9
13 Loffienuus 5 Augustus 2015 L L O O F F F F I I E E N N U U U U S S Nuusbrief 13/2015 Webblad: www.gelofte.co.za Dit verg baie moed om groot te word en te wees wie jy werklik is. E.E. Cummings Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 7217 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels ‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak. 2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die derde kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2015. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator. 5 Augustus Oueraand: Graad 1-7 6 Augustus Oueraand: Graad 8-12 6 Augustus Interhuis atletiek (Graad 3-7) 8 Augustus Wildsfees 10 Augustus Openbare vakansiedag 12 Augustus Fotodag (Graad 1-7) 14 Augustus Mej. Gelofte 14 Augustus Entrepreneursdag (Gasvryheidstudie leerders) 15 Augustus Ysterman kompetisie 17 Augustus Oueraand (Graad 9 vakkeuses) 19 Augustus Koekverkoping (Graad 7) 21 Augustus Bloedskenk 21 Augustus Sekondêre leerderraad word aangekondig 25 Augustus Interskole atletiek (Graad 8-12) 27 Augustus Kultuuraand 28 Augustus Leerderraadkamp (Sekondêr) 1-2 September Stelwerkeksamen (Graad 8-12) 3 September Blokdag (Graad 12) 4-22 September Proefeksamen (Graad 12) 5 September Interskole atletiek (Graad 3-7) 18 September Lentesokkie (Graad 8-12) 19 September Ma- en dogtertee 23 September Entrepreneursdag (Grade 7 en 11) 24 September Openbare vakansiedag (Erfenisdag) 25 September Skoolvakansiedag

LOFFIENUUS 13 5 AUGUSTUS 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/08/... · 13 Loffienuus 5 Augustus 2015 LOFFIENUUS Nuusbrief 13/2015 Webblad: Dit verg baie moed

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: LOFFIENUUS 13 5 AUGUSTUS 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/08/... · 13 Loffienuus 5 Augustus 2015 LOFFIENUUS Nuusbrief 13/2015 Webblad: Dit verg baie moed

13 Loffienuus 5 Augustus 2015

LLOOFFFFIIEENNUUUUSS Nuusbrief 13/2015

Webblad: www.gelofte.co.za

Dit verg baie moed om groot te word en te wees wie jy werklik is.

E.E. Cummings

Geagte Ouer

1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG

Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u

enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is

031 702 7217 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels

‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra

dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak.

2. BELANGRIKE DATUMS

Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die derde kwartaal. Let asseblief

ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander

aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2015. Die kalender is op die webblad

beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator.

5 Augustus Oueraand: Graad 1-7

6 Augustus Oueraand: Graad 8-12

6 Augustus Interhuis atletiek (Graad 3-7)

8 Augustus Wildsfees

10 Augustus Openbare vakansiedag

12 Augustus Fotodag (Graad 1-7)

14 Augustus Mej. Gelofte

14 Augustus Entrepreneursdag (Gasvryheidstudie leerders)

15 Augustus Ysterman kompetisie

17 Augustus Oueraand (Graad 9 vakkeuses)

19 Augustus Koekverkoping (Graad 7)

21 Augustus Bloedskenk

21 Augustus Sekondêre leerderraad word aangekondig

25 Augustus Interskole atletiek (Graad 8-12)

27 Augustus Kultuuraand

28 Augustus Leerderraadkamp (Sekondêr)

1-2 September Stelwerkeksamen (Graad 8-12)

3 September Blokdag (Graad 12)

4-22 September Proefeksamen (Graad 12)

5 September Interskole atletiek (Graad 3-7)

18 September Lentesokkie (Graad 8-12)

19 September Ma- en dogtertee

23 September Entrepreneursdag (Grade 7 en 11)

24 September Openbare vakansiedag (Erfenisdag)

25 September Skoolvakansiedag

Page 2: LOFFIENUUS 13 5 AUGUSTUS 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/08/... · 13 Loffienuus 5 Augustus 2015 LOFFIENUUS Nuusbrief 13/2015 Webblad: Dit verg baie moed

13 Loffienuus 5 Augustus 2015

30 September Interne Orators

30 September Forty Days (Matrieks)

1 Oktober Sterklas afdag

2 Oktober Rapporte (Graad 1-12)

2 Oktober Fliek (Graad 1-7)

2 Oktober Pretdag (Graad 8-12)

2 Oktober Skool sluit vir Lentevakansie

3. LEWENSWAARDE VIR KWARTAAL 3: INTEGRITEIT

Soos u reeds bewus is, streef ons daarna om weg te beweeg van ‘n reëlgedrewe skool na ‘n

waardegedrewe skool. Ons fokus tydens die derde kwartaal val op integriteit. Ons versoek dat u as

ouers ook met u kind in gesprek sal tree oor hierdie onderwerp. Onderstaande is iets kort om ons

te laat herbesin oor die voorbeeld wat ons stel in hierdie verband.

4. PERSONEELAANGELEENTHEDE

Dit is met spyt dat ons dit onder u aandag moet bring dat die volgende personeel ons diens verlaat

het:

Me. Stadler Verhuising na Bloemfontein na 5 jaar diens

Me. Uys Verhuising na Kaapstad na 2,5 jaar diens

Me. Du Toit Aftrede na 22 jaar diens

Ons wil bogenoemde personeel van harte bedank vir hul insette en die verskil wat hul gemaak het

in kinders se lewens. Die vertroue word uitgespreek dat hulle gelukkig sal wees in hul nuwe

tuistes en dat me. Du Toit haar welverdiende rus sal geniet.

Ons verwelkom graag vir me. Carina Badenhorst wat by ons aangesluit het in me. Du Toit se plek.

Ons vertrou dat sy ‘n lang en gelukkige verbintenis met die skool sal hê.

5. AKADEMIESE PRESTEERDERS

Ons is baie trots op alle Loffies wat akademies na vermoë presteer. Baie geluk in die besonder aan

al die Loffies wat onder die top presteerders in hul onderskeie grade val. Dit is die vrug op julle

harde werk en ontsluit die toekoms vir julle.

6. MA-EN-DOGTER-TEE

Moenie hierdie geleentheid misloop nie! Ons spreker word spesiaal vanuit die Kaap uit ingevlieg:

Elsabe Aldrich!

Page 3: LOFFIENUUS 13 5 AUGUSTUS 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/08/... · 13 Loffienuus 5 Augustus 2015 LOFFIENUUS Nuusbrief 13/2015 Webblad: Dit verg baie moed

13 Loffienuus 5 Augustus 2015

Kom geniet ‘n heerlike oggend saam met ons. Bring jou dogter, vriendin, ma, skoonma of ouma

saam.

Terwyl Elsabe die volwassenes toespreek, gaan die graad 1 – 5 leerders ‘n heerlike verassing kry

terwyl die res van die leerders saam met Mej KwaZulu-Natal en Elzanne Matthysen iets spesiaals

gaan doen.

Die oogmerk is dat al die dames heerlik en ontspanne saam kuier en dat ons dogters baie spesiaal

voel.

DATUM 19 September 2015

TYD 09:30 – 12:30

KOSTES R80 vir volwassenes en hoërskool leerders

R40 vir laerskool leerders

VERSNAPPERINGE INGESLUIT

Dit gaan ‘n onvergeetlike oggend wees! Moet dit nie misloop nie!

7. WILDSFEES

Die jaarlikse wildsfees vind hierdie plaas op 8 Augustus. Dit beloof om weer eens ‘n heerlike

kuiergeleentheid te wees wat nie misgeloop moet word nie. Kaartjies kan by die skool of by

Neville Warrington (083 309 8981) gekoop word.

8. PAKKIES VIR ANDER OUERS BY KANTOOR LAAT

Dit gebeur toenemend dat ouers pakkies by die kantoor laat vir ander ouers om af te haal. Van die

pakkies lê dan soms dae lank sonder om afgehaal te word. Die ontvangskantoor gaan ongelukkig

voortaan geen pakkies wat vir ander ouers gelaat word aanvaar nie. Daar is heelwat mense wat

die ontvangskantoor besoek. Ons kan dus nie die veiligheid van die pakkie waarborg nie. Ons

kan ook nie verantwoordelikheid vir sulke pakkies aanvaar nie. Dankie vir u begrip in hierdie

verband.

9. PITKOS: LEWENSWYSHEID (Nico van der Walt)

DAAR IS TWEE DINGE IN DIE LEWE: DIE VOLMAAKTE EN DIE WERKLIKHEID.

Volwassenheid is om die volmaakte as ideaal te sien,

maar om met die onvolmaakte as werklikheid saam te leef.

Om die werklikheid gelate te aanvaar,

en die volmaakte sinies af te skryf,

is dwaas.

Om net die volmaakte te erken,

en die werklikheid te misken,

is kinderagtig en naïef.

Weier dus om vrede te maak met gebrokenheid,

maar maak vrede met die feit van gebrokenheid

- dit is volwassenheid.

10. KOMMUNIKASIE MET SKOOL

Ons vind steeds dat ouers, ten spyte van verskeie versoeke, direk met die skoolhoof skakel indien

hulle probleme ondervind. U sal dikwels vinniger ‘n oplossing en terugvoer kry indien u direk met

die betrokke personeellid skakel. Indien u, nadat u met die personeel geskakel het, voel dat u nie

‘n bevredigende antwoord gekry het nie, is u uiteraard welkom om met die skoolhoof te skakel.

Page 4: LOFFIENUUS 13 5 AUGUSTUS 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/08/... · 13 Loffienuus 5 Augustus 2015 LOFFIENUUS Nuusbrief 13/2015 Webblad: Dit verg baie moed

13 Loffienuus 5 Augustus 2015

Ons doen dus weer ‘n beroep op u om direk met die betrokke personeellid te skakel of met

onderstaande personeel afhangende van wat u navrae behels.

Grade 1-3 Me. Havemann [email protected]

Grade 4-7 Me. M Human [email protected]

Graad 8 Mnr. Gordon [email protected]

Graad 9 Me. Adendorff [email protected]

Graad 10 Me. Gravett [email protected]

Graad 11 Me. Topper [email protected]

Graad 12 Me. Joubert [email protected]

Administrasie Me. Janse van Rensburg [email protected]

Administrasie Me. Van Dyk [email protected]

Finansies (Bewys van betaling) Me. Stoltz [email protected]

Finansies (Eise) Me. Coetzee [email protected]

Oud-Loffie bond Mnr. Strydom [email protected]

11. VERJAARDAE

Baie geluk aan die Loffies wat in die volgende twee weke verjaar. Ons vertrou dat julle heerlik

bederf sal word en bid julle baie seën toe vir die nuwe lewensjaar.

Morné Cornelius, Brandon Hirselmann, Angelich van Rensburg, Jessica Eygelaar, Zeniël Brink,

Lizelle Jordaan, Mathew Mahlumba, Jeff Muller, Nariske Scholtz, Jason Botha, Heidi Crouse,

Mariska Henning, Bryan Jacobs, Juandré van Aswegen, Raymond van der Merwe, Ansonel

Marais, Garrick Otto, Anike van Rijswijk, Stephan Venter, Leane Fourie, Stephan Kruger,

Marshall Lawrence, Devon Smipson, Carla van Aswegen, Jemma du Plessis, Cloemé Swart,

Alexia de Klerk, Sonja Strydom, M.J. Groesbeek, J.C. Harmse, Mara-Lize Malan.

12. E-POS

Ons het reeds ‘n baie groot aantal ouers wat die Loffienuus elektronies ontvang. Hierdie is

uiteraard ‘n baie meer betroubare manier om seker te maak dat u die nuusbrief ontvang,

aangesien die kinders soms vergeet van die nuusbrief wat in hul tasse lê. Die meeste

korrespondensie met ouers sal voortaan elektronies geskied. Indien u nog nie ‘n elektroniese

weergawe van die Loffienuus ontvang nie, is u welkom om ‘n e-pos te stuur na

[email protected]. Ons sal u dan op ons adreslys plaas. Die Loffienuus is ook op die webblad

(www.gelofte.co.za) en op Communicator beskikbaar.

13. KONTANTVRYE SONE

Ons beklemtoon graag weer die volgende. Ons streef daarna om die skool ‘n kontantvrye sone te

maak en sodoende die versoeking by kriminele elemente te verwyder om die skool as ‘n sagte

teiken te beskou. Dit sal dus waardeer word indien u van elektroniese betaalmetodes of tjeks

gebruik sal maak.

Die skool se bankbesonderhede is soos volg:

Bank: ABSA

Rekeningnaam: Gelofte Skool

Takkode: 632005

Rekeningnommer: 1137530569

Vriendelike groete

D J STRYDOM

SKOOLHOOF

Page 5: LOFFIENUUS 13 5 AUGUSTUS 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/08/... · 13 Loffienuus 5 Augustus 2015 LOFFIENUUS Nuusbrief 13/2015 Webblad: Dit verg baie moed

13 Loffienuus 5 Augustus 2015

TERUGSTUURSTROKIE: KOMMENTAAR – VIR AANDAG MNR. D. STRYDOM

NAAM VAN OUER: __________________________________________________________________

NAAM VAN LEERDER: _____________________________________________ GR. ______________

KOMMENTAAR: _____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________________

______________________ _________________________

HANDTEKENING KONTAKNOMMER

ADVERTENSIES

Page 6: LOFFIENUUS 13 5 AUGUSTUS 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/08/... · 13 Loffienuus 5 Augustus 2015 LOFFIENUUS Nuusbrief 13/2015 Webblad: Dit verg baie moed

13 Loffienuus 5 Augustus 2015

Page 7: LOFFIENUUS 13 5 AUGUSTUS 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/08/... · 13 Loffienuus 5 Augustus 2015 LOFFIENUUS Nuusbrief 13/2015 Webblad: Dit verg baie moed

13 Loffienuus 5 Augustus 2015

Page 8: LOFFIENUUS 13 5 AUGUSTUS 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/08/... · 13 Loffienuus 5 Augustus 2015 LOFFIENUUS Nuusbrief 13/2015 Webblad: Dit verg baie moed

13 Loffienuus 5 Augustus 2015

366366366366

Ons kan spog met ʼn

8% tot so hoog as 40% verbetering

in ons

studente se gemiddeld,

deur die inskerping van die

Gereedskap van die lewe…Lees

Verseker u kind se optimale ontwikkeling en

skryf vandag in by ons

Leessentrum in

HILLCREST

32 Old Main Road

Ons doen ʼn wetenskaplike toets van die leerder

se lees, daarom weet ons presies hoe om die

probleem aan te spreek.

Ingrid

082 338 3460

We boast of an 8% to

40% increase in our students’ average

performance at school, because we

sharpen the

Tool of life…

Reading

Ensure your child’s brilliant future and enrol

today at our Reading Centre in

HILLCREST 32 Old Main Road

We do a scientific test of your child’s reading;

therefore we know exactly how to address the

problem.

Ingrid

082 338 3460

Page 9: LOFFIENUUS 13 5 AUGUSTUS 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/08/... · 13 Loffienuus 5 Augustus 2015 LOFFIENUUS Nuusbrief 13/2015 Webblad: Dit verg baie moed

13 Loffienuus 5 Augustus 2015

Security guards for functions, events and short term assignments

KUSELA SECURITY

Security for every occasion

Whether it’s for a private function, a month-long event or additional security, ADT/Kusela guards

will help with parking, protect cars, patrol the immediate area and provide a visible security presence.

SA’s most professional

ADT/Kusela guards are selected only after strict assessment and background checks, then trained to

PSIRA standards. All our personnel and procedures are monitored regularly.

Armed back-up

Our guards are backed by our Armed Response Vehicles 24/7

For more information or to book a guard call:

Pamela Chetty 031-716 5621

Or

Charlotte Govender 031-716 5618

A Tyco International Company Company Registration No: 2002/013172/07

ADT KUSELA

Kwazulu-Natal Regional Office

2 Halifax Road,

New Germany, 3610

Po Box 242,

New Germany, 3620