17

Maak gereed vir 'n geennaam verpakking - | CANSA · • Tabakverbruik verhoog die risiko van kanker van die longe, slukderm, mond, blaas, pankreas, niere, maag, serviks en bors Geen

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Maak gereed vir 'n geennaam verpakking - | CANSA · • Tabakverbruik verhoog die risiko van kanker van die longe, slukderm, mond, blaas, pankreas, niere, maag, serviks en bors Geen
Page 2: Maak gereed vir 'n geennaam verpakking - | CANSA · • Tabakverbruik verhoog die risiko van kanker van die longe, slukderm, mond, blaas, pankreas, niere, maag, serviks en bors Geen

Maak gereed vir 'n geennaam verpakking

• Die land is besig met die promulgering van 'n nuwe wet wat tot gevolg sal hê dat tabakprodukte slegs in geennaam verpakking met grafiese waarskuwingstekens sal wees.

• Geennaam verpakking is 'n belangrike manier om die aanvraag te verminder:

• Dit verminder die aantreklikheid van tabakprodukte,

• Beperk die gebruik van tabak verpakking as 'n vorm van reklame en

• Beperk misleidende verpakking en etikettering.

• En die gebruik van grafiese (geïllustreerde) pakket waarskuwings sal die ernstige implikasies van die gebruik van tabak uitbeeld.

Page 3: Maak gereed vir 'n geennaam verpakking - | CANSA · • Tabakverbruik verhoog die risiko van kanker van die longe, slukderm, mond, blaas, pankreas, niere, maag, serviks en bors Geen

Het jy geweet?

• Tabak-verwante siektes maak meer as 44 000 Suid-Afrikaners en byna 6 miljoen mense wêreldwyd jaarliks dood, dit is een persoon elke ses sekondes, wat neerkom op 1:10 persone in die wêreld

• 600 000 nie-rokers sterf elke jaar a.g.v. blootstelling aan tweedehandse rook

• Tabakverbruik verhoog die risiko van kanker van die longe, slukderm, mond, blaas, pankreas, niere, maag, serviks en bors

Geen onder 18-jariges mag tabak- produkte koop nie Die wet bepaal dat geen persoon enige tabak-produk aan enige persoon onder die ouderdom van 18 jaar mag verkoop of voorsien nie

Page 4: Maak gereed vir 'n geennaam verpakking - | CANSA · • Tabakverbruik verhoog die risiko van kanker van die longe, slukderm, mond, blaas, pankreas, niere, maag, serviks en bors Geen

Wat is regtig in ‘n sigaret?

• Tabak en tweedehandse rook bevat meer as 1 400 gevaarlike en skadelike chemikalieë en 81 kankerveroorsakende chemikalieë wat tot dusver in sigarette geïdentifiseer is (volgens die Internasionale Agentskap vir Navorsing oor Kanker, (IARC).

• Van dié sluit in:

• Asetoon - verfverwyderaar

• Ammoniak - toiletreiniger

• Arseen - rottegif

• Butaan - aanstekervloeistof

• Koolstofmonoksied - uitlaatgasse

• Naftaleen - mottegif

• Fenol - ontsmetmiddel

Page 5: Maak gereed vir 'n geennaam verpakking - | CANSA · • Tabakverbruik verhoog die risiko van kanker van die longe, slukderm, mond, blaas, pankreas, niere, maag, serviks en bors Geen

Wat is regtig in hubbly-bubbly?

• Waterpyp rook bevat meer as 300 gevaarlike en skadelike chemikalieë en 27 kankervormende chemikalieë is tot dusver geïdentifiseer in hookah.

• Van dié sluit in:

• Arseen - rottegif

• Koolstofmonoksied - uitlaatgasse

• Formaldehied - boumateriaal

• Lood - batterye

• Nikotien - sigarette

• Teer - gifstof

Page 6: Maak gereed vir 'n geennaam verpakking - | CANSA · • Tabakverbruik verhoog die risiko van kanker van die longe, slukderm, mond, blaas, pankreas, niere, maag, serviks en bors Geen

Die gevare van tweedehandse rook

Tweedehandse rook is skadelik

• Tweedehandse rook bevat twee keer soveel teer en nikotien per eenheid volume as rook van 'n sigaret wat ingeasem word.

• Het 3x soveel bensopireen wat kanker veroorsaak,

• 5x soveel koolstofmonoksied,

• en 50x soveel ammoniak.

• Tweedehandse rook van pype en sigare is net so skadelik.

• Veroorsaak longkanker en dra by tot die ontwikkeling van hartsiekte

TWEEHANDSE ROOK

is net so nadelig

Wat jy ook al rook - ‘n hookah, pyp, sigarette

of sigare - jy stel diegene om jou bloot

aan dieselfde giftstowwe wat jy

inasem. Jy behoort die gesondheid van

ander as hoogste prioriteit te beskou.

Page 7: Maak gereed vir 'n geennaam verpakking - | CANSA · • Tabakverbruik verhoog die risiko van kanker van die longe, slukderm, mond, blaas, pankreas, niere, maag, serviks en bors Geen

Alle vorme van tabak is gevaarlik!

Sigarette is nie die enigste gevaarlike vorm van rook nie. Hubbly bubbly, e-sigarette en rooklose tabak (soos snuif, pruimtabak en 'snus’) is ook skadelik vir jou liggaam

Wat jy moet weet

Page 8: Maak gereed vir 'n geennaam verpakking - | CANSA · • Tabakverbruik verhoog die risiko van kanker van die longe, slukderm, mond, blaas, pankreas, niere, maag, serviks en bors Geen

Ander vorme van rook…

Rooklose tabak

• Rooklose tabakprodukte sluit in snuif, pruimtabak en 'snus’. Hierdie produkte verhoog ook die risiko van kanker, veral mond- en kaak kanker

Elektroniese sigarette

• E-sigarette kan nikotien en ander skadelike chemikalieë bevat

• E-sigarette word beheer deur die Medisynebeheerraad in Suid-Afrika en is slegs beskikbaar op voorskrif by 'n apteek*

* Tans word hierdie wet nie afgedwing nie en as 'n nasionale waghond, is KANSA besig om druk uit te oefen sodat dit gehandhaaf word

Page 9: Maak gereed vir 'n geennaam verpakking - | CANSA · • Tabakverbruik verhoog die risiko van kanker van die longe, slukderm, mond, blaas, pankreas, niere, maag, serviks en bors Geen

Ander vorme van rook…

Hookah / hubbly bubbly

• Hookah (en sigaretrook) bevat beide gifstowwe, insluitende nikotien, teer, koolstofmonoksied, arseen en lood.

• Arseen word gebruik as 'n rotgif, en koolstofmonoksied is 'n dodelike gas wat in motor uitlaatpypgas gevind word.

• Selfs in klein hoeveelhede, kan lood kinders hiperaktief en prikkelbaar maak en breinskade veroorsaak.

• Die water in die hookah filtreer NIE die giftige bestanddele uit tabakrook nie.

Page 10: Maak gereed vir 'n geennaam verpakking - | CANSA · • Tabakverbruik verhoog die risiko van kanker van die longe, slukderm, mond, blaas, pankreas, niere, maag, serviks en bors Geen

‘’n Aantal studies met volwasse rokers wys

geennaam verpakking vervul sy kern doelwitte -

maak dit minder aanloklik, veral onder jong

volwassenes, en die verhoging van die

waarskuwingsopvallendheid. In 'n deursnee opname

van sigaret rokers, word geennaam verpakking

geassossieer met verhoogde denke oor die ophou en

ophou pogings. Daarbenewens, afkeur van die

verpakking, laer bevrediging van sigarette en

motivering om op te hou a.g.v. die waarskuwings

op die pakket met daaglikse gedagtes van ophou.’

Volgens 'n onlangse artikel gepubliseer deur prof Gerard Hastings, 'n prominente tabakbeheer navorser

Page 11: Maak gereed vir 'n geennaam verpakking - | CANSA · • Tabakverbruik verhoog die risiko van kanker van die longe, slukderm, mond, blaas, pankreas, niere, maag, serviks en bors Geen

Tyd vir ‘Kick Butt’

KANSA se eKick Butt program - 'n unieke aanlyn rookstaakprogram. Deur 'n reeks e-posse, opnames en aflaaibare materiaal, word jy gelei en gementor om op te hou rook. Om nie te rook nie, word 'n lewenslange gewoonte, nie net die tyd tussen twee sigarette nie. Hierdie program verskaf 'n reeks van handige instrumente om vir goed op te hou rook.

www.ekickbutt.org.za

Page 12: Maak gereed vir 'n geennaam verpakking - | CANSA · • Tabakverbruik verhoog die risiko van kanker van die longe, slukderm, mond, blaas, pankreas, niere, maag, serviks en bors Geen

Verbeel jou ‘n meer gesonde jy

• Om tabak op te gee kan 'n positiewe uitwerking op jou gesondheid en leefstyl hê:

• Die vermindering van die risiko van kanker

• Laer hartklop en bloeddruk

• Beter asemhaling

• In staat wees om te loop sonder om kort van asem te wees

• Leef 'n langer en gesonder lewe

• Het meer fisiese energie

• Om 'n goeie rolmodel vir kinders en die jeug te wees

Page 13: Maak gereed vir 'n geennaam verpakking - | CANSA · • Tabakverbruik verhoog die risiko van kanker van die longe, slukderm, mond, blaas, pankreas, niere, maag, serviks en bors Geen

Tydlyn van ophou

20 minute na laaste sigaret: bloeddruk en polsslag verlaag; liggaamstemperatuur verander na normaal

8 uur na ophou: koolstofmonoksied vlakke in die bloed daal na normale vlak; suurstofvlakke styg

24 uur na ophou: kanse van hartprobleme verlaag

48 uur na ophou: senuweepunte begin hergroei; vermoë om te ruik en proe versterk

Na 2 weke tot 3 maande: bloedsirkulasie verbeter; om te loop word makliker; longfunksie verbeter

Page 14: Maak gereed vir 'n geennaam verpakking - | CANSA · • Tabakverbruik verhoog die risiko van kanker van die longe, slukderm, mond, blaas, pankreas, niere, maag, serviks en bors Geen

Tydlyn van ophou

Na 1 tot 9 maande: vermindering van hoes, sinus opeenhoping, moegheid, kortasemheid

Na 1 jaar: oortollige risiko van koronêre hartvatsiekte verminder tot die helfte van dié van 'n roker

Na 5 tot 15 jaar: beroerte risiko verminder tot dié van mense wat nooit gerook het nie

Na 10 jaar: risiko van longkanker daal tot so min as een-helfte van dié van ‘n roker; risiko van kanker van die mond, keel, slukderm, blaas, niere, en pankreas neem af; risiko van ulkusvorming daal

Na 15 jaar: risiko van koronêre hartvatsiekte is nou gelyk aan dié van mense wat nog nooit gerook het nie; risiko van dood terug na byna die vlak van mense wat nog nooit gerook het.

Page 15: Maak gereed vir 'n geennaam verpakking - | CANSA · • Tabakverbruik verhoog die risiko van kanker van die longe, slukderm, mond, blaas, pankreas, niere, maag, serviks en bors Geen

Ken die wet - elke individu

het die reg tot ’n rookvrye

omgewing

• Wetgewing is baie duidelik oor waar mense mag rook en waar rook verbode is

• Dit is jou reg om te kla wanneer iemand in jou teenwoordigheid rook

• Dit is ook jou reg om remediërende stappe te neem as iemand rook in enige plek waar rook verbode is

• Lees die belangrike punte om hierdie wet hier: http://www.cansa.org.za/know-the-law-its-your-right-to-a-smoke-free-world/

Page 16: Maak gereed vir 'n geennaam verpakking - | CANSA · • Tabakverbruik verhoog die risiko van kanker van die longe, slukderm, mond, blaas, pankreas, niere, maag, serviks en bors Geen

Hou jou omgewing rookvry

• Hou jou omgewing rookvry en rapporteer alle nie-nakoming van die Wet op die Beheer van Tabak aan die Omgewingsgesondheidsbeampte van die plaaslike owerheid waar die voorval plaasgevind het.

Page 17: Maak gereed vir 'n geennaam verpakking - | CANSA · • Tabakverbruik verhoog die risiko van kanker van die longe, slukderm, mond, blaas, pankreas, niere, maag, serviks en bors Geen

Die einde

Dankie

www.cansa.org.za

Tolvry 0800 22 66 22

Whilst the Cancer Association of South Africa (CANSA) has taken every precaution in compiling this presentation,

neither it, nor any contributor(s) to this presentation can be held responsible for any action (or the lack thereof) taken

by any person or organisation wherever they shall be based, as a result, direct or otherwise, of information contained

in, or accessed through, this presentation.