6

Click here to load reader

Kommunikaatjie 17/8/2014

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Nuusbrjief GK Centurion

Citation preview

Page 1: Kommunikaatjie 17/8/2014

12

EREDIENSTYE

Afrikaanse Diens: 9:00 en 18:00

Engelse Diens: 11:00

Sothodiens: 12:30

ALGEMENE INLIGTING

KOLLEKTES

Tydens erediens: Barmhartigheid

By die deure: Emeritaatsversorging

DIENSBEURTE: Ouderling: Hennie vd Walt

Diaken: Louis Venter

NUWE INTREKKERS

Alle nuwe intrekkers word gevra om na die erediens voor by die klavier aan te meld.

KOMMUNIKAATJIE ELEKTRONIES: www.issuu.com/gkcenturion/http://www.gkcenturion.co.za.

EREDIENSTE OP INTERNET: http://kerkdienstgemist.nl/assets/516

KATKISASIE: Vandag: Les 18, Sb 3-3:1 Volgende week: Les 19, Sb 18-7:1

Kerk se bankbesonderhede: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 409

Inbetalings vir die Diakonie: Rek Naam: Diakonie Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 280 589

Inbetalings vir die Susters: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Susters Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 417

KONTAKBESONDERHEDE

Kantoorure: Ma-Do 08:00 - 13:00

Telefoon: 012 664 2614 Basdenlaan 226 Faks: 012 664 0004 Lyttelton 0140 Epos: Kerkkantoor—[email protected] Attes Skriba—[email protected]

Ds Maarten van Helden : 012 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger : 012 664 1847/ 082 964 5595 Ds Paul van den Berg: 012 347 0494/ 084 263 2055

Koördineerder: Frans van Dyk: 664 0060/ 082 851 4558/

[email protected]

Lidmate se kontakbesonderhede: Die kerkkantoor sukkel dikwels om lidmate te kontak omdat hul adresse en kontaknommers verander en die kantoor nie in kennis gestel word nie. Stuur asb ‘n e-pos aan die kerkkantoor as u inligting verander sodat ons inligting op datum kan bly.

E-pos adres vir nuwe kontakbesonderhede: [email protected]

Jaargang 38 Nr 39 10 November 2013

K

OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion

Jaargang 39 Nr 28 17 Augustus 2014 Webblad: http://www.gkcenturion.co.za

K

Liturgiese Riglyne

G r o e i n a C h r i s t u s

SONDAGAAND 18:00

Skriflesing: Jak 2:14-26; Heb 11:1-3 HK: Sondag 32 Sing: Ps 149-2:1,2 Ps 119-1:11 Ps 138-1:1,2 Sb 13-3 Orrelis: Mariki Lessing Projektor: Magriet Erasmus Klank: Hein Kaiser Prediker: Ds Gerrit Kruger

SONDAGOGGEND 9:00

Skriflesing: Maleagi 2:17 tot 3:5 Teksvers : Maleagi 3:1 en 2

Sing: Sb 18-1:1,6 Sb 14-1:2,3 Sb 11-1:1,2,5 Sb 11-1:9,10,11 Sb 13-3 Orrelis: Willemien Schoombee Projektor: Nicolene Wattel Klank: Charl vd Berg Prediker: Ds Paul vd Berg

G r o e i n a C h r i s t u s

Ten spyte van die Here se oordeel is daar steeds hoop op God se reddende genade

Vanaf Maleagi 2:17 tot aan die einde van Maleagi 4 vind daar ‘n duidelike klemverskuiwing plaas. Steeds openbaar die Here Homself as die regverdige God wat geen ruimte vir die sonde het nie, maar tog word die liefdevolle genade van die Here vir die koppige, selfregverdigende

Israeliete meer en meer geopenbaar.

Vir die gelowige wat sy eie onvermoë leer ken het uit die Woord van die Here, word die jubelende en bevrydende boodskap hoorbaar: Die voor-loper van Jesus en die dag van die Here is op pad. Dit is ‘n vreugde vir God se kinders, maar ‘n skrikwekkende realiteit vir die ongelowige en

verharde sondaars.

Mag die oordeelsprofesie van Maleagi verander in ‘n vreugdevolle

sekerheid en verwagting in en deur Jesus Christus.

Dade bevestig jou geloof!

Geloof is die kern leerstelling in enige Christen se lewe. Die sondaar word gered deur sy geloof in Jesus Christus se versoeningswerk, Ef 2:8-9. Die gelowige moet in geloof lewe 2 Kor 5:7: “ want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie.” Sonder geloof is dit nie moontlik om aan God dankbaarheid te bewys nie, Heb 11:6: “As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil.” Wat jy ookal sonder geloof doen is sonde, Rom 14:23: “... En enigiets wat 'n mens nie uit

geloofsoortuiging doen nie, is sonde.”

As ons Hebreërs 11 lees, dan sien ons manne en vroue wat in geloof,

ondanks lewensgevaar, gehoorsaam was aan God se wil uit sy Woord.

Ons gaan na vier sake kyk uit Jak 2: 14-26:

Valse geloof

Dooie geloof 2:14-17

Demoniese geloof 2:18-19

Dinamiese geloof 2:20-26

Page 2: Kommunikaatjie 17/8/2014

2

Ons gee om vir Mekaar “... Die gemeente is die draer en die beskermer van die waarheid.” 1 Tim 3:15

Die siek lidmate word aan die liefdevolle versorging van die Here opgedra en ons vertrou dat hulle gesondheid vinnig sal verbeter:

Hendrik de Beer sterk aan na ʼn motorfietsongeluk (C6—082 780 3161).

Amanda Swanepoel sterk aan in Unitas na ʼn knie-operasie (B9—6545568).

Meelewing Die families van Elke Nel en Henk Sweers wie se ma gedurende die weekoorlede is.

Ons bid hulle die vertroosting van God ons hemelse Vader toe

Aktiwiteite 22 Aug — Gereformeerde Kinder Aksie — Oorslaap in die Dieretuin.

24 Aug — Geestelike Opbou na afloop van die aanddiens aangebied deur die Susters.

29 Aug — Stokbraai om 18:30—Almal tussen die ouderdom 18 en 35.

Vergaderings 17 Aug — Gemeentevergadering

18 Aug — Bedieningskommissie 19:00

21 Aug — Katkisasiekommissie 19:00

23 Aug — Ouderling- en Diakentoerusting 08:00 tot 10:00. Geliewe verskoning aan te teken indien u

nie gaan bywoon nie.

Uitnodiging: Sondagoggend 31 Augustus

Ons dank die Here vir ‘n wonderlike nuwe bedeling in ons gemeente!

Ds Paul het die afgelope agt jaar met groot vrug in ons gemeente gewerk as deeltydse predikant, saam met sy dienswerk as Kapelaan in die SAPD. Aan die einde van Augustus tree hy af by laasgenoemde, en begin dan met voltydse be-

diening in GK Centurion.

Om hierdie vreugdevolle gebeure te vier, word u almal van harte uitgenooi om

Sondagoggend 31 Augustus na die erediens saam met ds Paul en sr Annette

lekker saam te kuier oor ‘n koppie tee/koffie, en met lekker eetgoed. Kom deel

in die vreugde!

11

NOTA'S

1) Die kerklike bydraes is tans R148 000 onder begroting. Aangesien dit ons grootste inkomste bron is, is dit

kommerwekkend.

2) Die bydraes is bietjie agter begroting en nou rofweg gelyk aan ons maandelikse verpligting ten opsigte van

die verband. Die uitstaande verband beloop tans R520 000. Mooi verminder!

3) Die bydraes tov deurkollektes (moet nie verwar word met kollektes tydens die diens nie) is wesenlik onder

begroting

4) Ingesluit is die bedrag van R48 000, wat ontvang is van Vodacom, vir die gebruik van die toring.

5) Daar is tans 'n oorspandering weens 'n muur wat herstel moes word. Ook is die uitgawe met betrekking tot

die groot vullishouer na die finalisering van die begroting onder die instandhoudings begroting geplaas.

6) Ingesluit in hierdie syfers is die kostes met betrekking tot katkisasie. Baie van die uitgawes, katkisasie

boeke, uitstappies, ens., vind in die tweede helfte van die jaar plaas.

7) Alhoewel hierdie uitgawe laag lyk teen begroot, moet ons onthou dat die munisipale kostes vanaf 1 Julie

styg.

8) Ons het 6 stowe by die oord vervang en is daarom bo begroting wat hierdie uitgawe betref.

9) Die inkomste oorskry die uitgawes redelik. Daar moet egter op gelet word dat daar in November bonusse betaalbaar is en sommige van die kommissies nog nie hul pro-rata deel van hul begroting spandeer het nie. Normaalweg begroot ons dat uitgawes aan die einde van die jaar gelyk aan inkomste moet wees. Hierdie jaar het ons egter begroot vir 'n klein winsie ten einde die impak van die hoër personeelkostes vir volgende jaar

sagter te maak. Die groter as normale styging is weens die feit dat Ds Paul dan voltyds by ons in diens is.

ALGEMEEN Ons is bevoorreg om van tyd tot tyd enkelbedrae met die verkoop van eenhede by die aftree-oord te ontvang. Hierdie bedrae kan egter nie vir die dag-tot-dag uitgawes van die gemeente aangewend word nie, omdat

hierdie inkomstes willekeurig ontvang word. Dit kan egter met groot vrug aangewend word vir projekte.

Vir navrae kan u Gerrit Beumer kontak by [email protected], 012 662 1414 of 082 572 5235

BLOM ‘N BLAAR skenk weekliks die helfte van die kerk se ruiker. Bestel ruikers vir enige geleentheid plaaslik & oorsee. http://www.simplyflowers.co.za/(012 663 5955). Susters kan hul bydraes vir die doel voor in die Susterskas

by die hoofingang plaas.

Stel u belang in ‘n pragtige, lang, dowwe pienk/grys wintersjas 36/28 of in ‘n roomkleurige trourok met baadjie (Gatsby-styl) 36/38. Rita 012-664 4508/083 968 2299.

Page 3: Kommunikaatjie 17/8/2014

10

FINANSIËLE VERSLAG VAN DIE KERKRAAD AAN DIE GEMEENTE SOOS OP 31 JULIE 2014

INKOMSTE

ITEM WERKLIK PRO-RATA AFWYKING NOTA'S

BEGROOT

Kerklike bydraes 2 315 607 2 464 000 -6.02% 1

Verband bydraes 134 970 145 833 -7.45% 2

Deurkollektes 45 784 58 333 -21.51% 3

Ander 76 086 42 292 79.91% 4

TOTAAL 2 572 447 2 710 458 -5.09%

UITGAWES

ITEM WERKLIK PRO-RATA AFWYKING

BEGROOT

Personeelkostes 1 441 500 1 443 777 0.16%

Ramings 388 843 378 563 -2.72%

Verband terugbetaling 134 552 134 400 -0.11%

Evangelisasie 198 844 207 083 3.98%

Instandhouding 65 577 40 833 -60.60% 5

Jeugaktiwiteite 7 976 33 834 76.43% 6

Munisipale kostes 63 952 70 000 8.64% 7

Uitdelingskommissie 20 000 29 167 31.43%

Versekering 39 644 43 750 9.39%

Kantooruitgawes 46 337 56 583 18.11%

Monumentsig Aftree-oord 19 539 17 500 -11.65% 8

Ander 84 402 100 100 15.68%

TOTAAL 2 511 166 2 555 590 1.74%

INKOMSTE BO UITGAWES 61 281 154 868 9

3

Die Nuwe Testament en Psalms van 1979 uit

“In die begin was die Woord—G.S. Wegener”

Vir elke jaar is ‘n program vooruit opgestel en in die reël ook afgehandel. Die drie lede van die Vertalings-kommissie uit Stellenbosch, proff. W. Kempen, W.E.G. Louw en P.A. Verhoef, moes elke maand, buiten vakansiemaande, vir een week na Pretoria reis vir ‘n vermoeiende werksessie. Ter afwisseling het die vertalers minstens een keer in die jaar in Stellenbosch of Kaapstad ‘n sitting gehou. In 1976 moes prof. Tjaart van der Walt, wat intussen rektor van die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. geword het, hom

aan die eindredaksie onttrek. Dr. J.P. Postma het sy plek geneem.

Die werk aan die Psalms, meer nog as aan ander dele van die Skrif, het die vertalers onder die indruk gebring van hoe uiters sensitief die taal kan wees in die weergawe van fyn skakerings van betekenis. Meer as eens het prof W.E.G. Louw, as taal- en letterkundige adviseur, die frustrasie beleef dat sy voorstelle vir stilistiese verbetering onaanvaarbaar vir die eksegete was omdat dit ‘n wysiging van betekenis sou meebring. Nogtans het die vertalers, wat self gesteld was op die stilistiese skoonheid van die eindresul-

taat, groot voordeel getrek uit prof. Louw se raad.

As reël het die vertalers die beeldspraak behou, maar in gevalle waar die beelde moeilik verstaanbaar is of tot misverstand aanleiding kon gee, is liewer die betekenis van die beeld weergegee. ‘n Opvallende voor-beeld was die “stok en staf” van Psalm 23:4. Presies hoe die “stok en staf” kan “vertroos”, weet die gewo-ne leser nie, hoewel hy die indruk kry dat beskerming of veilige bewaring bedoel word. In elk geval staan dit vas dat die beeld die gedagte van die beskerming deur die Almagtige wil oordra. Gevolglik is die beeld-

spraak laat vaar, en lui die nuwe vertaling: “In u hande is ek veilig.”

Voorbeelde kan vermenigvuldig word. Ons verwys nog net na die bekende woord: “Met my God spring ek oor ‘n muur” (Ps. 18:30; 2 Sam. 22:30). Alte dikwels dink die leser hier aan ‘n atletiese prestasie, maar dit gaan om ‘n oorlogsbeeld, die aanval op op ‘n stad. Om dit duidelik na vore te bring, is daar dus vertaal:

“Met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie.”

‘n Ander vraag is die vertaling van “my siel”. ‘n term wat sowat twintig keer in die Psalms voorkom. Ken-ners van Hebreeus kom tot die gevolgtrekking dat “my siel” maar net ‘n manier is om te sê “ek self” of “ek”. In die Afrikaanse omgangstaal is dit andersom: dit is nie gebruiklik om te sê “my siel” het iets gedoen of sekere emosies beleef nie, maar “ek”. Om hieraan gevolg te gee, word “Loof die Here, o my siel” nou: “Ek wil die Here loof” (Ps 103:1). Na twee jaar van intensiewe arbeid het die vertaling van die Psalms klaarge-

kom.

Gelyktydig met die werk aan die Psalms het die vertaling van die Nuwe Testament so voorspoedig voortge-gaan dat die einde daarvan in sig begin kom het. Ook die woordelys, wat reeds in Die Blye Boodskap verskyn het, is bygewerk. Daarin kon die leser verklarings vind van name en begrippe waaroor hy toelig-

ting verlang. Die betrokke woorde sou in die gedrukte teks met ‘n sterretjie * aangedui word.

Toe stel die Bybelgenootskap voor dat die Nuwe Testament en Psalms saam met die woordelys gepubliseer word. Tydens ‘n geselligheid op 24 Augustus 1979 in Bybelhuis, Kemptonpark, is Die Nuwe Testament en Psalms bekend gestel en ‘n luukse eksemplaar aan die destydse Staatspresident, mnr.

Marais Viljoen, oorhandig.

Volgende keer : Die Nuwe Vertaling van 1983

Page 4: Kommunikaatjie 17/8/2014

4

Warm Harte Breiprojek

Susters julle het dalk al ʼn bietjie “Lente-gevoel” maar ons Warm Harte Breiprojek is ʼn deurlopen-de projek vir die susters wat graag in die somer

ook brei.

Ons ondersteun die Christelike Seemanne Orga-nisasie wat gebreide bedsokkies, musse en serpe vir mans nodig het, dit word heeljaar uitge-

deel.

Helpende Hand het ook baie kleuters wat gebrei-de sokkies, musse, serpe, truie en komberse

nodig het.

Ons wil graag die res van hierdie winter en

somer brei vir volgende winter.

Plaas asb die gebreide artikels op die tafel by die hoof ingang van die kerk. Ons het ʼn mooi toesluit kas waar die artikels veilig gebê-re word tot dat dit tyd is om die artikels te pos

of te gaan uitdeel.

Elna de Bruin 083 664 2050

Geestelike Opbou 24 Aug na die aanddiens

Loop die wedloop van die lewe met

vreugde en dankbaarheid

· Die wedloop het riglyne uit die Bybel

· Die wedloop het ‘n belofte

· Die wedloop maak van ons oorwinnaars

Spreker: Griet Swanepoel

Liewe lidmaat, jy word hartlike uitgenooi om die Geestelike Opbou van 23 Augustus by te woon. Dit sal slegs 'n halfuur duur, waarna ons 'n heer-

like koppie tee of koffie gaan geniet.

Groete

Die Susters

Op soek na hoë gehalte Bybelgefundeerde skoolonderrig vir u kind? Centurion Christelike Laer-skool is ‘n Afrikaans Christelike privaatskool wat die voorgeskrewe kurrikulum deur die Departe-ment van Onderwys volg maar met 'n Christelike grondslag en verrykte inhoud in navolging van

die Drie Formuliere van Eenheid.

Beperkte plekke nog beskikbaar vir 2015, besoek gerus die Opedag op Vrydag 22 Augustus.

OPEDAG

CENTURION CHRISTELIKE LAERSKOOL

Vrydag 22 Augustus 2014 van 07:30 tot 15:00

Grade 0 tot graad 7 word aangebied in klasse van maksimum 20 leerlinge, wat individuele aandag

verseker.

Centurion Christelike Laerskool is geleë op die hoek van Edinburghlaan en Cornellweg, Clubview

Oos, Centurion.

Kontak ons gerus by [email protected] Tel: (012) 654-7577 of (sel) 083 633 7208 buite skoolure of besoek ons webbladsy by: http://www.LSCenturion.co.za

‘n Vaste Grondslag vir jou Verbondskind!

9

BEROEPENUUS BEROEPE ONTVANG · Ds RA Bain van Cachet na Outjo/Biermanskool-kombinasie. · Ds GS Kruger van Centurion na Nylstroom. · Ds JC van Dyk van Ventersdorp na Tsumeb. · Ds HC van Rooy van Randburg na Pretoria-Alkantrant. BEROEPE AANVAAR · Ds C de Beer van Boksburg-Suid na Pretoria-Brooklyn as medeleraar. BEROEPE BEDANK · Ds JJ de Bruyn van Harrismith na Phalaborwa.

Bybelskool

Die grootste krag in die wêreld - Geloof

Gedurende September gaan daar gekyk word na geloof in Hebreërs 11

Dinsdagaand 2 Sept 2014 Wat geloof is! Dinsdagaand 9 Sept 2014 Geloof in aksie! Dinsdagaand 16 Sept 2014 Geloof in aksie! Dinsdagaand 23 Sept 2014 Die volmaakte einddoel van geloof!

Aanbieder: ds. Gerrit Kruger

te

Gereformeerde Kerk Centurion

2 tot 23 September 2014 (Dinsdae-aande)

om

19:00 — 20:15

R 100 per persoon of gesin.

Nelly Silvis sel. 082 921 4904 / [email protected]

Page 5: Kommunikaatjie 17/8/2014

8

Ete saam met Antoinette en Kruger du Preez & Ivan Stevens.

Tony van Heerden, Ivan Stevens, Attie, Anél, Annika & Ewan

Terugvoer: Hefsiba uitreik 2014

Wat word by Hefsiba gedoen? Hefsiba, Instituut vir Christelike Hoër Onderwys het sy formele ontstaan sedert 1994 toe dit as Bybelskool geopen is. Sedertdien het die uitstekende opleiding wat daar geskied meer formeel geraak en hulle het ook begin om ander graadkursusse aan te bied.

Hefsiba is in 1997 by Potchefstroom Universiteit se Teologiese Fakulteit geakkrediteer.

Die volgende graadkursusse word tans aangebied: - BA Teologie Diploma - 3 jaar, - BA Teolo-gie graad - 4 jaar, - BA Teologie Honneurs (4 jaar) (Mosambiek erkenning), - BA Teologie Hon-neursgraad (ʼn verdere 2 jaar – in samewerking met NWU), - BA Sielkunde - 4 jaar, - BA Ekonomie

- 3 jaar.

Die volgende opleiding word ook aangebied: - Opleiding vir evangeliste - 1 jaar, - Opleiding vir

plaaslike Bybelvertalers - 2 jaar, - Opleiding vir eggenote van teologiese studente - 3 jaar.

Die wiel draai: Ons kon afskeid neem van ds. Kruger du Preez en sy vrou, Antoinette, na hul 14 jaar voltydse betrokkenheid by Hefsiba. Hulle was intens betrokke by Kurrikulum ontwikkeling en die implementering van waardegedrewe onderrrig. Ivan Stevens, sielkundige, neem oor by die du

Preez's.

Terugvoer: Ons kan met groot dankbaarheid getuig dat die afgelope uitreik na Hefsiba geduren-

de die Julie vakansie, baie geseënd en voorspoedig was.

Ons het afskeid geneem van die du Preez's; ons het Ivan Stevens ontmoet; ʼn rekenaar is aan ʼn plaaslike predikant oorhandig, hy het ʼn bedankingsbrief aan die gemeente gerig; skryfbehoeftes vir Teologie studente is aan Ivan oorhandig. Die studente was besig met praktiese werk en was dus nie op die kampus om te ontmoet nie; Portugese Bybels is aan personeel oorhandig om te gebruik tydens uitreike. Die Bybels is deur die kerk se Biblos projek geborg en met groot dank ontvang. Attie het die finansiële state geoudit en Anél het aanbiedings gegee aan sielkunde stu-

dente en kleuterskool personeel.

Baie dankie vir die bydraes van die lidmate van die gemeente, asook die voorbidding! Ons wil graag vra dat as u so geroepe voel, om ʼn finansiële bydrae vir ʼn Teologiese student te maak.

Kostes per student beloop R24 000 per jaar.

BANKBESONDERHEDE

Begunstigde: HEFSIBA Bank: ABSA Tak: Lynwoodrif, Pretoria Takkode: 333-845 Rekening Nr: 14-2015-5464 Kontakpersoon: Mev. Corrie Swanepoel 012-8049543/[email protected]

5

TEESKINKBEURTE Instruksies vir die regsit voor die diens en skink en opruim na die diens is in die kombuis opgeplak. Sit asseblief 2 rye koppies en 1 houer elk suiker, koffie en melk reg vir die Engelse erediens. 17 Augustus C4 Alta van Rensburg C5 Rozanne Groenewald / Zinette Cronje C6 Toekie Meyer

24 Augustus C7 Mieke Opperman / Elma Faber C8 Elsie Kruger / Liza Pretorius

C9 Elsie Swanepoel

31 Augustus C10 Lydia Bezuidenhout C11 Amanda brink

C12 Christi Venter

BELYDENDE LIDMATE

VERJAARSDAE

“ Dien die Here met blydskap ...” Ps 100:2

KOSBEDIENING Gedurende Augustusmaand gaan daar weer skenkings gevra/ingesamel word om die kosbediening by verskeie aftree-oorde te ondersteun.

Kontantbydraes vir die aankoop van vleis en gevriesdegroente asook sekere droë bestand-dele gaan ingesamel word. Vanaf Sondag 10 Augustus 2014 sal daar sakkies met wenslysies beskikbaar gestel word na die oggenddienste by al die uitgange en na die aanddienste op die tafel by die hoofuitgang. Skenkings kan dan gedurende Augustus op die susterstafel agter in die saal neergesit word.

Dankie byvoorbaat vir u ondersteuning

Sustersbestuur

“Moeg vir jou ou kombuis? en GAS INSTALLASIES” Ons is gekwalifiseerde binnehuisontwerpers sowel GAS installeerders; spesialiseer in die ontwerp en installering van nuwe kombuise sowel as restourasie d.m.v. verf tegnieke. Werner van der Walt: 0823086238/[email protected]/ Meryke Deetlefs: 0844445443

[email protected]

Tuinwoonstel te huur. Ruim tuinwoonstel in Bronberrik vanaf 1 Sept vir enkellopende persoon. Motorafdak, geen

roker, geen troeteldiere. R4400pm, w&l insluit. Cobus Buys 083 633 7208

DOOPLIDMATE

17-Aug Ment Deist B15 083 257 4306

Hester Enslin C02 664-4618

Hein Kaiser C06 664 2081

Cassie vd Walt B04 082 372 2434

Jaco Van Heerden B02 082 839 1850

18-Aug Winy Du Preez B08 658 5060

Sonja vd Dussen B17 660 2459

19-Aug Lukas du Preez B08 658 5060

Carina Koch B17 082 339 9588

Wynand Loots A13 076 884 7421

Magda Pelser A05 664-5247

Gerrie Viljoen B05 666 7427

20-Aug Marlize Bond B04 653 7270

Jan Gouws B15 654 6019

21-Aug Johan van Vuren A07 -

22-Aug Gustav Hoffmann A02 082 875 5253

Pieter Pretorius C08 665 4789

23-Aug Martine Cassidy B13 082 413 0372

Hannes Malan A11 082 573 2335

Eugene Oosthuizen B01 664-5135

Frikkie Pelser A05 664-5247

Chris vd Walt B15 083 480 0661

17-Aug Wian v Niekerk B16 654 3572

18-Aug Keegan Brands B19 666 7392

Christelle Swanepoel B05 654 7654

Catherine Trentham C14 079 879 6862

Ruben Venter B06 654 6323

21-Aug Leah Erasmus B09 072 233 5205

23-Aug Christiaan Jacobs B14 083 356 7597

Page 6: Kommunikaatjie 17/8/2014

6

BIBLOS Neem deel aan die Biblosprojek en help om mense te identifiseer wat nie ʼn Bybel besit nie, maar graag een sou wil hê! U kan die projek ook finansieel onder-steun om ons in staat te stel om Bybels aan te koop. Vir verdere navrae kan u enige van die vol-gende persone kontak:

Marlou van den Berg: 082 412 4313 Esmé van den Berg: 083 381 6428

Elsie Swanepoel: 083 787 8902 Annesta Wannenburg: 083 751 2602

Finansiële Ondersteuning vir die

Bybelgenootskap en Biblosprojekte: Rekeningnaam: Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Reknommer: 600 340 409 Verwysing: “Bybelgenootskap” of “Biblos” na gelang van die projek wat u wil ondersteun

Bybels te koop

Bybels in al die amptelike landstale is by die kerkkan-

toor te koop teen kosprys.

HOUT IS GOUD VIR DIE KERKKAMP

18-20 Sep 2015

Bestel droë Bosveldhout (Sekelbos) by die Diakonie

R15 per sak Maand einde (Aug, Sep en Nov) Kontak: Tinus Nel 083 384 2886

Lees ...

in hierdie uitgawe van

Die Kerkblad

Bestaan die duiwel regtig? Indien die duiwel wel bestaan, is hy ʼn persoonlike wese of net ʼn bose

mag? Prof. Callie Coetzee skryf hieroor in Redaksioneel.

Dr. Danie de Kock skryf in hierdie uitgawe oor huisgesinne as boustene vir die kerk.

In hierdie uitgawe begin ʼn reeks artikels oor die vrug van die Gees, geskryf deur prof. Ben de Klerk.

Die eerste artikel handel oor die wortel waaruit die vrug van die Gees groei.

Trauma het die vermoë om binne ʼn paar sekondes mense in hulle diepste wese te skud en aan te

tas. Lees wat prof. Wentsel Coetzer skryf oor die verwerking van trauma.

Ds. Gerhard Niemann skryf in “Die strand van glas” hoe die Here die mooi uit die slegte in ons le-

wens te voorskyn bring.

EN NOG BAIE MEER Teken in op Die Kerkblad!

Skakel Angie Mokobi by (018) 297 3986 vir meer besonderhede; e-pos [email protected]

7

Gereformeerde Kinder Aksie

Oorslaap in die Dieretuin Vrydagaand, 22 Augustus 2014

Nasionale Dieretuin, Pretoria Boomstraat 232, Pretoria

Ons ontmoet mekaar om 17:00 in die parkeerterrein van die Dieretuin waarna ons na die kampter-rein geneem word. Die nagtoer begin om 18:30 en eindig om 20:30 waarna ons lekker saam braai. Broodjies en wors word voorsien. Die uitstappie eindig om 7 uur die Saterdagoggend wanneer alle tente afgeslaan moet wees, almal het egter nog toegang tot die dieretuin vir die hele

dag.

Kostes: R150 per ouer en R50 per kind

Wat jy moet bring - jou eie tent en slaapgoed, stoele, eetgerei, versnaperinge asook ontbyt vir

die Saterdagoggend.

Betaal die gelde direk in die kerk se bankrekening en stuur die bewys vir Madelein van Zyl 0832724884/ [email protected]

Verwysing: Dieretuin en jou naam

KLEINGROEP INTREK-AKSIE

29 Augustus 2014 om 18:30

Kom geniet ‘n heerlike aand om die vuur en kom wees deel van die intrek-aksie

vir almal tussen die ouderdomvan 18 en 35.

Bring ’n stok vir stokbrood, ‘n vleisie, eetgerei, drinkgoed en glase saam en kom luister na ‘n gasspreker by die kerksaal.

Vir meer inligting kontak Riaan van Schalkwyk:

072 436 4763 / [email protected]