8
NG LYNNWOOD www.nglynnwood.co.za Vierde kwartaal 2010 KLEIN KRONIEK 1 Die leraars en personeel wens u almal ’n geseënde Feesgety toe! Die annersgeit van kersfees Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood Kersfees was nog selde wat mense wou gehad het dit moes wees. Miskien omdat ons oor die hoe, waar en wat daarvan nie almal dieselfde voel nie. ’n Annersgeit so oud soos kersfees self. Vir die vroeë christene was Sondag en paasfees die enigste feesdae op hul jaarkalender. Dis eers in die tyd van keiser Konstantyn die Grote wat christelike feesdae al meer ’n inding geraak het. Hy het opdrag gegee dat daar op al die plekke kerke gebou moes word, wat ’n belangrike rol gespeel het in die tyd toe Jesus op aarde was. Sy ma Helena het ’n kerkie in 333 nC laat bou bo die grot wat deur oorlewering uitgewys is as die plek waar Jesus gebore is. Die kerkie is die oudste van sy soort en jaarliks stroom derduisende mense daarheen om iets te ervaar van waar kersfees dalk begin het. Of dit presies daar was, weet niemand nie, want vir die vroeë christene was Jesus se sterfrede belangriker as waar en wanneer Hy gebore is. Netso is daar ook nie klaarheid oor wanneer die eerste kersfeesdatum was waarop ons jaartelling bereken is nie. Pous Johannes I gee opdrag aan Dionysius Exiguus, ’n wetenskaplike, om die paasdatums vir 527 – 626 nC te bepaal. Hy bereken toe dat Jesus se geboortedatum 754 na die stigting van Rome was (vroeëre jaartelling) en so begin die jaartelling van vC en nC se geboorte, maar sy berekening was so met 6 / 7 jaar uit. Ons lewe dus eintlik nou in die jaar 2016 / 17. Die oudste geskrewe bewyse van kersfees op 25 Desember kry ’n mens eers in die jaar 335 nC deur ene Philocalus. Daar’s verskillende teorieë hieroor... onder andere dat dit ’n poging van die vroeë christene was om kersfees op 25 Desember te vier in plaas van die heidense fees op die dag ter ere van die onoorwonne songod Midras (ingestel deur Aurelius 274 nC ). Of in plaas van die ou Germane se feesdag op die dag oor die terugkom van die son na die winter. Dit kan ook wees dat hulle kersfees begin vier het as plaasvervanger van die Joodse Hannukah-fees in die middel van Desember ter viering van Judas Maccabeus se oorwinnning oor Grieke 164 vC (boek Daniël). Of dit 25 Desember moet wees, maak eintlik nie saak nie, want na alle waarskynlikheid is Jesus in die noordelike halfrond se somerseisoen gebore, iewers tussen Junie en Augustus. Daar’s nog baie annergeite oor die hoe, waar en wat van kersfees... miskien moet ek jou hierdie storietjie vertel wat ek iewers gelees het... oor wat die belangrikste van alles is. Daar word vertel van ’n man wat sy passie vir kuns van kleinsaf met sy enigste seun gedeel het. Hul het oor jare ’n versameling van die beroemde kuns- tenaars soos oa Picasso en Van Gogh se kuns- werke versamel. Van die duurste skildery wat kunsmuseums laat kwyl, het hul hele huis vol gehang. Toe breek daar ’n oorlog uit en die ou oom se seun word vir militêre diens opgeroep. ’n Paar weke later kry die oom ’n telegram dat sy seun gesneuwel het. Dit het sy hart gebreek en daarmee saam ook sy passie vir enige verdere kunswerkversameling. Op kersdag is daar ’n klop aan sy deur. Toe hy oopmaak staan daar ’n soldaat ... jou seun het my lewe gered, oom en ek het gekom om vir jou iets van hom te bring. Hy gee toe vir die oom ’n skildery wat hy van sy seun gemaak het. Die oom was so bly dat hy die skildery daar bokant die kaggel tussen al die mil- joene rande se kunswerke gehang het asof dit sy heel waardevolste skildery was. ’n Jaar later is die oom oorlede. Die kunswêreld het met groot afwagting gesit en wag vir die veiling van die oom se kunsversameling. Volgens sy testament moes die veiling op kersdag plaasvind, die dag toe hy sy waardevolste skildery gekry het. Kuns- versamelaars en kunsmuseum mense het van oral oor die wêreld gekom om van die oom se waardevolle kunswerke op te koop. Die veiling het begin met ’n skildery wat op niemand se versamellys was nie. Die skildery wat die onbe- kende soldaat van sy seun gemaak het. Die af- slaer het vir ’n bod op die skildery gevra... maar niemand het gereageer nie. Wie wil my R 100 hiervoor gee. Almal het stilgebly. Uiteindelik sê een van die versamelaars, niemand stel belang in die skildery van die ou oom se seun nie, dis niks werd nie, begin met die kunswerke van die manne van naam... dis tog waarvoor ons gekom het. Nee, ek kan nie, die testament sê ek moet eers hierdie skildery verkoop... so, wie wil die seun koop. Die ou oom se buurman wat daar rondgestaan het, sê toe... wel, ek het net R 10, ek het die seun baie goed geken... as niemand dit wil hê nie, sal ek dit koop. So koop die buurman die skildery van die ou oom se seun en almal klap hande omdat die buurman dit gedoen het waarvoor niemand kans gesien het nie... almal het toe reggeskuif vir die eintlike veiling om te begin. Julle kan maar huistoe gaan, sê die afslaer, die veiling is verby. Maar dit kan nie wees nie... want daar is miljoene rande se kuns- werke wat nog nie een van opgeveil is nie. Ek weet, sê die afslaer, maar die oom se testament sê, wie ookal die seun koop, kry die res van die kunsversameling daarmee saam. As Jesus se kersfees nie in jou gebeur nie, beteken al die annersgeite van kersfees daar- buite in elk geval niks nie. Geseënde kersfees ! Johann Voges

Kleinkroniek 4de Kwartaal

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Kleinkroniek 4de Kwartaal

Citation preview

Page 1: Kleinkroniek 4de Kwartaal

NG LYNNWOODwww.nglynnwood.co.za

Vierde kwartaal 2010

KLEINKRONIEK

1

Die leraars en personeel wens u almal ’n geseënde Feesgety toe!

Die annersgeit van kersfees

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood

Kersfees was nog selde wat mense wou gehad het dit moes wees. Miskien omdat ons oor die hoe, waar en wat daarvan nie almal dieselfde voel nie. ’n Annersgeit so oud soos kersfees self.

Vir die vroeë christene was Sondag en paasfees die enigste feesdae op hul jaarkalender. Dis eers in die tyd van keiser Konstantyn die Grote wat christelike feesdae al meer ’n inding geraak het. Hy het opdrag gegee dat daar op al die plekke kerke gebou moes word, wat ’n belangrike rol gespeel het in die tyd toe Jesus op aarde was. Sy ma Helena het ’n kerkie in 333nC laat bou bo die grot wat deur oorlewering uitgewys is as die plek waar Jesus gebore is. Die kerkie is die oudste van sy soort en jaarliks stroom derduisende mense daar heen om iets te ervaar van waar kersfees dalk begin het.

Of dit presies daar was, weet niemand nie, want vir die vroeë christene was Jesus se sterfrede belangriker as waar en wanneer Hy gebore is. Netso is daar ook nie klaarheid oor wanneer die eerste kersfeesdatum was waarop ons jaartelling bereken is nie. Pous Johannes I gee opdrag aan Dionysius Exiguus, ’n wetenskaplike, om die paasdatums vir 527 – 626nC te bepaal. Hy bereken toe dat Jesus se geboortedatum 754 na die stigting van Rome was (vroeëre jaartelling) en so begin die jaartelling van vC en nC se geboorte, maar sy berekening was so met 6 / 7 jaar uit. Ons lewe dus eintlik nou in die jaar 2016 / 17.

Die oudste geskrewe bewyse van kersfees op 25 Desember kry ’n mens eers in die jaar 335nC deur ene Philocalus. Daar’s verskillende teorieë hieroor... onder andere dat dit ’n poging van die vroeë christene was om kersfees op 25 Desember te vier in plaas van die heidense fees op die dag ter ere van die onoorwonne songod Midras (ingestel deur Aurelius 274 nC). Of in plaas van die ou Germane se feesdag op die dag oor die terugkom van die son na die winter. Dit kan ook wees dat hulle kersfees begin vier het as plaasvervanger van die Joodse Hannukah-fees in die middel van

Desember ter viering van Judas Maccabeus se oorwinnning oor Grieke 164vC (boek Daniël). Of dit 25 Desember moet wees, maak eintlik nie saak nie, want na alle waarskynlikheid is Jesus in die noordelike halfrond se somerseisoen gebore, iewers tussen Junie en Augustus.

Daar’s nog baie annergeite oor die hoe, waar en wat van kersfees... miskien moet ek jou hierdie storietjie vertel wat ek iewers gelees het... oor wat die belangrikste van alles is. Daar word vertel van ’n man wat sy passie vir kuns van kleinsaf met sy enigste seun ge deel het. Hul het oor jare ’n ver sameling van die be roemde kuns -tenaars soos oa Picasso en Van Gogh se kuns-werke versamel. Van die duurste skildery wat kuns museums laat kwyl, het hul hele huis vol gehang. Toe breek daar ’n oorlog uit en die ou oom se seun word vir militêre diens op ge roep. ’n Paar weke later kry die oom ’n telegram dat sy seun gesneuwel het. Dit het sy hart gebreek en daar mee saam ook sy passie vir enige verdere kuns werk ver same ling. Op kersdag is daar ’n klop aan sy deur. Toe hy oopmaak staan daar ’n sol daat ... jou seun het my lewe gered, oom en ek het gekom om vir jou iets van hom te bring. Hy gee toe vir die oom ’n skildery wat hy van sy seun ge maak het. Die oom was so bly dat hy die

skildery daar bokant die kag gel tussen al die mil-joene rande se kuns werke gehang het asof dit sy heel waarde volste skildery was. ’n Jaar later is die oom oor lede. Die kuns wêreld het met groot af wagting ge sit en wag vir die veiling van die oom se kuns ver sameling. Vol gens sy testament moes die veiling op kersdag plaas vind, die dag toe hy sy waardevolste skil dery gekry het. Kuns-ver same laars en kuns museum mense het van oral oor die wêreld ge kom om van die oom se waardevolle kuns werke op te koop. Die veiling het begin met ’n skildery wat op niemand se ver samellys was nie. Die skildery wat die on be-kende soldaat van sy seun gemaak het. Die af-slaer het vir ’n bod op die skildery gevra... maar niemand het gereageer nie. Wie wil my R100 hiervoor gee. Almal het stilgebly. Uit eindelik sê een van die ver same laars, niemand stel belang in die skil dery van die ou oom se seun nie, dis niks werd nie, begin met die kunswerke van die man ne van naam... dis tog waarvoor ons gekom het. Nee, ek kan nie, die testament sê ek moet eers hierdie skildery ver koop... so, wie wil die seun koop. Die ou oom se buurman wat daar rond ge staan het, sê toe... wel, ek het net R10, ek het die seun baie goed geken... as niemand dit wil hê nie, sal ek dit koop. So koop die buur man die skildery van die ou oom se seun en almal klap hande omdat die buurman dit gedoen het waar voor niemand kans gesien het nie... almal het toe reg ge skuif vir die eintlike veiling om te be gin. Julle kan maar huis toe gaan, sê die afslaer, die veiling is verby. Maar dit kan nie wees nie... want daar is miljoene rande se kuns-werke wat nog nie een van opgeveil is nie. Ek weet, sê die afslaer, maar die oom se testa ment sê, wie ookal die seun koop, kry die res van die kuns versameling daar mee saam.

As Jesus se kersfees nie in jou gebeur nie, beteken al die annersgeite van kersfees daar-buite in elk geval niks nie.

Geseënde kersfees !

Johann Voges

Page 2: Kleinkroniek 4de Kwartaal

2

RedaksioneelSoms moet jy iets verloor voordat jy besef hoe baie dit vir jou beteken het. Gewoonlik voel mens dan skuldig omdat jy dit nie genoeg waardeer het nie. Gelukkig hoef mens nie altyd iets te verloor voordat jy die waarde daarvan besef nie. Soms moet mens net tyd maak en met sensitiwiteit na alles in jou lewe kyk. Jy sal verras word met al die gawes wat jy elke dag ontvang.

Die Dankie-muur by die ingang van die kerk vertel die verhale van mense wat opnuut besef het dat God se gawes oorvloedig en veelkleurig is. Daar is lidmate wat dankie sê vir God self, genade, om kind van God te kan wees, vryheid, geliefdes, maats, hulp in swaarkry, troeteldiere, die gemeente en so baie ander dinge. Die bekers loop oor.

Ek is veral getref deur dié koevert van iemand wat besef het dat die gemeente ook ’n spesiale geskenk van God is (sien hieronder). Die afgelope jaar het daar so baie wonderlike dinge in die gemeente gebeur. Dink vir ’n oomblik wat die gemeente vir soveel mense beteken. Elke Sondag word amper ’n duisend mense toegerus vir die week wat kom. Hierdie groot werksmag het ’n groot impak op gesinne, werksplekke, sportvelde, vriendekringe, die media, werknemers en skole.

Dis waaroor gemeente-wees eintlik gaan: 24/7 Christen-wees! Ons visie in Lynnwood is om transformasie in ons lewens en gemeenskappe te bewerkstellig. Dit beteken groei en vernuwing, elke dag.

Mag die rustyd en Kerstyd ’n tyd vol dankbaarheid wees!

Immanuel van Tonder

Lynnwood-gemeente sê “Dankie”

Briewe

Page 3: Kleinkroniek 4de Kwartaal

3

PRISMA WATERl Gesuiwerde minerale water!

l GEEN bakterieë, swaar metale, hormone, skadelike chemikalieë!

l Bring jou eie houers en hervul vir net 70c per liter!

l Suiweraars en filters ook te koop

l Gebottelde water ook beskikbaar teen goeie pryse: 500ml @ R 3-00 elk 5 Liter @ R 9-00 elk 10 Liter(met kraantjie) @ R 120-00 elk 25 Liter(met kraantjie) @ R 140-00 elk

l Ys, gemaak van die gesuiwerde water! @ R 6-00 per pak

Joan Kriek Lynnburnstraat 69, Lynnwood Manor

012 365-2590 [email protected]

Mens weet nooit hoe gestres of op jou senuwees jy is, tot al die spanning jou lyf verlaat nie. Dit is wat die naweek van die gesinskamp met my gebeur het. Ek en my familie, saam met twee vriende, het Vrydagmiddag weggetrek in ons twee karre. Ons het die kamp bereik en ek kon nie glo hoe pragtig dit was nie.

Daar was so baie bome. Daar was bome, waarvan die blare eenkant donker was en die anderkant lig. Toe dié bome se blare in die wind waai, het dit gelyk asof daar duisende voëls in die bome se takke sit. Die dam was koel en donker, maar het geskitter in die warm sonlig. Daar was verkriklik baie paddas, wat almal gefasineer het en die lekkerste swembaddens wat ek in ’n lang ruk gesien het.

Dit het my laat dink hoe goed ons Hemelse Vader eintlik vir ons sorg.

Die paar sessies wat ons gehad het, waar ons almal as gesinne uit die Bybel gelees het en daaroor gesels het, het vir almal een of ander iets beteken.

Die heel laaste aand het ons in ’n kring van kerse gaan staan en sing. Ek kon sommer voel hoe die rustigheid oor almal daal en ek het geweet, sonder twyfel, dat God daar sou wees vir my.

Die volgende oggend het ons almal saam lekker ontbyt geëet en daarna was ons oppad. Ek was teleurgestel dat dit so vinnig verby was, maar tog gelukkig dat ek weer opnuut God se liefde kon voel.

Die naweek van die gemeentekamp was werklik iets besonders.

Karla Crous

Lesse by die Gemeentekamp

Eredienste gedurende die vakansie:12 Desember 2010 (3e Advent):09:00 Erediens (kerk) Immanuel van Tonder 18:30 Aanddiens (kerk) Zander van der Westhuizen

16 Desember 2010 – Versoeningsdag::Geen erediens. U word uitgenooi om die diens om 08:00 by Universiteitsoord by te woon.

19 Desember 2010 (4e Advent):09:00 Erediens (kerk) Johann Voges 18:30 Aanddiens (kerk) Quintus Smit

25 Desember 2010 – Kersfees:07:30 en 09:00 Kersdiens (kerk) Johann Voges

26 Desember 2010:09:00 Erediens (kerk) Johann Voges

31 Desember 2010 – Oujaarsdag:18:30 Oujaarsdiens (kerk) Immanuel van Tonder

2 Januarie 2011:09:00 Erediens (kerk) Immanuel van Tonder09:00 Erediens (Lynnwood-Oord) (nagmaal) Johan Jooste18:30 Aanddiens (kerk) Johann Voges

9 Januarie 2011:09:00 Erediens (kerk) Johann Voges18:30 Aanddiens (kerk) Immanuel van Tonder

Boomsloping en snoei van bome en struike. Kontak Ernst 083 656 4992

Kry die perfekte kersgeskenk teen R20: 2009 of 2010 Digbundel!

Beskikbaar by die kerkkantoor

Page 4: Kleinkroniek 4de Kwartaal

4

Emmaus toe en terugEk was een oggend besig om tamaties in Moreleta Spar te koop toe Zander my bel oor die hersienning van Lynnwood se kommunikasiebeleid. Hy wou gehad het dat ek op die ad hoc-komitee dien vir hierdie hersiening, maar dit was ook in hierdie gesprek wat ek die eerste keer van hom en Leon se beplande musical gehoor het. Dit was dadelik asof iets my besit het - tamaties skoon vergete - kon myself net nie help nie, ek moes net deel daarvan wees! So het ons begin vergader, bid en beplan en toe ons ons oë uitvee is 22 Oktober op ons en die vertoning speel voor ons af met elke kaartjie uitverkoop.

Daardie eerste Vrydagaand was vir my een van die heiligste, mees indrukwekkende ondervindings van my lewe. Iets in daardie vertoning het oorgeneem en ons was net die instrumente. Die stel, die props, die ligte, die dimmer pack, die klank, die akteurs, die grimering, die kostuums, die musiek, die band, die gehoor. Alles het op maniere bymekaargekom wat buite ons bereik en beheer was. ’n Opus.

Terug op aarde is daar die laaste paar jaar iets wat my pla. Ek wonder of die kerk werklik anders is as die wêreld. Verneuk en verniel ons mekaar nie somtyds ook soos wat dit daar buite gebeur nie? Kan ons met reg sê dat die kerk ’n stukkie van God se koninkryk op aarde is? Ek het al ’n hele paar ondervindinge gehad wat my laat glo het dat die antwoord op hierdie vraag ’nee’ moet wees. My ondervinding as deel van die Emmaus-produksiespan was egter nie een van hierdie ervaringe nie.

Op ons eerste produksievergadering, nadat ons ’n uur lank gepraat het oor groot stelle, groot bemarking en groot klank (m.a.w. groot geld en vrek baie werk) en letterlik uit ons nate begin bars het van opgewondenheid, het Johan Marais iets gesê wat my bybly. Hy het opgemerk dat nêrens in die vergadering het enigiemand gesê ons kan dit nie doen nie. Almal het maar net aangegaan in hierdie eerste sessie asof die vraag rondom die sukses van hierdie verhoogstuk nie eers ’n kwessie was nie. Ons het later natuurlik besef hoe laf ons was (soos om ekstra ligte en projektors uit die hemelhoë kerkdak te wou fly) maar in hierdie oomblik was enigiets moontlik. Nou kyk, hierdie houding dui gewoonlik op een van twee goed – óf geloof óf arrogansie. In die konteks van hierdie ondervinding dink ek dit was eerder geloof.

Die getuienis van die Emmaus-span se mal geloof is, gelukkig, nie die enigste positiewe antwoord op my kommerstuk nie. Ek werk op ’n plek waar mense mekaar, wel, nie aldag so goed behandel nie – om nou eufemisties te wees. Die Emmaus span het nou wel ’n sak ot twee sout saam opgeëet, maar die gees was heeltemal anders as wat ek al op ander plekke beleef het. Almal het mekaar spasie gegee om hulle ding te doen. Almal het mekaar vertrou. Elkeen het sy eie unieke talent gebring en geoffer. Sagmoedigheid en tyd om te luister na mekaar se idees was aan die orde van die dag.

Hierdie tipe van vibe in so ’n intense en waansinnige opset waar akteurs tonele en liedjies moet oefen, waar die band songs moet deurgaan, waar klank uitgesorteer moet word en waar ’n stel gebou moet word is baie naby aan ’n wonderwerk. Natuurlik was daar misverstande en verskille. Ons is maar net mense. So ’n klomp kunstenaars op een plek is ’n broeikas vir creative differences. Maar dit was die manier waarop hierdie misverstande en verskille hanteer is wat my getref het. In liefde. In genade. In vriendskap en met begrip. Vir die eerste keer in ’n lang tyd het ek by myself gedink: Dís hoe kerk moet wees.

Die musical se boodskap is dat ons moet ontdek dat ons op reis met die opgestaande Christus is en dat ons dit partykeer nie eers weet nie. Nou dat ek Emmaus toe en terug was, is die boodskap vir my dat ons op reis met mekaar is, al besef ons dit nie eers nie.

Leandra Koenig-Visagie

Page 5: Kleinkroniek 4de Kwartaal

5

Potjiekos-ete17 Oktober Die gemeente se potjiekos-ete het hierdie jaar op Sondag 17 Oktober plaasgevind.

Potjie-makers het van vroegdag af by die kerk begin met voorbereiding van die ongeveer 20 potjies. ’n Verskeidenheid van disse het deur die loop van die oggend begin vorm aanneem onder die wakende oë van ervare en aspirant kokke. Skaapskenkel, beesstert, kerriehoender, bees, vark, ribbetjies en Willem se bekende biltongpot – ja, iets van alles het onder die deksels geprut.

Zander en Valize het hulle besige Emmaus voor-bereiding onderbreek om rustig ’n potjie te kom maak. Nuwe Generasie se hoërskool dissipelskapgroep het ook kom saamkuier om hulle eie pot.

Na die oggenddiens het die gaste begin aankom en hulle tuisgemaak by die tafels buite in die vierkant en andere, insluitende ’n klompie van Lynnwood Oord se inwoners, het in Koinonia saamgekuier. Teen een-uur was die kos gereed en kon die ongeveer 200 gaste naderstaan om te smul aan die verskeidenheid. Na ’n heerlike maaltyd wat met koffie en soetgoed afgesluit is, was die kuier teen 3-uur iets van die verlede.

Baie dankie aan elkeen wat gehelp het om van die saamkuier ’n heerlike sukses te maak.

Johann Doms

Kotie van der Walt, ’n lidmaat van ons gemeente, het hierdie versoek aan die Here gerig, lees verder wat Kotie vertel:

Met 24/7 Christen-wees in my agterkop het ek skuldig begin voel omdat ek vanweë my werks-omstandighede nie by die werksaamhede van die susters van Lynnwood-gemeente betrokke kan raak nie. Ek het as kind van ons Vader besef dat Kerkwees baie meer behels as net die werksaamhede van die gemeente en ek het die Here gevra om my te gebruik soos wat Hy die beste weet.

In Februarie 2010 staan ek in ons kleedkamer by my werk langs ons skoonmakerdame en die Heilige Gees sê vir my om vir haar te vra of sy ’n Bybel besit. Met trane in haar oë was die nood-antwoord – nee, en dat sy graag ’n Bybel van haar eie sal wil hê. Net daar het my pelgrimstog onder leiding van die Heilige Gees begin en het ek leer luister op watter koördinate ek my geestelike GPS moet instel. Ek moes leer dat daar ’n groot behoefte is na Bybels in verskeie swart tale, maar dat die bevolking wat dit benodig, nie die kleinhandelspryse kan bekostig nie. Spoedig was ek en my pa (Thys) gelei deur die Heilige Gees om te besef dat subsidiëring sal help dat die Koninkrykswerk kan voortgaan. Ons subsidieer R10.00 per Bybel en +/-R25.00 per sangboek.

Vandag het ek reeds verskeie ywerige veldwerkers wat help met Bybelverspreiding. Nuwe behoeftes aan geestelike lektuur het spoedig na vore gekom. Ons versprei nou ook sangboeke, gebedeboeke, kinderbybels en traktaatjies en leen ook ons geestelike DVD’s uit aan belangstellendes.

Ek besef vandag dat jy seker moet maak dat jy reg is wanneer jy die Here vra om jou lewe oor te neem. Hy dink groot, maar gelukkig ondervind ek dat die Heilige Gees my elke oomblik lei en ondersteun in elke nuwe uitdaging.

Tot op datum is daar reeds 300 bybels, 40 sang-boeke en verskeie ander boeke verkoop en gratis traktaatjies uitgedeel.

Ons is baie dankbaar vir die wonderlike ondersteuning van die kerk se kant af vir die Bybelvoorsiening teen gesubsidiëerde pryse, maar die meeste vir ons Hemelse Vader vir die geleenthede wat oopgaan deur die leiding en inspirasie van die Heilige Gees en die voorreg om mee te doen aan die uitbreiding van Sy Koninkryk. 24/7 Christen-wees is nie net iets wat jy in die kerk of op verre sendingvelde hoef te beoefen nie. Het jy al jou werknemers, tuinwerker, huishulp, werkers by die garage of winkel, posman of jou mede-kollega gevra of hy/sy ’n Bybel het? Raak deel van 24/7 Christen-wees!!

’n Versoek aan die Here...

Page 6: Kleinkroniek 4de Kwartaal

6

Page 7: Kleinkroniek 4de Kwartaal

7

Dit was die afsluitingsfunksie van die Lynnwood Gemeentevroue op die 13de Oktober. Almal wat daar was, het die aand verryk huistoe gegaan met geestessakke vol geskenke. Die eerste was die geskenk van die pragtige saal met blomme, versierings en die kleurige Kersboom voor op die verhoog, asook ’n glasie sjerrie wat jou dadelik welkom laat voel het.

Die Kersboodskap van ds Quintus Smit het ons bewus gemaak van die betekenis van geskenke gee met Kersfees; waarom gee ons vir mekaar geskenke met Kersfees? Behalwe dat dit simbolies is van God wat Christus aan ons gegee het, het ds Quintus dit gekoppel aan die Skeppingsverhaal. Hoedat God die aarde en alles daarop so wonderlik geskep het en dit toe aan die mens gegee het om te bewoon en te bewerk. Die Skeppingsproses laat ons iets verstaan van die skep van vreugde vir die mens. Die pragtige natuur, die son, die maan die sterre, is geskenke wat ons elke dag ontvang. So is daar talle voorbeelde in die Bybel van die gee van geskenke – toe die Israeliete in die woestyn geen kos meer gehad het nie- die geskenk van kwartels en manna; die vrou met die albasterfles met olie waarmee sy Jesus se voete gesalf het. Ons geestesgawes is ’n geskenk waarmee ons weer vreugde aan iemand anders kan skenk – die geskenk van ons tyd, van moed gee, van hoop gee aan iemand anders wat dit nodig het.

Na hierdie kreatiewe en inspirerende boodskap het ons die volgende onbeskryflike mooi geskenk van dr Kosie Le Roux ontvang: die aanbieding van sy Skyfie en Klankprogram, ‘Versflenters’ en ‘Oukersaand’ – beelde met poësie en pragtige musiek wat ’n mens se wese gevul het met skoonheid en vreugde! Daarna het Karin Crous ons begelei terwyl ons Kersliedere sing - dit weerklink nog in ’n mens se gedagtes: ‘Welkom o stille nag van vrede, onder die suiderkruis, wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis, Kersfees kom..”

Dit was nog nie die einde nie! Die Tabita-vroue was daar, geklee in die mooiste ontwerpe, wat hulle onder leiding van Selma en haar helpers, leer maak het. Hulle het vir ons paradeer en gesing en hulle vreugde en trots wat ons met hulle kon deel, was ons geskenk.

Die kersboom op die verhoog was behang met sterre met ’n kind se naam en sy/haar kersgeskenk-wens daarop getik. Ons kon elkeen van die sterre neem, ons sal dan die geskenk koop en dit voor die diens die volgende twee Sondae kerk toe bring. Hierdie geskenke is vir die kinders van ’n baie arm gemeenskap by Leeupoort en dit sal by hulle vir Kersfees afgelewer word.

Behalwe aan die aanbieders van die program, is ons baie dank verskuldig aan Peet Crous, Jan Viljoen en Johan Ahlers wat agter die skerms alles vir

’n Vreugdevolle aand van geskenke!

ons moontlik gemaak het om die aand ’n sukses te maak. Ons dank ook aan Pieter Oosthuizen wat die Gemeentevroue met al ons bedrywighede bystaan, ondersteun en van raad bedien. Nerine Allers is ook spesiaal bedank vir haar bekwame en liefdevolle leiding en vir haar kon ons ’n mooi orgidie-plant skenk. Nadat die bedankings en geskenke vir die aanbieders afgehandel is, het ons almal die verversings op die lang tafel in die middel van die saal begin geniet en heerlik gekuier, ook saam met die paar manne wat teenwoordig was. Ons het huistoe gegaan met die heerlike ryk gevoel van al die wonderlike geskenke wat ons ontvang het wat geld nie kan koop nie!

Rykie Snyman

Ontdek Namibië 1 – 15 Maart 2011R19 700 per persoon wat deel

Dit sluit in: busvervoer, 14 aande akkommodasie, ontbyt, meeste aandetes en uitstappies asook toerleier.

Kontak Anada Toere op 079 324 9531 of [email protected]

U langspeelplate, 78’s en klankkassette – op CD!U video’s (bv trou- en vakansievideo’s) – op DVD!

Kleurskyfies en foto’s – op CD of DVD!U CD-snitte omgeskakel – na mp3

012 542-1449. Marié: 083 611 0317 of Chris: 083 604 8167

Kersfees in Stilbaai!Vakansie-eenheid te huur

vir 6 tot 8 mense op Stilbaai tot 27 Desember. R1050 per dag. 100 meter vanaf hoofstrand.Minimum bespreking: 7 dae

Kontak: Fearika Heyns 082 414 3638

ADVERTENSIES l ADVERTENSIES l ADVERTENSIES l ADVERTENSIES l ADVERTENSIES l ADVERTENSIES

Page 8: Kleinkroniek 4de Kwartaal

8

Seniorverryking’n Klompie afgetrede persone het ’n verrykende ervaring gehad met die optrede van die blinde gospelsanger, Len Viljoen. Hy is ’n gekwalifiseerde rekenaarprogrammeerder, maar tree die afgelope 11 jaar as sanger op.

Jaarlikse Braaivleis“Oktobermaand, die mooiste, mooiste maand” het bygedra om van die jaarlikse braaivleis vir die Vriendekring ’n besondere dag te maak. Groot dank aan al die gewillige helpers..

Lynnwoodse Vriendekring

behalwe - die koor wat ons singsonder ’n stemtoets.Dit wat ons aankondigsonder alles te verstaan.

Ek moet jou Afrika-son weesjou baie lig straalen meer probeer verstaan -al sukkel ek self daarmee.Herinner my hieraan in Junieas ek mal-holvir baie dinge met min waarde.

Ek hou van ’n somer-kersfeesin die Afrika-son.Baie dankie vir jou ligen die warmte van verstaan.

Frans Human

Kersgroete onder ’n Afrika-son

Ek is bly oor ’n somer-kersfeeshieronder die Afrika-son.Dit skyn Sy groot lig van genadeen die warm liefde van diè Bron.

Jy is my somer-kersfees,my Afrika-son.Jy straal Sy ligen Sy warm liefdein ’n kontinent wat vegteen MIV en Vigsen droogteen kriminaliteit.

Hier is nie ’n engelekoor;geen aankondigingvan die blye boodskap.Geen maagd - geen kindjie-