12
Kroonnuus Kroonnuus TEL (056) 212 3171 DINSDAG 30 SEPTEMBER 2014 WWW.KROONNUUS.CO.ZA GRATIS Tharine Hurter PERSONEEL van die Boitumelo- hospitaal in Kroonstad moet met ’n flitslig na medisyne, lêers en noodsaaklike instrumente soek. Sedert Mei het gedeeltes van die hospitaal nie kragtoevoer nie en is dit in donker gehul. Swak dienslewering by die hospitaal is al die afgelope paar jaar in die nuus. Mariette Pittaway, DA-woord- voerder vir gesondheid in die Vrystaat, het die hospitaal saam met Jean Hattingh en dr. Albe Viljoen, DA-raadslede in Moqha- ka, besoek. “Die gebrek aan beligting vertraag dienslewering. Pasiënte kan nie ondersoek word nie omdat dokters met tydelike lêers pasiënte weer moet ondersoek. Dit mors tyd,” sê Pittaway. “Die personeellede wat in die moeilike omstandighede tog hul bes doen om diens te kan lewer moet geprys word.” Boonop is daar ernstige personeeltekorte by die hospitaal. Die ongevalle-eenheid behoort minstens drie susters en vier verpleegpersoneel op ’n skof aan diens hê. “Net twee susters en een verpleegkundige hanteer dié groot afdeling.” Die drie DA-lede het met pasiënte en personeel gepraat en klagtes oor die Buthelezi-ambu- lansdiens is ontvang. “Soms is geen suurstof in die ambulanse beskikbaar nie en die hospitaal moes by twee geleenthe- de van die reeds beperkte voorraad vir die ambulansdiens gee.” Nog ’n bron van kommer is die gebrek aan veiligheid vir perso- neel en pasiënte. Sekuriteit word slegs by die hoofingang toegepas en geen noodknoppies (panic buttons) is by sale of in die ongevalle-eenheid beskikbaar nie. “Dít nadat diefstal al hier plaasgevind het en mense in die noodgevalle-eenheid aangerand en met wapens aangehou is.” Boonop is die oor-, neus- en keel-eenheid gesluit en pasiënte wat oogsorg benodig, moet elders hulp soek. “Ons bly ongelooflik bekom- merd oor die toestand van gesondheidsdienste in die provin- sie en ons sal voortgaan om lewensvatbare gesondheidsdienste vir almal wat dit benodig op ons agenda te hou,” sê Pittaway. Al beteken dit onaangekondigde besoeke by klinieke om foute uit te wys. Boitumelo se pols flou Diens by hospitaal al swakker ‘Die personeel wat in die moeilike omstandig- hede tog hul bes doen om diens te kan lewer moet geprys word.’ – Mariette Pittaway DIE Afrikaanse Protestantekerk in Kroonstad het die naweek ’n spesiale pretrit vir vierwiel- en ander veldvoertuie op Mizpah en ander plase op die Vredefortpad aangebied. Emmie Fivas het dié vierwielmotorfietsryer in aksie digitaal vasgelê. Foto: Emmie FIvas Hiert, jou wilde fiets! Hiert, jou wilde fiets!

Kroonnuuskn 20140930

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Kroonnuuskn 20140930

Citation preview

Page 1: Kroonnuuskn 20140930

KroonnuusKroonnuusTEL (056) 212 3171 DINSDAG 30 SEPTEMBER 2014 WWW.KROONNUUS.CO.ZA GRATIS

Tharine Hurter

PERSONEEL van die Boitumelo-hospitaal in Kroonstad moet met’n flitslig na medisyne, lêers ennoodsaaklike instrumente soek.Sedert Mei het gedeeltes van diehospitaal nie kragtoevoer nie enis dit in donker gehul.Swak dienslewering by die

hospitaal is al die afgelope paarjaar in die nuus.Mariette Pittaway, DA-woord-

voerder vir gesondheid in dieVrystaat, het die hospitaal saammet Jean Hattingh en dr. AlbeViljoen, DA-raadslede in Moqha-ka, besoek.“Die gebrek aan beligting

vertraag dienslewering. Pasiëntekan nie ondersoek word nieomdat dokters met tydelike lêerspasiënte weer moet ondersoek.Dit mors tyd,” sê Pittaway.“Die personeellede wat in die

moeilike omstandighede tog hulbes doen om diens te kan lewermoet geprys word.”Boonop is daar ernstige

personeeltekorte by die hospitaal.Die ongevalle-eenheid behoortminstens drie susters en vierverpleegpersoneel op ’n skof aandiens hê.“Net twee susters en een

verpleegkundige hanteer dié grootafdeling.”Die drie DA-lede het met

pasiënte en personeel gepraat enklagtes oor die Buthelezi-ambu-lansdiens is ontvang.“Soms is geen suurstof in die

ambulanse beskikbaar nie en diehospitaal moes by twee geleenthe-de van die reeds beperktevoorraad vir die ambulansdiensgee.”Nog ’n bron van kommer is die

gebrek aan veiligheid vir perso-neel en pasiënte. Sekuriteit wordslegs by die hoofingang toegepasen geen noodknoppies (panic

buttons) is by sale of in dieongevalle-eenheid beskikbaar nie.“Dít nadat diefstal al hier

plaasgevind het en mense in dienoodgevalle-eenheid aangerand enmet wapens aangehou is.”Boonop is die oor-, neus- en

keel-eenheid gesluit en pasiëntewat oogsorg benodig, moet eldershulp soek.

“Ons bly ongelooflik bekom-merd oor die toestand vangesondheidsdienste in die provin-sie en ons sal voortgaan omlewensvatbare gesondheidsdienstevir almal wat dit benodig op onsagenda te hou,” sê Pittaway.Al beteken dit onaangekondigde

besoeke by klinieke om foute uitte wys.

Boitumelo se pols flouDiens byhospitaalal swakker

‘Die personeel wat in die moeilike omstandig­hede tog hul bes doen om diens te kan lewer

moet geprys word.’– Mariette Pittaway

DIE Afrikaanse Protestantekerk in Kroonstad het die naweek ’n spesiale pretrit vir vierwiel- en ander veldvoertuie op Mizpah en ander plaseop die Vredefortpad aangebied. Emmie Fivas het dié vierwielmotorfietsryer in aksie digitaal vasgelê. Foto: Emmie FIvas

Hiert, jou wilde fiets!Hiert, jou wilde fiets!

Page 2: Kroonnuuskn 20140930

2 KROONNUUS, DINSDAG 30 SEPTEMBER 2014

DIE Hoërskool Kroonstad het vanjaardie eerste Bloues-Lantiesfees op dieskool se landbouterrein aangebied.“Al was dit ’n baie besige naweek in

die dorp is ons steeds verstom oor dieopkoms op die fees,” sê Anne-LizeJansen van Vuuren, organiseerder endie skool se bemarker.“Baie dankie ook aan al die onderne-

mings, hetsy formeel of informeel, watons ondersteun het. Dankie ook aandie personeel van die Bloues, SentraleVolkskool, Kroonheuwel- PrimêreSkool en Kleuterkommando vir al julinsette en hulp. Dankie ook aan dieouers wat geen moeite ontsien het omte werk en die fees ’n sukses te maaknie,” sê Jansen van Vuuren.“Daar is heelwat skaafwerk nodig,

maar soos baie van die feesgangersgesê het, dié fees is ’n wenresep. Ditgaan volgende jaar nog groter en beterwees,” sê die skoolhoof, WilliamDrinkwater.

DIE Hoërskool Kroonstad (Bloues) seskaapboerdery floreer. Op die onlangsewolveiling van Cape Mohair Wool (CMW) sewolveiling het die skool se skape, wat opdie landbouterrein aangehou, wei en deurleerlinge versorg en geskeer word, se balesuperfynwol ’n uitstekende prys behaal.Die skool beskik oor twee plase, naamlik

Fraaiuitzicht (614 ha) en Rustpan (214 ha).Die twee plase is onderskeidelik op dielandbouterrein van die skool en op die ouLindleypad teenaan die Suid-AfrikaanseNasionale Weermag (SANW) se grond geleë.Gemengde boerdery word deur die

landbou-afdeling van die skool beoefen metonder meer kontantgewasproduksie, skaap-en wolproduksie, asook vleisbeesproduksie,wat geproduseer en verhandel word.Mielies, sonneblom, sojabone en graansor-

ghum word op sowat 300 ha volgens diekonsep van minimum bewerking verbou.Die vleisbeeskudde bestaan uit sowat 93bonsmarakoeie en groot verse en 48kalwers. Die merinoskaapkudde bestaan uit318 ooie en groot lammers, 33 jong lammersen 4 ramme, sê Frikkie van Zyl, landbou-departementshoof van die skool.Die bestuur van die boerdery vind onder

die bekwame leiding van NT Schultz(plaasbestuurder) plaas. CMW is noubetrokke by die skaap- en wolproduksie vandie boerdery. Die kudde word geklasvolgens die rasstandaarde van die merino’smet die oog op gehalte-fynwolproduksie. Virdié doel word teelmateriaal by vooraan-staande merinoboere aangekoop. Dieboerdery het vanjaar 65 ooie by PDRINO-merino gekoop. Dié kudde is bekend vir sysuperieure fynwol.Die CMW-skeerspan het aan die einde

van Julie 147 van die diere geskeer. Die wolis gebruik vir die wolklasseringskursus watdeur Connie Faber (kursusleier) en sy spanvir die gr. 11-landbouleerlinge van die skoolaangebied is.Ses bale wol is geklas met ’n gemiddelde

opbrengs van 102 kg per baal. Die gemiddel-de wolopbrengs per skaap was ongeveer4 kg.Een van die bale wol is onlangs deur

CMW (Cape Mohair Wool) verkoop en het’n uitstekende prys van R72,90/kg behaal.Die gemiddelde lengte van die tien maandeoue wol was 67,5 mm met ’n mikrondiktevan 19,7. Volgens die Nasionale Wolkwe-kers-vereniging se indeling van die fynheid-klasse van wol, word die wol as fynwol

geklas. Wol met ’n mikrondikte van minderas 19 word as superfynwol geklas.CMW se veldamptenaar (Johan Janse van

Vuuren) werk nou saam met die plaasbe-stuurder om ’n volhoubare skaapkuddedaar te stel wat aangepas is by die huidigemarktoestande met beperkte hulpbronne tothul beskikking, sê Van Zyl.

Bloues-wol in bobaasklas

Fees groottrekpleister

OP die Lantiesfees, wat die Hoërskool Kroon-stad (Bloues) die eerste naweek van Septem-ber aangebied het, is van links Jayden Brits,Engeli Booyse en Bronwynn Scott by een vandie skool se skaapkudde se nuwe aankomelin-ge. Foto: Anne-Lize Jansen van Vuuren

ADAM TAS was een van die gaskunste-naars wat met sy unieke sang besoekersaan die Bloues-Lantiesfees in die skoolse saal vermaak het. Van links is Carenvan der Merwe (agent vir Tas), Tas, Willi-am Drinkwater (skoolhoof: HoërskoolKroonstad) en Tjaart du Plessis (depar-tementshoof: Hoërskool Kroonstad).

Foto: Anne-Lize Jansen van Vuuren

Een van die bale wol is onlangsdeur CMW (CapeMohair Wool)verkoop en het ’n uitstekendeprys van R72,90/kg behaal.

Registration requirements: a 10% Deposit of the final Bid Price is payable by the purchaser on the fall of the hammer. Confirmation period of 7 working days fromclosing bid. Bidders must provide proof of identity and residence when registering. All bids are exclusive of VAT. All payments must be done strictly via EFT.

All terms are subject to change without prior notification. Auctioneer: Jacques van der Linde

Morné: 083 634 6476

Duly instructedbyTutorTrust in thematterof InsolventEstate IreneBeukes.Master’sRef.: T1057/12,Aucorwill sell the the following propertybypublicauction:

Date: Tuesday, 7 October @ 10h30 Venue: Erf no. 553, 553 Short Street, Hobhouse

AUCTION INSOLVENT ESTATEVACANTSTAND -HOBHOUSE

VISITwww.aucor.com FOR FULL DESCRIPTION & PHOTOS

property|wheels|

movables

GPS: S29° 31.7014’ , E027° 8.9872’Viewing by appointment only:

VACANT STAND, 553 SHORT STREET, HOBHOUSE

Page 3: Kroonnuuskn 20140930

KROONNUUS, DINSDAG 30 SEPTEMBER 2014 3

Tharine Hurter

GESONDHEIDSORG is van uiterstebelang as dit om lewe en doodgaan. Dit gebeur egter dat medicinie die riglyne van goeie gesond-heidsorg nakom nie.

Pasiënte of hul naasbestaandeshet die reg om ’n klag by die Raadvir Gesondheidsberoepe vanSuid-Afrika (HPCSA) teen ’ngesondheidsorgwerker aanhangig temaak as die gesondheidsorgwerkernie die regte van pasiënte nakomom in ’n gesonde, veilige omgewingte woon, toegang te hê tot gehalte-gesondheidsorg wat die pasiënt kanbekostig en om gepaste gekwalifi-seerde gesondheidsorg te ontvangnie.

Die persoonlike inligting van ’npasiënt moet vertroulik en privaatgehou word. ’n Gesondheidsorg-praktisyn moet die pasiënt vollediginlig van enige siekte, diagnostieseprosedure, voorgestelde behande-lings en die verbandhoudendekoste. Die pasiënt kan behandelingaanvaar of weier en is geregtig om’n tweede mening in te win.

As die gesondheidsorgpraktisyninbreuk maak op pasiënte se reg opgoeie gesondheid of etiese standaar-de verbreek, kan die HPCSA dieklagte ondersoek en volledigereaksie op die ondersoek aan diepasiënt gee. Aptekers, verpleeg-sters, chiropraktisyns, homeopate,tandheelkundige tegnici en gesond-heidsorginstellings val buite diebeheer van die HPCSA.

As ’n gesondheidsorgpraktisynbyvoorbeeld ongemagtig adverteer,onbekwaamheid openbaar, ’npasiënt oorbedien, buitensporigetariewe hef, strafregtelike oortre-dings begaan, onbehoorlike

verhoudings aanknoop en ongeskikmet pasiënte is, kan die HPCSAsodanige klagtes ondersoek.) Dien só ’n klagte in: Alle klagtesmoet skriftelik gedoen word deuraan die registrateur: HPCSA,Posbus 205, Pretoria 0001, te pos.Stel duidelik dat die klagte teen ’nprofessionele gesondheidsorgwerkeringedien word.

Identifiseer die gesondheidsorg-werker en verskaf die praktykadresen praktykregistrasienommer.

Die aard van die klagte moet inbesonderhede uiteengesit word,insluitend relevante datums enfeite, asook ondersteunendedokumentasie waar dit moontlik is.

Onderteken die klagte of laat jouregsverteenwoordiger dit doen.

Jy moet jou volledige kontakbe-sonderhede in die klagte voorsien.) Wat verder gebeur:

Binne sewe dae sal die HPCSAdie gesondheidsorgwerker om ’ngeskrewe verduideliking versoek.Die verduideliking word dan aandie komitee vir voorlopige onder-soek of die professionele raadvoorgelê.

As die klagte grondig bevindword, sal ’n professionele gedrags-ondersoek deur die gedragskomiteegehou word. Hier kan spesialisge-tuies ingeroep word.

As die gesondheidsorgwerkerskuldig aan wangedrag bevindword, sal ’n waarskuwing ofteregwysing of albei uitgereikword, ’n boete betaalbaar wees ofdie werker vir ’n spesifieke periodevan die praktisering van sy/haarprofessie geskors word. Diegesondheidsorgwerker kan van dierol ook geskrap word.

Vir meer inligting besoekwww.hpcsa.co.za.

Dzunisani Shirinda

THE Moqhaka Local Municipalitywill in the coming months recon-struct Cross Street and Reitz Streetin the Kroonstad Central BusinessDistrict (CBD).

The first phase of this projectwill be funded by the Departmentof Police, Roads and Transport,Khojane Madiba, communicationsofficer of the Moqhaka Municipali-ty, says.

It will entail the reconstructionof Cross Street and Reitz Streetfrom the N1 off-ramp up to CrossStreet, as well as the reconstructi-on of South Road cross from themost Southern traffic circle up toReitz Street.

Madiba says a consultant hasbeen already appointed andpreliminary tests are beingundertaken in order to compile afinal design.

Job opportunities will be created

in the surrounding areas throughthis project. Small businesses willalso benefit from this.

During the construction, the flowof traffic will be limited to one lanein each direction and drivers areencouraged to use the alternativeroutes.

More information regarding theproject will be communicated tothe people of Moqhaka. This willalso explain how long the construc-tion will take, Madiba adds.

Maak só asmedici oortree

Cross, Reitz Street reconstructed

DIE somer is hier! Adele Westraad van Kroonstad het die somer met die son wat sak naby die Serfonteindamvasgevang. Foto: Adele Westraad

Son se laaste strale

Page 4: Kroonnuuskn 20140930

4 KROONNUUS, DINSDAG 30 SEPTEMBER 2014

Hou koerant dop

DANIELLÉ IORIO (4) van Kroonstadis die dogter van Shanré Iorio.

Madelein Venter

INSKRYWINGS vir vanjaar seBloemnuus-Roosknoppie-kompeti-sie het gister gesluit. Die eersteinskrywing uit Kroonstad wordvandag geplaas.Foto’s van deelnemers sal in

Kroonnuus en sy susterpublika-sies Noordkaap, Maluti, Bloem-nuus, Vista en Kalahari-Bulletingeplaas word, afhangend vanwaar die meisie bly. Die wennervan die kompetisie vir fraaimeisietjies van drie en vier jaaroud word op 25 Oktober op dieRosefees in die Loch Logan-water-front in Bloemfontein aangebied.Die 30 semifinaliste moet ook

op Vrydag 24 Oktober beskikbaarwees om aan ’n uitdunronde deelte neem waarna die tien topfina-liste aangewys sal word. Diesemifinaliste word deur leser-stemme en die organiseerdersbepaal.Lesers sal ná die

sluitingsdatumvan die kompe-tisie ’n geleent-heid kry omaanlyn vir hulgunstelinge te

stem. Die 30 topmeisies salbestaan uit die top-20 onder dieleserstemme en tien finaliste watdeur die organiseerders gekiesword.Die organiseerders se besluit is

finaal en geen korrespondensiesal hieroor gevoer word nie.Die inskryfgeld van R30 word

aan Volksblad en sy plaaslikekoerante se Ons gee om-fonds(voorheen die Volksblad-Kers-fonds) geskenk.S Rig alle navrae aan MadeleinVenter deur ’n e-pos te stuur [email protected].

Netnou is dalkte laat vir dankOKTOBER diemooistemaand. Bors-kankermaand. Nasionale Diere-week. Dit is ’n belangrikemaand.Ditis ook die maand wanneer matrieksheeltyd agter die boeke moet sit omdie belangrike sertifikaat wat hultoekoms verseker te bekom.Kanker is ’n vreeslike ding. Dit

vreet aan jou binneste. Borskankerbegin met ’n klein knoppie. Vrouemoet gereeld hul borste ondersoekom die dood te vermy.Die dood is so finaal.Die swart lintemet name vanmen-

se wat weens kanker gesterf het, isom sekere bome vir die Pink Treesfor Pauline-projek gedraai.Die hartwat klop,maar reeds dood

is, vreet ook die lewensvreugde vanmense weg.Om “dood” te gaan kan soms juis

deur die fisieke dood van ’n geliefdegebeur.Die rouproses duur baie lank. So

lank soos wat elke mens die prosesaanvaar en berusting kry.Hoe om te simpatiseer bly ’n raai-

sel. Veral vir diegene wat nog nooitiemand na aan hulle aan die dood af-gestaan het nie.Koesterdiemooiherinneringsvan

jou geliefdes enweet dat ons Skeppereendag vir jou berusting sal gee.Tallemense – soos die betrokkenes

by die Northern Free State Care Gi-vers (NFSCG), en so ook noodred-dingswerkers wat vreemdes hullaaste asem sien uitblaas) word ge-reeld met die dood gekonfronteerword. Weet dat dit ’n roepingstaak isen dat die geliefdes van afgestorwe-nes dit opregwaardeer. Somsweet ’nmens nie altyd hoe om dankie te sênie.So van dankie sê gepraat: Waarom

sê ons nie sommer nou en hier dan-kie vir ons geliefdes se liefde nie?Netnou is dit te laat . . .

Swimming-pool tariffs are way too expensiveSWIMMER, Kroonstad:

THE swimming-pool tariffs ofMoqhaka are unacceptable. I amof the opinion that the public ofKroonstad will certainly agreewith me that the increase of theMôrewag Swimming-pool tariffsfor the ensuing season (15September to 15 April 2015) istotally ridiculous and unaccepta-ble.In 2011 a season ticket cost R89,

in 2012 R225, in 2013 R477 andnow R515. Monthly tickets this

season for adults amount to R286and children R229. Season ticketsfor children now cost R400 andfamily tickets R744. This isabsolute daylight robbery andother than these increases, thepool is closed every secondweekend. Swimming is not onlyenjoyed from a competitive pointof view, but by the public ingeneral and so too by seniorcitizens and physically disabledpersons.Many children, especially

teenagers, are also kept off the

streets where they get up to allsorts of mischief and are involvedin crime-related incidents.One can only come to the

conclusion that with theseridiculous tariffs the pool atten-dance will drop even more

drastically as was the case in thepast summer season.We are all aware of the escala-

ting living costs and there are somany families living below thebreadline and unable to participa-te in sport, and therefore all thatis left for them is the swimming-pool and they are also probablyunable to do this on a daily basiswhen one sees what the dailyentrance fee amounts to, namelyR12 for children and R17 foradults per session.It is so heart-breaking and so

sad to see how many children sitoutside the pool entrance dailydying to swim and waiting andhoping that someone might justcome along and buy them anentrance ticket.I hope this will be a wake-up

call for the Moqhaka Municipali-ty. Your tariffs are ridiculous. Asa matter of interest, seniorcitizens have free admission topools in Bloemfontein. I willcertainly welcome comments fromthe swimming public with regardsto my letter.

KroonnuusPosbus 309, Kroonstad, 9459

HOOFARTIKEL

DIÉ maklike visgereg is altyd ’nsukses en lewer ses tot agtporsies.

Bestanddele:800 g visporsies (stokvis is

geskik)60 ml gekapte pietersielie (en

nog vir garnering)325 ml melk100 ml tot 125 ml mayonnaise1 pakkie wit uiesoppoeier250 ml suurroom of joghurt250 ml gerasperde kaas van jou

keuse

Metode:Plaas die vis in ’n bakpan en

geur met sout en peper. Sprinkeldie pietersielie oor.Klits die melk, mayonnaise,

soppoeier en suurroom of joghurtsaam. Giet oor die vis en besprin-

kel met kaas en die orige gekaptepietersielie.Bak vir 30 tot 40 minute teen

180 °C.

Hlapi:800 g hlapi (hake)60 ml parsley325 ml lebese100 ml – 125 ml mayonnaise1 pakkie ea sopo tsa eie e

tshweu250 ml romo kapa yoghurt250 ml kase

Mokgwa:Beha tlapi ka hara baka tsa

onto. Tshela hlapi letswai lepepere.Tshela parsley hodimo hlapi.Kopanya lebese, pakkie ea sopo,

romo kapa yoghurt. Tshelamotswako wa hao hodimo hlapi.Tshela kase le parsley hodimo

ha motswako hlapi le hlapi eahao.Baka ka ontong nako eng ka

bang metsotso e 30 – 40.

Visgeregmaklik én smaaklik

AS die liefde vir die kweekvan boslelies, beter bekendas clivias, jou eers astuinier beetgepak het, is dieverrassing in die lente vandie allermooiste kleureboslelies ’n bonus.Henry en Hester Sim

kweek al byna 20 jaarclivias. Die egpaar het ’ngroot kweekhuis in Suid-rand opgerig en biedjaarliks ’n clivia-skou hieraan.Hester sê die nuutste

kleure is perske, brons engroen-geel.’n Hoogtepunt op vanjaar

se skou in Bojéstraat,Suidrand, Kroonstad, isVrydag as die Sims hulblommeprag vir diepubliek op die ope dag tentoon stel.Vir meer inligting oor die

geleentheid bel Hester by056-212-4553.

Cliviasop skouvertoon

CLIVIAS, of boslelies, is in-heems en verkies skadu in dietuin.

Tharine Hurter

LAAT jou pamperlang en help omdie Ou Stadsaal te herstel.’n Spesiale pamperlangdag word

op Woensdag 22 Oktober van 09:00tot 17:00 in die Ou Stadsaal,Cross-straat, aangebied.Skud gewig af, kry ’n gesigbehan-

deling, -skandering of ontspan met’n massering.Ina Jagga, organiseerder, sê die

dag is vir oud en jonk. ’n Prys vanBellosa kan gewen word.Gesigbehandelings kos tussen

R100 en R200 met ’n massering vir45 minute-behandelings by.Deur Indiese kopmasserings kan

haarverlies voorkom word. Talleanti-verouderingbehandelings worduitgevoer.Permanente haarverwydering,

aknee, rekmerke/aknee kos tussenR100 en R250, terwyl ouderdoms-vlekkies vir so min soos R100weggetoor kan word. Laserbehande-lings sal ook op die dag gedoen kanword. Vir voet-, rug-en-nek-, vollyf-en skouermasserings is ’n besoekbeslis ’n moet. Diegene wat vir ’nnuwe voorkoms lus is, kan ’ngesigskandering ontvang en dan virnet R250 gegrimeer word.’n Teetuin sal bedryf word.Bel Jagga by 082-393-0210 om

afsprake te maak.

NASIONALE DIEREWEEK wordjaarliks in die eerste week vanOktober gevier.Alle motorfietryers kan saam-

span om geld en kos vir viervoeti-ge vriende in te samel. ’n Massa-optog sal Saterdag om 08:00 vandie Checkers-sentrum na dieKroonstad-Rotaryklub se terreingery word. Die Dierebeskermings-vereniging (DBV) se gesinsdaggaan hier aangebied word.Lapwapens sal teen R25 elk te

koop wees om geld vir die DBVin te samel.Motorfietsryers en inwoners

word versoek om ’n verskil in dielewe van viervoetiges te maakdeur honde- of katkos na dieterrein te bring.Die Suid-Afrikaanse Nasionale

Bloeddiens (SANBD) sal op diegeleentheid ’n bloedskenkkliniekaanbied.Daar sal boeresport en spele-

tjies gespeel word. Pryse is tewen.Daar sal ook ’n pretloop wees.Eet- en drinkgoed sal te koop

wees.Rig navrae oor die motorfiets-

optog aan Elaine Riggien by082-905-0997.

Optog vir DBV gehou

DIE liefde van viervoetige vriendemag nie onderskat word nie. Hitlerdie bulterriër verlekker hom in die bui-telug en die veiligheid van ’n mense-huis. Sy maatjie, Maximus, ’n skim-melworshond, was die slagoffer van’n nare gifdood. Die Dierebesker-mingsvereniging (DBV) het dierelief-hebbers se hulp nodig om ’n lewens-vatbare toekomsvir diere te verseker.Woon Saterdag die DBV se gesins-dag op die Kroonstad-Rotaryklub seterrein by en laat die sterte van vier-voetiges swaai. Foto: Tharine Hurter

Bederf jouself op pamperlangdag

Page 5: Kroonnuuskn 20140930

KROONNUUS, DINSDAG 30 SEPTEMBER 2014 5

Die magneetvir magnate

2015Registrasies

Nou oop

BlackKhaki083034/A

’n MBA van NWU Potchefstroom Besigheidskool,waarborg studente besigheidsonderrig in lyn metdie hoogste internasionale standaarde. Ons MBA isdinamies en fokus op strategiese denke.Dit is ontwerp om jou ’n mededingende voorsprongte gee.

[email protected]

http://pbs.nwu.ac.za

018 299 1419

NWU Potchefstroom Business School

‘n Top 5 Besigheidskool MBA

Page 6: Kroonnuuskn 20140930

6 KROONNUUS, DINSDAG 30 SEPTEMBER 2014

STEVE HOFMEYR tree Vrydagweer in die Kroonstad-skouburgmet sy nuwe Toeka 3-vertoningten bate van die Kroonstad-sen-trum vir bejaardes op.Min sangers in die wêreld kan

aanspraak daarop maak dat hulleas sanger, liedjieskrywer, outeur,vervaardiger, aanbieder, aktivisen akteur die trefferlyste opradio, CD en DVD oorheers soosHofmeyr in byna drie dekadesgedoen het.Noudat die langverwagte derde

aflewering van die multiplati-numbekroonde Toeka-reeks dielig gesien het, staan hy reg omsy status te bevestig as een vanSuid-Afrika se hardwerkendstesuksesstories oor die afgelope 30jaar heen.In 2013 het Steve 25 jaar van

treffermusiek gevier.’n Jaar later, onderwyl hy

besig was om internasionaal tetoer en boeke te skryf, het hyteruggekeer met nie minder nieas 17 juwele wat weer blinkge-poets is, elkeen gelaai metonverdunde nostalgie, tesame met tweebykomende oorspronklike werke om Toeka

se beproefde formule vanherinterpreteerde klassiekewenners te komplementeer.Met Toeka 3 se eerste

enkelsnit, Sit die ligte aan, watreeds die nasionale en streek-radiotrefferlyste klim, trefSteve se stem die kol met ’nonvergeetlike liriese onder-stroom en uiters aansteeklikemelodieë – wat die aanhangersaantrek na ’n manier vanstories vertel wat waarlik deurdie skepper daarvan bemeesterword.

“Die album sluit nie netmy ouer helde in nie, maarook my tydgenote,” voegSteve by.“Van André Schwartz se

Kom terug en Danie Botha seWie kan dit verstaan? regdeur tot my allergunsteling,Live On van Pierre deCharmoy, wat my loopbaangedefinieer het.“Daarby was dit vir my nog

’n hoogtepunt om deur dieliedjies te sif en te oorweeg

watter om uit so ’n magdom moontlikhedete kies.”

Tharine Hurter

DIE Kroonstad-sentrum vir bejaardes biedter viering van Bejaardemaand ’n programvir alle bejaardes in die dorp aan.Môre kan bejaardes ’n praatjie oor

veiligheid in die David Jacobs-saal by HuisEdelkroon gratis bywoon.Vrydag is die hoogtepunt op die vermaak-

kalender die vertoning deur Steve Hofmeyrin die Kroonstad-skouburg om 19:00. (Leesberig hiernaas).Sondag word Internasionale Ouma-en-oupa-

dag met ’n erediens en sang om 09:00 in dieDavid Jacobs-saal by Huis Edelkroon gevier.Op Woensdag 8 Oktober word ’n pretstap,

tesame met ’n boereworsrol-geselligheid,aangebied. Die wegspring sal van 10:00 afvan Huis Edelkroon by die David Jacobs-saalwees. Deelname is gratis.Op Donderdag 16 Oktober kan bejaardes

aan die bingo-oggend deelneem. Dit sal ookin die David Jacobs-saal plaasvind en beginom 10:00.Op Maandag 20 Oktober kan bejaardes per

afspraak op die skoonheidsdag vir mans envroue bederf word. Dit sal by Huis Edel-kroon en Huis Silwerkroon geskied. BelAndra Welthagen by 056-213-456.Op Woensdag 29 Oktober is die maandaf-

sluiting met Rudi Krafft in die DavidJacobs-saal om 10:00. Toegang is gratis.

Program vir bejaardes gebied

Steve sing vir oues

STEVE HOFMEYR salVrydag van 19:00 inKroonstad in die Kroon-stad-skouburg ten batevan die Kroonstad-sen-trum vir bejaardes op-tree. Die vertoning isToeka 3 wat onlangsbekend gestel is. Kaart-jies is by Rellings inCross-straat teen R120per persoon beskik-baar. Foto: Verskaf

TE KOOP-BORDJIES word by jou woonhuisaangebring en jy is in ekstase wanneer dieregte koper die verkooptransaksie teken.“Wanneer jy jou huis verkoop, het jy die

reg om die oordragprokureur te kies. Dringdaarop aan,” sê Talbot Sadler, ’n prokureurvan Kroonstad.Hy sê dit is noodsaaklik dat die regte van

die verkoper in al die fases van die oordragbeskerm word. Dit is belangrik om ’noordragprokureur te kies wat jy kanvertrou om die verkooptransaksie vinnig enmet integriteit af te handel.“Dit is irrelevant dat die koper die

oordragkoste moet betaal. Jy as verkoperdra meer risiko as die koper en daaromhet jy die reg om in beheer van die oordragte wees.

“Niks keer die koper om sy eie prokureuraan te stel om die oordragprokureur temonitor indien hy sou meen dit is nodignie.”Sadler sê ’n eiendomsagent mag ’n

oordragprokureur voorstel, maar die keuseberus by die verkoper.“Let daarop dat jou prokureur daar is om

jou belange te beskerm en dit enige botsingvan belange tussen die partye mag ver-hoed,” sê Sadler.Moenie sommer net ’n verkooptransaksie

teken nie. Laat jou prokureur die koop-ooreenkoms stap vir stap saam met joudeurgaan en moenie huiwer om vrae te vranie. Dit sal verhoed dat dinge verkeerd loopindien die ooreenkoms verkeerd opgestel isof te vaag verwoord is.

Prokureur ’nmoet vir huis verkoop

SAKENUUS

Page 7: Kroonnuuskn 20140930

KROONNUUS, DINSDAG 30 SEPTEMBER 2014 7

Page 8: Kroonnuuskn 20140930

8 KROONNUUS, DINSDAG 30 SEPTEMBER 2014

Seetermsandconditionsatwww.picknpay.co.za/brandmatchSe

Weshop around, so youdon’t have to.STEP1: Eachweek,wecheck thepricesofone thousandbrandedproductsagainstother supermarkets.Evenwhen they’reonspecial.

STEP2:Wecomparethetotalcostoftheprice-checkedproducts inyour*basketagainstthoseothersupermarketstosee if theywouldhavecost less. *Purchase10differentbarcoded itemstoqualify.

STEP3: If the total costof thoseprice-checkedproductswouldhavebeen lessat the timeof theprice check,we’ll instantlygiveyouacash-off coupon** for thedifference touseonyournextshop. **MaxvalueR50.

HOWITWORKS:

1187015_390x198

Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE.

Bulk T-Bone& Club SteakMix PackBulk Braai Pack (Consists of: Tenderised Steak,Lamb Braai Chops andWors)

Selected products on this page have been styled for photography

PRICES VALID 30 SEPTEMBER - 5 OCTOBER 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS ONLYIn Gauteng, Free State, North West, Mpumalanga, Limpopo, Upington, Kimberley, Kuruman and Vryburg. Excluding Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho,Northam Local store and Express stores. smart shopper points will still apply in Express stores. Shop instoreoronlineatwww.pnp.co.za/shop.CustomerCare0800112288.Toll free landlineonly.Cellphoneratesapply. www.picknpay.co.za

Flora Light orRegularMedium Fat Spread

1kg Tub

PnP Fresh ChickenBraaipakPnP Fresh ChickenBraaipak

SAVER4

2390

GoldenRayCookingOil 2 Litre

Clover Full Creamor 2%Low Fat Ultra PasteurisedMilk 2 Litre

SAVER10

5990

NescafeClassicDawn Jar200g

PnPStrawberries800g

SelatiWhiteSugar 2.5kg

6990

PnPExtra VirginOlive Oil 1 Litre 7290

PnP2Ply ToiletTissue 18s

1990

SnowflakeCakeWheat Flour 2.5kg

1390

Coca-ColaRegular2 Litre

995PnPBabyPotatoes

1kg

ArielAutoWashing Powder 2kg, LiquidDetergent 1.5 Litre or Power Capsules 14s

PnPNONAMETM

FrozenChickenBreast Fillets1.5kg

SAVER10

R52

SAVE10.95

R35Per kg

SAVER8

R69Per kg

SAVER6

R74Per kg

SAVER3

2375

SAVER26

3990Each

SAVER15

3490Each

SAVER5

2995

SAVE3.50

2290Each

FRESH

CARLI VAN TONDER, ’n leerling aan die Rooi-skool, is vir die Vrystaat-wiskundespan gekieswat opSaterdag 13September interprovinsiaalin Bloemfontein deelgeneem het.

Foto: Tinkie Hattingh

ANRONÉ VAN TONDER (gr. 7), ’n leerling aandie Sentrale Volkskool, is in die Vrystaat-wis-kunde-B-span ingesluit wat uit gr. 7- totgr. 9-leerlinge gekies is. Foto: Aletta de Nuysshen

MONICA AVENANT, ’n leerling aan die Rooi-skool, het op die Lantiefees aan die jeugskoudeelgeneem en ’n eerste plek in die boerbok-afdeling behaal. Foto: Tinkie Hattingh

Goed met syfers

Page 9: Kroonnuuskn 20140930

KROONNUUS, DINSDAG 30 SEPTEMBER 2014 9

VRYDAG neem die HoërskoolKroonstad (Bloues) van symatrieks afskeid. Die modepara-de sal voor die hoofingang vandie kantoorblok plaasvind.

Besoekers moet asseblief nie diehoofingang vir parkering oftoegang gebruik nie. Dit is virmatrikulante en hul motors. Ditbegin om 15:30 tot ongeveer 19:00.

Bloues neem vanmatrieks afskeid

Page 10: Kroonnuuskn 20140930

10 KROONNUUS, DINSDAG 30 SEPTEMBER 2014

T: 056 E: [email protected]: 056 215 1700 •212 3171/2 -www.kroonnuus.co.za

Geklassifiseerdwww.olx.co.za

Waar kopers en verkopers

mekaar ontmoet

eksklusief aanlyn by

OM TE ADVERTEER SKAKEL

SOEK, KOOP, VERKOOP VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

ALGEMENEKENNISGEWINGS

GEMEENSKAPS-KENNISGEWINGS

1210

HECKROODTPARKONTSPANNINGSKLUBAlgemene jaarvergadering8 Oktober 2014 om 18:00

te Heckroodtpark.Navrae: 056 212 3641

PERSOONLIKEDIENSTE

SPYSENIERING& LOKALE

1401

HOUSE OF DÉCORHillstraat 20 Hill Street

Nuwe adres!Oorkant Paint Shop

Verhuring vandècor vir alle funksiesSkakel 082 554 5852 of

056 212 2517

KINDERVERMAAK

1405

SPRINGKASTELETE HUUR

Nuwe voorraad ingekry.Skakel 076 530 8447

SPRINGKASTELE ENGLYBANE TE HUUR(Nog in baie goeie

toestand) SplinternuutSkakel 082 889 5392

FINANSIEEL

1420

DECLINED BY THEBANK? WHY NOT GOON TO BUY FROM USEmail to martie.benecke

@gmail.com orcall 076 752 7446

------------------------------SA BUSINESS

DEBT COUNSELORSKroonstad - 083 493 6875------------------------------

LENINGS

1445

NEED A LOAN?SMS "Loan" or

send a"Please call me"to 071 837 0998

OP SOEK NA

1485

I am looking for knittingmachines: Empisals andPassaps, in any condition.Will pay cash. ContactCecilia 082 482 4686.

TE KOOP

ALLERLEI

1655

TE KOOP:1) TANDEM FIETSBaie goeie toestand

R 1 8502) SKRYFBEHOEFTEKABINET - R 750Skakel 056 777 1740

082 566 2750

TE KOOP:ALLE GROOTTESSKULPE & KORALESkakel 056 212 7817

072 511 3360

TE KOOP:ANTIEKE MEUBELS& OUDHEDE

Skakel 056 212 7817072 511 3360

TROETELDIERE

1660

BOERBOELE te koop@ R 1 000 elk. 4 Tefies en3 Reuntjies, 7 weke oudSkakel 082 399 5457of 082 310 3607

ALGEMENE &HUISDIENSTE

BOUWERK &KONSTRUKSIE

1801

BUSMAR BOUERS& LAPA'S

16 Jaar ondervinding.Geen werk te klein.

Verwysings beskikbaar.083 390 2702

LJM CONSTRUCTIONVir alle

tipe bouwerkeSkakel

078 704 5671

HOUTWERK

1874

TOMMY'SWOODWORKS -For any kind ofwoodwork.

Contact 072 906 4704

TUIN &BESPROEIING

1825

GESIFTE BEESMISSPESIAAL VOORBEREIvir u beddings en grasperk.Onkruidvry, skoon. Lewergratis af. R 50 vir 80kgJohan 082 294 7542

ALLERLEI

1845

AATJIES MATTE -Vir die lê van volvloer

matte, Viniel enGelamineerdevloerbedekkings.

Kontak Johan Hattingh082 893 3673

MAAK ENRESTOUREERvan houtmeubels.

SLYP VAN ELEKTRIESESKAAFLEMME (HOUT)

Skakel Dave Jordaan082 573 9927

FOUCHÉ BOUERS -Vir algemene bouwerk,Teëlwerk, Dakseël,

Bou van afdakke,Verfwerk.Theuns 079 7166 587

GBK CONSTRUCTIONPlaveisel, Bouwerk,

Teëlwerk, Houtvloere, Seëlvan dakke. Gideon Koertze

072 333 9693

KINGS BLINDS:Alle tipes blinders -

ook was-en herstelwerk

Skakel 082 783 1396.

NITRAM SERVICES(Pty) Ltd - Our servicesconsist of: Building &Plumbing, Geysers &

Gutters, Painting & Tiling.Bore holes & Leaking roofsAll general repairs we doit all. Sprinkler Systems.

Free quotationsPhone 071 436 8779

LEKKENDE DAK?Skakel die spesialis-waterdigter. Gratis

kwotasie. Meer as 22 jaarondervinding. 10 jaar-

waarborg. Skakel LutherCronje 082 891 4052

NITRAM SERVICESSECURITY (Pty) LtdOur services consist of:Alarm systems, Guards.CCTV, Gate motors 24 HrsReaction. No call out fees

Service of alarms.Phone 071 436 8779

SWEMBAD SEILE - 200%veilig vir kinders, spaar100% krag, chloor, suur,arbeid en frustrasie. KRD084 411 6694 - Johan

VIR ENIGENAALDWERK

Skakel084 595 2820

VERVOER &BERGING

1870

HARNO VERVOER4- en 8-ton-trokbeskikbaar vir dieverwydering vanbourommel en

algemene vervoerwerk -083 570 7356 of073 157 7248

JEF'S ALGEMENEVERVOER & NUTSMAN

Verwydering vanbourommel, takke en enigeiets uit erwe ens. 083 4945877 Faks 056-212 1322

MOVE SAFENetheid en veilig is onsleuse. Verskuiwing vanKantoor meubels, Huismeubels en Algemene

vervoer. Geen Vullis, Boumateriaal of Rou materiaalasb. Kontak Gerus: Ford ofRiekie. Sel: 072 853 2702/

079 149 1187

BOME

1871

HOUTKAPPERTJIE:083 568 1568

Afsaag, 'trim' en verwydervan bome.

Kaggelhout te koop.

VOERTUIE

MOTORS TE KOOP

3025

"VOETSTOOTS"1996 FORD ESCORT

Enjin nie lopende toestand.R 10 000 - 083 761 1236

of 083 239 8093

EIENDOMME

SAKEPERSELE

3215

PERSEEL TE HUURBY TAXI RANK

Skakel082 908 9555.

PERSELE TE HUUR:Skakel

082 908 9555.

WOONSTELLETE HUUR

3250

1-SLK W/S metbalkon. Ingeboude kaste.Plesseymeter. Huur:R 2 300 pm. Water

ingesluit. Geen kindersSkakel 078 700 9592

ROOMS AND FLATSTO LET.Contact

082 908 9555.

TE HUUR

3205

1) "Warehouse"1200 v/m

R 12 000,00 pm2) STOORPLEK

77v/mBeskikbaar vanaf1 Oktober 2014

Skakel 083 635 3372

TUINWOONSTELLETE HUUR

3265

1-SLPK RUIMGemeubileerde

woonstel naby Rooiskoolvir enkelpersoon.

R 2 500 pm - 083 457 2077

HUISE TE KOOP

3275

HOUSE FOR SALEPanorama, 3 Fleckstreet.House is in good condition

and is very neat.3 Bedrooms and2 Bathrooms.

Contact 082 908 9555

HOUSE FOR SALEMalherbe street 9A3 Bedrooms and3 Bathrooms.

Contact 082 908 9555

TE KOOP: NOORDHOEKNeem huurkontrak oor tot31 Januarie, TE KOOPDRINGEND. Kontak

eienaar 082 264 6222 of082 475 7048

HUISE TE HUUR

3270

HUIS TE HUURFleckstraat 3, Panorama

Skakel082 908 9555

ERWE/STANDPLASE

3295

GROND TE KOOP184 ha waarvan

145 ha hoê potensiaallande is. Opbrengs kaarteen grond kartering is

beskikbaar. Die res is goeievlei weiding.

Skakel 082 8088 381

LARGE STANDFOR SALE - Corner ofSteenbok & Grysbok Str.1 255 square metres

R 180 000 - 072 012 4196

STUDENTE-AKKOMMODASIE

3323

EEN SLAAPKAMERWoonstel te huurNaby PotchefstroomUniversiteit vir R 2 950pm. Onderdak parkeringmet veiligheids kontrolebeheerde hek. Foto's

beskikbaar te besigtiging.083 262 0504 Kroonstad

BETREKKINGS

3600

BETREKKINGSGESOEK

3670

34JARIGE MAN ISOPSOEK NA WERK

Ondervinding in loodgieter,dakke en verfwerk.Skakel 060 352 5041

MIDDELJARIGEBLANKE DAME ISDRINGEND OPSOEKNA ENIGE WERK

28jr werksondervindingVir navrae skakel my asb

083 418 9480

EK IS OPSOEK NAENIGE WERK

HET MATRIEK - Sal ookhuiswerk doen of babas

oppas (Verwysing: LucindyStrydom 072 820 9 390)

of skakel my 078 937 6994

ALGEMEEN

3680

300 JOBS &APPRENTICE MINER @DMT TRAININGBe our student!!Welding R 3 800,

Boilermaker R 5 9004 weeks.

Forklift R 700 - 5 DaysDumptruck R 3 800Accomodation avail.

www.diemnyandoros.co.zaTel: 016 422 4264

whatsup 072 954 7705"Mnr" van Voeren/ Victor

Betrekking:Baanopsigter

Ons is op soek na ‘npersoon om genoemde

betrekking te vul.Vereistes:

1. Moet eie vervoer hê2. Moet meganiese

agtergrond hê3. Moet opdragte kan

uitvoer4. Moet goeie

menseverhoudinge hê enkan toesig hou oorbaanpersoneel

5. Moet ook insiatief hêSalaris onderhandelbaar -Plus Brandstoftoelaag

Persone wat belangstel indie pos en aan die

vereistes voldoen kanaansoek doen.

Stuur CV so spoedigmoontlik na 086 502 2525

"HANDYMAN" viralgemene "handyman"werk. Bv. Sweiswerk,verfwerk en algemenewerk - 076 1557 601

OPSOEK NATROKDRYWER

met kode 10 en kode 14Handig CV in byHpa Onderdele

BOEDELKENNIS-GEWINGS

BOEDELS:KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

BOEDEL WYLEMJ TAJEBOEDEL NO: 24932/2014

KENNISGEWING

In die boedel van wyleMOTLATSI JOHANNES TAJE,Identiteitsnommer460510 5370 086Huwelikstatus: Getroud binnegemeenskap van goedereGebore op 10 Mei 1946, en wiese laaste adres3489 Constantia, Maokeng,Kroonstad, Provinsie Vrystaatwas en wie oorlede is op14 Augustus 2014Boedelnommer: 24932/2014,Meesterskantoor,Bloemfontein

Krediteure en Debiteure inbogemelde boedel wordhiermee aangesê om binne 'ntydperk van DERTIG (30)DAE vanaf 3 OKTOBER2014 hul eise in te stel enhulle skulde aan die boedel tebetaal.

q.q EKSEKUTEURNAUDÉ - THOMPSON INGCross-straat 98Posbus 932KROONSTAD9500Tel no: 056 212 2477Faks no: 056 212 3288

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Page 11: Kroonnuuskn 20140930

KROONNUUS, DINSDAG 30 SEPTEMBER 2014 11

Ingesluit in spanneCHARL DU PLESSIS (links) en MichielBosman, leerlinge aan die AfrikaanseHoërskool (Rooies), is in die o.18-Kroon-krieketspan ingesluit. Michiel is ook virdie o.18-Fezile Dabi-krieketspan gekies.Besoek gerus Kroonnuus se webblad,www.kroonnuus.co.za vir meer nuus, fo-to’s, fotogalerye en video’s.

Foto: Tinkie Hattingh

Het jy vorige uitgawes vanKroonnuus misgeloop? Besoekwww.kroonnuus.co.za en blaaiaanlyn deur dié koerante.

Page 12: Kroonnuuskn 20140930

12 KROONNUUS, DINSDAG 30 SEPTEMBER 2014

DIE vroueskut Natali Terblanche was weerdie vrouekampioen op die wêreldveld-teikenskietkampioenskappe wat van 4 tot 7September by die Brookfield Scout Camp(Wainuiomata) buite Wellington inNieu-Seeland aangebied is.

Natali was vanjaar die Protea-spanbe-stuurder en boonop die jongste spanbe-stuurder nog van die sport.

Sy is die dogter van Niel en HanliTerblanche van Kroonstad en ’n oud-leerling van die Hoërskool Kroonstad(Bloues).

ProteakleureSy skiet met ’n Walther LG 300. Natali

het reeds ’n paar keer Protea-kleureverwerf, selfs vir bench rest-skiet en neemsedert 2008 aan die wêreldkampioenskappedeel. Sy het in 2008 die eerste keer Protea-kleure vir bench rest-teikenskiet verwerf enhet in 2008 in Milaan, Italië, op diewêreldkampioenskappe ’n 15de plekalgeheel behaal.

In 2009 by Mutango het sy tydens dieveldteikenskietkampioenskappe ’n derdeplek behaal. Sy het ook ’n tweede plek in2010 by Debrecen, Hongarye, in 2011 byVelo d’Astico, Italië, en in 2012 by Isfjordenin Noorweë behaal.

In 2013 en 2014 het sy by onderskeidelikin Ebern en Saarland, Duitsland, dievrouekampioenskapskroon ontvang indie senior vroue-afdeling met ’n 18deplek algeheel op die kampioenskappeen vanjaar het sy weer die titel verwerf,maar die keer ’n agtste plek algeheelbehaal.

VeldteikenskietVeldteikenskiet is een van die skietspor-

te waarin daar met luggewere of springge-were na metaalreaksieteikens geskiet wordwat omval wanneer dit in die middel – dietrefkol (kill zone) – getref word. Deelne-mers kry een punt as dit val en niks as ditbly staan nie. In die meeste gevalle word ’n4.5 mm-windbuks gebruik met ’n maksi-mum energie van 16 joule of 12 ft lbs., maarvanjaar is die hoëkrag-afdeling ook op diekompetisie aangebied omdat Nieu-Seelandoor baie sulke skuts beskik. Daar gebruikhulle windbukse met hoër energie en ooksoms in .20 of 5 mm, sê Natali.

SkietafstandDie skuts skiet van 8 m tot 50 m. Die kol

is 15 mm (maksimum 25 m), 25 mm(maksimum 35 m) of 40 mm groot. Eenkompetisie behels 50 teikens en die skutneem aan drie kompetisies op die kampi-oenskappe deel. “Ons skiet ook 10 van die50 teikens in die staan- of knielposisie endit is dikwels die grootste uitdaging vir diemeeste van die skuts. Vanjaar het die

Suid-Afrikaners daarop gefokus om dit teoefen. “Windlees is belangrik, want diepatroontjie word maklik deur die windweggewaai,” sê Natali.

Nieu-SeelandSy sê met hul aankoms in Wellington het

die polisie die span ingewag om die nodigepermitte na te gaan. “Ons het ons bagasiegekry en alles was gelukkig daar. Onsgewere moes nagegaan word en heeltoevallig is party van ons se skietskoenegewas omdat hulle baie bang vir allerhan-de siektes is.”

Die Suid-Afrikaners het ’n besigtigings-toer onderneem en onder meer dienasionale museum besoek.

UitslaeDie kampioenskappe is op ’n terrein,

soortgelyk aan ’n opleidingskamp, aange-bied. Die Suid-Afrikaners se uitslae is soosvolg:) Suid-Afrikaanse span – ’n eerste plekalgeheel (eerste keer sedert Suid-Afrikaaan die wêreldkampioenskappe deelneem);) Algehele wenner – Stefan Viljoen (slegs15 jaar oud en van Bellville, Wes-Kaap);) Junior wenner – Stefan Viljoen;) Junior tweede plek – Christy-Ann Venter(17 en ’n leerling aan die HoërskoolWonderboom, in Pretoria);) Vrouewenner – Natali Terblanche(tweede jaar agtereenvolgens, asook agtsteplek algeheel);) Vrouenaaswenner – Lauren Parsons(eerste jaar veearts-student aan Tukkies ennegende algeheel);) Derde plek: vroue – Christy-Ann Venter;)High Power PCP-wenner – CobusViljoen;) Heinri Brink – tiende plek algeheel;

Suid-Afrika het vier skuts in die toptiengehad en agt in die top-20. Die skuts was:Natali Terblanche (spanbestuurder),Hennie Breytenbach (spankaptein), StefanViljoen, Lauren Parsons, Heinri Brink,Jean Pierre de Jager, Christy-Ann Venter,Reghardt van Jaarsveld, Jacques Fouche,Cobus Viljoen (individueel) en AndreParsons (individueel).

Kolskoot, Natali!

NATALI TERBLANCHE is die wêreldveldtei-kenskietkampioen. Foto: Verskaf

‘Windlees is belangrik,want die patroontjie wordmaklik deur die wind weg­gewaai.’ – Natali Terblan­che

MNR. PIET DE WET,’n onderwyser en af-rigter aan die Afri-kaanse Hoërskool, isas keurder van dieVrystaatse o.18-krie-ketspan, asook sa-meroeper van dieo.18-plattelandkrie-ketspan, aangewys.

Gekies as keurder