24
Maart 2015 ier glo ons aan SELFWERKSAAMHEID. In ons sentrum by die ingang van Kleinfontein, is die Uit&Tuis Winkelsentrum, wat KBK Administra- sie kantoor, Spookasem onderneming, Klein- fontein Veiligheid en Werke departement se kantore, Mini- mark, Kleinfontein Spaar en Krediet, „n kitsbank vir die in- woners se gerief, Uit&Tuis Vleismark, KBK Raadsaal en die Koöperasie Koffiewinkel en Tuisnywerheid insluit. Beweeg jy verder in Kleinfontein, kry jy die rugbyveld, Ge- meenskapsaal en sy geriewe, Woonwa terrein, CVO Skool (lees meer in die uitgawe), omheinde swembad, woongebied en ons Sorgsentrum. Alles bestuur en onderhou deur ons Afrikaner Kultuurgemeenskap. Hier kan jy stap, visvang, wildkyk, jukskei of rugby speel, Bybelstudie doen, by die leserskring aansluit, aan prettige konserte meedoen en jou talente aanwend ten bate van JOU gemeenskap en JOU mense. Lees in hierdie uitgawe meer oor alles en nog wat hier in ons Afrikaner Kultuurgemeenskap ............. Kleinfontein Om die eiendom in sy besit in 'n leefruimte vir vry- heidsliewende lede van die Boere-Afrikanervolk te ontwikkel, waar hulle alle fasette van hulle eiesoortige volksbestaan, waarvan hulle Christe- like geloof, taal en kultuur die be-langrikste is, vrylik, onbedreig en onverhinderd kan uitleef in 'n plaaslike welvarende ekonomie wat op volkseie arbeid gevestig is.

Kleinfonteinnuus Maart 2015

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Die jongste nuus oor dié Afrikanerdorpie oos van Pretoria.

Citation preview

Page 1: Kleinfonteinnuus Maart 2015

Maart 2015

ier glo ons aan SELFWERKSAAMHEID. In ons

sentrum by die ingang van Kleinfontein, is die

Uit&Tuis Winkelsentrum, wat KBK Administra-

sie kantoor, Spookasem onderneming, Klein-

fontein Veiligheid en Werke departement se kantore, Mini-

mark, Kleinfontein Spaar en Krediet, „n kitsbank vir die in-

woners se gerief, Uit&Tuis Vleismark, KBK Raadsaal en die

Koöperasie Koffiewinkel en Tuisnywerheid insluit.

Beweeg jy verder in Kleinfontein, kry jy die rugbyveld, Ge-

meenskapsaal en sy geriewe, Woonwa terrein, CVO Skool

(lees meer in die uitgawe), omheinde swembad, woongebied

en ons Sorgsentrum. Alles bestuur en onderhou deur ons

Afrikaner Kultuurgemeenskap. Hier kan jy stap, visvang,

wildkyk, jukskei of rugby speel, Bybelstudie doen, by die leserskring aansluit, aan prettige konserte meedoen en

jou talente aanwend ten bate van JOU gemeenskap en JOU mense.

Lees in hierdie uitgawe meer oor alles en nog wat hier in ons Afrikaner

Kultuurgemeenskap ............. Kleinfontein

Om die eiendom in sy besit in 'n leefruimte vir vry-

heidsliewende lede van die Boere-Afrikanervolk te

ontwikkel, waar hulle alle fasette van hulle eiesoortige volksbestaan, waarvan hulle Christe-

like geloof, taal en kultuur die be-langrikste is, vrylik, onbedreig en onverhinderd kan uitleef

in 'n plaaslike welvarende ekonomie wat op volkseie arbeid gevestig is.

Page 2: Kleinfonteinnuus Maart 2015

Dr Deon Lombard MB Ch B MED Reg Unisa Pr 1401017 MP0314579

RAYMED MEDIESE SENTRUM Treurnichstraat 1, Rayton

Posbus 382, Rayton, 1001

Tel (012) 734-4161/2

Faks (012) 734-4741

Selfoon 084 018 5241

071 271 1332

Epos [email protected]

NOODNOMMERS Cullinan Nood (012) 734-2890

Wilgers Nood (012) 807-8285

NETCARE 082 911

ER NOOD 084-124

SPREEKURE Maandag – Donderdag 09:00 tot 17:30

Vrydae 09:00 tot 15:00

Saterdae 08:00 tot 11:00

Sondae en vakansiedae gesluit

(Gebruik noodnommers asb)

Redaksie Span REDAKTEUR: Álet Erasmus

MEDEWERKERS: , Marietjie Fourie, Ria Pretorius

ADVERTENSIES: Elisabeth Malan

FOTO’S: Estelle Cronjé, Álet Erasmus, Ria Pretorius

UITLEG: Charel Bezuidenhout

Die Redaksie behou die reg voor om artikels af te keur, te redigeer of te verkort. Stuur enige bydraes asseblief aan alete@kleinfontein. net

Redaksioneel

'n Besonderse woord van dank aan Marisa Haasbroek wat die af-gelope paar jaar met haar kundigheid die Nuus vir die Kleinfon-teiner 'n lus vir die oog van elke leser gemaak het. Ook vir ons as redaksiespan was dit 'n verfrissende ervaring! Ons wens jou en jou gesin seën en voorspoed toe in die buiteland.....en sien vooruit na jul tuiskoms wan-neer die tyd reg is!

ierdie uitgawe gaan oor Kleinfontein se mense. In 1988 toe ek die eerste keer hier gekom het.....was dit net bome en veld. Daarna was „n

paar feesgeleenthede hier gehou wat ons met die woonwa kom uitkamp het. Vandag is dit 'n gemeenskap met wonings vir jonk en oud, mooi tuine, kinders by die CVO skool, kleinvee by die hoewes. Ons behoud in vandag se tyd is saamstaan, omgee en om dankie te sê vir ons hemelse Vader dat ons deel kan wees van Kleinfontein! „n Tyd gelede lees ek die volgende op „n sosiale mediablad ........woorde wat jy telkemale sien, deur Kleinfonteiners uitgeleef word. MOENIE MOED OPGEE NIE. As jy nie kan vlieg nie, hardloop. As jy nie kan hardloop nie, loop. As jy nie kan loop nie, kruip, maar moenie tot stilstand kom nie. Moet nooit daal nie, styg altyd. As jy nie kan lag nie, glimlag. As jy nie kan glimlag nie, wees dan ten minste bly. As jy nie kan bly wees nie, wees dan tog tevrede. Maar moet nooit moed opgee nie. STREEF ALTYD VORENTOE!

Page 3: Kleinfonteinnuus Maart 2015

NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER 3

CVO Kleinfontein woel reeds vroeg in die jaar!

Een, twee Drie

Een twee Drie! Waar is Marié?

Vier vyf ses, Sy leer haar les!

Sewe, agt, nege, tien! Môre kry sy tien uit tien!!

Bessie Kotzé

BLAFBOUTIQUE MOBIELE HONDESALON

Ons is hondeliefhebbers!

Ons mobiele eenheid sal jou hond by jou huis kom was en skeer.

* Gerieflike en professionele diens in die gemak van jou huis * Personeel opgelei deur die “Pet Groomers Guild of South Africa” * Jou hond ontvang individuele aandag in ‘n bekende omgewing * Geen lang wagtydperke in hokke nie * Ons is Afrikaans en ons werk self

Kontak ons vir ‘n aangename salonervaring by

0844142152 Of

[email protected]

CVO Kleinfontein se atlete het op 21 Februarie 2015 deelgeneem aan die streeksbyeenkoms by CVO Pretoria. Die atlete het be-sonder goed presteer en die meeste van hulle dring nou deur na die SA atletiek byeenkoms in Sasolburg op 20 Maart 2015.

Page 4: Kleinfonteinnuus Maart 2015

iewe Vriende, ek is gevra om „n oordenking vir hierdie blad te skryf. Ek doen dit graag. Wat hier volg is wel „n preek, maar nie my preek nie. Dit is „n preek van die Here Jesus self. Jy kan dit lees in Lukas 6:27 en daarop volgende verse. Sy woorde dra oneindig meer gewig as my powere pogings om iets van belang te sê of te skryf! Daarom van man tot man (vrou) gelowige tot mede gelowige, hierdie vriendelike, dog ernstige beroep op u. Lees die preek van Jesus met aandag en as dit nodig is meer as een keer, dink daaroor na; neem daaruit wat op jou van toepassing is; doen selfondersoek en handel daarvolgens.

Doen dit met „n gebed in die hart en op die lippe, sodat dit sal dien tot Sy eer en vir jou tot troos en saligheid en hou in gedagte met Wie jy te doen het. Hy is ondeurgrondelik goed en groot sonder end. (Ps 145). Moet asseblief nie my doel met hierdie „oordenking‟ met ander woorde my versoek, my beroep op jou hierbo, sonder meer in die wind slaan of ignoreer nie! Ter nagedagtenis, lees sommer ook 1 Kor 6:1-11. Mag die genade van onse Here Jesus Christus, die liefde van God die Vader en die gemeenskap van die Heilige Gees met elkeen van ons wees. Amen

Vir die instandhouding

van huisbedrading

Nuwe installasies en fout

-nasporing

Installasietoetsing vir die

uitreiking van sertifikate

BEN MOOLMAN

072 243 4297

012 802 1111

HO

OG

LAND

ELEK

TR

IES

Uitroepfooi: R100

Ons bou vir jou toekoms

Meer as 15 jaar ondervinding in residensiële konstruksie

DE WET CILLIERS

Tel (012) 940-0220

Sel 072-345-3086

Epos [email protected]

KLEINFONTEIN

BOUBESTUUR BK

Oordenking: Ds Lood vd Merwe—Gereformeerde Kerk

Page 5: Kleinfonteinnuus Maart 2015

NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER 5

Elsa se klavier. Op ons verhoog pryk „n

Yamaha vleuelklavier

met sy unieke bas

kwalitiet, spogproduk

uit Japan . Hierdie ou

grote staan in sy volle

ses voet g lor ie,

glimmend swart met

spierwit klawers op „n

sagte vilt mat. Twee en

veertig jaar gelede is hy

uit Japan ingevoer deur

„n klavierstemmer as

geskenk vir sy bruid. Maar die geskenk het nie by die

bestemde bruidjie uitgekom nie aangesien sy skielik tragies

oorlede is. So beland die klavier by „n ander geliefde, wie se

verloofde die klavier as „n verrassingstrougeskenk oorkoop

en aan sy bruidjie gee.Hierdie bruidjie woon vandag in Wag

„n Bietjie nommer agttien.Weliswaar ook nie meer so jonk nie

maar nog steeds met „n passie vir musiek. Dit is Elsa

Wolfaart. Sy het haar B.Mus graad en was „n toegewyde

musiekonderwyseres en orreliste . Die ou grote het oral met

haar saam getrek en wag nou hier op ons verhoog vir

iemand om hom weer te speel.

Nina se Klavier. Die regop Hoffmann klavier

wat onlangs in bruikleen in

die Kleinfontein Gemeen-

skapsaal beland het, is die

eiendom van Pieter en Rina

du Preez se kleindogter,

Nina Phillips.

Sedert Nina haar eerste

begrippe kon vorm en dit

was baie vroeg, het sy „n

voorliefde vir musiek getoon.

Toe sy drie jaar oud was, het sy die huidige klavier van

haar peetmoeder gekry. Op vyf begin sy met haar eerste

klavierlesse. Sy oefen met toewyding en passie , sodat sy

reeds op negejarige ouderdom „n uitvoering saam met die

Johannesburgse Simfonie-orkes gelewer het. Sedertdien het

sy opgetree in talle plaaslike, nasionale en internasionale

kompetisies en konserte, en alhoewel sy intussen ook „n

vleuelklavier gekry het, was hierdie klavier deurentyd haar

gunsteling oefenklavier.

Sy werk tans aan haar meestersgraad in musiek en

musiekuitvoering in New York en wanneer sy in die land is,

kom oefen sy op haar eie klavier in Kleinfontein Gemeen-

skapsaal.

Linda se Klavier

Die Danemann klavier het

ook „n rusplek in die saal kom

vind.Die eienaar van die

klavier is tannie Linda

Richardson van Dagbreek 39.

Linda het „n droom gehad en

dit was om klavier te speel.

As jong mens het sy by

vriende op hulle klavier gaan

oefen en dan haar klavierles

gaan neem. Dit het gewerk

totdat die Ouma in die huis

eendag terwyl sy geoefen het die radio kliphard aangesit het.

Linda het die boodskap gekry en so is die lesse ook gestaak.

Voor hul getroud is het haar aanstaande man beloof om vir

haar „n klavier te koop. Hulle is in 1949 getroud en elf jaar

daarna kon hy sy belofte gestand doen. Sy het weer begin

lesse neem, maar kon net nie vorder met die spelery nie. By

„n volgende musiekjuffrou het dit beter gegaan en sy het net

mooi op dreef gekom toe sterf haar man. Die klavier het weer

stil geword. Sy kon nie van die klavier afskeid neem nie en

het hom op negentigjarige leeftyd saamgebring Kleinfontein

toe. Die ouderdom het ook sy merk op die klavier gelaat en

sy note is ook nie meer wat dit was nie. Maar in sy vergane

glorie lê „n stuk nostalgie vol ou liefde, wel en wee.

Klaviere ............... elke noot vertel sy eie verhaal

Page 6: Kleinfonteinnuus Maart 2015

Genootskap vir die handhawing van Afrikaans is vanjaar 21 jaar oud. Afrikaans vier sy 90ste bestaansjaar as

amptelike taal. Sedert 1994 word Afrikaans van owerheidsweë op die agtergrond geskuif .

Die G H A het hom verbind om in verset te kom en as mondstuk vir die handhawing van Afrikaans op te tree. In 2002 hou

die GHA sy eerste gedigtekompetisie en is dit sedertdien vir 13 jaar aan die gang.

Jong skrywers en digters kry hier die geleentheid vir

skoling en ook vir plasing van hul gedigte.

Die GHA en Kleinfontein se Kultuur komitee het

gesorg dat Kleinfonteiners die voorreg kon geniet

om na voorlesings van diè gedigte te kon luister. Dit

was „n besondere geleentheid en het gelei tot die

voorneme om in Augustus tydens ons Taalaand „n

glansgeleentheid aan te bied met uitsoek voorlesers

om „n keur van hierdie gedigte voor te

lees.Voorwaar iets om na uit te sien!

Marietjie Fourie

Afrikaans ons soetste taal!

Johannes vd Berg, Karlien vd Merwe, Chris Els, Driekie Grobler, Jo Bleeker, Hennie Egen, Marie Senekal,

Voor: Mari v Biljon, Theresa Postma

Page 7: Kleinfonteinnuus Maart 2015

NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER 7

Page 8: Kleinfonteinnuus Maart 2015

•Solarligte huishoudelik en kampering • Quads en Bikes • Hekmotors • Batterye vanaf R310 • Onderdele

• Ruitveërs • Spesiale aanbieding op olie

• GUD filters

24 h Insleepdiens

tot 5 ton • Roelf

082 374 5279 • Raymond 072 038 0603

Roelf Kruger Motor-

herstelwerk T: 012 734 5002 T: 012 734 4025 F: 012 734 5104 S: 082 374 7281

E: [email protected]

Koppelaar oordoen Suspensie Alle groot herstelwerk Diagnostiese Diens: Shaun Kruger

TROK- EN TREKKERBANDE TEEN BEKOSTIGBARE PRYSE

“Towbars, Rollbars, Nudgebars, Sidesteps” Uitlaatstelsels, TJM, Ironman, Dobersons, Oldman, Monroe, Gabriel

Willard en Exide Batterye @ bekostigbare pryse

Bepalings en voorwaardes geld, pryse sluit BTW in Terwyl voorraad hou

Roelf Kruger Duik-

klop en spuitverf

T: 012 734 4091 F: 012 734 5104 S: 072 038 0603 rkpanelbeat@ roelfkrugergroep.co.za

Strukturele herstelwerk Voorruite Stamperherstelwerk Versekeringseise

Raymond Kruger

ROELF KRUGER GROEP RAYTON

Weeksdae van 07:00 tot 17:30 Saterdae van 07:00 tot 14:00

“ALL ROAD HAZARD” 155/80R13 R 510 165/80R13 R 560 175/70R13 R 590 175/65R14 R 630 185/60R14 R 750 185/65R14 R 700 185/65R15 R 890 195/65R15 R 870 205/55R16 R 950

4x4 BANDE 215R15 R 1200 245/75R15 R 1480 245/70R16 R 1480 265/65R17 R 2350

“STANDAARD WAARDE”

155/80R12 R600

165/65R13 R 540 165/60R14 R 620 195/70R14 R 830 195/50R15 R 650 195/60R15 R 700 205/45R16 R 890 205/40R17 R 740

LIGTE KOMMERSIEEL 195R14CV2000 R 950 205/75R14WSW R 1000 205/75R15WSW R 1240 195/70R15 R 950

Rayton BANDEKENNERS

Treurnichstraat 1026, Rayton, Tel: 012 734 5007 /34 082 922 2502

Page 9: Kleinfonteinnuus Maart 2015

NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER 9

In hierdie uitgawe kyk ons bietjie na die mense agter die instrumente!

Annetjie Coetzee

Ek het groot geword skoolgegaan en getrou op Witbank .

Ek het later verhuis en tot my aftrede in Kempton Park

gebly, waar ek my oudste seun in 1989 verloor het in „n

motorfiets ongeluk . In 2014 het ek „n aftree-oord oorweeg

en uiteindelik op Kleinfontein afgekom, waar ek tans heel gelukkig in Wag „n Bietjie woon.

As kind het ek vir twee jaar klavierlesse geneem en na my troue vir my „n trekklavier

gekoop, maar nooit waffers gespeel nie. Na sy dood het ek my seun se elektriese kitaar

gekry en op „n dag gevra dat Christo Wolmarans...bekende boeremusiek musikant.. vir my

die kitaar moet instel.Hy het toe ook vir my „n paar drukke op die baskitaar sowel as banjo

gewys..So het my loopbaan in Boeremusiek begin.

Christo het eers dat net „n paar dames saamspeel, later het ons ingeskryf by die Gulde en as „n damesorkes in die Paarl

2de plek verower. Mettertyd het die damesorkes opgebreek en het ek my by Christo se orkes gevoeg, waar ek nog steeds

speel wanneer nodig.

Op Kleinfontein het Daan Kruger my genader en speel ek tans in die Kleinfontein orkes. Na die heerlike Oujaarsdans

geleentheid hoop ek dat ons benewens ons optrede by KIA (Kleinfontein Inwoners Aksie) ook „n herfs en lente dans kan hou.

Johnny Mc Clintoc

Ek het opgegroei en skoolgegaan in Heidelberg Tvl. My naskoolse opleiding het ek by die

Pretoriase Tegniese Kollege asook by verskeie winter- en somerskole gekry . Ek was

ontwerper by die projekspan vir „n nuwe staalfabriek in New Castle en ek was by die

dorpsontwikkeling en uitbreiding aldaar betrokke. Vir „n kort tydjie het ek ook met vrugte

geboer, maar later van tyd „n lektor in wiskunde by Kollege Tzaneen geword asook

projekbestuurder. Ek het my ook as atletiekafrigter bekwaam.

Tans woon ek op „n hoewe in Kleinfontein waar ek Bestuurder van Werke is.

Ek het groot geword in „n huis met baie musiektalent met „n pa wat enige insrument kon

bespeel en my geleer het. Ek het ook formele opleiding in klasieke klaviermusiek ontvang

en is lief om my eie musiek te komponeer. Menige Saterdag het ons as familie musiek

gemaak tot dagbreek toe.

Ek is met Joeye getroud en ons deel die liefde vir musiek ........ en die liefde vir musiek is ook oorgedra na ons

kinders ...........ons dogter en seun bespeel ook verskeie musiekinstrumente.

Joeye Mc Clintoc

Ek het in Heidelberg grootgeword en skoolgegaan en daarna by dieTegniese Kollege in Pretoria „n sekretariële kursus

gevolg. Vir jare was ek „n skoolsekretaresse en het terselfdertyd met swemafrigting en musiek gehelp. Ek het my eie

swemskool bedryf en lesse in swem, lewensredding, water aerobiese oefening en waterterapie aan gestremdes gegee.

Klawers en Snare, trekklavier en banjo

= Kleinfontein Orkes

Page 10: Kleinfonteinnuus Maart 2015

Jy kan Nuus vir die Kleinfonteiner in

volkleur lees by

www.issuu.com.

Tik Kleinfontein

in die soekvenster en kies die uitgawe. Volg

ons ook op Facebook by Kleinfontein se

Afrikaners en op Twitter by @Kleinfontein-

KBK.

A FLAIR FOR HAIR Heleen Lizell

Rayton Village Sentrum no 10 Rayton Tel 012 734 4743

Materiaalwinkel

Hannetjie en Bets

(012) 734-4751

Winkel 8

Rayton Park Plaza

Koop of verkoop, ek loop die pad saam met u

Irene Groenewald EIENDOMME

083 228 8572

Mobiele salon beskikbaar

vir tuisbesoeke, ook op Saterdae

30 jaar ondervinding, ook van verswaktes

Baie bekostigbaar

Nuwe haarkapper

Anne Loggenberg

072 965

4133

Page 11: Kleinfonteinnuus Maart 2015

Wie Wie ry ry saam?saam?

Op soek na ’n saamrygeleentheid na Rayton, Pretoria winkelsentrums, hospitale, Gautreinstasie, skool of OR Tambo lughawe? Skakel Dan by 076 137 3637 en tref ’n reëling. Pryse billik, diens puik, bestuurder opgelei en gelisensieer vir openbare vervoer.

Ek het klavierlesse geneem tot matriek en my eksamens deur Unisa gedoen en

later het ek privaat musieklesse gegee vir kinders en volwassenes en sal dit nou ook

graag doen. As u belangstel kontak my by 0824664079.

Joeye sorg dat die klank van die orkes in harmonie bly!

Koos Erasmus

Koos het grootgeword in die Ermelo distrik. As kinders het my

pa vir ons mondfluitjies gekoop, vandaar ons belangstelling in

musiek. My pa het graag vertel hoe hy vervloë dae by „n

buitedeur moes staan en kitaar en mondfluitjie speel om asem te kry a.g.v. die stof soos die

mense op die misvloere gedans het. Self het ek nooit formele musiekopleiding gekry nie en

eintlik in die weermag regtig begin kitaar speel .Sedert 1966 het ek periodiek in boereorkeste

gespeel.

Ek woon in Kareepark in Kleinfontein waar ek tans in die Kleinfonteinorkes speel. Die orkes

groei en verbeter namate ons oefen en gewoond raak aan mekaar. My wens is dat die mense

die musiek wat ons aanbied sal geniet.

Daan Kruger

Ek het in Pretoria grootgeword, aan die Technikon studeer en by die poskantoor en

Stadsraad van Pretoria gewerk. In standerd vier het ek begin om mondfluitjie te speel en later

by my pa kitaar en viool leer speel. In die sestiger jare het ek saam met my twee broers „n

orkes begin, mettertyd het die orkes uitgebrei.

Ek het benewens die mondfluitjie, kitaar en viool ook die trekklavier, mandolien, klawerbord,

Boere en Engelse konsertina en penniefluitjie leer speel. Ek hou van ligte Afrikaanse musiek

asook Country en Engelse liedjies asook ligte klassieke musiek met mooi melodië.

Ek het my Engelse konsertina by Willie van Wyk (bekende konsertina bouer) van Kleinfontein

laat herstel .Hy het my oorreed om op Kleinfontein te kom woon. Sedert my aankoms was dit „n

droom om hier „n orkes tot stand te bring. In November 2014 het dit gerealiseer en kan ons nou

met trots vir Kleinfontein optree. Ons speel hoofsaaklik vir fondinsamelingsprojekte vir

Kleinfontein. Ek sal graag in die toekoms ook, soos met die oujaarsdans, dat die orkes „n

positiewe bydrae kan lewer.

Page 12: Kleinfonteinnuus Maart 2015

12 NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER

Page 13: Kleinfonteinnuus Maart 2015

NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER 13

Geloftefeeskomitee soek lede

Die Geloftefeeskomitee wil graag alle belangstellende volks-

genote uitnooi om die vergadering te kom bywoon op die 6de

Mei 2015 om 19:00 uur in die Raadsaal (Uit en Tuis Sentrum)

Ons benodig nog lede om te sorg dat daar „n volhoubare ken-

nis basis is wat kan sorg dat ons fees hier kan aanhou groei om ons Afrikaner kultuur met trots uit te dra.

Enige navrae kan gerig word aan Charel Bezuidenhout per e-pos by

[email protected]

Ons oudste inwoner, Tannie Berthie Cilliers, nou 101jr oud

Vlnr: Suster Maggie,

Petru Badenhorst (96jr) en

tannie Berthie Cilliers (101jr)

Haar kinders en kleinkinders

was die volgende dag by haar.

Haar seun het van Engeland af

gekom.

Anelia Botha, haar dogter

vanaf Hermanus.

Page 14: Kleinfonteinnuus Maart 2015

14 NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER

Carli Wilcocks het op 8

Februarie 2015 haar 21ste

verjaardag saam met

familie en vriende by Misty

Meadows (en die perde!)

gevier!

Oupa Carl het so „n bietjie

die sluier oor Carli se

afgelope 21 jaar gelig.

Haar pad was beslis nie met rose gesaai nie. Daar was

dikwels maar moeilike en swaar tye. Die trots en

dankbaarheid op hierdie oupa se gesig spreek egter

boekdele as hy meld dat hulle nie die swaarkry raaksien nie,

maar net die mooi dinge en wonderlike tye onthou. „n Mens

vra jouself af – hoe is dit moontlik? En dan hoor jy:

Carli se groot bydrae vervul „n belangrike rol. Te midde

van alles, bly Carli se persoonlikheid sprankel en dan

behou sy „n positiewe uitkyk op die lewe.

Sy is gretig om alles mee te maak en sy bly opgewonde

oor elke nuwe uitdaging. Haar eerste-skooldagfoto op die

agterblad van „n plaaslike streeknuus koerantjie, spreek

duidelik daarvan. „n Stralende, glimlaggende, opgewonde

klein gr 1 Carli, teenoor „n baie hartseer gr 1 knapie op die

voorblad.

Al is daar soms tye van saamhuil in die Wilcocks-

huishouding, is en bly Carli se humorsin baie spesiaal. Dus

word daar ook baie gelag – vir mekaar, en saam met

mekaar.

Carli is altyd hulpvaardig. Sy is veral gretig om haar ouma

met alles te help –selfs die koppie tee vir ouma se gaste.

D i e p r a g t i g e

verhouding wat sy met

haar boetie, Cyle, het,

is werklik noemens-

waardig. Een van

deernis, begrip, liefde

en beskerming!

Sy is baie lief vir

perde. Mens sal haar

gereeld nog by haar

perdrysessie kry, wat

sy dan ook met

oorgawe geniet.

Carli se deursettingsvermoë laat mens stom staan. Ten

spyte van haar fisiese gestremdheid het sy Majuba al

uitgeklim, sy het graad 4 blokfluit agter haar naam, het

teorie-eksamens 100% geslaag, meegedoen aan swem en

atletiek, en ook 2 balleteksamens geslaag!

Dis nog nie al nie. Sy is „n goeie raadgewer oor verskeie

aspekte. Veral as dit by „n geskenk vir haar ouma kom.

Carl bieg ruiterlik: “Hiermee is sy telkens in die kol!”

Kleinfontein-biblioteek se bibliotekaresse is uiters

dankbaar teenoor Carli wat haar help om van die biblioteek

se boeke op rekenaar te kry. Sy doen ook privaat tikwerk op

die rekenaar vir mense.

Sy het sedert die stigting van die APK gemeente

Kleinfontein, gereeld verbondsonderrig bygewoon en kon

met die besondere prestasie van nooit afwesig te wees nie,

ook belydenis van geloof aflê in die APKerk op Kleinfontein.

Sy is tans reeds vir 3 jaar verbondsonderrigvoorganger vir

die kleuters wat baie erg is oor hulle “juffrou Carli”.

Baie geluk Carli! Mag ons Hemelse Vader jou

dra en seën op jou pad vorentoe. Jy is pragtig en

is voorwaar „n inspirasie vir Kleinfontein se ge-

meenskap !

Verrassing van die dag: Carli vra geleentheid om

haar “spiets” aan die teenwoordiges voor te hou en

neem stelling in by die mikrofoon.

“Toe hierdie program opgestel is,

was ek nog minderjarig, maar

nou is ek vandag mondig en mag

ek seker ook nou „n „spiets‟ lewer

– soos oupa sal sê. Vandag is „n

baie spesiale dag in my lewe. As

ek so rondom my kyk, lyk alles so

asemrowend mooi. „n Dag wat

ek in my hart sal koester, solank

ek leef.

„n Hele paar mense het hard gewerk om hierdie dag

moontlik te maak. Maar daar is twee wat ek wil uitsonder:

MY OUPA EN OUMA!

„Dankie‟ is so „n klein, kort woordjie; tog vul dit my hele

hart vandag. Julle het geen moeite ontsien, om vandag so

ongelooflik spesiaal te maak nie. Baie dankie!!

Dankie dat julle jul lewe opoffer vir my. Soos Paulus, giet

Carli Wilcocks word 21

Page 15: Kleinfonteinnuus Maart 2015

NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER 15

julle julself as drankoffer uit. Nooit sal ek genoeg kan dankie

sê nie. Dankie vir julle algehele toewyding. Dankie vir al die

jare se versorging, ondersteuning en bemoediging. Waar

sou ek wees sonder julle? Ek is my lewe aan Oupa en Ouma

verskuldig. Julle is die beste en ek is baie lief vir julle. Ek

dank ons Hemelse Vader vir my Oupa en Ouma.”

Sy sluit toe af met „n spesiale versoek- „n Lied spesiaal vir

haar Ouma: “DANKIE LIEWE OUMA” gesing deur Nadine.

(Wie kan nou help as daar by so „n besondere mooi geleent-

heid „n traantjie weggepik moet word?)

Ria Pretorius

“Carli en haar Pappa wat hulle reeds in haar kleuterjare ontval het.”

“Gert en Tereza Myburgh (Carli se “Kleinfontein peetouers”), Boetie Cyle, Carli en haar Peetma, Rykie Louw, (Wat haar die dag uit Australie kom verras het!), Carli se oupa en ouma (Carl en Sylvia Wilcocks)”

“Carli en haar Ma, Venessa.”

Page 16: Kleinfonteinnuus Maart 2015
Page 17: Kleinfonteinnuus Maart 2015

NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER 17

eserskring het 28 Januarie vir die eerste keer hierdie jaar vergader. Die boek

“Die Begenadigdes” van Francine Rivers is deur Marietjie Fourie behandel.

Die boek handel oor die vyf vroue in Jesus se geslags-register volgens Josef se geslagslyn. Tamar, Ragab, Rut, Batseba en

Maria was gewone vroue wat deur God uitverkies was om die voorsate van Jesus te wees. God het hulle elkeen toegerus vir

die taak wat hul op aarde vir Hom moes verrig. So doen Hy dit vandag nog vir elke vrou wat Hy as moeder geroep het om Sy

kinders op te voed. Elke vrou kan met elkeen van hierdie vyf vroue identifiseer want haar taak is nie minder moeilik of minder

verantwoordelik nie. Die boek inspireer die leser en dwing jou terug na die Bybel.

Leserskring word elke laaste Woensdag van die maand om drie uur by Houtkapperlaan 2 gehou .

Leserskring

Die nuwe ontvangsdame met die groen oë en mooi kuiltjies is Amelia Terblanche. Sy is

getroud met Danie Terblanche wat by Wipronet werk en hulle het twee pragtige

seuntjies J P (8) en Vian (4) wat in Kleinfontein CVO is en hulle woon in Dagbreekpark

10 .

Met haar vriendelikheid en hulpvaardigheid is sy „n ware staatmaker in KBK Ontvangs.

Ons hoop sy en Danie deel nog vele vreugdes hier saam met ons op Kleinfontein.

Marietjie Fourie.

Ina was in Patryssingel woonagtig . Sy was 81 toe sy ons op 24 Januarie ontval het. Mens kon

haar altyd deur „n ring trek en die laggie was byderhand.

Sy was „n sagte dierbare mens wat haar swaarkry moedig gedra het.

Mooi van binne en van buite . Die kinders praat van haar “sagte wysheid en stil liefde” .

Wat „n mooi nalatenskap! Aan Fiona sterkte vir die pad vorentoe !

Ons dink aan julle !

Ons “nuwe” ontvangsdame Amelia Terblanche

Bärbel en Andries woon in Patrys singel.

Hulle het geboer op die plaas Zoetfontein in die Bylsteel omgewing ,

Noord van Pietersburg. Bärbel was „n onderwyseres maar het na hulle

huwelik, op die plaas met die beesboerdery gehelp. Sy is baie lief vir tuin-

maak.

Andries het tydens al sy jare in die boerdery ook vyf en twintig jaar as

bemarkingsbeampte by Vleissentraal gewerk. Hy sê hy verstaan nie eint-

lik baie van tuinmakery nie. In sy vrye tyd sit hy liewer sy hand op pa-

pier. Partykeer met kwassies en soms met „n pen.

Hulle sê hulle behoort by Kersfees klaar af- en uitgepak te wees waarna hulle dan weer sal begin aandag gee aan hulle

tydverdryf hier op Kleinfontein.

Ontmoet vir Bärbel en Andries Smit.

Ter nagedagtenis aan Ina Bird

Page 18: Kleinfonteinnuus Maart 2015

Sorgsentrum bied ‘n opleidingskursus vir gesondheidswerkers aan. Dit is nie ‘n geakkrediteerde kursus nie en kan dus

nie vir verdere opleiding gebruik word nie. Die nut van die kursus is daarin geleë dat persone wat hierdie kursus doen in die

Sorgsentrum kan werk indien daar vakante poste is. Verder kan hierdie studente ook tuisversorging in Kleinfontein se

gemeenskap doen.

Wanneer vind die kursus plaas?...... Elke Donderdag in Februarie en Maart 2015,

met aanvang op 5 Februarie en afsluiting op 26 Maart.

Praktiese opleiding sal op ander dae gereël word.

Tye: Vanaf 8:00 tot 13:00

Plek Wipronet raadsaal.

Koste: R1,500.00 per persoon.

Eksamen word in April afgeneem

08h00— 17h00

08h00— 14h00

Veeartsenykundige Spreekkamers

Veterinary Consulting Rooms

Donkerhoek Konsultasies alleenlik op afspraak Consultations by appointment only

072 974 4914 Prof C.M.E. McCrindle BVSc (Hons) PhD (Vet Eth) (Pret)

Veeartswinkel Vetshop

Besigheidsure / Business Hours

Maandag — Vrydag Monday — Friday

Saterdag Saturday

Jan Ellis Winkelsentrum

Johan Nel staan aan die spits

van die Kleinfontein Maatskaplike

aksie.

Die maatskaplike diens is vir

elkeen in Kleinfontein beskikbaar.

Neem vrymoedigheid en meld

enige onreëlmatighede wat u

opmerk aan.

Die maatskaplike span tesame

met die maatskaplike werkers

neem elke saak op en hanteer dit

in sover moontlik.

Hul maak op u ondersteuning

staat sodat hul hulp kan verleen en

lyding kan verlig sover moontlik.

Word deel van die omgeegroep

op Kleinfontein .

Leraar Johan Nel 0791009255

Epos:[email protected]

Dames met lampies

Kleinfontein

Maatskaplike

werk

Serah Kruger, Hester vd Zandt, Petro Visser,

Charmaine Venter, Nellie Burls,

Suster Myra vd Merwe, Suster Maggy Everleigh, Nikki Scheepers

Page 19: Kleinfonteinnuus Maart 2015

BELANGRIKE SPERDATUMS

MRT 2015/ APR 2015

* 06/ 03/ 2015 - EMP201 VIR 2015/ 02

* 25/ 03/ 2015 - BTW VIR 2015/ 02

* 31/ 03/ 2015 - BTW VIR 2015/ 02 (e-f)

* 31/ 03/ 2015 - Opgawe van verdienste

* 07/ 04/ 2015 - EMP201 VIR 2015/ 03

* 24/ 04/ 2015 - BTW VIR 2015/ 03

* 30/ 04/ 2015 - BTW VIR 2015/ 03 (e-f)

* Mpy Jaarverslag

Page 20: Kleinfonteinnuus Maart 2015

KLEINFONTEIN VERHURING

Skakel ons as u eiendom wil huur of verhuur.

Ons telefoonnommer is

082 815 7382 of 012 940 4220.

Vonkpos: [email protected]

Faks 086 693 1380

Marius en Miempie Bosch

is tot u diens hier op

Kleinfontein Ons waardeer elkeen wat ons

ondernemings in die Uit en Tuis Sentrum ondersteun.

Met al die nuwe kuierplekkies in die omgewing kry

Kleinfontein se besighede redelik swaar.

Stop gerus eers by ons voor julle buite Kleinfontein

gaan kuier en hoor en sien waarmee ons kan help.

Die Koöperasie se sitkamer is beskikbaar vir klein

funksies, doen gerus navraag in die verband.

Trish – 076 845 1837

Ons maak snoepborde en elke Saterdag is daar iets

spesiaals beskikbaar.

U kan ook deesdae met u bankkaart betaal.

Koöperasie groete

Page 21: Kleinfonteinnuus Maart 2015

vleismark is weer in werking! Gehalte netjies verpakte, gevriesde vleissnitte met die Super Servings

handelsnaam is beskikbaar teen bekostigbare pryse by die Uit & Tuis Vleismark.

Teken asseblief ook die besoekersboek sodat u kennis gegee kan word wanneer daar spesiale aanbiedings is. Kyk ook op

hul facebookblad vir opgedateerde inligting.

En na die openingsdag op 14 Februarie, ............. „n groot dankie aan almal wat die Vleismark reeds ondersteun en in

besonder die openingsdag kom saamkuier het. Daar was gedurende die dag ook „n lekker bederf verrassing toe tannie Bets

Foley nadat hulle vroeg die oggend kom vleis koop het, terug-gekeer het met twee borde varsgebakte botterbroodjies.

Dit is mos nou boere bederf soos die Kleinfonteiners kan doen!

kom van Mooiplaas hier in ons omgewing en Renè van Pretoria-Noord.

Hulle woon op hoewe no 21, Kleinfontein. Fanie is „n ketelmaker en is by die Munt in Verwoerdburg werksaam.

Hulle is op 8 Maart 2014 op die hoewe getroud. Renè is „n kranige kok en was by spysenering betrokke en haar ander

liefde is die skilder van voëls in die omgewing.

Hulle vind die omgewing en plaas-

lewe heerlik rustig en sy het begin met

haar eerste paar skapies vir haar

boerdery!

Hul bevind hul tussen baie aan-

gename bure en vriende.

Marietjie Fourie

UIT & TUIS VLEISMARK

Ontmoet Fanie en Renè Oosthuizen

Page 22: Kleinfonteinnuus Maart 2015

Oop Maandae tot Vrydae

07:00 tot 19:00

Saterdae

08:00 tot 18:00

Melk, kaas, brood, koerante,

tydskrifte, koeldrank, vrugtesap,

roomys, pasteie, vleis, biltong,

droëwors, ys, lekkergoed,

koekies, beskuit, batterye,

kruideniersware, elektriese ware

en benodigdhede, sigarette,

medisinale middels,

skoonmaakmiddels,

braaibenodigdhede en nog baie

meer.

“Baie dankie aan almal wat ons so

getrou ondersteun. Hoe meer u by

ons koop hoe meer kan ons u bied.

Mandjie vir mandjie vergelyk ons

goed met groter winkels. En onthou ons spaar u brandstof en tyd.” Deon van der Westhuizen

KLEINFONTEIN MINIMARK

Van ons

mense,

vir ons

mense

Uit en Tuis Winkelsentrum Tel 012 940 0059

Onder nuwe bestuur

Page 23: Kleinfonteinnuus Maart 2015

Uit Álet se Kleinfonteinkombuis: Broccolislaai

BESTANDDELE: 1 kop broccoli fyn opgesny

(omtrent 400g)

1 ui fyn gesny

1 koppie mayonnaise

¼ koppie suiker ( opsioneel)

1 E suurlemoensap

250g spekvleis fyn gesny en

gebraai

1 koppie sonneblomsaad

¼ koppie sultanas

Metode: Meng die broccoli, ui,

mayonnaise suiker en

suurlemoensap.

Plaas in yskas vir minstens 1 uur

Voeg die res van die

bestanddele by.

Wanneer daar weer ‘n Pik en Proe geselligheid by

KIA is, maak seker dat u van hierdie heerlike slaai

‘n skeppie in u bord kry!

anneer ons ‘n Pik en Proe geleentheid by

KIA hou, kom daar die interessantste

geregte op die tafel te lande! So het dit

gebeur dat daar al verskeie keer ‘n heerlike

Broccolislaai in ‘n mooi keramiekbak op die

opskeptafel beland. Elke keer wonder

almal ............... wie het die heerlike slaai gemaak?

Tydens die Januarie byeenkoms het die uwe die

eienaar van die slaai uitgesnuffel .... en die resep

met haar goedkeuring gekry om in hierdie uitgawe

te plaas.

Baie dankie Tannie Elisabeth Malan!

Page 24: Kleinfonteinnuus Maart 2015