5
1 LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS - LAERSKOOL WARMBAD INSTRUKSIES:Skryf jou naam en van op elke antwoordblad en jou nommer 1. Voltooi al die afdelings. 2. Lees die vrae behoorlik deur voordat jy dit antwoord. 3. Jy kry 5 minute om die vraestel deur te lees. Moenie gedurende hierdie tyd skryf nie. 4. Antwoorde moet op die antwoordblad geskryf word. 5. Skryf duidelik en netjies. Nommers moet dieselfde wees as op die vraestel. 6. Trek ‘n streep na elke vraag. 7. Jy moet al die vrae antwoord! Moet asseblief nie op die vraestel skryf nie! NAAM EN VAN: ........................................................................................... GRAAD: 6 L S W _________________________________________________________________________________________ VAARDIGHEID: Lees en kyk (Leesbegrip) AFDELING A – Leesbegrip: SUMMATIEWE ASSESSERING LEERAREA: AFRIKAANS GRAAD: 6 (Me. C Enslin) MODERATOR: Me. A Botha TYD: 45 minute PUNTE: 40 DATUM 08/06/2015

LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS - LAERSKOOL … · (1) 3. a) Gee een woord vir so lig soos ‘n veer (paragraaf 3). ... Ek is wakker gemaak deur die gesing van die groep wat deur

  • Upload
    others

  • View
    68

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

1

LIMPOPO DEPARTEMENT VAN ONDERWYS - LAERSKOOL WARMBAD INSTRUKSIES:Skryf jou naam en van op elke antwoordblad en jou nommer

1. Voltooi al die afdelings. 2. Lees die vrae behoorlik deur voordat jy dit antwoord. 3. Jy kry 5 minute om die vraestel deur te lees. Moenie gedurende hierdie tyd skryf nie. 4. Antwoorde moet op die antwoordblad geskryf word. 5. Skryf duidelik en netjies. Nommers moet dieselfde wees as op die vraestel. 6. Trek ‘n streep na elke vraag. 7. Jy moet al die vrae antwoord! Moet asseblief nie op die vraestel skryf nie! NAAM EN VAN: ........................................................................................... GRAAD: 6 L S W _________________________________________________________________________________________ VAARDIGHEID: Lees en kyk (Leesbegrip) AFDELING A – Leesbegrip:

SUMMATIEWE ASSESSERING

LEERAREA: AFRIKAANS GRAAD: 6 (Me. C Enslin) MODERATOR: Me. A Botha TYD: 45 minute PUNTE: 40 DATUM 08/06/2015

2

1. Wanneer en waar is Outa Lappies gebore? (2) 2. Watter wens het sy pa vir hom gehad? (1) 3. Hoekom het hy nie skool klaargemaak nie? (1) 4. Verduidelik waar hy sy bynaam gekry het. (2) 5. Wat, dink jy, beteken “Ek is gestuur om die aarde te versier”? (1) 6. Op watter manier het Outa Lappies honde in sy kunswerk uitgebeeld? (1) 7. Sê of elk van die volgende stellings waar of onwaar is.

As die stelling onwaar is, gee ‘n bewys uit die teks, om die stelling waar te maak. 7.1 Outa Lappies het in ‘n ryk huis groot geword. (2) 7.2 Hy was ‘n ongelukkige kind. (2) 7.3 Outa Lappies was sensitief teenoor mense se probleme en het hulle ondersteun. (1) 7.4 Outa Lappies het woorde kreatief gebruik. (1)

8. Beskryf wat ‘n biografie is. (1) 9. Beskryf wat ‘n outobiografie is. (1) 10. Wanneer jy ‘n lewensverhaal skryf, by watter ouderdom sal jou lewensverhaal begin? (1) 11. Skryf drie voorbeelde neer van biografieë wat vir jou bekend is en wat jy gelees het. (3)

3

AFDELING B – Taalstrukture: Vraag 1: Beantwoord die volgende vrae, nadat die leesstuk gelees is:

1. Daar is vyf bywoorde in bostaande paragraaf (1). Skryf hulle neer. (5) 2. Skryf in die indirekte rede:

a) Alfred Voetpad se woorde in paragraaf 3. (2) b) Past. Joseph se woorde in paragraaf 4. (2)

3. Skryf in die direkte rede: a) die eerste vriend se woorde in paragraaf 5. (2) b) die ander vriend se woorde in paragraaf 5. (2)

4. Skryf die regte vorm van die woord tussen hakies: a) Die (hooggelaai) waentjie is maar wankelrig. b) Die (praat) predikant is hartseer. c) Hy het oral ‘n (help) hand verleen. d) Ek is reeds (gehelp), dankie. e) Outa Lappies se (handgemaak) kunsskatte is baie waardevol. (5)

5. Skryf die volgende sinne in die ontkennende vorm: a) Almal weet wie Outa Lappies is. b) Sy werk is maklik om in die hande te kry. c) Jy kan nog van sy werk koop. d) Het jy al van hom gehoor? e) Het iemand sy lewensverhaal geskryf? (5)

6. Gebruik die sleutelwoorde tussen hakies om idiome vir die volgende te gee: a) ‘n Baie goeie geheue. (olifant) b) Die geheim is verklap. (aap) c) ‘n Slegte kopie. (kat) d) Gou kwaad word. (perdjie) e) Baie kwaad wees. (hoenders) f) Dit reën terwyl die son skyn. (jakkals) g) Nie dom wees nie. (kalkoen) (7)

4

Vraag 2: Lees die uittreksel uit ‘n dagboek en voer die opdragte uit wat daarop volg.

1. a) Waarvoor staan die afkorting Do.? b) Skryf die afkorting vir Saterdag neer. (2)

2. In paragraaf 2 is SY in hoofletters geskryf om dit te beklemtoon. Op watter ander manier kan ‘n mens die woord skryf om dit te beklemtoon? (1)

3. a) Gee een woord vir so lig soos ‘n veer (paragraaf 3). b) Gee ‘n antoniem vir jou antwoord by a). (2)

4. a) Skryf ‘n sinoniem vir skielik neer uit die teks. b) Skryf ‘n antonieme uitdrukking neer vir “sien uit na”. (2)

5. Verdeel die volgende woorde in twee groepe: simplekse en komplekse. a) onverwags b) sommer c) mure d) kitaar (4)

6. Gee die meervoud van die woorde tussen hakies: a) Sy vingers gly oor sy kitaar se (snaar) en skep mooi (melodie). b) Sy is heeltemal in sy (gedagte) en hy het al tien (brief) vir haar geskryf. (4)

7. Gee die verkleinwoorde van die woorde tussen hakies: Ek het die (pad) afgehardloop, (glas) in my hand en ‘n (dreuning) in my kop. (3)

8. a) Hoekom is die tweede sin in die teks ‘n veelvoudige sin? b) Is die eerste sin in die derde paragraaf enkelvoudig of saamgestel? Motiveer. c) Skryf die onderwerp in die heel laaste sin van die teks neer. (4)

9. a) Skryf die twee byvoeglike naamwoorde in die tweede paragraaf neer. b) Verbind die volgende twee sinne deur die voegwoord tussen hakies te gebruik: Ek sien uit na more. Die skoolgebou se mure is grys. (al) Ek gaan ‘n liedjie skryf. Ek kan dit vir Mia sing. (sodat) My skooltas was so lig. Ek kon dit met my pinkie oplig. (dat) (5)

10. Verduidelik die dubbelsinnigheid: a) Ek is wakker gemaak deur die gesing van die groep wat deur die venster gekom het. b) Die klok het vir skool gelui en hy was baie honger. c) Daar het ek gestaan, my gesig rooi van skaamte in my nagkabaai. (3)

TOTAAL: 50

5

ASSESSERINGSTAAK GRAAD: 6 L S W KWARTAAL 2 EKSAMEN DATUM: VAARDIGHEID: Skryf Skryf ‘n storie van 120 – 140 woorde. Kies een van die onderwerpe:

1. Ek ky na my maat. Ons oë rek en ons armhare staan orent. Wat was dit …

2. Ek en my maat vang vis in die rivier. Ons sien ‘n groot skaduwee in die water by ons verby swem. Nuuskierig staan ons nader en …

Asseseringstabel: Kreatiewe skryf (30 punte) Legende, mite, fabel, sprokie, gedig, toespraak, beskrywing en ander verbeeldingstekse. Genre: Naam en van: Datum: Kriteria: Puntetoekenning Beplanning en struktuur: Leerder lewer bewys van deeglike beplanning, bv. breinkaart en eerste weergawe wat voldoen aan die voorgeskrewe struktuur van die genre, bv. dagboekinskrywing, legend, sprokie, ens.

10 8 6 4 2

Hantering van onderwerp: Inhoud is relevant tot onderwerp en sinne is logies georden. Duidelike inleiding, middel en slot indien van toepassing. Korrekte gebruik van punktuasie.

5 4 3 2 1

Woordeskat en spelling: Toon uitgebreide woordeskat en spelling is uitstekend. Woordeboeke word gebruik en korrek aangewend.

5 4 3 2 1

Paragrawe, sinstruktuur, woordorde en skakeling: Inhoud is logies in paragrawe georden en sinne is effektief met voegwoorde verbind. Woordorde wissel gemaklik tussen hede, verlede en toekomende tyd. Taalgebruik is korrek.

5 4 3 2 1

Redigering en finale weergawe: Die finale weergawe is netjies en in die korrekte formaat. Daar is duidelike bewys van herformulering en korreksie van spel- en punktuasiefoute.

5 4 3 2 1

TOTAAL: 30