7
12 Desember 2018 Geagte Ouers James Anderson het gesê dat ‘n Groei Denkwyse nie groei is nie. Dit is ‘n uitnodiging om te groei. Dit was verblydend om die verandering in denkwyse te sien wat die leerders vanjaar geopenbaar het. Hulle het die konsepte van “rek” die breine, uithouvermoë en leer deur jou foute, aangegryp. Ons is opgewonde om in 2019 met hierdie Groei-reis voort te gaan. Ons wil ouers bedank vir hul volgehoue ondersteuning gedurende die jaar. Die betrokkenheid en toewyding van die Beheerliggaam, OOV en enige ander vrywillige hulp van ouers word opreg waardeer en ons sê dankie vir al hulle harde werk gedurende hierdie jaar. Die jaar was gevul met baie opwindende oomblikke en gebeurtenisse soos hierdonder deur die Graadhoofde weergee is: GRAAD EEN Hierdie kwartaal het behoorlik verby gevlieg! Elke dag was propvol pret, plesier en nuwe avonture. Die Graad Eens het opwindende feite oor die see geleer en ook hoe om die seediere te beskerm en ons pragtige kus te bewaar. Ons het besluit om nooit weer plastiek strooitjies te gebruik nie, aangesien dit so skadelik vir die omgewing is. Ons het ons ”kougombreine” gebruik ter voorbereiding van Graad Twee en ons voel gereed vir al die uitdagings wat voorlê. Ons het die kwartaal afgesluit deur meer te leer oor die verskillende feeste wat in ons reënboogland, gevier word. Every child Every chance Every day | Elke kind Elke kans Elke dag | Wonke umntwana Lonke ixesha Yonke imihla Laerskool KENRIDGE Primary School Van Riebeecklaan / Van Riebeeck Avenue, KENRIDGE, 7550 | Tel: 021 976 3046/7 | Fax/Faks: 021 975 1312 www.kenridgeprimary.co.za

Laerskool KENRIDGE Primary School · Ons wil ouers bedank vir hul volgehoue ondersteuning gedurende die jaar. Die betrokkenheid en toewyding van die Beheerliggaam, OOV en enige ander

  • Upload
    others

  • View
    9

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

12 Desember 2018

Geagte Ouers

James Anderson het gesê dat ‘n Groei Denkwyse nie groei is nie. Dit is ‘n uitnodiging om te

groei. Dit was verblydend om die verandering in denkwyse te sien wat die leerders vanjaar

geopenbaar het. Hulle het die konsepte van “rek” die breine, uithouvermoë en leer deur jou foute,

aangegryp. Ons is opgewonde om in 2019 met hierdie Groei-reis voort te gaan.

Ons wil ouers bedank vir hul volgehoue ondersteuning gedurende die jaar. Die betrokkenheid en

toewyding van die Beheerliggaam, OOV en enige ander vrywillige hulp van ouers word opreg

waardeer en ons sê dankie vir al hulle harde werk gedurende hierdie jaar.

Die jaar was gevul met baie opwindende oomblikke en gebeurtenisse soos hierdonder deur die

Graadhoofde weergee is:

GRAAD EEN

Hierdie kwartaal het behoorlik verby gevlieg! Elke dag was propvol pret, plesier en nuwe avonture.

Die Graad Eens het opwindende feite oor die see geleer en ook hoe om die seediere te beskerm

en ons pragtige kus te bewaar. Ons het besluit om nooit weer plastiek strooitjies te gebruik nie,

aangesien dit so skadelik vir die omgewing is. Ons het ons ”kougombreine” gebruik ter

voorbereiding van Graad Twee en ons voel gereed vir al die uitdagings wat voorlê. Ons het die

kwartaal afgesluit deur meer te leer oor die verskillende feeste wat in ons reënboogland, gevier

word.

Every child Every chance Every day | Elke kind Elke kans Elke dag | Wonke umntwana Lonke ixesha Yonke imihla

Laerskool KENRIDGE Primary School

Van Riebeecklaan / Van Riebeeck Avenue, KENRIDGE, 7550 | Tel: 021 976 3046/7 | Fax/Faks: 021 975 1312 www.kenridgeprimary.co.za

GRAAD TWEE

Die Graad Twees het die vierde kwartaal die

tema, vervoer, ondersoek. Ons het geleer wie die

eerste motor ontwerp het, ons weet van

magnetiese treine en ons kan julle selfs alles van

die Titanic vertel! Om ons vir Graad Drie voor te

berei, het ons ons “neuro-paaie” versterk deur

alles wat ons hierdie jaar geleer het, te hersien.

Ons het ook ‘n paar kopkrappers in Wiskunde

gedoen. Ons het ons Graad Twee-jaar op ‘n hoë

noot afgesluit. Tydens ons Pretdag het ons “Minute-to-win-it” speletjies gespeel, roomys geëet

en saam met ons juffrouens en vriende gekuier.

GRAAD DRIE

Gedurende hierdie laaste kwartaal van Graad Drie is die leerders aangemoedig om ‘n gesonde

leefstyl te handhaaf. Alhoewel gesonde eetgewoontes

belangrik is, het die Graad Dries ook geleer dat daaglikse

oefening belangrik is. Ons weet van die ses voedselgroepe

en wat in ons kosblikke gepak moet word vir ‘n besige

skooldag. Die mondeling vir ons Huistaal was baie

interessant, want elke leerder moes ‘n liggaamsorgaan van

sy keuse bespreek. Ons het baie interessante feite oor ons

liggame geleer.

GRAAD VIER

Die Graad Viers was hierdie kwartaal op ‘n missie! Hulle het ander

planete besoek en meer van hulle geleer. Die

kommunikasievaardighede wat hulle in Geskiedenis geleer het, is

gebruik om ‘n “Escape Room” uitdaging te voltooi. Die groei-denkwyses

het handig te pas gekom tydens hierdie opwindende oefening. Ons het

die Graad Dries ingelig oor al die opwindende dinge wat vir hulle wag in

Graad Vier. Die jaar is afgesluit met ‘n heerlike klaspartytjie waartydens

daar vir mekaar vertel is hoe spesiaal elkeen van hulle is.

GRAAD VYF

Harde werk en voorbereiding vir die eksamen was die basiese inhoud van die vierde kwartaal.

Daar was nietemin steeds baie tyd vir pret. Die kwartaal het afgeskop met die Kenridge Karnaval.

Almal was baie opgewonde! Die kinders kon hulle uitleef in verskillende aktiwiteite en boonop nog

lekker eetgoed geniet. Tussen alles deur het ons voortgegaan om ons groeiende denkwyses te

ontwikkel en het die leerders geleer om uitdagings te aanvaar en aan te pak. Die kwartaal is

afgesluit met ons Pretdag. Daar is speletjies gespeel, deelgeneem aan hinderniswedlope en

lekkergoed is uitgedeel. Die kwartaal het vinnig tot ‘n einde gekom en almal sien met afwagting

uit na Graad Ses!

GRAAD SES

Soos die jaar aan sy einde kom, is dit goed om terug te kyk na die wonderlike en genotvolle

kwartaal wat ons beleef het. Die motiverende en leersame Lewensvaardigheidskursus het ons

Graad Ses-leerders gehelp om hulself beter te verstaan. Ons is baie trots op die nuut verkose

prefekte van 2019 en ons vertrou dat hierdie ervaring vir hulle betekenisvol sal wees en dat hulle

in hulle leierskapsrolle sal groei. Ons is baie trots op die toegewyde manier waarop ons Graad

Ses leerders hul eksamens voltooi het. Mag hulle voortgaan om te groei en om hulself uit te daag

om altyd hard te werk en hulle beste te lewer. Ons wil elke Graad Ses-leerder sterkte toewens vir

die laaste jaar van hul laerskoolloopbaan wat voorlê.

GRAAD 7

Die Graad Sewes het ‘n wonderlike, maar besige laaste kwartaal van hul laerskoolloopbaan

beleef. Hulle het die Karnaval geniet, hul talente by die Graad Sewe-konsert vertoon en pret by

die “Flashy Fluorescent”-disko gehad. Die energieke rasieleiers het ‘n wonderlike atmosfeer by

die interhuis atletiek geskep, deur die atlete aan te moedig. Die Graad Sewes het ook hul laaste

eksamen in die saal geskryf. Ons is baie trots op al hulle prestasies wat by die spesiale

saalbyeenkoms, sowel as die Sport -, Kultuur – en Akademiese Prestige-aande beloon is. Ons

dankbaarheid is getoon by die Lof- en dankfees, wat baie spesiaal was. Die Graad Sewes het

Kersliedere vir die skoonmakers en onderhoudspersoneel gesing toe hul Santa-sakke oorhandig

is. Op dié manier het ons ons waardering vir alles wat hulle vir ons skool doen, getoon. Ons wens

vir ons Graad Sewes alles van die beste vir die hoërskool toe en hoop dat hulle altyd – “Whatever

it takes” sal doen om ‘n positiewe verskil in ander se lewens te maak.

KULTUUR

Ons is trots op die hoë standaard van Kenridge se kultuuraktiwiteite. Altesaam 422 leerders het

kultuurtoekennings by die Kultuur Prestige-aand en spesiale saalbyeenkomste ontvang.

Sommige leerders het tot tien toekennings ontvang.

Die musiekleerders het uitstekend gevaar met die eksterne musiekeksamens. Daar is elf leerders

wat 90% of meer ontvang het vir hul Unisa klaviereksamens wat hulle op Unisa se ererol geplaas

het. Altesaam vyftien leerders het 90% of meer vir hulle Trinity Guildhall eksamens ontvang en

is op die toppresteerderslys geplaas vir klavier-,

klawerbord- en mikrofoonsang-eksamens.

Die twee talentvolle broers, Youkyum en Minkyum

Kim, het by die SAMRO Hubert van der Spuy

Nasionale Musiekkompetisie deurgedring na die

semi-finale (Youkyum) en finale rondtes (Minkyum).

Minkyum was een van agt finaliste en het die

toekenning vir beste uitvoering in die Tygerberg

streek ontvang.

Ons het ons dankbaarheid vir die suksesvolle jaar saam met ons kore en talentvolle

musiekleerders gevier met ‘n geseënde Loffees-aand.

SPORTNUUS

Die sportdepartement van die skool was buitengewoon besig hierdie kwartaal en ons is trots op

al die wonderlike prestasies. Ons atlete het aan verskeie kompetisies deelgeneem en van die

hoogtepunte was om 13 van die 20 medaljes by die Courtrai afloskompetisie te wen en om die

algehele wenners by die Eversdal Mini Atletiek-aflosbyeekoms te wees.

Die mini-krieketspelers het weekliks wedstryde gespeel en het aan ‘n paar toernooie deelgeneem.

Die jaarlikse aandbyeenkoms by die Durbanville Krieketklub was ‘n hoogtepunt vir die O/8- en

O/9-spanne.

Ons fietsryers het die afrigtingsessies wat deur Julien Louw aangebied is, geweldig

geniet en die span het tweede geëindig in die jaarlikse Spur Interskole

Bergfietsliga.

Kenridge is trots op ons eerste span tennisspelers wat Top Schools bygewoon het.

Die meisies het vierde en die seuns sewende geëindig. Ons O/11-spelers het die

Ceres-toernooi geniet. Twaalf van ons spelers is vir verskeie distrikspanne gekies.

Baie geluk aan almal!

Ons swemmers het aan 8 galas deelgeneem en ons het 6 daarvan

aangebied. Ons seuns het by die PSS-gala die toonaangewende

“Medal and Relay Gala” vir die eerste keer gewen. Die swemseisoen

het met die “Dudes vs Babes Gala” geëindig en 170 Kenridgeleerders

het deelgeneem. Dit was ‘n besonderse gala en hiedie keer was die

“Dudes” die oorwinnaars. Kenridge het 7 WP-verteenwoordigers wat

gekwalifiseer het om in die Vlak 3-ouderdomsgroep vir die Nasionale Kampioenskappe te swem.

Rikus Saaiman, Christiaan Kriegler en Marné Campbell het gekwalifiseer om in die SA Junior

Nationals Gala in Durban te swem. Dit is ‘n skitterende prestasie en Marné het 2 brons medaljes

ontvang. Christiaan is ook gekies as lid van die Weskaap-Skole Swemspan wat in Desember in

Gauteng deelneem.

Ons krieketspelers was bly om terug op die veld te wees nadat die droogte hulle van die veld af

weggehou het. Die O/13’s het ‘n suksesvolle toer na Knysna toe gehad en hulle het al vyf hul

wedstryde gewen. Ons is bly dat baie van die seuns op ‘n Saterdag of gedurende die week die

kans gehad het om ‘n wedstryd te speel.

HERWINNING:

Ons is ontsettend trots op die herwinningspogings by ons skool wat ook vir ons leerders

waardevolle lewenslesse leer. Ons skool het onlangs ‘n brons sertifikaat as ‘n “Eco-skool”

ontvang. Ons sien uit daarna om volgende jaar hierdie status te verbeter.

Aan die einde van hierdie jaar sê ons vaarwel aan ‘n aantal personeellede:

• Mev. Jenny Fisher en mev. Stella Badenhorst tree nou af. Ons

wens hulle net die mooiste toe met hierdie nuwe hoofstuk in hul

lewens. Ons bedank hulle vir gesamentlike diens van 72 jaar in

die opvoedkunde.

• Ons wens mnr. Carel Coetzee geluk met sy aanstelling as

Departementshoof by Laerskool Fanie Theron.

• Mev. Emily Dolpire verhuis aan die einde van hierdie jaar na

België. Ons wens haar net die mooiste toe met hierdie nuwe avontuur.

• Alhoewel mnr. Bennie van Niekerk al twee jaar gelede amptelik afgetree het, het hy

deeltyds Wiskunde by ons skool aangebied. Ons spreek ons waardering uit vir sy

ongelooflike bydrae oor baie jare.

• Mnr. Jaco Olivie verlaat ons om in China te gaan onderwys gee en ons vertrou dat hy die

nuwe fase in sy onderwysloopbaan sal geniet.

• Lucinda Crous en Roezhaé van der Westhuizen (onderwyser- assistente) het voltydse

onderwysposte aanvaar en ons beste wense vergesel hulle met die begin van hul

onderwysloopbane.

• Ons dank aan mev. Dorette Pienaar vir haar dienste in die skoolsnoepwinkel. Ons

waardeer haar harde werk en toewyding.

Aan ons Graad Sewes van 2018, mag julle die volgende fase van jul skoolreis geniet. Met die

woorde van Jason Mraz sluit ons af: May the best of your todays be the worst of your tomorrows,

and may the road less paved be the road that you follow. I want you to have it all!

Ek wens ons personeel, leerders en ouers ‘n vredevolle Feestyd toe. Geniet ‘n wonderlike

vakansie saam met familie en vriende.

Die uwe

S. R. Smith (Mev.)

Skoolhoof