3
BLADSY 6 HOËRSKOOL BELLVILLE Mnr. Hugo de Villiers Naam en graad van kind op skool: Eben de Villiers Gr 10 Beroep: Afdelingshoof in VOO-Kollege (Northlink Kollege) VOORSITTER : Mnr. Marius Fivaz Naam en graad van kind op skool: Marko Gr 8 en Marlia Gr 11 Beroep: Assosiaat direkteur by Bigen Africa raadgewende ingenieurs Mev. Lize Esterhuizen Naam en graad van kind op skool: Armand Gr 9 Beroep: e-Kommunkasie-ontwikkeling, Universiteit Stellenbosch Mnr. André Kruger Naam en graad van kind op skool: Riandi Gr 11 en Zani Gr 10 Beroep: Bemarking van pensioenfondsvoordele NUUT VERKOSE BEHEERLIGGAAM (OUERS) ONDER VOORSITTER : Mnr. Zila Toua Naam en graad van kind op skool: Arno Gr 12 en Marna Gr 9 Beroep: Rekenmeester TESOURIER : Mnr. Francois Johnson Naam en graad van kind op skool: Ciske Gr 9 Beroep: Senior Bestuurder: Aktuariële Dienste Sanlam Mev. Monica du Plessis Naam en graad van kind op skool: Marlize Gr11 Beroep: Veldtogbestuurder Sanlam Direk Geagte ouer en leerder Wat ’n voorreg om terugvoer te kan gee oor al die bedrywighede wat in die eerste kwartaal 2012 in ons 75ste bestaansjaar plaasgevind het. Hierdie nuusbrief is een wat elke Bellvilliet vir die nageslag moet be- waar, want so ‘n ge-leentheid om te kan terugkyk kom net een keer in ‘n leeftyd. Ek dink onwillekeurig aan mnr Du Plessis wat as oudste lid van ons skool (Matriek in 1941) ons ver- jaarsdagvieringe bygewoon het en wat nog helder van gedagte sy he- rinneringe van sy alma mater met ons gedeel het. Ek dink onwillekeurig aan mnr Pieter Coetzee wat my in my kantoor kom besoek het, want hulle is besig om te beplan aan hulle 60-jarige reünie. Alhoewel hulle vreemd voel in die nuwe skool, kan hulle nie uitgepraat raak oor almal wat van heinde en verre (selfs vanuit Londen) gaan kom om die reünie by te woon nie. Dan besef ‘n mens net weer dat die vriende en verbintenisse wat jy ge- durende jou skoolloopbaan opbou, kan niemand van jou wegneem nie. Ek dink onwillekeurig aan mnr Norman Hauzer, oud-onderwyser en atletiekafrigter. Hy skryf : “My jare by die Hoërskool Bellville was goue jare op alle ter- reine en daarsonder sou ek soveel armer gewees het. Dit is my gebed en my wens dat my alma mater op hierdie tradisies sal voortbou. Met “Gereed vir alles” is dit moontlik! Met hierdie woorde besef mens net weer watter ongelooflike impak die goeie personeel van die Hoërskool Bellville op jou lewe gehad het.” Verskeie legendes het ook fantas- tiese herinneringe oor hulle alma mater, Dawie de Villiers wat Suid- Afrika van 1962– 1970 verteen- woordig het, skryf in sy herinneringe die volgende: “Die kern van die skool is nie die geboue en sportvelde nie—hoe belangrik dit ook al mag wees—maar die onderwysers. As ek terugkyk oor die 5 jaar wat ek in die Hoërskool Bellville was, besef ek watter geweldige invloed onderwysers in my lewe gehad het.” Gene Louw, Administrateur van die Kaap (1979—1989) en lid van die kabinet (1989—1994), sê in sy he- rinneringe: “Pappa Grové was die skoolhoof—die onbetwisbare Baas van die skool! Wanneer hy in die gang afgestap het, kon ons van ver die ysterhakkies onder sy skoene in die gang hoor afkom. ‘n Doodse stilte, dissipline was die wagwoord. Lank lewe nuwe Hoërskool Bellville.” Marianne Kriel, Sprinbokswemmer en Afrikarekord-houer, skryf aan die skool: “Ek was in Hoërskool Bellville van 1985-1989, en dit was wonder- like jare. Ek hou baie van die feit dat Bellville gebalanseerd is: Sport, Akademie en Kultuur, is belangrik. Die skool verteenwoordig ook mense van ver- skillende agtergronde, ekonomiese omstandighede en familiesituasies. Dit help om ‘n mens minder bevooroordeeld te maak, en dit is een van die beste lesse wat ‘n skool jou kan leer.” Wat ‘n ongelooflike trots en waar- hede word deur hierdie bekende alumini vir ons uitgestraal. Een goue draad loop egter vir my reg deur al die herinneringe van elkeen van die oud-skoliere. Die begin van ‘n wedloop is belangrik, maar die einde is nog belangriker. Dit help nie jy begin goed, maar sak halfpad uit nie. As jy nie klaarmaak nie, help jou goeie begin jou nie juis nie! Die mense wat pryse kry, is die mense wat dinge goed klaarge- maak het. Ons kan egter uit die alumini van die Hoërskool Bellville leer, dat elkeen wat in hierdie Hoërskool was, gereed was vir alles en dat daar groot dinge van elkeen verwag is. So wil ons na 75 jaar nog steeds elke kind by die Hoërskool Bellville gereed maak vir alles, vir wat daar vir hom wag in die lewe daar buite. Onthou egter, dis hoe jy kan vasbyt wat saak maak. Dit is maklik om ‘n besluit te neem, maar nie so maklik om dit elke dag, dag na dag uit te voer nie. Paratus ad Omnia (Gereed vir alles) Deon du Plessis SKOOLHOOF Volume 1, Uitgawe 01/12 23 Maart 2012 De La Hayelaan, Bellville, Tel: 021 948 1801 Faks: 021 948 4140 [email protected] Hoërskool Bellville BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

KWARTAAL 1 NUUSBRIEF - Hoërskool Bellville...sportvelde nie—hoe belangrik dit ook al mag wees—maar die onderwysers. As ek terugkyk oor die 5 jaar wat ek in die Hoërskool Bellville

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: KWARTAAL 1 NUUSBRIEF - Hoërskool Bellville...sportvelde nie—hoe belangrik dit ook al mag wees—maar die onderwysers. As ek terugkyk oor die 5 jaar wat ek in die Hoërskool Bellville

BLADSY 6 HOËRSKOOL BELLVILLE

Mnr. Hugo de Villiers

Naam en graad van kind op skool: Eben de Villiers Gr 10

Beroep: Afdelingshoof in VOO-Kollege (Northlink Kollege)

VOORSITTER : Mnr. Marius Fivaz

Naam en graad van kind op skool: Marko Gr 8 en Marlia Gr 11

Beroep: Assosiaat direkteur by Bigen Africa raadgewende ingenieurs

Mev. Lize Esterhuizen

Naam en graad van kind op skool: Armand Gr 9

Beroep: e-Kommunkasie-ontwikkeling, Universiteit Stellenbosch

Mnr. André Kruger

Naam en graad van kind op skool: Riandi Gr 11 en Zani Gr 10

Beroep: Bemarking van pensioenfondsvoordele

NUUT VERKOSE BEHEERLIGGAAM (OUERS)

ONDER VOORSITTER : Mnr. Zila Toua

Naam en graad van kind op skool: Arno Gr 12 en Marna Gr 9

Beroep: Rekenmeester

TESOURIER : Mnr. Francois Johnson

Naam en graad van kind op skool: Ciske Gr 9

Beroep: Senior Bestuurder: Aktuariële Dienste Sanlam

Mev. Monica du Plessis

Naam en graad van kind op skool: Marlize Gr11

Beroep: Veldtogbestuurder Sanlam Direk

Geagte ouer en leerder

Wat ’n voorreg om terugvoer te kan

gee oor al die bedrywighede wat in

die eerste kwartaal 2012 in ons

75ste bestaansjaar plaasgevind het.

Hierdie nuusbrief is een wat elke

Bellvilliet vir die nageslag moet be-

waar, want so ‘n ge-leentheid om te

kan terugkyk kom net een keer in ‘n

leeftyd.

Ek dink onwillekeurig aan mnr Du

Plessis wat as oudste lid van ons

skool (Matriek in 1941) ons ver-

jaarsdagvieringe bygewoon het en

wat nog helder van gedagte sy he-

rinneringe van sy alma mater met

ons gedeel het.

Ek dink onwillekeurig aan mnr Pieter

Coetzee wat my in my kantoor kom

besoek het, want hulle is besig om

te beplan aan hulle 60-jarige reünie.

Alhoewel hulle vreemd voel in die

nuwe skool, kan hulle nie uitgepraat

raak oor almal wat van heinde en

verre (selfs vanuit Londen) gaan

kom om die reünie by te woon nie.

Dan besef ‘n mens net weer dat die

vriende en verbintenisse wat jy ge-

durende jou skoolloopbaan opbou,

kan niemand van jou wegneem nie.

Ek dink onwillekeurig aan mnr

Norman Hauzer, oud-onderwyser

en atletiekafrigter.

Hy skryf : “My jare by die Hoërskool

Bellville was goue jare op alle ter-

reine en daarsonder sou ek soveel

armer gewees het. Dit is my gebed

en my wens dat my alma mater op

hierdie tradisies sal voortbou. Met

“Gereed vir alles” is dit moontlik! Met

hierdie woorde besef mens net weer

watter ongelooflike impak die goeie

personeel van die Hoërskool Bellville

op jou lewe gehad het.”

Verskeie legendes het ook fantas-

tiese herinneringe oor hulle alma

mater, Dawie de Villiers wat Suid-

Afrika van 1962– 1970 verteen-

woordig het, skryf in sy herinneringe

die volgende: “Die kern van die

skool is nie die geboue en

sportvelde nie—hoe belangrik dit

ook al mag wees—maar die

onderwysers. As ek terugkyk oor

die 5 jaar wat ek in die Hoërskool

Bellville was, besef ek watter

geweldige invloed onderwysers in

my lewe gehad het.”

Gene Louw, Administrateur van die

Kaap (1979—1989) en lid van die

kabinet (1989—1994), sê in sy he-

rinneringe: “Pappa Grové was die

skoolhoof—die onbetwisbare Baas

van die skool! Wanneer hy in die

gang afgestap het, kon ons van ver

die ysterhakkies onder sy skoene in

die gang hoor afkom. ‘n Doodse

stilte, dissipline was die wagwoord.

Lank lewe nuwe Hoërskool Bellville.”

Marianne Kriel, Sprinbokswemmer

en Afrikarekord-houer, skryf aan die

skool: “Ek was in Hoërskool Bellville

van 1985-1989, en dit was wonder-

like jare.

Ek hou baie van die feit dat Bellville

gebalanseerd is: Sport, Akademie

en Kultuur, is belangrik. Die skool

verteenwoordig ook mense van ver-

skillende agtergronde, ekonomiese

omstandighede en familiesituasies.

Dit help om ‘n mens minder

bevooroordeeld te maak, en dit is

een van die beste lesse wat ‘n

skool jou kan leer.”

Wat ‘n ongelooflike trots en waar-

hede word deur hierdie bekende

alumini vir ons uitgestraal.

Een goue draad loop egter vir my

reg deur al die herinneringe van

elkeen van die oud-skoliere. Die

begin van ‘n wedloop is belangrik,

maar die einde is nog belangriker.

Dit help nie jy begin goed, maar sak

halfpad uit nie. As jy nie klaarmaak

nie, help jou goeie begin jou nie juis

nie! Die mense wat pryse kry, is die

mense wat dinge goed klaarge-

maak het.

Ons kan egter uit die alumini van

die Hoërskool Bellville leer, dat

elkeen wat in hierdie Hoërskool

was, gereed was vir alles en dat

daar groot dinge van elkeen verwag

is.

So wil ons na 75 jaar nog steeds

elke kind by die Hoërskool Bellville

gereed maak vir alles, vir wat daar

vir hom wag in die lewe daar buite.

Onthou egter, dis hoe jy kan vasbyt

wat saak maak. Dit is maklik om ‘n

besluit te neem, maar nie so maklik

om dit elke dag, dag na dag uit te

voer nie.

Paratus ad Omnia

(Gereed vir alles)

Deon du Plessis

SKOOLHOOF

Volume 1, Uitgawe 01/12

23 Maart 2012

De La Hayelaan, Bellville, Tel: 021 948 1801 Faks: 021 948 4140

[email protected]

Hoërskool Bellville

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

Page 2: KWARTAAL 1 NUUSBRIEF - Hoërskool Bellville...sportvelde nie—hoe belangrik dit ook al mag wees—maar die onderwysers. As ek terugkyk oor die 5 jaar wat ek in die Hoërskool Bellville

BLADSY 2 HOËRSKOOL BELLVILLE

‘n Kopie van die Junie-eksamenrooster word

hierby ingesluit.

Let daarop dat sekere vakke nog ingepas moet

word en dat die volle rooster en ‘n brief wat

eksamenprosedures verduidelik volgende

kwartaal uitgestuur sal word.

Baie geluk aan matrikulante van 2012 wat

vraestelle laat hernasien het en ook A-simbole

behaal het.

Dankie ook aan al die ouers wat ons hiervan in

kennis gestel het. Baie geluk aan Elmé John-

son en Lize-Marie Cilliers (A’s vir Le-

wenswetenskap) en Reinhardt Buenk (A vir

Besigheidstudie en 6 A’s)

Ons fokus sterk op die akademiese groei van

ons leerders en vertrou dat ons ook trots kan

wees op die uitslae aan die einde van die jaar.

Tydens die eerste kwartaal is formele toet-

se op Dinsdae en Donderdae geskryf.

Rapporte sal in die eerste week van vol-

gende kwartaal uitgestuur word. Ons vra

dat ouers hul kunders sal prys en

aanmoedig, maar ook aandag sal gee aan

vakke waar die kind nie die nodige vorder-

ing toon nie.

Ons nooi alle ouers om die Oueraand op

16 April by te woon en u kind se

onderwysers te kom ontmoet. Indien u ‘n

persoonlike briefie vanaf ‘n onderwyser

ontvang, moet u asseblief erns daarmee

maak en beslis die onderwyser kom

spreek.

Indien ons almal saamwerk (leerders, ouers

en onderwysers) kan ons verseker dat u

kind sy potensiaal bereik.

Stelwerkvraestelle vir die Junie-

eksamenpunt is reeds op 22 en 23 Maart

afgeneem.

Die Junie-eksamen duur vanaf 4 Junie tot

22 Junie en vraestelle word tot op die

laaste dag geskryf.

AKADEMIE

RAPPORTE Rapporte word uitgedeel op Rapporte word uitgedeel op Rapporte word uitgedeel op Rapporte word uitgedeel op Vrydag, 13 April .Vrydag, 13 April .Vrydag, 13 April .Vrydag, 13 April . Ons herinner u net aan die ouer-Ons herinner u net aan die ouer-Ons herinner u net aan die ouer-Ons herinner u net aan die ouer-aand Dinsdag, 24 April.aand Dinsdag, 24 April.aand Dinsdag, 24 April.aand Dinsdag, 24 April.

BAIE DANKIE Dankie aan alle ouers, leerders, oud-leerders en

personeel wat hierdie kwartaal gehelp het om

die Hoërskool Bellville se naam hoog te dra.

Dankie vir almal se hulp met die verjaardagvier-

inge, fondsinsameling, ens. Dit word hoog op

prys gestel.

BELANGRIKE DATUMS:

10 April - Skole heropen

12 April - Toetsreekse begin

13 April - Rapporte

13 & 14 April - Sportdag

19 April - Ope aand

24 April - Oueraand

30 April - Skoolvakansiedag

3 Mei - Laerskole Koorfees

10 Mei - Mnr. & Mej. Bellville

15 Mei - ATKV Taalolimpiade

16 & 17 Mei - Koor: Eisteddfod

17 & 19 Mei - Toneelspelkompetisie

19 Mei - Orkes: Fanfare

20 Mei - Orkes: Bellville Uitsig

25 Mei - Senior Bal

27 Mei - Orkes: Bellville Uitsig

4 Junie - Eksamen begin

27 Junie - Skool sluit

VOLUME 1, UITGAWE 01/12 BLADSY 5

KULTUUR Die Hoërskool Bellville het weer ‘n besige en suksesvolle kwartaal op kultuurgebied agter die rug. Baie van

die aktiwiteite het die kwartaal as voorbereiding gebruik en die meeste optredes sal in die tweede kwartaal

plaasvind.

Die skoolkoerant, Sapiens, fokus hierdie jaar in al sy

uitgawes op interessante artikels rondom die skool se

75ste verjaarsdag. Daar is onderhoude gevoer met be-

roemde oud-leerders.

Hands for a Bridge vier hierdie jaar sy tiende bestaansjaar en feesvieringe word beplan in Seattle,

Suid-Afrika en Ierland. Die Hoërskool Bellville en Isilimela Comprehensive School in Lange beplan

weer in September 2012 ‘n toer na die VSA .

Die naweek van 16-18 Maart was die eerste ontmoeting tussen hierdie twee skole se Hands for a

Bridge-groepe. Dit het ingesluit ‘n Ken-mekaar-dag op Saterdag, 17 Maart en die bywoning van

‘n kerkdiens by die Langa Christian Church.

Daar word ‘n skole-uitruil asook ‘n kamp vir die tweede kwartaal beplan. Baie aktiwiteite word vir

die jaar beplan en ons sien uit na nog ‘n suksesvolle jaar.

SAPIENS

HANDS FOR A BRIDGE

‘n Vriendelike dog baie ernstige versoek, is dat u

as ouer/voog sal toesien dat u kind, op die eerste

dag van die nuwe kwartaal, se skooldrag en

voorkoms volgens die gedragskode van die skool

sal wees. Ons gaan baie streng optree teenoor

leerders wat dit nie nakom nie.

Wintersdrag word vanaf

2 Mei 2012 gedra (sien

gedragskode op bl. 25 in

die Paratus)

SKOOLDRAG & VOORKOMS Baie geluk aan :

♦ Karla Wentzel,

♦ Armand Avenant en

♦ Ingé Engelbrecht

wat verkies is as Gr 8-graadleiers.

GRAAD 8 : GRAADLEIERS

Page 3: KWARTAAL 1 NUUSBRIEF - Hoërskool Bellville...sportvelde nie—hoe belangrik dit ook al mag wees—maar die onderwysers. As ek terugkyk oor die 5 jaar wat ek in die Hoërskool Bellville

Aan die einde van ‘n baie besige tog uiters

suksesvolle kwartaal op die sportvelde, wil

ons graag vir die deelnemers en hul afrigters

hartlik bedank vir hul bydrae en betrokken-

heid op die sportveld. Baie dankie aan elke

ouer vir sy ondersteuning.

Ons is baie trots daarop om

elke week 10 tennisspanne

en 8 krieketspanne in die veld

te stoot. Ons het ‘n baie

suksesvolle tennis- en

krieketsei-

soen agter

die rug.

BLADSY 4

KRIEKET

TENNIS

HOËRSKOOL BELLVILLE

ATLETIEK

Ons het 7 atlete wat hul WP-

atletiekkleure verwerf het. Baie

geluk aan Zani Kruger en

Rozanne Compion wat vir die

Wes-Kaapspan gekies is.

Hulle gaan die vakansie aan die

Suid-Afrikaanse Atletiekkam-

pioenskappe in Germiston

deelneem. Baie sterkte.

SPORT

Aan die einde van ‘n baie besige tog uiters suksesvolle kwartaal op die sportvelde, wil

ons graag vir die deelnemers en hul afrigters hartlik bedank vir hul bydrae en betrokken-

heid op die sportveld. Baie dankie aan elke ouer vir sy ondersteuning.

Op 1 Junie 2012 gaan ons ‘n Bokkeaand/wynveiling

as fondsinsameling hou. U ondersteuning sal

waardeer word.

Die wintersport het al in volle swang begin. Baie

sterkte aan die spanne wat die vakansie gaan toer en

die skool verteenwoordig.

BAIE DANKIE

Baie geluk aan die 0/15A

krieketspan en Mnr Joubert

wat die o/15A WPNS liga

gewen het. Ons is baie trots

op julle.

BOKKEAAND/WYNVEILING

Die koor oefen 2 maal per week met oor-

gawe. Hulle program is verder afgerond

tydens ‘n koorkamp by die Apostel Bat-

tery. Op 18 Maart tree hulle by ‘n ere-

diens by die NG Kerk Riebeeck op.

Die tweede kwartaal hou heelwat

optredes vir die koor in, o.a. die

Tygerberg Eisteddfod. ‘n Hoogtepunt is

die Hoërskool Bellville se Laerskole

Koorfees op 3 Mei in die Hugo Lam-

brechts Ouditorium. Die skoolkoor en

blaasorkes tree saam met ‘n aantal kore

van die omliggende laerskole op. Kaar-

tjies vir die aand is by die skool

beskikbaar.

Die blaasorkes het reeds in die vakansie

begin oefen om gereed te wees vir hulle

eerste optrede tydens die kerkdiens wat

ons 75ste verjaardagvieringe ingelei het.

Na ‘n baie suksesvolle orkeskamp by

Franschoek was hulle gereed vir ‘n

optrede by die Hugo Lambrechts

Musieksentrum op 17 Maart.

DRAMA

KOOR BLAASORKES

Op 8 en 9 Mei is die jaar vir die toneelvereniging afgeskop met

die Kinderteater. Vanjaar is Die gestewelde katDie gestewelde katDie gestewelde katDie gestewelde kat opgevoer en

meer as 40 leerders was deel van die produksie. Meer as

1000 jong gehoorlede van die laerskole en kleuterskole het die

opvoering bygewoon.

Die Hoërskool Bellville bied vanjaar weer die Stad Kaapstad

Toneelspelkompetisie aan. Meer as 400 inskrywings is

ontvang en uitdunrondtes word landswyd gehou. Die finale

rondtes vind vanaf 17 to 19 Mei in die Kunstekaap Teater

plaas.

VOLUME 1, UITGAWE 11/01 BLADSY 3

REDENAARS &

DEBAT

‘n Baie suksesvolle interne re-

denaarskompetisie is op 23

Februarie gehou. Volgende

kwartaal neem ons leerders deel

aan die ATKV Redenaarskom-

petisie, die ATKV Debatskom-

petisie en die Dink-of Sink Fo-

rumdebatskompetisie.

Die leerderleiers het die afgelope kwartaal verskeie pro-

jekte suksesvol voltooi. Die Paaseier- projek was ń reuse

sukses. 20000 paaseiers is ingesamel wat aan hospitale,

kinderhuise, bejaardes en kleuterskole oorhandig is.

LEERDERLEIERS

Die Leerderleiers het al ons voeder-

skole besoek. Op die foto is Bellville se

leiers saam met Bellpark se leiers

BESOEK AAN LAERSKOLE