13
LV St John’s College Tyd: 2 Uur Desember 2006 Afrikaans Tweede Taal Punte: 80 MCJ, ELC, MH Begripstoets, Opsomming en Taal AFDELING A LEESBEGRIP Lees die volgende tekste goed deur en beantwoord dan die vrae wat daaroor gestel is: Vraag 1 WAAR KOM KOSMETIESE SNYKUNDE VANDAAN EN WAT IS DIT? 1. Die doel van kosmetiese chirurgie is om ‘n persoon se fisieke voorkoms te verbeter. Baie mense sien kosmetiese chirurgie as ‘n gevaarlike, duur en ongemaklike prosedure. Hulle voel ook dat dit ‘n vermorsing van mediese kennis en talent is . Primitiewe kosmetiese chirurgie is reeds eeue gelede gedoen. In antieke Indië is daar reeds in 200 v.C. operasies uitgevoer waar ‘n deel van ‘n persoon se voorkop gebruik is om ‘n nuwe neus op te bou wat vroeër as ‘n strafmaatreël geamputeer is. 2. Kosmetiese chirurgie is vandag ‘n algemene praktyk in ryk, Westerse gemeenskappe wat streef na perfeksie en ewigdurende jeug. Dit is ‘n praktyk wat sedert die 1950’s geweldig uitgebrei het. Die prosedures het baie ingewikkeld en waaghalsig geword. Dit is ‘n mediese gebied wat steeds groei en verbruikers verwag ook al hoe meer van kosmetiese chirurgie. 3. Baie verbruikers ondergaan kosmetiese chirurgie op liggaamsdele wat hulle sien as sleg vir hulle selfbeeld, of om hulle meer aantreklik vir hule geliefdes te maak. Dit word ook dikwels gedoen omdat hulle oor hul voorkoms gespot word, of omdat hulle voorkoms vir hulle ‘n verleentheid is. Dit is dikwels die geval by kinders wat byvoorbeeld bakore of onooglike geboortemerke

LV - Gedigteallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/graad_11... · Web viewKyk na die volgende advertensie en beantwoord daarna die vrae wat volg 2.1 Waarom sal dit amper

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: LV - Gedigteallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/graad_11... · Web viewKyk na die volgende advertensie en beantwoord daarna die vrae wat volg 2.1 Waarom sal dit amper

LV St John’s College Tyd: 2 UurDesember 2006 Afrikaans Tweede Taal Punte: 80 MCJ, ELC, MH Begripstoets, Opsomming en Taal

AFDELING A LEESBEGRIPLees die volgende tekste goed deur en beantwoord dan die vrae wat daaroor gestel is:

Vraag 1WAAR KOM

KOSMETIESE SNYKUNDE

VANDAAN EN WAT IS DIT?

1. Die doel van kosmetiese chirurgie is om ‘n persoon se fisieke voorkoms te verbeter. Baie mense sien kosmetiese chirurgie as ‘n gevaarlike, duur en ongemaklike prosedure. Hulle voel ook dat dit ‘n vermorsing van mediese kennis en talent is. Primitiewe kosmetiese chirurgie is reeds eeue gelede gedoen. In antieke Indië is daar reeds in 200 v.C. operasies uitgevoer waar ‘n deel van ‘n persoon se voorkop gebruik is om ‘n nuwe neus op te bou wat vroeër as ‘n strafmaatreël geamputeer is.

2. Kosmetiese chirurgie is vandag ‘n algemene praktyk in ryk, Westerse gemeenskappe wat streef na perfeksie en ewigdurende jeug. Dit is ‘n praktyk wat sedert die 1950’s geweldig uitgebrei het. Die prosedures het baie ingewikkeld en waaghalsig geword. Dit is ‘n mediese gebied wat steeds groei en verbruikers verwag ook al hoe meer van kosmetiese chirurgie.

3. Baie verbruikers ondergaan kosmetiese chirurgie op liggaamsdele wat hulle sien as sleg vir hulle selfbeeld, of om hulle meer aantreklik vir hule geliefdes te maak. Dit word ook dikwels gedoen omdat hulle oor hul voorkoms gespot word, of omdat hulle voorkoms vir hulle ‘n verleentheid is. Dit is dikwels die geval by kinders wat byvoorbeeld bakore of onooglike geboortemerke het. Kosmetiese chirurgie word ook dikwels gedoen om ‘n ‘moeë’ voorkoms te verbeter deur oortollige vet rondom die oë te verwyder.

4. Kosmetiese chirurgie moet aangepas word om by ‘n pasiënt se persoonlikheid, geslag, ouderdom en etniese oorsprong te pas. Sintetiese materiaal moet baie versigtig gebruik word in sulke operasies, want dit kan infeksies of abnormale weefselverharding tot gevolg hê. Daar word byvoorbeeld reeds beweer dat silikoon-inplantings om vroue se borste te

Page 2: LV - Gedigteallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/graad_11... · Web viewKyk na die volgende advertensie en beantwoord daarna die vrae wat volg 2.1 Waarom sal dit amper

vergroot kanker, depressie en gewrigsontsteking kan veroorsaak. Dit is nog nie verseker bewys nie.

Vrae

1.1 Sê in jou eie woorde hoe sommige mense in primitiewe tye wreed gestraf is, volgens paragraaf 1. (1)

1.2 Kyk na die eerste pargraaf. Waarom sal dit vir ‘n arm persoon onmoontlik wees om kosmetiese chirurgie te ondergaan? Gee ‘n gepaste antwoord.

(1)

1.3 Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is, en haal uit die teks aan om

jou antwoord te bewys:

1.3.1 Sommige mense ondergaan kosmetiese chirurgie net om jonk te probeer

lyk. (2)

1.3.2 Kosmetiese chirurgie is sedert die 1960’s uitgevoer.(2)

1.4 Watter twee opeenvolgende woorde dui aan dat kosmetiese chirurgie vandag nie meer iets vreemds is nie? (1)

1.5 Party mense dink dat kosmetiese chirurgie ‘n ‘vermorsing van mediese kennis’

(par 1) is. Stem jy hiermee saam? Gee ‘n goeie rede vir jou antwoord.(2)

1.6 Wat doen kosmetiese chirurge om mense wat permanent moeg lyk, beter te

laat lyk? (1)

1.7 Verduidelik in jou eie woorde wat die volgende woorde beteken:

1.7.1 bakore (par 3) (1)

1.7.2 voorkoms (par 3) (1)

1.8 Noem twee negatiewe gevolge van kosmetiese chirurgie.(2)

1.9 Waarom is dit beter om natuurlike materiaal in kosmetiese chirurgie te gebruik? (2)

Page 3: LV - Gedigteallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/graad_11... · Web viewKyk na die volgende advertensie en beantwoord daarna die vrae wat volg 2.1 Waarom sal dit amper

1.10. Kies die korrekte antwoord en skryf dit dan vol uit:

1.10.1 ‘Verbruikers’ van kosmetiese chirurgie verwys na:

A. pasiënteB. doktersC. kinders (1)

1.10.2 Volgens die teks is kosmetiese chirurgie deesdae:

A. moeilik om uit te voer, onveilig en onwettigB. onwettig, onveilig en baie skaarsC. moeilik om uit te voer, gevaarlik en alledaags

(1)

1.11 Watter stof word gebruik om ‘n vroumens se borste groter te maak?(1)

1.12 Die hoofdoel van hierdie artikel is om:(Kies die mees akkurate antwoord en skryf dit vol uit)

A. Om mense aan te raai om kosmetiese chirurgie te ondergaanB. Om mense in te lig oor kosmetiese chirurgieC. Om mense te waarsku oor kosmetiese chirurgie(1)

[20]

Page 4: LV - Gedigteallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/graad_11... · Web viewKyk na die volgende advertensie en beantwoord daarna die vrae wat volg 2.1 Waarom sal dit amper

Vraag 2: ‘n AdvertensieKyk na die volgende advertensie en beantwoord daarna die vrae wat volg

D A M E S E N M A N S

10 Redes hoekom jy dit moet hê➊ niks is sagter of gemakliker nie ➋ dis skaars daar (minder as 6 onse) ➌ ventilasiegaatjies hou jou voete koel en gemaklik ➍ sole wat nie merk nie ➎ bied weerstand teen bakterieë en reuke – wat jou vriende gelukkig hou ➏ ultra-byderwetse Italiaanse styl met gevormde voetondersteuning ➐ glipvry ➑ kan gesteriliseer word in water en bleikmiddel (as jy in iets onaardigs trap) ➒ maklik om in stand te hou (die poleerman is onnodig) ➓ water en sand beweeg maklik deur die gaatjies (so, gaan voort – stap deur die rivier!)

Page 5: LV - Gedigteallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/graad_11... · Web viewKyk na die volgende advertensie en beantwoord daarna die vrae wat volg 2.1 Waarom sal dit amper

2.1 Waarom sal dit amper voel asof jy nie skoene aanhet wanneer jy Crocs dra nie? Gebruik jou eie woorde. (1)

2.2 Noem twee voordele van die gaatjies wat daar in Crocs is. (2)

2.3 Sal ‘n mens veilig op ‘n gladde oppervlak kan loop as jy Crocs aanhet? Motiveer jou antwoord deur aan te haal uit die leesstuk. (2)

2.4 Sê in jou eie woorde waarom jou vriende bly sal wees dat jy Crocs dra. (1)

2.5 Crocs is ‘maklik om in stand te hou’. Dit beteken:(kies die regte antwoord en skryf dit vol uit)

2.5.1 Dit is maklik om in Crocs skoene te staan2.5.2 Dit is maklik om jou Crocs te versorg2.5.3 Jy kan nie maklik val in Crocs skoene nie. (1)

2.6 Sou ‘n modebewuste tiener hierdie skoene wou dra? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (2)

2.7 Waarom, dink jy, is ‘Crocs’ so ‘n goeie naam vir hierdie skoene? (1)[10]

Vraag 3 ‘n Spotprent

Lees die volgende spotprent en beantwoord daarna die vrae wat daarop gebaseer is.

Vrae:

3.1 Hoe kan ons in die eerste raampie sien dat Jeremy se pa bedagsaam is teenoor

sy vrou? (1)

Ek is so moeg daarvoor om Jeremy se persoonlike chauffeur te wees!

Sodra ek by die huis kom nadat ek hom iewers

afgelaai het, is hy weer op die

foon om hom te kom haal! Ek kan nie wag totdat

hy sy rybewys

het nie!

SO GOU?!?

Ek ook nie – en dis, soos,

TIEN MAANDE

weg!

Page 6: LV - Gedigteallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/graad_11... · Web viewKyk na die volgende advertensie en beantwoord daarna die vrae wat volg 2.1 Waarom sal dit amper

3.2 Kies die woord wat Jeremy se ma in raampie twee die beste beskryf en skryf dit

vol uit:

A. geskokB. bekommerdC. gefrustreerd(1)

3.3 Waarom moet Jeremy se ma hom orals rondry? (1)

3.4 Verduidelik waarom Jeremy se ma se reaksie in raampie drie snaaks is.(2)

[5]

AFDELING B OPSOMMINGVraag 4

Page 7: LV - Gedigteallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/graad_11... · Web viewKyk na die volgende advertensie en beantwoord daarna die vrae wat volg 2.1 Waarom sal dit amper

AFDELING C FUNKSIONELE TAALVAARDIGHEIDVRAAG 5 Woord- en sinstrukture

Verwys telkens na die onderstaande strokiesprent terwyl jy die opdragte uitvoer.

Waarom het jy ‘n prentjie so laag teendie muur gehang?

Ek hetnie!

Jeremy, weet jy enigiets van die prentjie oor daai

gat in die muur?!

Nee.

. . . dan misKIEN.

1

5

4 3 2

7 6

Page 8: LV - Gedigteallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/graad_11... · Web viewKyk na die volgende advertensie en beantwoord daarna die vrae wat volg 2.1 Waarom sal dit amper

5.1 Gebruik die woorde hieronder in ‘n sin en begin met die onderstreepte gedeelte:

Dis Jeremy en Pierce, ‘n rowwe rubyspeletjie, wat, in die huis, vroeër vanmiddag, het, gespeel, soos twee besetenes. (2)

5.2 Vul die ontbrekende woorde in of gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies:

Pierce en Jeremy kyk geskok (5.2.1) die gat in die muur. Hulle dink eers (5.2.2 aan dit) om die gemors daar te laat lê, maar tel dan die stukkies pleister (5.2.2) behulp van ‘n skoppie en besem op. (3)

5.3 Skryf die volgende sinne oor, maar begin soos aangedui:

Die seuns probeer die gat wegsteek wanneer hulle ‘n prentjie daarvoor hang.

‘n Rukkie gelede . . . (3)

5.4 Vul die ontbrekende woorde in:

As ‘n mens iets verkeerds gedoen het, moet (5.4.1) liewer eerlik met (5.4.2) ouerswees en hulle darvan vertel. (2)

5.5 Beantwoord die volgende vraag en begin soos aangedui:

Weet Jeremy se pa enigiets van die gat agter die prentjie?

Nee.

So jy het geen idee hoehierdie prentjie oor daardie

gat gehang is nie?Al staan jy daar met

‘n hamer en ‘n pakkie

muurspykers?

O...

Ek kan nie glo dat jy die gat agter ‘n

prentjie probeer wegsteek het nie!

Hoe kon jy dink datons nie ‘n prentjievier duim van die

vloer af sou oplet nie?

Eintlikwas jy aleen watdit op-

gelet het.

Miskien is Ma net te

opgewen. Het Ma al daaraan

gedink?

13 12 11 10

9 8

Page 9: LV - Gedigteallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/graad_11... · Web viewKyk na die volgende advertensie en beantwoord daarna die vrae wat volg 2.1 Waarom sal dit amper

Nee, . . . (1)

5.6 Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies:

Jeremy se (5.6.1 verbaas) ma ontdek die gat agter die prentjie. Dit verander haar onmiddellik in ‘n (5.6.2 skreeu) tierwyfie! Enige klein (5.6.3 verskoning) wat Jeremy kan offer sal beslis nie werk nie. Hoe (5.6.4 min) hy op die oomblik sê, hoe (5.6.5 goed) vir hom! (5)

5.7 Verbind die volgende sinne sinvol tot een sin. Gebruik die woorde ‘waarmee’ en ‘daarom’.

Die hamer was nog in sy hand.Jeremy het die spykers met die hamer ingeslaan.Sy ma het dadelik geweet wat gebeur het! (2)

5.8 Kies die korrekte woord of gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies:

Op die oomblik voel Jeremy (5.8.1 baie benoud), want hy weet hy is nou in die moeilikheid. Tog was sy pa heel (5.8.3 bewusteloos/onbewus) dat die prentjie so laag gehang het! (3)

5.9 Skryf die volgende sinne uit, maar begin soos aangedui:

5.9.1 Jeremy se ma vra: “Waarom het jy ‘n prentjie so laag teen die muur gehang, Paul?”

Jeremy se ma vra haar man . . . (2)

5.9.2 Jeremy sal later die gat in die muur toeplak.

Die gat in die muur . . . (2)

5.9.3 Die seuns moet uit hulle eie sakgeld vir die herstelwerk betaal.

Die seuns hoef . . . (2)

5.9.4 Jeremy se pa is baie ongemaklik oor die hele storie.

Dit skyn . . . (2)

5.10 Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies:

Jeremy se (5.10.1 moeg) ma weet nie meer watter kant toe nie. Die mans in haar lewe het al op baie (5.10.2 geleentheid) vir haar moedeloos laat voel. Vandag is geen uitsondering nie! (2)

Page 10: LV - Gedigteallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/graad_11... · Web viewKyk na die volgende advertensie en beantwoord daarna die vrae wat volg 2.1 Waarom sal dit amper

VRAAG 6KOMMUNIKATIEWE TAAL

Lees die onderstaande strokiesprent en voltooi daarna die opdragte wat volg.Skryf die persoon se woorde direk neer soos dit gepraat word.Elke spreekbeurt moet agt tot twaalf woorde lank wees.

6.1 Jy is Jeremy se vriend wat luister na hoe sleg hy voel, terwyl jy nou weet dat Sara dolgelukkig is met ‘n ander kêrel.Nooi hom uit om saam met jou na ‘n koffiekroeg te gaan waar jy hieroor met hom kan praat.

Jy: __________________________ (1)

Ek kan nie besluit of ek weer met Sara moet

uitgaan nie en of ek haar net moet vergeet nie.

Ek haat dit net om te weet hoe verskriklik sleg sy

voel!

Page 11: LV - Gedigteallegaartjie.weebly.com/uploads/4/0/0/1/4001402/graad_11... · Web viewKyk na die volgende advertensie en beantwoord daarna die vrae wat volg 2.1 Waarom sal dit amper

6.2 By die koffiekroeg het jy hom vertel wat die werklike situasie is. Druk nou jou meegevoel en simpatie aan hom uit.

Jy: __________________________ (2)

6.3 Hy druk sy ongeloof aan jou uit, maar bedank jou dan dat jy hom vertel het.

Hy: __________________________ (2)

[35]