuraande bywoon? Ons moet werklik begin wonder of ons apatie en onbereidwilligheid nie besig is om ’n wonderlike instelling dood te maak nie.

DIE KULTUURVLAM BRAND Maar vir hoe lank nog? Foto: Francois Malan

KKNK-TOER DIE KKNK-toer saam met Sonop het tydens die April vakansie plaasgevind. Altesaam 9 Eendragters en 6 Sonop-pers het die toer meegemaak. Hulle het almal saam in ’n tentedorp gebly. Dankie aan Johan Delport wat die toer gereël het. PRAAT DAT DIE SPOEG SPAT ’N OU tradisie is Sondag 28 April in Eendrag se argief herleef met die hou

van die eerste Besprekingskring in ’n lang tyd. Professor Anton van Niekerk van die departement Filosofie en die hoof van die Sentrum vir Toegepaste Etiek het die gesprek gelei. Gedagtes is gewissel oor die onderwerp “Wat het geword van die idee waarvoor Stellenbosch (en Eendrag) staan?” Die geleentheid is goed deur Eendrag-ters verteenwoordig. Die algemene gevoel is dat dit sinvol was en dat daar gou weer saamgesels moet word. LOSLIT, MAAR NOOTVAS DIE stoute skoolseun is maar nog steeds in sommige van ons teen-woordig as ’n mens so kyk na Plutosêr se nuwe look ! Met swart langbroeke, wit uithanghemde en los dasse is hul

nuwe, kraakvars image bekendgestel by vanjaar se Bibgaatjie -kompetisie. Met ’n hele paar sterk solo-stemme kan ’n mens nie anders as om opge-wonde te wees vir vanjaar se vooruit-sigte nie. Sterkte! DIE MASSAS SÊR SAAM NA ’n aanvanklike gesukkel om mense te kry by Massasêr-oefeninge vir die Bibgaatjie-kompetisie, het daar darem ’n groot gros gesangers die dag van die optrede, Vrydag 24 Mei, opge-daag. Die gees was hoog en almal het sterk saamgesing. Country Roads en Hero is gesing en daar is afgesluit met die gewaagde Hay Babaloobah! wat ’n duidelike teken is dat Plutosêr se stoutigheid die res aangesteek het!

Bladsy 10 Junie 2002 VIRESunitatis – Sosiaal

RIAAN LOUW

“TEL op! Tel op!” kom dit van die rooi bankies in die quad se rigting. By die trappe langs Dirkie se eertydse woning (wat het in elk geval van daai vark geword? Uit die oog, uit die hart...) staan ’n eerstejaar met sy On-dernemingsbestuur 114-handboek on-der die arm – beide deurweek! Ja, nog

6

DEUR PIET E-POS GOEIE dag en welkom by die nuus. In die hooftrekke vanaand: Geweld in die Midde-Ooste bereik ’n laagtepunt. Die Ou Wêreld behaal ’n sielkundige oorwinning oor die Nuwe Wêreld by die Internasionale Vergadering vir Verandering. Verkeersprobleme by ’n Stopstraat in die Verre-Ooste wek kommer. Nuwe ontdekkings oor die Prostraat laat die tonge klap. Diëte veroorsaak groot kommer op die voedselmarkte. En ’n nuwe sport neem die Huis op horings.

Die jare lange Counter Strike-oorlog in die Midde-Ooste in die omgewing van Swingel-singel het die week ’n laagtepunt bereik. Dit volg na die drie opeen-volgende moorde op Balo, alias Bertie, deur wat hy geglo een van sy sterkste bondgenote op die oorlogs-veld was, The Saint, alias Padda. Dit is gevolg deur harde woordewisseling wat van albei partye oor die Intranet uitgebasuin is. Hoogs persoonlike, subjektiewe opinies oor die betrokke partye se ouers se skaamdele was vera l prominent , asook s terk gevoelens oor mekaar se intellektuele vermoëns. Ondersoeke van terrorisme, sabotasie en hoogverraad word ondersoek. The Saint is intussen AWOL.

Die Ou Wêreld het vroeër vandeesmaand ’n sielkundige oorlog

Oos-Wes

Die nuus om 8 grade oor die Nuwe Wêreld behaal by die Internasionale Vergadering vir Verandering in die E.E.T.-Saal van die Noorde. Alhoewel daar algemene s t e u n a a n v e r a n d e r i n g o o r behuisingskwessies gegee is, is dit nie sonder ’n ultimatum goedgekeur nie. Die Ou Wêreld, ges teun deur sommige konserwatiewe komponente van die Nuwe Wêreld, het die verandering goedgekeur op die voorwaarde dat hulle steeds voorkeur kry op sekere uitgesoekte wonings, bloot op grond van senioriteit en nie op grond van positiewe bydraes nie. Die minderheidsbelang by die vergadering is ook onder sterk druk geplaas om dié siening te aanvaar en ook so in te stem. ’n Klag van moontlike intimidasie word onder-soek.

Verkeersprobleme by ’n Stopstraat in die Verre-Ooste het die afgelope kwartaal kommer gewek. Dit volg na een inwoner ’n doughnut winkel op die Bun oopgemaak het. Die vervoer van die lekkernye, asook die smaak wat dit in ’n mens se mond los, het egter skerp kritiek ontlok, veral weens die Huis se streng verkeersreëls oor voertuie op die Bun. ’n Ondersoek is egter geloods en die probleem is intern uitgesorteer.

Nuwe ontdekkings oor die Prostraat het hierdie kwartaal skindertonge hard aan die klap gehad. Dit blyk nadat daar bevind is dat oormatige alkohol gebruik die Prosstraat se Touchies vermoë aansienlik opskerp. Dieselfde bevinding is gemaak by die vermoë om aan ’n Trollieresies deel te neem. Daar is egter ook bevind dat dit die teenoorgestelde uitwerking het op die Prostraat se vermoë om smaak te

beoordeel, soos blyk uit sy vermoë om Potjiekos te maak. Daar word egter weekl iks verdere ekstensiewe navorsing en toetse ondergaan om uit te vind watter ander invloed alkohol op die Prostraat het. ’n Ensiklopedie bestaande uit 35 volumes behoort aan die einde van die jaar beskikbaar te wees.

En nou vir ’n kykie na die ekonomiese nuus. Diëte binne die Huis het gely tot ’n oormaat aanbod van veral vleisprodukte op die wêreldmark. Dit volg na die 3 groot P’s in die Huis, naamlik Oom Piet, Peto en Pietie mekaar uitgedaag het tot kompetisie om te kyk wie kan die meeste gewig dié kwartaal verloor. Die wenner na die afloop van die kwartaal wen ’n week se gratis buffets by Mexican Kitchen, asook soveel verkoelde toiletpapier as wat hy sou benodig in daardie week.

Op die sportgebied het ’n nuwe sportsoort die Huis op horings ge-neem. HFD, kort vir Hoerering-met-Finominale -hoeveelhede-Drank, het dié kwartaal gesorg vir maksimum opwinding gedurende die Huisna-week. Die kleredrag vir dié diverse sportsoort moet uit de oude doos wees, en verkieslik absurd lyk. Hier-die nuwe vorm van tweekamp bestaan uit 30 minute se kosgooiery gevolg deur vier en ’n half uur se intensiewe drinkery. Dit kan in spanne van twee beoefen word. Romantiese verhou-dings tussen die spanne is opsioneel, maar moet verkieslik van die teenoor-gestelde geslag wees.

Dit was dan die nuus om 8 grade Oos-Wes. Om nuus oor die huidige weerstoestande te bekom, kyk by die venster uit.

’n ongelukkige siel het die slagoffer geword van ’n ervare water-sakgooier.

Presies wanneer hierdie gebruik ’n instelling geword het, is onbekend maar in die Vires van November 1994 word vir eerste keer daarvan melding gemaak. Sekere ingeligte bronne in Eendrag is egter van mening dat die watersaktradisie terugdateer na die laat sestigerjare. Hoe dit ook al sy, watersakgooi is vandag net so gewild soos toe! Dit het veral ’n klimaks be-reik tydens die afgelope interseksie quad-krieket kompetisie. Die toeskou-

ers op die ontspanningsaal se trappies was van die meer gesogte teikens (tog snaaks dat daardie trappies elke dag geteiken is, ten aanskoue van almal en tóg was daar elke dag mense wat daar gesit het...)

Tradisioneel (en verkieslik!) is eer-stejaars die slagoffers, maar soms is daar ook die ongelukkig senior of selfs ouman wat op die verkeerde plek op die verkeerde tyd is. Nie solank gelede nie is ’n sekere derdejaarseksie op die tweede vloer in die Oos-blok se HK-

• Vervolg op p11

NAT AGTER DIE ORE

Junie 2002 Bladsy 11 VIRESunitatis – Sport|Sosiaal

GUSTAV VENTER

GEDURENDE die eerste twee interseksie kompetisies van die jaar, naamlik down-downs en quad-krieket, kon geen seksies behalwe Pros en Here XVII juis hul voete vind nie. Pros was vinnig uit die blokke met 23 uit ’n moontlike 24 punte in die eerste kwartaal, terwyl Here XVII ’n sesde plek in down-downs met ’n goeie oorwinning in die quad -krieket opgevolg het. Ons sou egter moes wag tot Huisnaweek voor die punteleer ’n definitiewe vorm sou begin aanneem.

Die verrigtinge het die Vrydagaand afgeskop met Day-Night Trollieresies. Na die eerste rondte van span-ningsvolle aksie was Stopstraat die oorwegende gunstellinge met ’n uit-stekende tyd. Hulle het egter in die eerste semi -finaal teen Pros uitgeval na ’n botsing wat veroorsaak is deur ’n struweling vir die binnebaan by die eerste draai. In die ander semi-finaal het Sensasie vir Fyndraai verslaan. Hulle het toe ook die finaal teen ’n moeë Pros-span gewen.

Die Saterdag is nóg twee kom-petisies afgehandel. In die Touchies was die grootste kragmeting van die groepwedstryde die een tussen Pros en Fyndraai. Pros het met ’n 1-0 oorwinning ná ekstratyd hul plek in die semi-finaal bespreek. Daar het hulle vir Sensasie na ’n tappende eerste helfde maklik geklop. In die ander semi-finaal het Katstraat teen verwagting ’n goed-gedrilde Omgang-span die loef afgesteek. Hulle kon egter net nie die mas in die finaal teen Pros opkom nie, en die manne in oranje het met nog twaalf punte weggestap.

Teen hierdie tyd het die top ses seksies soos volg daarna uitgesien: Pros (46 punte), Sensasie (36),

Interseksie stuur af op botsende klimaks

IN DIE FEDICS STYL Gideon du Rand en Colin Schoeman, meesterkokke van Omgang, wat ’n derde plek behaal het.

Bacchus (29), Fyndraai (29), Stopstraat (27) en Here XVII (26). Pros het ’n stywe wurggreep op die punteleer gehad, maar hul voorsprong het in ’n oogwink verdwyn na ’n rampspoedige potjie later die middag. Sensasie en Stopstraat het eersteplek in die potjiekos gedeel, terwyl Omgang en Here XVII soliede derde en vierde plekke onderskeidelik verower het. Sensasie was dus teen die tyd dat hierdie berig geskryf is bo aan die Interseksie punteleer nadat hulle 34 uit ’n moontlike 36 punte oor Huisnaweek ingesamel het. Pros was egter net een punt agter, met Stopstraat en Omgang ook nog binne trefafstand.

Uit hierdie drie seksies het Omgang ’n aansienlike aanslag op die punteleer gemaak in die doodsnikke van die kwartaal – hulle het die reën-onderbreekte Interseksie sokker gewen met ’n 1-0 telling in die finaal teen Stopstraat. Hulle moes egter ’n naelbyt semi-finaal teen Prosstraat

deurmaak. Die wenner moes deur strafdoele bepaal word nadat, ten spyte van die feit dat die wedstryd ’n oop een was, nie een van die twee spanne ’n doel in die toegelate tyd kon aanteken nie. Ferdl se manne het ook goed gevaar in die tafeltennis waar hulle in die finaal met twee wedstryde teen een deur Sensasie verslaan is. Dit was egter nog elf punte in die sakkie. Sensasie het ook hulle plek bo aan die punteleer gekonsolideer met hierdie oorwinning. Die huidige stand van sake is soos volg: Sensasie (66), Pros-traat (62), Omgang (57), Stopstraat (56), Here XVII (51), Fyndraai (43), Bacchus (39), Dranggang (39), Swin-gel (35), Katstraat (34), Ingang (33) en Wineroute (31).

Met twee Interseksie kompetisies oor (skaak en volleyball), lyk dit asof dit ’n verbete stryd tussen Sensasie en Pros gaan wees vir die skaap – die Interseksie-jaar stuur sekerlik af op ’n interessante klimaks wat die aandag van alle Huislede gaan aangryp.

• Vervolg vanaf p10 lid tydens ’n seksievergadering, vol-skoot agter die kop getref deur ’n per-fek gemikte watersak afkomstig van die stoep regbo hom. Hy het letterlik en figuurlik na sy asem gesnak! Die gehate boeteboekie is uitgepluk en ’n boete is geskryf (nou nie dat iemand hulle regtig daaraan gesteur het nie). Sommige Eendragters is van mening dat die huidige HK ’n obsessie het met boetes skryf. Daar is nie ’n vasgestel-de boete nie, maar die meeste boetes bedra nie meer as R20 nie.

Maar gelukkig laat die watersak fa -natici hulle geensins hierdeur afskrik nie! Baie Eendragters is van mening dat ’n watersak op die regte tyd ’n goeie ding is, maar dat dit buite hoort. Om watersakke drie vloere te laat val en sodoende die telefoonhokkies te oorstroom is regtig onnodig. Gelukkig vind dit nou nie meer so dikwels plaas nie – die nuwe mode is blykbaar nou om enigiets van vullisdromme tot ta-fels na benede te laat stort! Toegegee, watersakke kan seker skade aanrig, maar wat is dit nou om gou droë klere

te gaan aantrek? Onlangs het ’n gerug in die koshuis rondgeloop dat ’n voer-tuig wat voor die koshuis geparkeer was se agterruit uitgegooi is deur ’n watersak. Bietjie onwaarskynlik nê? Maar wie weet, dalk was dit ’n swart -sak vol “harde water”...

Watersakgooi is ongetwyfeld hier om te bly, ten spyte van al die ander tradisies wat die afgelope paar maande ten gronde gegaan het. HK-lede moet mooi dink voor hulle boetes skryf. Op die ou end is dit die enigste oorbly-wende manier om die jarre te doop...

Bladsy 12 Junie 2002 VIRESunitatis – Sport

lees die viresoppieweb by www.sun.ac.za/vires

DAVID COLEMAN EENDRAG se eerste rugbyspan het hierdie jaar vriend en vyand verras met hul vertonings op die veld gedurende die eerste semester. Daar kan ook ’n direkte verband tussen hierdie goeie vertonings en die borrelende gees en opgewondenheid wat heers in die koshuis getrek word.

Maar hoe het die spelers, afrigters en Hannes dit reggekry om die wenkultuur terug te bring? En is hierdie vertonings die aanloop tot moontlike Sauer-glorie?

Die belangrikste ding wat jy agterkom, is dat daar groot waarde aan toewyding en dissipline geheg word.

Jy sal dit bespeur by die oefeninge en op die veld waar die span teen Huis Marais selfs na die sirene ’n beweging op hul doellyn begin het in die strewe na ’n moontlike oorwinning. Hulle het tot in die opponente se helfte gevorder en nou wel uiteindelik net gelykop gespeel, maar gewys dat hulle nie sal gaan lê nie. Hierdie span onder leiding van Stephen Booysen haat dit as hulle nie wen nie.

Hierdie span is nie bang vir die reputasies van hul opponente nie. Dit het hulle getoon deur Helderberg in die eerste ronde (’n sogenaamde oefenwedstryd vir Helderberg) die swart truie tot oorgawe te dwing. En dit is nie asof die spelers vanuit die bloute soos ridders op perde verskyn

het nie, nee, dis ’n balans tussen geharde oumanne en jeugdige ondernemende spelers. Die spelers funksioneer as ’n eenheid en dit is aangenaam om die vloeiende samespel van voor- en agterspelers te sien.

Daar was wel ’n effense terugslag teen Medies gewees, maar teen die boere van Elsenburg het die span goeie karakter getoon en van ’n tien punt agterstand teruggekom om die wedstryd te wen.

Al wat my bekommer, is ’n moontlike gebrek aan diepte. Ons het nie ’n groot spelerpoel waaruit plaasvervangers getrek kan word nie. Maar die toewyding sal hiervoor moet vergoed, want die hele Eendrag staan bankvas agter hul span.

Goed begin is half gewin

MUISPLAAG OPPIE PLOT Die eindtelling van dié kragmeting teen Huis Marias was 21 elk. Foto: Johan van Tiddens