Upload
others
View
4
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
LAERSKOOL FAIRLAND INSKRYWINGSVORM
2016
Lees asb. alle dokumentasie deeglik deur en parafeer elke bladsy waar aangedui.
Hierdie inskrywingspakket moet asb. VOLLEDIG voltooi word.
INHOUDSOPGAWE 2016
Bladsy 1. Verwelkomingsbrief 1
2. Algemeen 2
3. Algemene inligting – Ouers 3
4. Leerderbesonderhede 4 5. Onderneming en vrywaring 5
6. Vrywaring ten opsigte van vervoer 6
7. Gedragskode vir ouers 7
8. Finansiële inskrywingsvorm 10
9. Finansieel – Algemeen 15
10. Naskoolsentrum aansoekvorms 18
11. Borge
Makro-inskrywingsvorm 20
My School-inskrywingsvorm 22
12. School Communicator 24
13. Algemene inligting 25
1
LAERSKOOL FAIRLAND
Welkom!
Dit is vir ons baie aangenaam om u kind(ers) as voornemende Fairlander
by ons trotse skool te verwelkom.
By Laerskool Fairland, waar elke leerder saak maak, poog ons om
uitnodigend in ons benadering tot u kind se onderrig te wees. Dit is vir ons
belangrik dat die skoolgaan-ervaring aangenaam en verrykend moet wees.
Daarom werk ons hard daaraan om te verseker dat ons fasiliteite, onderrig
en aktiwiteite van ‘n hoë gehalte is.
Laerskool Fairland is die regte skool vir al die regte redes. Ons nooi julle
uit om deel te word van hierdie dinamiese skool en julself ten volle uit te
leef as volbloed Fairlanders!
Vriendelike Fairland-groete
WILLIE GOOSEN
HOOF
2
Laerskool Fairland
Algemeen
Geagte Ouers/Voogde
Indien hierdie ʼn nuwe inskrywing is, moet die volgende dokumente asseblief hierdie inskrywingsvorm vergesel:
Nuwe inskrywings: Voltooi hele boek:
1. Bewys van verblyf (diensterekening).
2. Die leerder se vorige skoolrapport.
3. Een onlangse ID-grootte foto van die leerder/s wat aan die inskrywingsvorm geheg moet word.
4. ‘n Afskrif van die leerder se immuniseringskaart.
5. Afskrifte van beide ouers/voog se ID-dokumente.
6. ‘n Gewaarmerkte (unabridged) geboortesertifikaat.
7. ‘n Oorplasingsertifikaat van vorige skool (indien van toepassing).
Bestaande leerders: Voltooi slegs vanaf bl. 5 en verifieer herregistrasie-vorm van elke leerder (hierby ingesluit). NB – Indien inligting verander het, hoef u slegs op oudste leerder se vorm veranderinge aan te bring:
8. Een onlangse ID-grootte foto van die leerder/s wat aan die inskrywingsvorm geheg moet word – elke jaar ʼn nuwe foto.
9. ‘n Gewaarmerkte (unabridged) geboortesertifikaat – indien u nog nie dokument ingehandig het nie.
10. Indien werkloos, ‘n brief van die Departement van Arbeid wat laaste datum van diens aandui.
11. Baie belangrik! Elke bladsy van hierdie inskrywingspakket moet deur beide ouers/voog geparafeer word.
Hiermee doen ek/ons ook aansoek vir die volgende kaarte en gee dus my toestemming om my/ons
kontakinligting direk aan My School (Woolworths) en Makro te stuur: (Sien asb. bl. 20 - 22 vir
inskrywingsvorms).
Ja Nee
MySchool-kaart
Makro-kaart
Toestemming word verleen om inligting te verskaf Parafeer asb.
3
ALGEMENE INLIGTING - OUERS 2016
Familienaam Huistaal
Ouer 1 se besonderhede Ouer 2 se besonderhede
Van Van
Naam Naam
Titel Titel
Voorletters Voorletters
ID-nommer ID-nommer
Maatskappy Maatskappy
Werksadres
Werksadres
Beroep Beroep
Telefoon (W) Telefoon (W)
Kontakbesonderhede
Ouer 1 Tel (H) Ouer 2 Tel (H)
Ouer 1 Sel Ouer 2 Sel
Ouer 1 e-pos Ouer 2 e-pos
Woonadres: Posadres (Korrespondensie) Adres vir rekening
Naam Naam
Poskode Poskode
Huwelikstatus
Ouer 1 Getroud Ongetroud Weduwee/Wewenaar Geskei
Ouer 2 Getroud Ongetroud Weduwee/Wewenaar Geskei
Kontakpersoon in geval van nood waar ouers/voogde nie beskikbaar is nie.
Naam van kontakpersoon Verwantskap met leerder Kontaknommer 1 2 Parafeer asb.
4
LEERDER(S)BESONDERHEDE
2016
PERSOONLIKE BESONDERHEDE: Leerder 1: Leerder 2: Leerder 3: Leerder 4:
Toelatingsnommer (kantoorgebruik)
Toelatingsdatum
Van
Eerste naam
Tweede en derde name
Noemnaam
Geslag
Geboortedatum
ID-nommer van Leerder
Ras / Etniese groep
Vorige skool en/of kleuterskool
Mediesefonds (Naam)
Mediesefonds (Nommer)
Mediesefonds (Hooflid)
Naam van dokter
Kontaknommer van dokter
Kerkverband
BELANGRIKE INLIGTING OOR LEERDER(S) WAT SKOOL MOET WEET: bv. allergieë
Parafeer asb.
5
ONDERNEMING EN VRYWARING
2016
Onderneming en vrywaring t.o.v. deelname aan buitemuurse aktiwiteite Hiermee verklaar ek, ________________________________________________________________, ouer van ___________________________________________________, as volg:
Ek onderskryf en aanvaar die grondwet, beleide en gedragskode vir leerders van Laerskool Fairland.
Ek aanvaar dat as my kind hom/haar nie by bogenoemde bepalings en reëls hou nie, die skool die reg
voorbehou om dissiplinêr teenoor my kind op te tree ooreenkomstig die gedragskode of enige ander
toepaslike bepalings.
Die aansoeker/s erken dat die beheerliggaam, die verantwoordelike skoolpersoneel en behulpsame lede van die skoolgemeenskap nie aanspreeklik is vir enige vorderings weens die dood of beserings of enige skade of verlies wat mag ontstaan uit die deelname deur die leerder aan enige skoolaktiwiteit nie, hetsy kurrikulêr of buite-kurrikulêr.
Die aansoeker/s magtig die hoof van die skool of die beskikbare mees senior personeellid om in die afwesigheid van die aansoeker/s namens die aansoeker/s die nodige magtiging te verleen vir dringende mediese behandeling of chirurgiese ingreep ten opsigte van die leerder, indien nodig, en onderneem om alle koste in verband daarmee op aanvraag te vereffen.
Geteken te ____________________________ op hierdie ____________ dag van ________________ 2015/16.
VOLLE NAME VAN OUER HANDTEKENING DATUM
6 VRYWARING TEN OPSIGTE VAN VERVOER
2016
Ek, die ondergetekende, (VOLLE NAME): ________________________________________________________
IDENTITEITSNOMMER : ________________________________________________________
ADRES : ________________________________________________________
MEDIESE BESONDERHEDE : Naam van Mediesefonds: ______________________________
Mediesefondsnommer : ________________ Naam van hooflid: _________________ In my hoedanigheid as ouer en /of voog van die volgende leerder/s:
VOLLE NAME – Leerder 1 : ________________________________________________________
VOLLE NAME – Leerder 2 : ________________________________________________________
VOLLE NAME – Leerder 3 : ________________________________________________________
ADRES : ________________________________________________________
: ________________________________________________________ 1. Erken en aanvaar hiermee dat daar ‘n risiko is met die vervoer van leerders van Laerskool Fairland. 2. Ek gee hiermee toestemming dat Laerskool Fairland bogemelde leerders namens my mag vervoer na en van
sportgeleenthede, skooluitstappies, ontspanningsgeleenthede of enige ander geleentheid of gebeurtenis gereël deur Laerskool Fairland.
3. Ek stem verder toe dat indien bogemelde leerders nie met die skoolbus van Laerskool Fairland vervoer kan word nie, die leerders met private vervoer of enige ander vervoer, soos gereël deur Laerskool Fairland, vervoer mag word namens die skool.
4. Ek verklaar verder dat ek hiermee Laerskool Fairland, asook enige derde party wat bogemelde leerders mag vervoer namens Laerskool Fairland, indemniseer en vrywaar van alle aanspreeklikheid vir enige verliese, skade, koste of uitgawes gely deur my en/of bogemelde leerders veroorsaak deur Laerskool Fairland/derde party wat bogemelde leerders mag vervoer namens Laerskool Fairland se nalatigheid en/of optrede.
5. Ek bevestig en verklaar verder dat ek ten volle regsbevoeg is en oor die nodige magtiging beskik (waar van toepassing) om hierdie vrywaring te kan onderteken, welke vrywaring bindend sal wees op my erfgename, eksekuteurs, administrateurs en regsverkrygendes.
6. Ten slotte word dit bevestig dat hierdie vrywaring bindend sal wees vir die tydperk 1 Januarie 2016 tot 31 Desember 2016.
GETEKEN te ______________________________ op hierdie _______________ dag van _________________ 2015/16. AS GETUIES:-
1. ______________________________ 2. ______________________________
____________________________________ OUER/VOOG Ek, die ondergetekende VOLLE NAME : ______________________________________________________
behoorlik daartoe gemagtig deur LAERSKOOL FAIRLAND bevestig en aanvaar hiermee die vrywaring op die terme en
voorwaardes hierbo uiteengesit op hierdie __________ dag van ______________ en geteken te_________________. AS GETUIES:-
1. _____________________________ 2. ______________________________
_____________________________________ BEHOORLIK GEMAGTIGDE VAN LAERSKOOL FAIRLAND
7 ALGEMENE GEDRAGSKODES VIR OUERS
2016
1. Onderwysers mag nie direk by hulle klasse tydens onderrigtyd besoek word nie.
2. ‘n Afspraak moet te alle tye by die kantoor gemaak word om ‘n onderwyser te spreek. 3. Die privaatheid van die onderwysers moet gerespekteer word en onderwysers moet nie onnodig na-ure gekontak
word nie. Maak ‘n afspraak by die kantoor. 4. Ouers mag nie voor of naby klasse of administratiewe kantore vir die kinders wag nie. Dit is baie steurend. Ouers
is welkom om by die snoepie of by die sirkel vir hulle kinders te wag. 5. Ouers van gr. 1- en gr. 2-leerders wat hulle kinders om 13:00 (Di., Wo. en Vry.) en 13:30 (Ma. en Do.) afhaal
nie, moet hulle kinders by die wagklas kry. Geen leerder mag na bogemelde tye in die buite-speelarea (parkie) van die gr. R-leerders speel nie.
6. Ouers van gr. 1- en gr. 2-leerders wat op die terrein vir gr. 3- tot gr. 7-leerders wag, se kinders moet by hulle
wag en nie op die terrein rondspeel nie. 7. Kinders wat nie deur hulle ouers aan die einde van die skooldag afgehaal word nie en wat nie in die naskool is nie,
moet by die sirkel by die hoofhek vir hulle ouers wag. Hulle mag nie tussen die geboue rondbeweeg nie. 8. Hoërskoolkinders, met boeties en/of sussies in die laerskool, moet buite die hoofhek wag en hulle mag nie die
skoolterrein betree of op die skoolgronde rondbeweeg nie. Die wag sal hulle egter toelaat om hulle boeties of sussies by die naskool te kry.
9. Ouers moet asseblief die wag respekteer. Hy pas slegs beleid toe en tree volgens sy pligstaat op. 10. Leerders moet by die kantoor uitgeteken word en hulle moet in besit wees van ‘n besoekerskaartjie wat by die
wag ingehandig word. 11. Leerders mag nie onnodig uit die skool gehou word nie, veral nie op Vrydae en na die toetse nie. 12. Alle afsprake vir leerders (Bv. dokters- en tandartsafsprake ens.) moet sover moontlik na-ure en nie gedurende
skoolure gemaak word nie. 13. Verkeersreëls om die skool moet nagekom word – veral deur nie op die sperstrepe en voor die toegangshekke te
stop nie.
14. Daar moet toegesien word dat handboeke, balkies, klerasie, sportdrag, sportapparaat, ens. opgepas word. 15. Die skool begin stiptelik om 07:25. Leerders wat laat opdaag, veral op Maandae tydens saalperiode, skep ‘n groot
probleem. Herhaaldelike laatkom word aangeteken. 16. Ouers moet skeurstrokies voltooi en stiptelik terugstuur. 17. Indien ‘n ouer ‘n probleem met ‘n ander leerder het moet die saak aan die skoolbestuur gerapporteer word. Geen
ouer mag direk optree of die leerder aanspreek nie. Daar moet te alle tye deur die skoolbestuur gewerk word.
8 GEDRAGSKODE – KULTUUR
2016
18. Hou asb. in gedagte dat die deelname aan kultuuraktiwiteite moet dien as ‘n leerproses en blootstelling vir
leerders aan optrede voor ‘n gehoor. Die doelwit is nie prestasiegedrewe nie, maar gerig op die ontwikkeling van
leerders se Godgegewe talente.
19. Gee erkenning (applous) vir alle individuele en groepoptredes, ongeag die resultaat van so ‘n optrede.
Aanmoediging is essensieel vir die bou van selfvertroue.
20. Respekteer die deelnemers tydens optredes deur nie rond te loop, u selfoon te gebruik of ongevraagde
opmerkings/kommentaar te lewer nie .
21. Beoordelaars by kompetisies/optredes/oudisies is gekwalifiseerde en ervare persone en hulle oordeel moet
vertrou en gerespekteer word. Daar mag onder geen omstandighede met beoordelaars in
konfrontasies/argumente rakende uitslae betrokke geraak word nie. Hulle beslissings is finaal.
22. Moedig deelnemers aan om beslissings in ‘n goeie gees te aanvaar en by die besluit van die beoordelaar te berus.
Leer hulle om te leer uit hul foute.
23. Ondersteun die opponente en wys daardeur aan u kind hoe om gehalte optredes te herken en waardeer.
24. Respekteer die regte, menswaardigheid en waardes van alle jong deelnemers, ongeag hulle voorkoms,
vaardigheid, geslag, kultuur of geloof.
ALGEMENE REëLS VIR KULTUURAKTIWITEITE
Ons vra ouers se samewerking in die toepassing van die volgende beleid:
25. Ouers is welkom om met die afrigter se toestemming oefeninge by te woon. Ons versoek egter dat u die rol van
toeskouer sal vul en nie inmeng met die taak van die afrigter of die afrigter sal onderbreek tydens die oefening
nie.
26. Voor en tydens optredes word u gevra om nie op of agter die verhoog te verskyn nie, tensy u gevra word om hulp
deur een van die afrigters.
27. Die neem van foto’s, video-opnames, selfoonopnames, ens. word slegs met toestemming van die organiseerders
toegelaat. Indien amptelike fotograwe teenwoordig is, mag daar onder GEEN omstandighede privaatopnames
gemaak word nie.
28. Deelnemers moet te alle tye oefeninge en optredes bywoon, tensy daar ‘n geldige of mediese rede is waarom hul
nie kan nie. Dan moet ‘n skriftelike verskoning aan die afrigter gerig word.
9 GEDRAGSKODE - SPORT
2016
29. Hou in gedagte dat jong spelers deelneem vir die genot en plesier wat die sportsoort hom/haar kan bied –
nie vir u gewin nie.
30. Gee erkenning (applous) vir alle individuele- en spanpogings. Wens alle deelnemers geluk met hulle prestasie,
ongeag die uitslag van die wedstryd.
31. Respekteer die besluite van beamptes en leer jongmense om dieselfde te doen.
32. Moet nooit ʼn jong speler uitskel of verkleineer indien hy/sy ʼn fout begaan nie. Positiewe kommentaar dien
as motivering.
33. Veroordeel die gebruik van geweld (ontoelaatbare spel/vuishoue), of dit nou toeskouers, afrigters,
beamptes of spelers behels.
34. Bewys respek teenoor u span se opponente. Onthou sonder hulle sou daar geen wedstryd plaasgevind het nie.
35. Moedig spelers aan om die reëls van die spel asook beamptes se beslissings, te aanvaar.
36. Moenie u skuldig maak aan kru taal, die uitskel en slegsê van spelers, afrigters of beamptes nie.
37. Respekteer die regte, menswaardigheid en waardes van alle jong spelers, ongeag hulle geslag,
vaardigheid, kultuur of geloof.
ALGEMENE SPORTREËLS VIR DIE OUERS VAN LAERSKOOL FAIRLAND
Ons vra die samewerking van ouers in die toepassing van die volgende beleid: 38. Ouers is welkom om oefeninge by te woon. Ons verwag van ons ouers om asseblief u afstand daar te hou en nie
in te meng met die aktiwiteite wat op die oefenveld plaasvind nie. Ons verkies dat u stelling op die pawiljoene sal inneem.
39. Tydens wedstryde word alle kontak met u kind gestaak, sodra die afrigter die span bymekaar geroep het om met opwarming voor die wedstryd te begin.
40. Ons rig ʼn vriendelike versoek aan ons ouers om asseblief u afstand te hou tydens spanpraatjies voor die wedstryd, gedurende rustyd en na die wedstryd om aan die afrigters die geleentheid te bied om in privaatheid met die seuns/dogters te gesels. Geen kontak met u kind sal tydens hierdie aktiwiteite toegelaat word nie.
41. Die afrigters van Laerskool Fairland beskik oor die nodige afrigtingskwalifikasies en voldoende ondervinding om die beste keuses te maak en die beste uit elke speler te haal. Daarom gaan geen afrigter in argumente na wedstryde betrokke raak rakende spankeuses of keuse van plaasvervangers nie.
ALGEMENE-, KULTUUR- EN SPORTGEDRAGSKODE:
Ek, _________________________________, ouer van _________________ in gr. _________ neem kennis van die skrywe
in verband met die gedragskodes en onderneem om die kodes te onderhou.
_______________________ _____________ HANDTEKENING VAN OUER DATUM
10
FINANSIëLE INSKRYWINGSVORM – .../1 OUERBESONDERHEDE 2016 (Moet volledig voltooi word)
Ouer 1 se besonderhede Ouer 2 se besonderhede
Van en naam Van en naam
Titel Titel
Voorletters Voorletters
ID-nommer ID-nommer
Maatskappy Maatskappy
Werksadres
Werksadres
Beroep Beroep
Telefoon (W) Telefoon (W)
Ouer 1 Tel (H) Ouer 2 Tel (H)
Ouer 1 Sel Ouer 2 Sel
Ouer 1 e-pos Ouer 2 e-pos
Woonadres: Posbusadres:
Naam Naam
Poskode Poskode
Huwelikstatus
Ouer 1 Getroud Ongetroud Weduwee/Wewenaar Geskei
Ouer 2 Getroud Ongetroud Weduwee/Wewenaar Geskei
Finansiële status Ouer 1 Ouer 2
JA NEE JA NEE
Is die verpligte skoolgeld by die vorige skool ten volle vereffen? Het u ‘n skoon kredietrekord? Is u onder administrasie?
Name van leerder(s): __________________________________________ Gr. _________/2015
__________________________________________ Gr. _________/2015
__________________________________________ Gr. _________/2015 Parafeer asb.
11
FINANSIëLE INSKRYWINGSVORM .../2 2016
Voorskool Fairland (Gr. R) - Verpligte skoolgeld vir 2016: Volle bedrag: R17,400.00 per leerder / Deposito betaalbaar: R2,750.00 per leerder
BETALINGSOPSIES – Voorskool Fairland
Opsie 1: Enkelbedrag: ‘n Deposito van R2,750.00 is betaalbaar voor of op 30 November 2015 en die bedrag van R13,780.00 in een bedrag voor of op 7 Januarie 2016. (Korting R870.00).
Opsie 2: Debietorder: ( Indien u hierdie opsie kies, geliewe AANHANGSEL 1 te voltooi.) ‘n Deposito van R2,750.00 betaalbaar voor of op 30 November 2015 en die balans van R14,650.00 betaalbaar in 10 gelyke paaiemente van R1,465.00 voor of op die 7de van elke maand beginnende 7 Januarie 2016.
Opsie 3: Internetbetalings / Tjekbetalings / Kontantbetalings: ‘n Deposito van R2,750.00 betaalbaar voor of op 30 November 2015 en die balans van R14,650.00 betaalbaar in 10 gelyke paaiemente van R1,465.00 voor of op die 7de van elke maand beginnende 7 Januarie 2016.
Laerskool Fairland Gr. 1 – 7 - Verpligte skoolgeld vir 2016: Volle bedrag: R16,250.00 per leerder / Registrasiefooi betaalbaar: R2,250.00 per leerder
BETALINGSOPSIES – Laerskool Fairland
1. Opsie 1: Enkelbedrag: ‘n Enkelbedrag van R15,435.00 betaalbaar voor of op 30 November 2015. (Korting R815.00).
2. Opsie 2: Enkelbedrag: ‘n Deposito van R2,250.00 betaalbaar voor of op 30 November 2015 en die balans van R13,350.00 betaalbaar in een bedrag voor of op 31 Januarie 2016. (Korting R650.00).
3.
Opsie 3: Debietorder: ( Indien u hierdie opsie kies, geliewe AANHANGSEL 1 te voltooi.) ‘n Deposito van R2,250.00 betaalbaar voor of op 30 November 2015 en die balans van R14,000.00 betaalbaar in 10 gelyke paaiemente van R1,400.00 voor of op die 7de van elke maand beginnende 7 Januarie 2016.
4.
Opsie 4: Internetbetalings / Tjekbetalings / Kontantbetalings: ‘n Deposito van R2,250.00 betaalbaar voor of op 30 November 2015 en die balans van R14,000.00 betaalbaar in 10 gelyke paaiemente van R1,400.00 voor of op die 7de van elke maand beginnende 7 Januarie 2016.
‘n R75 hanteringsfooi sal gehef word op elke agterstallige paaiement maandeliks betaalbaar, hetsy by wyse van debietorder of andersins. (Dit geld vir beide Laerskool Fairland en Fairland Voorskool.)
Reëlings vir Opsie 4 betaalmetode:
U rekeningnommer MOET duidelik as verwysing aangedui word. Maak seker op u rekeningstaat wat u kind/kinders se rekeningnommer(s) is en gebruik dit dan as verwysing ten opsigte van die begunstigde bv. 4031 of V506. Indien u meer as een kind het – bv. 4031/3190/V506. Faks of stuur asseblief die bewys van betaling (depositostrokie of bewys van internetbetaling) aan me. Verna van Greunen by (011) 678-9012 (maak asseblief seker dat u rekeningnommer(s) duidelik aangedui is.)
Dit is u verantwoordelikheid om bewys van betaling te lewer. Parafeer asb.
12
FINANSIëLE INSKRYWINGSVORM .../3
2016
BANKBESONDERHEDE VAN LAERSKOOL FAIRLAND
REKENINGNAAM NAAM VAN BANK REKENINGNOMMER TAKKODE
Laerskool Fairland
Eerste Nasionale Bank
6200 749 6228
254-905
Ek/ons sertifiseer dat die inligting soos hiermee verstrek na die beste van my/ons wete en
kennis waar en korrek is en ek/ons onderneem om die skool binne 7 (sewe) dae skriftelik in
kennis te stel indien enige besonderhede soos hierbo verstrek sou verander.
Ek/ons beskou my/ons woonadres soos hierbo verskaf ook as my/ons gekose domicilium
citandi et executandi vir regsdoeleindes. Ek/ons aanvaar gesamentlik en afsonderlik
aanspreeklikheid vir die tydige betaling van bogemelde rekening.
Indien ek/ons sou versuim om die verpligte skoolgeld te betaal, ons/my besonderhede
sonder enige verdere kennisgewing aan die Kredietburo verskaf mag word.
VOLLE NAME VAN OUER 1: HANDTEKENING DATUM
VOLLE NAME VAN OUER 2: HANDTEKENING DATUM
13
Aanhangsel 1
FINANSIëLE INSKRYWINGSVORM .../4
2016
(Rekeningnommer word deur die kantoor ingevul.)
DEBIETORDEROPDRAG (In Engels soos volgens wet bepaal)
Debietorderinligting t.o.v. leerder(s) in Laerskool Fairland/Voorskool Fairland:
Volle naam en Van van Leerder(s) Gr. 2015 Rek.nr.
Dag Maand Bedrag Dag Maand Bedrag
November 2015 R Junie 2016 R
Desember 2015 R Julie 2016 R
Januarie 2016 R Augustus 2016 R
Februarie 2016 R September 2016 R
Maart 2016 R Oktober 2016 R
April 2016 R November 2016 R
Mei 2016 R Desember 2016 R
VOLLE NAME VAN REKENINGHOUER ADRES
KONTAKNOMMERS Sel
Werk
Huis
E-POSADRES A. Authority Given by (name of Accountholder) : ____________________________________
Address : ____________________________________
Bank : ____________________________________
Branch and Code : ____________________________________
Account Number : ____________________________________
Type of Account (delete that which is not applicable) : Current (cheque) / Savings / Transmission
Amount : ____________________________________
Date : ____________________________________
To (name of beneficiary) : ____________________________________
Abbreviated Name as Registered with the Bank : ____________________________________
Beneficiary’s Address : ____________________________________
This signed Authority and Mandate refers to our contract dated ______________________ (“the Agreement”).
14
Aanhangsel 1
FINANSIëLE INSKRYWINGSVORM .../5
2016
I/We hereby authorise you to issue and deliver payment instructions to your Banker for collection against my/our above-
mentioned account at my/our above-mentioned Bank (or any other bank or branch to which I/we may transfer my/our account) on
condition that the sum of such payment instructions will never exceed my/our obligations as agreed to in the Agreement and
commencing on _________________________________ and continuing until this Authority and Mandate is terminated by me/us
by giving you notice in writing of not less than 20 ordinary working days, and sent by prepaid registered post or delivered to your
address as indicated above.
The individual payment instructions so authorised to be issued must be issued and delivered as follows: monthly, bi-monthly, three monthly, six monthly, annually, weekly, bi-weekly (delete that which is not applicable).
In the event that the payment day falls on a Sunday, or recognised South African public holiday, the payment day will automatically be the very next ordinary business day.
Payment Instructions due in December may be debited against my account on _______________________.
I/We understand that the withdrawals hereby authorised will be processed through a computerised system provided by the South African Banks. I also understand that details of each withdrawal will be printed on my bank statement. Such must contain a number, which must be included in the said payment instruction and if provided to me should enable me to identify the Agreement. This number must be added to this form in Section E before the issuing of any payment instruction. B. Mandate
I/We acknowledge that all payment instructions issued by you shall be treated by my/our abovementioned Bank as if the instructions have been issued by me/us personally. C. Cancellation
I/We agree that although this Authority and Mandate may be cancelled by me/us, such cancellation will not cancel the Agreement. I/We shall not be entitled to any refund of amounts which you have withdrawn while this Authority was in force, if such amounts were legally owing to you. D. Assignment
I/We acknowledge that this Authority may be ceded or assigned to a third party if the Agreement is also ceded or assigned to that third party, but in the absence of such assignment of the Agreement, this Authority and Mandate cannot be assigned to any third party.
Signed at ____________________ on this ___________________day of ______________2015/2016.
______________________________________ _______________________________________
(Signature as used for operating on the account) (Assisted By)
E. Agreement Reference Number
This Agreement reference number is ___________________________________________.
15
FINANSIEEL – ALGEMEEN .../6 2016
ONDERNEMING DEUR OUER/VOOG T.O.V. BETALING VAN SKOOLGELD
1. Ek doen hiermee aansoek dat bogenoemde leerder(s) tot Laerskool Fairland toegelaat word.
2. Ek onderneem om skoolgeld op een van die voormelde wyses te betaal. 3. Ek aanvaar dat skoolgeld onderhewig is aan ‘n moontlike verhoging in die loop van die jaar
indien dit weens veranderende omstandighede noodsaaklik sou wees.
4. Die skool onderneem om een maand kennis te gee aan die ouer/voog van enige verhoging in skoolgeld deur skriftelike besonderhede daarvan te verskaf en aan die domicilium, soos vermeld, te rig.
5. Indien ek sou weier, versuim of in gebreke bly om die verskuldigde skoolgeld op die dag van betaling te betaal, sal die volle balans aan Laerskool Fairland verskuldig, onmiddellik opeisbaar en betaalbaar word. In so ‘n geval sal die rekenpligtige ouer/voog aanspreeklik wees vir betaling van alle regskostes ter verhaling daarvan op ‘n Prokureur-en eie Kliëntskaal, asook vir invorderingskommissie.
6. Ouers sal gesamentlik en afsonderlik verantwoordelik wees vir die betaling van die leerder(s) se skoolfonds.
7. Ek onderneem om Laerskool Fairland skriftelik in kennis te stel indien probleme met betaling van skoolgeld ondervind word.
8. Aansoeke om vrystelling van betaling van skoolgeld volgens die Gautengse Departement van Onderwys se vrystellingskriteria moet volledig voltooi en ingehandig wees teen die einde van die eerste kwartaal.
9. Indien die ouers geskei is en/of nooit getroud was nie, moet beide ouers aansoek om kwytskelding voltooi. (Sien Bepalings en Voorwaardes in die Finansiële kantoor.)
10. Dit is die aanvaarde beleid van die skool dat alle geld vir betaalde buitemuurse aktiwiteite ontvang, eers aangewend sal word vir die betaling van agterstallige skoolgeld, tensy daar op ‘n alternatiewe reëling tussen die ouer/s en/of voog/de en die Beheerliggaam ooreengekom is.
Parafeer asb.
16
FINANSIEEL – ALGEMEEN .../7
2016
11. Die aansoeker/s erken dat die aansoeker/s d aarvan bewus is dat die skool ‘n openbare primêre skool is en dat die volle implikasies daarvan aan die aansoeker/s bekend is, soos vervat in die S.A. Skolewet no. 84 van 1996.
12. Gr. R-leerders se skoolgeld is verpligtend en geen korting word vir Gr. R-leerders toegestaan nie, omdat dit nie-verpligte onderwys is en ons geen subsidie vir Gr. R-leerders ontvang nie.
13. ‘n Leerder wat in die loop van ‘n skooljaar tot die skool toegelaat word, se skoolfondsbydrae sal pro-rata verminder word na gelang van die aantal skoolmaande vanaf Januarie tot Oktober vir Laerskool Fairland en Januarie tot November vir Voorskool Fairland waarin die leerder nie tot die skool toegelaat was nie.
14. Leerders wat die skool in die loop van die skooljaar verlaat, se skoolgeld is pro-rata terug- betaalbaar, mits daar skriftelik by die hoof aansoek gedoen word.
15. Ek verklaar hiermee dat bogenoemde inligting waar en korrek is.
GETEKEN TE ________________________________ OP HIERDIE __________________ DAG VAN
____________________________ 2015/16.
VOLLE NAME VAN OUER 1 HANDTEKENING DATUM
VOLLE NAME VAN OUER 2 HANDTEKENING DATUM
17
FINANSIEEL – ALGEMEEN .../8
2016
In terme van die Skolewet en Staatskoerant nr. 29311 van 18 Oktober 2006, moet alle ouers formeel ingelig
word van hul reg om aansoek te doen om vrystelling van die betaling van skoolgeld.
Aansoeke om vrystelling sluit jaarliks teen die einde van die eerste skoolkwartaal. Daarna sal slegs aansoeke
van nuwe leerders en ouers wie se finansiële omstandighede skielik drasties verander het (bv. waar die ouer sy
werk verloor het), oorweeg word.
SUID-AFRIKAANSE SKOLEWET, NO. 84 VAN 1996
REGULASIES VIR DIE VRYSTELLING VAN OUERS VAN DIE BETALING VAN SKOOLGELD
KONTROLELYS (Maak ‘n kruisie in die toepaslike blokkie)
JA NEE
1. Het die skool u in kennis gestel wat die bedrag betaalbaar is t.o.v. skoolgeld?
2. Het die skool u in kennis gestel dat u verplig is om die skoolgeld te betaal, tensy u kwalifiseer vir vrystelling van die betaling van die skoolgeld?
3. Het die skool u in kennis gestel dat u die reg het om aansoek te doen om vrystelling van die betaling van skoolgeld?
4.
Wil u aansoek doen om sodanige vrystelling?
5.
Het u hulp nodig met die invul van sodanige aansoek?
6.
Het die skool u voorsien van die nodige aansoekvorms?
VOLLE NAME VAN OUER HANDTEKENING DATUM
18 NASKOOLSENTRUM – AANSOEKVORM
2016
1. Naam van leerder(s): __________________________ ID.nr.: ______________________ Gr. ___/2015/16
__________________________ ID.nr.: ______________________ Gr. ___/2015/16
__________________________ ID.nr.: ______________________ Gr. ___/2015/16
2. Voorletters en van (ouer/voog): ____________________________________________________________
3. Woonadres: _________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________
4. E-posadres (ouer/voog): __________________________________________________________________
5. Telefoonnommer: (h) __________________________________________________________________
6. Vader (w) __________________________________________________________________
(s) __________________________________________________________________
7. Moeder (w) __________________________________________________________________
(s) __________________________________________________________________
8. Familie/Vriende se naam en telefoonnommer in geval van nood:
_____________________________________________________________________________________________
9. Naam van huisdokter: __________________________________________________________________
Telefoonnommer: __________________________________________________________________
10. Naam van mediesefonds: __________________________________________________________________
Nommer: __________________________________________________________________
11. Opmerking: Verstrek asb. enige inligting waarvan ons moet kennis dra.
_____________________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________________
_____________________________________________________________________________________________
LET WEL: Registrasiegeld van R100.00 per kind moet hierdie aansoek vergesel. U betaal dus R638.00 per maand vanaf Januarie 2016 tot Oktober 2016 (10 maande). _____________________________ ________________________ HANDTEKENING VAN OUER/VOOG DATUM
19
NASKOOLSENTRUM – FINANSIëLE VORM
2016
BETALINGSOPSIES:
Opsie 1: Enkelbedrag
ʼn Deposito van R100.00 is betaalbaar voor of op 30 November 2015 en die bedrag van R6,050.00 betaalbaar in een bedrag voor of op 31 Januarie 2016. (Korting R330)
Opsie 2: Debietorder (Indien u hierdie opsie kies, geliewe debietorderopdrag te voltooi.)
ʼn Deposito van R100.00 is betaalbaar voor of op 30 November 2015. Die balans van R6,380.00 is maandeliks betaalbaar in 10 gelyke paaiemente van R638.00 voor/ op die 7de van elke maand beginnende 7 Jan. 2016.
Opsie 3: Internetbetalings / Tjekbetalings / Kontantbetalings
ʼn Deposito van R100.00 is betaalbaar voor of op 30 November 2015. Die balans van R6,380.00 is maandeliks betaalbaar in 10 gelyke paaiemente van R638.00 voor/op die 7de van elke maand beginnende 7 Jan. 2016.
Verwysings: N/U kind se naam en van / U moet bewys van betaling lewer
BANKBESONDERHEDE VAN LAERSKOOL FAIRLAND
REKENINGNAAM NAAM VAN BANK REKENINGNOMMER TAKKODE
Laerskool Fairland Eerste Nasionale Bank 6200 7496 228 254-905
DEBIETORDEROPDRAG DAG MAAND BEDRAG DAG MAAND BEDRAG
VOLLE NAME VAN REKENINGHOUER: ADRES:
KONTAKNOMMERS:
Sel
Werk
Huis
E-POSADRES:
NAAM VAN BANK TAKKODE
REKENINGNOMMER
TIPE REKENING Lopende Spaar Tjek Transmissie
Let Wel: ʼn Gekanselleerde tjek moet aangeheg word vir bank-identifikasiedoeleindes (slegs lopende rekening).
Geteken te
op hierdie dag van 2015/16.
23
Sien nuwe vorm aangeheg!
25
LAERSKOOL FAIRLAND
Algemene Inligting 2016
Fisiese adres: Koördinate: Marketstraat 145 S26˚8’6.7” Fairland E27˚56’21.4”
2195
Posadres: Privaatsak X03 Fairland 2030
Kontaknommers:
Telefoonnommer: (011) 678-4591/2 Faksnommer: (011) 678-9012
E-posadresse:
Algemene inligting: [email protected] Finansies: [email protected] [email protected] Sport: [email protected] Inskrywings: [email protected] Vinkie: [email protected]
School Communicator: http://www.school-communicator.com/download.php/
By “Please select” moet die ouers net Laerskool Fairland kies.
Webtuiste-adres: www.lsfairland.co.za
BANKBESONDERHEDE VAN LAERSKOOL FAIRLAND
REKENINGNAAM NAAM VAN BANK REKENINGNOMMER TAKKODE
Laerskool Fairland Eerste Nasionale Bank 6200 749 6228 254-905
Skeur af en hou as u verwysing!
26
NOTAS
__________________________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________________________