4
Laerskool Olifantsvallei Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: [email protected] Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 NUUSFLITS 17 Februarie 2017 1. Die toetsreeks begin op Maandag, 13 Maart 2017, en eindig op Vrydag, 24 Maart 2017. Ons wil vra dat ouers hul kinders sal motiveer om nou reeds te begin voorberei. Die rooster is vir u gerief ook op die webtuiste geplaas. 2. Baie sterkte aan die 15 atlete wat môre te Porterville aan die Wes-Boland Atletiekbyeen- koms sal deelneem. Vervoerreëlings is met leerders getref. Sterkte en hou ons skool se naam hoog! 3. Laerskool Olifantsvallei se Uitnodigingsgala was weer ’n groot sukses met 10 skole wat deelgeneem het. Baie dankie aan die OOV vir die heerlike versnaperinge. Baie geluk aan elke leerder vir hul puik prestasies en almal se goeie sportsmangees. Laerskool Olifantsvallei wen 23 goue medaljes, 19 silwer medaljes en 22 brons medaljes Oorhandiging van medaljes en sertifikate sal tydens die volgende saalbyeenkoms plaasvind. Die volgende rekords is verbeter Wickus Nel 66m Rugslag (Seuns 9) - 1.05.49 Mia-Lize van der Vyver 66m Borsslag (Dogters 9) - 1.19.37 33m Vlinderslag (Dogters 9) - 34.36 Dieter Naudé 33m Skopbord (Seuns 8) - 36.00 33m Vryslag (Seuns 8) - 23.03 Luan Basson 33m Vlinderslag (Seuns 10) - 26.62 Nina van der Merwe 33m Vryslag (Dogters 10) - 25.30 Christie Engelbrecht 33m Vryslag (Seuns 10) - 21.94 4. Op Maandag, 20 Februarie 2017, vind ons Interskole swem en tennis te Augsburg Landbou Gimnasium plaas. Die bus vertrek stiptelik om 15:00 vanaf die skool. Alle swemmers het inligtingsbriewe ontvang en moet reeds om 16:15 aanmeld.

Laerskool Olifantsvallei - withtank.commedia.withtank.com/b0ce0444ac/nuusbrief_17_februarie_2017.pdf · 33m Vlinderslag (Dogters 9) - 34.36 Dieter Naudé – 33m Skopbord (Seuns 8)

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Laerskool Olifantsvallei - withtank.commedia.withtank.com/b0ce0444ac/nuusbrief_17_februarie_2017.pdf · 33m Vlinderslag (Dogters 9) - 34.36 Dieter Naudé – 33m Skopbord (Seuns 8)

Laerskool Olifantsvallei

Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: [email protected] Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931

NUUSFLITS 17 Februarie 2017

1. Die toetsreeks begin op Maandag, 13 Maart 2017, en eindig op Vrydag, 24 Maart 2017. Ons wil vra dat ouers hul kinders sal motiveer om nou reeds te begin voorberei. Die rooster is vir u gerief ook op die webtuiste geplaas.

2. Baie sterkte aan die 15 atlete wat môre te Porterville aan die Wes-Boland Atletiekbyeen-koms sal deelneem. Vervoerreëlings is met leerders getref. Sterkte en hou ons skool se naam hoog!

3. Laerskool Olifantsvallei se Uitnodigingsgala was weer ’n groot sukses met 10 skole wat deelgeneem het. Baie dankie aan die OOV vir die heerlike versnaperinge. Baie geluk aan elke leerder vir hul puik prestasies en almal se goeie sportsmangees. Laerskool Olifantsvallei wen 23 goue medaljes, 19 silwer medaljes en 22 brons medaljes Oorhandiging van medaljes en sertifikate sal tydens die volgende saalbyeenkoms plaasvind.

Die volgende rekords is verbeter – Wickus Nel – 66m Rugslag (Seuns 9) - 1.05.49 Mia-Lize van der Vyver – 66m Borsslag (Dogters 9) - 1.19.37

33m Vlinderslag (Dogters 9) - 34.36 Dieter Naudé – 33m Skopbord (Seuns 8) - 36.00 33m Vryslag (Seuns 8) - 23.03 Luan Basson – 33m Vlinderslag (Seuns 10) - 26.62 Nina van der Merwe – 33m Vryslag (Dogters 10) - 25.30 Christie Engelbrecht – 33m Vryslag (Seuns 10) - 21.94

4. Op Maandag, 20 Februarie 2017, vind ons Interskole swem en tennis te Augsburg Landbou Gimnasium plaas. Die bus vertrek stiptelik om 15:00 vanaf die skool. Alle swemmers het inligtingsbriewe ontvang en moet reeds om 16:15 aanmeld.

Page 2: Laerskool Olifantsvallei - withtank.commedia.withtank.com/b0ce0444ac/nuusbrief_17_februarie_2017.pdf · 33m Vlinderslag (Dogters 9) - 34.36 Dieter Naudé – 33m Skopbord (Seuns 8)

5. Sterkte aan Simon van Niekerk, Connie Nieuwoudt, Nina Engelbrecht en André van Zyl wat Maandag, 20 Februarie 2017, Interskole tennis teen Augsburg Landbou Gimnasium speel.

6. Baie sterkte aan die 21-swemmers wat op Donderdag, 23 Februarie 2017 aan Vredenburg se Uitnodigingsgala deelneem. Die bus vertrek stiptelik om 12:00, dus moet alle benodighede saamkom skool toe. (Bv. sonblok, swemklere, water, kos, ensovoorts)

7. Laerskool Olifantsvallei pette is nou by die klerebank van die skool teen R70,00 per pet beskikbaar.

8. Baie sterkte aan ons tweekamp-atlete wat môre in Langebaan gaan deelneem. Doen julle beste en hou Laerskool Olifantsvallei se naam hoog!

9. Dagboek reeds nou al 29 Maart 2016, want die onderwysers hou 'n Markdag!

10. Voornemende ouers neem asseblief kennis van die belangrike datums wat onthou moet word wanneer u vir 2018 by Laerskool Olifantsvallei om ’n plek vir u kind aansoek doen: Inskrywings sluit op 24 Maart 2017 / Ouers word in kennis gestel teen 3 Junie 2017 / Ouers bevestig aanvaarding voor 30 Junie 2017 / Skool vul beskikbare plekke in derde kwartaal.

11. Ons mini-krieketspan sal op Woensdag, 22 Februarie 2017, kragte teen Noordhoek Primêr meet. Die wedstryd begin om 13:30 en sal op ons tuisveld plaasvind. Die bus vertrek stiptelik om 13:00 vanaf die skool.

12. Die O/11- en O/13-krieketspanne sal op Dinsdag, 21 Februarie 2017, kragte teen Citrusdal Primêr meet. Die wedstryde vind op ons sportvelde plaas en onderskeidelik om 14:00 en 16:00.

13. Laerskool Olifantsvallei het behoorlik Valentynsdag gevier soos u op al die foto’s kan sien! ’n Opregte woord van dank aan me. Leandré Claassen, mnr. Henlo Davel en al die prefekte vir hul inisiatief en moeite om Valentynsdag nog meer spesiaal vir ons leerders te maak.

Vriendelike groete

.............................

J. HAMMAN

SKOOLHOOF

Page 3: Laerskool Olifantsvallei - withtank.commedia.withtank.com/b0ce0444ac/nuusbrief_17_februarie_2017.pdf · 33m Vlinderslag (Dogters 9) - 34.36 Dieter Naudé – 33m Skopbord (Seuns 8)
Page 4: Laerskool Olifantsvallei - withtank.commedia.withtank.com/b0ce0444ac/nuusbrief_17_februarie_2017.pdf · 33m Vlinderslag (Dogters 9) - 34.36 Dieter Naudé – 33m Skopbord (Seuns 8)