56
Februarie 2013 `n handelsmerk van Só lyk die die vooruitsigte vir die landbou in 2013 Klante kan nou aanlyn met GWK oor diens gesels Graanmark vertoon gemeng

Kommuniek Februarie 2013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

GWK corporate magazine

Citation preview

Page 1: Kommuniek Februarie 2013

Februarie 2013

`n handelsmerk van

Só lyk die die vooruitsigte vir die landbou in 2013Klante kan nou aanlyn met GWK oor diens geselsGraanmark vertoon gemeng

Page 2: Kommuniek Februarie 2013
Page 3: Kommuniek Februarie 2013

Inhoud

16 Nuus in die GWK-groep

42 Wenkiekie

48 Tone in die sand . . .

10 Vooruitsigte vir landbou

2RedaksioneelTwaalf blinknuwe maande wag om gelééf te word . . .

3Geestelike akker Laat jou gawes jou anders maak . . .

4Agrikalender

5Damme en reënval

6Landbouwenke

8GWK: Direksie en Bestuur

10LANDBOUSAKEAktueelSó lyk die vooruitsigte vir die landbou in 2013.

14 Ons besigheidKlante kan nou aanlyn met GWK oor diens gesels. 16 Wat aandeelhouers moet weetDís nuus in die GWK-groep.

18 GraanGraanmark vertoon gemeng.

22GraanVolatiele Safex doen sy reputasie gestand.

24 PresisieboerderyBlaarsiektes by grondbone – voorsorg isbeter as nasorg.

26Presisieboerdery Universiteit ondersoek aarskroei en kopvrot. 28 SaadOntwikkeling van kultivars vir grondbone goed op dreef.

30Versekering GWK se kredietversekering: Kommer is iets van die verlede. 34 GWK NUUSNashua Mobile brei sy voetspoor na Prieska uit.Skool hou terrein skoon met nuwe vullisdromme. 36ONS MENSEOns kinders baljaar op die plaas! 42KOMMUNIEK KIEKIES Vakansie!

46Vir die jongspanPret op die plaas.

48VROUELeefstylLeef die hele jaar lank met jou tone in die sand.

50GesondheidSmullekker avokado’s . . .

51ResepAvokadohalwes met garnale. 52Agterblad Nommer 81 aan die beurt . . .

Page 4: Kommuniek Februarie 2013

2

Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking)

Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 072 215 1029

Advertensies Miranda van der Walt 083 709 0688

Twaalf blinknuwe maande wag om gelééf te word. . .

Carien

Carien GroblerRedakteur Redaksioneel

Hoofkantoor GWK Bpk. De VilliersstraatPosbus 47Douglas8730

Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630

Webwerfwww.gwk.co.za

VOORBLADFOTO`n Dubbeldoel Switser op die plaas Witwater naby Griekwastad. Foto: Bertie Theron

Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: Carien Grobler, [email protected] Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730.

T waalf blinknuwe maande lê voor ons en wag om gelééf te word. Twaalf vars beginne om

ons dagtake met passie aan te pak en `n verskil te maak . . . al is dit net in een mens se lewe. Want `n mens was suksesvol as jy selfs net een mens gehelp het om makliker asem te haal. As jy die wêreld net `n klein bietjie beter agterlaat, deur `n kind aan te raak, `n boom te plant of `n sosiale probleem aan te spreek, het die digter Ralph Waldo Emerson gesê. Teen die tyd wat ons lesers die eerste uitgawe van Kommuniek vir 2013 in hul hande hou, sal een van hierdie jaar se nuwe beginne reeds verby wees. Des te meer `n goeie rede om

vandag die lewe met albei hande aan te gryp en bewustelik te leef! Ons skop die jaar af met `n vooruit-skouing oor wat die landbou in 2013 vir ons gaan inhou. Dan kyk ons na GWK se nuwe Klante Kommentaarstel-sel waarmee klante deurlopend enige kommentaar oor dienslewering onder GWK se aandag kan bring. In die rubriek “Wat aandeelhouers moet weet,” kommunikeer ons belang- rike GWK-nuus aan ons aandeelhouers. Ons doen aan by GWK Graan vir `n oorsig oor GWK-produsente se prysings vir die afgelope maand en kuier by GWK Saad waar groot op- gewondenheid oor nuwe grondboon-kultivars heers. In Kommuniek Kiekies verlang ons

vandeesmaand saam met ons lesers terug na die sorgvrye vakansiedae. En dan kan die dames naderskuif, want as jy weet hoe, kan jy die hele jaar met jou tone in die sand leef! Ons leer dat `n sesgang maaltyd in `n enkele avokadopeer skuil en maak `n gesonde avokado-dis wat sal help om die vakansievetjies af te skud. Oudergewoonte is Piet terug om die lagspiere te prikkel en hierdie keer deel ons sy gewaarwordinge terwyl hy by die Ontvanger sit en wag dat nommer 81 aan die beurt moet kom . . . Lekker lees! Tot volgende keer.

Page 5: Kommuniek Februarie 2013

3

Lê julle toe op die liefde. Bly egter ook entoesiasties oor die gawes van die Gees (1 Korintiërs 14:1).

Ons almal wil graag betekenisvol leef. `n Sinvolle lewe dra mos by tot ons selfwaarde en selfvervulling. Die vraag is: Leef jy betekenisvol? Kan jy met oortuiging sê dat jy `n vervulde mens is omdat jy weet dat jy iewers op jou pad `n werklike verskil maak? Doen jy dit waarvoor jou Skepper jou hier op aarde geplaas het? Die feit is: jou Vader – die Een wat elke detail van jou lewe gemaak het – weet ook watter gawes Hy binne jou geplaas het. Hy het die bestanddele van jou

Laat jou gawes jou anders maak . . .menswees noukeurig uitgesoek en Hy weet presies wat die resep van jou lewe behoort te wees. Juis omdat Hy jou beter as jyself ken, weet Hy hoeveel goddelike gawes daar binne jou is, wat jou unieke sterk punte is en wat jou volle potensiaal is. Hy weet ook dat van jou drome dalk al mettertyd vervaag het omdat ander dinge jou lewe opgeeïs het of jy dalk vertroue in jouself verloor het. En dan sê Hy vir jou: My kind, jy is soveel meer werd as wat jy dink. Binne-in jou het ek wonderlike gawes geplaas waarmee jy my koninkryk kan bedien en waardeur jy groot beteke-nis in jou lewe sal vind. Kniel vandag voor jou Meester en

vra Hom: Here, wat is die gawes wat ek kan beoefen en waardeur ek U kan verheerlik?

Heilige Gees, ek wil `n diensbare en bruikbare instrument in u hande wees.

Uit: Laat Sy liefde jou lei deur Milanie Vosloo. Uitgegee deur CUM.

Milanie Vosloo Geestelike akker

Page 6: Kommuniek Februarie 2013

4

Veilingskalender en Veilingspryse

Veldramveiling, Prieska Kimberley groot- en kleinveeveiling Tippie Dormehl, Barkly Oos Hertzogville-veiling Kimberley groot- en kleinveeveiling

Veilingspryse vir lewendehawe - Januarie 201307/01 - 10/01

Slagosse

Slagkoeie Maer beeste Ligte kalwers (180-200kg) Swaar kalwers (201-250kg) Swaar kalwers (250kg +)

Bees

Skape

R13.00

R13.00

R11.50

R19.00

R18.00

R17.00

Kby

Slaglammers

Stoorlammers Kruislammers Slagooie Maer ooie Klein bokkies

Jong bokke Bokooie

Kby

R20.00

R20.00

R19.00

R14.50

R14.00

R21.00

R22.00

R18.00

14/01 - 18/01

Slagosse

Slagkoeie Maer beeste Ligte kalwers (180-200kg) Swaar kalwers (201-250kg) Swaar kalwers (250kg +)

Bees

Skape

R13.00

R13.00

R11.50

R19.00

R18.00

R16.50

Kby

Slaglammers

Stoorlammers Kruislammers Slagooie Maer ooie Klein bokkies

Jong bokke Bokooie

Kby

R20.00

R20.00

R19.00

R15.00

R23.00

R20.00

R18.00

R0

21/01 - 25/01

Slagosse

Slagkoeie Maer beeste Ligte kalwers (180-200kg) Swaar kalwers (201-250kg) Swaar kalwers (250kg +)

Bees

Skape

R11.00

R11.00

R9.00

R18.00

R17.00

R15.80

Kby

Slaglammers

Stoorlammers Kruislammers Slagooie Maer ooie Klein bokkies

Jong bokke Bokooie

Kby

R19.00

R18.50

R18.00

R14.00

R13.00

R23.00

R22.00

R18.00

20 Februarie21 Februarie26 Februarie27 Februarie28 Februarie

Kimberley aanteelveilingGriekwastad veiling Kimberley groot- en kleinveeveilingDouglas-veiling Boshof-veiling

7 Februarie12 Februarie13 Februarie14 Februarie19 Februarie

Foto: Bertie Theron

Page 7: Kommuniek Februarie 2013

5

Oranjerivier Vaalrivier

Hartsrivier Rietrivier

Modderrivier

Welbedachtdam GariepdamVanderkloofdamBoegoebergdam VaaldamAllemanskraaldamErfenisdam Spitskopdam Kalkfonteindam

Krugersdriftdam

96 97 98 113

76 41 49

76

63

85

Riviersisteem Dam % Vol

Huidige stand van damme Werklike vs. langtermyn reënval

020406080

100120140160180

Doug

las

Prie

ska

Hope

tow

n

Bark

ly-W

es

Riet

rivie

r

Vaal

harts

Reënval 25 Desember 2012 - 24 Januarie 2013

Werklik Langtermyn

Werklike min. en maks. temperature vs. langtermyn temperatuur

Inligting verkry van GFCSA

Damme en reënval

01020304050

Douglas Skaal

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Desember 2012 - 24 Januarie 2013

01020304050

Douglas Lunenburg

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Desember 2012 - 24 Januarie 2013

01020304050

Prieska Green Valley Nuts

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Desember 2012 - 24 Januarie 2013

01020304050

Barkly-Wes Ulco

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Desember 2012 - 24 Januarie 2013

01020304050

Rietrivier

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Desember 2012 - 24 Januarie 2013

01020304050

Hopetown Lilydale

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Desember 2012 - 24 Januarie 2013

01020304050

Vaalharts Jan Kempdorp

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Desember 2012 - 24 Januarie 2013

Maandelikse voorspelling Februarie 2013

Page 8: Kommuniek Februarie 2013

6

Landbouwenke

Mielies

� Aanplantings behoort in die jong gevestigde tot blomstadium te wees.

� Pas onkruidbeheer versigtig toe om wortelskade te voorkom.

� Droëbone is gevoelig vir versuiptoestande. Besproei daarom oordeelkundig, veral op swaarder gronde.

� Mikro-elemente soos boor en molibdeen kan tydens die vroeë blom- en peulstadiums toegedien word.

Droëbone

� Indien baie vogtige en reëntoestande heers, moet voorkomend teen noordelike blaarskroei gespuit word. Dit kan veral op swaarder gronde voorkom.

� Heelwat aanplantings gaan in bestuiwing- en pitsetstadiums en moet geensins droogtestres ondervind nie.

� Gaan aanplantings gereeld deur vir bolwurm-vreetskade.

� Aartappels is in die jong, gevestigde stadium en laat aanplantings word nog gedoen.

� Onthou dat uitgeloopte moere in opberging ook met virus en aartappelmot besmet kan word.

� Die beheer van opslag is krities om virusbesmetting te beperk.

� Maak implemente skoon wanneer van een land na `n ander beweeg word met plant.

� Plant moere wat goed uitgeloop het – dit bespoedig die opkomproses.

Aartappels

Stronkboorder is ook opgemerk en boor gewoonlik in die stam en basis van die pluime. Koppe kan ook later aangeval word. Bolwurm begin inkom by die pluimstadium en veral in die jong kopstadium. Motlokvalle kan uitgesit word om die motvlugte te monitor. Sodoende kan voorkomende bespuitings vroegtydig beplan word.

� Hou by met skedulering en maak seker plante ondervind nie droogtestres nie. Bone is gevoelig daarvoor tydens vroeë peulset.

� Monitor aanplantings vir bolwurm en luise en spuit vroegtydig.

� Spuit voorkomend vir swam-siektes soos bruinroes, donsige skimmel en poeieragtige meeldou, veral tydens vogtige, nat periodes.

� Saad moet nie lank in die son lê voor plant nie.

� Maak seker kultivars en generasies word nie vermeng nie.

� Plant eerder `n bietjie vlakker en erd op as om te diep te plant. Hoe vinniger die plante opkom, hoe beter.

� Wanneer plante opgeërd word (± 20 cm hoog), moet waterstres vermy word aangesien bruinskurf bevorder word as waterstres voorkom.

Page 9: Kommuniek Februarie 2013

Saamgestel deur GWK Navorsing en Ontwikkeling.

� Doen opvolg aalwurm-beheer, veral op grond met `n geskiedenis daarvan.

� Kalsiumtoedienings kan nog gedoen word om sekondêre peuldrag se pitkwaliteit te verbeter. Dit sal ook weerstand teen aalwurm verbeter.

� Voorkomende beheer van blaarsiektes soos blaarvlek is belangrik om `n goeie opbrengs, asook voldoende hooi te verseker. Die hooi het goeie voedingswaarde

en kan gebaal word. � Pas besproeiing aan soos die waterbehoefte verhoog aangesien peulset nou plaasvind

� Wees versigtig om nie te oorbesproei nie, veral nou in die reënseisoen. Gee swaar water en laat toe om redelik goed af te droog. Dit help om blaarsiektes te beperk.

� Wees op die uitkyk vir bolwurm en blaas- pootjies. Spuit vroegty-dig as die investasie hoog is.

� Die laaste sinkbemesting vir die groeiseisoen word in Januarie toegedien.

� Gaan normaal voort met besproeiing en onkruidbeheer – dit is veral belangrik by jong

aanplantings. � Plaagbeheer moet deurentyd toegepas word, veral vir stam- en basboorders, geel-pekanplantluis en skurfsiekte.

Pekanneute

Grondbone

� Begin grondvoorbereiding vir lusern en meerjarige weidingsmengsels wat vanaf middel Maart geplant kan word. Neem grondmonsters om voedingstatus van die grond te bepaal. Moet verkieslik nie lusern met lusern opvolg nie. Die kieming en opkoms kan

benadeel word deur inhiberende stowwe wat lusern afskei.

� Weidings vir herfsaanplan- tings sluit in meerjarige raaigrasse, klawers, lang- swenkgras, hawer en stoelrog.

� Voersorghum-aanplan-tings kan einde Februarie uitgeploeg word.

Lusern en weiding

Page 10: Kommuniek Februarie 2013

8

Voorsitter Frank LawrenceOndervoorsitter Frans Lubbe

Uitvoerende bestuurspan

Bemarkingskantoor: Oos-VrystaatHennie van der Walt079 511 4547

Direkte InsetteRocky le Roux082 317 7656 Veilings en GWK PropertiesWillie Meyer071 680 4103

Finansies en StelselsAndri Bezuidenhout071 686 8844

Bemarkingskantoor: Oos-KaapWikkie Burger079 519 1630

Meganisasie en IngenieurswerkeJohan Kruger082 809 4778

Versekering en FloTankBrits van den Berg082 803 5190

WestraKenne Louw082 804 7545 Bemarkingskantoor: KwaZulu-NatalTerence van Dyk082 885 4163

Sidi ParaniChris Piek083 629 8569

Menslike HulpbronneChopper Theart082 806 9995

DirekteureHennie CoetzeeWynand Human Johan Jacobs Tertius MaraisMattheus Maree

Willem MülkeEric RamongaloPiet RouxRonnie StadhouerKoos van der RystFrans Wiid

HoofbestuurBesturende DirekteurJohan van DykFinansiële Direkteur Johan KlopperHoofbestuurder: Handel Mark du Plessis

Hoofbestuurder: SpesialisprodukteLlewellyn Brooks Hoofbestuurder: Primêre ProduksiePieter Bekker

Hoofbestuurder: GraanprodukteTom MeintjesHoofbestuurder: Veilings, Vleis en SupermarkteWim van Rooyen

Direksie en Bestuur

Oliesade en PekanneuteAndreas Snyman082 801 1849

Veevoere en Aanverwante ProdukteChristo Beukman082 906 2382

VleisbedryweAlex Cilliers082 808 3063

Korporatiewe BemarkingNeil de Klerk 082 881 7531

GraanfasiliteiteCarl du Toit 082 906 2121

Saadproduksie, Chemikalieë en GewasproduksieCas Prinsloo 079 510 2710

Sekretariaat en RisikobestuurFreek Meyer083 644 0022

Finansiering en Finansiële Landbou-adviesKobie Greyvensteyn082 808 4178

Presisieboerdery, Produksienavorsing en Opkomende Boer OntwikkelingDup Haarhoff083 646 1111

Direksie

Page 11: Kommuniek Februarie 2013

Missie en Visie

Bestaansrede:As besigheid in produsente-besit, tree GWK as verleng-stuk van ons produsente se besighede op om volhoubare welvaart te skep vir deelne-mende aandeelhouers en belanghebbendes.

GWK beywer hom om ge- nerasies van suksesvolle produsente deel van land- bou te hou.

Visie:Om`n volhoubare agri-be-sigheid van uitnemendheid te wees.

Missie:Ons ontsluit potensiaal, skep welvaart en voeg waarde toe vir ons vennote-in-missie op `n entrepreneuriese wyse, ge- kenmerk deur:

� innoverende denke, � kreatiewe oplossings, � voortreflike besluitneming,

energieke uitvoering, en� gerugsteun deur eienaar-

skap en spesialisasie.

Waardesisteem:� Met eerlikheid, integriteit en deursigtigheid,� sosiaal verantwoordbaar teenoor ons gemeen- skappe,� in vennootskap met ons personeel, en� met holistiese volhoubaar- heid as oogmerk.

Page 12: Kommuniek Februarie 2013

10

Page 13: Kommuniek Februarie 2013

11

Só lyk die vooruitsigte vir die landbou in 2013

Carien Grobler Aktueel

Suid-Afrikaanse kommoditeits-markte het die afgelope sei-soen skerp stygings ervaar. Kommuniek het by `n paar kenners gaan kers opsteek oor wat produsente in 2013 kan verwag wat graan, vleis, oliesade en katoen betref.

D ie Suid-Afrikaanse kom-moditeitsmark word deur internasionale markte ge-

lei.” Só sê mnr. Pieter van Wyk (Bestuurder: Akkerbougewasse van AMT). AMT spesialiseer in die ont- leding van markprysneigings vir agribesighede. “Die hoofsaak is dat ongunstige weersomstandighede veroorsaak het dat Amerika, asook ander uit-voerlande soos Argentinië en die Oekraïne, se graanvoorrade dras-ties afgeneem het en sterk stygings in kommoditeitspryse veroorsaak het. Die hoë reënval wat in Aus-tralië voorgekom het, het op sy beurt hierdie land se opbrengste negatief beïnvloed.” Met die knapheid in voorrade wat nou bestaan, is daar `n neiging om meer mielies te plant, aange-sien die prys goed is. Amerika gaan waarskynlik rekord hoeveelhede mielies, koring en oliesade aan-plant, wat `n opwaartse styging in pryse sal beperk, meen Van Wyk. “As `n mens na die Safex-Juliepryse

kyk, is dit reeds laer as die huidige prysvlakke. “Ons kan vanjaar groot mielieoeste verwag, afhangend van weers- en groeitoestande.” Volgens Van Wyk is beplande koring-aanplantings vir die nuwe seisoen die laagste in dekades. “Dit sal opwaartse druk op ons ko-ringpryse uitoefen. Suid-Afrika is egter `n netto invoerland, wat bete-ken dat ons meer koring sal invoer as voorrade begin daal.” Die hoë graanpryse wat tans er-vaar word, het ook hoe vleispryse tot gevolg, sê Dawid Snyman van Absa Agribusiness in Absa se Agricultural Outlook 2013. “Die grootte van kuddes in Suid-Afrika en Amerika het afgeneem

weens die droogte en die getalle van vee wat gereed is vir slagting sal nog die volgende twee jaar laag bly, aangesien dit tyd neem om kudde- getalle te herbou.” Mielies “Die gevolg van die droogte in Amerika verlede jaar was `n skerp styging in prys weens paniek in die mark oor `n moontlike wêreldwye tekort aan mielies,” sê me. Karlien van Zyl (Bedryfshoof: Finansiële Landbou Adviesdienste van GWK). “Verder is `n afname in ethanol-produksie gesien en was die finale impak van die kleiner Amerikaanse oes in die wêreld-voedselvoorraad nie so groot soos aanvanklik verwag is nie.”

Wêreld mielieproduksie. Bron: US Grains Council.

Page 14: Kommuniek Februarie 2013

12

Volgens Van Zyl het mieliepryse gestabiliseer nadat die grootste paniek rondom voedselsekerheid oorgewaai het. “Die verwagting is nou dat die maksimum hektare wêreldwyd ge-plant sal word. “Wat die internasionale mark betref, is daar `n stryd tussen mie-lies en sojabone vir hektare, wat veroorsaak dat pryse weer in die korttermyn verhogings kan sien. “Die wêreldwye maksimum aan-plantings sal pryse egter waarskynlik later in die jaar onder druk plaas.” Aangesien Amerika in hul somer-maande begin plant, is die interna-sionale mark nog onseker wat die prys betref, sê Van Zyl. Die prys sal hoofsaaklik afhang van die wêreldwye vraag en aanbod, asook die weersomstandighede oor die volgende paar maande. “Binnelands is daar verwagtinge vir `n groot oes. Groot hoeveelhede mielies is landswyd aangeplant en goeie reën het in die bestuiwingstyd geval. Gevolglik sal Suid-Afrika waarskyn-lik `n surplus-oes lewer en dus weer naby aan of by uitvoerpariteit ver-handel. Ons prys is dus weer van die inter-nasionale mark afhanklik, maar sal ook deur die wisselkoers beïnvloed word. “Ekonome voorspel dat die Rand tot `n vlak van R9/R9,30 kan ver-swak, wat `n gunstige invloed op die mielieprys kan hê wanneer ons op uitvoerpariteit verhandel. Indien uitvoere deur die loop van die jaar optel, kan ons `n oplewing in pryse verwag.” Koring “Wêreld koringproduksie het se-dert 2000 met 14% gegroei en kon selfs hoër gewees het as die af-gelope seisoen normaal was,” sê Snyman. “Die lande wat die grootste groei in koringproduksie getoon het, is Rusland (25%), Indië (23%) en

China (18%). Amerika en Kanada se produksie het dieselfde gebly, maar Suid-Afrikaanse koringproduksie het met 30% gedaal.” Snyman skryf hierdie daling onder meer toe aan baie lae koringpryse en die swak gehalte van koring weens reën tydens die oesproses. “`n Ander faktor wat `n rol gespeel het, was die onlangse styging in die mielieprys. “Vanweë die hoër pryse en die feit dat mielies se gradering nie der-mate beïnvloed word deur slegte weer tydens die oesproses nie, het produsente meer mielies geplant om die risiko te verlaag.” Volgens Snyman is wêreld koring- produksie en –voorrade op gemak- like vlakke, maar kan dit in die vol-gende seisoen verhoog as die weer toelaat dat koring tot optimale vlakke ontwikkel. “Koringpryse sal verdere opwaartse druk ervaar weens lae voorraad-vlakke vir somergrane. “Die opwaartse druk kan effens ver-lig word deur goeie oeste van lande in die Suidelike Halfrond, maar `n La Niño-weerstelsel sal druk plaas op die ontwikkeling van oeste”. Snyman meen dat die laer koring-produksie die plaaslike industrie onder groot druk sal plaas aange-sien graan op die internasionale

mark aangekoop sal moet word. “Daarom sal die prys na verwagting min of meer na invoerpariteit be-weeg.” Oliesade (grondbone) “Die verwagting is dat Argentinië en Brasilië normale aanplantings sal doen, aangesien produsente wêreld-wyd mielies en sojabone in rekord hoeveelhede sal aanplant,” sê Van Zyl. Indië het tydens aanplantings in 2012 `n droogte beleef en sal on-geveer 30% minder as normaalweg oes. “Dit laat China met `n tekort en sal veroorsaak dat hulle die sur-plus grondbone van Amerika af opkoop. Dit is egter `n oorreaksie en pryse sal waarskynlik van April tot Augustus styg tot $1 700, wat `n goeie riglynvlak is. “Die risiko is egter dat die resessie-gevoel langer voortduur en pryse langer neem om te herstel. Veral Europa se verbruiksyfer het afge-neem. Hierteenoor verwag Amerika dat die daling in pryse positief sal wees vir die verkope van grond-boontjiebotter, wat hul grootste verbruiker is.” Volgens van Zyl moet Suid-Afrika in die volgende jaar weer 10 000 tot 20 000t uitvoer om te verse-ker dat die binnelandse mark op

Page 15: Kommuniek Februarie 2013

13

invoerpariteit verhandel. Suid-Afrika se uitvoerprys is die afgelope jaar $300 bo Runner-pryse. “Ons behoort dus uit te voer teen $1 800 CIF Rotterdam of $1 900 - $2 000 CIF Japan van nou tot Junie 2013. Hierna kan pryse geleidelik styg tot $2 300 teen September. “Die mark, wat onlangs `n val van 30% beleef het, kan veroorsaak dat kopers sal wag om te kyk of pryse nie verder kan val nie. “Hierdie sentiment is nie net ne-gatief nie, want laer pryse kan verbruik weer stimuleer. Die mark het ongunstig gereageer op die abnormaal hoë pryse van verlede jaar en `n prysvlak van tus-sen $1 500 en $2 000 sal verbruik herstel.” Vleis “Die krisis in die mark weens Slenkdalkoors en droogte het hom-self redelik uitgespeel en ons kyk nou na `n meer stabiele mark in die langtermyn,” meen Van Zyl. “Vanweë die vroeë reën in die Noord-Kaap, kan ons verwag dat produsente van hul vee sal terug- hou en dus effens minder aanbied op veilings in die korttermyn.” Die groot rolspelers in die mark is hoender, vark, bees en in `n mindere mate skaap, hoewel dit `n groot mark binne die GWK-bedieningsgebied uitmaak, sê sy. “Die vark- en hoenderindustrie was verlede jaar onder groot druk met stygende voerkoste en goedkoop in-voere. Met die mielieprys wat redelik gestabiliseer het, sien ons `n posi-tiewe neiging in hierdie markte, `n steeds groeiende vraag en pryse en marges wat meer positief word vir die produsent. Volgens van Zyl het die hoë mie- lieprys ook die speenkalfprys onder-druk, met voerkrale wat minder vir speenkalwers betaal. “Die slag- en speenkalfprys het die afgelope paar weke geval, wat `n verwagte neiging was ná moont-like oorspandering in die Feestyd.

Verbruik neem dus in Januarie en Februarie af. Na verwagting sal ver-bruikersbesteding in Maart en April weer optel en sal pryse herstel. “Verder word verwag dat die voor-winter lamseisoen baie goed sal wees, wat lampryse in Augustus onder druk kan plaas.” Wat `n mens egter nie uit die oog moet verloor nie, is dat die huidige ekonomiese toestande steeds `n negatiewe invloed op die vleisbe- dryf het aangesien die besteebare inkomste van verbruikers steeds onder druk is, meen van Zyl.

Die hoë styging in vleispryse op kleinhandelvlak in 2011 het nooit afgeplat nie en die voordeel van laer produsentepryse word nie aan die verbruiker deurgegee om ver-bruik te stimuleer nie. “In die langtermyn lyk die prentjie egter meer gunstig vir produsente. Met Suid-Afrika se groeiende be- volking sal die vraag na vleis waar- skynlik in die toekoms aanhou groei. “Soos wat die middelklas in Suid-Afrika se koopkrag toeneem, verwag ons ook om `n verdere skuif van plantproteïen na vleis te sien.”

Foto: Bertie Theron

Page 16: Kommuniek Februarie 2013

14

Carien GroblerOns Besigheid

Klante kan nou aanlyn met GWK oor diens gesels

O ns wil verstaan wat vir ons klante belangrik is en aan elkeen se

behoeftes voldoen. Só sê mnr. Johan van Dyk, GWK se Besturende Direkteur. In die lig hiervan het GWK `n Klante Kommentaarstelsel aanlyn

beskikbaar gemaak en sodoende vir klante `n platform geskep om enige kommentaar rakende GWK se dienslewering onder ons aandag te bring. Die stelsel en werksvloei verseker tydige terugvoer en behoorlike afhandeling van versoeke binne ooreengekome tydraamwerke.

Die stelsel bied ook funksionaliteit aan personeel om kommentaar van enige eksterne rolspelers aan te meld. Die stelsel is direk vanaf GWK se webtuiste, www.gwk.co.za, beskikbaar waar `n klantediens-knoppie toegang tot die stelsel bied.

Die tuisblad van GWK se webtuiste, www.gwk.co.za, waar klante op die klantediens-knoppie kan kliek om toegang tot die Klante Kommentaarstelsel te verkry.

Page 17: Kommuniek Februarie 2013

15

Hier vul die klant sy/haar besonderhede in en kies dan tussen `n soort versoek, naamlik algemene kommentaar, kompliment, versoek of diens. Die onderwerk van die versoek, sowel as die besonderhede rakende die versoek word dan ingevul. Wanneer die klant die “stuur”-knoppie druk, word die versoek binne GWK na die betrokke personeellid gestuur wat dit dan op die gepaste wyse sal hanteer.

Links: Die tuisblad van die Klante Kommentaarstelsel waar klante die opsie het om op hierdie knoppie te kliek om voorstelle te doen, kommentaar te lewer, GWK te laat weet van enige kwessies wat aandag vereis of ons te komplimenteer.

Navrae oor GWK se Klante Kommentaarstelsel Kontak gerus vir Leigh by 053 298 8203 of stuur `n e-pos na [email protected]

Ons klante help ons om landbou te innoveer. Hierdie blad is daarom vir u geskep om insette in ons besigheid te lewer. Hier kan u voorstelle doen, kommertaar lewer, ons laat weet van enige kwessies wat ons aandag vereis of ons komplimenteer.

Page 18: Kommuniek Februarie 2013

16

Wat aandeelhouers moet weet

Dís nuus in die GWK-groep

Mnr. Johan van Dyk

W elkom by die eerste aflewering “Wat aan-deelhouers moet weet”.

In hierdie rubriek word belangrike, maar minder bekende nuus en gebeure in die GWK-groep aan aandeelhouers gekommunikeer:� Die koringmeule-projek op

Modderrivier vorder baie goed. Die padverlegging tot die eindom is feitlik voltooi en die maaltoerusting vir die koringmeule is reeds bestel. Onderhandelinge met verskaffers vir die pasta- en koekietoerusting is op die oomblik aan die gang.

� Die agterstallige persentasie van die GWK-debiteureboek het vir November 2012 jaar-op-jaar gedaal en GWK se debiteure is kerngesond. Dit is `n uitsonderlike prestasie, veral gesien in die lig van `n industrie waar verskeie besighede onder verhoogde agterstallige debiteure gebuk gaan.

� Die Direksie van die GWK-groep het kapitale spandering goedgekeur vir die vestiging van `n spesialis-besproeiingswinkel

op Douglas. Hierdie loodsprojek het ten doel om `n volledige eenstop-besproeiingsdiens aan GWK se klante te lewer en kan ook na ander sentra uitgebrei word.

� Mnre. Llewellyn Brooks (Hoofbe-stuurder: Spesialisprodukte) en Andreas Snyman (Uitvoerende Bestuurder: Oliesade) het Japan en China in Desember besoek om markte vir GWK-produsente se grondbone en pekanneute te ontsluit en te optimaliseer. Die oogmerk is om direk met kopers te onderhandel eerder

as om van `n uitvoeragent te gebruik. Sodoende word koste uit die waardeketting verwyder om `n beter transaksie vir GWK-produsente beding.

� GWK het die Labora-eiendom in Kimberley bekom. Die eiendom is op die N12 langs die GWK- handelstak geleë. GWK huur tans `n wesenlike hoeveelheid kantooroppervlakte in Kimberley en `n finansiële analise het getoon dat dit meer koste-effektief sal wees as GWK `n eie kantoorgebou oprig en die bestaande kantoorruimte wat in Kimberley gehuur word, daarin gekonsolideer word.

� Die moontlikheid word op die oomblik ondersoek om addisionele kantoorgeboue langs die GWK-kantoorgebou op die eiendom in Kimberley op te rig, wat dan kommersieel verhuur kan word. As dit lewensvatbaar sou wees, word dit oorweeg om ook eksterne beleggers by die projek te betrek.

GWK-groete,Johan van Dyk

Page 19: Kommuniek Februarie 2013

GWK . . . ons innoveer landbouGWK se aandeelhouers is passievol oor die bewer- king van landbougrond. Ons fokus is om in elke aspek van hul boerdery betrokke te wees en waarde toe te voeg. Só beywer GWK homself om generasies van suksesvolle landbouers deel van die landbou te hou én voorsien ons kos en ander produkte aan die wêreld.

innoveer landbou

_000574

_00064_000904

kreatiewe oplossings

innoveer landbou

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas,

8730 Tel: 053 298 8200

Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ̀ n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ̀ n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou- waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

Page 20: Kommuniek Februarie 2013

18

Page 21: Kommuniek Februarie 2013

19

Graanmark vertoon gemeng

Herman GroblerBestuurder: Graanaankope van GWK

Graan

D ie graanmark het sedert die mees onlangse rapportering op 23 November 2012 ge-

meng vertoon. Die nabymaand Safex-koringkon-trak het sterk gebly en op 29 Novem-ber 2012 `n hoogtepunt van R 3 749/t bereik. Daarna het die prys met byna R350/t getuimel ná `n laagtepunt van R3 381/t op 10 Januarie 2013. Sederdien kon die koringmark kop op-tel en verhandel dit met die skryf van hierdie artikel op 18 Januarie 2013 op vlakke rondom R 3 500/t. Die Julie 2013 Safex-geelmieliekon-trak het baie dieselfde gereageer en die positiewe momentum behou om op 26 November 2012 `n hoogtepunt van R 2 454/t te behaal. Daarna het hierdie kontrak, soos koring, terug- gesak en op 11 Januarie 2013 `n laagtepunt van R 2 032/t behaal. Dit verteenwoordig `n prysbeweging van R 422/t in net meer as `n maand. Dit het ook, soos koring, sedertdien ef-fens herstel en verhandel op die oom-blik rondom R 2 100/t. Vooruitsigte vir graanpryse is steeds moeilik om te pyl omdat die seisonale “weermark”-verskynsel die plaaslike mark se rigting sal bepaal. Onsekerheid oor toenemend verswak-kende internasionale produksietoes- tande, asook `n voortdurend verswak-kende geldeenheid is die spreekwoor-

delike katte wat in ons graanmark se hoenderhok rondloop. Met die skryf van hierdie artikel was die stand van sake as volg: Geelmielies 2012/13 Seisoen Tydens die periode 23 November 2012 tot 18 Januarie 2013 het mini- male prysvasstellings m.b.t. die 2012/2013-mielieoes plaasgevind, d.w.s. graan wat vanaf Maart 2012 geoes is. Gevolglik verminder die ongeprysde sy-fer van 3,09% in November 2012 tot 1,96%. Dit verteenwoordig slegs `n ver- andering van 1,13% en sal dus min in-vloed op die gerealiseerde gemiddelde prys meebring, soos wat in Tabel 1 ge-sien kan word. Tabel 1 toon ook die gemiddelde prysvlakke waarna ons vir die betrokke seisoen moet oplet. Maart en Mei 2012 prysvasstellings is reeds afgehandel. Die Julie 2012 gekontrakteerde geelmielies wat op die Julie 2012 Safex-geelmieliekontrak geprys word voor 1 Julie 2012 en verder op die Sep-tember 2012 geprys is vanaf 1 Julie 2012, daarna op die Desember 2012 geprys word vanaf 1 September 2012 en tans op die Maart 2013 Safex-kon-trak geprys word vanaf 1 Desember 2012, kon tot dusver `n gemiddeld van R 2 274/t realiseer. GWK se Bemarkingsplan kon daarin slaag om R 1 970/t te realiseer en tot

op hede kon produsente `n prys van R 2 119/t behaal. (Neem in ag dat die Julie GWK BPK* slegs op die Julie- kontrak verhandel het en dat daar `n na-seisoen plan is wat ten doel het om die Julie BPK* aan te vul wanneer hier- die plan eersdaags afsluit.) Wintergewasse 2012/2013- seisoen Tabel 2 toon die gemiddelde prysvlak-ke waarna ons vir die onlangse koring- oes moet oplet. Prysvasstellings op broodkoring staan op die oomblik op 94,22% van die verwagte tonnemaat. Dit het met ongeveer 6,72% gestyg vanaf verledemaand se 87,50%. Gunstige prysvlakke het die afgelope tyd prysvasstellings aangemoedig. Tabel 2 toon dat produsente, uitgesluit die GWK BPK*, se gemiddelde Safex-prys vir Desember 2012 gekontrak-teerde koring op die oomblik op R 3 344/t staan in vergelyking met `n gemiddelde Safex-prys van R 3 428/t. Voor 1 Desember 2012 word 2012- koring op die Desember 2012 Safex- koringkontrak geprys en ná 1 Desem-ber 2012 word die prysvasstelling op die Maart 2013 Safex-koringkontrak gedoen. Durum-prysvasstellings staan op die oomblik op 82,10% met `n gemiddel-de Safexprys van R 3 052/t. Soos koring word die Maart 2012 Safex-koringkontrak ná 1 Desember

% van verwagte

oes geprys *

Safexgemiddelde

prys

GWKbemarkingsplan

prys

Produsentegemiddelde

prysGEELMIELIES 2012/2013Maart 2012 100,00% R 2,350 N.v.t. R 2,325Mei 2012 100,00% R 2,090 R 2,185.00 R 2,090Julie 2012 - Maart 2013 98,04% R 2,274 R 1,970.00 R 2,119

Tabel 1.

Page 22: Kommuniek Februarie 2013

20

2012 gebruik. Die GWK BPK* kon `n finale Safex gemiddelde prys van R 3 350/t reali-seer, soos aangedui in Tabel 2. Geelmielies 2013/14-seisoen Tabel 3 toon die gemiddelde Safex- prysvlakke ten opsigte van die 2013/2014-geelmielieseisoen. Die 2013/2014-geelmielieoes is tot dusver 41,53% geprys. Dit verteenwoordig `n toename in prysvasstellings van 24,93% vanaf die vorige maand se 16,6%. Tabel 3 toon ook dat daar tot op hede 9,19% van die verwagte Maart 2013- geelmielies geprys is teen `n Safex ge- middelde prys van R 2 669/t. Hierdie gemiddelde Safex-prys vir die Maart 2012 Safex-geelmieliekontrak is aansienlik hoër is as die huidige Maart 2012 Safex gemiddelde prys van R 2 481/t, oënskynlik omdat die meer-derheid van die tonne geprys is toe Safex teen hoër vlakke verhandel het. Produsente met Mei 2013-mielies kon teen `n gemiddeld van R 2 281/t prys, terwyl die Mei 2013 Safex-gemiddeld

op die oomblik op R 2 233/t staan. Dit verteenwoordig 36% van die ver-wagte Mei 2013-geelmielieoes wat tot nou toe geprys is teenoor die byna 20,13% van verlede maand. Produsente kon op die Julie 2013 Safex-geelmieliekontrak `n gemiddeld van R 2 236/t klop deur `n gemiddelde prys van R 2 291/t te behaal. Tot dusver is 29% van die Julie 2013- geelmielies geprys teenoor 19% wat verlede maand gerapporteer is. Prysvasstelling wat met behulp van op-siestrategieë aangegaan is, dra onge-veer 15% tot die huidige totale prys-vasstellings by. Die restant van 85% van die prysvas-stellings is dus deur middel van termyn-kontrakte aangegaan. Die minimum gewaarborgde prysvlak-ke van die opsiestrategieë word gebruik in die bepaling van die gemiddelde Ju-lie 2013 produsente behaalde Safex-prys van R 2 291/t. Die produsente gemiddelde prys het met R7/t gedaal in die afgelope tydperk in vergeleke met die R2 298/t wat in Desember 2012 gerapporteer is.

Wintergewasse 2013/2014- seisoen Tabel 4 toon die gemiddelde Safex- prysvlakke ten opsigte van die 2013- koring seisoen. Die gunstige prysvlakke het sommige produsente se belangstelling gewek en is daar die afgelope tydperk, van-af 23 November 2012 tot 18 Janua-rie 2013, klein volumes koring geprys op die Desember 2013 Safex-koring-kontrak. Slegs 1,52% van die verwagte win-tergewas oes kon deur produsente ge-prys word teen `n Safex gemiddelde prys op die Desember 2013 Safex- koring kontrak van R 3 515/t. Die Desember 2013 Safex-koringkon-trak staan op die oomblik op R3 546/t gemiddeld. Verhandelingsolumes op hierdie kon-trak op Safex blyk die beperkende fak-tor te wees waarom daar nie meer tonne geprys is nie. *(BPK = bemarkingsplan kontrak). GWK Graan verwelkom enige te- rugvoer oor ons maandelikse artikel. Kontak ons gerus by 053 298 8444.

% van verwagte

oes geprys *

Safex gemiddelde

prys

GWKbemarkingsplan

prys

Produsentegemiddelde

prys **WINTERGEWASSE 2012/2013Broodkoring 94,22% R 3,428 Geen deelname R 3,344Durum 82,10% R 3,428 Geen deelname R 3,052

Tabel 2.

Tabel 3.

Tabel 4.

Tabel 2.

% van verwagte

oes geprys *

Safexgemiddelde

prys

GWKbemarkingsplan

prys

Produsentegemiddelde

prys **GEELMIELIES 2013/2014Maart 2013 9,19% R 2,481 N.v.t. R 2,669Mei 2013 36,00% R 2,233 Realiseer einde April '13 R 2,281Julie 2013 29,00% R 2,236 Realiseer einde Junie '13 R 2,291* Verwagte oes bestaan uit alle verwagte graan aan GWK verkoop, sluit buiteverkope uit.** Uitsluitlik produsenteprysings, bemarkingsplan tonne nie ingesluit.

% van verwagte

oes geprys*

Safex gemiddelde

prys

GWKbemarkingsplan

prys

Produsentegemiddelde

prys **WINTERGEWASSE 2013/2014Broodkoring 1,52% R 3,546 Realiseer einde Nov. '13 R 3,515

% van verwagte

oes geprys *

Safexgemiddelde

prys

GWKbemarkingsplan

prys

Produsentegemiddelde

prys **GEELMIELIES 2013/2014Maart 2013 9,19% R 2,481 N.v.t. R 2,669Mei 2013 36,00% R 2,233 Realiseer einde April '13 R 2,281Julie 2013 29,00% R 2,236 Realiseer einde Junie '13 R 2,291* Verwagte oes bestaan uit alle verwagte graan aan GWK verkoop, sluit buiteverkope uit.** Uitsluitlik produsenteprysings, bemarkingsplan tonne nie ingesluit.

Page 23: Kommuniek Februarie 2013

WITMIELIES

DKC78-27DKC78-87BDKC78-83RDKC78-79BRDKC77-77BR

GEELMIELIES

DKC61-94BR

Nuut in 2013Nuut in 2013

Vars uit die DEKALB®-oond …up

pe m

arke

ting

A07

883/

GW

K

®

Met Monsanto se DEKALB®-kultivars kry jy nie halfgebakte resultate nie.Monsanto het hul DEKALB®-saadresep verder vervolmaak en jy kan nou hul nuwe kultivars op die proef stel. Dié kultivars bevat steeds dieselfde beproefde bestanddele – meerkoppigheid, goeie staanvermoë, siekteverdraagsaamheid en uitstekende opbrengs. Ons dink jy sal saamstem ... dié nuwe DEKALB®-kultivars kóók!

DEKALB® – Dis mos mielies!™

Monsanto tel: 011 790-8200 | www.monsanto.co.zaKliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8201 of stuur ’n e-pos aan: [email protected].

Monsanto en DEKALB® is geregistreerde handelsname van Monsanto Technology LLC.

Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

Page 24: Kommuniek Februarie 2013

22

Volatiele Safex doen sy reputasie gestand

Handré van HeerdenGraanverhandelaar van GWK

Graan

M et die luukse van `n terug- blik, is dit relatief maklik om selektief die mielie-

bulfaktore van einde November 2012 te identifiseer. Twee weke later was die bere in be-heer en pryse op Julie 2013-geel- mielies het binne `n maand met R400 gedaal. Dit is egter baie moeilik om midde-in die prysstorm wat daagliks woed, te bepaal watter faktore die oorhand ge-niet. Voeg boonop “rigtinggewende voorbladopskrifte” soos “ R3300/t wink vir SA mielieboere” soos op Lanbdou Weekblad se voorblad van 29 Augustus 2012 daarby en teenstry-dighede loop soos sardientjies tydens die jaarlikse sardyn-stormloop. Hierdie artikel het ten doel om breed-weg die verandering wat in enkele ver-handelingsdae plaasgevind het, uit te lig. Alle Safex-pryse in die artikel is op Ju-lie 2013-geelmielies van toepassing. Vroeg in Desember 2012 was die ko-ring-oesproses by ons in volle swang. Koringpryse was goed (rondom R3 700) en produsente se prioriteit was om die oes van die land af te kry. Droeë weersomstandighede en lae grondvog het in die grootste dele van die mielieproduserende gebiede ge-heers, met slegs Mpumalanga en die Oos-Vrystaat wat in daardie stadium goeie neerslae ontvang het. Op 26 November 2012 verhandel die Julie 2013 geelmielieprys teen so hoog as R2 460 en vir `n geruime tyd blyk R2 400 op die tafel te wees. Uitvoerpariteitsvlakke lê op R2 519.

Gemoedere is rustig en Suid-Afrikaan- se uitvoere verloop seepglad met 980 000t wat sedert Mei 2012 uitgevoer is. Die wêreldvoorraad vir mielies is op 17 jaar laagtepunte. Die oornat Ar-gentinië is 54% geplant teenoor 70% dieselfde tyd in 2011. Argentinië se komende mielieoes word van 28mmt na 23mmt kleiner gemaak. Ethanolverbruik (wat min of meer 40% van Amerika se mielieproduksie verbruik) is volgens verwagtinge. Japan (as grootste mieliekoper in die wêreld) koop fluks Amerikaanse mie-lies. Die verslag van die Amerikaanse de-partement van landbou dui vroeg in Desember aan dat wêreld-eindvoor-rade laer is op117.6mmt. Verwag-tinge was hoër. Mielies se verbruik as veevoer staan op sterk vlakke. Rabobank noem hul vooruitskatting rakende wêreldmielies “Outlook 2013 – Rebalancing on a Tightrope”. Ontleders skat die Brasiliaanse mie-lieoes vir 2013 op 71,8mmt teenoor 73mmt die vorige seisoen. Suid-Korea koop fluks by Suid-Ame-rika mielies en Suid-Afrikaanse mielies raak al hoe meer kompeterend in hierdie mark. GWK-produsente reageer goed op R2 430-vlakke en net op 26 Novem-ber 2012 word 4 000t geprys. Die gety draai Teen die eerste week van Desember 2012 begin die gety draai. Fondse be-gin van hul posisies ontslae raak en verkoopdruk op ons mark neem toe. Amerikaanse mielies raak duur teen-

oor Suid-Amerikaanse mielies. Die Chicago-mielieprys val in drie weke met 65 Amerikaanse sent en dit verteenwoordig R222 in ons terme. Amerikaanse uitvoere raak teleurstel-lend en teen 13 Desember is die tem- po die laagste in hul seisoen. In daar-die week voer hulle slegs 51 600mt uit. Uitvoere van 431 000mt is week-liks nodig om hul uitvoerdoelwitte te behaal. Ethanolverbruik neem af. Japan kan- selleer mielietenders by Amerika. Aanduidings vir die komende mielie- aanplanting in Amerika dui op on-geveer 40 000 000ha wat die groot-ste aanplanting in 70 jaar sal wees. Die Brasiliaanse mielieoes is 94% ge-plant en die aanduiding is dat selfs die vorige seisoen se 73mmt oes oorskry kan word. Verhandelaars soek na nuwe nuus en in die afwesigheid van nuwe rigting word tegniese grafieke nader gegeryp. Die tegniese analis is van mening dat die prys alle beskikbare inligting op `n gegewe tydstip reflekteer. Die feit is egter dat markte nooit in ekwilibrium tussen tegnies en funda-menteel beweeg nie. Albei geniet met tye die oorhand. Koppel dit aan emosie en spekulasie en die gort is behoorlik gaar. Tegnies op Safex sien almal dat ga-pings rondom R2 120 lê. Vanweë goedkoper Suid-Amerikaanse mielies raak uitvoerpariteite Suid-Amerikaans en nie Amerikaans nie. So is uitvoer-pariteit in Suid-Afrika op 11 Januarie 2013 op Safex R2 020 en die mark sluit daardie Vrydag op R2 033 af. Hoe meer die prys val, hoe meer

Page 25: Kommuniek Februarie 2013

paniek tree in en hoe meer na nuwe nuus gesoek word, hoe meer tree on-sekerheid in. In sulke omstandighede is die bere in hulle element. Ten slotte Niemand kan môre koerant lees nie, maar vandag se koerant is op die tafel. Meer as voldoende inligting (hoe teenstrydig ook al) rakende graan-

kommoditeite is beskikbaar. Die aard van Safex leen hom egter tot uiterste prysvolatiliteit. Waar laat dit ons? Persentasie wins weeg myns insiens die swaarste ra-kende prysbesluite. Dit is die tydbe- proefde resep. Vanselfsprekend wil `n onderneming maksimale wins maak, maar teen `n geweegde gemiddelde insetkoste van

rondom R15 000 laat dit die pro-dusent met rondom 70 % wins teen 12t/ha teen Safex R2 400. Die besluit is dan eintlik maklik. Die krisis is wanneer prysvlakke op lae winsgewendheidsvlakke is. Niemand sal aanbeveel dat produ- sente 12t/ha op hierdie vlak moet vas-maak nie. Die argument van hierdie artikel is: Doen net iets.

Page 26: Kommuniek Februarie 2013

24

Loureine Salomon Landbounavorsingsraad (LNR)

Presisieboerdery

M et die huidige skomme- linge in die weerstoes- tande, is dit belangrik

vir grondboon-produsente om op die uitkyk te wees vir enige simp-tome van blaarsiektes wat dalk mag kop uitsteek. Die blaredak van die grondboon-plant is die fabriek wat werk om die peule te vul. Dit is dus noodsaaklik dat die bla-re deur die hele groeiseisoen tot en met oestyd optimaal moet funk-sioneer. Tydens die oesproses bly die blare belangrik omdat dit krities bly vir hopies pak en selfs waar die gewas meganies hanteer word. Die hoeveelheid gesonde blare met oestyd het `n hoë korrelasie met die kwaliteit van grondbone wat gelewer word. Blaarsiektes is die groot skobbejak wat blaarverlies aanbetref. Simp-tome van blaarsiektes begin ge-woonlik aan die binnekant van die blaredak en is nie altyd met die eerste oogopslag opmerkbaar nie. Dit is noodsaaklik om die plant oop te maak om sodoende te be-paal watter siektes teenwoordig is. Veral by besproeiingsaanplantings moet gewaak word teen oormatige besproeiing aangesien grondbone nie hou van nat “voete” nie. `n Blaredak wat nie voldoende af-droog nie is ook `n ideale broei-plek vir verskeie blaarsiektes. Elke blaarsiekte het sy unieke simptome wat hul maklik onder-

die opbrengs. Bortritus is `n groot sondebok in besproeiingslande en kan chemies beheer word. Die beste voorsorg- maatreëls hiervoor is behoorlike beheer oor hoeveel besproeiing toegedien word, sowel as die aan-passing van plantdigtheid om te verhinder dat daar nie te dig ge-plant word nie sodat goeie deurlig-ting van die plant verkry word. Voorsorg is beter as nasorg. Vroegtydige waarneming van die beginstadiums van enige blaarsiek-te is noodsaaklik om goeie beheer toe te pas. Deur `n goeie wisselbouprogram te volg waar grondbone slegs elke derde of vierde jaar op dieselfde stuk grond verbou word, kan die uitbreek van siektes ook vermin- der word. Goed geskeduleerde bespuitings- programme dra baie daartoe by om `n gehalte grondboonoes van die land af te haal. U plaaslike chemiese verteenwoordiger kan in hierdie verband van groot hulp wees. Die geregistreerde middels werk in die algemeen goed en kan dus met vertroue gebruik word. Waak ook teen te digte plante-stande, asook swaar besproeiing. Gee die grondboonplante kans om af te droog voordat besproeiing weer toegedien word. Grondbone is `n hoogs betalende gewas en deur korrekte bestuur en verbouing van die gewas, kan die produsent uiteindelik al die pad bank toe glimlag.

skeidbaar maak. Dit sal grondboon-produsente baat om goeie en gereelde inspeksies te doen om vroegtydige beheer te verseker. Vroeë blaarvlek kan uitgeken word aan die ronde, donkerbruin letsel wat aan die bokant van die blaar vorm. Dit het `n kenmerkende geel rand rondom die letsel (Figuur 1). Laat blaarvlek word uitgeken aan sy donker bruin tot swart ronde let-sels wat aan die onderkant van die blaar voorkom. Geen geel rand kom rondom die letsel voor nie (Figuur 2). Spatselvlek het `n webagtige voor-koms wat die indruk wek dat ink op die blaar gespat is. Hierdie siekte het `n drastiese invloed op blaar- verlies (Figuur 3). Roes vorm oranje roes-puisies aan die onderkant van die blaar. Die geaffekteerde blaar sterf later maar bly steeds aan die plant vasgeheg (Figuur 4). Botritusskroei vorm letsels op die stamme wat swart vertoon. Swart spore vorm op die letsels wat mak-lik versprei as die plant versteur word (Figuur 5). Hierdie siekte veroorsaak dat voedingstowwe nie van die blare na die peule vervoer kan word nie en het sodoende `n groot impak op

Blaarsiektes by grondbone – voorsorg is beter as nasorg

Page 27: Kommuniek Februarie 2013

25

Figuur 1.

Figuur 3.

Figuur 5.

Figuur 2.

Figuur 4.

Page 28: Kommuniek Februarie 2013

26

Douglas Bertus Jacobs 082 800 1943

Hopetown/ Luckhoff Armand van Eck 082 805 9922

Kimberley Hannes Hatting 082 901 2747

Vaalharts/ Barkly-Wes Renier du Raan 072 145 5231

Kontak gerus die landboukundige in u omgewing vir meer inligting:

GWK Presisieboerdery bied verskeie dienste aan die produsent. Dit sluit ̀ n verskeidenheid pre-sisieboerderypakkette en besproeiingskedulering in. Inligting soos satellietbeelde van produsente se plase word in GWK se Graan Inligting Stelsel (GIS) gestoor. Die besigheid bied ook verskeie ander landboukundige dienste aan om ons pro-dusente se oeste te optimaliseer. Kundigheid en ̀ n netwerk van landbouwetenskaplikes oor die land heen, maak dié besigheid uniek in die industrie.

Universiteit ondersoek aarskroei en kopvrot

Ilze BeukesDepartement PlantpatologieUniversiteit van Stellenbosch

Presisieboerdery

K ennis rakende die gasheer-spesifisiteit van `n swam wat aarskroei van koring en kop-

vrot van mielies veroorsaak is uiters belangrik vir die effektiewe beheer van die siektes. Fusarium aarskroei (Figuur 1) sowel as Gibberella kopvrot (Figuur 2) word veroorsaak deur lede van die Fusarium Graminearum-spesiekompleks FGSC). Dit is egter nie duidelik watter lede van die kompleks koringare en mieliekoppe beïnvloed nie. Om hierdie inligting te bekom het die Wintergraan Trust onlangs `n projek van die departement plant-patologie aan die Universiteit van Stellenbosch befonds om:� `n Tegniek te ontwikkel vir die

vinnige en akkurate identifikasie van FGSC-lede;

� Die teenwoordigheid van FGSC-lede in Suid-Afrikaanse koring, veral dié in wisselboustelsels met mielies en sorghum, te bestudeer, en

� Die gasheervoorkeur van FGSC-lede op graangewasse in Suid-Afrika te bepaal.

Verskeie graanproduserende ge-biede in Suid-Afrika sal besoek word om koring- en mieliemonsters met onderskeidelik aarskroei- en kopvrotsimptome te versamel en daarna die verantwoordelike swam

Figuur 3.

Figuur 2. Figuur 1.

te identifiseer (Figuur 3). In die Noord-Kaap het monsterinsa-meling reeds met die hulp van GWK begin. Koringare met tipiese aarskroei- simptome is van 15 koringlande in die Modderrivier-, Douglas- en Prieska-omgewing versamel. Dieselfde lande sal ook voor die 2013-stroopseisoen besoek word om mieliemonsters te versamel. Die inligting wat bekom word, kan duidelikheid oor die waarde van wisselbou skep en lei tot nuwe benaderings om verbeterde weer-stand in kommersiële kultivars te verkry. Kontak vir Ilze by [email protected] of besoek http://academic.sun.ac.za/.plantpath/.

Page 29: Kommuniek Februarie 2013
Page 30: Kommuniek Februarie 2013

28

Ontwikkeling van kultivars vir grondbone goed op dreef

Pierre Ferreira Bedryfshoof: Kultivarontwikkeling en Evaluasie

Saad

A s innoverende landboube-sigheid wat dit `n prioriteit maak om nuwe genetika

aan produsente beskikbaar te stel, is verskeie grondboonproewe hierdie seisoen deur GWK aangeplant. Kontrakte is gesluit met die Austra-liese grondboonmaatskappy The Peanut Company of Australia en Canon Garth, `n Britse maatskap- py, om genetika aan GWK beskik-baar te stel. Dit is uiters belangrik vir die

ontwikkeling van nuwe grondboon-kultivars, aangesien die Landbounavorsingsraad voortaan nie meer nuwe kultivars gaan ontwikkel nie. Canon Garth verkry hul genetika van `n Amerikaanse grondboonteler, dr. Kim Moore, wat ook goed bevriend is met die Australiese teler dr. Graeme Wright. Albei maatskappye het reeds `n sterk vertrouensverhouding met GWK gevestig. In totaal is 34 oorsese grondboon-kultivars in statistiese proewe met

drie herhalings aangeplant, soos aangedui in Tabel 1. Die huidige Suid-Afrikaanse kultivars is ook by die proewe ingesluit. Die kultivars word as “runners” geklassifiseer en almal is hoog in oleïn. Hoë oleïn-grondbone is baie gesog vanweë die gesonde olie wat dit bevat en dit het ook `n langer rakleeftyd. Volgens die oorsese telers word hoër opbrengste ook behaal met die “runner”-soort grondbone in vergelyking met die huidige Spaanse soorte. Die prestasie van die kultivars

Page 31: Kommuniek Februarie 2013

29

sal in `n artikel saamgevat word nadat al die data verwerk is. In Australië is die groeilengte van die ultra-vinnige kultivars 110 dae vanaf plant tot oes. Vir ons produsente beteken dit dat grondbone ná koring nog aangeplant sal kan word. Dit

sal tot groot voordeel van die bedryf wees. Die proewe word gereeld besoek sodat volledige data vir elke kultivar ingesamel kan word. Die sukses van hierdie proewe is uiters belangrik vir GWK en daarom is belê in die aankoop van `n

stootplanter waarmee klein, statistiese persele aangeplant kan word. Die planter is aangekoop by mnr. Michris van Rensburg, `n produsent van Bultfontein. Van Rensburg is bekend vir patente wat ook gereeld in Landbouweekblad te siene is. Die planter is so aangepas dat ver-skillende plantestande geplant kan word. Die plate kan ook maklik geruil word om verskillende saadgroottes te akkommodeer terwyl die plantdiepte ook maklik verstelbaar is. GWK het ook `n grondboondopper by `n Amerikaanse maatskappy aan-gekoop wat spesifiek ontwerp is om klein monsters wat geoes is vanaf navorsingspersele, akkuraat te dop. Die dopper se siwwe is so ontwerp dat Spaanse, sowel as “runner”-soort grondbone, gedop kan word sonder om die saad te beskadig. Dit sal die bepaling van elke kulti-var se oesindeks en saadgrootte vergemaklik. GWK beplan ook om `n grond-boonplukker aan te koop wat die oesproses sal vergemaklik. Die groeilengte (dae tot oes) van oorsese kultivars gaan baie belangrik wees om suksesvol in die GWK-gebied aan te plant. Kultivars wat langer as die huidige kultivars neem om oesgereed te word, gaan minder geskik wees vir gewasrotasie onder besproeiing. Noukeurige rekord word gehou van die daaglikse temperatuur, reënval en besproeiing vir die opstel van `n groeimodel. Die tempo waarteen elke kultivar rank, word elke veertien dae met `n maatband gemeet. Dit gaan ook gebruik word om te bepaal wanneer elke kultivar oesgereed sal wees. Drs. Wright, Moore en personeel van Canon Garth beplan om die proewe te besoek, wat die navorsers van GWK baie sal baat. GWK is trots daarop dat hierdie projek ná baie harde werk sterk op dreef is en sien daarna uit om `n verskeidenheid van kultivars aan ons produsente te bied.

Lokaliteit Maatskappy Inskrywings Rywydte Soort proef

Douglas Canon Garth 12 76cm Volseisoen kultivars

Douglas Peanut Company 10 76cm Volseisoen kultivars

Douglas Peanut Company 12 76cm Ultra-vinnige kultivars

Orania Canon Garth 12 90cm Volseisoen kultivars

Orania Peanut Company 10 90cm Volseisoen kultivars

Orania Peanut Company 12 90cm Ultra-vinnige kultivars

Orania GWK 15 90cm Eie seleksies

Viljoenskroon Peanut Company 10 91cm Volseisoen kultivars

Viljoenskroon Peanut Company 12 91cm Ultra-vinnige kultivars

Tabel 1. Grondboonkultivar-proewe deur GWK aangeplant

Figuur 1. Klaar geplant.

Page 32: Kommuniek Februarie 2013

30

Willem Kruger GWK Versekering

Versekering

Mnr. Willem Kruger het homself onlangs by GWK Versekering aangesluit. Kruger, `n boorling van Boshof, het ná skool landbou-ekonomie en nagraads finansiële beplanning gestudeer. Hy was tot onlangs by lewens- en kredietversekering by VKB in Bethlehem betrokke. Sy aanstelling by GWK was vir hom `n tuiskoms, sê Kruger. In hierdie artikel gee Kruger `n oorsig oor beleggingsbestuur,

GWK se kredietversekering: Kommer is iets van die verlede

Mnr. Willem Kruger

krediet-versekering en die voor-dele daaraan verbonde om by GWK verseker te wees.

Beleggingsbestuur Kontant, effekte, ekwiteit en eiendom is die vier bateklasse wat in `n beleg-gingsportefeulje geallokeer moet word. Die bateklasse het unieke eienskap-pe wat goed verstaan moet word om wyse keuses, eerder as slim keuses in `n batesamestelling te kan maak. Aktiewe en deurlopende beleggings-bestuur moet toegepas word vir `n goeie beleggingsopbrengs. Veranderinge in die ekonomiese siklus het `n invloed op die prestasie van bateklasse en dit is baie belang-

Page 33: Kommuniek Februarie 2013

31

rik om aan te pas by hierdie veran-deringe. Die prestasie van hierdie bateklasse verskil elke jaar en diversifisering verminder nie net die risiko op `n belegging nie, maar help om die voordeel te benut waar die beste groei verkry kan word.

Blootstelling aan die bateklasse in die regte verhouding sal bydra tot beter beleggingsgroei. Die balans van hierdie blootstelling moet voortdurend aangepas word soos wat ekonomiese faktore `n invloed het op die bateklasse. Kundigheid moet ingespan word

om die balans te vind tussen risiko van kapitaalverlies, maar ook kapitaalgroei wat beskikbaar is in die beleggingsmark. Hierdie kundigheid kan slegs verkry word deur deurlopende kennis van die ekonomie en leiding van spesialiste in die beleggingsbedryf.

Tabel 1. Nominale groei in bateklasse per jaar. Bron: Morningstar

Junie ‘01 Junie ‘02 Junie ‘03 Junie ‘04 Junie ‘05 Junie ‘06 Junie ‘07 Junie ‘08 Junie ‘09 Junie ‘10 Junie ‘11

Vyf jaar Tien jaar

Eiendom 31.8%

Aandele SA 10.5%

Eiendom 30.1%

Aandele SA 29.4%

Eiendom 52.8%

Aandele SA 43.2%

Eiendom 43.0%

Inflasie 11.6%

Eiendom 24.0%

Eiendom 24.1%

Aandele SA20.4%

Eiendom

Eiendom 15.9%

Eiendom 20.4%

Effekte 29.6%

Aandele In 10.0%

Effekte 23.6%

Eiendom 15.9%

Aandele SA 45.9%

Aandele Int 23.7%

Aandele SA 39.1%

Kontant 10.6%

Effekte 17.9%

Aandele SA 19.4%

Eiendom 17.5%

Aandele

Aandele SA10.4%

Aandele SA16.2%

Aandele SA 12.5%

Kontant 9.8%

Kontant 12.8%

Kontant 9.2%

Effekte 19.0%

Eiendom 23.5%

Aandele Int 23.8%

Aandele SA -1.2%

Kontant 11.5%

Effekte 9.8%

Effekte 11.2%

Aandele

Effekte 8.8%

Effekte 10.1%

Kontant 10.4%

Inflasie 9.2%

Inflasie 6.4%

Effekte 5.1%

Aandele Int16.0%

Kontant 6.8%

Kontant 8.3%

Effekte -1.7%

Inflasie 7.2%

Aandele Int 8.6%

Aandele Int 10.0%

Effekte

Kontant 8.8%

Kontant 9.0%

Inflasie SA 6.4%

Eiendom 7.4%

Aandele SA -8.1%

Inflasie 5.0%

Kontant 7.3%

Inflasie 4.8%

Effekte 7.5%

Aandele Int -2.7%

Aandele SA -17.2%

Kontant 7.5%

Kontant 6.0%

Inflasie

Inflasie 6.9%

Inflasie 6.3%

Aandele Int -3.1%

Effekte 6.8%

Aandele Int -27.5%

Aandele Int 1.1%

Inflasie 3.5%

Effekte 3.9%

Inflasie 6.4%

Eiendom -19.2%

Aandele Int -30.8%

Inflasie 4.2%

Inflasie 5.0%

Kontant

Aandele Int -0.1%

Aandele Int 1.4%

Kredietversekering Kommer oor uitstaande krediet is iets van die verlede. Danksy GWK se unieke kredietversekering, kan produsente nou hul volle aandag aan hul boerdery skenk. `n Beheerbare risikofaktor in landbou word moontlik gemaak deur die verskansing van uitstaande kredietfasiliteite by dood, tesame met addisionele voorsiening vir boedeldoeleindes. GWK verseker hiermee dat tydens die onvoorsiene traumatiese tydperk van afsterwe, u boerderybelange nie slegs beskerm word nie, maar ook ononderbroke voortgesit kan word. Hierdie toonaangewende produk is in samewerking met Liberty ontwikkel. Dit is gegrond op bekostigbaarheid, deursigtigheid en volhoubaarheid.

Maksimum intree-ouderdom Dekking se staak-ouderdom

65 80

Bewysvrye limiet per fasiliteit

R7, 000 000

Maksimum dekking per fasiliteit

R10, 000 000

Uitsluitings Wagperiode

Standaard uitsluitings: 24 maande selfmoordklousule. Aktiewe deelname aan oorlog, betogings, opstande of terrorisme. Biologiese en chemiese oorlogvoering. Geen

Tariewe

By navraag GWK Versekering Willem Kruger 082 490 9680

Het u geweet? � Agt hartaanvalle vind elke uur in

Suid-Afrika plaas.� Altesaam agt uit elke 100 mense

gaan `n beroerte kry� Sowat 60% van hierdie agt

gevalle is vroue en 25% is onder die ouderdom van 45.

� Altesaam 10% van beroertepasiënte herstel volkome, terwyl 53% egter heeltemal

afhanklik is van ander.� Een uit elke drie mense word met

kanker gediagnoseer.� Die gemiddelde ouderdom van

kritieke siekte in Suid-Afrika is 41 jaar.

Die goeie nuus is dat modernetegnologie en mediese vooruitgangverseker dat meer mense `n kritiekesiekte gebeurtenis oorleef, maarmet `n groot lewensaanpassing

en bykomende kostes. `n Direktegevolg van kritieke siekte is dieimpak op die langtermyn konti-nuïteit van die boerdery-aktiwiteit,asook die korttermyn effek tydensdie herstelfase op die aflossing vanfasiliteite. Die oplossing Die kritieke siekte-voordeel betaal `n belastingvrye enkelbedrag uit by

Page 34: Kommuniek Februarie 2013

32

Voordele van GWK langtermynversekering � Omvattende dienslewering omdat

bestaande inligting reeds op die stelsel beskikbaar is.

� Fokus op kontinuïteit van u land- boubedryf tydens dood of trau-

matiese gebeurtenisse.� Kennis en begrip van behoeftes en

verwagtinge met risikofaktore in die landbou-omgewing.

� Premieverhaling direk teen u fasi- liteit, wat likiditeit verbeter en kos-tebeheer vergemaklik.

� Verseker dat die polisstruktuur bin-ne wetlike konteks gestruktureer is ter beskerming van GWK en u as lid tydens eiswording.

� Innoverende produkte wat beskik-baar is by verskeie versekeraars verseker objektiwiteit.

Eienskappe waaraan u verse-keringspolis gemeet kan word: Premie-groeipatroon Vrywillige groei en gelykblywend: Hoër aanvanklike premie, premie-besparing in die langtermyn. Verpligte opsies slegs vir korttermyn doelwitte. Aanvanklik laer premie, maar verpligte jaarlikse stygings kan premie onbekostigbaar maak in die langtermyn.

diagnose van `n spesifieke siekte, die stadium waarin dit is en die kategorieë waarvolgens dit inge- deel is. `n Omvattende kriteria vir sekere toestande wat nie spesifiek gedefinieer is nie, word ook toegepas. Die beoordeling van kritieke siekte-eise is objektief, omdat definisies duidelik omskryf is en nie gebaseer is op beroep of vermoë om te werk nie. Die dinamika en onlangse verbe-teringe in kritieke siekte-voordele in die versekeringsbedryf, het aan-leiding gegee tot die volgende voorgestelde kriteria by die keuse van kritieke siekte-voordele:� Alleenstaande voordeel wat geen

effek op ander voordele soos lewensdekking by eisstadium het nie, omdat toekomstige versekerbaarheid nie moontlik gaan wees weens die gesond-heidstoestand nie.

� Kritieke siekte-voordeel herstel weer ná eiswording vir nie-verwante toekomstige eise op dieselfde vlak.

� Allesomvattende voordeel wat 100% sal uitbetaal wanneer die kliënt `n 35% aantasting van die hele persoon het. Dit beteken al is die toestand nie een van die kategorieë nie, die kliënt `n 100% uitbetaling sal ontvang.

� `n Gelykblywende premiepa-troon verseker bekostigbaarheid van premies in die langtermyn.

� `n Termyn van kritieke siektevoordeel is geldig op hele-lewens, en nie slegs tot die ouderdom van 65 nie.

� Die mees omvattende opsie wat 100% (SCIDEP) uitbetaling van eiswaarde verseker, ongeag die graad, gebaseer op die vier grootste eisvoorvalle van kanker, beroerte, hartaanval en hartomleiding.

� Dit is ook moontlik om hierdie voordeel tot u bestaande krediet-versekeringskema toe te voeg.

Strukturering Die aanvanklike rede en versekerbare belang tydens uitneem van polis kan bepalend wees tydens eiswording. Is die poliseienaar en begunstiging steeds in lyn met bestaande behoeftes? Kontinuïteit Wat gebeur met die entiteit of boerdery-aktiwiteit by u afsterwe? Is jou familie versorg in beplanning? Is u gedek teen siektes of ongelukke wat tot traumatiese gebeurtenisse kan lei in u boerderyvoortsetting? Is die aandeelhouers/lede verskans met afsterwe van ander betrokke partye? Belastingeffektiwiteit Is genoegsame voorsiening gemaak vir boedelbelasting in u beplanning? Wat is die effek op inkomstebelasting, BTW en kapitaalwinsbelasting? Om te verseker dat u bestaande versekeringsportefeulje, gemeet teen bostaande eienskappe, aan u bestaande behoeftes voldoen, nooi ek u vriendelik om van ons professionele dienste gebruik te maak. Kontak my gerus by 082 490 9680 of [email protected].

Belt Ad -A4 AFR\p.indd 1 2012/07/30 9:33 AM

Grafiek 1. Premiepatrone is kardinaal vir langtermyn volhoubaarheid.

Gelykblywend

5% Verpligtend

10% Verpligtend

Risikokurwe

Page 35: Kommuniek Februarie 2013

Belt Ad -A4 AFR\p.indd 1 2012/07/30 9:33 AM

Page 36: Kommuniek Februarie 2013

34

GWK Nuus

NASHUA MOBILE BREI SY VOETSPOOR NA PRIESKA UIT

Nashua Mobile het onlangs sy voetspoor vergroot deur `n tak

in GWK LandMark op Prieska te open. Me. Meghan Innes-Grant sal die tak voltyds beman. Tydens die opening kon LandMark-klante aan `n kompetisie deelneem en aantreklike pryse van Nashua Mobile wen. Altesaam agt pryse is gewen deur klante wat R200 of meer by LandMark gespandeer het. Mnr. Dries Truter het met die eerste prys weggestap, terwyl mev. Julie van Tonder en mnr. Oupa Visagie onderskeidelik die tweede en derde pryse ontvang het. Die winkel kan besoek word vir nuwe kontrakte, opgraderings, selfoon-toebehore en lugtyd. Kontak Meghan by 053 004 0129 / 0533531151 x 218 of [email protected].

Mnr. Oupa Visagie het die tweede prys gewen in die kompetisie wat tydens Nashua Mobile se opening op Prieska aangebied is. Hier is hy saam met me. Meghan Innes-Grant, wat die winkel nou voltyds beman.

Mnr. en mev. Kosie en Ria Vos van Vosburg in Nashua Mobile se tak op Prieska wat onlangs geopen is.

Page 37: Kommuniek Februarie 2013

35

SKOOL HOU TERREIN SKOON MET NUWE VULLISDROMME

Mnr A. van Schalkwyk (Skoolopsigter), Me. Patty Adonis (Onderwyseres) en mnre. I.P. Brooker (Skoolhoof) en Charles Donald (Depotbestuurder: Modderrivier) saam met leerlinge van die Rietrivier Primêre skool in die Rietvale-woonbuurt by Richie by die vullisdromme wat Van Schalkwyk geverf en -monteer het.

Die Rietrivier Primêre skool in die Rietvale-woonbuurt by Richie

het onlangs by GWK navraag gedoen oor leë dromme wat hulle vir asdromme wou gebruik. GWK het tien dromme aan die skool geskenk en dit ook by die skool gaan aflewer. Onder leiding van me. Patty Adonis, `n onderwyseres by die skool, is die dromme netjies geverf en is GWK se handelsmerk ook op die dromme aangebring om dankie te sê vir die skenking. Mnre. Charles Donald (Depotbestuurder: Modderrivier) en Niël Drinkrow (Bedryfshoof: Graansilo op Modderrivier) het die skool besoek nadat die dromme gemonteer is.

Page 38: Kommuniek Februarie 2013

36

Ons mense

Twee besige bytjies ná die reën. Almi en JC Venter van Hanover geniet hulself gate uit in die water.

Klein JG Badenhorst van Prieska laat hom nie deur `n boklam koudsit nie!

Handré en Mia van Heerden van Douglas geniet `n uitstappie op hul perd.

Page 39: Kommuniek Februarie 2013

37

Hanré Viviers van Barkly-Wes hou die beeste op die plaas Kalkaar buite Barkly-Wes dop.

Daniel van Eck van Blackrock hou sy hoed vas waar hy by oupa Francois se weiding staan.

Klein Wihandré Innes-Grant van Prieska leer sommer al vroeg om trekker te bestuur!

Nerida de Beer van Bethlehem is dolgelukkig tussen die mielies.

Christiaan Lubbe van Kimberley gee `n soentjie vir sy wollerige maat.

Klein Lodewyk Bruwer van Hopetown ry saam met pa Hannes op die plaas rond.

In ons mense kyk ons graag waarmee ons produsente en GWK se werk-nemers besig is. Vandeesmaand het ons gaan kyk hoe die kinders op die plaas baljaar. Ons het ook tydens die vakansie `n paar besoekers gehad wat die plaaslewe hier in ons bedieningsgebied geniet het.

Page 40: Kommuniek Februarie 2013

38

Salig! Altus Pienar van Jacobsdal het homself in `n boom tuisgemaak vir `n middagslapie op die plaas.

Klein Lené Nel van Marydale hou baie van die mooi rooi trekker, al is haar beentjies nog `n bietjie kort!

Johny en Charmae Donald van Douglas baljaar tussen die bale.

Cronjé de Villiers van Hopetown en sy hondjie hou die skape dop.

Chanté Coetzer van Douglas laat haar nie deur `n bok afskrik nie.

Christiaan Beukman van Douglas se trekker en laaigraaf verskaf vir hom groot genot.

Page 41: Kommuniek Februarie 2013

39

Sebastiaan Jonker van Potchefstroom kruip tussen die mielies weg.

Kontak Carien Grobler by 072 215 1029 of [email protected] vir `n tariefkaart.

Adverteer in

. . . en maak seker die landbou-gemeenskap neem kennis

van jou besigheid.

Klein Estian Viviers van Barkly-Wes het homself in die voer tuisgemaak.

Page 42: Kommuniek Februarie 2013

i n n o v e e r l a n d b o u

Veilings en Lewendehawe Kimberley

Tel: 053 832 5227/8

www.gwk.co.za

Verkoopsvoorwaardes: Slegs kontant of bankgewaarborgde

tjeks. Elektroniese fasiliteite beskikbaar. Aanbod onderhewig

aan verandering. Diere word slegs gelaai indien betaling

afgehandel is.

Navrae: Schalk Erlank 082 558 6891 Stephan Meads 082 808 1280 Hawie Bosman 083 259 6100 Dirk Beukes 082 375 1849 Ig Swiegers 082 821 5797 Jan Buys 083 680 8929

Afslaer: Deon Klopper 082 802 8483

500 Koeie met Kalwers

250 Dragtige Koeie/Verse250 Oop Verse

Aanbod

GWK Veilings bied aan . . .

DONDERDAG 21 FEBRUARIE 2013 - 11:00

GWK Veilingskompleks — Kimberley

AANTEELVEILING

Dragtig -heidstatus sal dag voor veiling deur veeartse gedoen word.

Diere se

gesondheid-

serti�kate en

ouderdom sal ook

beskikbaar

wees

Page 43: Kommuniek Februarie 2013
Page 44: Kommuniek Februarie 2013

42

Ons mense

Kiekies

Tema vir Maart Tema vir April Maandelikse pryse1ste R500 kontant2de R300 kontant3de R200 kontant

Stuur foto’s [email protected]

Skouer aan die wiel! Ná die vakansie is ons pro-dusente weer werksaam op hul plase. Ons ontvang graag foto’s oor die bedrywighede op die plaas.

Onvergeetlike gesigte! Soms vang `n mens `n gesig op kamera vas wat jou lewe lank by jou bly. Ons deel graag in ons lesers se onthou-oomblikke.

Wenner Carl du Toit van Douglas.

Page 45: Kommuniek Februarie 2013

43

Tweede Wiann Bester van Hartswater

Derde Rudolph Britz van Ficksburg

Page 46: Kommuniek Februarie 2013

44

Kiekies vervolg

REËLS Die inskrywing moet die tema van die betrokke maand weerspieël. Die foto moet deur die deelne-mer self geneem wees. Foto’s per e-pos mag nie kleiner as 500kb wees nie. Deelnemers se naam en van, adres en kontaknommer moet die inskrywing vergesel. Die sluitingsdatum is die 20ste van elke maand. Geen laat in-skrywings sal aanvaar word nie. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Salig in die swembad. Anélmie Nel van Richie.

Plas in die plaasdam. Gerrie Britz van Ficksburg.

Page 47: Kommuniek Februarie 2013
Page 48: Kommuniek Februarie 2013

46

Pret op die plaasVir die jongspan

Trek `n lyn van die dier na die geluid wat hy maak.

Bulk

Snork

Kekkel

Kwaak

Miaau

Runnik

Blaf

Page 49: Kommuniek Februarie 2013

in samewerking met

`n Plaaskuier soos lanklaas . . .Gratis plaasontbyt, landbou- en 4X4-demonstrasies, voertuig- en ander uitstallers, pretpark vir die kinders, vermaak vir die hele gesin, potjiekoskompetisie, kuier in die biertuin, steakete in die restaurant, kosstalletjies en en kuier heeldag.

15-16 Maart By GWK Modderrivier

innoveer landbou

Besoek www.gwk.co.za vir die volledige program. Skakel Marina by 083 396 7967 vir navrae oor die ekspo.

Opskop in die skuur

Lianie & Jay

15 Maart om 19:00

LANDBOU EKSPORietrivier

Page 50: Kommuniek Februarie 2013

48

Carien GroblerLeefstyl

Leef die hele jaar lank met jou tone in die sand`n Mens laat dikwels die vakan-siegevoel saam met `n leë bot- tel sonbrandroom by die see agter. As jy weet hoe, kan jy hierdie gevoeel heeljaar lank behou.

M et die sand tussen ons tone en die gedagte aan `n sorgelose vakansie

wat voorlê, voel `n mens ontspanne, gelukkig en tevrede . . . jou alle-daagse stres honderde kilometers ver. Ons slaap laat, baai in die warm

son op die strand, vind lafenis in die koel water en geniet die geselskap van familie en vriende. Terwyl die uit-mergelende pas wat `n mens elke dag volhou uit jou gedagtes verdwyn, voel jy minder angstig en kan jy jouself oorgee aan die plesiertjies waarvoor jy so selde tyd het. Só sê Alexandra Massey, lewensafrigter en skrywer van die boek Life`s a beach: Keep that holiday feeling all year round. “Ons laat hierdie vakansiegevoel te dikwels agter terwyl die angstigheid van ons moderne lewens weer

begin oorneem. Kort voor lank voel die vakansie ver van jou verwyder en kom die bekende gevoel van onvergenoegdheid weer na vore.” `n Mens hoef egter nie by die see te wees om die vakansiegevoel te hê nie, sê Massey. “Jy kan dieselfde motorpaaiement, dieselfde bitsige kollegas en dieselfde vervelige roetine hê en steeds binne `n paar oomblikke ten volle ontspan en die vakansievreugde ervaar.” Stil, stiller, ‘die stilte’ . . . “Wanneer `n mens dieper kyk, besef

Page 51: Kommuniek Februarie 2013

49

jy wat agter die vakansiegevoel sit,” sê Massey. “Ek noem dit ‘die stilte’. Dít is `n plek waar jy vry is van enige bekommernis en met jou diepste menswees herenig word. “Die bekende sielkundige Abraham Maslow het hierdie bevrydende ervaring beskryf as die gevoel van suiwer, positiewe geluk sonder enige twyfel en vrese . . . `n gevoel van volmaaktheid.” “`n Mens kan egter ‘die stilte’ ervaar ongeag die omgewing waarin `n mens jouself bevind,” meen Massey. “Dit kan `n gereelde ervaring word vir wanneer `n mens rus en vrede nodig het. Dit hang nie af van die dinge wat buite jou aan die gang is nie, want ‘die stilte’ is binne jou!”

Kry die vakansiegevoel As jou verlof en jou bankrekening in die rooi is, kan jy steeds die vakansiegevoel opsoek. Gebruik hierdie vier toegangspunte tot ‘die stilte’: Wees nóú teenwoordig. “Dit is die eenvoudigste vaardigheid om deur al ons lewensdrama te sny en ons dadelik gelukkig te laat voel.” Massey meen dat `n oorvloed gedagtes en emosionele drama `n mens daarvan weerhou om in die oomblik te leef. “Dit manifesteer as angstigheid, stres, druk, depressie, bekommernis en vrees.” Die eerste stap is om `n mens se

gedagtes na die huidige oomblik te bring. “Nie wat tien sekondes gelede gebeur het of wat jy oor tien minute gaan doen nie. Nou! Word bewus van hierdie oomblik. Vee die verlede en die toekoms skoon. Jy hoef nie jou oë toe te maak nie, maar kan dit doen terwyl jy hier lees.“ Sy verduidelik dat `n mens dikwels toelaat dat die grootste deel van jou lewe deur bekommernis oorheers word. “Ons bekommer ons oor dinge waaroor ons geen beheer het nie. As `n mens iets aanhoudend oordink sonder om enige verandering te maak, veroorsaak dit stres en vrees. Wanneer jy met vakansie is, hou jy op met hierdie chroniese denke, ontspan en geniet elke oomblik.” Verwonder jouself. “As kind doen `n mens elke dag `n klomp dinge wat jou met verwondering en nuuskierigheid vul,” sê Massey. “Namate `n mens grootword, verloor jy jou vermoë om met verwondering na die wereld te kyk.” Wanneer `n mens met vakansie is, kry jy dit gedeeltelik terug. “Die sterre lyk so anders as by die huis. Die insekte is uniek en die plante is pragtig. Wanneer `n mens se brein ophou om aan `n wedloop deel te neem, word jy met verwondering vir alles om jou gevul. “`n Mens kan egter elke dag in die tuin gaan sit en jou aan alles verwonder. Kyk na alles om jou, voel en ruik daaraan en laat jouself toe om ‘die stilte’ te geniet.”

Wag in afwagting. `n Mens kan op twee maniere wag, meen Alexandra: “Maak gou, ek is haastig,” of “Ek wag in afwagting. Mense is geneig om wag as `n irritasie te beskou. Jy kan in elke ry of verkeersknoop mense se frustrasie sien. Om met afwagting te wag, is `n geskenk. Stel jouself voor jy kyk na `n vuurwerkvertoning. Die grootste

vuurwerk is pas aangesteek en het in die lug opgeskiet. Jy wag vir die knal . . .” Volgens Massey lê afwagting in die spasie tussen aktiwiteite. “Wanneer `n mens in afwagting wag, is jy soos `n battery wat herlaai word. Jy verdiep jou heeltemal in wat op daardie oomblik gebeur.” Sy raai aan dat `n mens ophou baklei om voor te kom wanneer jy in `n ry moet wag. “As jy geen beheer het oor die ry waarin jy moet staan nie, benader dit soos wanneer jy met vakansie is. Dit is `n heel ander ervaring wanneer `n mens met vakansie op `n bus of `n boot wag. Omdat jy ophou dink aan die lys van dinge wat jy moet doen, kan jy jouself toelaat om net te wees. “As `n mens dít in jou alledaagse lewe kan toepas, kan jy die vakansie-gevoel terugkry en eindelose vreugde ervaar!”

Page 52: Kommuniek Februarie 2013

50

Carien GroblerGesondheid

Smullekker avokado’s . . . vir `n sesgang maaltyd

Avokado’s is deel van die bessiefamilie en word dus botanies as `n vrug geklassifiseer. Die bekende kosskrywer Gaylord Hauser meen dat hierdie enkele smullekker vrug die proteïen van vleis, die vet van botter (maar baie meer heilsaam), die vitamiene en minerale

van groen groente, die geur van neute gekombineer is. `n Sesgang maaltyd op sy eie! Avokado’s kan help om hartsiektes te voorkom, jou plooie onder beheer hou en jou selfs help om gewig te verloor. Dit is beslis `n paar goeie redes om guacamole in jou yskas aan te hou!

Gewigsverlies Avokado’s word dikwels vermy wanneer mense gewig wil verloor, omdat hierdie vruggies relatief ryk is aan vet en kilojoules. Avokado’s is egter ook ryk aan vitamiene E en K, asook kalium. Dit is ook cholesterolvry en laag in natrium en suiker. Avokado’s kan ook `n kosbare hulpmiddel in `n effektiewe gewigsverliesprogram wees. Navorsing wys dat die mono-onversadigde vette in avokado’s help om `n mens se metabolisme te versnel en jou ook vinniger vol laat voel.

Hou die plooie onder beheer Avokado’s is ryk aan vitamien E en is daarom die perfekte wapen teen die ouderdom. Vitamien E is vetoplosbaar en wanneer dit in die selmembraan opgeneem word, help dit om die sel voller te maak en plooie sodoende te keer.

Hou die spysvertering aan die gang Avokadopere is ryk aan vesel, wat help om `n mens se spysvertering aan die gang te hou. Navorsing wys dat avokado’s meer vesel as die meeste algemene groente en vrugtesoorte bevat. Kenners beveel ook diëte hoog in vesel aan om kanker in die spysverteringskanaal te voorkom. Nóg `n pluspunt is dat `n dieet ryk aan vesel gewigsverlies kan aanhelp aangesien dit `n mens langer vol hou en die afbreek van koolhidrate verstadig, wat vinnige stygings in bloedsuikervlakke voorkom en keer dat `n mens lus word vir soetgoed.

Hou jou hart gesond Avokado’s bevat mono- en poli-onversadigde vette, wat albei goed is vir die hart. Avokado’s bevat ook oleïensuur, `n mono-onversadigde vet wat kan help om cholesterolvlakke te verlaag. Navorsing wys dat mense wat gereeld avokado’s eet, laer cholesterolvlakke het as mense

wat nie avokado’s by hul dieet insluit nie. Avokado’s is ook `n goeie bron van kalium, `n mineraal wat help om `n mens se bloed-druk te reguleer. Volgens die Amerikaanse voedsel-en-medisyne-owerheid (FDA) kan `n dieet ryk aan kalium help om die liggaam teen hoë bloeddruk, hartsiektes en beroerte te beskerm.

Page 53: Kommuniek Februarie 2013

51

Resep

Resep Metode

Avokadohalwes met garnale1 koppie gaar garnale2 eetlepels vars grasuie, gekap1/3 koppie mayonnaise1 eetlepel Worcestershiresous1 eetlepel soetrissiesoussout na smaak2 avokado’s, gehalveer en ontpit1 eetlepel suurlemoensaproketslaai1 teelepel paprika

� Meng die garnale, grasuie, mayonnaise en Worcester-shiresous en soet rissiesous en voeg sout na smaak by.

� Skep die garnaalmengsel in die avokadohalwes en besprinkel met suurlemoensap.

� Bedien die avokado’s op roketslaaiblare wat met paprika besprinkel is.

Nadat ons die Feestyd weggelê het aan alles wat om die heupe kom sit, is dit tyd om weer `n gesonde leefstyl te vestig. `n Goeie begin is om avokado’s deel te maak van jou dieet, omdat die gesonde mono-onversadigde vette in avoka-do’s kan help om jou aptyt te onderdruk.

Page 54: Kommuniek Februarie 2013

52

Nommer 81 aan die beurt . . .

Uit Piet se pen . . . Agterblad

A s jy nog nie daar was nie, sal jy nie verstaan nie. My hart wou gaan staan toe die

ouditeur my meedeel dat ek self moet gaan. SARS toe, van alle plekke! Daar is briewe geskryf, afskrifte ge-maak, “gescan”, ge-epos en gebel, maar niks het SARS ooit bereik nie (of so sê hulle). SARS hou klaarblyklik nie van korre-spondensie nie. Na `n tweede rondte, was SARS steeds stom. Dan is dit nou so en ek is op pad om my BTW van twee jaar gelede te pro-beer kry. Darem `n paar sakke mielies se geld. Ek laai Sonja af en belowe dat dit gou sal wees. My leêr is gepak met bewyse. Op pad binnetoe kry ek `n delwer van Barkly Wes. `n Wildvreemde man. Ons maak oogkontak en hy begin sommer praat. Die man is woedend. Hy is nou vir die tweede keer vandag op pad om bewyse te gaan haal. Sy taal laat veel te wense oor.Hy draai om en loop. Sy broek hang laag en by sy gatsak steek `n dubbel-gevoude tjekboek uit. Sy swart Crocs het beter dae geken. Die ry staan reeds by die deur uit. Gelukkig beweeg ons vinnig. Die binnekant is netjies en herinner aan die vertreksaal van `n lughawe. Drie mense is besig om die mense te or-ganiseer. Elkeen met sy rang. Op hulle truie staan onderskeidelik Tax payer Inquiries, Tax payer Assistant en Tax payer Co–ordinator. Later die dag sou my aanbeveling wees dat hulle “pay-er” na “prayer” verander.“Meneer, BTW-gevalle moet asse-blief in die regterblok sit.” `n Kaartjie met `n nommer word oorhandig. “U nommer sal op die skerm verskyn

wanneer dit u beurt is.” My nommer is 81. Dit klink na wag. Binne heers `n gedempte atmosfeer. Begrafnisagtig. Niemand lag nie. Elk- een met sy bondeltjie bewyse styf on- der die blad. Presies 20 toonbanke, tel ek. As jy nie kan lees nie, roep `n moeë stem jou nommer uit. Nommer 19 verskyn nou op die skerm. Links van my sit `n ma en seun by een van die toonbanke. Sulke lekker grotes (nie die toonbank nie). Hulle luister al kouende. Die amptenaar agter die les- senaar verduidelik dat die spoeg spat. Hul gesigsuitdrukkings sê alles. Reg voor my sit `n baie ongeduldige man. Hy dra `n sonbril. Sy pet sit ag-terstevoor en agter sy oor steek `n half gerookte sigaret uit. Die rooi NY-letters op die pet baie duidelik. Wonder of hy weet waar New York is. Elke vyf minute roep hy een van die assistente nader. Hy verstaan nie die nommer-besigheid nie. Dit is `n proses om hom op sy stoel te hou. Hy beur astrant in die toonbanke se rigting met elke navraag.Intussen verskyn die een nommer na die ander op die skerm. Ek probeer die volgorde van die nommers bepaal. Niks maak sin nie. Net wanneer hulle naby nommer 81 kom, is daar weer skielik `n 35 en `n 42. Nee wat, ek sal maar my beurt afwag. `n Uur is darem nog nie te lank nie. Hoogs verveeld begin ek deur my BTW-fakture blaai. `n Faktuur van Charl de Villiers vang my oog. De Meul Boerdery. `n Ruiltransaksie tussen my en hom. Isuzu-bakkie vir `n dubbelkajuit. `n Storie op sy eie (nee, niemand is verneuk nie). Sonder dat ek agterkom, verskyn my nommer op die bord. Ek skrik groot toe die begrafnisstem praat.

Voordat ek nog kan sit, wys die be-ampte my daarop dat hulle nie hier geld uitbetaal nie. Vandag moet ek kalm bly. My betoog getuig van onderdanig-heid. “Meneer, maar dit kan mos nie waar wees dat SARS glad nie op u navrae gereageer het nie. Kom ek kyk op die rekenaar, dit sal beslis aangeteken wees.” Sy sien niks en roep later vir oom Kola om te help kyk. Die skerm word gefynkam. “Nee meneer, ons sien niks. Ons gaan u nou na `n ander toonbank verwys. Kan ek asseblief u kaartjie met die nommer kry? Ek moet `n aantekening daarop maak.” Weg is my kaartjie. Van alle dinge! Ek dop alles om. Pluk my broek se sakke uit. Niks, maar niks, kom te voorskyn nie. Die sweet tap my af. Die beampte wil niks weet van op `n papiertjie skryf nie. Die hele toonbank lê later vol van my faktuurbewyse. Iemand wat die chaos aanskou, tel my kaartjie op wat op die grond geval het. Uiteindelik is ek gereed vir `n herverwysing.“U moet asseblief in die voorste dwars blok gaan sit totdat ons u roep.” Ek hou my kaartjie styf vas. Hier wil ek nie oornag nie. Mense beweeg steeds in en uit. Glim-lagte aan die skaars kant.Nommer 81 verskyn `n tweede keer op die skerm. Ek beweeg nader. Die vrou druk flink op die rekenaar en be-lowe dat my navraag met die nodige bewyse voor vieruur in Bloemfontein, by SARS, sal wees. Baie verlig ontvang ek `n verdere bewys vir toekomstige navrae. Ek stap met `n lied in my hart by die deur uit met nommer 156 wat intussen op die skerm verskyn het . . .

Page 55: Kommuniek Februarie 2013

GWK Graan . . . innoverende bemarking

innoveer landbou

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas,

8730 Tel: 053 298 8200

Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ̀ n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ̀ n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou- waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

Kontak die graan-

verkryger in u gebied om u met bemarkingsopsies by te staan.

BARKLY-WES Kobus Beetge 082 805 0885

DOUGLAS Hendrikus Keulder 082 888 6295

Ig Pretorius 082 906 1672

HOPETOWN Steven Storey 082 906 1676

LUCKHOFF Willie Pretorius 082 881 1120

MODDERRIVIER Dewald Burger 082 900 8736

PRIESKA Wimpie Grobler 082 882 2609 OOS-VRYSTAAT Ficksburg Esperansza van der Walt 082 805 9911

GWK Graan vestig gerusstel-ling en vertroue by ons pro-dusente deur die gehalte graan- bemarking en graanhanterings dienste wat ons lewer. GWK se graanhanteringsfasiliteite is toonaangewend m.b.t. kwaliteit van infrastruktuur, asook die diens wat gelewer word. By GWK Graan is dit die produsent wat saakmaak!

Page 56: Kommuniek Februarie 2013

GWK Versekering . . . gewaarborgde gemoedsrus

GWK se versekering waarborg gemoedsrus oor die besittings wat vir jou en jou gesin belangrik is. Met ons kliëntgerigte fokus en innoverende benaderingbied ons maakpas oplossings vir elke individuse versekeringsbehoeftes. Kontak ons ook gerus omjou met finansiële beplanning vir die toekoms by te staan.

innoveer landbou

DouglasBrits van den BergBestuurder: VersekeringKredietlewensversekering082 803 5190

PrieskaKannetjies KotzeKorttermyn- enOesversekering082 809 4773

HopetownJanitha von MolendorffKorttermyn- enOesversekering082 889 4602

DouglasWillem KrugerKrediet- enLewensversekering082 490 9680

DouglasMarietjie VermeulenKorttermyn- enOesversekering082 809 4775

Barkly-WesRené v/d WesthuizenKorttermyn- enOesversekering082 907 8548

ModderrivierRiana ShergoldKorttermyn- enOesversekering082 808 2911

GWK is ’n Gemagtigde FinansiëleDiensverskaffer wat fokus opwelvaartbeskerming.FSB Lisensienommer 1185

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas,

8730 Tel: 053 298 8200

Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ̀ n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou- waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.