4
Mills & Boon Boekklub Maandelikse nuusbrief vir Mills & Boon Boekklublede September 2007 Hartsgedagtes Verbode terrein Paula Graves Help my! Lily kan nie die visioene verontagsaam wat al sedert haar kinderdae by haar “spook” nie. Nou het ’n dogtertjie se noodkreet om hulp haar en die enigmatiese en oorweldigend manlike luitenant McBride se paaie laat kruis . . . McBride verkwis nie sy tyd met mediums nie. Hy moet ’n ontvoerder aankeer. Die vrou met die heuningkleur hare en goue oë sien egter goed raak wat ander mense nie kan sien nie . . . óók die donker, tragiese geheim wat in sy binneste skuil. Omdat ’n kind se lewe bedreig word, moet hy haar noodgedwonge vertrou. Terwyl hulle saam die gevaar trotseer, ontwikkel daar ’n ongeoorloofde aantrekkingskrag tussen hulle en albei is magteloos om hulle daarteen te verset . . . ’n Baie spesiale aflewering Linda Goodnight Wanneer die liefde instap . . . Vir die eensame Molly McCreight is dit die grootste verrassing van haar lewe toe enkelpa Ethan Hunter sy babadogter aan haar toevertrou terwyl hy tydens ’n storm medisyne by ’n bejaarde man gaan aflewer. ’n Vorige ondervinding het Molly geleer hoe broos die lewe kan wees, maar sy is aangegryp deur die vreemdeling se vertroue in haar vermoëns. Nadat die storm verby is en haar gaste teruggaan huis toe, kry Molly dit nie reg om haar normale lewe te hervat nie. Die Hunters se teenwoordigheid het soveel vreugde in haar afgesonderde wêreld gebring en sy is baie bedruk noudat hulle weg is. Is sy egter bereid om te erken dat hierdie gesinnetjie die sleutel hou tot die toekoms waaroor sy droom? Die ryk man se teësinnige minnares Margaret Mayo Passie . . . in die paradys . . . Binneontwerper Lucinda Oliver ontdek met ’n skok dat haar nuutste kliënt niemand anders as die aantreklike Zane Alexander is nie. Sy ken hom van vroeër af en onthou hom as ’n pierewaaier en werkslaaf. Al is hy besonder aantreklik, neem Lucinda haar voor om nie nog een van sy slagoffers te word nie. Maar vanweë hulle werk beland hulle in ’n pragtige, afgesonderde huis op ’n Karibiese eiland en Lucinda word nie net deur die hitte en eksotiese omgewing verlei nie, maar ook deur Zane se passievolle begeerte . . . ’n Pa duisend Alison Roberts Redder en beskermer Toe paramedikus Tom Gardiner die lewe van die enkelma, Emma White, en haar seuntjie red, besef hy nie dat dit sy eie lewe vir altyd sal verander nie . . . Man en pa . . .? Hy het altyd gedink hy wil nie ’n gesin hê nie, maar met Emma en Mickey onder sy dak, verander sy lewe en roetine. Kan hy Emma oortuig dat hy die volmaakte pa vir Mickey en man vir haar sal wees? Dat sy die verlede moet afskud en die toekoms met hom moet deel . . .? Liewe lesers Dis lente en daar is liefde in die lug! Dit beteken nie daar is minder liefde in die winter of die somer nie, maar ’n mens kry mos daardie lekker gevoel as die natuur so opnuut ontwaak en dan kry ons liefdesverhale sommer opnuut weer meer betekenis. Maar liefde kom nie net in liefdesverhale voor nie. Dit leef elke dag saam met ons en ons leef elke dag saam met liefde. Elisabeth Kübler-Ross sê: Liefde, daardie iets wat ons so moeilik kan beskryf, is die enigste werklik ware en blywende ondervinding in die lewe. Dis die teenoorgestelde van vrees, die wese van verhoudings, die kern van kreatiwiteit, die grasie van mag en ’n verwikkelde deel van wie en wat ons is. Dis die bron van geluk, die energie wat ons verbind en wat in ons leef.” Liefde is die kragtigste en noodsaaklikste element in die lewe. Dis die begin en die basis van alle interaksie. Om iemand lief te hê, is om hom te ken en te verstaan. Dit beteken om in iemand te glo, in iets te glo. Die liefde is betroubaar. Dis ’n keuse en ’n verbintenis aan ander se ware en blywende geluk. ’n Mens word nooit moeg vir die liefde nie. Dikwels is dit ontvlugting van elke dag se werklikhede, maar ’n mens het dit ook nodig met die lewe wat ’n mens soms baie bedruk kan laat voel. Dis waarom ons elke maand weer ’n liefdesverhaal kan opslurp. Geniet dus hierdie maand se nuwe boeke! ’N NUWE VOORKOMS En nou kan ek maar die geheim uitlap: So saam met die vernuwing in die natuur, kry ons boeke in Brief van die REDAKTEUR Brief van die REDAKTEUR BOEKE vir volgende maand

Maandelikse nuusbrief vir Mills & Boon Boekklublede ... · Oktobermaand ’n heel nuwe voorkoms! ... en goeie raad ongelukkig agterweë ... met ’n paar stukkies gemmer. 8. Plaas

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Maandelikse nuusbrief vir Mills & Boon Boekklublede ... · Oktobermaand ’n heel nuwe voorkoms! ... en goeie raad ongelukkig agterweë ... met ’n paar stukkies gemmer. 8. Plaas

Mills & Boon Boekklub

Maandelikse nuusbrief vir Mills & Boon Boekklublede September 2007

Hartsgedagtes

Verbode terrein Paula Graves

Help my! Lily kan nie die visioene verontagsaam wat al sedert haar kinderdae by haar “spook” nie. Nou het ’n dogtertjie se noodkreet om hulp haar en die enigmatiese en oorweldigend manlike luitenant McBride se paaie laat kruis . . .

McBride verkwis nie sy tyd met mediums nie. Hy moet ’n ontvoerder aankeer. Die vrou met die heuningkleur hare en goue oë sien egter goed raak wat ander mense nie kan sien nie . . . óók die donker, tragiese geheim wat in sy binneste skuil.

Omdat ’n kind se lewe bedreig word, moet hy haar noodgedwonge vertrou.

Terwyl hulle saam die gevaar trotseer, ontwikkel daar ’n ongeoorloofde aantrekkingskrag tussen hulle en albei is magteloos om hulle daarteen te verset . . .

’n Baie spesiale aflewering Linda Goodnight

Wanneer die liefde instap . . . Vir die eensame Molly McCreight is dit die grootste verrassing van haar lewe toe enkelpa Ethan Hunter sy babadogter aan haar toevertrou terwyl hy tydens ’n storm medisyne by ’n bejaarde man gaan aflewer. ’n Vorige ondervinding het Molly geleer hoe broos die lewe kan wees, maar sy is aangegryp deur die vreemdeling se vertroue in haar vermoëns.

Nadat die storm verby is en haar gaste teruggaan huis toe, kry Molly dit nie reg om haar normale lewe te hervat nie. Die Hunters se teenwoordigheid het soveel vreugde in haar afgesonderde wêreld gebring en sy is baie

bedruk noudat hulle weg is. Is sy egter bereid om te erken dat hierdie gesinnetjie die sleutel hou tot die toekoms waaroor sy droom?

Die ryk man se teësinnige minnares Margaret Mayo

Passie . . . in die paradys . . .Binneontwerper Lucinda Oliver ontdek met ’n skok dat haar nuutste kliënt niemand anders as die aantreklike Zane Alexander is nie. Sy ken hom van vroeër af en onthou hom as ’n pierewaaier en werkslaaf. Al is hy besonder aantreklik, neem Lucinda haar voor om nie nog een van sy slagoffers te word nie.

Maar vanweë hulle werk beland hulle in ’n pragtige, afgesonderde huis op ’n Karibiese eiland en Lucinda word nie net deur die hitte en eksotiese omgewing verlei nie, maar ook deur Zane se passievolle begeerte . . .

’n Pa duisend Alison Roberts

Redder en beskermerToe paramedikus Tom Gardiner die lewe van die enkelma, Emma White, en haar seuntjie red, besef hy nie dat dit sy eie lewe vir altyd sal verander nie . . .

Man en pa . . .?Hy het altyd gedink hy wil nie ’n gesin hê nie, maar met Emma en Mickey onder sy dak, verander sy lewe en roetine. Kan hy Emma oortuig dat hy die volmaakte pa vir Mickey en man vir haar sal wees? Dat sy die verlede moet afskud en die toekoms met hom moet deel . . .?

Liewe lesers

Dis lente en daar is liefde in die lug! Dit beteken nie daar is minder liefde in die winter of die somer nie, maar ’n mens kry mos daardie lekker gevoel as die natuur so opnuut ontwaak en dan kry ons liefdesverhale sommer opnuut weer meer betekenis.

Maar liefde kom nie net in liefdesverhale voor nie. Dit leef elke dag saam met ons en ons leef elke dag saam met liefde.

Elisabeth Kübler-Ross sê: “Liefde, daardie iets wat ons so moeilik kan beskryf, is die enigste werklik ware en blywende ondervinding in die lewe. Dis die teenoorgestelde van vrees, die wese van verhoudings, die kern van kreatiwiteit, die grasie van mag en ’n verwikkelde deel van wie en wat ons is. Dis die bron van geluk, die energie wat ons verbind en wat in ons leef.”

Liefde is die kragtigste en noodsaaklikste element in die lewe. Dis die begin en die basis van alle interaksie. Om iemand lief te hê, is om hom te ken en te verstaan. Dit beteken om in iemand te glo, in iets te glo. Die liefde is betroubaar. Dis ’n keuse en ’n verbintenis aan ander se ware en blywende geluk.

’n Mens word nooit moeg vir die liefde nie. Dikwels is dit ontvlugting van elke dag se werklikhede, maar ’n mens het dit ook nodig met die lewe wat ’n mens soms baie bedruk kan laat voel. Dis waarom ons elke maand weer ’n liefdesverhaal kan opslurp. Geniet dus hierdie maand se nuwe boeke!

’n nuwe voorkomsEn nou kan ek maar die geheim uitlap: So saam met die vernuwing in die natuur, kry ons boeke in

Brief van die redakteurBrief van die redakteurBoeke vir volgende maand

Page 2: Maandelikse nuusbrief vir Mills & Boon Boekklublede ... · Oktobermaand ’n heel nuwe voorkoms! ... en goeie raad ongelukkig agterweë ... met ’n paar stukkies gemmer. 8. Plaas

2 Mills & Boon Boekklub

Brief van die redakteur verv.Brief van die redakteur verv.Oktobermaand ’n heel nuwe voorkoms! Maar moenie bekommerd wees nie, die inhoud gaan nog net so lekker en boeiend wees soos altyd. Ons lesers gaan vir seker baie in hul skik wees met hierdie nuwe baadjie en ’n splinternuwe logo. Hou dus die pos dop vir Oktober se besending!

Nog opwinding wag egter op ons lesers. Ons het heelwat inskrywings vir die liefdesverhaalkompetisie gekry en aangesien die sluitingsdatum die einde van Augustus was, word ons wenner ook in Oktober se nuusbrief aangekondig. In vyf gratis gedrukte boeke van sy of haar eie pennevrug ontvang. Heerlike opwinding wat wag in Oktober!

In hierdie uitgawe gesels ons weer oor ons geliefde troeteldiere en hul slimmighede. Uit die Animal Talk is daar ’n lekker artikel oor die Skotse skaaphond of borderkollie soos hulle ook bekend staan. Die lewendige intelligente werkshonde is ’n wonderlike maat en troeteldier vir ’n aktiewe, energieke mens.

Soos gewoonlik is daar ook ’n lusmakertjie oor ons nuwe boeke vir die maand, die blokraai, sterwysers vir September en weer eens ’n heerlike resep uit die nuwe Avokado. Verlede maand het die gebruike vir alledaagse produkte en goeie raad ongelukkig agterweë gebly, maar lees gerus elders in die blaadjie wat alles help vir sonbrand – ja, die warm somer is voor die deur – miere, kougom en dies meer.

Geniet hierdie uitgawe en lekker lees. Met die geur van bloeisels wat in die lug hang en ander tekens van herlewing in die natuur, kan ons nie anders as om in die liefde te glo nie.

Liefde is lewe. Lewe is liefde.

Lentegroete.

kOM sit aan . . .

Vir meer inligting oor die tydskrif Avokado, skakel hulle gerus by (011) 280-5787

Genoeg vir 16 Tyd: 25 minute + verkoeltyd

Bestanddele:4 pakkies vingerbeskuitjies250 ml brandewyn2 x 410 g-blikke appelkose, gedreineer Gepreserveerde gemmerstukke in stroop 4 eiers, geskei60 ml suiker500 ml mascarponekaas150 ml vars room

metode:1. Doop van die vingerbeskuitjies in die

brandewyn en plaas ’n laag daarvan onder in ’n bak. Plaas dan ’n laag appelkose en gemmer bo-op.

2. Klits die eiergele met suiker tot lig en romerig. Voeg die mascarponekaas, sowat 30 ml van die gemmerstroop en 5 ml brandewyn by.

3. In ’n aparte bak klop room tot styf. Hou eenkant.

4. Klop die eierwitte ook in ’n aparte bak tot styf, maar nie droog nie. Vou die eierwitte en room by die mascarponemengsel in.

5. Giet die helfte van die mengsel bo-oor appelkose en gemmer.

6. Doop oorblywende koekies in brandewyn, en vorm ’n laag bo-op die roommengsel. Pak weer ’n laag appelkose en gemmer.

7. Bedek met res van roommengsel, en versier met ’n paar stukkies gemmer.

8. Plaas 2-3 uur in yskas vir voor bediening.

Gemmer-en-appelkoostertGemmer-en-appelkoostert

Uit: Avokado

Met die naderende lente en met al die liefde in die lug, is hier ’n heerlik verfrissende nagereg wat Debi van Flymen as ’n alternatief vir tiramisu geskep het.

Die miljoenêr se baba Carole Mortimer

Die miljoenêrbaas se baba . . . Hebe Johnson het haar welgestelde baas heimlik bewonder, maar nooit gedink dat sy uiteindelik sy bed sal deel nie! Ná een passievolle nag is Hebe verlief. Maar Nick is nie te vinde vir bande nie . . . Hy moes net by iemand wees met die herdenking van sy seuntjie se dood – om sy pynlike herinneringe te verlig.

Nick se gewone manier met vroue is om hulle gul te onthaal, bed toe te neem en dan van hulle te vergeet – en hy beplan om Hebe net so te behandel. Maar dan ontdek Hebe dat sy swanger is. Nick eis dat sy met hom trou. Hy sal op geen manier sy tweede kans op vaderskap prysgee nie en as hy Hebe sy vrou

maak, kan hy met haar liefde maak! Maar al wat Hebe wil hê, is sy hart en nie sy rykdom nie . . .

Kaalvoet bruid Jessica Hart

Hoë hakke en ’n hoë inkomste . . . of kaalvoet en geliefd?Alice Gunning dink dat sy die perfekte lewe het. Sy hou van haar werk, haar spoggerige stadswoonstel en haar verloofde. Maar toe los haar verloofde haar, sy verloor haar werk – en wen ’n loterykaartjie!

Alice vlug na ’n tropiese paradys om oor haar toekoms te besin. Op ’n sondeurdrenkte dag loop sy vir Will Paxman, haar aantreklike studenteliefde, raak!

Terug in Londen word haar droomwerk vir haar aangebied en sy moet besluit of sy haar ou lewe gaan kies . . . of ’n toekoms saam met Will.

BBoeke vir volgende maand verv.

Page 3: Maandelikse nuusbrief vir Mills & Boon Boekklublede ... · Oktobermaand ’n heel nuwe voorkoms! ... en goeie raad ongelukkig agterweë ... met ’n paar stukkies gemmer. 8. Plaas

kopiereg voorbehou: Anina roux en Albé Grobbelaar © http://www.xword.co.za/Toestemming word hiermee verleen om hierdie blokkiesraaisel in een uitgawe van Jacklin uitgewers se Hartsgedagtes-nuusbrief te publiseer

Dwars: 7 Snyman, 8 Thomas, 9 Alba, 10 Spontaan, 11 Afsluit, 13 Brein, 15/5 Harry Potter, 17 Verbale, 20 Ekwinoks, 23 Beveel, 24 Apatie.

Af: 1 Knal, 2 Omhaal, 3 Angstig, 4 Athol, 6 Gamaliël, 12 Flankeer, 14 Eensaam, 16 Ruiker, 18 Bedaar, 19/21 Roald Dahl, 22 Huid.

Oplossing nr. 9

Dwars 7 Reisskrywer en skepper van Pottie Potgieter, Dana

__ (6)8 Skeptiese persoon (Joh. 20) (6)9 Skryfster __ Bouwer, skepper van die Rivierplaas-

stories (4)10 Sonder dwang of hulp (8)

11 Beëindig (7)13 Harsings (5)15/5 JK Rowling se bekendste karakter (5,6)17 Mondelinge of woordelikse (7)20 Tyd wanneer dag en nag ewe lank is (8)21 Kyk na 19 Af23 Gebied (6)24 Afwesigheid van drif en hartstog (6)

Af1 Skietgeluid (4)2 Iemand oortuig om iets te doen (6)3 Benoud (7)4 A Lesson from Aloes en Boesman and Lena se

Fugard (5)5 Kyk na 15 Dwars6 Leermeester – soos in: Aan die voete van __ sit,

(Hand. 22:3) (8)12 Lughartig met die teenoorgestelde geslag

omgaan (8)14 Sonder geselskap (7)16 Bos blomme (6)18 Tot rus kom of kalm word (6)19/21 Skrywer van Charlie and the Chocolate Factory en

My Uncle Oswald (5,4)22 Afgeslagte vel (4)

Mills & Boon Boekklub

Breinkrag–blokkiesraaisel nr. 9 ? ? ? ? ? ?

? ?

? ??

?? ?? ??

??

?? ?? ?? ??

??

?? ?? ??

?? ??

BTeesakkies:

• Druk ’n koue klam teesakkie teen die bloeiende tandvleis om bloeding te stop wanneer ’n tand getrek word.

• Verlig sonbrand deur die aangetaste areas met nat teesakkies af te spons.

• Gooi varings en ander huisplante een maal per week met flou louwarm tee nat.

Petroleumjellie:

• Om kougom uit hare te haal, werk die jellie in die gekoekte hare tot die kougom loskom.

• Smeer ’n dik laag aan gereedskap om roes te voorkom.

• Smeer petroleumjellie aan binnekant van kershouer sodat kerswas nie aan kershouer vaskleef nie.

Gewone jogurt:

• Om sonbrand te verlig, smeer gewone jogurt aan aangetaste areas, hou 20 min. lank aan en spoel met louwarm water af.

• Eet gewone jogurt met aktiewe kulture wanneer jy antibiotika gebruik. Antibiotika kan ook gesonde

bakterieë doodmaak, maar jogurt help om die natuurlike, intestinale kulture te herstel.

Babapoeier:

• Om miere weg te hou, sprinkel babapoeier in krake op vensterbanke. Die miere wil nie deur die poeier loop nie!

• Vryf vetkolle op mure af met ’n sagte lap waarop babapoeier gesprinkel is.

• Verwyder sand van ’n nat vel deur babapoeier op die vel te sprinkel.

• Stof ’n gekoekte kettinghangertjie met babapoeier af om dit makliker te ontknoop.

Nog rate:

• Doop ’n lappie in witasyn om vlekvrye staal te poets tot dit skitter.

• Verstopte afvoerpype kan met ’n koppie sout, ’n koppie koeksoda en ’n goeie hoeveelheid kookwater skoongemaak word.

• ’n Potlooduitveër kan swart soolmerke wat skoene op ’n mat agterlaat, verwyder.

interessante BrOkkies . . .

Page 4: Maandelikse nuusbrief vir Mills & Boon Boekklublede ... · Oktobermaand ’n heel nuwe voorkoms! ... en goeie raad ongelukkig agterweë ... met ’n paar stukkies gemmer. 8. Plaas

Mills & Boon Boekklub�

sterwysers vir

augustus 2007

deur William smith

© 2007 Jacklin Uitgewers, Posbus 521, Parklands 2121

ster van die maand: Die maagd (24 Augustus – 23 september)

Aangesien jy altyd in beheer van jou gedagtes en emosies is, hanteer jy sake van die lewe en die liefde besonder knap. Jy is instinktief behulpsaam, het ’n goeie oog vir detail en gee altyd jou beste – by die huis sowel as by die werk. Jy strewe gewoonlik na volmaaktheid en wend jou tyd en energie verstandig aan – bied altyd goeie werk omdat jy nie slordige en onprofessionele werk kan uitstaan nie. Jou smaak is konserwatief, maar sjiek en stylvol en jy verdra niks wat opgesmuk en onbeskaafd is nie. Hoewel jy baie wysheid het, is jy ook foutvinderig en huiwer nie om skerp kritiek te lewer waar en wanneer jy voel dis nodig nie. Jou beste eienskap is dat jy logies en prakties van aard is – en sake altyd nugter en bekwaam benader.

Die Skotse skaaphond

Die Skotse skaaphond of borderkollie soos hy algemeen bekend staan, het op die grens tussen Engeland en Skotland ontstaan. Die honde word

vandag nog op plase oor die hele wêreld gebruik om met die hantering van vee te help. Die afgelope jare het dit ook ’n baie gewilde troeteldier en sporthond geword. Hierdie lewendige diere kan veral baie goed spring en balle vang. Om die waarheid te sê is werk vir hierdie honde tweede natuur, en as hy nie iets kry wat sy lyf en sy kop besig hou nie, kan hy maklik vernielsugtig word.

Die borderkollie is ’n buitengewoon intelligente, gehoorsame ras met ’n instinktiewe begeerte om naby en intensief saam met sy mensbaas te werk.

Hulle word dikwels as die intelligentste honderas beskou. En waarskynlik een van die slimstes is Rico, ’n borderkollie wat die nuus gehaal het nadat hy deur ’n dieresielkundige van die Max Planck Instituut vir evolusionêre antropologie in Leipzig bestudeer is.

Die hond se eienaars het die instituut laat weet dat Rico meer as 200 eenvoudige woorde kan verstaan. Juliane Kaminski, ’n dieresielkundige, het die hond bestudeer en in ’n artikel in Science-tydskrif geskryf dat dit heeltemal waar is. Rico het gemiddeld 37 uit ’n moontlike 40 opdragte die regte item gekies. En hy kon hierdie items vier weke ná sy laaste blootstelling nog steeds onthou!

Om seker te maak dat Rico nie kul nie, is streng voorskrifte gevolg. Elkeen van die 200 items waarvan Rico die name geken het, is deurmekaar gerangskik in 10 groepe van twintig items elk. Terwyl Rico en sy eienaar in ’n aparte vertrek gewag het, het die proefnemer ’n stel items in ’n eksperimentele

vertrek gerangskik en toe by Rico en sy eienaar aangesluit. Rico is toe deur sy eienaar beveel om twee items (een na die ander wat lukraak gekies is) in die vertrek langsaan te gaan haal.

Rico se woordeskat is dus te vergelyk met dié van ape, dolfyne, seeleeus en papegaaie wat taalonderrig gekry het.

Dis ook bevind dat Rico korrek gereageer het op ’n nuwe woord nadat dit net een keer vir hom gesê is. Dis gedemonstreer deur ’n nuwe voorwerp langs sewe bekende voorwerpe te plaas. Rico is toe beveel om die

nuwe voorwerp te gaan haal deur ’n woord te gebruik wat hy nog nooit gehoor het nie. Nie net het Rico die regte item gaan haal nie, hy het ook korrek op die naam van die nuwe voorwerp gereageer – waarskynlik deur die proses van eliminasie te gebruik!

Ons diere . . .

Vir meer inligting oor die Animal Talk-tydskrif, skakel hulle gerus by (011) 468-2090.

Vreemde feite• Kamele het drie ooglede.• Kolibries is die enigste voëls wat

agteruit kan vlieg!• Kakkerlakke kan tot vyf kilometer

per uur hardloop!• Die reuseseekat (Pacific Giant

octopus) in die Stille Oseaan se arms word gemiddeld 2,5 m lank.

• Die grootste beer is die Kodiak-beer wat tot 800 kilogram weeg.

• Die swaarste slange is die anakonda wat tot 250 kilogram weeg!

• Skynbaar is haaie die diere met die beste sin vir humor!