21
KONSTITUSIE

KONSTITUSIE - lhbi.co.za ons.pdf · 2 Konstitusie 1. Naam Die “Kerk” in terme van die wet sal bekend staan as : Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal – en – Living Hope Ministries

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: KONSTITUSIE - lhbi.co.za ons.pdf · 2 Konstitusie 1. Naam Die “Kerk” in terme van die wet sal bekend staan as : Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal – en – Living Hope Ministries

KONSTITUSIE

Page 2: KONSTITUSIE - lhbi.co.za ons.pdf · 2 Konstitusie 1. Naam Die “Kerk” in terme van die wet sal bekend staan as : Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal – en – Living Hope Ministries

2

Konstitusie 1. Naam Die “Kerk” in terme van die wet sal bekend staan as: Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal – en – Living Hope Ministries International in Engels, waar-by ingelyf is hierdie gemeente, wat bekend staan as: .......................................................... (Plaaslike gemeente naam) 2. Doel Om gestalte te gee aan die evangelie van die Koninkryk deur die uitvoering van die Groot Opdrag – Markus 16:15-18. Die Messiah het vir sy volk Israel as losser gesterf om die lossingsreg uit te oefen op SY VOLK. Daarom is dit ons taak om hierdie Evangelie aan Israel te verkondig. Uit Israel sal diegene wat die Evangelie van die Koninkryk hoor en tot bekering kom, die gemeente vorm. Die Hoof is Yahshua Messiah – Efes. 1:22. Die Heilige Gees is aan Israel gegee, gevolglik kan elke bekeerde Israeliet ook aanspraak maak op die vervulling op Doping met die Gees sodat hy/sy `n kragtige getuie van Yahshua Messiah onder Israel kan wees – Joh. 14:16-17; Hand. 2:38-39.

Page 3: KONSTITUSIE - lhbi.co.za ons.pdf · 2 Konstitusie 1. Naam Die “Kerk” in terme van die wet sal bekend staan as : Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal – en – Living Hope Ministries

3

3. Wesensaard en Belydenis 3.1 Die absolute gesag van die Ou en Nuwe Testament wat deur Goddelik geïnspireerde manne onder die direkte lig en leiding van die Heilige Gees geskrywe is – 2 Pet. 1:21; 2 Tim. 3:16. Die Bybel, wat oorspronklik organies woordeliks geïnspireerd is, vorm die grondslag van die beginsels van geloof en gebruike van die gemeente gegrond op die oorspronklike Kanonieke Geskrifte. Dit is die medium waardeur Yahweh, ons Vader, Sy volle plan en heilshandeling aan ons, Sy volk openbaar. Geen deel van die Bybel (1933-53 vertaling) in sy huidige vorm mag weggelaat word nie en daar mag ook niks bygevoeg word nie. Die King James Bybel of die Holy Name Bybel word as die mees geskikste Engelse weergawes beskou. 3.2 Ons glo en bely die Enige Almagtige Yahweh van Israel, die Elohim van ons vaders soos geopenbaar in Sy Woord as Vader Seun en Heilige Gees. Hy is die Skepper en onderhouer van sienlike en onsienlike dinge. 3.3 Yahshua Messiah as waarlik Elohim en mens, gebore uit die maagd, vir Israel se sonde gesterf aan die vloekhout en liggaamlik opgestaan uit die dood en gaan sit het aan die regterhand van Yahweh.

Page 4: KONSTITUSIE - lhbi.co.za ons.pdf · 2 Konstitusie 1. Naam Die “Kerk” in terme van die wet sal bekend staan as : Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal – en – Living Hope Ministries

4

3.4 Redding is ewig, `n geskenk van Yahshua aan Sy volk, is onafhanklik van werke en wet, en word operatief deur geloof in Yahshua gemanifesteer, deur die genade van Yahweh in werke,ooreenstemmend met Sy standaarde – Efes. 2:8. Dit wil sê, alhoewel Israel Elohim se kinders is en uitverkies is voor die grondlegging van die wêreld, hulle nogtans elkeen persoonlike geestelike geboorte moet ondergaan as gevolg van Adam se val. Dit word hulle deel by wedergeboorte wat verkry word deur middel van berouvolle bekering van sonde en die reiniging daarvan deur die bloed van Yahshua Messiah. 3.5 Die waterdoop na redding deur enkelvoudige onderdompeling in die Heilige Naam. Die doop is `n opdrag en instelling van Yahshua, waardeur die ge-lowiges hulle vereenselwig met die dood en opstanding van ons losser, Yahshua Messiah van Israel. Klein kindertjies word in opdrag van en volgens die voorbeeld van Yahshua aan die Vader toegewy – Mark. 16:16; Matt. 19:13-15. 3.6 Die doping of invulling met die Heilige Gees as bekleding met krag vir lewe en diens – Hand. 1:8. Bonatuurlike diens deur middel van die gawes van die Gees soos volgens 1 Kor. 12:1-11. Hierdie waarheid en belofte aan die gelowige moet onderskei word van redding of wedergeboorte en is net soos redding

Page 5: KONSTITUSIE - lhbi.co.za ons.pdf · 2 Konstitusie 1. Naam Die “Kerk” in terme van die wet sal bekend staan as : Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal – en – Living Hope Ministries

5

verkrygbaar deur persoonlike geloof – Hand. 5:32; Hand. 8:12-17; Hand. 10:44-48; Hand. 19:1-6; Efes. 1:13. 3.7 Heiligmaking as openbaring van die vrug van die inwonende Gees waardeur ons daagliks na die beeld van Yahshua vernuwe word. 3.8 Die verlossingswerk aan die vloekhout sluit die genesing en as sulks bedien word deur onder andere die oplê van hande deur ouderlinge volgens die voorskrif van Jak. 5:14-16 en Heb. 6:2. 3.9 Die Verbondsmaal of Nagmaal is `n opdrag en instelling van Yahshua aan Israel as `n teken van die Nuwe Verbond. Die wyn en brood versimboliseer Yahshua se bloedstorting en sterwe aan die vloekhout om ons in te sluit in Sy ewige verbond – Matt. 26:26; 1 Kor. 11:17-34. Die Verbondsmaal kan so dikwels as moontlik gehou word. Die kinders is ingesluit sonder ouderdomsbeperking. 3.10 Die blye hoop op die wederkoms van Yahshua Messiah wanneer Hy Sy koninkryk op aarde gaan oprig met Sy volk Israel, asook die wederopstanding van die een tot die opstanding van die lewe, en die ander tot die ewige verderf. 3.11 Yahweh die Almagtige het in Sy alwyse raad vir Homself op aarde, na Sy beeld en gelykenis `n geslag

Page 6: KONSTITUSIE - lhbi.co.za ons.pdf · 2 Konstitusie 1. Naam Die “Kerk” in terme van die wet sal bekend staan as : Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal – en – Living Hope Ministries

6

geskep en geformeer – Gen. 1:26-27; 2:7; 5:1; 20:23; Maleagi 2:15; Matt. 19:4; Luk. 3:38; Hand. 17:28-29. 3.12 Hierdie volmaakte eerste menspaar, Adam en Eva, is deur Satan verlei en tot ongehoorsaamheid – Gen. 3:1-6; 2 Kor. 11:2-3. Dit het tot gevolg gehad dat Satan `n fisiese nageslag, naas die Almagtige s`n op aarde gesaai het – Gen. 3:6-15; Matt. 13:38; Joh. 8:44; 1 Joh. 3:9-10. Hieruit volg `n ewige vyandskap tussen die saadlyne en die dood vir die ongehoorsames uit die geslag van die Almagtige – Gen. 3:15; 4:8; Deut. 7:1-5; 23:2-3; Maleagi 1:2-4; 1 Joh. 3:8-12; Ex. 32:23; Matt. 8:12; Heb. 6:4-6; 10:29. 3.13 Dit is met hierdie geslag dat die ewige verbond in Abraham, Isak en Jakob gesluit is. Dit is vir hierdie geslag dat die belofte geld, naamlik dat Yahweh hulle nooit sal begewe of verlaat nie – Gen. 17:7-21; Ex. 24:8; Deut. 31:6; Jer. 31:37; Heb. 2:16; 13:5. As teken vind ons hier die besnydenis wat die duidelike teken sou wees van Yahweh se verbond met Sy volk. Met die heilswerk van Yahshua het die besnydenis verval en is die besnydenis van die hart nou die teken van Yahweh se Nuwe Verbond met Sy volk – Gen. 17:10; Hand. 15; Gal. 5:6. 3.14 Dit is aan hierdie geslag dat die belofte van die verlossing in Yahshua die Messiah gedoen is – Gen. 49:10-11; Num. 24:17; Deut. 32:43; Jes. 7:14; 9:1-6;

Page 7: KONSTITUSIE - lhbi.co.za ons.pdf · 2 Konstitusie 1. Naam Die “Kerk” in terme van die wet sal bekend staan as : Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal – en – Living Hope Ministries

7

11:12; 41:14; Jes. 53:59-20; Miga 5:1; Matt . 1:21-23; Luk.1:31-33; 54:55; 68:74. 3.15 Met die uitgeredde volk van Israel uit Egipteland, is die huweliksverbond gesluit, waardeur Yahweh ewige trou aan hulle beloof het – Ex. 24:8; Deut. 6:6; Jes. 61:8-9; Jer. 32:38-40. Die teken van die verbond by die berg Sinai vind sy begin in die slag van die pasgalam in Egipteland wat volledig word wanneer Moses deur die handeling van die gooi van die bloed oor die altaar en die volk die huweliksluiting voltrek. 3.16 Na die ongehoorsaamheid en verbreking van die verbond deur Israel, het Yahweh Homself deur tydelike skeiding van die Twee Stammeryk onttrek en later deur tydelike skeiding van die Twee Stammeryk Num. 31:16; Ps. 78:59; Jer. 2:20; 3:1-8, 20; Eseg. 17:20; 23:3, 5, 14, 30; 39:23; Hos. 4:14; Miga 5:2. 3.17 In die volheid van die tyd het Yahweh die Almagtige in die vlees gekom om as wettige man hier-die verhouding te herstel –Jer. 31:31-33; Hos. 1:11-12; 2:18; Matt. 26:26-29; Heb. 8:8; 1 Pet. 2:9-10. Dit vind plaas deur die offer aan die vloekhout, waardeur Hyself versoening doen oor die verbondsverbreking en deur die opstanding, die weduwee, naamlik Israel, weer in `n nuwe verhouding (genoem verlowing) aan homself (die man) verbind –

Page 8: KONSTITUSIE - lhbi.co.za ons.pdf · 2 Konstitusie 1. Naam Die “Kerk” in terme van die wet sal bekend staan as : Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal – en – Living Hope Ministries

8

1 Kor. 15; Efes. 2:13-16; 1 Joh. 1:7. Die nuwe verbondsteken vind ons in die instelling van die gebruik van brood en wyn waardeur aangedui word dat Yahshua Messiah deur Sy bloedstorting die ewige en volmaakte Testament (Verbond) bekragtig – Matt. 26:26; Heb. 7:22; 9:13-22. 3.18 Op Pinksterdag word die Heilige Gees (Gees van afsondering) as onderpand van die herstelde verhouding en verbond uitgestort oor die gelowige of bekeerde volk – Jes. 59:21-2?; Joël 2:27-28; Hand. 1:6-8; 2:2-4. Hierdie uitverkore volk (geslag) vind dus sy herstel /wedergeboorte alleen in die heilshandeling van Yahweh ons Vader deur Yahshua se werk aan die vloekhout by Golgota – Joh.1:12-13; 1 Pet.1:3 – (van bo gebore) Titus 3:4-7; 1 Pet.1:23 – (Wedergeboorte– die volk is herstel). 3.19 As deel van hierdie volk of geslag kom die individu tot redding en ewige lewe deur sy persoonlike aanneming van Yahshua as Verlosser – Joh. 1:12; Hand. 2:35-39. Niemand kom egter na Yahshua as die Vader hom nie trek nie – Joh. 6:44. Die grond van hierdie verlossing vind ons in: a. Die fisiese en geestelike geboorte uit Yahweh Almagtig – Joh. 1:13; 3:3; Rom. 9:7-9; 1 Joh. 3:8-12; Efes. 5:30.

Page 9: KONSTITUSIE - lhbi.co.za ons.pdf · 2 Konstitusie 1. Naam Die “Kerk” in terme van die wet sal bekend staan as : Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal – en – Living Hope Ministries

9

b. Die soewereine verkiesing deur ons Vader in Yahshua die Messiah- Deut. 7:6-8; 10:15; Matt. 11:2-7; Joh. 6:37, 44; 10:27; Rom. 8:29-30; 1 Pet. 1:2; 2:9. c. Deur die genadige barmhartigheid van die geloofs-gawe in ons harte- Rom. 3:24; 4:16; Efes. 2:5, 8. d. Deur die magsvolle werking van Sy Heilige Gees in ons lewe–Joh.14:16, 17, 26; 16:8-11; 13; Joël 2:28-32. 3.20 Die uitstorting en inwoning van die Heilige Gees en die sluiting van hierdie Nuwe Verbond, het tot gevolg die heerlike herstel van die volk Israel as sigbare Liggaam, Huis van Yahweh die Almagtige in die wêreld – Eseg. 37:22; Hosea 3:5; Amos 9:11,12; Hand.1:6:8; 15:16, 17; 26:6, 7; Efes. 2:11-22; 1 Pet. 2:5-10; Kol. 1:18, 24. 3.21 Hierdie “Volk van die Verbond” word tot eenheid geroep deur die openbaring van die vrug en die gawes van die Heilige Gees in die persoonlike en gemeentelike lewe – 1 Kor. 12 en 13; Gal. 5:16, 17, 22; Efes. 2:19-22; 4:1-16; 1 Pet. 2:4, 5. 3.22 Hierdie verloste volk verwag die spoedige koms van Yahshua,wanneer Hy vir `n duisend jaar op die aarde op die troon van Sy vader Dawid sal kom regeer in reg en geregtigheid – Jes. 11,12; Miga 4; Joh.14:3; Hand. 1:11; Open. 3:9; 11-13; 20:2-7; 22:20. Met Sy koms sal die gestorwe, geredde Israeliete tot

Page 10: KONSTITUSIE - lhbi.co.za ons.pdf · 2 Konstitusie 1. Naam Die “Kerk” in terme van die wet sal bekend staan as : Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal – en – Living Hope Ministries

10

onverganklikheid opgewek word en die wat nog in die lewe is, met onverganklikheid beklee word. Dit is die eerste opstanding – 1 Thess. 4:1-17; 1 Kor. 15:51-53; Open.20:6. 3.23 Na die tydvak vind die eindoordeel plaas, wanneer diegene wie verkies is tot die ewige lewe, verheerlik sal word, en die ander wat ongehoorsaam was veroordeel sal word tot die ewige verdoemenis. Die goddelose, ongeredde en ongehoorsame Israeliete sal uit die dood uit opstaan om geoordeel te word. Dit is die tweede opstanding Open. 20:5,11-15. 4. Gemeentelewe 4.1 Wedergebore Israeliete moet deel word van `n lokale gemeente waar hulle geestelik opgebou kan word om hulle spesifieke dienswerk volgens die gawes wat aan hulle gegee is, te kan doen – Efes. 4:11-16; 1 Pet. 4:10. 4.2 Die lidmate moet in liefde teenoor mekaar wandel en veilig voel as Yahweh se kinders in `n verbonds-verhouding met Yahweh wat uiting vind in die Gemeentelewe. 4.3 Betrokke wees by mekaar as Yahshua se Liggaam op aarde en verantwoordelikheid vir mekaar aanvaar as medewerkers wat ook in `n verhouding met mekaar

Page 11: KONSTITUSIE - lhbi.co.za ons.pdf · 2 Konstitusie 1. Naam Die “Kerk” in terme van die wet sal bekend staan as : Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal – en – Living Hope Ministries

11

staan, eerstens as gelowige gesinne en daarna as Israeliete in Gemeenteverband. 4.4 Betrokke wees by die gemeenskap met `n visie en ywer om getuies van Yahshua te wees, om Sy persoon-likheid in die gemeenskap uit te leef. 4.5 Glo in Yahshua as Meester, om in `n lewe van dissipelskap as individue en as Liggaam tot volwassen-heid te groei in Yahshua. 4.6 Gebou word op die fondamente van die apostels en profete terwyl Yahshua self die hoeksteen is. Ons is nie losgemaak van Sy Wet nie maar Sy Wet word nou juis deur ons vervul deur die krag van die Gees. 4.7 Glo in die meervoudige leierskap. Die deur Elohim aangestelde en bevestig deur leraars wat as apostels, profete, evangeliste, herders en leraars kan optree saam met ouderlinge en diakens in elke gemeente. Ingeseënde Ouderlinge deur die Uitvoerende Raad, kan as voorgangers in gemeentes optree waar daar nie `n voltydse leraar is nie. 4.8 Die gemeente moet gekenmerk word deur toegewyd-heid en betrokkenheid van al sy lede, vry van selftevredenheid met `n opregte begeerte om te groei in kennis, gebed, geloof, heiligmaking en as getuies van Yahshua in hulle gemeenskap.

Page 12: KONSTITUSIE - lhbi.co.za ons.pdf · 2 Konstitusie 1. Naam Die “Kerk” in terme van die wet sal bekend staan as : Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal – en – Living Hope Ministries

12

4.9 Glo dat die Heilige Gees tot die Gemeente sal byvoeg en ons dus ook in numeriese groei en in geestelike volwassenheid sal glo en medewerkers daartoe sal wees. 4.10 Glo dat hulle instrumenteel sal wees tot die stigting en oprigting van ander gerestoureerde Israel gemeentes in hulle gemeenskap.

5. Lidmaatskap 5.1 Die opneem van lidmaatskap is `n vereiste indien `n persoon wil lid word van `n gemeente in Lewende Hoop Bedieninge. Die vereistes is as volg:

A. Bekering en Wedergeboorte. `n Persoon moet die persoonlike getuienis hê dat hy/sy Yahshua aangeneem het as persoonlike Verlosser en Saligmaker – Joh 1;12, Joh 3:3

B. Gedoop wees in water deur onderdompeling –Mark 16:16

C. `n Volksgenoot wees – Rom 9:4 D. Die aanvaarding en onderskrywing van

Lewende Hoop se konstitusie. 5.2 Dit word van voornemende lidmate verwag om die voorgeskrewe vraelys te voltooi. 5.3 Dit word van lidmate verwag om heilige lewens te lei en te groei in die vrug van die Gees.

Page 13: KONSTITUSIE - lhbi.co.za ons.pdf · 2 Konstitusie 1. Naam Die “Kerk” in terme van die wet sal bekend staan as : Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal – en – Living Hope Ministries

13

5.4 Verder word daar van lidmate verwag om die gemeente finansieel te ondersteun, byeenkomste by te woon en betrokke te wees in die dienswerk van die gemeente. 5.5 Lidmate moet gesag kan aanvaar, geen vreemde lering in die gemeente verkondig nie en nie die oorsaak van skeuring of verdeeldheid wees nie. Geskille moet op `n Bybelse manier opgelos word. 6. Gemeentelike Regering Die Nuwe Testament lê beginsels en riglyne neer, wat dien as raamwerk vir ordelike gemeentelike regering. Die volgende ontvou naamlik:

1. Yahweh die Vader as Hoof van Yahshua – Kor 11:3

2. Yahshua as Hoof en Opperherder van sy kudde – Efes 1:22; 1Pet 5:4.

7. Leraars en die Toelating van Leraars

7.1 Toelating tot die Bediening. Toelating tot die diens van die Woord moet voorafge-gaan word deur Formele studie. Buitengewone, roepingsbewustheid, gawes, Godsaligheid, oormoedig-heid, ingetoënheid, goeie verstand, onderskeidings vermoë en die gawe van welsprekendheid sal andersins bydra tot die toelating

Page 14: KONSTITUSIE - lhbi.co.za ons.pdf · 2 Konstitusie 1. Naam Die “Kerk” in terme van die wet sal bekend staan as : Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal – en – Living Hope Ministries

14

tot die Bediening van die Woord van persone sonder formele opleiding. As iemand hom aanmeld, moet die Uitvoerende Raad hom eksamineer, en na gunstige bevinding hom vir `n tyd lank onder proefperiode laat dien, om daarna met hom te handel soos die Uitvoerende Raad oordeel. Predikante wat uit ander Kerke of genootskappe wil aansluit, sal nie tot die Bediening toegelaat word nie, behalwe met groot versigtigheid, en dit eers nadat so `n persoon vir `n tyd lank deeglik beproef is. 7.2 Sy Amp: Die leierskap en pastorale versorging van die plaaslike gemeente setel in die herdersamp, bygestaan deur die ouderlinge. 7.3 Sy Roeping: Sy roeping met die gepaardgaande gesag kom direk van Yahweh,aan wie hy verantwoordelik is. Hierdie roeping vind sy neerslag en erkenning deur middel van die Raad van die Leraars wat hom dan verordineer tot sy roeping en amp. Kennis van Hebreeus en Grieks kan `n hulpmiddel wees maar dit is nie `n vereiste nie. Die roeping van Yahweh en die salwing van die Heilige Gees op sy lewe sal die bepalende faktor wees. Dit word egter sterk aanbeveel dat leraars hulself sal bekwaam in `n behoorlike kennis van die Woord.

Page 15: KONSTITUSIE - lhbi.co.za ons.pdf · 2 Konstitusie 1. Naam Die “Kerk” in terme van die wet sal bekend staan as : Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal – en – Living Hope Ministries

15

7.4 Sy aanstelling: Die UITVOERENDE RAAD sal besluit oor die doeltreffendheid van`n persoon se opleiding, nodige proeftydperk en verordinering. 7.5 Sy Diensvoorwaardes: Die Gemeenteraad wat LEWENDE HOOP BEDIENINGE INTERNASIONAAL verteenwoordig, is verplig om haar bedienaars van die Woord met behoorlike onderhoud te versorg, en mag hulle nie die onderhoud weerhou nie. Geen leraar mag ontslaan word, of van besoldiging weerhou word sonder die kennis en goedkeuring van die Uitvoerende Raad nie. Die ouderlingsraad sal in ooreenstemming met 1 Kor.9:11-14, sorg dra dat aan die voltydse leraar `n goeie salaris, huistoelaag, alle bedryfsuitgawes en`n jaarlikse bonus betaal word. Yahweh het bepaal dat die Bedienaar van die evangelie moet lewe – vergelyk 1 Kor.9:11-14. 7.6 Sy Afdanking: By moedswillige dwaling ten opsigte van leer en lewe en/of pligsversuim, geld die volgende: a. Die ouderlingsraad van die plaaslike gemeente sal handel in ooreenstemming met Matt . 18:15-17; 2 Thess. 3:6, 14; Romeine16:17 en andere. b. Indien geen bevredigende verandering te weeg gebring word nie, sal die Uitvoerende Raad, met inagneming van 1 Thess.5:19 ingeroep word.

Page 16: KONSTITUSIE - lhbi.co.za ons.pdf · 2 Konstitusie 1. Naam Die “Kerk” in terme van die wet sal bekend staan as : Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal – en – Living Hope Ministries

16

c. Indien geen bevredigende versoening en/of herstel bewerkstellig word nie, kan die Bedienaar ontslaan word. d. Indien die Bedienaar en ouderlingsraad gesamentlik deel het aan bogenoemde, sal die Uitvoerende Raad die inisiatief neem soos deur voorafgaande Skrifte en andere bepaal word. 7.7 Sy Benaming: Geordende Bedienaars van Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal sal die titel van “dominee” gebruik ter wille van eenvormigheid en van die bereiking van ons mense. 8. Teologiese Seminarium Daar word voorsiening gemaak vir die oprigting van `n eie Teologiese Seminarium waar voornemende leraars, lidmate, voorgangers en amptenary opleiding sal ontvang ten opsigte van die uitlegging van die Skrif en om in die bedieninge te opereer. 9. Liturgie en die Orde van die Erediens Die Woordbediening is sentraal in die erediens. Yahshua as die Verlosser van Sy volk is die sentrale bediening. Genoeg tyd moet ook gegee word vir hartlike lofprysing en aanbidding deur middel van

Page 17: KONSTITUSIE - lhbi.co.za ons.pdf · 2 Konstitusie 1. Naam Die “Kerk” in terme van die wet sal bekend staan as : Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal – en – Living Hope Ministries

17

sang en musiek want Yahweh woon onder lofsange van Sy volk. Die gemeente moet ook voor bereid wees op die leiding van die Heilige Gees tydens die diens en behoorlik daarin onderrig word. Aanbidding in gees en waarheid is vir Yahweh welgevallig en daar moet ernstig daarvoor geywer word – 1 Kor. 14:26. 10. Gemeentestigting Voorsiening moet gemaak word vir gemeentestigting oral waar volksgenote woonagtig is. Waar daar `n behoefte van stigting van `n gemeente ontstaan, sal `n gemeente gestig word op grond van die Konstitusie van Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal. `n Bestaande gemeente sal inskakel by die naaste leraar en so `n gemeente sal `n gemeenteraad kies en `n voorganger aanwys uit hulle geledere wat dan na deeglike proeftydperk, deur die Uitvoerende Raad ingeseën sal word. `n Bestaande gemeente met `n reeds aangewese voorganger se aanvaarding is onderworpe aan goedkeuring van die Uitvoerende Raad. By stigting van `n gemeente, moet aanvaarbare persone met goeie getuienis voorgestel word: 1. Proef-Voorgangers: moet aangewys word. Nadat hy die behoorlike opleiding deurloop het en deur die Uitvoerende Raad, Skriftelik bevoeg verklaar is, kan hy eervol in die gemeente georden word.

Page 18: KONSTITUSIE - lhbi.co.za ons.pdf · 2 Konstitusie 1. Naam Die “Kerk” in terme van die wet sal bekend staan as : Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal – en – Living Hope Ministries

18

2. Proef-Ouderling: moet aangewys word. Nadat hy die behoorlike opleiding deurloop het en deur die Uitvoerende Raad, Skriftelik bevoeg verklaar is, kan hy eervol in die gemeente ingeseën word. 3.Proef-Diakens: moet aangewys word om na behoorlike Skriftuurlike opleiding, die ouderlinge in hul take by te staan. Soos met die ander ampte sal ook die diakens Skriftuurlike, na opleiding in die gemeente ingeseën word. 4. Lofprysing: Musiek begeleiding deur voorsangers en orkes, moet in die vooruitsig gestel, en waar beskikbaar geïmplementeer word. 5. Finansies (Tiendes, vrywillige offergawes en dankoffers) 5.1 `n Tesourier en een (1) helper uit bekwame broeders moet aangewys word. 5.2 `n Bankrekening moet geopen word en dit word vereis dat enige twee van drie persone met tekenregte, betrokke sal wees by die ondertekening van tjeks en/of ander dokumentasie. 5.3 `n Maandelikse bydrae aan die Sentrale Fonds van Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal, volgens die diskresie van die gemeenteraad, word aanbeveel. 5.4 Die gemeente se bankrekening moet streng gekontroleer en verkieslik jaarliks ge-oudit word.

Page 19: KONSTITUSIE - lhbi.co.za ons.pdf · 2 Konstitusie 1. Naam Die “Kerk” in terme van die wet sal bekend staan as : Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal – en – Living Hope Ministries

19

11. Eiendomsreg Aangesien elke gemeente afsonderlik fungeer sal elke gemeente self vaste eiendom in hul uitsluitlike diskresie bekom sonder inmenging van die Uitvoerende Raad. Elke gemeente sal outonoom as regspersoon op `n spesiale gemeente vergadering saamgeroep word vir daardie doel, besluite neem in verband met die koop of verkoop van vaste en/of los bates. By die aangaan of maak van lenings, sal die Voorsitter en Tesourier/Sekretaris van elke gemeente hierin gemagtig word om dokumente soos vereis mag word, namens die gemeente te onderteken. 12. Lidmaat Toelating (sien ook bylae 5) Indien `n bekeerde bekende wat die getuienis het van persoonlike redding hom laat doop deur onderdompeling en die belydenis en konstitusie van Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal onderskryf kan hy in die Gemeente opgeneem word nadat hy onderrig ontvang het oor wat lidmaatskap behels. Nadat hy as lidmaat opgeneem is sal hy verder onderrig word in die waarhede van die Skrif. Die kinders van gelowige ouers is lede van die Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal en sal deur dissipelskap en rypwording tot volwasse lede van Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal opgevoed word. Babas van gelowige ouers word volgens die

Page 20: KONSTITUSIE - lhbi.co.za ons.pdf · 2 Konstitusie 1. Naam Die “Kerk” in terme van die wet sal bekend staan as : Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal – en – Living Hope Ministries

20

voorbeeld van Yahshua Messiah nie gedoop nie maar aan Yahweh toegewy – Matt . 19:13. 13. Ontbinding Sou dit gebeur dat `n gemeente ontbind, vir enige rede hoegenaamd, sal met die vaste eiendom en/of ander bates van die gemeente gehandel word soos wat deur die plaaslike Gemeenteraad self besluit word. Indien die plaaslike Gemeente sodanig gestagneer het dat daar geen gemeenteraad meer bestaan nie, word die Uitvoerende Raad van Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal hierdeur bemagtig om met die eiendom en/of ander bates asook kontant op hande te handel, en tjek rekenings te sluit. 14. Verandering van Konstitusie en Belydenis 14.1 Die Konstitusie en Geloofsbelydenis kan alleen verander word op `n Uitvoerende Raad vergadering. 14.2 Die Uitvoerende Raad sal soos nodig vergader. 15. Raad van Leraars 15.1 Die voorsitter van die Uitvoerende Raad neem saam met die sekretaris verantwoordelikheid vir die sameroeping van vergaderings. Die Uitvoerende Raad

Page 21: KONSTITUSIE - lhbi.co.za ons.pdf · 2 Konstitusie 1. Naam Die “Kerk” in terme van die wet sal bekend staan as : Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal – en – Living Hope Ministries

21

sal net uit geordende bedienaars saamgestel word en kies jaarliks onderling `n voorsitter. 15.2 Die Uitvoerende Raad is verantwoordelik vir onder andere: a. Die aanstelling en restourasie of afdanking van bedienaars. b. Aansoek doen vir bedienaars as huweliksbevestigers. c. Die koördinering van die Lewende Hoop Bedieninge Internasionaal se aktiwiteite. d. Skakeling met die media.

AMEN en AMEN.