8
KAMPUS NUUS Personeelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit November 2005 - Uitgawe 10 Die Ferdinand Postma-biblioteek het stof in die oë van die ander vooraan- staande universiteite landwyd geskop deurdat dit die beste gevaar het in die LibQUAL-kwaliteitsmeting van die VSA se vereniging vir navorsingsbiblio- teke. In die evaluering is bevind die bib- lioteek op die Potchefstroomkampus is die beste in Suid-Afrika op bykans alle vlakke van dienslewering. Dit behels onder meer personeelhulpvaardigheid en –bekwaamheid asook inligtingverskaf- fing. Vir personeelhulpvaardigheid is meer as 7,25 punte uit ‘n totaal van 9 behaal. Gebruikers se algemene indruk van die biblioteek se dienste is ook hoër as 7 punte. Vanjaar was die eerste keer dat ‘n klomp Suid-Afrikaanse universiteite deelgeneem het aan die kwaliteitsme- ting. Die vraelys in Afrikaans was ook ‘n eerste. Volgens mnr. Tom Larney, direk- teur, is die biblioteek nie net van die beste onder plaaslike universiteite nie. Die LibQUAL-uitslae dui daarop dat wanneer dit vergelyk word met ander universiteite in die buiteland, die Fer- dinand Postma-biblioteek goed vaar teenoor universiteite in Brittanje en selfs beter as sommige biblioteke in Amerika. Altesame 255 instellings wê- reldwyd is by die navorsing betrek. Op die Potchefstroomkampus het meer as 800 gebruikers vrywillig aan die kwaliteitsmeting deelgeneem. Die meeste respondente was voor- graadse studente, gevolg deur na- graadse studente, akademiese perso- neellede en ondersteuningspersoneel. Volgens Larney is daar die afgelope jare veral gefokus op diensgesteldheid en is dié prestasie ‘n bewys daarvan. Die doelwit is om die dienste verder te verbeter en aandag sal gegee word aan voorstelle van verbrui- kers. Dit sluit in meer privaat en persoonlike ruimtes vir studie-doeleindes, die opgradering van fotostaat- geriewe en ‘n verbeterde webblad. Beter Beter Beter Beter Beter, , , beste bib in land beste bib in land beste bib in land beste bib in land beste bib in land Daar sal ook gekyk word na maatreëls om lawaai in die biblioteek te beperk. Die biblio- teek het altesame sestig personeellede en tussen Januarie en Oktober vanjaar is ‘n totaal van 668 973 pare voete deur die ingangs- portaal. Me. Suzette Coetzee, assistent-bibliotekaris, en mnr. Tom Larney, direkteur, het rede om trots te wees op die Ferdinand Postma-biblioteek wat pas die beste in die land gevaar het in ‘n wêreldwye kwaliteitsmeting vir navorsingsbiblioteke. 'n Spesiale uitgawe van Kampusnuus verskyn aanstaande week oor die nuwe NRF-geëvalueerdes KN November 2005 uitgawe.p65 11/28/2005, 10:44 AM 1

KN November 2005 uitgawe - puk.ac.za · Ingenieurs-termofisika in 2006. Dit is ‘n groot eer wat hom te beurt geval het en onderstreep sy internasionale erkenning in die veld van

  • Upload
    lamcong

  • View
    220

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: KN November 2005 uitgawe - puk.ac.za · Ingenieurs-termofisika in 2006. Dit is ‘n groot eer wat hom te beurt geval het en onderstreep sy internasionale erkenning in die veld van

KAMPUSNUUSPersoneelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit

November 2005 - Uitgawe 10

Die Ferdinand Postma-biblioteek het

stof in die oë van die ander vooraan-

staande universiteite landwyd geskop

deurdat dit die beste gevaar het in die

LibQUAL-kwaliteitsmeting van die

VSA se vereniging vir navorsingsbiblio-

teke.

In die evaluering is bevind die bib-

lioteek op die Potchefstroomkampus is

die beste in Suid-Afrika op bykans alle

vlakke van dienslewering. Dit behels

onder meer personeelhulpvaardigheid en

–bekwaamheid asook inligtingverskaf-

fing.

Vir personeelhulpvaardigheid is

meer as 7,25 punte uit ‘n totaal van 9

behaal. Gebruikers se algemene indruk

van die biblioteek se dienste is ook hoër

as 7 punte.

Vanjaar was die eerste keer dat ‘n

klomp Suid-Afrikaanse universiteite

deelgeneem het aan die kwaliteitsme-

ting. Die vraelys in Afrikaans was ook

‘n eerste.

Volgens mnr. Tom Larney, direk-

teur, is die biblioteek nie net van die

beste onder plaaslike universiteite nie.

Die LibQUAL-uitslae dui daarop dat

wanneer dit vergelyk word met ander

universiteite in die buiteland, die Fer-

dinand Postma-biblioteek goed vaar

teenoor universiteite in Brittanje en

selfs beter as sommige biblioteke in

Amerika. Altesame 255 instellings wê-

reldwyd is by die navorsing betrek.

Op die Potchefstroomkampus het

meer as 800 gebruikers vrywillig aan

die kwaliteitsmeting deelgeneem.

Die meeste respondente was voor-

graadse studente, gevolg deur na-

graadse studente, akademiese perso-

neellede en ondersteuningspersoneel.

Volgens Larney is daar die afgelope

jare veral gefokus op diensgesteldheid en is dié

prestasie ‘n bewys daarvan.

Die doelwit is om die dienste verder te verbeter en

aandag sal gegee word aan voorstelle van verbrui-

kers. Dit sluit in meer privaat en persoonlike ruimtes

vir studie-doeleindes, die opgradering van fotostaat-

geriewe en ‘n verbeterde webblad.

BeterBeterBeterBeterBeter,,,,, beste bib in land beste bib in land beste bib in land beste bib in land beste bib in land

Daar sal ook gekyk word na maatreëls om

lawaai in die biblioteek te beperk. Die biblio-

teek het altesame sestig personeellede en

tussen Januarie en Oktober vanjaar is ‘n totaal

van 668 973 pare voete deur die ingangs-

portaal.

Me. Suzette Coetzee, assistent-bibliotekaris, en mnr. Tom Larney, direkteur, het rede om trots te wees op die

Ferdinand Postma-biblioteek wat pas die beste in die land gevaar het in ‘n wêreldwye kwaliteitsmeting vir

navorsingsbiblioteke.

'n Spesiale uitgawe van

Kampusnuus verskyn

aanstaande week oor die

nuwe NRF-geëvalueerdes

KN November 2005 uitgawe.p65 11/28/2005, 10:44 AM1

Page 2: KN November 2005 uitgawe - puk.ac.za · Ingenieurs-termofisika in 2006. Dit is ‘n groot eer wat hom te beurt geval het en onderstreep sy internasionale erkenning in die veld van

Kampusnuus - 2

PUK-SpieëlFakulteit ingenieurswese

• Die fakulteit is trots op die NRF-graderingstatus

van die volgende kollegas: Prof. Gideon

Greyvenstein (B2) van die nagraadse skool vir

kernwetenskap en -ingenieurswese, prof. Pieter

Rousseau (C1) van die skool vir meganiese

ingenieurswese en prof. Jat du Toit (C2), direkteur

van die skool vir meganiese ingenieurswese.

• Prof. Jat du Toit, direkteur van die skool vir

meganiese ingenieurswese, is uitgenooi om as

spreker op te tree tydens die elfde konferensie van

die “Chinese Society of Engineering Thermo-

physics”, as gas van die Sjinese Vereniging van

Ingenieurs-termofisika in 2006. Dit is ‘n groot eer

wat hom te beurt geval het en onderstreep sy

internasionale erkenning in die veld van die termo-

vloei-wetenskap. Behalwe vir sy deelname aan die

konferensie sal hy ook besoek aflê aan Beijing,

Shanghai, die grootste stad in China, en Xi’an, die

antieke hoofstad in China.

• Mnr. Handré Groenewald, nagraadse student

aan die skool vir elektriese, elektroniese en

rekenaaringenieurswese, het ‘n tweede

plek behaal in sy afdeling by ‘n jaarlikse

simposium vir nagraadse studente van

universiteite en universiteite vir tegnologie,

gereël deur die afdelings chemiese

wetenskappe en wiskunde- en natuurkunde

van die Suid-Afrikaanse Akademie vir

Wetenskap en Kuns. Die simposium is

vanjaar op 28 Oktober by Unisa aangebied.

Hy is ‘n student van prof. Albert Helberg,

direkteur van dié skool.

• Prof. George van Schoor van die skool

vir elektriese, elektroniese en rekenaar-

ingenieurswese, asook nagraadse studente

betrokke by die aktiewe magnetiese laers

navorsingsgroep, het in September ‘n

suksevolle mini-konferensie op kampus

gehou. Die onderwerp van die konferensie

was “Magnetic Bearing Modeling and

Control”, en die nagraadse studente het

konferensiebydraes gelewer. Gaste uit die

nywerheid en van ander tersiêre instellings

het dit ook bygewoon.

Fakulteit lettere en wysbegeerte

• Prof. Bertus van Rooy van die skool vir

tale (vakgroep Engels) is onlangs as

ondervoorsitter van die Linguistevereniging

van Suider-Afrika (LVSA) aangewys. Hy dien

al etlike jare op die bestuur van dié

vereniging.

Skool vir omgewingswetenskappe en

-ontwikkeling

• Dr. Ernst Drewes is onlangs deur die

Premier van Noordwes as lid van die

Dorperaad van die provinsie aangestel. Die

Dorperaad funksioneer as juridiese

appèlliggaam vir enige besluite deur plaaslike-

en distriksmunisipaliteite rondom

eiendomsontwikkeling en gepaardgaande

grondgebruikbeheerkwessies in die provinsie.

Fakulteit ekonomiese en bestuurswetenskappe

• Dr. Ewert Kleynhans en Mohamed Gangat

(foto) van die skool vir ekonomie, risikobestuur en internasionale handel, het ’n referaat gedurende

die eerste week van November by die

Internasionale Globelix Africa 2005-konferensie

by die Tshwane Universiteit vir Tegnologie in

Pretoria gelewer. Die titel van hulle voordrag

was, “The Role of Innovation and Technology in

South African Industrial Competitiveness”.

Goeie terugvoer is van konferensiegangers

ontvang.

• Proff. Renier Janse van Rensburg en Derik

Steyn (foto's bo) van die skool vir entrepreneur-

skap, bemarkings- en toerismebestuur het

gedurende Oktober referate by die Betriebswirt-

schaftliche Tage in Schwerin Duitsland gelewer.

Prof. Van Rensburg se referaat het gehandel

oor: “Living Standards Measure (LSM)

characteristics of Potchefstroom consumers:

implications for smalll to medium sized

retailers”. Prof. Steyn se referaat het gehandel

oor: “Managerial competencies among first-line

newsroom managers in small to medium sized

mainstream media enterprises in South Africa”.

Prof. Renier J van Rensburg.Prof. Derik Steyn.

Die fakulteit ingenieurswese bied jaarliks ’n opedag en projekuitstalling aan

waartydens finalejaarstudente hul projekte uitstal. Die drie skole binne die fakulteit

nomineer elk twee studente om aan die prestige Top 6-kompetisie deel te neem. ’n

Paneel beoordelaars besluit wie die topstudent in elke skool is. Vanjaar se wenners

van die uitstalling op 27 Oktober was Gert Rautenbach (skool vir chemiese en

mineraalingenieurswese), Ruan van den Heever (skool vir elektriese, elektroniese

en rekenaaringenieurswese) en Karel Janse van Vuuren (skool vir meganiese

ingenieurswese). Pierre Oberholster het as wenner van die plakkaatkompetisie uit

die stryd getree. Die wenners en beoordelaars is (voor) prof. Johan Fick (dekaan:

fakulteit Ingenieurswese), mnr. Bob Tait (Mintek), prof. Frans Waanders (direkteur:

skool vir chemiese en mineraalingenieurswese) en dr. Rudi van der Walt (direkteur:

innovasie en kommersialisering). In die middel is Gert Rautenbach, mnr. Willem

van Niekerk (skool vir meganiese ingenieurswese), mnr. Quentin Campbell (skool

vir chemiese en mineraalingenieurswese), Ruan van den Heever en Wimpie Marais.

Agter is mnr. Hermann Rolfes (Wispeco), prof. Jan de Kock (skool vir elektriese,

elektroniese en rekenaaringenieurswese), Rossouw van der Merwe, Karel Janse

van Vuuren en Waldi Nysschen.

Ingenieurstudente stal uit

KN November 2005 uitgawe.p65 11/28/2005, 10:44 AM2

Page 3: KN November 2005 uitgawe - puk.ac.za · Ingenieurs-termofisika in 2006. Dit is ‘n groot eer wat hom te beurt geval het en onderstreep sy internasionale erkenning in die veld van

Kampusnuus - 3

Vigs is ’n internasionale pandemie wat ons land,

provinsie en ons stad in die gesig staar. Danksy ’n

skenking van die Studentejoolgemeenskapsdiens

(SJGD) aan mnr. Johan Zerwick vir die aankoop van

twaalf “God’s Answer to AIDS”-videopakkette in drie

tale, kan die stryd teen MIV/vigs nou uitgebrei word.

Die SJGD samel jaarliks geld tydens Jool en ander

fondsinsamelingsprojekte in. Dié fondse word in die

gemeenskap verdeel en aan verdienstelike persone

of instansies, wat daarvoor aansoek doen, toegeken.

Aangesien MIV/vigs so groot probleem is het die

SJGD vir die tweede agtereenvolgende jaar fondse

aan Zerwick, ’n dosent in Setswana by opvoedings-

wetenskappe, toegeken. Met die toekenning van

2004 het Zerwick klanktoerusting aangekoop wat hy

tydens die aanbiedings van “God se antwoord vir

Vigs” gebruik. Met vanjaar se toekenning het hy

twaalf videopakkette aangekoop wat aan die

biblioteke in die stad geskenk is sodat kerke en

individue dit kan uitleen en tuis gaan kyk.

“Ek doen wel self aanbiedings by skole, plaaswer-

kers, kerke, werknemers van maatskappye en ander,

maar ek was van mening dat indien daar video’s in

Afrikaans, Engels en Setswana by die biblioteke in

ons stad beskikbaar is, kan nog meer mense met dié

boodskap bereik word.”

Zerwick is nie skaam om te noem dat dit die enigste

ware antwoord is om die pandemie te bekamp nie.

Aanbiedings van “God se antwoord vir Vigs” word

hoofsaaklik deur Zerwick in Noordwes gedoen, maar

is al in Pretoria en so ver as Taung, Mafikeng,

Vaaldriehoek en selfs in Botswana gedoen.

“God se antwoord vir Vigs” is ’n program wat deur

dr. Bruce Wilkinson van Walk Thru the Bible ontwikkel

is en sedertdien in verskillende tale van ons land en

ander Afrikalande vertaal is. Die vertaling van die

video na Setswana is reeds in 2002 deur Zerwick

voltooi.

Sedert 2002 is meer as 20 000 mense met die

aanbiedings bereik . Zerwick sê hy stel dit hoog op

prys dat die NWU so 'n hoë premie op gemeenskaps-

diens plaas. “Hoewel dosente opleiding aan studente

moet verskaf en navorsing doen, is die opleiding en

VVVVVideopakideopakideopakideopakideopakette aan bibette aan bibette aan bibette aan bibette aan bibliotekliotekliotekliotekliotekeeeee

gggggeskeskeskeskeskenkenkenkenkenk

Bo: Aanbiedings wat in September van “God’s An-

swer to Aids” word by ’n skool in D’kar in Botswana

gedoen.

Links: Die videopakkette word deur mnr. Johan

Zerwick aan die stadsbibliotekaris van Potchef-

stroom, me. Elsa Jansen van Rensburg, oorhandig.

uitreik na die gemeenskap net so hoë prioriteit van

opvoedkundige instellings.

“Ek leef my werk as opvoedkundige van die Skool

vir Onderwysersopleiding ook in die gemeenskap uit.

Ek geniet dit om so in Setswana "God se antwoord"

aan mense aan te bied. Tydens die aanbiedings vul

ek die program met baie gepaste en op-die-man-af-

taal aan, asook kultuurkennis van die Batswanas.”

Die video is ’n aanbieding van drie ure waarvan die

klankbaan vertaal is. Die program is uit ses sessies

van dertig minute elk saamgestel. Dié sessies hanteer

die volgende: Waarheid, vergifnis, die huwelik,

beskerming, hoop en barmhartigheid.

Enige persoon of instansie wat die video wil kyk kan

dit dus by een van die biblioteke in die stad uitleen.

Indien mense in ’n lewendige aanbieding in Setswana,

Afrikaans of Engels belangstel, kan hulle vir Zerwick

by 082-458-3837 skakel.

Spits gerus jou ore. Fokus die oë, en kyk uit vir die

nuwe kommunikasiemediums op die kampus.

Benewens radio-uitsendings en webvideo’s sal

eerstehandse inligting in die toekoms bloot met die

stuur van ‘n SMS verkry kan word.

Die nuwe mediums word deur die departement

bemarking en kommunikasie (BEK) ondersoek om in-

terne kommunikasie onder personeel en studente te

bevorder.

Die tradisionele mediums soos Kampusnuus, die

PUK-Web, BBS, Blitsnuus en elektroniese nuusbriewe

gaan binnekort geherstruktureer word. Die vaartbe-

lyningsproses is nodig om te kan voldoen aan die toe-

nemende eise van beter interne kommunikasie op die

kampus.

Radio PUK sal vanaf Januarie 2006 funksioneer

onder patronaatskap van BEK. Edohan Burger is

aangestel as permanente stasiebestuurder. Radio

PUK het reeds by die Onafhanklike Kommunikasie-

owerheid van Suid-Afrika (ICASA) aansoek gedoen

vir ’n driejaar laekraguitsaailisensie en die uitsaai-

Interne kommunikasie kry nuwe mediums

ateljee in die studentesentrum word tans heringerig

en opgeknap.

As kampusradiostasie gaan Radio PUK ’n belang-

rike deel van interne kommunikasie onder studente

en personeel op die kampus vorm. Radio Puk gaan

ook waar moontlik probeer om by te dra tot die

praktiese en akademiese opleiding van studente in die

skool vir kommunikasiestudies.

Nog ’n nuwigheid om met die NWU-PUK te

kommunikeer, is nou so maklik soos om ‘n SMS te

stuur. Die SMS-nommer is 33934 waarheen studen-

te, personeel, oudstudente en voornemende studente

’n SMS kan stuur indien hulle inligting verlang of ’n

wenk, klagte of kompliment onder die PUK se aandag

wil bring.

Voornemende studente wat studie-inligting

verlang en oudstudente wat hul adresbesonderhede

wil opdateer, kan dit nou per SMS doen. SMS net

die woord NWU-PUK gevolg deur die versoek of wenk

na 33934. ’n Lid van ons kliëntediensafdeling sal so

gou moontlik terugbel. Die SMS-diens is beskikbaar

vir MTN-, Vodacom- en Cell C-kliënte. Normale SMS-

tariewe geld.

Voorts ondersoek die Bond van Oud-Pukke in

samewerking met Akademiese Administrasie ‘n in-

terne stelsel waardeur huidige studente hul eksamen-

uitslae en –rooster en ander inligting elektronies kan

ontvang, hetsy per SMS of epos. Daar word tans van

buite maatskappye gebruik gemaak.

Nog moderne tegnologie word vroeg in Desember

deur BEK in samewerking met ITB ingespan wanneer

die eerste toetslopies van “webvideo“ as eksperiment

uitgesaai gaan word. Webvideo behels ‘n kort,

voorafopgeneemde videoboodskap (beeld en klank)

wat op die web geplaas word.

Hierdie video (tans Windows Media-formaat of

video.wmv) kan dan deur rekenaargebruikers van die

Internet afgelaai of direk oopgemaak word. Die

speler wat hiervoor aanbeveel word is Windows

Media Player. Media Player vorm deel van die meeste

Microsoft Windows-bedryfstelsels soos Windows

2000 Professional en Windows XP Professional.

KN November 2005 uitgawe.p65 11/28/2005, 10:44 AM3

Page 4: KN November 2005 uitgawe - puk.ac.za · Ingenieurs-termofisika in 2006. Dit is ‘n groot eer wat hom te beurt geval het en onderstreep sy internasionale erkenning in die veld van

Kampusnuus - 4

Van die rektor se tafel

Welstand

Hier teen die einde van die jaar moet die spoed eintlik

begin afneem, maar dit lyk of dit net toeneem.

Sterkte vir almal met die laaste pylvak – ek dink

almal ervaar dat daar hierdie jaar op alle fronte groot

uitdagings aan almal gestel is, maar ons het daarin

geslaag om kop bo water te hou en goed te presteer.

Dit lyk of ons ons momentum behou het, in baie

gevalle meer momentum opgetel het, en of baie

kollegas, uit terugvoer wat ontvang word, wel ervaar

dat hulle ’n vervullende werkomgewing het.

Ek en die visekanselier is tans nog besig met

kampusbesoeke aan afdelings. Aan die einde van

hierdie reeks besoeke behoort kollegas darem weer

’n goeie indruk te hê van wat gedoen word. Dit is ook

reeds besluit dat hierdie besoeke gereeld elke semes-

ter gaan plaasvind.

Daar is Vrydag 18 November ’n raadsvergadering.

Ons hoop dat die moratorium op aanstellings dan gelig

kan word sodat mens weer bestuurslede en mense

op institusionele vlak sal kan aanstel.

Die beplanning is ook dat ons na die bestuurswerk-

winkel van 21 en 22 November die bevorderings gaan

aankondig. Finale standaardisering met die ander

kampusse is amper afgehandel. Ons is werklik

jammer dat dit so lank gesloer het, maar dit is deel

van die belyningsproses van die substantiewe

samesmelting.

Intussen is daar ’n finale besluit oor die hoofkantoor

geneem. Daar word ’n kleinerige hoofkantoor op die

hoek van Tom- en Joostestraat, oorkant die klubhuis

gebou. Dit is dan net vir die institusionele bestuur

(met uitsluiting van die kampusrektore). Werk

behoort vroeg volgende jaar te begin.

Ons eerstejaargetalle is BAIE belowend – om die

waarheid te sê, TE belowend. Ons is reeds verby ons

toegelate perk van 3 100, maar maak darem

voorsiening vir studente wat dalk nie gaan opdaag

nie. Ons het nog nooit so baie en sulke goeie aansoeke

gehad nie, waaroor ons steeds dankbaar is.

Dit gaan ook uitstekend met ons akademie. Ons het

tot dusver nuus ontvang dat ons sewe nuwe NRF-

gegradueerde navorsers het (wat die totaal tot net

oor 80 opstoot). Die voorlopige syfers vir navorsings-

uitsette lyk ook belowend en ons behoort ons aantal

artikels op te skuif.

Die wanklank die afgelope tyd was die plagiaataan-

tygings teen ’n kollega en ’n student. Dit het ons

opnuut onder die indruk gebring van die erns van

oortredings van kopiereg en die pleeg van plagiaat.

Daar gaan volgende jaar baie besondere aandag

hieraan geskenk word, want in heelwat studiegidse

en diktate wat in die onlangse verlede onder my

aandag gekom het is daar nie altyd duidelikheid oor

hierdie sake nie. Ek wil almal se aandag weer baie

pertinent hierop vestig, want wanneer sake soos

hierdie aan die groot klok gehang word, kry ons BAIE

beeldskade.

Sterkte met die eksamen en alles wat daarmee

gepaardgaan.

Dan wil ek kollegas graag ’n goeie vakansie

toewens. Diegene (hopelik omtrent almal!) wie se

evalueringsgesprekke en taakooreenkomste reeds

teen einde November afgehandel sal wees, gaan

sekerlik met ’n lekker gemoed met verlof, en gaan

dan in Januarie die tyd gebruik om dinge in plek te

kry vir 2006 – navorsing en studiegidse en voorbe-

reiding. Daar is weer eens ’n versekering gegee dat

daar nie vergaderings gehou en ander administratie-

we sake in Januarie moet aandag kry nie – ons kry

heelwat positiewe terugvoer oor die ekstra onbelem-

merde tyd wat kollegas in Januarie het (veel meer

positiewe as negatiewe kommentaar).

Mag dit vir julle almal ’n geseënde feesseisoen

wees – herlaai al die batterye en kom terug met

hernieude ywer om die uitdagings te pak.

PUK-Welstand het vanjaar 52 projekte aangepak

waartydens daar dienste aan personeel gelewer is!

Van die projekte was:

• Binnelandse Sake het die kampus drie keer vanjaar

besoek waartydens hulle 119 identiteitsdoku-

mentaansoeke van personeel, gades en kinders

hanteer het, asook 204 aansoeke om paspoorte.

• PUK-Welstand het ook by twee geleenthede 51

personeellede gehelp om internasionale rybewyse te

bekom.

• 48 personeellede is tydens twee geleenthede

gehelp om vir herlisensiëring van bestuurslisensies

aansoek te doen.

• 181 besprekings is vir gratis osteoporose-

siftingstoetse ontvang wat op die kampus plaas-

gevind het.

• 153 personeellede het vir gratis oogtoetse op die

kampus gekom wat deur professionele oogkundiges

gedoen is.

• Foto regs bo: Bykans tagtig personeel het aan die

PUK-Welstand gholfdag deelgeneem en sowat

veertig aan die PUK-Welstand tennisrondomtalie. Dit

was deel van die “BE ACTIVE”- program wat vanjaar

begin is en wat in 2006 baie op gefokus sal word.

Hier is (agter) Peet van Schalkwyk, Albie van Dijk,

Francois van der Westhuizen, Andries Odendaal,

Desmond Phuthi en Jacques Petzer. In die middel is

Rolandie Uys, Leoné Malan, Charlotte van Schalkwyk,

Elsie Lubbe, Nettie Redelinghuys, Ina Engelbrecht,

Zetta Botha, Elsa-Mari van der Watt, Johan du

Plessis en Rudolph Schutte. Voor is Dawie Janse van

Rensburg, Marzahn Botha en Gussie Windell.

• Tydens die PUK-Welstand se Bloeddrukweek is

909 personeellede se bloeddruk gemeet.

• 173 personeellede het griepinspuitings op die

kampus ontvang.

PUK-Welstand se volledige jaarverslag van projekte

PUK-Welstand daar vir personeel

en deelname, asook opvolgwerk op

projekte sal binnekort op hul web-

werf verskyn by www.puk.ac.za/

wellness/index.html

In 2005 is ses werksdae aan die or-

ganisering van gehoorsiftingstoetse vir

personeel gewy. 104 het deelgeneem.

Hier is dr. Jaco Kruger (musiek), me.

Adrie Roux (maatskaplike werk) en

mnr. Neels Pretorius van Phonak. Van

die gehoortoetse het op die kampus

in die klankdigte lokale van die

Sanlam-ouditorium plaasgevind.

KN November 2005 uitgawe.p65 11/28/2005, 10:44 AM4

Page 5: KN November 2005 uitgawe - puk.ac.za · Ingenieurs-termofisika in 2006. Dit is ‘n groot eer wat hom te beurt geval het en onderstreep sy internasionale erkenning in die veld van

Kampusnuus - 5

Personeelsake

Sonde en verkeerde dade is geensins koste-effektief

nie.

Verskeie korporatiewe reuse in Amerika het hul

leeftyd verkort weens swak etiese gedrag en dade

wat hul leierskap gekenmerk het.

Die korporatiewe gemeenskap wêreldwyd besef

dit vandag en is bewus van die belangrikheid om goeie

etiek te handhaaf asook die behoefte om aanvaarbare

gedrag af te dwing as vernaamste leierskapseienskap

van enige suksesvolle instelling.

Terwyl besprekings rakende die behoefte om ‘n

eenvormige etiese – en gedragskode verdiep het dit

duidelik geword in onderskeie vergaderings dat die

Noordwes-Universiteit (NWU) hom behoort te

verbind tot ‘n gedragskode wat almal insluit – van

studente tot werknemers oor die breë spektrum.

“Etiek is relevant in ons alledaagse lewe en

toepaslik in ons rol as werknemers sowel as be-

waarders van die universiteit se beeld,” sê prof. Chris

van der Walt, institusionele registrateur van die NWU

en voorsitter van die etiese – en gedragskodekomitee.

“Ons het prosesse en riglyne nodig om te verseker

dat die universiteit behoorlik beheer en bestuur word.

Die etiese kode en die gedragskode sal beslis help om

die gesamentlike doel te bereik.

“Ons het steeds mense nodig wat belangstel om

bydraes te lewer. As werknemers van hierdie univer-

siteit is dit ons verantwoordelikheid om vorendag te

kom met ons eie etiese – en gedragskode wat ons

almal pas.”

Volgens hom kan bydraes in enige van die amptelike

landstale gemaak word. “Ons sal nie beperk word

deur en of twee tale nie. Mense kan bydraes maak in

die taal waarmee hulle gemaklik voel.”

Kom ons praat etiek.

Hoekom wag?

Om die universiteit met hul vernuf bykans ’n

miljoen rand te spaar, wil gedoen wees.

Die instrumentmakers van die Noordwes-Uni-

versiteit - Potchefstroomkampus - het pas ’n

tabletpers vir die vakgroep farmaseutika

omskep van een met ’n enkel kompressie-aksie

na een wat nou dubbel die hoeveelheid poeier

kan saampers.

Dr. Dries Marais, vakhoof van farmaseutika,

sê hulle twee bestaande tabletperse het nie

meer aan hulle behoeftes voldoen nie. Hulle kon

egter nêrens in die land ’n pers met ’n dubbel

kompressie-aksie opspoor nie en ’n ingevoerde

een sou hulle sowat R1 miljoen uit die sak jaag.

Die instrumentmakery (wat al 53 jaar op die

PUK-kampus bestaan) is toe gevra om die

probleem op te los.

Mnr. Pieter Erasmus (hoof van die instrument-

makery) sê hulle het weggespring met die

ontwerp en planne vir die verandering van die ou

pers. Hulle kon binne twee maande die om-

skakeling teen slegs sowat R30 000 afhandel.

Met die insette van mnr. Danie Stoop, van

elektroniese dienste, het die instrumentmakery

’n nuwe en heelwat kleiner motor wat met ’n

rekenaar beheer word, van Amerika ingevoer.

Die bestaande pers, wat bykans twintig jaar oud

is, is só aangepas dat dit dubbel die hoeveelheid

poeier in ’n tablet kan saampers. Hulle het ook

’n stap verder gegaan en met ’n Suid-Afri-

kaanse onderneming onderhandel om die

matryse en stempels vir die pers teen ’n baie

billiker prys (R1 500 per stel) te vervaardig. Dié

matryse en stempels kos sowat R10 000 per

InstrInstrInstrInstrInstrumentmakumentmakumentmakumentmakumentmakererererery spaar PUK R1 miljoeny spaar PUK R1 miljoeny spaar PUK R1 miljoeny spaar PUK R1 miljoeny spaar PUK R1 miljoen

Van links is mnr. Johan Broodryk, senior

tegnikus en glasblaser by instrument-

makery, dr. Dries Marais, vakhoof van

farmaseutika, mnre. Gerhard Buys, PhD-

student, en Pieter Erasmus, hoof van

instrumentmakery.

stel om van Engeland in te voer.

Marais sê die pers word vir navorsing gebruik

waar daar na die eienskappe van samepersing

van verskillende poeiers in tablette gekyk word.

Hulle doen tans navorsing oor die gebruik van

Kitosaan (Chitosan) in die samepersingproses.

Kitosaan is fyn gemaalde krapdoppe wat as ’n

afvalproduk van ’n krapfabriek in die Oos-Kaap

verkry word.

“In baie tablette is die werklike geneesmiddel

se volume so klein dat dit met ander poeiers

saamgepers moet word. Kitosaan dien slegs

om die volume op te vul.”

Marais sê die kleinste tablet wat hulle

saampers is slegs 3 mm in deursnee en die

grootste is sowat 20 mm, die grootte van ’n

bruistablet. Die samepersing vind teen etlike

tonne per vierkante sentimeter plaas.

“Die omgeskakelde pers het ons navorsings-

moontlikhede geweldig uitgebrei. Nagraadse

studente het nou ’n veel groter navorsingsveld

binne die betrokke vakterrein.”

Vir navrae skakel Marais by (018) 299-

2276 of Erasmus by (018) 299-2200.

Die nuwe studente onderdersteuningstelsel (SOS) en MIV/Vigs-program is onlangs bekendgestel.

Bemarkingsmateriaal van grafiese ontwerpstudente wat aanstaande jaar in vigsveldtogte gebruik kan word, is

ook vertoon. Die probleme wat deur die SOS en vigskantoor ervaar word, is ook beklemtoon. Die span wat vir

die veldtog verantwoordelik is, is (voor) grafiese ontwerpstudente, Martha-Mari Roets, Doret Linde en Esteé

Steyn. Agter hulle is me. Marliaan Erasmus (studentevoorligter), mnr. Steven Bosch (dosent by die skool vir

kommunikasiestudies), me. Elana Olivier (MIV/vigs-koördineerder) en Kobie Greyling (student). Heel agter is

Richardt Strydom (dosent in grafiese ontwerp).

KN November 2005 uitgawe.p65 11/28/2005, 10:44 AM5

Page 6: KN November 2005 uitgawe - puk.ac.za · Ingenieurs-termofisika in 2006. Dit is ‘n groot eer wat hom te beurt geval het en onderstreep sy internasionale erkenning in die veld van

Kampusnuus - 6

Taalwenk

Daar word heel dikwels na oudpresident

Nelson Mandela as ’n ikon (Engels icon)

verwys. Wat word hiermee bedoel?

Die HAT (2000) verklaar ikon as

“gewyde portret, beeld van Christus, ’n

engel of heilige”. Ek het nog nie ’n kopie

van die 2005-uitgawe van die HAT nie

en weet dus nie wat daar staan nie. Die

South African Concise Oxford Diction-

ary (2002: 572) gee egter ’n addisionele

waarde aan, nl. “a person or thing re-

garded as representative symbol or as

worthy of veneration (d.i. verering)”. Dit

is duidelik dat hierdie betekenis bedoel

word as gepraat word van iemand wat

’n ikon van sy/haar tyd is.

Die spelvorm ikon is ook van belang.

Mense praat naamlik heel dikwels van

iemand wat ’n ikoon is. Is dit iets anders

as ’n ikon? Naslaanbronne dui aan dat

dit inderdaad wisselvorme is (die Afri-

kaanse Woordelys en Spelreëls (2002)

bevestig dit ook) en dat die rede vir die

gereelde gebruik van ikoon naas ikon lê

in die meervoudsvorm van ikon (ikone)

wat daartoe aanleiding gegee het dat

die taalgebruikers groter voorkeur gee

aan die uitspreekvorm ikoon. Dus:

gebruik die een wat jou die beste pas,

alhoewel die meer korrekte een wel ikon

sal wees.

WAMC

Ikon of ikoon

Twee nagraadse chemiestudente van die PUK-kampus van die Noordwes-Universiteit

het ’n eerste en derde plek tydens die SACI simposium vir jong chemici verower.

Nagraadse chemisestudente van vyf universiteite, Wits, UP, UJ, Unisa en die NWU,

het onlangs hulle navorsing by dié kongres aangebied. Anél van Niekerk het gewen en

Neels le Roux was derde. Hlangani Tutu van Wits was tweede. Dr. Ian Bratt en me.

Suzanne Finney van die Royal Society of Chemistry (RSC), asook dr. Ben Bezuidenhout

van Sasol het die projekte beoordeel. Anél se studieleier is prof. Henning Krieg van die

skool vir chemie en biochemie en Neels se studieleier is prof. Ernst Breet, ook van die

skool vir chemie en biochemie. Albei studente doen hulle navorsing binne die fokusarea

skeidingswetenskap en tegnologie. Van links is Hlangani Tutu, Anél van Niekerk,

Neels le Roux en me. Suzanne Finney van die RSC.Die PUK was onlangs die gasheer van die eerste Beeld Jeugberaad met die gepaste

tema van “Suid-Afrika 2020”. Dertig gr. 11-leerders is genooi om kennis te maak

met Afrikaanssprekende leerlinge uit ander kulture en agtergronde. Die doel van

die beraad was om jeugleiers die geleentheid te gee om bewus te raak van die

belangrikheid van gesprekvoering, veral oor die toekoms en die uitdagings wat

hulle as toekomstige leiers sal hanteer. Sprekers wat opgetree het was proff. Leon

Coetzee (Potchefstroom Besigheidskool), Kobus van Rooyen, Jonathan Jansen

(Tukkies) en ‘n paneel van Unisa. Hier is (agter) Lubbe Viljoen (Afrikaans Seuns

Hoër), prof. Annette Combrink (rektor, PUK-kampus) en Albertus Fischer (HS

Florida). Voor is Nadia van Rooyen (HS Overkruin); Marlie Kock (HS Menlopark);

Tertius Pelser (HS Menlopark).

Dr. Johan van Zyl, president en CEO van Toyota SA, het op 13 Oktober 2005 ’n gaslesing aangebied. Die titel van die lesing

was: “Bemarkingstrategie en die produklewensiklus - ‘n gevallestudie”. Van Zyl is buitengewone-professor by die skool vir

entrepreneurskap, bemarkings- en toerismebestuur. Die lesing is deur honneursstudente en personeel van die skool en

fakulteit bygewoon. In sy lesing het hy dit baie duidelik gestel dat die toepassing van beginsels uit die bemarkingsteorie ’n

groot bydrae tot die sukses van Toyota maak. Hier is prof. Japie Kroon, mnr. Aloe Meintjes, me. Christine De Meyer, Saskia

de Klerk, prof. Derik Steyn, dr. Johan van Zyl, proff. Renier J van Rensburg, Deon de Klerk en Pierre Mostert.

Die rektor, prof. Annette Combrink,

saam met die Pretoriase beeldhouer,

Jan van der Merwe, wat die Helgaard

Steyn-prys vir beeldhoukuns tydens ’n

spoggeleentheid by die visekan-

selierswoning ontvang het. By hulle is

me. Hanneli Koegelenberg-Rupert, trus-

tee van die Helgaard Steyn Trust, wat

die prys oorhandig het. Dr. John Botha,

senior lektor in kunsgeskiedenis by die PUK, was een van die beoordelaars vir vanjaar se prys, saam met prof. Dirk van den

Berg, namens die Universiteit van die Vrystaat, en dr. Lydia de Waal, kurator van die Sasol-kunsmuseum van die Universiteit

van Stellenbosch.

PUK gasheer van Beeld Jeugberaad

Beeldhouer

ontvang prys

KN November 2005 uitgawe.p65 11/28/2005, 10:44 AM6

Page 7: KN November 2005 uitgawe - puk.ac.za · Ingenieurs-termofisika in 2006. Dit is ‘n groot eer wat hom te beurt geval het en onderstreep sy internasionale erkenning in die veld van

Kampusnuus - 7

Kampus in beeld

PUK-personeel het onlangs opleiding oor ’n sagtewareprogram (Atlas.ti) ontvang. Dié

program word as hulpmiddel in die ontleding van kwalitatiewe data soos teks, klank,

video, foto’s en skilderye, vingerafdrukke, skyfies van breinsnitte en vele meer gebruik.

(‘n Demonstrasie-weergawe van die program kan verniet vanaf die Internet afgelaai word).

Agter is me. Marietjie Havenga, prof. Ferdinand Potgieter, direkteur van skoolgebaseerde

opleiding, en prof. Elsa Mentz, direkteur van die skool vir onderwysersopleiding

(natuurgerigte vakke). Voor is dr. Charles Viljoen van die skool vir voorligtings-

opvoedkunde, prof. Brigitte Smit van die Universiteit van Johannesburg (ou RAU) wat

die werkswinkel aangebied het en dr. John Botha van die skool vir kommunikasiestudies.

Sestien alumni van die “European and African Nutrition Leadership Programme

(ANLP)” het ’n driedag-lange safari bygewoon. Die doel van die safari was om

ervaring op te doen in die toepassing van ‘n geïntegreerde leierskapsmodel wat

elemente van die westerse modelle met tradisionele modelle uit Afrika kombineer.

Die safari was ook die eerste formele geleentheid waartydens alumni van die

Europese en Afrika leierskapsprogramme saam deelgeneem het en so ook hulle

Twee grafiese ontwerpstudente van die PUK

se ontwerpe sal aanstaande jaar op die

seëlreeks van die Suid-Afrikaanse Poskan-

toor skitter. Johan Schutte en Hantie Engel-

brecht, albei derdejaar grafiese ontwerp-

studente van die skool vir kommunikasiestu-

dies, se ontwerpe was deel van dertien Pukke

wie se ontwerpe oor , “Animal tracks – Sto-

ries in the sand”, vir publikasie oorweeg is.

Van links is me. Hanri de la Harpe, dosent in

grafiese ontwerp van die skool vir kommu-

nikasiestudies, Dineo Poo, produkontwik-

kelaar, en Thea Swanepoel, grafiese ont-

werper, albei van die poskantoor se filatelie-

dienste, Hantie Engelbrecht, Richardt

Strydom (dosent in grafiese ontwerp) en Johan

Schutte met hulle wenontwerpe.

eie wetenskaplike netwerke uitgebrei het. Op die foto as deel van die alumni is

personeel van die fakulteit gesondheidswetenskappe se skool vir voeding en

verbruikerswetenskappe, prof. Welma Oosthuizen (heel links), dr. Edelweiss

Wentzel-Viljoen (derde van links), me. Daisy Chasauka (vyfde van links) en prof.

Johann Jerling (vierde van regs). Vyf en twintig gekeurde deelnemers uit twaalf

Afrikalande het in November aan die vierde ANLP deelgeneem.

Die grafiese ontwerpstudent, Annemé Boshoff met haar sertifikaat

en goue medalje wat sy in ’n drukkerskompetisie in Nieu-Seeland

gewen het. By haar is me. Hanri de la Harpe, dosent in grafiese

ontwerp van die skool vir kommunikasiestudies.

KN November 2005 uitgawe.p65 11/28/2005, 10:44 AM7

Page 8: KN November 2005 uitgawe - puk.ac.za · Ingenieurs-termofisika in 2006. Dit is ‘n groot eer wat hom te beurt geval het en onderstreep sy internasionale erkenning in die veld van

Kampusnuus - 8

PROFIEL

Redakteur: Lieze du Preez • e-pos: [email protected] • Tel: (018) 299-2382 • Sel: 082-776-7522

Kampusnuus is op die web beskikbaar by www.puk.ac.za/nuus/kampusnuus

Haar geesdrif wanneer daar oor taalkwessies gepraat

word is aansteeklik en onsekerheid wat deur

verandering meegebring word ontlont kreatiewe

energie in die fyn klein vroutjie. Genoeg energie om

’n plan op die tafel te sit en dit te maak werk.

Die taaldirektoraat het verlede jaar gedurende

Maart tot stand gekom met Verhoef as die eerste

direkteur. Skaars ’n maand later is afgeskop met die

tolkdienste in 22 periodes. Dit het sedertdien

toegeneem tot 148 periodes en aanstaande jaar sal

die akademiese jaar afskop met 250 getolkte periodes

per week.

Hoekom het julle besluit op tolkdienste in plaas van

byvoorbeeld parallelmedium-onderrig?

Ons is, danksy die navorsing wat van verlede jaar

af oor die projek gedoen word, oortuig dat die tolking

van lesse die volhoubaarste en mees effektiewe

afleweringsmodus in klasse is. Dit word op weten-

skaplike basis gedoen en noukeurig gemoniteer.

Tolking het homself reeds bewys as ’n gunstige afle-

weringswyse omdat dit geld en tyd spaar. Dit sal in

die toekoms toenemend gebruik word.

Julle het onlangs ’n taaloudit gedoen waarin

personeellede en studente ook gevra is oor hul indruk

van die tolkdienste. Wat is die algemene indruk?

Sedert daar met die projek afgeskop is, is dit nou

'n aanvaarde konsep. Selfs op die afgeleë kampusse

is daar ’n genoegsame mate van aanvaarding. Hier

begin ’n gereedheid kom vir meertaligheid onder

studente waaroor ek my verheug. Studente self toon

aan dat getolkte klasse geleentheid gee vir natuurlike

interkulturele skakeling in akademiese en sosiale

verband.

Hoe kan dinge oor tien jaar lyk?

As ons ons dinge reg doen dan behoort ons oor tien

MarMarMarMarMarlenelenelenelenelene VVVVVerhoeferhoeferhoeferhoeferhoef,,,,,

dirdirdirdirdirekteurekteurekteurekteurekteur::::: taalsak taalsak taalsak taalsak taalsakeeeee

TTTTTaalkwaalkwaalkwaalkwaalkwessies is haar kessies is haar kessies is haar kessies is haar kessies is haar kososososos

Gebore: Amersfoort, daar in die misgordel in Mpu-

malanga

Hoërskool: Hoërskool Dundee

Kwalifikasies: BA Tale (Afrikaans-Nederlands, Isizulu

en Algemene Taal en Literatuurwetenskap), Hoër

Onderwysdiploma, Hoër Diploma in Biblioteekkunde,

BA Honneurs in Afrikaans-Nederlands, MA (Afrikaan-

se Variasietaalkunde), PhD Taalbeplanning: die stand

en toekoms van taalbeplanning vir Afrikaans in ‘n

multitalige Suid-Afrika (1991)

Loopbaan: Tikster-klerk (!) in die Ferdinand Postma-

biblioteek (moes die pot aan die kook hou toe Awie

op Teologiese Skool was), toe min of meer tien jaar

onderwys toe, en van 1995 af by die PUK – eers onder

meer Isuzulu-lektor by Vaaldriehoek en van verlede

jaar af hier in Potchefstroom.

jaar te kon bewys het dat die begrip funksionele

meertaligheid ’n werksbegrip is. Dit kan ’n aksie-

werkwoord wees – ’n begrip met werksklere aan.

“Ayikho enye indlela” (daar’s nie ‘n ander pad nie).

Die tolking moet egter te alle tye deeglik bestuur

word.

Die onderskeie tale wat by die NWU se kampusse

aandag kry is Engels, Afrikaans, Setswana en

Sesotho. Hoe word besluit watter klasse getolk

behoort te word?

Taal is ’n kommoditeit. Dit het dus ’n markwaarde.

Die markwaarde - die vraag na ’n spesifieke taal -

sal bepaal hoe die tolkdienste lyk.

Die NWU word dikwels (in die media) geprys vir sy

taalplan terwyl sommige ander universiteite pakslae

kry. Is ons ander instellings voor?

Ons het die taalkwessie reeds in 2000 formeel op

die tafel gesit en was die eerste wat met die

tolkdienste in die klaskamer begin het. Die tolkdienste

was ’n voorstel van dr. Theuns Eloff (visekanselier).

Hoewel ek voorheen moes hoor “ons blaf by die

verkeerde boom” kom steek ander universiteite nou

hier kers op.

Jou kommentaar oor die nasionale taalplan vir hoër

onderwys?

Ek sien dit as uiters bevrydend. Dit is honderd

persent uitvoerbaar omdat die parameters groot

genoeg is om uiteindelik ’n meertalige hoër onderwys-

sisteem te bewerkstellig. Dit skep ’n meertalige

sambreel waar Afrikaans ook tuiskom. Soos ander

inheemse tale is Afrikaans ’n nasionale bate en ons

moet dit so hanteer.

Jy is ook die taalombudsman. Wat beteken dit vir jou?

Dit is ’n uiters opwindende deel van my werk en

is ’n barometer van wat op taalgebied leef in die

harte van die

ouens. Dit gee

ons die kans om

taalbestuur

voortdurend te

belyn. Wanneer

mense die

geleentheid

gegee word om

te kan kla

bewerkstellig dit

vir ons ’n oor op

die grond en ’n

gesig in die

verte. Die

ombudskantoor is

dus ’n uitlaatklep

en ’n

ontlontingsplek

wat ons die

geleentheid gee

tot die verfyning

van waarheen

ons op pad is.

Waarmee is jy

tans besig?

Baie dinge

tegelyk. Hier is ’n

gewerskaf aan

die taalbeleid, die tolkprojekte eis tyd, die

kernkonsepteprojek (waar die kernbegrippe in

Afrikaans, Engels en Setswana in die studiegidse

opgeneem word) en die Setswana-aanleerprojek

vir die B.Ed-grondslagfase.

Hoe het jy by die taalkwessie betrokke geraak?

Ek is sedert 1995 by onbudswerk betrokke. –

voorheen by die Vaaldriehoekkampus waar ek help

ontwikkel het aan die kampustaalplan

Wat maak dinge vir jou makliker in jou werk?

Ek dink dit is omdat ek bevoorreg was om oor die

jare betrokke te kon wees by die nadink oor die

toekoms van taal. Ek het op ‘n manier ’n prentjie in

my kop oor waarheen ons op pad is. Kan jy glo? My

PhD-proefskrif in 1991 se titel was: Taalbeplanning:

die stand en toekoms van taalbeplanning vir Afrikaans

in ’n multitalige Suid-Afrika.

Jy is ook predikantsvrou en pendel tussen Pretoria

en Potchefstroom. Kry jy tyd vir jou gemeentever-

pligtinge?

Ek probeer, ondanks my baie beperkinge, my kant

bring. Die Gereformeerde-gemeente in Wierdapark,

Centurion, waar Awie een van die predikante is, is

nie ’n tradisionele gemeente nie. Jy het ruimte om

te doen wat jou gawes bepaal en wat jou om-

standighede is. Die dag sal kom waar ek 100%

aandag aan al die tipiese gemeentedinge sal kan gee.

My roeping lê nou wyer. En ... eintlik is ek glad nie

die tipiese predikantsvrou nie, en sien myself baie

eerder gewoon as vrou van die predikant.

By wie vind jy die meeste aanklank?

My ma en my man is my twee beste vriendinne.

Hoe langer ek en Awie getroud is hoe beter vriendin

raak hy vir my. Hy is regtig my klankbord. Ek is ook

goeie vriende met my drie seuns. Ons lag lekker

saam.

Jy het baie ysters in die vuur. Wat doen jy om te

ontspan?

Ek is lief vir tuinmaak, maar kry min tyd daarvoor.

Hoe sal jy jouself beskryf in die onderskeie rolle wat

jy moet vervul?

My werk is my plesier. My tuin is my sielkundige.

My manne (Awie en die seuns) is my oase. Die Here

is my herder.

KN November 2005 uitgawe.p65 11/28/2005, 10:44 AM8