21
Die AAMBEELD Kwartaalblad van die HTS Drostdy Kwartaal 2 van 2018 Wat ‘n kwartaal! Ons het hom behoor- lik volgepak met akwiteite. Die groot vraag is natuurlik of dit moontlik is om aan so baie deel te neem en nog steeds uitnemend te presteer. Lees hierdie arkel en besluit self… Op akademiese gebied het ons leerders ‘n uiters besige kwartaal gehad. Die eksamen is agter die rug en die leerders van Drostdy is behoorlik poegaai. Drie weke van eksamenstres is nie speletjies nie. Die uitslae lyk uitstekend, maar met die ter perse gaan was alles nog nie ge- finaliseer nie. Intussen het ons kinders aan die Taalbondeksamen deelgeneem en aan die Wiskunde-olimpiade. Sien ook me. Liesl van Deventer, die adjunk- hoof van akademie se brief in dié uitgawe. Op sportgebied het ons ‘n rekordgetal provinsiale spelers wat die komende vakansie aan toernooie gaan deelneem. 20 Seuns en 2 dogters neem aan provinsiale rugbytoernooie deel. 5 seuns gaan aan provinsiale hokkieto- ernooie deelneem. 7 dogters gaan aan provinsiale netbaltoernooie deelneem. 8 seuns gaan aan provinsiale stoeitoernooie deelneem. 1 skaakspeler gaan aan ‘n provinsiale toernooi deelneem. Dan is daar 40 seuns en dogters wat voorberei vir die toutrek wêreldkampioenskap . Daar is ook twee leerders wat provinsiale krieket gaan speel. Ook op die karate –vloer gebeur ‘n paar dinge... Iets waaroor ons baie opgewonde is, kom hierdie kwartaal uit die motorafdeling - ‘n Paar van ons seuns het die afgelope kwartaal ‘n enjin opgebou wat heeltemal stukkend en uitmekaar was. Hulle het ‘n uitstekende werk gedoen. Die resultate was verstommend! Op kultuurgebied is ons besig met die finale afronding van die Revue van 2018. Ons koor sing saam met die bestes. Ons het ‘n rekordgetal spelers wat tydens die Unisa- eksamens uitstekend gevaar het. Van ons leerders gaan oorsee as uitruilstudente en ander vir verryking. Die skaakspelers maak geskiedenis. Ons glo dat hierdie voorsmakie darem almal se belangstelling geprikkel het om die res te lees en die spreekwoordelike vleis aan die bene te sit. Besluit maar self of dit waarmee ons hier by Drostdy besig is, getuig van uitnemendheid. Geniet hierdie uitgawe! Drostdy praat self

Kwartaalblad van die HTS Drostdy Drostdy praat selfhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2015/07/2018-Aambeeld-Kwartaal-2.pdf · maak vir hulle akademie. Met die graad aggies se eerste

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Kwartaalblad van die HTS Drostdy Drostdy praat selfhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2015/07/2018-Aambeeld-Kwartaal-2.pdf · maak vir hulle akademie. Met die graad aggies se eerste

Die AAMBEELD Kwartaalblad van die HTS Drostdy Kwartaal 2 van 2018

Wat ‘n kwartaal! Ons het hom behoor-lik volgepak met aktiwiteite. Die groot vraag is natuurlik of dit moontlik is om aan so baie deel te neem en nog steeds uitnemend te presteer. Lees hierdie artikel en besluit self… Op akademiese gebied het ons leerders ‘n uiters besige kwartaal gehad. Die eksamen is agter die rug en die leerders van Drostdy is behoorlik poegaai. Drie weke van eksamenstres is nie speletjies nie. Die uitslae lyk uitstekend, maar met die ter perse gaan was alles nog nie ge-finaliseer nie. Intussen het ons kinders aan die Taalbondeksamen deelgeneem en aan die Wiskunde-olimpiade. Sien ook me. Liesl van Deventer, die adjunk-hoof van akademie se brief in dié uitgawe.

Op sportgebied het ons ‘n rekordgetal provinsiale spelers wat die komende vakansie aan toernooie gaan deelneem. 20 Seuns en 2 dogters neem aan provinsiale rugbytoernooie deel. 5 seuns gaan aan provinsiale hokkieto-ernooie deelneem. 7 dogters gaan aan provinsiale netbaltoernooie deelneem. 8 seuns gaan aan provinsiale stoeitoernooie deelneem. 1 skaakspeler gaan aan ‘n provinsiale toernooi deelneem. Dan is daar 40 seuns en dogters wat voorberei vir die toutrek wêreldkampioenskap . Daar is ook twee leerders wat provinsiale krieket gaan speel. Ook op die karate –vloer gebeur ‘n paar dinge... Iets waaroor ons baie opgewonde is, kom hierdie kwartaal uit die motorafdeling - ‘n Paar van ons seuns het die afgelope kwartaal ‘n enjin opgebou wat heeltemal stukkend en uitmekaar was. Hulle het ‘n uitstekende werk gedoen. Die resultate was verstommend! Op kultuurgebied is ons besig met die finale afronding van die Revue van 2018. Ons koor sing saam met die bestes. Ons het ‘n rekordgetal spelers wat tydens die Unisa- eksamens uitstekend gevaar het. Van ons leerders gaan oorsee as uitruilstudente en ander vir verryking. Die skaakspelers maak geskiedenis. Ons glo dat hierdie voorsmakie darem almal se belangstelling geprikkel het om die res te lees en die spreekwoordelike vleis aan die bene te sit. Besluit maar self of dit waarmee ons hier by Drostdy besig is, getuig van uitnemendheid. Geniet hierdie uitgawe!

Drostdy praat self

Page 2: Kwartaalblad van die HTS Drostdy Drostdy praat selfhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2015/07/2018-Aambeeld-Kwartaal-2.pdf · maak vir hulle akademie. Met die graad aggies se eerste

‘n Berg vol rooi blomme Micke Marx Kwartaal twee-lank en uitputtend, tog het Drostdy weereens deur al die haas, die roete oor die styl berg voltooi. Met

die wintersport wat sy plek ingeneem het en die atletiek-seisoen wat verby is om oor

‘n paar maande weer uitgegrawe te word, het die Donkies uitstekende uitslae gelewer.

Die rugby, netbal en hokkie het Drostdy se naam hoog gehou met al hulle wenne en

presterende spelers. Al was daar ‘n paar wedstryde waar die spanne deur die modder

gesleep is, het hulle steeds die kruin bereik.

Deur al die harde oefen en naweke van opoffering vir sport, moes die Donkies ook tyd

maak vir hulle akademie. Met die graad aggies se eerste groot eksamen en die

matrieks wat al nader stap aan die eindeksamen, kan ek vir almal praat as ek sê die

grootste berg was egter die hoop boeke wat deurgewerk moes word. Na ongeveer vier

weke van eksamen was die Donkies pê. Gelukkig lê die afdraand voor - 'n heerlike, lang

vakansie. Telkens was daar ook kultuuraktiwiteite waar Drostdy sonder moeite oor die

berg geklim het.

Deur al die sweet en trane was daar net Een persoon wat ons oor die berg gedra het. Ek sluit dus af met ‘n versie wat

my geraak het en waarby die Donkies werklik kan leef: “Faith can move mountains- Matthew 17:20”

Ons leiers se beurt Die stryd is half gewonne en ons staan nog sterk na ‘n baie vol tweede kwartaal! Ons wil baie dankie sê aan elke Donkie

en ouer wat die kwartaal hulle gewig ingegooi het en bygedra het tot ‘n suksesvolle kwartaal!

Na die rowwe eksamens en sport het ons almal ‘n ordentlike blaaskans nodig! Ons speel hard. Ons leer hard. Maar

kom ons rus ook nou hard!

Mag julle veilig reis, nuwe plekke sien en die rus geniet!

Groete

Gerrit en Ané

Akademie – Drostdy se eerste prioriteit!!!

Liesel van Deventer

Verskonings is die enigste boustene wat jy nodig het om ‘n huis van

mislukkings te bou. Ons is trots op ons Drostdyers wat hard werk

aan hulle akademie om hul drome te bewaarheid. Sukses kom deur

harde werk en deursettingsvermoë. Matrieks – die derde kwartaal is

die laaste van jou skoolloopbaan (hopelik vir almal), maak die beste

gebruik van elke geleentheid.

Sir William Osler : “Die beste voorbereiding wat jy vir môre kan tref,

is om vandag se werk na die beste van jou vermoë te doen.”

William Arthur Ward sê:

Study while

others are sleeping

Work while

others are loafing

Prepare while

others are playing

Dream while

others are wishing

Page 3: Kwartaalblad van die HTS Drostdy Drostdy praat selfhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2015/07/2018-Aambeeld-Kwartaal-2.pdf · maak vir hulle akademie. Met die graad aggies se eerste

Nuwe gesigte Ons verwelkom op die personeel vir me. Elaine Marais (bemarker), me. Ané le Roux, (betrokke by hokkie-afrigting,

Engels en Lewenswetenskappe) en mnr. Gert Coetzee (terreinbestuurder). Ons glo dat julle deel van die belewenis sal

wees.

Elaine Marais Ané le Roux Gert Coetzee

Wel en wee Ons wens vir mnr. CJ. van Schalkwyk en me. Bianca Underhay, baie geluk met hul verlowing.

Ons glo dat die seën van die Here op julle verhouding sal rus.

Afskeid Dis nooit lekker om te groet nie en dit maak dit nog erger as ‘n mens ‘n “lekker” mens

moet groet. Ons groet vir mnr. Dian Kemp. Al was die tydjie in Drostdy kort, het mnr.

Kemp voetspore gelos wat nog lank deel van Drostdy gaan wees.

Wat het vir mnr. uitgestaan van Drostdy?

Drostdy streef na uitnemendheid: op alle gebiede.

Wat sal mnr. altyd onthou van Drostdy?

Ek sal nooit die entoesiasme waarmee die skool deur die strate geparadeer het, vergeet

nie. Dit was ook kosbaar toe die Drostdy-bom bykans teen die berge geëggo het!

Wat het mnr. geleer by Drostdy?

Ek het geleer dat elke mens wat jy teëkom iets het om te bied; almal het al deur moeilike en goeie tye gegaan en het

stories en lesse om daaruit te vertel.

Wat sou mnr. anders gedoen het?

Ek sou meer moeite gedoen het om die personeel en leerders beter te leer ken. Verhoudings is baie belangrik en word

te maklik afgeskeep.

Hoe was die koshuisverblyf vir mnr.?

Die koshuisverblyf was met tye nogal oorweldigend, omdat ek hou van my eie ruimte en 'n mens is in 'n koshuis omtrent

permanent omring deur mense, maar mnr en mev Ras en die ander diensdoenende personeel het besonders baie

moeite gedoen om dit 'n tuiste te maak.

Sal mnr. weer in ‘n koshuis bly?

Ek sal weer in 'n koshuis bly, bloot omdat 'n mens nie weet wat die toekoms inhou nie, maar ook omdat dit soms

prakties is.

Watter woorde los mnr. vir Drostdy?

As jy staan met jou voete plat op die grond en jou oë vasgenael aan die Here, sal niks jou kan oorweldig nie. Dankie dat

ek 'n Donkie kon word.

Baie sterkte op u pad vorentoe! Ons weet ons is in u hart!

Page 4: Kwartaalblad van die HTS Drostdy Drostdy praat selfhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2015/07/2018-Aambeeld-Kwartaal-2.pdf · maak vir hulle akademie. Met die graad aggies se eerste

beLEWEnisweek

By vanjaar se belewenisweek het die dames hul blomrokke aangetrek om saam met Lea te dans en die mans hul seile

gespan saam met Jo Black.

Elke mens leef hul eie storie daagliks uit. Lea en Jo black het hul storie met ons kom deel. Vir Lea was die beste raad wat

haar ma al aan haar gegee het dat nie almal van jou hoef te hou nie omdat jy nie van almal hou nie, maar jy moet steeds

respek aan hulle toon. “Die lewe is soos n stukkie gemufte kaas : jy sny die oneetbare deel af en rasper die res.’’ Sy het

die meisies kom inspireer om nooit op te gee nie en dat hulle moet mik vir die sterre. As jou drome jou nie bangmaak

nie is hulle nie groot genoeg nie.

Jo Black het vir die seuns kom sê dat hulle moet deurdruk! Hy het die storie agter sy lang baard vertel en vir hulle gese

dat almal hul DIRT het maar dat dit nie saak maak nie en dat jy altyd kan opmaak daar waar jy verkeerd gegaan het.

Heelwat van Drostdy se ou hoofseuns het die aand saam met die seuns bygewoon en almal was dit eens - hierdie ou kan

praat maar meer nog - hy sing ‘n hond uit ‘n bos uit!

Die Belewenisweek is daar om almal te beloon vir hul harde werk deur die jaar asook om almal op ‘n goeie manier te

beïnvloed. Die jaar se belewenisweek het voorwaar daarin geslaag.

Donkies wat kán redeneer

Vir die eerste keer in die geskiedenis dring twee van ons Donkies deur na die nasionale ATKV-redenaars se

halfeindrondte. Baie geluk aan Francois Marais en Cameron Mostert wat ons so geweldig trots maak. Die kompetisie

het op 25 Mei 2018 in Belville, Kaapstad plaasgevind waar hul uitstekend gevaar het. Drostdy presteer op alle terreine

en dié twee het vir ons gewys dat ons nie vir enige skool terugstaan nie.

Page 5: Kwartaalblad van die HTS Drostdy Drostdy praat selfhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2015/07/2018-Aambeeld-Kwartaal-2.pdf · maak vir hulle akademie. Met die graad aggies se eerste

DONKIES SKRIK NIE VIR NAALDE NIE….

Op die 23ste April het Worcester Gimnasuim ons uitgedaag tot ‘n ‘BLOOD

BATTLE’. Ons het gekyk watter skool die meeste eenhede kan skenk vir daardie

dag. Dit was baie uitdagend, maar ons het die knoop deurgetrek, en selfs nuwe

mense gehad wat vir die eerste keer geskenk het.

Die PEER PROMOTERS het baie moeite gedoen om dit lekker te maak vir elke

nuwe lid wat kom skenk. Ons het musiek gehad wat in die agtergrond gespeel

het en ons het met elke nuwe persoon ‘n foto geneem en by hom gestaan

terwyl hy skenk . Dit was ook koud daardie oggend so ons het sommer koffie

ook gegee vir dié wat geskenk het.

Hier is die uitslae :

Worcester Gim het 68 eenhede geskenk - ons het

dus die ‘blood battle’ gewen !!!!

Wat ‘n ontBYD!!! Drostdy spog met 148 Donkies wat in die eerste kwartaal ‘n A- gemiddeld behaal het.

Wat jy saai, sal jy oes… hierdie hardwerkende leerders het op die 24ste Mei nie net ‘n klop op die skouer gekry om

hulle geluk te wens nie, maar ook 'n heerlike ontbyt ! ‘’Ons is baie talente gegee en as dit jou talent is om werk te

verstaan… wel gedaan, maar gebruik jou kragte vir die beste en verduidelik aan die vriend langs jou die som wat

hy/sy nie so maklik gesnap het nie.’’ Baie dankie vir almal se harde werk en ons is seker julle sal voortgaan om ons

trots te maak.

Hier volg die top 3 van die 1ste kwartaal:

Gr 8 Gr 9 Gr 10

1 Suné Meyer 89,4% Cameron Mostert 93,1% Aliza Rossouw 93,7%

2 Carla Mostert 89% Bea Wolfaardt 92,2% Shani Smith 93,1%

3 Emma Burger 88,7% Mia Victor 90% Mia Ramsauer 92,7%

Gr 11 Gr 12 Suné Conradie 94,7% Corli Ramsauer 94%

Talitha Pretorius 89,3% Lisa Van Deventer 91,7% Anje Ungerer 89% Ané Brink en Yvette van der Walt 90,4%

DROSTDY 4

BERGSIG 13

STALSHUIS 25

NOORDSIG 28

DORP 49

Smart

ASS

Page 6: Kwartaalblad van die HTS Drostdy Drostdy praat selfhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2015/07/2018-Aambeeld-Kwartaal-2.pdf · maak vir hulle akademie. Met die graad aggies se eerste

Paarl Vallei Eisteddfod: Orkestrale Perkussie

In Mei 2018 het verskeie leerders deelgeneem aan die Paarl Vallei Eisteddfod. Daar word twee en twintig stukke

gespeel waar drie leerders Cum-laudé (90%+), sestien goud (80-89%), drie silwer (70-79%) en een Brons (65-69%)

ontvang het.

Susan Viljoen het uitstekend gespeel en ontvang ‘n uitmuntinde prestasie as “Best Senior Percussion Player”.

Al die deelnemers is soos volg:

• Cum Laudé: Susan Viljoen en Anja Coetzee

• Goud+: Wouter Mongie, Dominique Smit, Heino Erasmus, Leandré Schutte

• Goud: Susan Viljoen, Anja Coetzee, Wouter Mongie, Bernhardt Müller, Dominique Smit, Heino Erasmus, Leandré

Schutte, Emma Burger

• Silwer+: Wouter Mongie, Dominique Smit

• Silwer: Bernhardt Müller

• Brons: Bernhardt Müller

Unisa graad en VVA-eksamen

Daar het verkseie kinders in Drostdy aan die UNISA en VVA-eksamen in Mei 2018 deelgeneem. Hul uitslae was

uitstekend.

• Merize Burger verdien 90% vir haar Tuba-eksamen

• Yvette van der Walt, Susan Viljoen en Herbst Du Plessis verdien A++(90%+)

• 22 leerders verdien Lof (80%-89%) en 2 eervolle vermelding (89%)

• Malchior van der Berg, Aaron Harker en Francois Engelbrecht het hul Gr. 7-VVA trompeteksamens met Lof

geslaag.

VVA-Eksamen-deelnemers: Yvette van der Walt, Herbst du Plessis, Susan Viljoen, Chané Adonis, Frans Burger,

Danique Jacobs, Anja Coetzee, Leandré Schutte, Heino Erasmus, Francois Engelbrecht, Aaron Harker, Melchior van

der Berg, Leana Coetzee, Talitha Pretorius, Stephan Hendriks, Migal Cronjé, Stéan Engelbrecht, Wouter Mongie,

Dominique Smit, Elmarie Opperman, Bianka Gertsner, Bernhardt Müller.

UNISA graad-eksamens: Merize Burger, Bea Wolfaart, Zane Bothman, Zybian Anders, Gustav Trautmann, Egbert

Scherman.

Page 7: Kwartaalblad van die HTS Drostdy Drostdy praat selfhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2015/07/2018-Aambeeld-Kwartaal-2.pdf · maak vir hulle akademie. Met die graad aggies se eerste

Stadsraad-leerders na Duitsland

Franklin Kriel en Chris-Mari Snyman is gekies om saam met die Breede Vallei Distriksmunisipaliteit asook die skole in

Worcester Duitsland toe te gaan. Dit is 'n opvoedkundige toer waar hulle meer van Duitsland gaan leer. Hulle vlieg

die 1ste Julie en is dan weer die 12de terug.

JUNIOR STADSRAAD Drostdy spog vanjaar nie net

met ses lede op die Junior

Stadsraad nie, maar ook met

twee van hierdie lede op die

uitvoerende komitee - die

tesourier, Suné Conradie en die

burgemeester, Franklin Kriel!

Baie geluk aan die ander vier

leerders wat op die raad dien.

Ons is uitsonderlik trots op

Drostdy se jong leiers!

Drotdy begin ‘n nuwe hoofstuk

Daar het onlangs ‘n nuwe pette-tradisie in

Drostdy ontstaan. Die idee is voortgebring om

vir die seuns ‘n eenheid te skep. Elke seun kan

‘n tossel wat geel (Stalshuis), rooi (Noordsig) of

Grys (Dorp) koop by die klerebank, wat dan die

koshuis waaraan hulle behoort uitbeeld.

Die Primarias van elke koshuis sal dus ‘n tossel

ontvang wat ‘n mengsel is van grys en die

gegewe kleur van hul koshuis. Die hoofseun van

die skool ontvang ‘n tossel met al die kleure

ingesluit omdat die eenheid van die skool

simboliseer. Ons hoop dus hierdie tradisie loop

nog baie jare voort.

V.l.n.r.: Bilqees Laatoe,

Antoinette Steijn, Franklin

Kriel (burgemeester), Suné

Conradie (tesourier), Chris-

Mari Snyman en Chantel

Hugo.

Page 8: Kwartaalblad van die HTS Drostdy Drostdy praat selfhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2015/07/2018-Aambeeld-Kwartaal-2.pdf · maak vir hulle akademie. Met die graad aggies se eerste

Nie springbokke nie, maar angorabokke! Shanidine Bezuidenhout Cormari Brink, 'n graad 8-leerder by Drostdy maak die skool trots met haar unieke

angorabokke. Hierdie dogter het 'n groot passie en liefde vir haar angorabokke en

behaal hoë prestasies met die skou van haar bokke.

In 2016, toe sy opgeneem was in die WP-span, het sy 12 meisies gewen en het

deurgebring na die SA-kampioenskap in Mpumalanga. Sy het daar eerste plek

behaal.

In die jaar 2017 het sy nie gekwalifiseer vir die SA-kampioenskap nie en het weer in

2018 WP-kleure gewen. Haar fokus lê nou by die SA-kampioenskap wat in George

gaan plaasvind. Cormari het in graad 3 begin en het algeheel aan 30 kompetisies

deelgeneem waar sy 27 plekke behaal het. Volgens Cormari inspireer haar bokke

haar om hard te werk en om nooit op te gee nie.

Visvang Anmar Rust

‘Fishing is not just a sport , it is a way of life’

Visvang is nie eintlik 'n gewilde sport nie, maar by HTS Drostdy word dit op ‘n nuwe vlak beoefen !!! Die Aambeeld het bietjie gaan ondersoek instel juis oor die sport visvang en op ‘n paar interessante dinge afgekom… Soos ons gesê het, is visvang nie eintlik ‘n gewilde sport nie, maar in HTS Drosdty is daar twee manne wat deel is van die span en hulle is Hanro Griessel en Gerrit Jonker. Hoekom doen mens nou juis die sport? Dit is baie mense se vraag en daar kan baie antwoorde wees, maar die een wat Die Aambeeld ontvang het tydens ‘n onderhoud met Hanro Griessel is: ‘Mens doen die sport visvang, want jy beleef die skoonheid en prag van die natuur.’ Visvang is ‘n rustige en opwindende sport vir meisies en seuns, maar waar moet jy nou juis navraag doen om deel te wees van die span? Kontak Hanro Griessel by 0791839299. Die span kom een Saterdag elke maand bymekaar om saam as ‘n span vis te vang en het vergaderings om die volgende kompetisie te bespreek en hoe hulle dit gaan aanvat. Ongelukkig kan jy nie nou dadelik aansluit nie ,want die seisoen is eers "met pouse". Dit begin weer in Augustus 2018. Dankie aan die twee manne wat hard werk en HTS Drostdy se naam hoog hou by die viswaters en baie sterkte vir die volgende seisoen…

KARTON KANO CHALLENGE Op 17 April het die Sandput se jaarlikse Karton Kano Challenge by die dam agter die Mountain Mill Inkopiesentrum plaasgevind. Vanjaar was daar 4 spanne wat ingeskryf het Die idee is om 'n kano uit karton te bou en dan moet daar met die kano gevaar word. Die span wat eerste terug by die wegspringplek is, is die wenners. Vanjaar se wenners, Rossouw Smith, Waldemar Coetzee, Morné Badenhorst en Tiaan Rossouw, is die tweede jaar bekroon met die gesogte titel. Hulle het regtig 'n wenresep hier beet!

Page 9: Kwartaalblad van die HTS Drostdy Drostdy praat selfhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2015/07/2018-Aambeeld-Kwartaal-2.pdf · maak vir hulle akademie. Met die graad aggies se eerste

Skuts Skitter Sowaar

Hierdie kwartaal was propvol plofstof en prestasies wanneer daar na ons skietspan geloer word. Drostdy se skuts het

hierdie kwartaal besonders gevaar en hulle pluk vandag die vrugte van hul harde werk.

Tydens die tweede rondte van die interprovinsiale kompetisie in Bloemfontein, waar Drostdy deelgeneem het, het

Adriaan Alberts ‘n paar manne gewys het nie. Ongelukkig mis hy die Suid-Afrikaanse toerspan, wat binnekort oorsee

toer , met slegs agt punte. Ons is besonders trots op hom deurdat hy hierdie mylpaal bereik het en teen die beste van

die bestes in die land kon kompeteer. Flip van der Merwe, Louwrens Jacobs, Sean Williams en Chris-Mari Snyman het

ook tydens hierdie interprovinsiale kompetisie

goed gevaar.

By die derde kompetisie ontvang Adriaan vier

medaljes waarvan een goud, twee silwer en

een brons was. Flip en Chris-Mari ontvang ook

albei brons medaljes by hierdie kompetisie.

Theuns Jordaan, ‘n spiksplinternuwe skut in

die span, het ook by die derde kompetisie die

medalje ontvang vir die skut wat die meeste

vordering tot dusver getoon het. Sy broer,

Leon Jordaan en Elmarie Opperman is net so

nuut in die span en maak ook goeie vordering.

Die skuts het ook hierdie kwartaal aan die

posliga deelgeneem en sal teen volgende

kwartaal die uitslae bekend kan maak. Die

skuts is ook wel bewus van die feit dat SA’s

volgende kwartaal op hul voordeurmatjie sal

staan en dat slegs harde werk hul voorland vir die komende tydperk gaan wees. Ons wens al hierdie skuts sterkte toe en

wens hulle geluk met hul uitsonderlike prestasies.

Landloop Elizé Lottering

Landloop is definitief een van die sportsoorte waarvan

ons nie so baie weet nie. Drostdy is egter een van daardie

skole wat gebalanseerde, ingeligte kinders die wêreld wil

instuur en daarom bied ons dit aan. Ek het die jaar vir die

eerste keer aan 'n landloop-byeenkoms deelgeneem en het dit baie geniet, veral omdat jy nie die heeltyd om

die tradisionele 400m baan hardloop nie. Hulle het by elke byeenkoms 'n interessante baan uitgelê. Ek sal

beslis almal aanmoedig om landloop te doen, al is dit net om fiks te bly vir die ander sportsoorte. Daar is

egter leerders wat dit as hulle wintersport doen en besonder goed presteer.

Mnr. Rico Hunter en me. Elaine Marais het die Boland-byeenkoms op ons gronde aangebied en daar is ‘n

definitiewe toename in deelnemers. Ons is baie trots op elkeen van ons leerders en afrigters wat hierdie

ongelooflike sport uitbou by HTS Drostdy.

v.l.n.r. Sean Williams, Chris-Mari Snyman, Adriaan Alberts

Page 10: Kwartaalblad van die HTS Drostdy Drostdy praat selfhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2015/07/2018-Aambeeld-Kwartaal-2.pdf · maak vir hulle akademie. Met die graad aggies se eerste

Blokkie vir blokkie Daar word algemeen anvaar

dat skaak tydens die Gupta-

ryk in Indië ontstaan het- en

vandag word dit regoor die

wêreld gespeel.

Drostdy is baie trots op al

die skaakspelers wat die

skool se naam hoog hou.

Ons wil net baie geluk sê aan Albrecht van Zyl wat gekies is om die

Wes-Kaap span by SA-Winterspele in Durban te verteenwoordig.

Ons is ook baie opgewonde vir die skaak span wat nou eerstespan

baadjies gaan kry-hulle verdien dit werklik! Ons wil ook net dankie sê

aan ons borge: ST Rifrigeration en Breërivier Koeriers.

Die skaakspanne het

uistekend gevaar in Liga en

het geen wedstryde verloor

nie! Ons werk nou baie hard

aan ‘n nuwe span vir

volgende jaar, aangesien die

span 3 spelers gaan verloor.

Ons nooi ook almal wat

belangstel om die 3de kwartaal te kom oefen.

Baie geluk aan JJ Augustyn, Adriaan Alberts, Armand van der Berg en Allanique May wat in die Bolandspan

opgeneem is.

Jag 2018

Hierdie jaar gaan die Drostdyers weer na Victoria-Wes om te gaan jag. Hierdie jaar is daar egter so ‘n klein

veranderinkie van ons tradisionele modus operandi…

2018 gaan die jaar wees wat ons die eerste keer dogters neem vir die ervaring. Klara en Katinka Naude gaan hul

eesret bok skiet! Dan gaan Jean van Zyl, Analdo , AJ le Roux,Francois May, en Gideon janse van Rensburg ook die

skote laat klap.

Baie dankie vir almal wat ons so mooi gehelp het met borge: Me Esthet Pettit van Sasko met brood. Mnr. Johnny

Cardozo wat koeldrank gegee het. Almal wat finansiële bydraes gelewer het. (Sommige wou nie hul name genoem

hê nie.) Mnr. Roelof Brandt het sappies geborg. Mnr. Arie le Roux het vir ons groente en appels gegee. Tannie Lynne

Liebenberg en oom Peertjies het vir ons koffie en beskuit gegee.

Oom Willie van Quenets het die week voor die trip vir ons opleiding gegee oor skootplasing en jagetiket. Hulle het

ook elke nuwe jagter met ‘n knipmes en hoedjie geborg.

So nou is als gereed. Sestien van ons sal op Sondag 24 Junie die pad Karoo toe vat.

Page 11: Kwartaalblad van die HTS Drostdy Drostdy praat selfhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2015/07/2018-Aambeeld-Kwartaal-2.pdf · maak vir hulle akademie. Met die graad aggies se eerste

Drostdy presteer op tegniese gebied Twee van Drostdy se spanne het deelgeneem aan die ENGEN en SAVTEK Klub se enjinherbou-kompetisie. Baie geluk aan die volgende span wat 'n eerste plek ontvang het: Jaco van der Westhuizen, Matthys van Lille, Johan Meyer, Martin Basson en Theo Schutte. Hulle dring deur na die nasionale finaal wat in Oktober in Pretoria gehou gaan word. Die ander span wat bestaan het uit Bevan Venter, Franco Smith, Gawie Viljoen en Sean van der Westhuizen het ook goed gedoen. Hierdie leerders het baie hard saam met mnr. Nico Grobler gewerk. Geluk en sterkte!

TAALMONUMENT KOORFEES Hierdie jaar is daar koorgeskiedenis gemaak. Die eerste koorfees by die Taalmonument is aangebied en Drostdy se skoolkoor is gevra om deel hiervan te wees. Wat ‘n ervaring! Om in die amfiteater te sing was ‘n voorreg. Meer as 5000 mense het die vertoning van verskeie van die Kaap se top skoolkore bygewoon. Die atmosfeer en akoestiek was ongelooflik en beslis ‘n ervaring wat ons nog lank sal onthou. Die aand is afgesluit met ‘n massakoor van 1500 leerders op die verhoog. Voorwaar ‘n belewenis! Die Singende Donkies het hulle baie goed van hulle taak gekwyt en hulle weergawe van Kyle Jenkins se Adiemus was pragtig. Hierdie was ‘n wonderlike geleentheid en ons is alreeds genooi om volgende jaar weer deel te wees. Kom gerus volgende jaar saam – Sien julle onder die sterre!

v.l.n.r Johan Meyer, Jaco van der Westhuizen, Theo Schutte, Matthys van Lille en Martin Basson.

Page 12: Kwartaalblad van die HTS Drostdy Drostdy praat selfhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2015/07/2018-Aambeeld-Kwartaal-2.pdf · maak vir hulle akademie. Met die graad aggies se eerste

Wildeklawer Rugbytoernooi Donderdagoggend 26 April 2018

vertrek HTS Drostdy se O/14, O/15 en

O/16 A-spanne na Kimberly om die

jaarlikse Wildeklawer Rugbytoernooi by

te woon. Die 1ste span het die vorige

dag reeds vertrek omrede hul Grey

College die komende Vrydag sou speel.

Die 13 ure busrit is nie vir enige iemand

beskore nie, maar die Drostdy seuns het

vasberade en vol hoop hul bestemming

bereik.

Deo Gloria, ‘n kampterrein net buite

Barkley-Wes, was vir die volgende paar

dae Drostdy se basis waarvandaan hul

ongeveer 50km sou reis na Kimberly om

hul wedstryde te speel. Aangesien

Drostdy alreeds die vorige jaar van

hierdie kampterrein gebruik gemaak

het, was dit reeds bekend aan die seuns

en afrigters. Hul het onmiddellik tuis

gevoel.

Die Vrydagoggend na ontbyt is daar

deur al die junior spanne ‘n ligte

oefensessie ingewerk waarna hul na

Kimberly sou reis om die 1ste span se

wedstryd teen Grey College te

ondersteun. Die seuns het ‘n indruk

gemaak in hul “volles” en tydens die

fotosessie en openingseremonie was dit

duidelik dat HTS Drostdy een van die

skole was om dop te hou.

Drostdy se 1ste span was beslis reg vir

die stryd teen Grey College en het die

wedstryd met ywer en entoesiasme

aangedurf. Ongelukkig was die

opposisie net te sterk.

Die Saterdagoggend is daar vroeg

opgestaan en na Kimberly vertrek waar

die junior spanne hul wedstryde sou

speel teen Monument van Krugersdorp,

een van die welbekende Rugbyskole in

die land. Drostdy het beslis nie

teruggestaan nie, goed vertoon en ons

skool se naam hoog gehou. Na afloop

van Drostdy se wedstryde het die seuns

beweeg na Hoërskool Diamantveld se A-

Rugbyveld, waar die eerstespanne van

die land se beste skole mekaar die stryd

sou aansê. Voorwaar ‘n rugbyfees!

Na afloop van die kerkdiens,

Sondagoggend, is daar na Kimberly

gereis om die Groot Gat te besigtig.

Beslis ‘n uitstappie wat die moeite werd

was. Die seuns het met hul terugkoms

by Deo Gloria gaan rus om hul batterye

vir die volgende dag se wedstryde teen

Affies van Pretoria te laai.

Die Maandagoggend is daar weereens

vroegoggend opgestaan, ontbyt

genuttig en na Kimberly gereis. Affies

was reg om die toernooi op ‘n goeie

noot af te sluit en het dit van die begin

duidelik gemaak dat hul dit nie maklik

sou maak vir Drostdy se manne nie.

Wen was ongelukkig nie vir Drostdy

beskore nie, maar die seuns kon hul

“volles” met trots aantrek om die eerste

span te ondersteun met tipiese Drostdy-

gees. Dalk die deurslaggewende faktor

aangesien die eerste span hul strukture

herbesin het en die wedstryd teen

Menlo Park oortuigend gewen het.

Vroeg die Dinsdagoggend is die pad

terug Worcester toe aangepak. Dit was

baie duidelik dat die seuns, hegter as

ooit, die toernooi beslis geniet het en

uitgesien het na ‘n blink rugbyseisoen.

Gholfdag

Wat kry jy as jy groen gras, stokke en klein balletjies meng? Gholf, natuurlik. Drostdy se gholfdag is vanjaar op 4 Mei

gehou. Daar het 34 spanne ingeskryf, waaronder Drostdy se eie span bestaande uit: Arnold Grove, Hugo de Villiers, Jody

Hamner en Leigh-Quinn Engelbrecht. En kán hierdie manne nou vir jou ‘n bal slaan?

Daar was ook dertig leerders wat vir die ander spanne as joggies opgetree het. En hierdie manne het dit omtrent geniet

om die swaar sakke vir die manne wat speel rond te dra – ‘n daggie buite in die natuur is maar net vir party lekkerder as

‘n Wiskunde periode.

Die aand is afgesluit met ‘n veiling waar ‘n groot verskeidenheid van items opgeveil is. Die veiling alleenlik het ‘n bedrag

van R31 000 ingebring. Elke speler, wat die dag deelgeneem het, het ook ‘n geskenk by die prysuitdeling ontvang.

Die totale wins vir die dag beloop R80 000.

Drostdy bedank die volgende besighede en instansies wat natgate

beman het:

Worcester Primêre Skool

Laerskool Worcester-Oos

Breedechem

Victoria Albert

HTS Drostdy se eie personeel

Page 13: Kwartaalblad van die HTS Drostdy Drostdy praat selfhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2015/07/2018-Aambeeld-Kwartaal-2.pdf · maak vir hulle akademie. Met die graad aggies se eerste

Fietsryers!

Ons MTB klub het diep spore getrap in verskeie kompetisies hierdie

kwartaal insluitend die Gravel and Grape Adventure rit. Die rit het 2

dae geduur. Dag 1 het die ryers 38km gery, en dag 2, 31km. Al die

ryers het podiumposisies gery. Die uitslae was soos volg:

Youth opening (spanpoging)

Eerste plek: Heinie Beukes met sy Meerkat Maat (Montana fietsryer) Tweede plek: Yanré Meyer en Christopher van Niekerk Laaste maar nie die minste: Marius Kotze en Frederik Botha

Men’s open:

Eerste plek: Wian Linde en sy pa, Johan.

Youth individual (solo):

Tweede plek: Botha De Wet

Mixed open:

Eerste plek, Roelf Van der Merwe en Jaqui Jackson (‘n familie vriendin).

Ons is baie trots op ons uitsonderlike MTB klub en al hulle prestasies. Die eerste groot skoolliga byeenkoms, Spur

MTB reeks, het op 9 Junie in Somerset-Wes afgeskop en ons fietsryers was baie opgewonde oor hierdie geleentheid.

Hulle hoop ook om weer te kwalifiseer om September in die Nasionale Kampioenskap deel te neem.

Daar is tans vyftig aktiewe ryers in die klub, waarvan slegs vier meisies is. Almal is egter welkom, so as jy oor die

nodige motivering, stamina en ‘n fiets beskik, sluit gerus by hierdie groepie aan.

Werk gedoen by Toutrekveld

Die toutrekveld is omtrent opgegradeer en daar het

verskriklik baie werk ingegaan. Mnr. Willem Viljoen

het die inisiatief gedryf en al sy kontakte en vriende

gebruik om die verandering te bewerkstellig.

Hy en mnr. Johan Everson het die uitmeetwerk van

die slote gedoen om die besproeiing in te sit.

Werner van GW- Slotegrawers het die masjien

voorsien. Mnr. Eric Brits en sy seuns het kunsmis

gesaai en saam met mnr. Niel Jordaan die veld gelyk

geskraap. Hierna het mnr. Paul Marais die gras

gesny.

Mnr. Eric Brits en sy span plaaswerkers asook mnr. Lukas de Wet en sy span het saam met mnre. Riaan van Lill en

Willem Viljoen die veld verder gelyk gemaak. Mnr. Natie van BF Digger Hiring het ‘n digger loader voorsien.

Mnr. Lukas de Wet het ook ‘n digger loader voorsien asook twee trekkers met waens. Mnr. Handré Griessel het ook

‘n digger loader voorsien terwyl De Wet tippers twee vragmotors voorsien het om agt vragte sand van Eilandia af

aan te ry.

Heelwat seuns het help werk i.e. Eric en Gerdean Brits, George Everson, Wimpie Viljoen, Jaco Visser,

Christiaan du Plessis.

HTS Drostdy se toutrekkers sê BAIE BAIE dankie!

Kontakbesonderhede:

Bergrivier Besproeïng Johan Everson 082 228 8498

GW Auto Electrical & Plant Hire Werner 072 102 1143

BF Digger hiring Natie Ferreira 083 657 5682

De Wet Digger Loaders Theron de Wet 082 557 2393

Niel Jordaan 082 375 9888

Lukas de Wet 082 447 3894

Handré Griessel 082 513 3377

Page 14: Kwartaalblad van die HTS Drostdy Drostdy praat selfhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2015/07/2018-Aambeeld-Kwartaal-2.pdf · maak vir hulle akademie. Met die graad aggies se eerste

O/19A-Rugbytoer 2018

HTS Drostdy se 1ste-rugbyspan het verjaar die

voorreg gehad om na Durban en Middelburg te

toer, waar ons deelgeneem het aan die Kearnsy

Easter Rugby Festival asook die Noord-Suid

Toernooi. ‘n Totaal van 13 dae op toer. Wat ‘n

belewenis was dit nie gewees nie!!

Oom Paul Marais het ons Woensdag 28 Maart

om 03:00 voor Noordsig koshuis opgetel en ons

na Kaapstad Lughawe geneem. Vir baie seuns

was dit die eerste keer wat hulle sou vlieg.

Opgewondenheid onder hulle was hoog. Om

06:00 het die vliegtuig opgestyg en ons was op

pad na Durban.

Ons het veilig gearriveer te King Shaka Lughawe, waar Kearsny College se bussie ons ingewag het, kamers

uitgesorteer is en ons was reg vir die ding. Ons eerste wedstryd was Donderdag 29 Maart teen ‘n gedigte Glenwood

span. Ons het ongelukkig in daardie wedstryd vasgeval en met drie punte verloor.

HTS Drostdy 26-29 Glenwood

Vrydag 30 Maart was een van hulle afdae gewees. Hulle het uShaka Marine World gaan besoek, waar die seuns en

die afrigters die waterpark baie geniet het. Ons is nie seker wie die waterpark die meeste geniet het nie, die seuns of

die afrigters?

Hulle volgende wedstryd was Saterdag 31 Maart teen Welkom Gimnasium. Onplesierige weer, mistige-en nat

omstandighede. Ons kon daardie wedstryd deurtrek.

HTS Drostdy 24-11 Welkom Gimnasium

Saterdag 31 Maart was weereens ‘n rusdag gewees. Hulle was na die Kerkdiens by Kearsny College se Chapel en

daarna na een van die groot winkelsentrums.

Maandag, 2 April, was hul laaste wedstryd by hierdie ‘prestige’ toernooi. Hulle kom daar te staan teen Selborne

College. Dis een van die spanne wat in 2017 onoorwonne was by die ternooi. Nadat hulle 20-0 agter was, kon hulle

daarin slaag om die wedstryd te wen.

HTS Drostdy 29-26 Selborne College

Die dag het aangebreek, Maandag 9 April. Dit was die twaalfde dag op toer. HTS Drostdy vs Transvalia. Die seuns was

reg, wat mens kon sien tydens die opwarming. In die kleedkamer voor die wedstryd speel Joe Niemand se liedjie, Ek

Sal Nie Bang Wees Nie… Hulle het geweet die seuns was reg vir hierdie een. Nadat hulle 21-8 agter was, wys di

manne karakter en wen die wedstryd 30-21. Donkie Trots!!

HTS Drostdy 30-21 Transvalia

Wedstryd uitslae te Noord-Suid Toernooi

• HTS Drostdy 36-19 Hoërskool Middelburg

• HTS Drostdy 59-14 Marais Viljoen

• HTS Drostdy 30-21 Transvalia

Na die wedstryd het Hoërskool Middelburg hulle na Lanseria lughawe geneem, waar hulle vir die derde keer in dertien dae die geleentheid gehad het om te kon vlieg. Die keer vanaf Lanseria na Kaapstad Lughawe. Die eerste span wil net vir almal dankie sê wat die wedstryd vir hulle moontlik gemaak het.

Page 15: Kwartaalblad van die HTS Drostdy Drostdy praat selfhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2015/07/2018-Aambeeld-Kwartaal-2.pdf · maak vir hulle akademie. Met die graad aggies se eerste

Abri Bothma Fotografie

Page 16: Kwartaalblad van die HTS Drostdy Drostdy praat selfhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2015/07/2018-Aambeeld-Kwartaal-2.pdf · maak vir hulle akademie. Met die graad aggies se eerste

Noord-Suid Rugby Derby Jaco Visser Drostdy het uitstekend gevaar by die Derby. Die seuns het pragtig rugby gespeel en bewys dat 'n lang busrit hulle nie onderkry nie. Hulle wen alle wedstryde teen HS Middelburg. Die tweede dag het hulle groot tellings op die bord gesit en alle wedstryde teen Marais Viljoen gewen. Hulle sluit hulle toernooi af met 'n absolute hoogtepunt en wen 3 wedstryde en een gelykop teen Transvalia. Ons is baie trots op al die spelers en afrigters.

Drostdy se stoeispan laat hulle nie onderkry nie Drostdy se stoeispan het hierdie kwartaal aan verskeie toernooie deelgeneem en uitstekend gevaar. Hulle het onder

meer aan toernooie in Parow en Goodwood en ook die Gertjie van der Merwe en Abraham Geldenhuys-toernooie

deelgeneem.

Hier volg uitslae van die BSK-Nasionale kwalifiseringstoernooi in Brackenfell:

O/13 Joshua Erasmus Silwer

Skole Presidente:

Janu Nel Brons

O/15 Carl du Preez Silwer Johan von Landsberg Silwer

Tiaan Möller Brons Joshua Erasmus Goud

Kadette

Francois du Toit Silwer

VRYSTYL - Presidente

Carl du Preez Brons

Gerhard Marais Goud Tiaan Möller 4de

Rudi Opperman Silwer Franscois du Toit Silwer

Junior

Gerhard Marais Silwer Gerhard Marais Silwer

Rudi Opperman Brons Rudi Opperman Silwer

Reghard Smith Silwer Reghard Smith Silwer

Hanco Strydom Goud

Skole Presidente:

Janu Nel Brons

Jacques Ludik Goud Johan von Landsberg Silwer

Senior Hanco Strydom Silwer Joshua Erasmus Goud

Jacques Ludik Silwer VRYSTYL - Presidente Carl du Preez Brons

Die volgende leerders gaan die vakansie aan die SA kampioenskap in New Castle deelneem: Rudi Opperman, Xander Coetzee, Gerhard Marais, Reghard Smith, Hanco Strydom, Francois du Toit. Mnr. Kurt Hertzog, hul afrigter, vergesel hulle. Mnr. Hertzog gaan ook as afrigter van die Protea-span na Tinava in Slovakië vanaf 20 – 23 September. Baie geluk!

Page 17: Kwartaalblad van die HTS Drostdy Drostdy praat selfhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2015/07/2018-Aambeeld-Kwartaal-2.pdf · maak vir hulle akademie. Met die graad aggies se eerste

Netbal Drostdy is baie trots op al die netbalmeisies wat die skool se naam hoog gehou het

by die Top Schools - byeenkoms.

Al die uitslae was soos volg:

0/14

• Verloor Bloemhof :5-20

• Wen Robertson :25-8

• Wen Outeniqua :10-5

0/15

• Wen Outeniqua se 0/14 :18-3

• Verloor Bloemhof :13-9

0/16

• Wen Brakenfell :12-7

• Verloor Bloemhof :8-14

• Wen Martin Oosthuizen :9-8

• Verloor Dirkie Uys :10-2

0/19

• Verloor Fairmont High :13-12

• Verloor Bloemhof :19-4

• Wen Curro :28-6

Ons weet sommer dat die laaste paar wedstryde van die jaar goed sal afloop. Wel gedaan julle meisies.

Elsie Coetzer hokkietoernooi

Terwyl baie van ons net op

die bank gelê het tydens die

Maart-vakansie, het die

eerste dogtershokkiespan

Ceres toe getoer om dit te

gaan doen waarvoor hulle lief

is - hokkie speel.

Die Elsie Coetzer

Hokkietoernooi het van 28

tot 31 Maart 2018 geduur en

is deur Charlie Hofmeyr te

Ceres aangebied. Daar was

skole van regoor die Boland teenwoordig en professionele afrigters het hul hokkie geheime met die dames gedeel.

Elke dag is daar ongeveer vyf wedstryde per span op 'n astrobaan gespeel en die ruskanse was maar min. Die meisies

het ook 'n geleentheid gekry om mekaar op ‘n persoonlike vlak te leer ken, aangesien hulle saam kop bo water moes

hou met min slaap en baie oefen.

Die span het elke dag verbeter soos wat daar met hulle in noue kontak deur SA-spelers gewerk is. Sonder hul

afrigter, Ané le Roux, sou hierdie span ook nie die hierdie hoogtes bereik het en so baie verbeter het nie. Die meisies

het ook gou geleer hoe om goeie energie te behou deur piesangs en grondboontjies was hul voorland vir hierdie

paar dae.

Die span sal hierdie belewenis vir altyd saam met hulle dra. Die meisies wil graag vir meneer Steijn, die

spanbestuurder, bedank vir sy goedhartigheid en ondersteuning gedurende die toer asook hul afrigter wat hul altyd

motiveer om hul drome te bereik. Verder wil hulle ook elke ondersteuner en persoon bedank wat hierdie

geleentheid moontlik gemaak het.

Page 18: Kwartaalblad van die HTS Drostdy Drostdy praat selfhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2015/07/2018-Aambeeld-Kwartaal-2.pdf · maak vir hulle akademie. Met die graad aggies se eerste

Abri Bothma Fotografie

Page 19: Kwartaalblad van die HTS Drostdy Drostdy praat selfhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2015/07/2018-Aambeeld-Kwartaal-2.pdf · maak vir hulle akademie. Met die graad aggies se eerste

DROSTDY SE EIE KOEKEDOORTJIE DEELNEMER

Carla Botha (gr.8) is een van die 10 deelnemers wat te sien was in die seisoen se Koekedoortjie! Carla het ongelukkig uitgeval. Sy en haar ma, Maryke Botha, het hope pret gehad en het die ervaring terdeë geniet.

MUSIEKLEERDER VEROWER GESOGTE MUSIEKTOEKENNING

Cameron Mostert, ‘n begaafde pianis in graad 9, het die hoogste nasionale erkenning met haar Unisa Musiek Graad 3 teorie eksamen behaal deur die Hennie Joubert Merieteprys te verower.

Slegs twee kandidate per graad verower landswyd hierdie toekenning wat ook ‘n kontantprys insluit.

Dit is voorwaar ‘n uitstekende prestasie!

RUGBY - BOLAND FINALE PROEWE

Semelian Lombard het deelgeneem aan die finale Boland proewe en sy het die O/18 Boland meisiespan gehaal.

50 WEDSTRYDE AS AFRIGTER

Mnr. De Villiers het op 19 Mei sy 50ste wedstryd as afrigter van Drostdy se 1ste XV bereik. Mnr. De Villiers en sy span het teen Outeniqua te staan gekom en met 'n 25 - 18 oorwinning weggestap!

RUGBY - O/20 BOLANDSPAN

Baie geluk aan Trevor Laubscher wat gekies is vir die finale O/20 Bolandspan. Ons is baie trots op jou en hou vir jou styf duimvas.

SKAAK:

Ons wil net baie geluk sê aan Albrecht van Zyl wat gekies is om die Wes-Kaap span by SA-Winterspele in Durban te verteenwoordig

DROSTDY LANDSWYE WENNER VAN INTERHOËR KREET KOMPETISIE

Aan die einde van die kompetisie is die video meer as 16 000 keer gekyk met 646 likes en 827 shares.

WP KARATE KAMPIOEN Baie geluk aan Robert Thonnard wat in die bo 70kg-afdeling 'n eerste plek by die WP Karate Kampioenskap verower het. Ons is baie trots op hom!

KRIEKETNUUS:

Baie geluk aan Ilse du Plessis wat gekies is vir die 0/19 vrouespan en Michael Mangiagalli wat gekies is vir die 0/15 seunspan. Dit is 'n eerste vir Drostdy om leerders in die Winterspanne te hê.

KARATE-UITSLAE: Nicola en Louie Drake het aan die Boland Goju Kai Karate deelgeneem en die volgende plekke behaal: Nicola Drake: Silwer vir Kumute (Fighting) Brons vir Kata Louie Drake: Goud vir Kumute (Fighting) Silwer vir Kata Hulle gaan einde Oktober in Stellenbosch aan die SA’s deelneem .

RUGBY – O/13 BOLANDSPAN

Baie geluk aan Qhuane Claassen wat opgeneem is

in die O/13 Cravenweekspan. Ons is voorwaar

trots op dié baba Donkie.

Page 20: Kwartaalblad van die HTS Drostdy Drostdy praat selfhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2015/07/2018-Aambeeld-Kwartaal-2.pdf · maak vir hulle akademie. Met die graad aggies se eerste

Agtien Drostdy leerders gekies vir Boland rugbyspanne

Drostdy is baie trots op ons rugbyseuns wat gekies is vir die Bolandspanne wat aan die Cravenweek, Akademieweek en Grant Khomo week gaan deelneem. Ons het in totaal 7 spelers in die Cravenweekspan, 5 in die Akademiespan en 6 in die Grant Khomo-span. Dus is daar 15 Drostdy-leerders verteenwoordig in die drie spanne... uitstekend!

Cravenweek Christie Grobbelaar, Luciano Elias, Heinrich Naude, CJ van Rensburg en Tommie Bezuidenhout, Shaun

Baxter, Roann Jansen

Akademieweek Keanne Galant, Adrian Maans, Gysbert du Preez,

Renier Viljoen, Wynand du Plessis

Grant Khomo Hugo Mostert, Olé Apollis, Ruan Vorster, Robert Andrew Adshade, Wiaan Hoffman, Elroy Mcleod

Drostdy netbalspelers gekies vir

Bolandspanne Daar is 7 Drostdy-leerders wat vir verskillende spanne gekies is om Boland die vakansie te verteenwoordig:

0/17 WES-KAAP NETBALSPAN (Oaks-span): Gabbi Bennet. Hulle neem tussen 24 en 28 Junie in Boksburg aan die All ages Tournament deel. 0/16 WES-KAAP NETBALSPAN (Cedars-span): M’Cailen Lombaard ( onder kaptein) Shanidine Bezuidenhout ( kaptein ) Hulle gaan tussen 2 en 6 Julie by Sun City speel. 0/15 WES-KAAP NETBALSPAN (Willows-span) Ferrenay John Sy speel ook tussen 24 en 28 Julie in Boksburg.

0/14 WES-KAAP NETBALSPAN (Oaks-span) Jana Taylor Afton Pieterse Hulle speel van 23 tot 25 Junie in Boksburg. 0/15 CAPE WINELANDS SCHOOLS NETBALSPAN Rudene Geldenhuys

Baie sterkte aan al hierdie dogters. Julle maak ons regtig trots!

Provinsiale Hokkie

Die volgende 4 leerders, Xander Coetzee, Jacques Marais, Carel Marais, en Tristan Mathews is gekies vir die O/18 Streekspan. Ons is super trots op hierdie 4 spelers wat Drostdy verteenwoordig. Ons is ook baie trots op Johan le Roux wat gekies is vir die 0/14 Hokkie Shiraz-span.

HOOGTEPUNTE VIR KWARTAAL 3: Astro, Revue, Duineveld, Matriekafskeid, Winterbal,

Wêreldkampioenskap

Page 21: Kwartaalblad van die HTS Drostdy Drostdy praat selfhtsdrostdy.co.za/wp-content/uploads/2015/07/2018-Aambeeld-Kwartaal-2.pdf · maak vir hulle akademie. Met die graad aggies se eerste

Abri Bothma Fotografie