10
Somer 2013 Hier Kry Ons Vlerke Hiep-hiep hoera! Die skooljaar het skaars afgeskop, toe hou ons al partytjie om die skool se 60ste verjaarsdag te vier. Hierdie besondere mylpaal is met ‘n spesiale boomplantseremonie gevier en die hele skool het opgewonde op die rugbyveld saamgetrek om hierdie geleentheid mee te maak. Volgens die hoof, mnr. Pieter Bredenkamp, is daar besluit om ‘n boom te plant, omdat bome lewe en groei verteenwoordig. “Ons glo dat die skool, net soos hierdie boom, vir nog baie jare sal voortbestaan. Laerskool Menlopark was die afgelope 60 jaar ‘n anker in die gemeenskap en sal in die toekoms voortgaan om pragtige kinders op te voed wat hul plek met trots in die samelewing kan volstaan,” het hy gesê. Die boom wat geplant is, is ‘n Dais Cotinifolia of ‘n “Pom-Pom”. Die boom is ook kindervriendelik, aangesien dit nie dorings en takke het wat beserings kan veroorsaak nie. Daar is behoorlik feesgevier met honderde groen, wit en geel ballonne en tuisgebakte kolwyntjies in alle kleure en geure. Dit gebeur mos nie al dag dat mens jou skool se 60ste verjaarsdag kan vier nie! Wat ‘n voorreg om 130 gr. 1-leerlinge op hul eerste skooldag te verwelkom! Die hare was blink gekam, die klere kraakvars, die kosblikke propvol en die bravade groot – alles reg vir hierdie nuwe avontuur. Dit beloof om ‘n baie opwindende jaar vir die gr. 1’s van 2013 te wees, want die skool vier nie net sy 60ste bestaansjaar nie, maar spog boonop met ses gr. 1-klasse. Volgens die hoof, mnr Pieter Bredenkamp, is dit vir die skool ‘n groot voorreg om hierdie groep gr. 1’s by die skool te verwelkom. “Dit is wonderlik om te weet dat ons vir die volgende sewe jaar ‘n groot aandeel in die vorming van hierdie pragtige groep kinders gaan hê. Die blink ogies wat so vol verwagting is oor die toekoms, maak al die harde werk die moeite werd,” het hy gesê. DIE WELKOM BY SKOOL GROOT 60 jaar gelede, op 7 Januarie 1953, open Laerskool Menlopark sy deure met: 1 skoolhoof 8 onderwysers 1 kantoortannie 310 leerlinge 12 klaskamers 2 grade-kamers 1 kunskamer en ‘n administrasie blok

Klikkiebek Somer 2013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

skool tydskrif somer

Citation preview

Page 1: Klikkiebek Somer 2013

Somer 2013

H i e r K r y O n s V l e r k e

Hiep-hiep hoera!Die skooljaar het skaars afgeskop, toe hou ons al partytjie om die skool se 60ste verjaarsdag te vier. Hierdie besondere mylpaal is met ‘n spesiale boomplantseremonie gevier en die hele skool het opgewonde op die rugbyveld saamgetrek om hierdie geleentheid mee te maak.

Volgens die hoof, mnr. Pieter Bredenkamp, is daar besluit om ‘n boom te plant, omdat bome lewe en groei verteenwoordig. “Ons glo dat die skool, net soos hierdie boom, vir nog baie jare sal voortbestaan. Laerskool Menlopark was die afgelope 60 jaar ‘n anker in die gemeenskap en sal in die toekoms voortgaan om pragtige kinders op te voed wat hul plek met trots in die samelewing kan volstaan,” het hy gesê.

Die boom wat geplant is, is ‘n Dais Cotinifolia of ‘n “Pom-Pom”. Die boom is ook kindervriendelik, aangesien dit nie dorings en takke het wat beserings kan veroorsaak nie.

Daar is behoorlik feesgevier met honderde groen, wit en geel ballonne en tuisgebakte kolwyntjies in alle kleure en geure. Dit gebeur mos nie al dag dat mens jou skool se 60ste verjaarsdag kan vier nie!

Wat ‘n voorreg om 130 gr. 1-leerlinge op hul eerste skooldag te verwelkom! Die hare was blink gekam, die klere kraakvars, die kosblikke propvol en die bravade groot – alles reg vir hierdie nuwe avontuur.

Dit beloof om ‘n baie opwindende jaar vir die gr. 1’s van 2013 te wees, want die skool vier nie net sy 60ste bestaansjaar nie, maar spog boonop met ses gr. 1-klasse.

Volgens die hoof, mnr Pieter Bredenkamp, is dit vir die skool ‘n groot voorreg om hierdie groep gr. 1’s by die skool te verwelkom. “Dit is wonderlik om te weet dat ons vir die volgende sewe jaar ‘n groot aandeel in die vorming van hierdie pragtige groep kinders gaan hê. Die blink ogies wat so vol verwagting is oor die toekoms, maak al die harde werk die moeite werd,” het hy gesê.

DIE

WELKOM BY

SKOOL

GROOT

60 jaar gelede, op 7 Januarie 1953, open

Laerskool Menlopark sy deure met:

1 skoolhoof

8 onderwysers

1 kantoortannie

310 leerlinge

12 klaskamers

2 grade-kamers

1 kunskamer en

‘n administrasie blok

Page 2: Klikkiebek Somer 2013

H i e r K r y O n s V l e r k eH i e r K r y O n s V l e r k eH i e r K r y O n s V l e r k e22 H i e r K r y O n s V l e r k e2

Beste Parkies

2013 het in die hoogste versnelling weggetrek en daar is behoorlik gedraf om by te bly. Nodeloos om te sê het die kinders die voortou geneem en nie geskroom om op elke terrein met hul talente te woeker nie. Danksy ons kordate kinders, ondersteunende ouers en passievolle personeel het ons weer eens ‘n Klikkiebek propvol Menlo-nuus. Dankie vir dit wat elkeen van julle gedoen het om hierdie uitgawe moontlik te maak.Na ‘n kwartaal vol hoogtepunte, is die komende vakansie die ideale geleentheid om die “skoolbus” af te skakel en bietjie bene te rek. Gebruik hierdie blaaskans om terug te sit en asem te skep. Dit is waarvoor vakansies daar is!

Klikkiebek-groete

Ciska Fourie

• Alle foto’s en artikels kan gestuur word aan: [email protected] of dit kan in die poshokkie in die voorportaal gepos word.

• Meningswatuitgespreekword, is nie noodwendig die beleid of standpuntvan die Laerskool Menlopark nie.

• Redakteur:CiskaFourie• Grafiese uitleg: Nadia du Plessis van Imagine Design 084 833 4454• Almal wat foto’s geneem en gestuur het

Welkom by Menlo

Redaksioneel

Wat maak jullemet bydraes?

Redaksie

Laerskool Menlopark = "GREATNESS"

V.l.n.r: Me. Janemu Schoeman (gr. 2), me.Yolandi Neuhoff (gr. 3), me. Cindy Muller (gr. 1), me. Karen Venter (gr. 4), mnr. Juan Venter (gr.4) en me. Karen Smit (gr. 0).

Irene Mokoma is teen hierdie tyd alreeds ‘n ou bekende, nadat sy verlede jaar gereeld by ons afgelos het. Sy is in Januarie as algemene assistent aangestel en het reeds in hierdie kort tydjie in almal se harte ingekruip. Ons is bly jy is hier, Irene!

Ses nuwe onderwysers het aan die begin van die jaar by die Menlo-gesin aangesluit. Dit is altyd lekker om nuwe gesigte in die personeelkamer te verwelkom en ons is seker julle gaan sommer baie gelukkig wees hier by ons. Ons sien daarna uit om vir nog baie jare saam met julle te werk!

Met die verskyning van die somer-uitgawe, is die eerste kwartaal van 2013 soos kwiksand deur onsvingers.Ditisaltydlekkeromnadieafloopvan ‘n kwartaal terug te kan kyk na die wel en weë van ons spogskool.

Asonsnadieentoesiastiesedeelnamevanonsleerlinge kyk en die prestasies wat behaal is, is dit duidelik dat ons leerlinge en onderwysers hulle sommer vroeg in die jaar reeds van die res onderskei het. Dit bly vir elkeen aan Laerskool Menlopark verbonde, ‘n voorreg om deel te kan hê aandievormingvanhierdiekinders,wanthullemaakditvirmenssomaklik.Asons Menlo-kinders die toekoms is, weet ek daar wag ‘n blink toekoms op Suid-Afrika.

Ek is seker dat u met my sal saam stem as u deur die Klikkiebek geblaai het.

Geniet die lees en die vakansie.

Vriendelike groetePieter Bredenkamp

Page 3: Klikkiebek Somer 2013

H i e r K r y O n s V l e r k eH i e r K r y O n s V l e r k e 3H i e r K r y O n s V l e r k e H i e r K r y O n s V l e r k e 3

Agter (v.l.n.r): Chrisna Otto, Karen Venter, Attie Botha, DaleenBotha en Lindie Hogg. Middel (v.l.n.r): Luan Otto, Soné Venter, Juan Venter, Charlize Botha, Danielle Hogg, Philip van Tonder en Liza van Tonder. Voor (v.l.n.r): Mauritz Coetzer, Susan Coetzer en Fredrich Coetzer.

Menlo se herwinningsinisiatief het van krag tot krag gegaan sedert sy nederige ontstaan in 2003 in ‘n klaskamer. Die nuutste toevoeging tot die sentrum is ‘n houer vir e-afval. Nou kan enige ou, ongebruikte of stukkende elektroniese afval by die skool herwin word. Daar word reeds plastiek, blik, tetrapack, polistereen, glas, foelie en papier by die skool herwin.

Elke Woensdag-oggend is dit ‘n gewoel en werkskaf van ‘n ander aard soos wat sakke vol huishoudelike afval afgelaai en gesorteer word. Natuurlik doen die herwinningsmammas hierdie vuil werk in styl - hulle is gewapen met dik handskoene en bypassende voorskote!

Die entoesiasme en passie waarmee hierdie vrywillige ma’s die taak aanpak is, om die minste te sê, inspirerend.

Volgens me. Elana Wilken, organiseerder, het ons herwinningsentrum die afgelope 10 jaar behoorlik vlam gevat. “Deur ‘n eenstopdiens aan die inwoners van die omgewing te verskaf, wil ons dit vir mense makliker maak om te herwin. Met die ingebruikneming van die houer vir e-afval, is ons nou nog ‘n stappie nader aan daardie doelwit,” het sy gesê.

Herwinning brei uit

DietrotseGrotius-gesin. Agter(v.l.n.r):Gustav(gr.8),MaLucia,PaAntonenHugo(gr.10).VoorlinksisVanWyk(gr.4)enAnton(gr.3).

Me. Juta Cilliers, me. Elana Wilken, me. Wilna van Heerden, me. Marietha van Vuuren en me. Madelein Geel laat herwinning sommer lekker lyk!

Agt onderwysers het die voorreg om hierdie jaar beide ‘nonderwyser by en ‘n gr.1-ouer van die skool te wees. Juf. Susan Coetzer het sommer twee ingeskryf!

menlo se eie midmar-span

personeel en hul gr. 1's

As jouvanGrotius is,kan jymaarweetdat jyeenofander tyddieMidmar-myl gaan aandurf. 2013 was vir die avontuurlustige Grotius-gesin ook ‘n mylpaal toe die hele gesin op 9 Februarie vir die eerste keerdieMidmar-mylgeswemhet.PaAnton,MaLuciaenouboetHugohet die Midmar reeds vier keer geswem. Gustav, 2012 se hoofseun, het reeds drie keer aangemeld en Van Wyk twee keer, terwyl dit kleinboetAntonseheeleerstekeerindiegrootdamwas.

Page 4: Klikkiebek Somer 2013

H i e r K r y O n s V l e r k eH i e r K r y O n s V l e r k eH i e r K r y O n s V l e r k e4 H i e r K r y O n s V l e r k e4

Die gebeur nie aldag dat jy op ‘n koel, bewolkte oggend 129 pikkewyne, skapies, liewenheersbesies, leeus, bere en tiere aan die swem kry nie. Dit is egter presies wat gebeur het tydens die onlangse gr. 1-swemgala. Hierdie fondsinsamelingsgeleentheid is ‘n hoogtepunt op die gr. 1-kalender en hierdie jaar was geen uitsondering nie. Ten spyte van die koelerige weer, kon die kinders nie wag om in te duik of, in die meeste gevalle, in te val en te begin swem nie. Die deelnemertjies het almal hul bes gedoen - alles onder die luidkeelse aanmoediging van die opgewonde toeskouers en klasmaats.

Gr. 1's hou Gala

Page 5: Klikkiebek Somer 2013

H i e r K r y O n s V l e r k eH i e r K r y O n s V l e r k e 5H i e r K r y O n s V l e r k e H i e r K r y O n s V l e r k e 5

Om voor ‘n gehoor te staan en met selfvertroue oor ‘n bepaalde onderwerp te redeneer, wil gedoen wees. Tydens die Gemsbokkie-AandendieEnglish Public Speaking Evening het ons redenaars hulself weereensvandieresonderskei.Aldiedeelnemershet

koel en kalm voorgekom, terwyl hul met rustige oorreding hul

boodskappe oorgedra het. Die kompetisie was straf en, soos altyd, van ‘n hoë standaard, daarom sê ons baie geluk aan

die wenners. Ons is trots op julle!

Laerskool Menlopark kan nou met hul eie “Blou Bul-blasers” spog. Drie van ons onderwysers is ingesluit in die Blou Bulle Laerskole skeidsregters se Top 10-paneel vir 2013. Mnre. Jaco Hauptfleisch en JimmyKruger het onder die top 10 kandidate geeïndig, nadat hulle die verpligte fiksheidstandaard, teoretiese toetsen wedstrydassessering suksesvol voltooi het. Mnr. Francois van Biljon is ingesluit as assessor en afrigter van hierdie groep skeidsregters. Baie geluk, menere. Menlo is trots op julle!

Twee spelers van die Nashua Titans het tydens ‘n onlangse oefensessie op die skool se gronde ‘n tydjie afgeknyp om saam met hul jong bewonderaars vir ‘n foto te poseer. Dit was vir hierdie ontluikende gr. 1-krieketspelertjies ‘n groot voorreg om te sien hoe “regte” krieketspelers oefen. Mangaliso Mosehle (22) is ‘n kolwer en paaltjiewagter en Eden Links (23) doen kolf- en boulwerk vir die Titans.

Ons eie blou bul -bl asers

MangalisoMosehleenEdenLinkssaammetMenloseopkomendekrieketsterre.Agter(v.l.n.r):GeorgeSeyfried,JacoKoster,ErnstBurger,JandreBotha,ReinardVelloen,RuanHendriks,PaulOosthuizen,MullerMarkram,TjaartKruger,RualdDreyer,DianvanderWaltenHeinSchoeman.Voor(v.l.n.r):HelgardHendrikz,HanodeWitt,EthanReynolds,IvanRamushu,TianLoots, Kyle Goosen, Luan Otto, Christoff van Zyl en Erik Steenekamp

Titans-spelers verras krieketbewonderaarsTitans-spelers verras krieketbewonderaars

Redenaars sê hul sê...

V.l.n.r:Mnre.JacoHauptfleisch,FrancoisvanBiljon en Jimmy Kruger.

Page 6: Klikkiebek Somer 2013

H i e r K r y O n s V l e r k eH i e r K r y O n s V l e r k eH i e r K r y O n s V l e r k e6 H i e r K r y O n s V l e r k e6

tennis

redenaars

Tennisdroom word waar

Redenaars beïndruk by Super 12

Laerskool Menlopark se senior meisies A-tennisspanis vir die eerste keer as die wenners van die Egalité Tennistoernooi, gekroon. Die toernooi vind op ‘n rondomtalie-basis plaas en die Menlo-meisies het teen top spanne vanuit die Kaap en Gauteng te staan gekom. Die span het al ses die skole teen wie hul gespeel het, gewen. Menlopark het in die laaste wedstryd teen Laerskool Eikestad van Stellenbosch te staan gekom en

hulle uiteindelik met 16 punte teenoor 1 geklop.

Volgens me Bets Orsmond, tennisorganiseerder, is dit ‘n tennisdroom wat waar geword het. “Na nege jaar se harde werk en vasbyt op die tennisbaan, het hierdie span die voorreg om as die wenners van hierdie prestige toernooi gekroon te word. Daar was heelwat naelbyt-oomblikke, maar die week is hoofsaaklik gekenmerk deur opwindende

tennis van ‘n hoë standaard,” het sy gesê.

Hierdie toernooi wat by Sun City aangebied word is ‘n hoogtepunt op die Menlo-tenniskalender en ons seuns- en meisiesspanne neem jaarliks deel.

Ons “jêm-bekkies” het nie ‘n tree terug gestaan tydens die afgelope Super 12-redenaarskompetisie nie. Hierdie jaar was die beste Super 12-jaar nog vir die skool, toe ons ‘n algehele derde plek uit 24 skole behaal het. Elke skool het ses redenaars ingeskryf, asook ‘n span van vier gr. 7-redenaars. Ons het in ses items diefinalerondtegehaalenEmmeréSteenkamphet in haar afdeling ‘n derde plek behaal. Baie geluk!

Tennis by Sun City is lekker. Agter v.l.n.r: Mnr. Marcay Cillie(afrigter) met klein Armand Cillie,UdoBöhmer, Luan Lombard,ReinHulme, Waldo Grobbelaar, me. Bets Orsmond (koördineerder) en Henry Louw. Voor v.l.n.r.: Lineke van Niekerk, Danielle Arndt, MarliEhlers, Liamé Bosman en Danelle Bosman.

Die gr. 7-spanredenaars v.l.n.r Embeth du Toit, Lineke van Niekerk, Megan Day en Liamé Bosman

Page 7: Klikkiebek Somer 2013

H i e r K r y O n s V l e r k eH i e r K r y O n s V l e r k e 7H i e r K r y O n s V l e r k e H i e r K r y O n s V l e r k e 7

atletiek

Ses atlete na SA's

Swemmers laat water (en rekords) spat

Die swemspan het die rekords laat spat tydens die Engelse Interskole Gala wat op 8 Maart te Woodhill College plaasgevindhet.Altesaam13nuwerekordsisdeurdieMenlo-swemmers opgestel. Laerskool Menlopark was die gasheerskool en het teen Midstream College, St. Mary’s DSG,WaterkloofHousePreparatorySchoolenRietondalePrimary School in die F-liga te staan gekom.

Me. Annemarié Hechter, swemkoördineerder, hetverduidelik dat ons skool een van net ‘n paar afrikaanse skole is wat aan die Engelse Swemliga deelneem. “Alhoewel ons in die Arikaanse Skole se A-liga swem,moes ons heelonder in hierdie liga begin. Ons is egter besigomookinhierdiekompetisieonspadnadieA-ligaoop te swem”, het sy gesê.

swem

Ses Menlo-atlete gaan hul atletiekseisoen op ‘n hoë noot afsluit, nadat hul gekwalifiseer het omaandieSuid-AfrikaanseSkoleKampioenskappeteSasolburg deel te neem. Ons atlete gaan saam met die room van laerskool-atlete landwyd by hierdie prestige byeenkoms in aksie te sien wees en ons weet dat hulle die kollig gaan steel!

Ons het rede om so breed te glimlag! V.l.n.r: Nadine Marais, Tunet Trumpie, Elita van Staden, Marié du Toit, Mila Compaan en Lucy Strydom.

Dieatletehetvirdievolgendeitemsgekwalifiseer:

Elita van Staden 200m-hekkies vir meisies O/13 Spiesgooi vir meisies O/13Lucy Strydom Diskus vir meisies O/13Nadine Marais Diskus vir meisies O/13 Tunet Trumpie 75m-hekkies vir meisies O/13 200m hekkies vir meisies O/13 100m vir meisies O/13Marié du Toit Gewigstoot vir meisies O/10Mila Compaan 70m-hekkies vir meisies O/10 Verspring vir meisies O/10

Page 8: Klikkiebek Somer 2013

H i e r K r y O n s V l e r k eH i e r K r y O n s V l e r k eH i e r K r y O n s V l e r k e8 H i e r K r y O n s V l e r k e8

inte

rn

e r

ug

by-e

n n

etba

lda

gHUISSPORT

‘n Hoogtepunt op ons kalenderHuissport sorg altyd vir kleurvolle pret en plesier

Page 9: Klikkiebek Somer 2013

H i e r K r y O n s V l e r k eH i e r K r y O n s V l e r k e 9H i e r K r y O n s V l e r k e H i e r K r y O n s V l e r k e 9

valen

tynsokkie

Dit was die k

ersie

op die valen

tynsdagk

oek

HUISSPORT

Huissport sorg altyd vir kleurvolle pret en plesier

Page 10: Klikkiebek Somer 2013

H i e r K r y O n s V l e r k e H i e r K r y O n s V l e r k e 10

Water

kaskenades