16
LANDBOUBELEID EN LANDELIKE ARMOEDE IN SUID AFRIKA: ‘N ONDERSOEK OOR DIE AFGELOPE 20 JAAR UITVOERENDE OPSOMMING Saamgestel deur Stephen Greenberg S URPLUS P EOPLE P ROJECT

LANDBOUBELEID EN LANDELIKE ARMOEDE IN SUID AFRIKA: ‘N ...spp.org.za/wp-content/uploads/2017/01/AFRIK-AGRI-EXEC-SUMMARY.pdf · om hul skuld terug te betaal. Die kenmerke van die

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

LANDBOUBELEID EN LANDELIKE ARMOEDE IN SUID AFRIKA:‘N ONDERSOEK OOR DIE AFGELOPE 20 JAARU I T V O E R E N D E O P S O M M I N G

Saamgestel deur Stephen Greenberg

SURPLUSP E O P L EPROJECT

LANDBOUBELEID EN LANDELIKE ARMOEDE IN SUID AFRIKA:‘N ONDERSOEK OOR DIE AFGELOPE 20 JAARU I T V O E R E N D E O P S O M M I N G

Saamgestel deurStephen Greenberg

Vir die Surplus People ProjectKaapstad

Stephen Greenberg is ‘n navorser met ën belang in voedselsisteme, grond en landbouhervormingen landelike ontwikkeling.

Ricado Jacobs (Navorsing en Inligting Bestuurder by SPP) het die redigering van die verslaggedoen.

Die verslag was voorberei deur die Surplus People Project in Kaapstad.Geen gedeeltes van die verslag mag reproduseer word sonder die skriftelike toestemmingvan SPP nie.

© Surplus People Project - Mei 2009

Posbus 468Athlone, 7760, Suid AfrikaTel: +27 21 4485605Faks: +27 21 4480105Epos: [email protected]: www.spp.org.za

ErkenningsSPP wil graag hul waardering en dank betoon aan die Comité contre la Faim et pour leDeveloppement (CCFD), Saskatchewan Council for International Cooperation (SCIC) en dieUnited Church of Canada (UCC) vir die befondsing van die navorsing en publikasie vandie verslag.

SURPLUSP E O P L EPROJECT

KAAPSTAD45 Collingwood WegOBSERVATORY 7925Tel: 021 448 5605Faks: 021 448 0105

Besoek ons webwerf:www.spp.org.zaEpos adres: [email protected]

NAMAKWALANDEenheid C106,Hopley Sentrum,Hv. Hof / Van Riebeeck /Van der Stel StrateSPRINGBOK8240Tel: 02771 81370Faks: 02771 81302

HANTAM KAROO18 Stigling StraatCALVINIA, 8190Tel: 0273 411753Faks: 0273 412548

CITRUSDAL89 Voortrekker StraatCITRUSDALTel: 027 22 921 2682Faks: 027 22 921 2682

1

DEEL I: WÊRELDKONTEKS

Landbou binne die breë ekonomieLandbou moet verstaan word in sy verhouding tot die breër kapitalistiese ekonomie, aangesiendit ‘n integrale deel is van die ekonomie. Veranderinge in die landbou- ekonomie was beidedie oorsaak en gevolg van veranderinge in die breë ekonomie, met tegnologiese vorderingwat ‘n kritiese rol speel in die proses. Tussen die einde van die wêreldoorlog in 1945 en die1970’s was groei in landbouproduksie sterk en wêreld integrasie het vinnig voortgegaan(alhoewel ongelyk). Nogtans, die struktuur van die globalisering van landbou het in krisis gegaanin die vroeë1970’s, deels as gevolg van interne oorsake ((die mislukking van die Sowjet (Rusland)se koringoes en die gevolglike impak op die koringmark en voedselsteunstelsel), en deels asgevolg van eksterne oorsake (die oliekrisis, wêreldwye resessie en die gevolglike skuldkrisis).

‘n “Politieke produktiwistiese” model het die basis gevorm van die wêreld landbou- struktuur.Dit beteken, die staat het ‘n ekonomiese model ondersteun wat gefokus het op die produksievan al hoe meer kommoditeitsuitsette as die primêre doel van landbou. Die krisis in die 1970’shet die basis gelê vir ‘n stryd tussen die wat wou voortgaan met 'n (staatsondersteunde)produksiestelsel, en die wat die tipe van staatsondersteuning wou vernietig en beweeg na ‘nmeer markgebaseerde produksiestelsel. Die omstandighede van die krisis was tot voordeel vanlaasgenoemde en (betwiste) beleide van deregulasie en handelsliberalisering het gevolg. .

2

Die skuldkrisis van die laat 1970’s en 1980’s was veroorsaak deur lenings wat toegestaan isop die basis van ’n verwagting van volgehoue groei van nasionale ekonomieë en diewêreldekonomie. Die wêreldwye resessie het egter beteken dat lande wat geld geleen het, konnie hul skuld kon terug betaal nie, omdat hulle nie instaat was om genoegsame buitelandsevaluta (of betaalmiddele) te verdien nie. Strukturele Aanpassingsprogramme (SAP’s) was geforseerop lande in Suid-Amerika en Afrika as maniere om te verseker dat die regerings instaat wasom hul skuld terug te betaal. Die kenmerke van die SAP’s was dieselfde soos die opkomendebeleide van deregulasie en liberalisering. Een van die sleutelvoorwaardes was ondersteuningvir die oorskakeling na ‘n uitvoeroriëntasie in landbou met ‘n klem op kontantgewasse inteenstelling met die aanspreek van die plaaslike aanvraag na voedsel. Die programme wassuksesvol om die struktuur van die ekonomie in die gasheerlande aan te pas (ten gunste vanondergeskikte integrasie in die nuwe opkomende internasionale verdeling van arbeid), maardie gevolge was ‘n verdere vergrotende skuld en ‘n dreinering van bronne van die armes nadie rykes wat tot vandag toe voortduur. Die skuld het verskeie lande in die siklus van armoedegedompel.

Strukturele kenmerke van internasionale landbouTegnologiese vooruitgang (veral in saad, chemikalieë, masjienerie, verkoeling en vervoer) hetgelei tot die ekonomiese konsentrasie en dominering van industriële landbou wat kommoditeitevir die nasionale- en internasionale markte geproduseer het. Landbouproduksie bly nog steedsoorweldigend kleinboer- en klein skaalse boer- gebaseerd, en dit bied ‘n geleentheid omlandbouproduksiesisteme weg van die industriële model te lei. Hierdie produsente werk egterin die skadu van landbou kommoditeitsmarkte wat gedomineer word deur ‘n relatiewe kleinaantal grootskaalse produseerders en korporasies regdeur die waardeketting. Die tegnologieis geanker met die genetiese kode van samelewings wat dit ontwikkel het. Tegnologiesevooruitgang soos die Groen Rewolusie, en later genetiese manipulering het die ongelykhedeverskerp en gelei tot ‘n vinnige korporatiewe konsentrasie in die waardeketting van insette totby verkope. Konsentrasie in eienaarskap het gelei tot ‘n groter aandeel van waardetoevoegingdeur dieselfde korporasies.

Ekologiese impakte van industriële landbouDie industriële model van landbou het ‘n vernietigende impak op die omgewing en sosialestruktuur van landelike gebiede gehad. Die landbousisteem is amper geheel-en-al afhanklikvan fossielbrandstof vir oorlewing regdeur die waardeketting. Die agro voedselketting is ‘n grootbydraer tot kweekhuisgasuitlatings wat versnelde klimaatsverandering veroorsaak, beide in dieproduksiemetodes wat gebruik word en die indringing op “koolstofopvangers” (”carbon sinks”)soos woude. Die lewendehawe industrie is die grootste produseerder van kweekhuisgasse en‘n omskakeling van ‘n vleisgebaseerde dieét na ‘n plantgebaseerde dieét kan ‘n noemenswaardige

3

effek het om beide kweekhuisgasuitlatings te verminder en om meer voedsel beskikbaar te stelvir mense (aangesien 40% van grane vir veevoer gebuik word). Lang-afstand vervoer, verallugvervoer, en die verwante verkoelingstegnologie dra aansienlik by tot koolstofuitlatings in diekommoditeitsketting. Die energie-aanvraag van huishoudings om voedsel te stoor en voor teberei is ‘n ander noemenswaardige bydraer tot klimaatsverandering.

Industriële landbou en sy verwante kommoditeitskettings het omvattende impakte op toenemendeplaag- en onkruidweerstand, die vernietiging van heuningbye, verlies aan genetiese diversiteit,oorbenutting van water, gronderosie, en die vermindering in die voedingskwaliteit van voedsel.Die bekendstelling van genetiese aangepaste saad dreig om die situasie te versleg.

Wêreld landbou beleidshervormingWêreld landbou beleidshervorming oor die afgelope twintig jaar word gedomineer deur dieonderhandelinge van die Wêreld Handelsorganisasie (WHO)-bestuurde Ooreenkoms vir Landbou(”AoA”). Die Ooreenkoms dien die belange van korporatiewe landbou ten koste van kleinskaalseboere en kleinboere. Die meeste landbouproduksie word plaaslik verbruik en landbouhandelsliberalisering dien twee doelwitte, naamlik: i) om weg te doen met chroniese oorskottewat deur oorgekapitaliseerde boere met ‘n groot skuldlas in die gevorderde industriële landegeproduseer word; en ii) om ‘n verandering in produksiepatrone in minder ontwikkelende landete bevorder om in die behoeftes van verbuikers in die noorde te voorsien. Die beleidshervomingkonsolideer die dominante industriële model van landbou.

In wese is die struktuur van die Ooreenkoms van Landbou gedraai na die belange vangrootskaalse produsente in die VSA en Europese Unie (EU), met definisies van die tipe ondersteuninggebaseer op hulle behoeftes. Die gevolg was dat die ontwikkelde industriële lande, met hulvermoë om groot ondersteuning te bied aan landbou produsente, instaat was om voort te gaanmet die ondersteuning, terwyl die arm lande, wat nie instaat was om op dieselfde wyseondersteuning te kon gee nie, verbied was om dit te doen. Aangesien die ooreenkoms gedraaiwas na die belange van dominante produsente in die VSA en EU, was die terme meestalnagekom. Ongeag dit, was dit egter nie moontlik om sanksies teen hulle te mobiliseer nie, selfswaar hulle die terme van die ooreenkoms verbreek het, soos in die geval van die VSA sekatoensubsidies.

Die posisies wat tydens die onderhandelinge geneem is, moet verstaan word in die konteks vankompeterende belange binne die VSA, die EU en tot ‘n mindere mate ander lande. Om hierdierede kan die onderhandelingsposisies nie gelees word uit die politieke neigings van dieheersende elite nie. Dit moet eerder verstaan word as ‘n skikking tussen verskillende belange.Dit laat ons toe om sin te maak van die skynbare teenstrydighede van sommige van die posisieswat deur verskillende lande aanvaar is.

4

Dit laat ons ook toe om te erken dat die handelsonderhandelinge tussen state is, maar namensdie magtige besigheidskiesafdelings in hul onderskeie lande. Die dominante benadering is eenvan markgedrewe produktivisme, wat die produksie van kommoditeite as die oorheersendedoelwit van landbou identifiseer, met sosiale- en ekologiese funksies ondergeskik tot dit. In hierdiebenadering word die mark gesien as die hoof reguleringsmeganisme. Ander belange, wat diesosiale- en ekologiese kwessies insluit bestaan wel, maar word meer en meer op die kantlyngeskuif in die onderhandelings. Nietemin, die ander benaderings vorm die basis vir potensiëlekoalisies tussen belange- groepe wat andersins mag blyk dat hulle min in gemeen het.

Impak op landelike armoede en kleinboereOm die impakte van beleidhervormings en sektorherstrukturering op landelike armoede na tespoor is moeilik, nie net omdat statistieke onbetroubaar is nie, maar ook omdat dit onmoontlikis om te beheer vir verskeie veranderlikes. Wêreldwyd, was daar ongelyke veranderinge inlandelike armoede oor die laaste twintig jaar, met sommige lande wat ‘n afname in armoedevlakkeervaar en ander met stygende armoedevlakke. Onnodig om te sê dat teen die draai van dieeeu, wêreldwyd lewe ‘n groot getal landelike mense in uiterste armoede - ongeveer 900 miljoen(75% van arme mense). Die meeste van die arme mense lewe in Suidoos-Asië, alhoewelarmoede die ergste is in Sub-Sahara Afrika. Daar is ‘n sterk oorvleuling tussen die getal kroniesehonger mense en die getal van uiterste arm mense in landelike gebiede. Die getal van uiterstearm mense het gestyg soos voedselpryse verhoog het. Aanduidings wys daarop dat landelikearmoede verder sal toeneem eerder as om af te neem, ten spyte van die Millennium OntwikkelingsDoelwitte (van die Verenigde Nasies) beloftes en retoriek. Dit laat vrae ontstaan oor die verwantskaptussen hoê voedselpryse en die verbetering van boere in ontwikkelende lande se inkomste wataangebied word as die primêre regverdiging vir die waarde van landbou handelsliberalisering.

Dit is moeilik om presies uit te werk wat die bydrae van deregulering en handelsliberaliseringin landbou tot hierdie toedrag van sake is. Natuurlik speel dit ‘n rol, en ‘n belangrike rol aangesienlandbou die hoof ekonomiese aktiwiteit is in landelike gebiede. Soos met armoede, is daar geeneenvoudige storie omtrent landbougroei in ontwikkelende lande en streke oor die afgelope tweedekades nie. Die effek van globalisering, deregulering en liberalisering was ongelyk, beide ooren tussen lande. ‘n Paar ontwikkelende lande kan effektief in die wêreldmarkte kompeteer often minste uitvoernismarkte hou, en dus voordeel trek uit die beleidhervormings. Sommige vandie lande, soos Brasilië en China, is hoofuitvoerders in eie reg. Maar oor die algemeen, tenspyte van die retoriek oor die afgelope dekades, het ontwikkelende lande nie hul aandeel vandie wêreldmark in landbouopbrengs verbeter nie. Die historiese- en strukturele kenmerke van‘n land is baie belangrik. Die unieke eienskappe van ‘n land kan die “pad” bepaal wat hullemag volg in pogings om armoede te verminder. Dit gaan teen die grein van die dominantepolitiese projek wat poog om dieselfde model van hervorming aan elke land af te smeer, ongeagvan die konkrete omstandighede ervaar deur hierdie lande.

5

Kleinskaalse boere en landbou beleidshervormingSoos met lande, is die impak van deregulering en liberalisering op individuele produsenteongelyk. Die wat dit regkry om ‘n voet in die mark te kry, kan voordeel trek deur toegang tot nuween groeiende marke te kry, wat nuwe bevoegdhede stimuleer, en moontlik ‘n vermenigvuldigerseffekveroorsaak en werksgeleenthede in landelike gebiede genereer. Maar daar is baie meer watnie in staat was om deel te neem nie, selfs as basiese produsente. Deregulering het kritiekeondersteuningsfunksies soos inligting, berging, navorsing en voorligting verwyder. Insetverskaffingwas die groot ongeval van liberalisering en deregulering in Afrika. Die ontbinding van diebemarkingrade as deel van die dereguleringsproses het gelei tot die skielike en voortgesetteonbestendigheid in kommoditeitspryse. Deregulering het ook die ontstaande verwerkingsindustriein Afrika vernietig.

Handelsliberalisering het nie die wesenlike effek gehad nie. Hoër verdienste van uitvoer gewassehet nie gerealiseer soos verwag is nie. Kommoditeitspryse het skerp gedaal en winste aan boerehet soms laer as die koste van produksie gedaal, wat baie kleinboere in armoede gedompelhet. Die binnelandse mark bly nog steeds die kernmark vir landbouproduksie, selfs in die VSAen die EU. Maar oor dekades van kapitalistiese produksie en regeringsbeleide wat grootskaalseproduksie bevoordeel, het dit sommige lande in staat gestel om massiewe oorskotte van basiesekommoditeite te produseer, terwyl anders toenemend ingetrek was om voedsel te koop eerderas om voedsel vir hulself te produseer. Nuwe markte in die ryk lande het vir ongewone goedereoop gegaan, en die produksie wat in arm lande agtergebly het, word dan gekanaliseer nadaardie markte in die hoop om inkomste te geneer om vir skuld te betaal en om voedsel in tevoer. Die manier hoe handel selektief geopen is en die manier hoe beleide selektief tot handelgeoriënteer is, versterk die tendens vir groter ongelykheid en groter afhanklikheid. Die openingvan plaaslike markte vir invoere het die effek om voedselpryse op die korttermyn te verminder,maar bedreig binnelandse voedsel- produksie op die langtermyn.

Burgerlike organisasies se reaksieTerwyl die strukturele druk groot is en die keuses toenemend beperk word, het kleinboere hulselfgeorganiseer en weerstand gebied teen ontoepaslike handelsliberalisering-, deregulering- enneoliberale globaliseringprosesse. ‘n Styging in stryde in Asië, Sentraal- en Latyns-Amerika enAfrika het grond- en landboutransformasie weereens op die globale agenda geplaas. ‘nKernkonsep in hierdie verband is voedselsoewereiniteit. Dit is gewortel in ‘n regsgebaseerdebenadering tot voedsel en landbou met die volgende sleutelelemente: prioriteit vir plaaslikelandbouproduksie om mense plaaslik te voed; die reg van lande om hulself te beskerm teenstorting van te-laag-geprysde landbouprodukte; die behoefte vir landboupryse om direk verbandte hou met produksiekoste; die hoofstroming van agro- ekologiese produksie wat erkenning geeaan voedselproduksie, volhoubare bestaansmiddelle, lewende landskappe en omgewingsintegriteitas integrale deel tot landelike volhoubaarheid.

6

Voedselsoewereiniteit gaan oor meer as die konsep voedselsekerheid, want terwyl beide voorhoudat elke persoon moet sekerheid van genoeg kos het om elke dag te eet, is voedselsekerheidas ‘n konsep stil oor die vraag van waar voedsel vandaan kom of hoe dit geproduseer word. Inteenstelling, wys voedselsoewereiniteit op die vermoë van ‘n nasie of groep mense, om hulselfte voed as ‘n kwessie van fundamentele sekuriteit. Die verband wat gemaak word is op die basisvan kwessies rakende landbouproduksie en handel, en ander breër kwessies van grond- enlandboutransformasie, het kleinboere en georganiseerde grondlose bevolkings saamgebring veralin Via Campesina.

DEEL II: LANDBOU BELEID EN STRUKTURELE VERANDERINGE IN SUID-AFRIKA

Agtergrond tot Suid Afrikaanse LandbouSuid-Afrikaanse landbou word gekenmerk deur ‘n historiese tweeledigheid wat gekenmerk is deurgrond en landbouinfrastruktuur en bronne wat gekonsentreer was in die hande van ‘n kleinminderheid van wit kommersiele boere aan die eenkant, en die sistematiese vernietiging vantoegang tot grond en landbouproduksie vir die swart (afrikaan, bruin en indiër) meerderheid aandie ander kant.

7

Voor die 1970’s het staatsondersteuning vir kommersiële landbou gefunksioneer binne ‘n duidelikediskoers van politieke produktivisme, met ras eksklusiwiteit. Die struktuur van ondersteuning hetgeneig om kapitaal en grond te konsentreer in al-hoe groter eenhede. Die afsonderlike- enapartheidsregering het sommige halfhartige pogings aangewend om individuelelandbouprodusente in die kommunale gebiede te ondersteun, maar die pogings het nie gehelpom ‘n produktiewe landbousektor te bou nie. Die gevolg was dat vir die meerderheid van dievoormallige tuislandbevolking landbou ‘n kleiner en kleiner persentasie tot die huishouding seinkomste bygedra het.

Deregulering en handelsliberaliseringHuidige prosesse van deregulering en liberalisering in die landbou ekonomie in Suid- Afrikahet hul wortels in die 1970’s. Die resessie van die 1970’s het veral die landbou- sektor hardgetref, en is gekenmerk deur groot getalle relatiewe onbevoegde, arbeidsintensiewe individueleondernemings. Die regering het gereageer deur ‘n geleidelike verandering na ‘n meer vrye markbenadering. Beleide was georiënteer tot die konsolidering en ondersteuning van ‘n produktiewekern in landbou. Die massa demokratiese beweging het ‘n beperkte kapasiteit getoon om ‘ngedetaileerde analise van die landbou ekonomie te maak en iets daaromtrent te doen. Kontinuïteit,pleks van ‘n breek het dus landboubeleid gekernmerk in Suid Afrika in die post- apartheid era.Post-apartheid landboubeleid het voortgegaan om die pad na modernisering van dielandbousektor, die “uitskud” van die sektor sodat onbevoegde boere die sektor moes verlaaten hul landbou-eenhede was oorgedra aan minder, maar as groter, gekonsolideerde eenhede.Binne die raamwerk het die ANC gepoog om ‘n swart boerderyklas te ontwikkel wat op gelyketerme met die wit kommersiële boere kon deelneem.

Volle deregulering was verseël met die aanneming van die Bemarking van Landbou ProdukteWet in 1996, wat gelei het tot die sluiting van die bemarkingsrade en ‘n einde gemaak het aanstatutëre uitvoer monopolieë. Die 1996 Wet het hoofsaaklik ‘n ”vryemark” vir voedsel geskep.Handelsbeleid was hervorm om die dekades van inwaartse industriële strategie om te swaaien om die ekonomie te verander op ‘n uitvoer- georiënteerde pad.

Landboukundige grondhervoming, klein skaalse boere ondersteuning en swart ekonomiesebemagtigingGrondhervorming was ‘n belangrike deel van die post-apartheid regering se planne virherverdeling en regstelling in landelike gebiede. Die Herkonstruksie en Ontwikkelingsprogram(”RDP”) het gevra vir die oordrag van 30% van landbougrond in die hande van swartmenseteen 1999. Die grondhervormingsprogram was eers geskep as ‘n armoedeverminderingsinstrument. Nogtans was die program nie goed deurdink nie en het dit nie die finansiële- enpolitieke steun ontvang op die skaal wat dit vereis het om die teiken te realiseer nie.

8

Die 30% teiken was later verskuif na 2014, en in 2000 was die herverdelingsprogrammevernuwe om meer te fokus op die skep van ‘n kommersiële boerderyklas deur die GrondHerverdeling vir Landbou Ontwikkeling Program (”LRAD”). Nietemin, teen middel-2008 wasslegs 5% van grond deur die program oorgedra. Die gevolg is dat grondhervorming nie ‘nnoemenswaardige bydrae gemaak het beide tot die landbou-ekonomie of tot transformasiein landelike gebiede nie, ten spyte van die potensiaal om dit te doen.

Afgesien van die aankoop van grond, het die staat verantwoordelikheid geneem vir die verskaffingvan hulpbronne om nuutgevestigde boere in staat te stel om die grond produktief te gebruik.Landboukundige ondersteuning het in wese verskuif van grootskaalse (wit) kommersiële boerena swart opkomende boere met die doel om laasgenoemde te help om kommersiële boerein eie reg te word. Nogtans was die begroting erg verminder in die besparende konteks vanGEAR wat in wese baie van die fisiese- en sosiale infrastruktuur vernietig het waarop geboukon word om opkomende boere te ondersteun. Alhoewel die landboubegroting beduidendin nominale terme gestyg het vanaf 2000, het dit onder 0.5 % van die nasionale begrotinggebly wat aandui dat dit nie toegeneem het in prioritiet m.b.t. die staat se oorkoepelendebeplanning, nieteenstaande die verhogings.

Die Omvattende Landbou Ondersteunings Program (Comprehensive Agricultural SupportProgramme - CASP) van die Departement van Landbou is in 2003 begin om ‘n opkomer-(”sunrise”) pakket van ondersteuning aan nuutgevestigde boere te verskaf. CASP was niegesinchroniseer met LRAD nie en het slegs gefokus op infrastruktuur en was dus nie omvattendnie. Die Grond en Landbouhervorming Program (Land and Agrarian Reform Programme (LARP))was in 2008 ontwikkel om die grondkwessie en landbou nouer te integreer. Die vyf (5)hoofdoelwitte hiervan is: die verspreiding van vyf miljoen hektaar grond aan 10 000 begunstigdes;die verhoging van nuwe landbou-entrepreneurs met 10-15%; verskaffing van universeleondersteuning; die verhoging van landbouproduksie met 10 -15% en om toegang tot marktemet 10 -15% te vergroot. Die Ilima/Letsema Veldtog was in 2008 geloods om die produktiewegebruik van grond te ondersteun. Daar word verwag dat die begroting vir die veldtog viervoudigsal toeneem in die mediumtermyn tot R400 miljoen in 2011/12. Nieteenstaande die toekomstigegroei in hulpbronne vir landboukundige ondersteuning bly die hulpbronne vir kleinskaalse boereondersteuning beperk. Die LARP dokument beveel aan dat die 30% grondoordragteikenweereens verskuif word na 2025 - maar dan sal befondsingsvereistes ook toeneen.

Die onderbeklemtoning van ondersteuning vir koöperatiewe boerdery in LARP is nie noodwendigteenstellend met die nuwe beleide wat die vorming van koöperasies ondersteun nie. Terwyllandbouproduksie eintlik moet begin op die basis van individuele ondernemings is daar ‘nnoemenswaardige, self ‘n kritiese rol vir koöperatiewe organisasie m.b.t. insetverskaffing enbemarking en verspreiding van produkte.

9

‘n Swart ekonomiese bemagtigingsraamwerk vir landbou (AgriBEE) is in 2004 vrygestel en ‘nsektorhandves is in 2008 gepromulgeer om die betrokkendheid van swart besighede in landbouregdeur die kommoditeitsketting te vergroot.

Agro-ekologiese beleid en implementeringUit ‘n beleidsoogpunt erken die regering sy verantwoordelikheid om die volhoubare gebruikvan natuurlike hulpbronne te bevorder, die identifisering van die hulpbrongebruiker as dieprimêre bewaarder van natuurlike hulpbronne en het die beginsel aanvaar dat dié wie natuurlikehulpbronne beskadig verantwoordelik is om die koste te betaal vir regstellende aksies.Nieteenstaande, kan hul praktyk beskou word binne die raamwerk van “ekologiese modernisasie”,wat kwessies van doeltreffendheid, kompeterendheid, bemarkbaarheid (met betrekking tottoerisme), buigsaamheid en (kapitalistiese) ontwikkeling bo die behoud van verbetering vanomgewingsintegriteit en -samehorigheid plaas.

Die Suid-Afrikaanse regering het twee kontroversiële nuwe tegnologieë in die afgelope jareaangeneem: geneties-gemanipuleerde (”GM”) gewasse en biobrandstowwe. Geneties-gemanipuleerde gewasse word sedert 1997 in Suid-Afrika verbou. In 2008 is 1.8 miljoenhektaar GM geasse in Suid-Afrika geproduseer. Dit het Suid-Afrika die agste grootste produseerdervan GM gewasse in die wêreld gemaak. Alhoewel die regering die skep van markte virkleinskaalse boere voorhou as die hoofrede, is die logika van die biobrandstofstrategie omgrootskaalse monogewaslandbou daar te stel. Die strategie sluit die gebruik van mielies enjatropha as veevoer uit op grond van voedselsekuriteit en omgewingsgronde onderskeidelik.Die ondersteuning van beide GM tegnologie en biobrandstowwe dui op die voortsetting van‘n kommersiële, produksiegedrewe denkrigting van die regering.

IMPAK VAN LIBERALISERING EN DEREGULERINGEkonomiese prestasie van die kommersiële landbousektor

Investering in landbou het sterk toegeneem tydens die periode van deregulering en liberalisering.Die grootste toename in beleggings was in trekkers, masjinerie en implemente, en dit kangedeeltelik verduidelik word deur hoër pryse. Nuwe beleggings was grootliks gefinansier deurskuld, met ‘n vergrotende gaping tussen skuld en kapitaalakkumulasie. Nietemin, die waardevan grond het merkwaardig toegeneem en dit het beteken ‘n vermindering in die skuld-bateverhouding tot historiese lae vlakke. Of dit gebaseer was op spekulasie moet nog gesien word.Netto plaasinkomste het afgeneem in die 1990’s, maar het weer gestyg aan die begin vandie nuwe dekade. Een gevolg van deregulering en liberalisering was die grootskaalse omskakelingvan weiding-en landbougrond in wildreservate om sodoende voordeel te trek uit investeringin toerisme. Die hoofproduksieskuif was van grane na lewende hawe in marginale areas, en‘n toename in intensiewe boerdery in hoë potensiaal gebiede - veral in tuinboukundige produksie.Landboukundige uitvoere het gestyg, veral uitvoer van geprosesseerde goedere.

10

Konsentrasie in waardekettingsTwee tendense in die waardekettings kan uitgelig word. Die eerste was die ontbondeling vandie konglomerate in die laat 1980’s en hul landboubelange. Die tweede tendens was ‘nhernude konsolidasie d.m.v. samesmeltings en verkrygings/aankope in alle nodes van diewaardeketting. Konsentrasie is baie duidelik in insetverskaffing, plaasproduksie, agro-prosesseringen voedselverkope. Die privatisering van groot landboukoöperatiewes het daartoe bygedradat hulle belangrike rolspelers in die waardeketting geword het.

VoedselpryseEen van die genoemde redes vir die deregulering en liberalisering van die landbousektor isdat dit die prysverwringing, wat gekenmerk is deur die apartheid regulatoriese sisteem, verwyderen die begunstigde posisie van produseerders oor gebruikers sou elimineer. Oor die afgelope20 jaar het die algehele voedselpryse afwaarts geneig, maar onbestendigheid het toegeneemmet deregulering - veral die deregulering van voedselpryse. Voedselprys-onbestendigheid hetdie grootste impak op arm mense, omdat hulle nie die hulpbronne het om die prysskokke teabsorber nie. Die sterk devaluasie van die rand in 1998, 2001 en so onlangs as 2008 hetën inflasionëre effek op voedselpryse gehad. Die ongelyke en gedempte neigings in verbruikvan drie essensiële produkte (mielies, koring en groente) stuur nie ‘n positiewe beeld uit vandie uiteindelike maatstaf van deregulering en liberalisering nie - om voedselpryse meer toeganklikte maak vir die bevolking.

Landelike armoede en kleinskaalse boereTeen die einde van apartheid het ‘n aantal makro-ekonomiese aanpassings ‘n negatiewe impakop die lewens van landelike arm mense gehad. In landelike gebiede het die ontvangs vangeld/goedere as ‘n bron van inkomste opgedroog. In die eerste jare na Apartheid, het pogingsom inflasie hok te slaan, die begrotingstekort te verminder en eskalerende skuld te beheer dieregering genoop om minder te spandeer, insluitende ‘n vermindering in die welsynbetalingsaan tuislande. Desentralisasiebeleide wat die tuislande se groeipunte bevoordeel het, is opsygesit met die gevolg dat baie landelike industrieë gesluit het. Soos die makro-ekonomiegestabiliseer het, het die regering weereens welsynbesteding verhoog. Sonder enige twyfel hetdie uitbreiding van sosiale toelaes aan armes die mees positiefste impak op armoede in dielandelike gebiede gehad sedert die beëindiging van Apartheid. .Die grondhervormingsprogram en die reörientasie van landboundersteuning aan kleinskaalseboere het die aantal swart kommersiële boere vergroot. Nieteenstaande het grondhervorming‘n beperkte invloed gehad op die huidige landboustruktuur. Die uitfasering van beheermeganismesen die sluit van bemarkingsrade het tot ‘n tekort van essensiële dienste, wat voorheen deur rade,koôperasies verskaf is bv. stoorfasiliteite, gradering, aflewerings, waardetoevoeging, inligting-disseminasie en navorsing aan kleinskaalse boere, gelei. Voorbeelde wat voorgehou wordas suksesverhale vir swart landbou in Suid-Afrika is die kontrakboere in die suiker-, bosbou-,katoen-, tee-, vrugte-, blomme-, groente- en tabaksektore.

11

Nietemin, by nadere ondersoek, is resultate nie altyd so goed soos dit voorgestel word nie.Die ervaring van herstrukturering en deregulering van die landbousektor in Suid-Afrika tot ophede dui daarop dat die geleenthede vir sukses vir nuwe toetreders, kleinskaalse boere enboere van die vorige tuislande, erg aan bande gelê word.

PlaaswerkersLandbouherstrukturering sedert 1970 het gelei tot ‘n skerp afname in die aantal werkers watop kommersiële plase werksaam was. Van die hoogtepunt van meer as 1.6 miljoen werkers(permanent en tydelik) in 1970 het die aantal werkers afgeneem tot 600 000 in 2005. Diesterkste indiensnemingskakel word gevind in landbousektore wat fokus op die plaaslike mark,maar hierdie sektore het onder druk gekom as gevolg van die uitvoergedrewe makro-ekonomiesestrategie. Vroue plaasbewoners is die ergste geraak deur die herstruktureringsproses. Dit isveral as gevolg van die verlies aan voltydse werk en die oorskakeling na onsekere seisoenalewerk.Die uitbreiding van arbeidsregte en die minimum loonbedeling vir plaaswerkers het tot ‘n mate‘n bemiddelende impak op plaaswerkers gehad m.b.t. die herstrukturering. Nietemin, dieoorskakeling van hierdie papierregte na werklike regte is grootliks afhanklik van die organiseringvan werkers, ‘n verskillende bestuursbenadering tot arbeid en die staat se kapasiteit omarbeidswetgewing toe te pas.

Die proses van die modernisering van die Suid-Afrikaanse landbou het daartoe gelei dat diestaat nie ingemeng het soos (kommersiële) boere hul werkers verminder het nie. Van 1994 tot2004 is 2.35 miljoen mense van plase verskuif, waarvan omtrent een miljoen hiervan uitsettingswas. Slegs 1% van die uitsettings was wettige uitsettings. ‘n Tendens wat voor die instellingvan die arbeidswetgewing ontstaan het, maar was ook ‘n onbedoelde gevolg van ESTA enminimum loonwetgewing, was die geleidelike beweging van plaasarbeiders van plase nalandelike gebiede en somtyds stedelike informele nedersettings. Nasionale statistieke oorplaaslone is baie swak. Ongeag van dié tendens is dit duidelik dat plaaswerkers steeds baielae lone ontvang - of gemiddeld minder as R1500/maand vir voltydse werkers in 2007.

SLOTSOM

Landboubeleidhervorming oor die afgelope 20 jaar oor die wêreld is gedomineer deur strydeoor handelsliberalisering, deregulering en staatsondersteuning aan landbou. Dit het saamgevalmet tegnologiese ontwikkeling en die konsentrasie van eienaarskap en beheer van kapitalistieseproduksie. By verre het die beleide die ongehinderde beweging van kapitaal en konsentrasiedaarvan bevoordeel. Of lande verkies het om dit te doen en of hulle geforseer is om dit tedoen, nogtans het die meeste lande hul beleide in lyn met die dominante model gebring.

12

Dit is op globale vlak gekoördineer deur internasionale instellings, en spesifiek die Wêreldbanken die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) (deur voordurende beheer oor die skuldtoestandevan minder ontwikkelde lande) en die Wêreld Handels Organisasie (”WTO”) (deur beheer oordie onderhandelde handelsraamwerk uit te oefen). In Suid-Afrika was die post-apartheidregering se rasionaal vir die ondersteuning van deregulering en handelsliberalisering die idéedat dit die basis van kommersiële produseerders sou vergroot, voedselpryse sou verlaag eninvestering en werksgeleenthede sou skep . Die resultate van hierdie doelwitte is ongelyk, maaroor die algemeen is dit nie gunstig nie. Daar is ‘n verkleinende basis van kommersiëleproduseerders, met ‘n klein aantal swart toetreders in omstandighede wat dit baie moeilik maakom op gelyke grondslag te kompeteer, asook die konsentrasie in die waardeketting wat toegangverder bemoeilik. Voedselpryse het nie noemenswaardig verminder nie, indien enigsins, en isuitgelewer aan groter onbestendigheid wat hoofsaaklik aan onvoorspelbare wêreldmarktegekoppel kan word. Die per capita verbruik van basiese voedsel het sterk afgeneem in die1990’s en alhoewel dit geleidelik toegeneem het in die 2000’s het dit onder die vlak van die1980’s gebly. Deregulering en liberalisering het definitief gelei tot groter investering in dielandbousektor en in die waardeketting, maar met konsentrasie en ongelykheid en spekulatieweinvestering wat bygedra het tot voedselprysonbestendigheid. Hierdie investering het ook niegelei tot groter indiensneming nie. In teendeel, daar was ‘n skerp afname in indiensnemingin landbou en vinnige groei in ander wisselvallige vorme van werk bv. “af”- plaas (”off farm”)werk en die fragmentasie van hul bestaansmiddelle.

Om die negatiewe tendense te keer vereis ‘n totale ommekeer van die landbousektor. Diebasis hiervan is ‘n nie-wins ekonomie, waar gebruikwaarde botoon sal voer oor ruilwaarde.Die mark - wat in wese deur mense geskep is en bestaan uit alledaagse sosiale interaksies -moet hervasgelê/hergedefinieer word in beide natuur en samelewing. Die hoofdoel vanproduksie moet wees om in basiese plaaslike behoeftes te voorsien. Dit kan die beste verwesenlikword deur produksie nader aan verbruik te bring (beide stedelik en nasionaal) en deur plaaslikeproduksie vir plaaslike verbruik, sover moontlik. ‘n Uiteenlopende/diverse produksiebasis wordbenodig - beide in grootte en metode. Dit is belangrik om kennis te neem dat pogings omresponse tot realiteit te standardiseer - om een model van ontwikkeling voor te hou - is verdoemtot mislukking. Konteks-spesifieke bemiddeling is nodig. .Die enigste manier om dit te realiseer is deur grondvlak organisering en -aksie d.m.v.gedesentraliseerde aktiwiteite - wat as gefragmenteerd kan begin, maar opbou tot ‘n kritiekemassa. Dit beteken om op grondvlak te werk met ‘n konkrete siening om te verander enerkenning te gee aan ander soorteglyke pogings in verskillende velde elders en om die skakelste verstaan en om dit prakties te maak soos daar vorentoe beweeg word. Ons kan slegs leerdeur te doen. Die sterkste basis vir hierdie aktiwiteite is daardie plekke waar baie mense steedsvanaf die grond lewe. Dit kan ondersteun word deur grond en landbou transformasie watnatuurlike hulpbronne onder die voogdyskap van die mense plaas met die kennisstelsels watekologiese-en kulturele diversiteit demonstreer en bevorder.