20
Sept 2014 “D is lanklaas wat Kleinfonteiners so verenig het rondom ’n standpunt,” sê Andries Haasbroek, ondervoorsitter van die Direksie. “Ben van den Berg het die slagspreuk ‘Ons is hier om te bly,’ vir Kleinfontein gemunt, maar nou word dit tyd om dié slagspreuk aan te pas na: ‘Ons is hier om te bly én om te gedy.” Die besluit ten gunste van ’n aandeleblok volg na ’n inligtingsvergadering op 9 Augustus waartydens dit finaal duidelik geword het ’n aandeleblokskema sal Kleinfontein se missie en strewe om ’n groeiende Afrikanergemeenskap te wees, die beste dien. Mnr Frans de Klerk, Uitvoerende Hoof van Orania se Dorpsraad, het verduidelik hoekom dié susters- gemeenskap van Kleinfontein ’n aandeleblokskema gebruik. Die belangrikste is omdat dit die belange van die indiwidu en die van die gemeenskap goed balanseer. Die bevordering van selfstandigheid en moontlike kollektiewe verskansing teen onteiening is van die ander voordele. Die prokureurs wat tydens die vergadering op- getree het, het ook bevestig ’n huiseienaars- vereniging met voltiteleienaarskap sal nie voldoende verskansing bied van Kleinfontein se missie nie. Die finale besluit oor die oprig van ’n aandeleblok sal egter op ’n Spesiale Ledevergadering geneem word. In dié Akte van Oprigting kan vereistes in- geskryf word soos dat elke aandeelhouer net een stem kan hou, ongeag die grootte van sy of haar aan- deelhouding. Nog ’n moontlike vereiste, wat Orania ook het, is om te bepaal dat 75% van die lede lenings moet goedkeur as Kleinfonteingrond as sekuriteit aangebied word. Dis alles van die fyner besonder- hede wat nou met die prokureurs uitgestryk moet word, maar waaroor die lede uiteindelik sal moet besluit. “Finansiering om te kan groei is van kardinale belang vir Kleinfontein se volhoubaarheid en KBK se Direksie hoop om hieroor ’n samewerkingsooreen- koms met KSKK te bereik. Ons sal graag so wyd moontlik met ander Afrikanerorganisasies, ook Soli- dariteit en Orania, wil konsulteer oor ’n werkbare model vir finansiering,” sê Jan Groenewald, voorsitter van die Direksie. Vanjaar se Algemene Jaarvergadering is gekenmerk deur die besonder hoë stempersentasie 66% van aan- deelhouers (308 van 470) het hulle stemme laat hoor. Van die 308 stemme wat uitgebring is, was 157 volmagte en 151 lede was persoonlik teenwoordig. Dié lewendige deelname aan verkiesings wys om deel van ’n Afrikaner- gemeenskap soos Kleinfontein te wees, beteken lede voel hulle stem tel nog. Tydens die vergadering kon Niël de Beer verslag doen oor die vordering om vir Kleinfontein ’n formele status te verkry. “Afhangende hoe gou die regering die SPLUMA-wetgewing regkry, kan dit moontlik wees om binne ’n jaar die eerste en kritieke fase van ons formali- sering af te handel,” het hy berig. Steyn van Schalkwyk het die finansiële state voorgehou en Peet van der Merwe ’n nuwe grondwet vir die Heem- raad. Die Heemraad word op Kleinfontein gebruik vir interne geskilbeslegting. Beide die finansiële state en ’n nuwe grondwet vir die Heemraad is met ’n groot meederheid aanvaar. “Rig vir ons ’n aandeleblokskema op,” was die opdrag wat Kleinfonteiners op 23 Augustus met ’n oorweldigende meerder- heid vir die KBK Direksie gegee het. Lees op p5 meer oor twee nuwe Direkteure wat verkies is.

Kleinfonteinnuus sept 2014 webweergawe

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

Page 1: Kleinfonteinnuus sept 2014 webweergawe

Sept 2014

“D is lanklaas wat Kleinfonteiners so

verenig het rondom ’n standpunt,” sê

Andries Haasbroek, ondervoorsitter van

die Direksie. “Ben van den Berg het die slagspreuk

‘Ons is hier om te bly,’ vir Kleinfontein gemunt,

maar nou word dit tyd om dié slagspreuk aan te pas

na: ‘Ons is hier om te bly én om te gedy.”

Die besluit ten gunste van ’n aandeleblok volg na ’n

inligtingsvergadering op 9 Augustus waartydens dit

finaal duidelik geword het ’n aandeleblokskema sal

Kleinfontein se missie en strewe om ’n groeiende

Afrikanergemeenskap te wees, die beste dien.

Mnr Frans de Klerk, Uitvoerende Hoof van Orania

se Dorpsraad, het verduidelik hoekom dié susters-

gemeenskap van Kleinfontein ’n aandeleblokskema

gebruik. Die belangrikste is omdat dit die belange

van die indiwidu en die van die gemeenskap goed

balanseer. Die bevordering van selfstandigheid en

moontlike kollektiewe verskansing teen onteiening is

van die ander voordele.

Die prokureurs wat tydens die vergadering op-

getree het, het ook bevestig ’n huiseienaars-

vereniging met voltiteleienaarskap sal nie voldoende

verskansing bied van Kleinfontein se missie nie.

Die finale besluit oor die oprig van ’n aandeleblok

sal egter op ’n Spesiale Ledevergadering geneem

word. In dié Akte van Oprigting kan vereistes in-

geskryf word soos dat elke aandeelhouer net een

stem kan hou, ongeag die grootte van sy of haar aan-

deelhouding. Nog ’n moontlike vereiste, wat Orania

ook het, is om te bepaal dat 75% van die lede lenings

moet goedkeur as Kleinfonteingrond as sekuriteit

aangebied word. Dis alles van die fyner besonder-

hede wat nou met die prokureurs uitgestryk moet

word, maar waaroor die lede uiteindelik sal moet

besluit.

“Finansiering om te kan groei is van kardinale

belang vir Kleinfontein se volhoubaarheid en KBK se

Direksie hoop om hieroor ’n samewerkingsooreen-

koms met KSKK te bereik. Ons sal graag so wyd

moontlik met ander Afrikanerorganisasies, ook Soli-

dariteit en Orania, wil konsulteer oor ’n werkbare model

vir finansiering,” sê Jan Groenewald, voorsitter van die

Direksie.

Vanjaar se Algemene Jaarvergadering is gekenmerk

deur die besonder hoë stempersentasie – 66% van aan-

deelhouers (308 van 470) het hulle stemme laat hoor.

Van die 308 stemme wat uitgebring is, was 157 volmagte

en 151 lede was persoonlik teenwoordig. Dié lewendige

deelname aan verkiesings wys om deel van ’n Afrikaner-

gemeenskap soos Kleinfontein te wees, beteken lede voel

hulle stem tel nog.

Tydens die vergadering kon Niël de Beer verslag doen

oor die vordering om vir Kleinfontein ’n formele status

te verkry. “Afhangende hoe gou die regering die

SPLUMA-wetgewing regkry, kan dit moontlik wees om

binne ’n jaar die eerste en kritieke fase van ons formali-

sering af te handel,” het hy berig.

Steyn van Schalkwyk het die finansiële state voorgehou

en Peet van der Merwe ’n nuwe grondwet vir die Heem-

raad. Die Heemraad word op Kleinfontein gebruik vir

interne geskilbeslegting. Beide die finansiële state en ’n

nuwe grondwet vir die Heemraad is met ’n groot

meederheid aanvaar.

“Rig vir ons ’n aandeleblokskema op,”

was die opdrag wat Kleinfonteiners op 23

Augustus met ’n oorweldigende meerder-

heid vir die KBK Direksie gegee het.

Lees op p5 meer

oor twee nuwe

Direkteure wat

verkies is.

Page 2: Kleinfonteinnuus sept 2014 webweergawe

Redaksie Redaksioneel

Dr Deon Lombard MB Ch B MED Reg Unisa Pr 1401017 MP0314579

RAYMED MEDIESE SENTRUM Treurnichstraat 1, Rayton

Posbus 382, Rayton, 1001

Tel (012) 734-4161/2

Faks (012) 734-4741

Selfoon 079-206-9393

Epos [email protected]

NOODNOMMERS Cullinan Nood (012) 734-2890

Wilgers Nood (012) 807-8285

NETCARE 082 911

ER NOOD 084-124

SPREEKURE Maandag – Donderdag 09:00 tot 17:30

Vrydae 09:00 tot 15:00

Saterdae 08:00 tot 11:00

Sondae en vakansiedae gesluit

(Gebruik noodnommers asb)

REDAKTEUR: Marisa Haasbroek

MEDEWERKERS: Álet Erasmus, Marietjie Fourie, Ria Pretorius

ADVERTENSIES: Elisabeth Malan

FOTO’S: Flipper Fotografie, Estelle Cronjé, Charel Bezuidenhout

Die Redaksie behou die reg voor om artikels af te keur, te redigeer of te verkort. Stuur enige bydraes asseblief aan marisa@kleinfontein. net Al die lekkerste lekkertes

B uiten vir die washuis wat al die strykwerk van die

(lui) uwe netjies doen (dankie, Charlotte) is die feit

dat ons so naby die stad en tog so ver is vir my die lek-

kerste van bly op Kleinfontein. Maar dis oor die lande-

like leefstyl wat Kleinfontein bied wat ek eintlik wil

praat; daai lekkerte van intieme familie-ondernemings

wat mens so gaandeweg in die omgewing ontdek.

Soos Du Plooy’s se melk en kaas en Ouwerf Padstal wat

nie jok dat hulle die lekkerste pizzas in die hele Suid-

Afrika maak nie. By ons gesin begin Vrydagaand se bel-

en-bestel-pizzas nou al ’n instelling raak.

En dan is daar die lekkertes wat jy op Kleinfontein self

kan koop. Die kafee se chappies en roomys, beskuit en

koeksisters by Die Koöperasie, vetkoek wat Rie du

Plessis bak, pannekoek en Kerrie-en-rys by die Saal

op Markdag. En dan, dan is daar die wors wat die

APK Kleinfontein op Saterdag 6 September by hulle

Oesfees by die Gemeenskapsaal gaan verkoop. Ek

kon vooraf ’n pakkie koop en glo my dis bobaas

boerewors. Die foto hierbo is tydens die einste wors-

makery geneem. Sorg dat jy vroeg daar is, hoor, die

wors gaan vlieg.

Ek hoor daar gaan by Radio Pretoria se fees net

soveel lekkertes wees. En boonop die lenteloop, die

rugby, die kunstenaars, die sokkie. Kan nie wag nie!

Page 3: Kleinfonteinnuus sept 2014 webweergawe

NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER 3

Kom vier saam fees vir RadioKom vier saam fees vir Radio

Pretoria se 21stePretoria se 21ste

Page 4: Kleinfonteinnuus sept 2014 webweergawe

heid van en onder-

worpenheid aan

God.

Die ander ware

oorwinnende mid-

del teen ongeloof

en die mag van die

duiwel en bose

geeste is gebed. In

Efesiërs 6 lees ons

’n mens is geklee

in ’n goddelike

wapenrusting en

met die geheime

wapen van gebed

in jou hand kan jy

’n oorwinnende

weerstand bied

teen die aanvalle

van die duiwel. Soos Efesiërs 6:10

sê: “Eindelik, my broeders, word

kragtig in die Here en in die krag

van sy sterkte.” Dan het jy met an-

der woorde jou krag in die Here en

in sy groot wonderwerkende mag

gesoek.

Vir die instandhouding

van huisbedrading

Nuwe installasies en fout

-nasporing

Installasietoetsing vir die

uitreiking van sertifikate

BEN MOOLMAN

072 243 4297

012 802 1111

HO

OG

LAN

D E

LEK

TR

IES

Uitroepfooi: R100

Ons bou vir jou toekoms

Meer as 15 jaar ondervinding in residensiële konstruksie

DE WET CILLIERS

Tel (012) 940-0220

Sel 072-345-3086

Epos [email protected]

KLEINFONTEIN

BOUBESTUUR BK

Oordenking: Dr Willie Burger van die AP Kerk

ngeloof kry niks reg nie, maar

geloof bind jou aan die mag

en krag van God. Deur jou in

geloof aan Hom te bind, is jy in

staat om die duiwel te oorwin,

maar dit maak jou nog nie ’n won-

derwerker nie! Om ’n wonderwerk

te doen, lê nie in die mag van die

mens nie. Maar deur geloof en in

die naam van Jesus Christus kan

selfs ’n mens ’n wonderwerk ver-

rig. Dit het Paulus en die dissipels

aan ons gewys. Dit het egter iets

van hulle gevra te wete: afhanklik-

Wonderwerke van geloof en gebed

Markus 9:23 En Jesus sê vir

hom:Wat dit betref—as jy kan

glo, alle dinge is moontlik vir

die een wat glo.

Markus 9:29 Hierdie geslag

kan deur niks anders uitgaan

as deur gebed en vas nie.

Page 5: Kleinfonteinnuus sept 2014 webweergawe

NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER 5

sal graag wil sien dat

Kleinfontein ’n

finansieel-gesonde,

veilige en volkseie ontwikkeling

word,” sê Riaan Taylor (42), (bo)

wat pas verkies is as ’n KBK Direk-

teur. In Kleinfontein se omstreke

is Riaan bekend as een van die

inwerkingstellers van die vei-

ligheidsgemeenskapsgroep Con-

serv, waaraan talle Kleinfonteiners

aktief deelneem. Riaan is al sewe

jaar betrokke by die Boschkop Ge-

meenskapspolisiërings-forum en

het ook gehelp om ’n kommuni-

kasieveiligheidsnetwerk in die

Boschkop SAPD wyk op te rig en

uit te brei.

Riaan, ook ’n gekwalifiseerde

elektrisiën, was tot in 2013 ’n

stroopkontrakteur vir boere in die

omgewing. Tans is hy doenig met

buitelandse projekte. Hy het op

Bronkhorstspruit grootgeword.

In 2004 verhuis hy van Mooi-

kloof na ’n hoewe wat aan die KBK

Om ’n tuin of ’n dorp uit niks

op te bou, vra durf. Gelukkig

is op Kleinfontein baie entoe-

siastiese bouers. Soos die

twee nuwe Direkteure en dié

drie ywerige tuiniers.

’n tuin op die kaal

vlakte tot stand te

bring, is nie speletjies nie. Onder

leiding van Aksie Vrouekrag is geld

by almal ingesamel. Werke het

gesorg vir waterpyplyne en het

uitgesoekte klippe aangery. Gielie

en Cecile van der Merwe het begin

beplan en saam met Linda Malan

die meeste van die werk gedoen.

(Dis hulle drie op die foto bo.)

Vier pragtige rotstuinbakens het

langs die pad verrys met jukkas,

strelitzias, spekbome, aalwyne en

woestynrose – geharde plante wat

nie baie water vra nie. Die sago-

palm en die felicia struikies met

hul groen en geel blaartjies en blou

blommetjies en rooi klokkies en

die grondbedekkers tussen die

trappies van die rotstuin bring

kleur en sagtheid.

Die lang stroke weerskante is

beplant met Annabome, Kiepersol,

Swartapiesdoring en Koeniebos.

“Dis vir ons lekker om ons talent

en tyd aan te wend om iets prag-

tigs tot stand te bring. Ons doen

dit nie uit eie krag nie, maar deur

die genade van die Here en tot sy

eer,” sê Gielie.

Mag dié tuintjie saam met Klein-

fontein gedy. Marietjie Fourie

Aangename kennis aan twee nuwe direkteure

Ons is hier om te bly én te

gedy

hoewes grens. In 2005 trou hy met

Lauretta, wat in die lugvaartbedryf

werk. Die Taylors het vroeër dié

jaar hul hoewe verkoop en woon

nou in die Kleinfontein Wildpark.

sal baklei vir Kleinfon-

tein se voortbestaan,” sê

Les Coupé (bo), nog ’n

nuwe KBK direkteur.

Die Coupés woon sedert verlede

Julie op ’n hoewe in Kleinfontein.

Les is getroud met Petro (bo

regs). Hulle het drie kinders. Die

twee seuns woon in Wellington,

Nieu-Seeland, maar hulle dogter,

Lucinda, bekend vir haar sui-

kerkunswerk waaruit sy ook ’n

bestaan maak, bly by Les-hulle.

“Ek sou wou sien dat daar meer

landbou-aktiwiteite op die Hoewes

kom. Ek wil meer mense sien

bóér!” sê Les. Les was vantevore

onder meer sitrusboer in die om-

gewing van De Wildt. Die Coupés

is ook perdeliefhebbers.

Page 6: Kleinfonteinnuus sept 2014 webweergawe
Page 7: Kleinfonteinnuus sept 2014 webweergawe

Hoe lekker het die Afrikaans net nie op Vry-

dagaand 15 Augustus van Kleinfontein

kinders se tonge afgerol nie toe ’n Taalaand in

die Gemeenskapsaal gehou is.

’n K ostelike samespraak deur AE Carinus waar

die een gogga na die ander vir Dokter

Sprinkaan kom spreek, is voorgedra. Die insekte is

gespeel deur Jaco Geldenhuys, Amoré Beyers, Mari-

zanne Jooste, Ruan Mulder, Bonnie Freyer en Carla

Swanepoel. Willie Burger was Dr Sprinkaan, Silja van

der Merwe sy vrou en Elisabeth Malan die verteller.

Elisabeth, wat sê sy het met Dr Sprinkaan grootgeword,

het dié juweeltjie aan die Kleinfontein gemeenskap

bekend gestel. Poppie Roets, wat al honderde kinders

vir kunswedstryde voorberei het, het die kinders af-

gerig.

Die tema van vanjaar se Taalaand was diere en

gediertes in Afrikaanse poësie. Ria Pretorius, Elisabeth

Malan, Lood van der Merwe, Lou Erasmus, Olivia

Steyn, Willie Burger, Álet Erasmus, Irene Groenewald

en Silja van der Merwe het gedigte van onder andere

AD Keet, AG Visser, Louis Leipoldt, JFE Cilliers en GA

Watermeyer voorgelees. Elisabeth se voorlesing van

Uys Krige se gedig oor ’n seeumeeu was veral treffend.

Foto’s: Charel Bezuidenhout

Page 8: Kleinfonteinnuus sept 2014 webweergawe

Nuwe planne by

Uit en Tuis

K om jy Kleinfontein binne, lê

die Uit en Tuis Sentrum net

agter die beeldetuin op jou

linkerkant. Tans sal jy ’n hele

gewerskaf daar gewaar, want die

ontwikkelaar, Hannes Conradie

het groot planne.

Die bestaande sentrum huisves

KBK se kantore, die Kafee, Klein-

fontein Spaar en Krediet, ’n kits-

bank, Finkor, Die Koöperasie Kof-

fiewinkel, ’n paar kleiner onder-

nemings en KBK se raadsaaltjie.

Die gedeelte wat in aanbou is

(sien argiteksvoorstelling) gaan

nog twee of drie kantoor- of win-

kelruimtes hê, asook ’n perseel wat

geskik gaan wees vir ’n restaurant

met sy eie ablusiegeriewe. Petrus

van der Schyff is die man wat

verantwoordelik is vir die bou-

werk, maar Hannes het self ook al

ure en ure by dié sentrum gewerk

soos byvoorbeeld toe die plaveisel

steen vir steen gelê is.

Intussen verfraai Elsie (Hannes

se wederhelfte) ook die terrein met

plante. ’n Vriendin van Elsie, wat

’n tuinboukundige is, Stephanie

Bodenstein, staan haar in raad en

daad hiermee by. Álet Erasmus

Page 9: Kleinfonteinnuus sept 2014 webweergawe

NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER 9

O p 15 Julie 2014 is Blokkies de

Beer, ’n gewaardeerde lid van

KBK oorlede. ’n Mens sal hom

altyd onthou vir sy erns, eerlikheid

en entoesiasme, sy opregtheid,

dryfkrag en volharding. En boweal,

vir sy bereidheid om te luister.

Samewerking, veral in

die jare na 1994, het

hy in volksorganisa-

sies gevestig en on-

verbiddellik gedryf,

en hy kon dit deur al

die verdelende lyne

in volksgeledere suk-

sesvol regkry. Daar-

oor moes hy kritiek

verduur, maar daar-

voor is hy ook deur

almal gerespekteer.

Hy het nie maklik iets negatief van

ander mense aanvaar nie.

Blokkies het veral in die jare na

1994 tot 2001 as uitvoerende voor-

sitter van die Vereniging van

Oranjewerkers ’n leidende rol in

vele aksies soos die Afrikaner

Volksfront, die Volkseenheidsko-

mitee, pogings om die Afrikaner

Volksfront en die Vryheidsfront te

laat saamwerk, die Volkstaatraad,

die statutêre Volkstaatraad

(waarvan hy hoofsekretaris was)

en die Hooglandaksie gespeel. Hy

was voorsitter van die gekose ko-

mitee vir amnestie vir Afrikaners.

Hy was ook sameroeper

van KORBA

(Koördinerende Raad

vir Boere-Afrikaners).

In Maart 1998 het hy,

toe almal om hom moe-

deloos, ontnugter en

wanhopig was, aanhou

sê: “Volhard, werk

saam, werk self – daar is

altyd hoop!

In sy begrafnisbrief het

sy eggenote en kinders

geskryf: “Al die lof en eer aan God

onse Vader vir ’n merkwaardige

man wat baie lewens aangeraak

het met respek, liefde, wysheid en

goedhartigheid. Geen opoffering

was te groot nie. Hy was ’n mens

vol liefde en omgee vir almal wat

sy pad gekruis het.” Ons eer sy

nagedagtenis! Ben van den Berg

“Werk saam, werk self!”

— Blokkies de Beer

“Jy sal die aanvoorwerk moet doen”

Philip Roux, Kleinfon-

tein se os– en wa-

kenner vertel waar die

Afrikaanse spreek-

woord hierbo vandaan

kom.

D ie spreekwoord bete-

ken: jy sal die eerste

woorde moet spreek

of die eerste handelinge

moet doen. Die hotvooros

word deur die touleier

geleer om so sekuur en so

reguit as moontlik die span

met die ploeg te lei. Die voor

word dan as verwysing

gebruik wanneer die osse in

die winakker draai en dan

met die voor terugkom. Die

hot vooros stap in die eerste

voor en daarna in die ander

vore om reguit geploeë of

geplante rye te verseker. Die

win-of wenakker is die

gedeelte wat later dwars

geploeg en geplant word en

wat gebruik is vir die osse

om in te draai.

J an Boer het sulke

diep spore in Wag

’n Bietjie getrap die

inwoners het gevoel

om tasbaar erken-

ning te gee sy vir

bydrae. René en

Chris Engelbrecht

(onderskeidelik

voorsitter en onder-

voorsitter van Wag

’n Bietjie se be-

stuurskomitee) het

die leiding geneem

en dié naambord laat maak en opgerig. Die Jan Boer wandelpad is deur

oorlede Jan beplan, maar weens sy siekte het De Wet Celliers en sy span

dit gebou. Die aangrensende eienaars het die koste gedra. Dis ’n goedbe-

plande, stewige paadjie waarop rolstoele ook gemaklik kan beweeg. Die

afvoerwaterslootjie is van netjiese bruggies voorsien. ’n Pragtige monu-

mentjie vir Jan. Marietjie Fourie.

Jan Boer

vereer

Page 10: Kleinfonteinnuus sept 2014 webweergawe

A FLAIR FOR HAIR Heleen Lizell

Rayton Village Sentrum no 10 Rayton Tel 012 734 4743 Gesluit op Dinsdae

Materiaalwinkel

Hannetjie en Bets

(012) 734-4751

Winkel 8

Rayton Park Plaza

Koop of verkoop, ek loop die pad saam met u

Irene Groenewald EIENDOMME

083 228 8572

Die Pretoria Leserskring hou op Donderdag

25 September ’n bespreking ter nagedagtenis

van dr Hendrik Verwoerd. Hy is op 6 Septem-

ber 1966 vermoor. Dr Chris van Ginkel,

voorsitter van dié Leserskring, gaan praat

oor die motiewe vir sy sluip-

moord en oor die moord-

ondersoek daarna. Fami-

lielede van dr Verwoerd

gaan ook staaltjies oor hom

vertel. Toegang is R25 per

persoon. Vir meer inlig-

ting skakel Tania

Kotzé by 082 659

1656 of tanyakotze1

@gmail.com .

Hoekom is hy vermoor?

Mobiele salon beskikbaar

vir tuisbesoeke, ook op Saterdae

30 jaar ondervinding, ook van verswaktes

Baie bekostigbaar

Nuwe haarkapper

Anne Loggenberg

072 965

4133

Page 11: Kleinfonteinnuus sept 2014 webweergawe

Jy kan dié nuusbrief in volkleur lees by www.issuu.com. Tik Kleinfontein in die soekvenster en

kies die uitgawe. Volg ons ook op Facebook by Kleinfontein se

Afrikaners en op Twitter by @Kleinfontein-KBK.

Wie Wie ry ry saam?saam?

Op soek na ’n saamrygeleentheid na Rayton, Pretoria winkelsentrums, hospitale, Gautreinstasie, skool of OR Tambo lughawe? Skakel Dan by 076 137 3637 en tref ’n reëling. Pryse billik, diens puik, bestuurder opgelei en gelisensieer vir openbare vervoer.

“O ns bied vir die kinders

kuns-, musiek- en spel-

terapie aan, hulle maak

tuin, leer in spanne werk, versorg

diere en ons leer hulle veral van die

Here. Ons sorg ook dat hulle een

bord ordentlike kos per dag kry. Ek

sou die werk nie sonder Liza Welsh

(van Save our Family Foundation -

SOFFT), Ria du Plessis, Ouma

Marinda of die Christelike-Maat-

skaplike Raad (Cullinan) en talle

ander kon behartig nie,” sê Ronelle.

“Die werkswinkels wat ons op die

hoewe aanbied, wil die opvoedings-

agterstande van minderbevoorregte

kinders aanspreek en die kinders

voorberei as produktiewe lede van

die samelewing. Ons dra gesonde

gemeenskapwaardes oor en het ’n

ferm hand teen enige gedrag wat

negatief op ander kinders kan in-

werk. Hierdeur skep ons 'n etos en

omgewing wat tot voordeel van al

die kinders van die gemeenskap

strek,” gaan sy voort.

Die hoewe moet uiteindelik

selfvoorsienend wees en daar is

reeds varkies, ’n perd en ’n groen-

tetuin. “Ons wil ook hoenders aan-

hou en die hoewe behoorlik om-

ploeg sodat ons meer groente kan

plant,” sê Ronelle. “Dis nie deftig

nie, maar ek wil hê dit moet netjies

wees.”

“Ek dink nie mense besef hoeveel

van ons kinders in gevaar is om die

pad heeltemal byster te raak as

iemand nie ingryp nie. Ons het

baie hulp en gebede nodig. Dis nie

altyd geld wat ons wil hê nie, maar

ook groenteplantjies, nie-bederf-

bare kosprodukte, pale, draad,

kuns- en skryfbehoeftes, en ’n

klimraam. Ons het ook mense no-

dig om ons te help om die hoewe

om te ploeg en om te help om die

kinders te kom leer.”

Ronelle vra Kleinfonteiners moet

enige maatskaplike probleem by

haar aanmeld. Sy vra ook as mense

behoeftiges wil help, hulle liefs

deur haar werk. “So kan ek seker

maak goedere word nie verkoop en

drank daarmee gekoop nie en dat

dit nie elke keer dieselfde gesin is

wat hulp ontvang nie. Ons wil ons

mense tog uiteindelik leer om te

werk vir wat hulle nodig het.”

“Dis te oulik om te sien hoe kýk

die kinders hulle groentetjies groot

en daar is een seun wat so aanda-

gafleibaar is hy kan nie vir ’n

minuut konsentreer nie, maar

skuif ’n vel papier en verf voor

hom in en hy sit vir ure en werk.

Dan weet ek ons maak ’n verskil,”

sê sy.

Skakel haar by 071 108 4367 as jy

kans sien om te help. Jy kan Klein-

fontein Kinderondersteuningsor-

ganisasie ook op facebook volg.

Laat skenkings asseblief by Die

Koöperasie Koffiewinkel en doen

inbetalings vir dié geregistreerde

nie-winsgewende organisasie,

hier: Kleinfontein Kindersorg Absa

bank Takkode 632005 Rek nom-

mer 406 009 2627 verw 193G.

’n Hart vir kinders

Ronelle

Berrington rig

’n Kleinfon-

tein Hoewe

stadig maar

seker in as ’n

jeugsentrum

vir hoërisiko-

kinders. Liza Welsh (van SOFFT) doen kunsterapie met Regard.

Page 12: Kleinfonteinnuus sept 2014 webweergawe

Mary Mobiele

Haarkapper Maandae, Woens-dae & Vrydae

07:30 tot 13:00 & 15:00 tot

17:00

Dinsdae & Donderdae

07:00 tot 13:30 & 16:00 tot

17:00

IN NEDERSETTING OP HOEWES Maak u afspraak so vroeg as moontlik

om teleurstelling te voorkom. Ek het

meer as 12 jaar ondervinding en kom

sny, kleur en golf u hare in die gerief

van u eie huis.

072 106 3406

Skool aan die roer

D it woel en werskaf by CVO Skool

Kleinfontein – in die tuin, teen die

klaskamermure en in die geboue.

Die kinders is opgewonde, want hulle skool

lyk mooi!

Kom jy by die skool, sien jy dadelik die

pragtige geskilderde borde wat sê: CVO

Skool Kleinfontein. Dis Annemarie Keys,

die graad 2 juffrou, se handewerk. Paadjies

is gelê en bome en gras geplant en teen die

muur waar Annemarie se skilderye pronk,

het die leerlinge asters geplant.

Die skool het op 5 September hul opedag.

CVO Kleinfontein hoop om aanstaande jaar

heelwat nuwe Gr R en Gr 1 leerlinge te trek,

en leerlinge van die ander grade is ook

hartlik welkom.

Die skool is ’n volle lid van die Beweging vir

Christelike Volkseie Onderwys (BCVO).

Hierdeur kry hulle akademiese en adminis-

tratiewe ondersteuning van die BCVO

asook geleentheid om aan ’n verskeiden-

heid kultuur- en sportaktiwiteite deel te

neem.

BCVO se Sentraal Streek se skaak- en land-

loopkampioenskappe is vanjaar op Klein-

fontein aangebied. Kleinfontein en in be-

sonder die Wildpark leen hom tot ’n inte-

ressante landloop in die natuur.

Onthou van die skool se bussie wat gebruik

word om leerlinge van buite Kleinfontein

na die skool te vervoer. Die bussie kan ook

buite skoolure aangewend word vir uitstap-

pies deur die gemeenskap en bejaardes van

Kleinfontein.

Die skool het ’n stalletjie tydens Radio Pre-

toria se 21ste verjaarsdag. Kom maak ’n

draai as jy meer inligting oor die skool ver-

lang. Skakel gerus ook met Tinus Mulder by

012 802 1454 of die voorsitter van die skool

se Direksie, Banie Vorster by 082 861 7490.

Álet Erasmus

Page 13: Kleinfonteinnuus sept 2014 webweergawe

NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER 13

Dis net op Kleinfontein

’n P aar maande gelede, ter-

wyl ek met die Wild-

parkpad na ons huis op pad was,

sien ek in my truspieëltjie iemand

wuif vir my. Ek stop en hoor my

wieldop het afgespring. Baie dank-

baar ontvang ek die wieldop –

want so-iets is vandag nie goed-

koop nie.

’n Paar weke gelede merk ek op

die wieldop het weer afgespring –

seker die vorige aand. Met baie

min hoop, ry ek al soekend met

die Wildparkpad op. Naby sy bo-

kant sien ek iets blink in die mik

van ’n boom – my Corolla se wiel-

dop uitgestal dat ek dit moet vind!

Dis net op Kleinfontein dat sulke

wonderlike mense gevind kan

word. Vir die onbekende Kleinfon-

teiner sê ek baie dankie. Ek is

bevoorreg om deel van so ’n ge-

meenskap te wees! Niel de Beer

Heil die onbaatsugtiges

D eur die geskiedenis het net een

soort mens konstant gebly in

sy uitnemendheid, wat, wanneer ’n

beroep op hom gedoen word in die

tyd van krisis, opgetree het ver

bokant menslike verwagtinge –

selfs in neerlaag. Die rede vir hier-

die deel van die volk se unieke by-

draes in oorlog en, ongelukkig in ’n

mindere mate in vredestyd, was

geskiedkundig duidelik: hulle was

onbaatsugtig. Hulle het aan ’n klas

behoort wat opgelei is om te dien

sonder ’n gedagte aan vergoeding.

Die enigste vergoeding wat hulle

wou hê is die wete van hulle uitne-

mendheid. Rykdom was irrelevant,

Die redakteur behou die reg voor om briewe na goeddunke te redigeer.

want in hulle behoefte is voorsien

en aan hul voorvereistes is vol-

doen.

Hierdie klas mens was nie onder-

hewig aan korrupsie van die mark-

plek nie. In werklikheid was hulle

gewoon toegerus om enige korrup-

sie te kon weerstaan, want hulle

kon nie daardeur aangeraak word

nie. Hierdie soort samelewing,

hierdie uitsonderlike tak van

die menslike ras was nie alleenlik

onkurrupteerbaar op die hoogste

vlakke nie – dit was hulle wat die

uiteindelike redder van die mens-

heid, soos ons dit vandag ken, is.

Kleinfontein het ook ’n paar sulke

mense. Hulle is net nie so op-

vallend soos die soort mens wat wil

afbreek en kritiseer nie, maar hulle

wil nog onbaatsugtig hulle deel in

eerlikheid doen. Jeanne Peens

Ons eie lekker kuierplek

O or die afgelope paar jaar al

kom die SSB groep (Stoep-

sitterbrigade) elke Vrydag by Die

Koöperasie bymekaar. Tydens die

kuier oor ’n koppie koffie, tee, ’n

melkskommel of ’n koeldrank met

ys, skerts ons oor die afloop van die

week se werksaamhede. Dis ont-

laaityd...

Einde Julie het Daan Kruger vir

ons op sy mondfluitjie en met ki-

taarbegeleiding Afrikaanse en so

hier en daar ’n bekende ou Engelse

liedjie gesing. Ons het luidkeels

saamgesing en gaan probeer om so

iets meer gereeld te doen!

Die eerste Vrydag in Augustus het

Tricia ons met die intrapslag

ingelig: “Vandag gaan ons koffie

proe. Dit gaan kleiner koppietjies

wees en gaan net R5 per koppie

kos.” Ons het by die Blue Moun-

tain (ons het hom sommer dadelik

verafrikaans tot Blouberg) begin.

Daarna was Toffie-Koffie aan die

beurt. Dit was ’n gesellige kuier so

oor ’n koppie boeretroos!

Soms bederf ons groep ons met

die kos wat Die Koöperasie vir die

aand voorberei het, gewoonlik is

dit heerlike Boerekos soos byvoor-

beeld die lekkerste groenbone met

aartappels daarby.

Dankie Tricia, jou vriendelike

diens vrolik elke stoepsitgeleent-

heid op. Die heerlike koek wat ons

op 22

Augustus

met jou

verjaars-

dag gekry

het, was

’n treffer.

Ons het

so ’n lek-

ker

kuierplek hier op ons eie Kleinfon-

tein. Dankie aan Die Koöperasie-

span. SSB-groep

Dankie Coffee Café

D ankie aan Coffee Café in Ray-

ton vir die lekkerste koppie

koffie wat ek nog gedrink het. Die

te ete was ook heerlik en keurig

voorgesit. Voorwaar ’n kuierplek-

kie waar ek graag vriende sal trak-

teer. Julle mag maar in Nuus vir

die Kleinfonteiner adverteer.

Marietjie Fourie

BRIEWEBRIEWE

Page 14: Kleinfonteinnuus sept 2014 webweergawe

Veeartsenykundige Spreekkamers

Veterinary Consulting Rooms

Donkerhoek Konsultasies alleenlik op afspraak Consultations by appointment only

072 974 4914 Prof C.M.E. McCrindle BVSc (Hons) PhD (Vet Eth) (Pret)

Veeartswinkel Vetshop

Besigheidsure / Business Hours

Maandag — Vrydag Monday — Friday

Saterdag Saturday

08h00— 17h00

08h00— 14h00

Lucie Schmulian is op

die aand van 24

Julie 2014 stilweg huistoe. Ons wat

in Wag ’n Bietjie agterbly, mis haar

baie. Sy was sag en stil en het mooi

goed geskilder. Die protea-

boompies in

haar tuin laat

mens aan haar

dink ... mooi en

versorg. Sy was

’n omgee-

mens,’n goeie

vriendin, ma en

Jan Ellis Winkelsentrum

Ella Greeff het in

2006 hier langs

my ingetrek, ’n gebreekte

voëltjie nadat swartes haar

in haar huis oorweldig het.

Hulle het haar hande en

bene vasgebind en toe haar

voete onder haar uitgeskop.

In die val het sy haar knieë

beseer en nooit weer die

volle gebruik van haar bene

teruggekry nie. Die angs wat

in haar kom lê het, het haar

nooit heeltemal verlaat nie.

Die twee veiligheidsdeure en

die palisade met die geslote

hekkie was tasbare bewyse

daarvan.

Ek het graag by Ella ge-

kom. Haar liefde vir haar

kinders en Anna en Marius

se besoeke en hul onver-

moeide pogings om die lewe

vir haar aangenaam te maak,

was vir haar kosbaar. Haar

onwrikbare geloof in die

liefde en trou van die Here

het haar lewe draaglik ge-

maak. Sy het die fraaiste

glimlaggie gehad.

Ek weet toe sy moes oor-

stap na die Hiernamaals sy

haar Here reikhalsend tege-

moet gegaan het. Dit was

goed om haar as buurvrou te

kon hê. Marietjie Fourie

Prediker 8:15: Daarom het ek die

vreugde geprys dat daar niks be-

ters is vir die mens onder die son

nie as om te eet en te drink en hom

te verheug, en dat dit hom mag

begelei by sy moeitevolle arbeid

gedurende die dae van sy lewe wat

God aan hom gee onder die son.

ouma. Drie en tagtig jaar het die

Here haar gespaar en gebruik hier

op aarde. Dit was goed om die

laaste jare met haar te kon deel.

Babs Knoetze is op 7

Julie oorlede. Haar

geliefdes sê hulle weet sy is nou in

die Hemelwo-

ning waar sy

die salige

vreugde van

die ewige lewe

by God ervaar.

Babs was 81

jaar oud.

In memoriam Vaarwel liewe

vriendinne

Page 15: Kleinfonteinnuus sept 2014 webweergawe

T oe Danie van Zyl meer as tien

jaar gelede op Kleinfontein op-

daag, was hy ’n enkelouer met twee

peuters om voor te sorg. “Die

mense van Kleinfontein het in-

gespring en gehelp grootmaak aan

my twee seuns,” vertel hy. Vandag

is dié twee boeties, wat in Laer-

skool Van Wyk du Preez in Bronk-

horstspruit is, albei presteerders.

Ouboet Juandré (14) (voor) is van-

jaar gekies as ’n leier by die skool. Hy wil graag eendag elektrisiën word.

Corné (12) (langs Danie) is ’n kranige atleet wat Gauteng-Noord kleure

verwerf het en pas weer ’n goue medalje losgehardloop het in die 1200m

item. Danie was langs die veld toe Corné so mooi presteer het en vertel

hoe trots dit hom gemaak het om sy seun so te sien wen.

“Ek wil dankie sê vir almal wat my deur die jare bygestaan het, maar wil

spesiaal vir Helpende Hand bedank, wat gesorg het dat my seuns in hul

Loerie koshuis bly en goeie onderwys kry,” sê Danie. Hy werk vir KBK

Werke en bly op die Tandem Hoewes.

KLEINFONTEIN SE MISSIE

Om die eiendom in

sy besit in ’n leef-

ruimte vir vry-

heidsliewende

lede van die Boere-

Afrikanervolk te

ontwikkel, waar

hulle alle fasette

van hulle eiesoor-

tige volksbestaan,

waarvan hulle

Christelike geloof,

taal en kultuur die

belangrikste is,

vrylik, onbedreig

en onverhinderd

kan uitleef in ’n

plaaslike wel-

varende ekonomie

wat op volkseie

arbeid gevestig is.

Seuns laat sy hart swel

’n kaartjie vir R50 om Klein-

fontein Sekuriteit te onder-

steun en jy kan dalk ’n hele

blesbok wen. Die wenner van dié karkas se

naam word op Saterdag 20 September

tydens die Radio Pretoria Fees bekend

gemaak. Vir meer inligting, skakel Kleinfontein se sekuriteits-

hoof Wikus Cremer by 076 130 1032.

Page 16: Kleinfonteinnuus sept 2014 webweergawe

Ál la carte aandete

Ontbyt

Toebroodjies

Hamburgers

Ligte etes

Vars slaaie

Pastas

Kinderspyskaart

Alles elke dag vars voorberei op die perseel. Ons is agter Pick ’n Pay in Rayton

Tye: Dinsdag—Saterdag 08:00—20:00, Sondag 09:00—15:00 082 450 5918 of 082 694 4873

BLAFBOUTIQUE HONDESALON & MOBIELE SALON

Ons is hondeliefhebbers!

Gerieflike en professionele

hondesalon

Personeel opgelei deur die

“Pet Groomers Guild of South Africa”

Individuele aandag

Geen lang wagtydperke

Geen hokke

Ons is Afrikaans en

ons werk self

Bring jou hond na ons salon of ons mobiele eenheid sal jou hond by jou huis kom was en skeer. Skakel ons vir ’n aangename salonervaring by 084 414 2152 of [email protected]

Page 17: Kleinfonteinnuus sept 2014 webweergawe

O p 1 September is ons ’n hele sewe jaar oud.

Baie dankie aan elkeen wat ons so getrou ondersteun het, van ons kliënte tot ons leweransiers. Ons beplan om die hele September lekker partytjie te hou en gaan aller-

hande spesiale aanbiedinge hê. Kom loer gerus in.

Al jou gunstelinge is op ons rakke: koekies en koeksisters, beskuit en gebakte koeke en terte. Tyd vir koffie? Eet dan ’n skyfie koek of tert daar-mee saam. Of kom eet ontbyt of middagete by ons. Kom kuier ook gerus saam met die stoepsit-ters op ’n Vrydagmiddag.

Aan almal wat ’n lag of ’n traan het – onthou ons He-melse Vader ken elke tree.

Koöperasie groete!

KLEINFONTEIN VERHURING

Skakel ons as u eiendom wil huur of verhuur.

Ons telefoonnommer is

082 815 7382 of 012 940 4220.

Vonkpos: [email protected]

Faks 086 693 1380

Marius en Miempie Bosch

is tot u diens hier op

Kleinfontein

Foon- lugtyd nou

by ons beskikbaar.

Leserskring

Kleinfontein Boekwurms verslind die boeke Die Kleinfontein Leserskring kom elke laaste Woensdag van die maand byeen en bespreek

interessante boeke.

In Maart het Lood van der Merwe Die Koning se Wingerd deur FA Venter bespreek. Dis een van

Venter se twintig boeke wat Bybelgeskiedenis vir die leser laat herleef.

GA Watermeyer, die verwaarloosde volksdigter deur JJ Pienaar is in April deur Willie Burger behan-

del. ’n Vertaalde boek (uit Duits), Vasgekeer deur Johannes M Simmel, oor vasgekeerdes in ’n

kelder in Wenen, is ook deur Silja van der Merwe bespreek.

In Mei het Elizabeth Malan Veldwagter deur Hannes Klopper behandel, wat handel oor die lewe

van die veldwagter Harry Kirkman tussen 1933 en 1958. Sy wedervaringe maak die bekoring van

die Kruger Nasionale Park vir die leser ’n werklikheid.

In Junie het Shana Swart God: Gesprekke oor die oorsprong en uiteinde van alles deur Fritz Gaum

en George Claassen bespreek. Hoewel die essays hierin deur briljante skrywers geskryf is en dit

letterkundig van hoogstaande gehalte is , is dit ’n omstrede boek .

In Julie het Lood van der Merwe Die hart van Moab deur D.F.Malherbe behandel. Dis ’n Bybelse

roman geskoei op die liefde van Moab vir sy eie volk en sy haat vir die Hebreërs, sy vyand.Voorts

ook sy liefde vir Rut, wat die God van Israel leer aanbid. Marietjie Fourie

Page 18: Kleinfonteinnuus sept 2014 webweergawe

Bekostigbare gesondheidsorg vir almal

Kliniekdienste:

Immunisering

Bloeddruktoetse

Gesinsbeplanning

Cholesteroltoetse

Bloedsuikerlesings

Vitamiene-inspuitings

Baba- gesondheidskliniek

Uithaal van steke

Swangerskap-ondersteuning

Algemene ondersoeke

Vooraftoetse vir Discovery Vitality

Raymedsentrum, Treurnichstraat, Rayton

Tel: (012) 734 4800

Faks: (012) 734 5647

Weeksdae: 08:00 — 19:00

Saterdae: 08:00 — 13:00 en 17:30 —18:30

Sondae en vakansiedae: 10:00 —12:00 en 17:30 —18:30

Oaklaan 112, Cullinan

Tel: (012) 734 0557

Faks: (012) 734 1624

Weeksdae: 08:00 — 18:00

Saterdae: 08:00 — 13:00

Sondae en vakansiedae: 11:00 —12:00

RAYTON APTEEK CULLINAN APTEEK

Na-ure noodnommer: 083 302 5918

Page 19: Kleinfonteinnuus sept 2014 webweergawe

Uit Álet se Kleinfonteinkombuis: Heerlike koekie vir teetyd

’n Mens móét minstens een kleinkoekieresep hê waarop jy altyd kan staat-

maak. Soos wanneer jy vinnig ’n goeie klompie koekies vir ’n geskenk moet

bak, maar ook darem so dat iets vir jou huismense oorbly om aan te peusel.

Hierdie klapper-en-karamel-krakertjies is so ’n resep ...

HAAL UIT:

500 ml koek-

meelblom

500 ml klapper

(grof indien

beskikbaar)

500 ml hawer-

mout

500 ml witsui-

ker

250 g botter

1 ekstragroot

eier

3 e kookwater

2 e gouestroop

10 ml koeksoda

5 ml sout

5 ml vanielje-

geursel

SÓ MAAK JY:

1. Voorverhit die oond tot 180°C en

smeer of bespuit die bakplate met

kleefwerende middel.

2. Meng die koekmeel, klapper, ha-

wermout en sout saam in ’n bak.

3. Smelt die botter, suiker en stroop

in ’n kastrol op die stoof.

4. Los die koeksoda in die kookwater

op en voeg dit by die botter-

mengsel. (Gebruik ’n groterige kastrol,

aangesien die koeksoda die mengsel laat

skuim.

5. Klits die eier en voeg dit saam met

die vanieljegeursel by die botter-

mengsel.

6. Voeg nou die bottermengsel by die

droë bestanddele en meng goed

deur.

7. Rol die deeg in bolletjies (so gholf-

balgrootte) en plaas dit op die

voorbereide bakplaat.

8. Bak die koekies vir 10 minute of

totdat die koekies mooi bruin ge-

bak het.

9. Die koekies gaan nog sag wees

wanneer dit uit die oond kom. Laat

dit effens afkoel op die

bakplaat en lig dit dan ver-

sigtig met ‘n slaplemmes

op die afkoelrakkie sodat

dit daarop heeltemal kan

afkoel en verhard.

10. Verpak dit in ’n

sellofaansakkie of

op ’n kleinbordjie of in

’n mooi blik!

Wenk: Strooi ’n eetlepel suiker onderin

’n koekieblik, voer die blik met was-

papier uit en plaas die koekies dan in die

houer. Sorg ook dat die deksel altyd be-

hoorlik dig sluit sodat die koekies kra-

kerig-bros kan bly en nie klam word nie.

Page 20: Kleinfonteinnuus sept 2014 webweergawe