12
Kroonnuus Kroonnuus TEL (056) 212 3171 DINSDAG 2 APRIL 2013 GRATIS Streek in droogtegreep Tharine Geldenhuys TWEE agtereenvolgende droogtejare met ’n gemiddelde seisoenreënval van sowat 350 mm eis sy tol. Boere in die distrik Kroonstad word gedwing om hul mielie-oeste vir kuilvoer af te sny. “Vanjaar se droogte slaan boere baie hard. Nie net het verlede jaar (2011-’12) se droogte met ’n gemiddel- de seisoenreënval van net 350 mm oeste geknou nie, maar vanjaar is al die ondervog opgebruik en teen April vanjaar is net oor 300 mm reën aange- teken,” sê Danie Minnaar, ondervoor- sitter van Senwes en boer op die plaas Springboklaagte in die distrik. Minnaar beskik oor 105 jaar se reënvalstatistieke op sy plaas naby die Welkom-pad in die distrik. Hy te- ken die jaarlikse reënvalsyfers per seisoen van September tot Augustus die volgende jaar aan. “Boere kan nie vanjaar met ’n on- dergemiddelde opbrengs van sowat 2,8 ton per hektaar mielies in ons om- gewing wins maak nie. Weiding raak kritiek min en die enigste uitweg is om nou kuilvoer van die mielies op die land te sny,” sê hy. Verlede jaar kon boere darem ’n re- delike mielie-oes stroop omdat die wa- tertafel met die 2010-’11-seisoen ’n bo- gemiddelde reënval van 1 010 mm in die omgewing gekry het. Dit het die watertafel se vog aansienlik opge- stoot. Met vanjaar se aanplanting is die grondvog met die swak reënval so te sê afwesig. Hy reken vanjaar se mielieop- brengs op sy plaas is die swakste se- dert die 1991-’92-droogte. Minnaar maan boere om vir die vol- gende aanplantings vogbestuur toe te pas. “Moenie op lande plant wat nie vol- doende vog het nie,” sê hy. Omdat weiding baie min is en die winter wink, verkoop baie boere hul vee. Dit plaas die veepryse onder ge- weldige druk. “Kroonstad is nie geïsoleer nie. In die Wes-Vrystaat en Noordwes stuur die mielie-oeste ook op ’n ramp af,” sê Minnaar. Diegene wat wel die vooruitsig van ’n mielieopbrengs het, kan vanweë die droogte en voorspelde mielie- skaarste vanjaar maklik R2 180 per ton in sy sak steek. In die omgewing waar Minnaar boer, is die gemiddelde opbrengs so- wat 6 ton per hektaar. Vanjaar sal hul kwalik 2,8 ton per hektaar stroop. Met insetkoste van nagenoeg R7 000 per hektaar vir mielies ly die boer ’n ver- lies. Nog ’n bron van kommer is werk- verliese vir veral los arbeiders wat nou pleks van R80 per dag, R105 per dag betaal moet word. “Dít noop boere om op arbeid te be- snoei. Waar die boer talle los arbei- ders werk kon gee om mieliekoppe op te tel, kan hy eerder beeste of skape in ’n land jaag en die winsmarge op sy vee verhoog – sonder ’n astrono- miese loonuitgawe. “Die minimum loon wat met sowat 25% gestyg het, dwing boere om die onproduktiewe werker af te dank. Op aartappeloeste is verlede week se vla- gies reën welkom omdat aartappels in die streek tot einde April nog aktief kan groei. Die droogteskade is egter reeds daar.” Op die ou end het die minimum lone ’n invloed en omdat die boer die prys- nemer en nie prysmaker is nie, lei dit tot hoër pryse vir produkte op die rak. ) Weens Kroonnuus se vervroegde druktyd kon die reënvalsyfers van die Paasnaweek nie ingereken word nie. VERLEDE week het reënbuie in die distrik uitgesak. Dit is egter te laat vir die herstel van mielies wat deur die ergste droogte in 21 jaar geknou is. Spatsels kosmos langs die paaie kondig die eerste tekens van herfs aan. Foto: Tharine Geldenhuys

Kroonnuus 02-04-13.pdf

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Kroonnuus 02-04-13.pdf

Citation preview

Page 1: Kroonnuus 02-04-13.pdf

KroonnuusKroonnuusTEL (056) 212 3171 DINSDAG 2 APRIL 2013 GRATIS

Streek in droogtegreepTharine Geldenhuys

TWEE agtereenvolgende droogtejaremet ’n gemiddelde seisoenreënvalvan sowat 350 mm eis sy tol.

Boere in die distrik Kroonstadword gedwing om hul mielie-oeste virkuilvoer af te sny.

“Vanjaar se droogte slaan boerebaie hard. Nie net het verlede jaar(2011-’12) se droogte met ’n gemiddel-de seisoenreënval van net 350 mmoeste geknou nie, maar vanjaar is aldie ondervog opgebruik en teen Aprilvanjaar is net oor 300 mm reën aange-teken,” sê Danie Minnaar, ondervoor-sitter van Senwes en boer op die plaasSpringboklaagte in die distrik.

Minnaar beskik oor 105 jaar sereënvalstatistieke op sy plaas nabydie Welkom-pad in die distrik. Hy te-ken die jaarlikse reënvalsyfers perseisoen van September tot Augustusdie volgende jaar aan.

“Boere kan nie vanjaar met ’n on-dergemiddelde opbrengs van sowat2,8 ton per hektaar mielies in ons om-gewing wins maak nie. Weiding raakkritiek min en die enigste uitweg isom nou kuilvoer van die mielies opdie land te sny,” sê hy.

Verlede jaar kon boere darem ’n re-delike mielie-oes stroop omdat die wa-tertafel met die 2010-’11-seisoen ’n bo-gemiddelde reënval van 1 010 mm indie omgewing gekry het. Dit het diewatertafel se vog aansienlik opge-stoot. Met vanjaar se aanplanting isdie grondvog met die swak reënval sote sê afwesig.

Hy reken vanjaar se mielieop-brengs op sy plaas is die swakste se-dert die 1991-’92-droogte.

Minnaar maan boere om vir die vol-gende aanplantings vogbestuur toe tepas.

“Moenie op lande plant wat nie vol-doende vog het nie,” sê hy.

Omdat weiding baie min is en diewinter wink, verkoop baie boere hulvee. Dit plaas die veepryse onder ge-weldige druk.

“Kroonstad is nie geïsoleer nie. Indie Wes-Vrystaat en Noordwes stuurdie mielie-oeste ook op ’n ramp af,” sêMinnaar.

Diegene wat wel die vooruitsig van’n mielieopbrengs het, kan vanweëdie droogte en voorspelde mielie-skaarste vanjaar maklik R2 180 perton in sy sak steek.

In die omgewing waar Minnaar

boer, is die gemiddelde opbrengs so-wat 6 ton per hektaar. Vanjaar sal hulkwalik 2,8 ton per hektaar stroop. Metinsetkoste van nagenoeg R7 000 perhektaar vir mielies ly die boer ’n ver-lies.

Nog ’n bron van kommer is werk-verliese vir veral los arbeiders wat

nou pleks van R80 per dag, R105 perdag betaal moet word.

“Dít noop boere om op arbeid te be-snoei. Waar die boer talle los arbei-ders werk kon gee om mieliekoppe opte tel, kan hy eerder beeste of skapein ’n land jaag en die winsmarge opsy vee verhoog – sonder ’n astrono-

miese loonuitgawe.“Die minimum loon wat met sowat

25% gestyg het, dwing boere om dieonproduktiewe werker af te dank. Opaartappeloeste is verlede week se vla-gies reën welkom omdat aartappels indie streek tot einde April nog aktiefkan groei. Die droogteskade is egter

reeds daar.”Op die ou end het die minimum lone

’n invloed en omdat die boer die prys-nemer en nie prysmaker is nie, lei dittot hoër pryse vir produkte op die rak.) Weens Kroonnuus se vervroegdedruktyd kon die reënvalsyfers van diePaasnaweek nie ingereken word nie.

VERLEDE week het reënbuie in die distrik uitgesak. Dit is egter te laat vir die herstel van mielies wat deur die ergste droogte in 21 jaar geknou is. Spatselskosmos langs die paaie kondig die eerste tekens van herfs aan. Foto: Tharine Geldenhuys

Page 2: Kroonnuus 02-04-13.pdf

2 KROONNUUS, DINSDAG 2 APRIL 2013

Tharine Geldenhuys

JO VAN EEDEN, redakteur van Volksblad, hetKroonstad onlangs besoek. Sy het Kroonstad in’n hoofartikel as die dorpmet sekerlik diemees-te slaggate per vierkante meter beskryf.Die infrastruktuur van Kroonstad stort ál

meer in duie. Hieroor treur inwoners van diedorp en hulle bekla hul lot op sosiale netwerke.Inwoners het wetlik die reg om inspraak in

geïntegreerde ontwikkelingsprojekte te hê.Alle voorstelle vir infrastruktuurontwikke-

ling en herstel aan bestaande infrastruktuurmoet skriftelik bydiemunisipale bestuurder in-gedien word.Watter projekte reken jy moet voorkeur kry

om by regeringsubsidies vir ontwikkeling vanplaaslike regerings te baat?Besoek www.kroonnuus.co.za en neem aan

die meningspeiling deel.

Help dorpmet bydrae opwebwerf

’n VERKEERSWAARSKUWING in Noordweg op Kroonstad is byna oornag opgerig. Dié kennisgewing kan die munisipali-teit van eise weens slaggate vrywaar, meen kenners. Foto: Tharine Geldenhuys

Vir plasing vannuus in Kroon­nuus bel Thari­ne Geldenhuysby 056­212­3171.

Page 3: Kroonnuus 02-04-13.pdf

KROONNUUS, DINSDAG 2 APRIL 2013 3

Tharine Geldenhuys

“DRIE jaar lank al lek ’n hoofwater-pypleiding onverstoord in Kings-traat, Kroonstad. Dis tóe al aange-meld. Ses maande gelede is die pypdeur munisipale werkers ‘regge-maak’,maardieverkeerdeC-klamp isgebruik. Intussen word kosbare wa-ter vermors,” vertel Marcelle Beldonvan Kingstraat, Kroonstad.Sy en haar man woon al ses jaar in

’n nuwe huis wat hier gebou is.Toe sy Maandag wasgoed wou was,

was sy geskok om haar man se witkerkhemp vuiler as ooit uit die was-masjien te haal.“Die hemp stink, en dít nadat was-

goedversagmiddel en die beste was-poeier wat ons kan kry, gebruik is.”Beldonwasvies enhetnadiewater-

watervoorsieningskantore in Hill-straatmet die wit hemp as bewysstukgegaan. Hier het ’n man homself niegeïdentifiseer nie en op haar geskree:“Ek is nie die senior hier nie. Jymoetwag vir Rautenbach.”Intussen is ander kledingstukke

van die Beldons ook deur die kraan-water gevlek.“Ons huis is werklik nie oud nie en

dit kan nie aan die pype van die huistoegeskryf word nie. Wanneer gaanons watertoevoer 100% reggestelword?” vra Marcelle.’n Medianavraag oor die aange-

leentheid is aan die munisipalewoordvoerder vanMoqhaka gestuur.Weens die openbare vakansiedae envervroegde druktyd is kommentaarnie betyds ontvangnie.As ditwel ont-vang word, sal dit gepubliseer word.

Vrou raadop oordorp se vuil water

DIÉ wit kerkhemp is vuiler nadat dit met Kroonstad se kraanwater met ’nnuwerige wasmasjien en goeie wasmiddels gewas is. Marcelle Beldon vanKingstraat is vies oor die dubbele werk, vermorste wasgoedmiddels en be-handeling by die waterwerke-kantoor toe sy die troebel water wou aanmeld.

Foto: Tharine Geldenhuys

Chris Dalton

RESIDENTS of Brent Park are inthe privileged position of havingpeople in the community who ca-re.Two friends, Joyce Coetzee and

Charmaine Fillis, after experien-cing the positive nature in whichone of their friends, Dr ElswardSamuels, recovered from a horri-fic accident which left him tempo-rarilywheel chair-bound, got toge-ther and with the assistance of thecommunity members arranged amotivational seminar in the BrentPark Community Hall on Wednes-day.After the opening prayer by Bis-

hop Dudley Bouwer, and the wel-

coming by Lenette Medican, theguest speakers took the stage.Samuels, a doctor born and rai-

sed in Brent Park, spoke to theyouth about respect towards pa-rents, adults and others. He wasfollowed by a boardmember of theBoitumelo Regional Hospital,Tjaart Benade, who spoke aboutthe importance of respecting your-self andnot fallingprey to thepres-sures of your peers.Dr Ambrosius Swartbooi told of

growing up in a small town in Na-mibia before coming to SouthAfri-ca. The son of a teacher and a nur-se, he started school at the age of5 andmatriculated at the age of 16.At 17 hewent to Bloemfontein to

study medicine. In 2005 he was in-

volved in a horrific accident. Afterthe accident andwithhis knowled-ge of medicine, his future lookedbleak. It seemed that he would re-gain only neck and facial move-ment. Being the hardworking anddetermined person the doctor is,he decided not to accept this andstarted on his road to recovery.His first port of call was to go

andwatch theCheetahsplay in thefirst Superrugby match at theBloemfontein Stadium. Afterachieving this goal, he realisedthat just because he was disabled,it would not hold him back and hefought to get himself mobile. Hewas able to buy amotorisedwheel-chair and as soon as he got thehang of that and his body wasstrong enough, he set his sights onobtaining a car.He was able to find a car within

two months of searching for anadapted vehicle that he coulddrive with his disabilities. He isback working in the medical fieldand is one of the doctors that driveout into the district to assist peo-ple.What an amazing story of perse-

verance and setting goals that youmust strive to reach! The journeywas not always easy, but the goalswere set and nothing lesswould beaccepted.After two rounds of applause

Branton Rooskrans, ANC council-lor in Moqhaka, thanked all themembers of the community whoassisted financially to make thisevent such a huge success. Similarevents are being planned.This is the perfect example of a

community working together forthe communityby the community.

Localmen’s life storiesinspire community

AT the motivational event which was held in Brent Park are, front: DrAmbrosius Swartbooi; from left, back: Elmery Samuels, Dr Elsward Sa-muels, Tjaart Benade, Branton Rooskrans, Mamathi Mamathi, BishopDudley Bouwer, Lenette Medican and Maddy Pietersen (Fezile Dabicouncillor) Photo: Chris Dalton

Page 4: Kroonnuus 02-04-13.pdf

4 KROONNUUS, DINSDAG 2 APRIL 2013

Boer, verblyjou in die HereDAAR is ’n ou gesegde oor waardie een boer aan die een kant vandie draad staan ennatreën, terwylsy buurmanboer op grond staanwat kraak van die droogte.’n Geluksbui is vanjaar ’n groot

geskenk met genadewater om ’noes te red of deur te trek.Geen boer het die kristalbal om

presies te weet hoe die seisoen sereënval sal wees nie.Daar kan nie iets erger vir ’n

mens wees om dag ná dag te sienhoe jou gewasse op die land staanen verdor nie. Dit word eindeliktot niks beter as veevoer geredu-seer nie.Die gevoel wat jy het as boer om

te weet die einde van die reënsei-soen lê voor, die droë winter winken jou beeste wat vir jou so na aandie hart soos jou gesin lê, gaan niegenoeg voer hê om hulle deur tetrek nie.Dan ook nog die wete dat dit vir

jou dalk nie moontlik gaan weesom jou arbeiders die nuwe plant-seisoen te kan betaal nie. Die on-deurdagte minimumloon-vasstel-ling.

Hoewel die regering groot fanfa-re daarvan gemaak het om sit-tings te hou oor die minimum-loonvasstelling, het dit eintlikmaar net as magspel voorgekom.Die afwenteling van verhoogde

minimum lone vir plaaswerkersgaan beslis tot afleggings lei eneindelik die verbruiker se sakruk. ’n Verdere gevolg kan ’n toe-stroming van mense op die reedsoorbevolkte townships wees. Dítword lank reeds ervaar.Gaan ry ’n bietjie op die grond-

paaie en kyk hoeveel plaas- enwerkershuise staan leeg en ge-plunder.’n Boerwat sy hart in sy boerde-

ry sit, kyk nie terug wanneer hyploeg nie. Hy kyk vorentoe enboontoe.Habakuk 3:17 (Nuwe Lewende

Vertaling):Selfs al sal die vyebomenie bot nie en die wingerd sonderdruiwe staan, al het die olyfoesmis-luk, en lewer die landerye niks opnie, al vergaan die kleinvee in dieveld en is die beeskrale leeg, tog tenspyte van alles, sal ek my verbly indie Here!

KroonnuusPosbus 309, Kroonstad, 9459

HOOFARTIKEL

MA het kaassmeer onthou!Kaassmeer raak al hoe duurder.

Jy kan jou eie maak.Trix Marx van Kroonstad het

dié resep gestuur.Bestanddele:Rasper sowat 250 g geproses-

seerde kaas grof.Voeg 500 ml langlewemelk by.Meng 10 ml mielieblom (Maize-

na) met ’n bietjie melk.Roermet ’n draadklitser (whisk)

oor lae hitte in ’n dikboomkas-trol.Bottel dit warm in gesteriliseer-

de bottels.Voeg fyn biltong of ander geur-

middels by.Verkoel dit indie yskas.

Spread tsakase

250 gkase tsaprocessed e ra-sepirilweng(grofo).

Tshela 500 ml longlife lebese yalebese ka hare.

10 ml ya maizena kopanya le bi-kinyana ya lebeses.

Kasetorolo e boima. Klits kawhisk. Botlolo e hlwekileng.

Tshela diwapa tse setsweng.Hatsetsa ka hara sehatsetsi.

Maakmaklik eie kaassmeer

PLAAS ’n selfoon of ander elektroniesetoestel wat per abuis vog gekry het ’n rukin rou rys. Die rys sal van die vog absor-beer. Moenie die toestel aanskakel in-dien dit vog het nie, omdat die vog gelei-ers kan wees.

Maak só wanneertoestel vog kry

KLA, DIS JOU REG,Kroonstad:

MENSE, as jy virdiens betaal, is jy ge-regtig op diens. As jynie diens kry nie, magjy by die hoofbaas kla.Om so af en toe uit

’n gewone salaris jouself en jou ge-sin op ’n uiteet te trakteer is spesi-aal. Om egter op Kroonstad by res-taurante op goeie diens én goeiekos staat temaak, is ’nander storie.Ekwas gegrief toe ek by ’n gewil-

de restaurant op die dorp ’n ver-moedelik gebruikte kondoom som-mer oop en bloot langs die trappiesien lê het.Indiehittige somerverkies ek en

my gesin om ons bederfete op diestoepgedeelte te geniet. ’n Lekkeryskouebier in ’n glaswat in ’nkoel-kaswas, isnetdiedingom ’nbedry-wige dag mee af te sluit.Ons het melkskommels vir die

kindersbestel.Net eengeurwasbe-skikbaar. Ek het my bier bestel.Ons het amper 20 minute vir onsdrankies gewag. Let wel: Die res-taurant is nie stampvol nie.Ek begin dadelik my bier in die

yskoue glas gooi. Toe die skok: Dieglas het lipstiffie aan. Dis geensins

gewas nie.Ek is nie ’nnuwe biergratis aan-gebied nie.Hierna

het ons kosbestel. Diepryse is re-

delik, maar ai, is dit nodig om gis-ter se skyfies op te warm?Van die baas in beheer is geen te-

ken nie. Hy kom groet nie soos onsdié restaurant leer ken het nie. Dierestaurant sien my nie weer nie.Só gaan eet ons by ’n ander braai-

restaurant. Die restaurant was nievol nie. Ons bestelling het vreesliklank geneem. Vir die porsie wat jybedien word, was die kool nie diesous werd nie.Op ’n ander geleentheidhet ek en

vriende van elders die dorp inge-vaar omkroegkruip te doen. As dievoordeur van die kuierplekke niegrillerig van almal se ghrieshandewasnie,wasdie toilette aakligvuil.Dis ook glad nie aanvaarbaar as

die kroegdame of kroegman haar/sy hande gebruik om ys in ’n glaste sit nie. Hande is vuil, al dink jyjy is skoon. Die vraag is, wat doengesondheidsinspekteurs oor dienetheid van restaurante?

Eetplekke skoon grillerig

KOELER aande en steeds baie warm dae lê in die laatsomer voor. Besoek www.kroonnuus.co.za om daagliksdie weervoorspelling te kry. Die rustigheid van die sonsondergang in die distrik Kroonstad is hier digitaal vasgelê.Hoewel reën in die distrik uitgesak het, is boere steeds raadop met gesaaides wat verdroog het.

Dag neem kleurryk afskeid

Tharine Geldenhuys, 1 April

INWONERS wat vir hul alkoholiesedrankies lief is, is baie ontsteld omdat’n nuwe munisipale wet deur dieMoqhaka-stadsraad afgekondig is omalle alkoholiese drank uit alle restau-rante in Moqhaka te verbied en dit gis-ter inderhaasop ’n spesiale raadsverga-dering op die vakansiedag deurgevoeris.Die vergadering is belê omdat

Moqhaka se raad te laat besef het dieplaaslike regering moet ’n munisipalewet betyds afkondig ashulle alle drank-verkope in die munisipale grense wil

verbied.Die regering het die afgelope maand

lawaai gemaak om die verkope van al-koholiesedrankopSondaeheeltemal teverbied en so ook restaurante se grootkontantkoei te slag.Jihad Mohapi, uitvoerende burge-

meester van Moqhaka, sit nie sy mondaan alkohol nie.“As ek dit kan doen, kan die res van

Moqhaka se inwoners ook ‘skoon’ weesen afskaffers word,” sê Mohapi.’n Betroubare bron het aan Kroon-

nuus gesê duur, ingevoerdewhisky, diesoort waar Jannie Rondloper aanhouloop, is ná afloop van die vergadering

tot ounag aan die raadslede bedien.Die stook van drank in munisipale

dorpsgebiede is onwettig, maar so oudsoos die berge en “ek sal voortgaan ommymampoertjies inmymooi kelder opmywerf te stook,” sê Carel Combrinck,mampoerkoning van Kroonstad.Wat dink jy van dié voorgestelde wet

om alle drankverkope te belet? Gaan jyjou voggies voordat die wet rugbaar ge-maakword in die spens opgaar of sal jyliefs die kar vat en na buurdorpe ry omjou drankie in vrede te kan geniet?Lewer kommentaar opKroonnuus se

Facebook-blad. Besoek www.face-book.com en like Kroonnuus.

Wet droog voggies inMoqhaka op

Page 5: Kroonnuus 02-04-13.pdf

KROONNUUS, DINSDAG 2 APRIL 2013 5

Saterdag,27 April 2013

KorrektieweDienste Gholfbaan,

Kroonstad

BBAAIIEE GGRROOOOTTPPRRYYSSEE!!!!!!

Gholfdagten bate vaten bate van Liefdadighn Liefdadigheideid

KKoommppeettiissiiee::AAffssllaaaannttyyee:: 0077::3300 -- 1133::0000IInnsskkrryywwiinnggss:: RR112200..0000 ppeerr ssppeelleerr((pplluuss 11 nniiee--bbeeddeerrffbbaarree pprroodduukk))

IIPPSS

IInnsskkrryywwiinngg sslluuiitt iinn::HHaallffwweegg--hhuuiiss lliiggttee--eettee kkaaaarrttjjiiee,,iinnsskkrryywwiinnggssggeesskkeennkkiiee,, NNaattggaatt oopp bbaaaann

BBeesspprreekkiinnggss::KKoorrrreekkttiieewwee

DDiieennssttee GGhhoollffkklluubb

KKooffffiiee NNeell((005566)) 221155 11771144

GGEELLUUKKSSTTRREEKKKKIINNGG

WWEENN 11 VVAANN 22

DDRRAANNKKHHAAMMPPEERRSS

KKAAAARRTTJJIIEESS @@ RR1100 eellkk

BAIE GROOTPRYSE!!!

GELUKSTREKKING

WEN 1 VAN 2

DRANKHAMPERS

KAARTJIES @ R10 elk

KOM KYK DIE RUGBY OP DIE GROOT SKERM!

ten bate van Liefdadigheid

Kompetisie: IPSAfslaantye: 07:30 - 13:00Inskrywings: R120.00 per speler(plus 1 nie-bederfbare produk)Inskrywing sluit in:Halfweg-huis ligte-ete kaartjie,inskrywingsgeskenkie, Natgat op baan

Besprekings:Korrektiewe

Dienste Gholfklub

Koffie Nel(056) 215 1714

HEALTHWORKERS now have the opportunityto roll up their sleeves for their patients. TheSouth African National Blood Service (SANBS)has launched a campaign calledAUNIT4mypa-tient.This campaign aims to motivate health wor-

kers to donate a unit of blood for their patients.

Facing the need for blood every day, healthworkers know how a life can be saved by dona-ting a unit of blood.A special blood clinicwill be held at the Boitu-

meloHospital onFriday from10:00 to 13:00 in theBoitumelo Hall and on Monday, 8 April, from10:00 to 16:00 at the Netcare Kroon Hospital.

Healthworkers to give blood

Page 6: Kroonnuus 02-04-13.pdf

6 KROONNUUS, DINSDAG 2 APRIL 2013

PRICESVALID2-7 APRIL2013ATALLPICKNPAYSUPERMARKETS, FAMILYSTORES,MINIMARKETSANDHYPERSIN GAUTENG, FREE STATE, NORTHWEST, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN AND VRYBURG. EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWAZILAND, LESOTHO AND EXPRESS STORES.smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores.

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Somestoresmaynotstocksomeoftheseproducts. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not beliable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smartshoppertermsandconditionsapply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

Always there foryou

PLUSEARNPOINTS

Product has been styledfor photography

7499WellingtonVO Brandy750ml

Each

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Hunter’sDry 24 x 330mlCans or Non-returnable Bottles

0099SAVE35.00N

OWONLY

CASE PRICE

16499per case

Sponsored by

BOEREWORS

2899PnP Fresh WholeChicken

per kg

4999Bulk Beef Mince

per kg

7999Bulk Lamb BraaiChops

per kg 5699UltimateBraai MasterBoerewors

per kg

2999Frozen MarinaraMix 700g nett

per kg2899Frozen WholeYellow Tail

per kg

Product has been styled for photography Product has been styled for photography Product has been styled for photography

Product has beenstyled for photography

Product has beenstyled for photographyPst

5699Bulk LambForequarter Pack(Consists of: BaaiChops & Stew Cuts)

per kg

4499Duck FarmFrozen Duck

per kg2149RainbowMama’sNine Nine FrozenChicken Braai Pack1.15kg

Product has been styledfor photography

Page 7: Kroonnuus 02-04-13.pdf

KROONNUUS, DINSDAG 2 APRIL 2013 7

1177023B_E

PRICESVALID2-7 APRIL2013ATALLPICKNPAYSUPERMARKETS, FAMILYSTORES,MINIMARKETSANDHYPERSIN GAUTENG, FREE STATE, NORTHWEST, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN AND VRYBURG. EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWAZILAND, LESOTHO AND EXPRESS STORES.smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores.

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Somestoresmaynotstocksomeoftheseproducts. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not beliable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smartshoppertermsandconditionsapply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

PleaseRecyclewww.picknpay.co.za

TOLL FREE: 08001122 88(LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)

CUSTOMERCARE

Always there foryou

PLUSEARNPOINTS

3999BabySoft 2 plyToilet TissueAssorted 9s

Each549KOO Baked Beansin Tomato Sauce410g

Each

4999Gâteaux Cake

Each

1779Crosse &Blackwell TangyMayonnaise 750g

Each

999PnP Mini ItalianTomatoes 250g

1499PnP Soft Citrus1/2 Tray

2500PnP Crisp LettuceHead, EnglishCucumber & Carrots1kg

BUY ALLFOR

999PnP Pears Loose sell

per kg 2000Avocados

BUY 4FOR

4000PnP WashedPotatoes 2kg,Onions 2kg &English Tomatoes1kg

BUY ALLFOR

2500PnP Golden DeliciousApples 1.5kg

BUY 2FOR

2500PnP White Mushrooms250g

BUY 2FOR

WEEKLYWINNERS

1499DairyBelle Fruitsof the Forest, InShape or PlainYoghurt Assorted1kg

Each

Page 8: Kroonnuus 02-04-13.pdf

8 KROONNUUS, DINSDAG 2 APRIL 2013

Waarwas diewoordeboek?KROONNUUShet opKroonstadmet ’n kameragaan wandel. Dis wys as ondernemings eers ’nwoordeboek nader trek as hulle ’n kennisge-wingbord laat maak en aanbring.

BY die polisie se kriminele rekord- en forensie-se wetenskapdienste in Kerkstraat word krimi-nele verkeerd gespel. Wetenskapdienste moetook as een term aanmekaar geskryf word.

Foto’s: Tharine Geldenhuys

DIÉ nuttige inligting op die bord in Cross-straathet ’n Engelse taalfout op. Dit moet “Are youinvolved in sector policing or community poli-cing” lees.

GHOLFKLUB word in Afrikaans met ’n “h” ge-skryf. Dis net in Engels wat gholf as “golf” ge-skryf word.

Page 9: Kroonnuus 02-04-13.pdf

KROONNUUS, DINSDAG 2 APRIL 2013 9

Aansoeklaat vaar

Marlene Jordaan

FRANCOIS SMITH (36), wat op Kroonstad indie hof tereg moet staan weens die moord op’n Brentparkse vrou, het verlede week dietweede keer ’n borgtogaansoek in die distriks-hof laat vaar.Hy het vroeër aangedui hy sou gister om

borgtog aansoek doen, nadat sy eerste borg-togaansoek verlede jaar laat vaar is weens be-weerde dreigemente op sy lewe uit die ge-meenskap.Smith moet tereg staan weens die wurg-

moord op Tassie Botha (45) van Brentpark.Smith was voor die moord op Botha ook

voorheen tronk toe nadat hy aan strafbaremanslag skuldig bevind is weens sy ma sedood, het die polisie gesê.Hy is later op parool vrygelaat en is toeweer

tronk toe weens aanranding. Hy was weer uitop parool toe hy in hegtenis geneem is weensBotha se moord.Botha het aan Smith ’n blyplek gegee nadat

hy die laaste keer op parool uitgelaat is, het’n familielid van Botha aan Volksblad,moederkoerant van Kroonnuus, gesê.Met sy eerste verskyning verlede jaar het

lede van die gemeenskap voor die hof daar-teen betoog dat hy borgtog toegestaan word.Mense se inskrywings op die gemeenskaps-

organisasie Change Adapt Build Brentpark(CAB) se Facebook-blad het die polisie gehelpom Smith in hegtenis te neem.Inligting is op dié blad deurgegee oor waar

Smith ’n dag ná die moord op Botha was.Hy is kort daarna langs die Viljoenskroon-

pad in hegtenis geneem.Smith moet weer op 26 April in die hof ver-

skyn. Die staat wag op uitslae van forensiesetoetse.

Gaan loer opwebONTHOU jy die motoris watin Desember verlede jaarteen die petrolpomp van dieShell-vulstasie in Blignaut-

straat gebots het? Kyk na dievideo-insetsel op die Kroon-nuus-webtuiste. Gaan nawww.kroonnuus.co.za.

Page 10: Kroonnuus 02-04-13.pdf

10 KROONNUUS, DINSDAG 2 APRIL 2013

LOOPGLASKLAS

10 APRILBespreek voor 8 April.

Kontak Sarie 082 552 3349

30% AFSLAGOP ALLE BLINDERS

Top Carpets056 212 5507

HOT SPOT:(oorkant Clicks)

GROOT UITVERKOPING!!Kom loer gerus

Vir meer inligting skakelSylvia 082 908 9555

KLEIBAKSTENE ISBETER -

BERT'S BRICKS(Potchefstroom)Kleipleisterstene

KleisiersteneKleiplaveiselsteneSement-Maxi-Stene

Sement PlaveiselsteneMinimum vragte in

Kroonstad en omgewing10 000 bakstene.

018 292 1615www.bertsbricks.co.za

KROONHEUWELBAZAARS -056 212 7222Is u opsoek na

yskaste, hardeware,speserye (Freddy Hirsch)

kombuistoebehore.Kom kyk gerus.

POOLWELLSPECIAL!!

" Two Ten Algaecide"Slegs R 98 00

Aanbod geldig tot5 April - 056 215 2144

VERSAMELINGSout & pepper potteVERSAMELING

SkerpmakersVERSAMELING

GlashondeVERSAMELINGYskas magnete

Skakel 082 439 5069

SHOETIQUE:(langs ou Cyril Smiedt)

GROOT UITVERKOPING!!Gesondheid &sommerskoene

asook "Crocs & Aerosoft"nou beskikbaar

Vir meer besonderhedeskakel

Sylvia 082 908 9555

Ons vervaardig:

Skakel058 303 1680

PophuiseStoor- en

huishulpkamersasook

hondehokke!

Trendy Wendy

DRINGEND OPSOEK NA- Tweedehandse meubels

- Yskaste/ Vrieskaste- Gereedskap - Breekgoed

Skakel 083 573 2729

MTN 3G INTERNETMODEM/ DONGLE

te koop gevraSkakel 083 313 1063

TE KOOP GEVRA:enige elektriese of

handgereedskap asookhoutwerk gereedskap en

toerusting, meubels,yskaste, antieke goedere enenige ander artikels. Skakel

056 212 5418 of 076 168 1921

AFSAAG ENVERWYDERING

van bome en "clean-ups"(huishoudelike/ industriële)

erwe. Skakel 083 465 9018

BRIDGE ELEKTRIESBedradingsertifikate

Elektriese installasies enherstelwerke, Loodgieters-

dienste - 083 573 2729

Alle tipesblinders

asook was enherstelwerk.

KINGSBLINDS

082 783 1396kings/kn/28aug2012/jurg

25% KORTINGOP ALLE

VENETIANS!

LEKKENDE DAK? Skakeldie spesialiswaterdigter.

Gratis kwotasie. Meer as 21jaar ondervinding. 10 jaar-waarborg. Skakel Luther

Cronje 082 891 4052

LOODGIETERLOODGIETER24-UUR-DIENS24-UUR-DIENS

14 JAAR

ONDERVINDING

GEBARSTE PYPE

GEISERS

VERSTOPTE RIOLE

056 215 1515

078 383 8897

KDP DIENSTE

RCS Kaarte ennuwe rekeninge

ook noubeskikbaar.

056 212 2977056 212 2977Noodnommer:Noodnommer:

StefanStefan082 653 6222082 653 6222

ElektrieseElektriesekabelfoutkabelfoutopsporingopsporing

Was vansitkamerstelle,

volvloermatte enmotorsitplekke.

Uitsuig van water.Gratis kwotasies.

Skakel

Ronel 082 788 1483

MOJOPLUMBING

Vir alle loodgietersdiensteen verstopte riole is ek daar!

Tertius 073 2700 311 a/u

RE-ENAMEL EXPERTHeremalje van ou

staalbaddens. Ons gebruikegte emalje. Werk

gewaarborg. 071 196 2953.www.jgexpert.co.za

RESTOUREER ENHERSTEL

van houtmeubelsSkakel Tertius

073 2700 311

24 HOURSSERVICE

24 HOURSSERVICE

38 President Street, Kroonstad

of056 215 1515078 383 8897

VIR ALLE:

GOEIE VERWYSINGS

BOUWERK, DUIWELSVURK,STAALWERK, AFDAKKE,

TEËLWERK, DREINERING,LOODGIETERSWERK,

VERFWERK

RCS Kaarte ennuwe rekeninge

ook noubeskikbaar.

VIR ENIGENAALDWERK

Skakel084 595 2820

VIR teëlwerk, staalwerk,verfwerk, bouwerk,

loodgieter- enalgemene herstelwerk en

grasdakke.Skakel gerus 083 255 6773.

WAS VAN VOLVLOER-los matte en

SITKAMERSTELLETop Carpets056 212 5507

TUINVULLIS-/BOUROMMEL-

VERWYDERING en erf'clean-ups' ( 083 997 6787

gratis kwotasies.

DUP'S TRANSPORT:Algemene vervoer en

professionelemeubelvervoer en

verpakking - oral heen.( 082 770 4309

HARNO VERVOER4 & 8-ton-trok beskikbaar vir

die verwydering vanbourommel en algemene

vervoerwerkSkakel 073 157 7248

HOUSE OF DÉCORVir die huur van

uitsonderlike items:Tafeldoeke, servette, silwerkandelare groot en klein,

gekleurde glase,onderborde, silwer bakkeens. Skakel 082 554 5852

VERHURING VANTENTE, TAFELS EN

STOELE vir allegeleenthede. SkakelCheslin 073 049 0323

KAMERS TE HUURAAN

KONTRAKWERKERSSkakel 082 556 6869

ROOMS TO LETContact

082 908 9555

Ek koop byna alle

tweedehandse

voertuie, bakkies,

kombi’s en Ventures

vir kontant.

Ek is bereid om

voertuie te gaan haal.

Skakel

Unis 082 959 9120

of 072 203 1614.

PERSELE TE HUURSkakel

082 908 9555of 056 212 3561

1) HOUSE FOR SALE -OUDORP

3 Bedrooms, 1 bathroom,garden flat - Price R 285 000

2) HOUSE FOR SALE -OUDORP

4 Bedrooms, 2 BathroomsOutbuildings. Recently

painted. R 380 000083 557 6248/ 082 856 0065

056 212 1306

HOUSE WITH FLAT forsale in Flamingo Park,

Welkom. R 750 000. House:3 Bedrooms, 2 Bathrooms.

swimming pool. Flat:2 bedrooms, kitchen, living

room and own garage.Contact 082 709 7817

HUIS TE KOOP3 Slaapkamer huis.

SuidrandSkakel 082 908 9555

HUIS TE KOOP(GEEN AGENTE)

Eienaar verhuis naaftreeoord: Ruim 3

slaapkamerhuis in goeieomgewing in Môrewag.

Naby skole en KorrektieweDienste. Ingangsportaal,gang, sitkamer, eetkamer,2 x badkamers, kombuis,baie ingeboude kaste,

duursame matte en teëls,opwaskamer, dubbel -

toesluit motorhuis, afdak vir4 motors. Buitegeboue. Baienetjiese tuin, boorgat metsterk water en besproeiing

in werkende toestand.Eiendom goed beveilig met

betonomheining,diefwering, pallisade enafstandbeheerde hekke.

Solar stelsel in werkendetoestand. Buite siersteenafwerking met minimale

onderhoud. Prys opaanvraag. Vir besigtiging

skakel 073 159 6308

WINSKOPIE! R199 000.Tree af in 'n stil, misdaad-vrye dorp. Netjiese 3-slk-huis met tuin en vrugte-

bome. 2 900 m² en heining.120 km oos van

Bloemfontein - 051 983 0022/071 595 7715.

I, MOTSWELAAMOS MATHIBELA,sole member of the closecorporation, hereby givewritten notice that anapplication will be made tothe Companies andIntellectual PropertyCommission to re-instateFAMILY VISIONGENERALTRADING CC,Registrationnumber:2008/191606/23.The application will bemade after 21 days since thedate of this notificationContact number: 073 405 1004

Du Randt &

Louw

Ingelyf/Incorporated(Reg No 1997/11218/21)

Boedel wyleMJ SERIPEBOEDELNOMMER:12384/2011

KENNISGEWINGIn die boedel van wyleMOLATUDI JONASSERIPE,identiteitsnommer710613 5357 083,woonagtig te11824 Relebohile Section,Constantia, KROONSTADKroonstad.Boedelnommer: 12384/2011

Kennis geskied hiermee datdie Eerste en FinaleLikwidasie- enDistribusierekening inbogemelde boedel ter insaesal lê vir 'n periode vaneen-en-twintig dae gerekenvanaf 5 APRIL 2013 tenkantore van die Meester vandie Hooggeregshof teBloemfontein en dieLanddros te Kroonstad.

WJ BOTHAProkureur vir dieEksekuteurDu Randt & Louw IngelyfPosbus 26Kroonstad

Du Randt &

Louw

Ingelyf/Incorporated(Reg No 1997/11218/21)

BOEDEL WYLE:WJ VAN DEN BERG

KENNISGEWING

In die boedel van wyleWILLEM JOHANNESVAN DEN BERG,identiteitsnommer450826 5024 081,woonagtig teDu Toitstraat 67,Kroonstad.

Krediteure en Debiteure inbogemelde boedel wordhiermee versoek om hulrekenings in te dien en hulrekenings te betaal byondergetekende binnedertig dae gerekenvanaf 2 APRIL 2013

D SWANEPOELProkureur vir dieEksekuteursDu Randt & Louw IngelyfPosbus 26KroonstadACV009

SOEK, KOOP, VERKOOP

STERFGEVALLE

Page 11: Kroonnuus 02-04-13.pdf

KROONNUUS, DINSDAG 2 APRIL 2013 11

KLUBKAMPIOENEgekroon.Die gholfklub van die departement van korrektiewedienste se seniorklubkampioenskappe en vrouekampioenskappe is onlangs gehou. Louis Botha het met 89 houeverseker dat hy as senior gholfklubkampioen vir 2013 gekroon word. Janel Viljoen en AnnetteBezuidenhout het ná 18 putjies slagspel met 97 houe gelykop geëindig. Die twee vroue het toeverder gespeel en die wenner is op die Sudden Death-beginsel bepaal. Viljoen is ná drie ekstraputjies as vrouekampioen vir 2013 gekroon. Foto: Reynier Bekker

Dra die kroon as gholfklub se kampioene

Page 12: Kroonnuus 02-04-13.pdf

12 KROONNUUS, DINSDAG 2 APRIL 2013

MEESTERSWEMMERS van Kroonstad wat van 11 tot 18 Maart aan die Suid-Afrikaanse nasionale mees-ters-swemkampioenskappe in Port Elizabeth deelgeneem het, is van links, voor: Marie Crous, Billy Branden Beth Lordan; agter: Henk Venter en Johan Muller. Foto: Verskaf

OP die Noordwes-meesteratletiekby-eenkoms verlede week op Rustenburghet Bobby de Kock met vier goue medal-jes in sy onderskeie nommers huis toegegaan. Hy is lid van die Vrystaat-atle-tiekspan in die ouderdomskategorie 65tot 70 jaar. Hy het eerste plekke in die2 000 m-hindernis, 200 m, 800 m en1 500m behaal. Foto: Lulu de Kock

MeestersMeesters heersheers

TharineGeldenhuys

BETH LORDAN,meesterswemmervan Kroonstad, hetweer ’n knapsak volmedaljes van dieSuid-Afrikaanse nasi-onale meesters-swemkampioenskap-pe, wat in Port Eliza-beth aangebied is,huis toe gebring. Hierhet sy vier goue, tweesilwer- en een brons-medalje ingeoes.Henk Venter van

Kroonstad spog ookmet ’n bronsmedaljein die 1 000 m-vryslag.Saam met Beth en

Henk het MarieCrous, Billy Brand enJohan Muller as ledevandieVrystaat-spanaan die kampioen-skappe deelgeneem.Altesaam 450

swemmers het aandie kampioenskappedeelgeneem.

Oes vier gouemedaljes in