8
7 Loffienuus 9 Mei 2018 LOFFIENUUS Nuusbrief 7/2018 Webblad: www.gelofte.co.za Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 7217 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels ‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak. 2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die tweede kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2018. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator. 10 MEI HEMELVAART EREDIENS BY GELOFTE (07:45) 16 MEI KOEKVERKOPING 19 MEI MINI RUGBY/NETBAL TOERNOOI BY GELOFTE 23 24 MEI KONSERT 28 MEI EKSAMENAFBAKENINGS NA OUERS 30 MEI KOEKVERKOPING 31 MEI SENIOR PRIMÊRE HIP EN HOP AAND 6 22 JUNIE SEKONDÊRE EKSAMEN 11 22 JUNIE PRIMÊRE EKSAMEN 22 JUNIE VAKVERANDERINGS VIR GRAAD 10 LEERDERS SLUIT 22 JUNIE GRAAD 1-3 LEERDERS ONTVANG RAPPORTE 22 JUNIE SKOOL SLUIT VIR WINTERVAKANSIE 3. KLEREWINKEL ONDER NUWE EIENAARSKAP Neem asseblief kennis dat me. Marjorie Redelinghuys die nuwe eienaar is van die klerewinkel op die skoolterrein. U kan haar kontak by 083 382 7599 of by [email protected]. Ons bevestig terselfdertyd dat die winkels op die terrein geprivatiseer is en dat die skool dus geen verbintenis het anders as om die fasiliteit beskikbaar te stel nie. 4. PENNEBLIK SKRYFBEHOEFTES Ons bevestig hiermee weer dat die Penneblik skryfbehoefte winkel wat vir etlike jare op die skoolterrein bedryf is, nie meer bestaan nie.

LOFFIENUUS - Gelofte SkoolOns verneem met hartseer van die swak gedrag van enkele van ons ouers langs die sportveld. Dit doen die skool se naam en ons ouergemeenskap onberekenbare

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: LOFFIENUUS - Gelofte SkoolOns verneem met hartseer van die swak gedrag van enkele van ons ouers langs die sportveld. Dit doen die skool se naam en ons ouergemeenskap onberekenbare

7 Loffienuus 9 Mei 2018

LOFFIENUUS Nuusbrief 7/2018

Webblad: www.gelofte.co.za

Geagte Ouer

1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG

Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u

enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is

031 702 7217 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels

‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus

gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak.

2. BELANGRIKE DATUMS

Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die tweede kwartaal. Let asseblief

ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander

aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2018. Die kalender is op die webblad

beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator.

10 MEI HEMELVAART EREDIENS BY GELOFTE (07:45)

16 MEI KOEKVERKOPING

19 MEI MINI RUGBY/NETBAL TOERNOOI BY GELOFTE

23 – 24 MEI KONSERT

28 MEI EKSAMENAFBAKENINGS NA OUERS

30 MEI KOEKVERKOPING

31 MEI SENIOR PRIMÊRE HIP EN HOP AAND

6 – 22 JUNIE SEKONDÊRE EKSAMEN

11 – 22 JUNIE PRIMÊRE EKSAMEN

22 JUNIE VAKVERANDERINGS VIR GRAAD 10 LEERDERS SLUIT

22 JUNIE GRAAD 1-3 LEERDERS ONTVANG RAPPORTE

22 JUNIE SKOOL SLUIT VIR WINTERVAKANSIE

3. KLEREWINKEL ONDER NUWE EIENAARSKAP

Neem asseblief kennis dat me. Marjorie Redelinghuys die nuwe eienaar is van die klerewinkel op

die skoolterrein. U kan haar kontak by 083 382 7599 of by [email protected]. Ons bevestig

terselfdertyd dat die winkels op die terrein geprivatiseer is en dat die skool dus geen verbintenis het

anders as om die fasiliteit beskikbaar te stel nie.

4. PENNEBLIK SKRYFBEHOEFTES

Ons bevestig hiermee weer dat die Penneblik skryfbehoefte winkel wat vir etlike jare op die

skoolterrein bedryf is, nie meer bestaan nie.

Page 2: LOFFIENUUS - Gelofte SkoolOns verneem met hartseer van die swak gedrag van enkele van ons ouers langs die sportveld. Dit doen die skool se naam en ons ouergemeenskap onberekenbare

7 Loffienuus 9 Mei 2018

5. VERKEER BINNE EN RONDOM SKOOLTERREIN

Ons kry van tyd tot tyd oproepe van ouers in verband met frustrasie wat ervaar word met die druk

verkeer in en rondom die skool. Verskeie oplossings is al oor die jare op die proef gestel sonder

enige sukses.

Die verkeersdepartement is, by meer as een geleentheid, ingelig oor die probleem. Ons het ook al

versoek dat die verkeersdepartement ‘n persoon op puntdiens plaas tydens spitstye. Ons het

terugvoer ontvang dat dit in stryd is met regulasie om ‘n persoon op puntdiens te plaas by ‘n

kruising wat beskik oor ‘n werkende robot. Die gedagte dat ‘n onderwyser soggens die verkeer

reguleer kan tog sekerlik nie ernstig opgeneem word nie.

Ons versoek dat ouers ook die verkeersdepartement skakel indien probleme ondervind word. Hoe

meer hulle oorval word deur oproepe, hoe beter die kans dat hulle aandag sal skenk aan die saak.

6. SKOOLGELD

Dit gebeur gereeld dat ouers afsprake maak met die skoolhoof om die betaling van skoolgeld te

bespreek. Let asseblief daarop dat die hoof geen besluitnemingsbevoegdheid het in hierdie verband

nie. U moet asseblief met mnr. Deon Scheepers skakel by 082 775 4000 of [email protected]

in hierdie verband of indien u die nodige vorms wil bekom.

7. REAKSIE OP BULK SMS’E VANAF SKOOL

Neem asseblief kennis dat ons nie enige reaksie van u kant af sien indien u sou reageer op bulk

SMS’e wat die skool na u stuur nie. Indien u dus kommentaar wil lewer op ‘n bulk SMS moet u dit

na [email protected] stuur.

8. OUERSKAP

Ons vind dit verstommend wanneer ouers in die hoof se kantoor sit en sê: “My kind sal nie jok nie.

Ons het hom/haar nie so grootgemaak nie.” Ons vind dit nog baie meer kommerwekkend wanneer

ouers namens hul kinders leuens vertel wanneer die kind iets verkeerd gedoen het. Die prys wat u in

die toekoms gaan betaal vir hierdie sogenaamde “liefde en lojaliteit” is bloot net heeltemal te hoog.

Liefde is soms hard maar hierdie harde liefde dra soet vrugte in die toekoms.

Ons wonder in elk geval hoe ‘n ouer vandag ‘n kind leer dat leuens onaanvaarbaar is as die ouer die

vorige week gemaklik ‘n leuen vertel het vir die skool. Geloofwaardigheid?

Daar is twee dinge in die lewe waaroor grootmense nooit behoort te baklei nie, naamlik jou kind en

jou hond. Ongeag van hoe goed jy hulle geleer het, daar is geen waarborg vir wat hulle volgende sal

aanvang nie.

9. VERLEENTHEID

Ons verneem met hartseer van die swak gedrag van enkele van ons ouers langs die sportveld. Dit

doen die skool se naam en ons ouergemeenskap onberekenbare skade want een ouer se swak gedrag

word ons almal se slegte naam. Ons doen dus weer ‘n beroep op ons ouers en ondersteuners om ten

alle tye so op te tree dat dit ons tot eer sal strek. U opmerkings en woede uitbarstings teenoor

byvoorbeeld die skeidsregter, gaan beslis geen verskil maak aan sy/haar beslissings nie.

10. ATKV REDENAARS

Baie geluk aan die volgende Loffies wat deurgedring het na die finaal van die ATKV

redenaarskompetisie: Mia Breytenbach, Jané Lewis, Leigh Janse van Rensburg, Dané van Graan,

Anri van Graan, Ané de la Rey, Jannelie du Preez, Franco Baard, Janika Dames, en Charlize van

Staden.

Page 3: LOFFIENUUS - Gelofte SkoolOns verneem met hartseer van die swak gedrag van enkele van ons ouers langs die sportveld. Dit doen die skool se naam en ons ouergemeenskap onberekenbare

7 Loffienuus 9 Mei 2018

Page 4: LOFFIENUUS - Gelofte SkoolOns verneem met hartseer van die swak gedrag van enkele van ons ouers langs die sportveld. Dit doen die skool se naam en ons ouergemeenskap onberekenbare

7 Loffienuus 9 Mei 2018

11. NETBAL

Ons is baie trots op die volgende Loffies wat hul KZN kleure verwerf het vir Netbal: René Janse

van Rensburg, Kayla Stimie, Leigh Janse van Rensburg, en Dedré Gravett

12. PITKOS – STOF TOT NADENKE VIR SOMMIGE OUERS EN SOMMIGE AFRIGTERS

Page 5: LOFFIENUUS - Gelofte SkoolOns verneem met hartseer van die swak gedrag van enkele van ons ouers langs die sportveld. Dit doen die skool se naam en ons ouergemeenskap onberekenbare

7 Loffienuus 9 Mei 2018

13. HEMELVAART EREDIENS

Ons het Donderdagoggend om 07:45 ‘n hemelvaarterediens in die skoolsaal. Die diens sal gelei

word deur Pastoor Douglas Mellish van City Hill. Ouers is welkom om die diens by te woon.

14. MA

Met die oog op Moedersdag eerskomende Sondag.

Ma, ek kan nie vir jou ‘n gedig skryf nie, Ma (Deur Klippie) Nie een met fênsie leestekens nie, en ook nie een sonder nie. Maar ek kan vir jou ‘n ode skryf, ‘n

brief, ‘n onthou-geskrif.

Want jy was dalk nie die beste ma in die wêreld nie, maar jy was die beste ma vir MY. As ek weer

kon kies, sal ek weer vir jou kies, Ma.

Ek sien hoe jy nie meer onthou van al ons gisters nie, en soms vergeet van môre, hoe jy kleiner en

kleiner krimp, soos jou tyd minder word. Jy, wat altyd so lewensgroot in ons lewens was, is jy reeds

besig om afskeid te neem van ons? Sal jy ook soos Oupa dalk net een oggend nie weer opstaan nie?

Ma, jy het gewerk toe meeste ma’s nog by hulle huise gebly en kinders grootgemaak het. Soms het

ek gewens vir ‘n gewone ma wat ook by die huis is elke dag, maar dit het my ook geleer om

selfstandig te wees. Jy was nie ‘n onderdanige vrou nie – ek is vandag nog nie seker of dit dinge

anders sou laat uitwerk het nie, maar jy het ons geleer van eiewaarde en om sterk te wees. Ek

wonder tog soms of dit ons meer kwaad as goed gedoen het.

Ma, kan ek jou vertel wat ek altyd sal onthou? Die goeie EN die slegte dinge?

Ek sal onthou:

hoe ons tot laatnag gesels en gelag het as Pa Johan nagskof gewerk het. Hoe Berdine in die oggende

vertel het dat sy laasnag in haar bed, in die huis langsaan, gelag het net vir die manier hoe ons lag, al

het sy nie geweet waaroor ons lag nie.

Page 6: LOFFIENUUS - Gelofte SkoolOns verneem met hartseer van die swak gedrag van enkele van ons ouers langs die sportveld. Dit doen die skool se naam en ons ouergemeenskap onberekenbare

7 Loffienuus 9 Mei 2018

hoe jy ons geleer het om nooit te lieg nie – dat ons soms ‘n pak sou vryspring net deur die waarheid

te praat.

hoe ons saamgesing het, die liedjies wat jy ons geleer het en die gedigte wat jy vir ons opgesê het.

hoe jy soms my keuses bevraagteken het, maar my altyd ondersteun het. Het ek maar meer vir jou

geluister, Ma.

hoe jy vir Lisa by pa agtergelaat het en jouself vir jare daaroor verwyt het, selfs toe sy later terug

was by ons.

hoe jy altyd in die nag lus was vir soetgoed en roomys geëet het en van die keer toe ek vir Ma

mikrogolf appels met roomys gemaak het. Vir jare het jy gesê dit was die lekkerste ‘midnight snack’

wat jy nog ooit geëet het.

hoe ons een keer vir drie maande lank nie met mekaar gepraat het nie, maar jy steeds vir jou

kleinkinders kom kuier het en dan vir my pakkies in die kombuis gelos het. Hoe simpel was daardie

rusie tog nie.

hoe jy altyd my en Lisa se kombuislappe gebleik het, want dit was nooit wit genoeg na jou sin nie –

ons het jou Ma-Jik genoem agter jou rug!

hoe jy altyd vir my gesê het ek moet my hare kam, maar vergeet het ek het my weerbarstige krulle

by jou geërf.

hoe jy in die Transvaal by my kom kuier het en besef het dat my man my slaan en my nogtans daar

agtergelos het. Hoekom het jy my nie huis toe gevat nie, Ma?

hoe jy vir my papierpoppe op karton geteken het, omdat dié in die winkels nie mooi genoeg na my

sin was nie. Jou kleindogter het jou kunstigheid geërf, Ma – ek wens jy kan sien hoe mooi skilder

sy.

hoe bang jy vir die donderweer is.

hoe jy geglo het mens gaan nooit ooit slaap as al jou skottelgoed nie gewas is nie, maak nie saak

watter tyd van die nag dit is nie. Weet jy, Ma, ek het daai by jou geërf?

Ma, ek onthou vir Mabalel, ek onthou die ewige rintinkel in die ou Slamaaierwinkel, ek onthou van

Amakeia wat belowe het, toe haar nonna sterwend was, om die hulpelose kindjie, tot hy groot was,

op te pas.

Ek onthou hoe jy vir ons op die tafel geklim en Inamorata met jou beste operastem gesing het. Hoe

jy gesing het van die kleine engel met sy vuil gesig, van die kerk en die bar sit langs mekaar ahum,

van die sterwende seuntjie wat net wil hê sy moederlief moet sy skoentjies bêre en van Enjin No 5.

Weet jy, Ma, ek kan al daai liedjies vandag nog toe oë onthou en sing.

Ma, jy sal dalk nie vir my aardse skatte nalaat nie, maar jy sal vir my onskatbare herinneringe

nalaat.

Ma, ek is lief vir jou ,Ma.

Page 7: LOFFIENUUS - Gelofte SkoolOns verneem met hartseer van die swak gedrag van enkele van ons ouers langs die sportveld. Dit doen die skool se naam en ons ouergemeenskap onberekenbare

7 Loffienuus 9 Mei 2018

15. OP ‘N LIGTER TRANT: DIE GOEIE OU DAE (OF WAS DIT?)

In die personeelkamer kla al wat ’n onderwyser is oor Jannie.

“Ek wens mens kon die kinders nog pak gee.” Voeg die jong juffrou Visser by. “Ek dink dan sou

Jannie in sy spoor trap.” Meneer De Wet, gretig om die jong juffrou te beïndruk, kondig aan dat hy

die kans gaan vat en Jannie die pak van sy lewe gaan gee. “As hy weer aanjaag, stuur hom na my

toe!”

Twee dae later kom Jannie by meneer De Wet aan. “Juffrou Visser het my gestuur, …” Vêrder kom

Jannie nie, want meneer De Wet pluk ’n lat uit en gee hom ses houe voor hy nog kan protesteer.

“Sien jy wat gebeur met stout kinders mannetjie! Wat het jy vir jouself te sê?” bulder meneer De

Wet. “Juffrou Visser wou net weet of meneer vir haar ’n skêr het om te leen.”

16. BEHEERLIGGAAM

Skoolhoof

Danie Strydom [email protected]

Ouers

Leonie Botha Finansies [email protected]

Marianet Breytenbach Sport [email protected]

André Britz Onder-voorsitter [email protected]

Audette Holtzhausen Terrein [email protected]

Robert Moffat Voorsitter [email protected]

Hendrik Roux Projekte en Bemarking [email protected]

Bruce Scheffermann Projekte en Bemarking [email protected]

Adelle Swarts Sport [email protected]

Renier van der Merwe Terrein [email protected]

Opvoeders

Charmain Hefer [email protected]

Hendrik Janse van Rensburg [email protected]

Misha Martin [email protected]

Nie-opvoeder

Reinette Janse van Rensburg Sekretaresse [email protected].

Leerders

Franco Baard [email protected]

Janika Dames [email protected]

Chanelle Hugo [email protected]

17. ADVERTENSIES IN LOFFIENUUS

Indien u advertensies in die Loffienuus wil plaas kan u me. Reinette Janse van Rensburg kontak

by [email protected] of by 031 702 7201. Koste beloop R75 per plasing.

18. VERJAARDAE

Baie geluk aan die Loffies wat in die volgende twee weke en gedurende die vakansie verjaar. Ons

vertrou dat julle heerlik bederf sal word en bid julle baie seën toe vir die nuwe lewensjaar.

Page 8: LOFFIENUUS - Gelofte SkoolOns verneem met hartseer van die swak gedrag van enkele van ons ouers langs die sportveld. Dit doen die skool se naam en ons ouergemeenskap onberekenbare

7 Loffienuus 9 Mei 2018

Karin de Jager, Anika Henderson, Anzel Myburgh, Lizzel Myburgh, Zoë Pelser, Daniel Sargent,

Roxanne Marais, Matthew van Staden, René Strauss, Nadine Hefer, Charne Holloway, Willem

Stephens, Moneé Booysen, WF Hamman, Tyler Grobler, Corne Crafford, Nicole Human, Anke

Robertse, Gavin Roos, Anke Britz, Zane Kruis, Jeanne-Marie Labuschagne, J.J. Willemse.

19. E-POS

Ons het reeds ‘n baie groot aantal ouers wat die Loffienuus elektronies ontvang. Hierdie is

uiteraard ‘n baie meer betroubare manier om seker te maak dat u die nuusbrief ontvang,

aangesien die kinders soms vergeet van die nuusbrief wat in hul tasse lê. Indien u nog nie ‘n

elektroniese weergawe van die Loffienuus ontvang nie, is u welkom om ‘n e-pos te stuur na

[email protected]. Ons sal u dan op ons adreslys plaas. Die Loffienuus is ook op die webblad

(www.gelofte.co.za) en op Communicator beskikbaar.

20. KONTANTVRYE SONE

Ons beklemtoon graag weer die volgende: ons streef daarna om die skool ‘n kontantvrye sone te

maak en sodoende die versoeking by kriminele elemente te verwyder om die skool as ‘n sagte teiken

te beskou. Dit sal dus waardeer word indien u van elektroniese betaalmetodes of tjeks gebruik sal

maak.

Die skool se bankbesonderhede is soos volg:

Bank: ABSA

Rekeningnaam: Gelofte Skool

Takkode: 632005

Rekeningnommer: 1137530569

Vriendelike groete

D J STRYDOM

SKOOLHOOF

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

TERUGSTUURSTROKIE: KOMMENTAAR – VIR AANDAG MNR. D. STRYDOM

NAAM VAN OUER: ____________________________________________________________________

NAAM VAN LEERDER: ______________________________________________ GR. ______________

KOMMENTAAR: ______________________________________________________________________

______________________________________________________________________________________

______________________ _________________________

HANDTEKENING KONTAKNOMMER