18
Lewensoriëntering Navorsingstaak: RISKANTE GEDRAG BY TIENERS Dwelmmisbruik: Alkohol Alkohol is ‘n depressant; nié ‘n stimulant nie!

LO Navorsingstaak_Riskante Gedrag by Tieners_Alkohol

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Graad 11 LO

Citation preview

Lewensoriëntering Navorsingstaak:

RISKANTE GEDRAG BY TIENERSDwelmmisbruik: Alkohol

Alkohol is ‘n depressant; nié ‘n stimulant nie!

James Rademan BraudeGraad 11A2

INHOUDSOPGAWE

Bladsy1. Definisies 3

2. Kenmerke / Tekens van Alkoholmisbruik 4

3. Faktore wat riskante gedrag aanmoedig 5,6,7

a. Groepsdrukb. Ouersc. Sielkundige Faktore

4. Korttermyn impak op kwaliteit lewe 8

5. Langtermyn impak op kwaliteit lewe 9

6. Ondersteunende Data 10, 11

7. Advies en Voorbeelde 12, 13

a. Melinda Fergusonb. Anoux Venter

8. Bronnelys 14

1.Definisies:

2

’n Risikofaktor is enigiets wat die moontlikheid het om betrokkenheid by iets wat verslawend of nadelig is,te veroorsaak. Risikofaktore kan biologies, sosiaal,

emosioneel of selfs omgewingsgesind van aard wees.

Substansmisbruik word deur die DSM-IV-TR (APA,2000) gedefinieer as ʼn probleem indien die individu enige probleme ervaar gedurende die inname van alkohol, tabak of ander middels, insluitend onwettige straatdwelms en voorgeskrewe middels. Die substansgebruik veroorsaak probleme in funk-sioneringsareas van die individu wat mediese, fisiese, sielkundige, gesins-, interpersoonlike,

sosiale, akademiese, beroeps-, regs- finansiële en of geestelike funksionering insluit.

Volgens Mackay (1965:75) word alkoholmisbruik beskryf as die verlies aan kontrole, verslawing aan alkohol en ernstige psigososiale en gedragsgevolge.

`n Dwelm is enige chemiese middel, wettig of onwettig, natuurlik of sinteties, wat ‘n biologiese uitwerking op die persoon het indien dit gebruik word.

2.Kenmerke / tekens van alkoholmisbruik:

3

Behep met alkohol. Angstig as alkohol nie beskikbaar is nie. Vertel gewoonteleuens. Spog oor die hoeveelheid wat hy drink. Asem ruik na drank. Drankies word vinnig gedrink. Dink aan verskonings om te drink. Ontken drankprobleem. Skuldgevoelens oor drank. Eet baie pepperminte en asemverfrissers. Lei aan naarheid, eetverlies en vomering. Oggendhoofpyne

3.

Faktore wat riskante gedrag aanmoedig:

4

A: Groepsdruko 10% van die tieners waarmee onderhoude gevoer is, sê

hulle is nog nie deur groepsdruk beïnvloed nieo 28% van die tieners meen dat deur in te gee vir

groepsdruk, hul sosiale stand verbeter heto byna die helfte van die tieners het erken dat hulle slegs

op iemand “gepik” of iemand geteiken het nadat ’n vriend dit eerste gedoen het.

o meeste tieners het gesê hul portuurgroep het hulle positief en negatief beïnvloed

o Ongeveer 45% sê dat groepsdruk ’n probleem is, maar dat tieners dit op hul eie kan hanteer

o 40% het gesê dat groepsdruk slegs ’n persoon se aandag daarvan aflei om sy of haar doel te bereik

(Volgens 'n publikasie oor groepsdruk deur Parent Further)

Tabel: Risiko- en beskermingsfaktore: Portuurgroep.

Risiko-faktore BeskermingsfaktoreGroeplidmaatskap Motivering en vaardigheid om vriende

te help om alkohol- en dwelmmisbruik te vermy

Groepsdruk Verantwoordelike gedrag gemodelleer deur lede van eie ouderdomsgroepBetrokkenheid by positiewe portuur-groep-aktiwiteite en waardesSosiale vaardighede en besluitneming, selfhandhawing en interpersoonlike kommunikasie

B: Ouers

5

Te veel jongmense gee hulleself oor aan (veral) drank en dagga, nie ten spyte van hulle ouers se voorbeeld nie,

maar as gevolg daarvan! ’n Te groot hoeveelheid van ons tienerprobleme is as gevolg van probleemouers.

Studies toon dat tieners wat by riskante gedrag betrokke is, ook meer geneig is om by ander verkeerde dinge betrokke te raak. Tieners wat seksueel aktief is, is ook meer geneig om alkohol, dwelms en sigarette te gebruik as tieners wat nog seksueel onaktief is. 'n Kwart van die tieners wat aan ’n meningspeiling deelgeneem het, sê dat hulle onder die invloed van alkohol of dwelms was toe hulle by seksuele omgang betrokke geraak het. Daar is genoeg bewyse dat jong mense wat riskante gedrag vermy positiewe invloede, soos ’n goeie en sterk verhouding met hul ouers, het.

Tabel: Risiko- en beskermingsfaktore: Gesin.

Risiko-faktore BeskermingsfaktoreSosiale invloede Ondersteuning & kameraadskap van ouersFamiliegeskiedenis Hoë vlakke van toesighouding deur ouersGesinsdinamika ‘n Gehegtheid aan ouers

Afwesigheid van oormatige kritiekBasiese vertroueHoë ouerverwagtingsDuidelike reëls en verwagtings

C: Sielkundige Faktore

Substanse word gebruik om angs- of spanningsvlakke te verminder, om van onaangename gedagtes te vergeet of om

6

van die werklikheid te ontsnap (Barlow & Durand, 2009; Parry & Bennetts, 2001).

Vir sekere individue lei die ontsnapping tot substansafhanklikheid of -misbruik. Sekere persoonlikheidstrekke is ook meer daartoe geneig om van substanse afhanklik te word.

4.Kortermyn impak op kwaliteit lewe:Erge drinkery veroorsaak newe-effekte soos kopseer, nadors en “gaps” in jou geheue. Jy verloor die normale gebruik van jou liggaamsfunksies. Jy sien goed “blurry”, jou tong knoop oor

7

maklike frases, jou gedagtes raak “foggy”, jy raak uit sync uit met jou bewegings, ens. Alkohol is ‘n verdowingsmiddel - ’n dwelm wat jou senuweestelsel aantas. As jy heelwat drink, gaan jou fyn motoriese vaardighede (soos jou hand-oog koördinasie en jou spraak-vermoë) daarmee heen, dan jou groot motoriese vaardighede (soos jou balans), en uiteindelik gaan jou liggaam in een van twee vergiftigingstoestande in. Of jou liggaam forseer jou om op te gooi, om van die gifstowwe ontslae te probeer raak, of jy “pass uit”(wat jou verhoed om verdere skade aan jouself aan te rig). Mense geniet meer die kuier-aspek, en die verloor van inhibisies (skaam wees). Party ouens sweer daarop dat dit hulle lekkerder laat dans.

5.Langtermyn impak op kwaliteit lewe:Die oormatige gebruik van alkohol het op die lang termyn het 'n verwoestende uitwerking op die brein, hart, lewer, longe en ander organe.

8

Die matige gebruik van alkohol is aanvaarbaar. Indien dit oor 'n lang tydperk gebeur, kan dit lei tot alkoholisme of die verskrompeling van die lewer. Erger nog plaas drinkgewoontes baie druk op gesinsverhoudinge. Ongelukkig kan weinige strawwe drinker op sy of haar eie ophou enmoet hulle dikwels professionele hulp kry.

Fisieke gevolge: Psigiese gevolge:

• Hoë bloeddruk• Maagsere• Nierversaking• Floutes• Swak gesondheid• Velswere• Slegte spysvertering• Algemene wanvoeding• Sirrose van die lewer• Verlies van breinweefsel• Vatbaarheid vir longsiektes• Hartspierdistrofie• Selfvergiftiging

• Senuweesiektes• Ernstige afhanklikheid• Ondersprestasie• Aggressiewe gedrag• Depressie

6.Ondersteunende data:Dui die geslag-, ras- en ouderdomsverskille met betrekking tot alkoholmisbruik van hoofsaaklik: bier, spiritus, wyn en tuisgemaakte drank:

9

% Spesifieke dwelmverbruik in Wes-Kaap, KZN & Gauteng

10

40%

59%

89%

40%

39%

Manlik

Swart 10-21Bruin 14+Wit 14+Swart: Platteland 10-21Swart: Stedelik 10-21

32%

27%

77%

32%

23%

Vroulik

Swart 10-21 Bruin 14+Wit 14+ Swart: Platteland 10-

21Swart: Stedelik 10-21

7.Advies & Voorbeelde:Melinda se raad aan ouers

11

7%

45%

5%

8%

33%

Wes-KaapAlkoholDaggaMandraxKokaïenHeroïenMetamfetamien

23%

65%

3%8%

KZNAlkoholDaggaMandraxKokaïenHeroïenMetamfetamien

13%

63%

5%

1%10%

1%

GautengAlkoholDaggaMandraxKokaïenHeroïenMetamfetamien

Sorg dat jy weet watter soorte dwelms beskikbaar is, hoe elke soort lyk en wat die uitwerking daarvan is.

Praat met jou kinders oor hul probleme. Moenie vir hulle preek nie. Wees eerlik.

Vra jouself af of jou gedrag dalk bydra tot jou kinders se probleem en of jy ’n goeie voorbeeld vir hulle stel.

Melinda Ferguson* was 4 jaar oud toe haar pa voor haar aan ’n hartaanval dood is. Haar ma moes 4 kinders alleen grootmaak en sy het begin drink. Sy het in ’n alkoholiese omgewing grootgeword en begin drink toe ek tien jaar oud was. Dit was die begin van haar verslawing wat ses jaar lank haar lewe oorheers het. Haar dwelmverslawing het so handuit geruk dat sy later alles verloor het: haar huis, haar huwelik en, die ergste van alles, haar 2 seuntjies. Sy het in Hillbrow beland, op straat. In 1999 het sy niks oorgehad nie en sy kon óf doodgaan óf besluit om gesond te word. Sy het nou ’n wonderlike werk by ’n tydskrif, ’n fantastiese verhouding, pragtige seuns, ’n boek op die rakke en is besig om nog een te skryf.

Anoux se raad aan ouers

Moet nooit dink dit kan nie met jou kind gebeur nie. Iemand kan vir haar dwelms by ’n partytjie aanbied en sy

besluit dalk om dit net een keer te probeer. Let op vroeë waarskuwingstekens, soos rebelsheid en

veral depressie. Dwelms word dikwels gebruik om aan depressie te

probeer ontsnap. Kry hulp vir depressie - dit sal nie vanself beter word nie.Anoux Venter* het gevoel of sy nie op skool inpas nie en aandag probeer trek deur stout te wees en rebels op te

tree. Toe sy nie by die hoërskool van haar keuse (die een waarheen al haar vriende sou gaan) aanvaar is nie, was sy verpletter. Op 13, op ’n partytjie, is sy gedare om ’n paar

12

glase brandewyn te drink en sy het dit gedoen om aar vriende te vermaak. Die drank het haar ook baie lekker

laat voel. Vroeg in haar tienerjare het sy aan depressie begin lei en dit het gevoel asof sy in ’n donker gat verdwyn. Sy het die verkeerde vriende gemaak. Saam met hulle is sy na klubs

waar sy geleer rook en drink het. Op 15 het sy met dagga begin eksperimenteer. Sy het aan die begin net ’n bietjie

op ’n slag gerook en ook nie eens dikwels nie. Daardie jaar het sy vir Raine ontmoet en haar hele lewe

het verander. Sy was dadelik smoorverlief op hom. Hulle was onafskeidbaar en het alles saam gedoen. Raine

waarskynlik haar grootste verslawing. Haar wêreld het ineengestort toe hy ’n jaar later

Hermanus toe getrek het. Sy het nie geweet hoe sy sonder hom sou kon leef nie. Sy het gedink sy het hom net so nodig soos suurstof.

Haar depressie het vererger en ’n dokter het antidepressante voorgeskryf. Daarna was haar lewe ’n mengelmoes van pille, drank en dwelms terwyl sy die pyn van skeiding probeer verdoof het. Uiteindelik het ’n baie goeie vriend besluit om haar ouers te vertel. Hulle het haar nie verwerp nie, maar haar gehelp om te detoks. Hulle het sterk gestaan terwyl sy haar demone een vir een oorwin het.

Sy het vrede in haar hart en is weet baie gelukkig. Sy waardeer weer gewone dinge, soos sonskyn en die geluid van lag.

8. BRONNELYS:

- RSG Geselsprogram Wie–is-ek, met Louis en Lize

- www.Dspace.nwu.ac.za - navorsingsverlag13

15