19
SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP ® HANDLEIDING VIR TRADISIONELE DRIE- EN VYFGANGE Sien ook: / Also see: BEOORDELINGSPROSEDURES / JUDGING PROCEDURES Hersien 2016 Revised INHOUDSOPGAWE A. VOORWOORD ………………………………………………………………….. 2 B. AFRONDING VAN DIE DRIE- EN VYFGANG PERD …………………….…2 C. UITRUSTING VAN DIE RUITER ……………………………………………… 4 D. TOERUSTING VAN DIE PERD ……………………………………….………. 7 E. DIE BEWEGING VAN DIE DRIE- EN VYFGANG PERD ……....................12 F. DIE POSISIE VAN DIE RUITER ………………………………………….… 17 G. DIE BEOORDELING VAN DRIE- EN VYFGANG PERDE …………………19 H. PROSEDURE VAN DIE BEOORDELING VAN ‘N DRIEGANG PERD…...20 I. PROSEDURE VAN DIE BEOORDELING VAN ‘N VYFGANG PERD…..… 21 J. HANDTEKENS……………………………………………………………...……18 K. ALGEMENE SKOUREËLS………………………………...............…………. 22 L. DRIE- EN VYFGANG KLASSE……………………………………...……… 22 Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie publikasie mag gereproduseer, in ‘n ontsluitingstelsel of weergegee word, in enige vorm of op enige manier, hetsy elektronies of meganies deur fotokopiëring, die maak van opnames of anderins sonder die skriftelike toestemming van die SA Boerperd Telersgenootskap nie.

SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP...12. DONKERBRILLE Bedags toelaatbaar maar moet egter nie dekoratief wees nie maar eenvoudig en funksioneel. D. TOERUSTING VAN DIE PERD 1. ALGEMENE VOORKOMS

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP...12. DONKERBRILLE Bedags toelaatbaar maar moet egter nie dekoratief wees nie maar eenvoudig en funksioneel. D. TOERUSTING VAN DIE PERD 1. ALGEMENE VOORKOMS

SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP

®

HANDLEIDING VIR TRADISIONELE DRIE- EN VYFGANGE

Sien ook: / Also see:

BEOORDELINGSPROSEDURES / JUDGING PROCEDURES

Hersien 2016 Revised

INHOUDSOPGAWE

A. VOORWOORD ………………………………………………………………….. 2

B. AFRONDING VAN DIE DRIE- EN VYFGANG PERD …………………….…2

C. UITRUSTING VAN DIE RUITER ……………………………………………… 4

D. TOERUSTING VAN DIE PERD ……………………………………….………. 7

E. DIE BEWEGING VAN DIE DRIE- EN VYFGANG PERD ……....................12

F. DIE POSISIE VAN DIE RUITER ………………………………………….… 17

G. DIE BEOORDELING VAN DRIE- EN VYFGANG PERDE …………………19

H. PROSEDURE VAN DIE BEOORDELING VAN ‘N DRIEGANG PERD…...20

I. PROSEDURE VAN DIE BEOORDELING VAN ‘N VYFGANG PERD…..… 21

J. HANDTEKENS……………………………………………………………...……18

K. ALGEMENE SKOUREËLS………………………………...............…………. 22

L. DRIE- EN VYFGANG KLASSE……………………………………...……… …22 Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie publikasie mag gereproduseer, in ‘n ontsluitingstelsel of weergegee word, in enige vorm of op enige manier, hetsy elektronies of meganies deur fotokopiëring, die maak van opnames of anderins sonder die skriftelike toestemming van die SA Boerperd Telersgenootskap nie.

Page 2: SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP...12. DONKERBRILLE Bedags toelaatbaar maar moet egter nie dekoratief wees nie maar eenvoudig en funksioneel. D. TOERUSTING VAN DIE PERD 1. ALGEMENE VOORKOMS

2 HANDLEIDING VIR TRADISIONELE 3- EN 5 GANG KLASSE 2016

A. VOORWOORD

SA Boerperde word in twee kategorieë verdeel, naamlik:

TRADISIONELE DRIEGANG EN UNIVERSELE DRIEGANG

1. Tradisionele Driegang perde het hoër beweging met lang veerkragtige treë. Hierdie groep voldoen eerder aan die rasstandaarde van die SA Boerperd en word “tradisioneel”

vertoon met skoureëls wat byna dieselfde as die vyfgang klasse is. Dit is ook om die rede dat

die Tradisionele Drie- en Vyfgang skoureëls saam hierin vervat word.

2. Universele Driegang pede het laer beweging sonder dat lengte van treë en veerkrag ingeboet word. Hierdie perde word geskou onder reëls wat byna ooreenstem met die van SANEF (South African Equestrian Federation) en word nie hierin vervat nie.

B. AFRONDING VAN DIE DRIE- EN VYFGANG PERD

1. ALGEMENE VOORKOMS

Dit help vorm aan daardie belangrike blywende eerste indrukke in die skouarena.

Die perd moet skoon en in ‘n goeie kondisie wees. Met goeie kondisie word bedoel dat die

haarkleed selfs in die winter moet blink, ribbes moet goed bedek wees en oë moet wakker wees.

Bles en wit aan die bene moet skoon gewas wees. Geen papie-eiers mag voorkom op die

liggaam of bene nie. Strooi en mismerke moet verwyder word sowel as beddegoed en mis onder

die hoewe. Geen dwelm- of kalmeermiddels mag gebruik word nie

2. ORE

Geskeer, skoongevee en ge-olie.

3. ONDERKAAK

Verwyder oortollige hare.

4. MAANHARE

• Lang, skoon en uitgekamde maanhare.

• Gevlegte of afgeskeerde maanhare en kuif is ontoelaatbaar.

• Glansmiddels mag opgespuit word.

• Die maanhare mag vir 10cm agter die ore skoongeskeer word vir ‘n toompaadjie. Dit is egter

opsioneel.

Page 3: SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP...12. DONKERBRILLE Bedags toelaatbaar maar moet egter nie dekoratief wees nie maar eenvoudig en funksioneel. D. TOERUSTING VAN DIE PERD 1. ALGEMENE VOORKOMS

3 HANDLEIDING VIR TRADISIONELE 3- EN 5 GANG KLASSE 2016

5. STERT

• Skoon, uitgekam en vry van beddegoed.

• Die stertwortelhare mag nie gepluk, geskeer, geknip of gevleg wees nie.

• Die onderpunt van die sterthare moet verkieslik puntig wees en nie gelyk geknip nie en moet

so lank as moontlik tot by die kootgewrig hang en mag nie op die grond sleep nie.

• Alle bosluise en mismerke onder die stert moet verwyder wees.

• Geen vals- of gelitte sterte nie.

• Gemmer of enige ander irritasies word nie toegelaat nie.

• Glansmiddels mag opgespuit word.

6. BENE

Skeer oortollige hare van die hoefkroon, koot, kootgewrig en res van die bene af. Hielbeskermers

(“quarter boots”) en “over reaching boots” mag in vyfgang klasse gedra word.

7. HOEWE

• Hoewe moet netjies en korrek beslaan wees. Hoefysters moet die grote van die hoef goed

pas.

• Voorhoewe moet beslaan wees. Dit is nie verpligtend om die agterhoewe te beslaan nie maar

word aanbeveel in ‘n skou klas.

• Maksimum hoeflengte gemeet vanaf die haarlyn op die hoefkroon tot by die bo-rand van die

hoefyster is 11cm.

• Maksimum dikte van die hoefyster is 10mm.

• Maksimum breedte van die hoefyster is 25mm.

• Maksimum toelaatbare “toeclips”, 25mm basis, 50mm lank en 2mm dik.

• Standaard tipe hoefyster sonder ekstra sweiswerk onder aan skoen of enige vorm van ekstra

gewig of ‘n sool mag gebruik word nie.

• Geen medisinale hoefysters soos “bar shoes” of “open bar shoes” sal toegelaat word nie.

• Hoefysters mag nie verder as 20mm uitsteek waar die yster die hoef agter oorskrei nie.

• Hoewe moet ge-olie of gepolitoer wees.

• Deelnemers moet self verseker dat die perde se hoewe gemeet is voor aanvang van die

eerste klas waaraan die perd gaan deelneem.

C. UITRUSTING VAN DIE RUITER

1. ALGEMENE VOORKOMS

Alhoewel die ruiter ook deel uitmaak van die eerste indrukke, moet sy uitrusting konserwatief

wees sonder kontraste. Die ruiter moet nie met sy perd kompeteer vir aandag nie, maar wel so

geklee dat die maksimum aandag op die perd gevestig bly.

Page 4: SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP...12. DONKERBRILLE Bedags toelaatbaar maar moet egter nie dekoratief wees nie maar eenvoudig en funksioneel. D. TOERUSTING VAN DIE PERD 1. ALGEMENE VOORKOMS

4 HANDLEIDING VIR TRADISIONELE 3- EN 5 GANG KLASSE 2016

Die wagwoord is weer eens netheid asook klere wat goed pas en stewels wat blink gepoets is.

Ruiters wie se kleredrag nie volgens die SA Boerpperd Telersgenootskap spesifikasies is nie, sal

gediskwalifiseer word.

2. HOED

‘n Netjiese en skoon Vilthoed (“Felt hat”) met ‘n maksimum rand van 8cm in skakerings van swart,

bruin, vaal of grys mag gedra word. Die “Robin Hood” tipe hoed in effekleure (soos bo beskryf),

konserwatief en klein geruit is toelaatbaar asook die swart “Bowler” hoed. Sorg dat die hoed

goed pas en nie kan afwaai nie. Vermy liewers ‘n kenband want dit vertoon onnet.

Geen materiaal-, seilhoed of “Stetson tipe” hoed sal toegelaat word nie.

Harde rypette is verpligtend vir kinders maar opsioneel vir volwassenes.

3. HARE Deelnemers met skouerlengte of lang hare moet dit agtertoe kam, vasbind en/oin ‘n bolla of opgerolde vlegsel maak en in ‘n haarnet plaas.

4. BAADJIE

‘n Rybaadjie of netjiese snyers sport baadjie in donkerblou, swart of konserwatief fyn geruit

(Tweed”). Rybaadjie moet goed pas en moue moet lank genoeg wees om polse te bedek.

verpligtend. Geen “Kentucky” rypak of manel baadjie is toelaatbaar nie.

Die SA Boerperd embleem mag op die sak aangebring word alleenlik onder die beskerming

van die SA Boerperd Telersgenootskap. Geen ander ras se embleem of ‘n embleem van ‘n

instansie wat produkte verskaf mag vertoon word nie.

Baadjies moet toegeknoop wees. Moue moet lank genoeg wees om die handskoene by die

polse te bedek.

5. HEMP ‘n Stywe boordjie hemp in ‘n ligte kleur met ‘n konserwatiewe gekleurde skuifknoop das.

Klub hemde is toelaatbaar.

Die das moet onder die baadjie bly (dasspeld) en nie oor die skouer wapper nie. Dit geld

vir mans, dames en kinders. ’n “String tie” word nie toegelaat nie.

Die skouspring moulose bloes (“turtle neck”) met ‘n speld word nie

toegelaat nie.

6. RYBROEK Slegs skakerings van beige, geelgrys, room of lig kahki. Wit rybroeke word nie toegelaat in

skouklasse nie. Wyer gesnyde rybroeke is aanvaarbaar.

Enkellengte (vollengte) rybroeke met kort rystewels word gedra deur kinders. Die rybroek

moet oor die stewel gaan en in posisie gehou word met rek wat onderom die stewel gaan.

Die rek moet dieselfde kleur as die rystewel wees.

Die dra van kort rystewels, kamaste (“gaiters”) of lang rystewels (knie lengte) met die gepaste rybroeke is opsioneel vir Juniors. Die dra van kamaste (knie lengte) in gladde leer of

Page 5: SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP...12. DONKERBRILLE Bedags toelaatbaar maar moet egter nie dekoratief wees nie maar eenvoudig en funksioneel. D. TOERUSTING VAN DIE PERD 1. ALGEMENE VOORKOMS

5 HANDLEIDING VIR TRADISIONELE 3- EN 5 GANG KLASSE 2016

sintetiese materiaal (“gaiters”) of lang rystewels (knie lengte) bly die eerste keuse vir Juniors

en word wel sterk aanbeveel.

Kuitlengte rybroeke met lang rystewels (knie lengte) of kamaste (knie lengte) in gladde leer of

sintetiese materiaal (“gaiters”) word gedra deur Volwassenes en/of Juniors

7. STEWELS OF KAMASTE (“GAITERS) Kinders dra kort enkellengte rystewels (“jodspur boots”) in swart of bruin. Toeryg

skoolskoene word toegelaat met swart of bruin sokkies volgens kleur van skoene maar die

rybroek moet nog steeds in posisie gehou word met rekke sodat die rybroek nie optrek nie.

Enkellengte rystewels bly steeds die eerste keuse en word sterk aangeveel.

Die dra van lang rystewels en/of kamaste (“gaiters”) (knie lengte) vir Juniors is opsioneel

maar bly steeds die eerste keuse en word sterk aanbeveel.

Volwassens dra lang rystewels (leer, sintetiese leer of rubber) in swart of bruin. Vir afronding

en netheid is dit belangrik dat die rystewels of kamaste (“gaiters”) tot by die knie strek.

Kamaste (“Gaiters”) moet die skoutipe gladde leer of sintetiese leer wees wat soos ‘n stewel

gesny is en netjies om die been pas tot by die knie. Geen geborselde leer (sweedse leer of

suède) oefen beenbeskermers (“chaps”) sal toegelaat word nie.

8. SPORE Stomp kort metaal spore met punte wat na onder wys mag deur alle ouderdomme gedra

word.

Gansnek (“gooseneck”) spore is toelaatbaar maar enige te lang, skerp of geratte spore word

nie toegelaat nie.

In Kinderklasse mag die nek van die spoor nie 2cm oorskrei nie.

Spore wat korrek pas, dws. net onder en teenaan die enkelknoppe en wel horisontaal.

Enige beserings of vars littekens as gevolg van die gebruik van spore sal tot eliminasie lei.

9. HANDSKOENE Alhoewel handskoene in hierdie klasse opsioneel is, bly dit ‘n sterk aanbeveling want dit rond

die res van die uitrusting af.

Donker effekleure soos swart, donkerbruin of donkerblou in leer of weefstof word aanbeveel

en moet by die res van die uitrusting pas.

10. RYLAT OF PEITS • ‘n Kort rottang of leerbedekte rylat word aanbeveel

Page 6: SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP...12. DONKERBRILLE Bedags toelaatbaar maar moet egter nie dekoratief wees nie maar eenvoudig en funksioneel. D. TOERUSTING VAN DIE PERD 1. ALGEMENE VOORKOMS

6 HANDLEIDING VIR TRADISIONELE 3- EN 5 GANG KLASSE 2016

• ‘n Lang dun skoolpeits (dresseerpeits) wat nie langer as 120cm (los stukkie op die einde

uitgesluit) is ook toelaatbaar in die Tradisionele ryklasse.

11. JUWELE Geen juwele word toegelaat nie maar klein oorbelle, wat nie verby die oorlel uitsteek nie mag

gedra word.

12. DONKERBRILLE Bedags toelaatbaar maar moet egter nie dekoratief wees nie maar eenvoudig en funksioneel.

D. TOERUSTING VAN DIE PERD

1. ALGEMENE VOORKOMS Die saal en toom moet in ‘n goeie toestand en skoon wees en dit moet die perd goed pas.

Die gebruik van foutiewe toerusting kan tot diskriminasie of eliminasie lei.

2. SAAL Saals moet van swart of donkerbruin leer vervaardig wees. ‘n Goeie sintetiese skousaal soos

bv. “Wintec” is ook aanvaarbaar.

‘n Algemene doel- (“General Purpose”), Dresseer-, of teruggesnyde saal soos bv. die “Blue

Ribbon” wat die minimum van die perd wegsteek is toelaatbaar in die Tradisionele driegang

en die vyfgang klasse.

Amerikaanse Veeboer- (“Western”) saal, uithouritsaals, Koöperasie- of Militêre tipe saals is ontoelaatbaar.

Die Australiese veeboersaal is toelaatbaar.

Springteuls, borsbande, stertrieme of ander toevoegings tot die saal is ontoelaatbaar.

Saalkleedjies word sterk aanbeveel en moet klein en netjies wees en die vorm van die saal

aanneem en moet dieselfde kleur as die saal of die perd wees.

Saaloortreksels is ontoelaatbaar.

Die buikgord se kleur moet so na as moontlik aan die van die perd of saal wees.

3. TOOM Tooms moet van swart of bruin leer vervaardig wees

Geen los punte mag uitsteek nie, maar moet met die lussies in plek gehou word.

Neusbande is verpligtend by alle tooms.

Page 7: SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP...12. DONKERBRILLE Bedags toelaatbaar maar moet egter nie dekoratief wees nie maar eenvoudig en funksioneel. D. TOERUSTING VAN DIE PERD 1. ALGEMENE VOORKOMS

7 HANDLEIDING VIR TRADISIONELE 3- EN 5 GANG KLASSE 2016

Net ‘n “Cavesson” neusband is toelaatbaar geen “dropnose” of “flash” neusbande sal

toegelaat word nie.

Neusbande mag nie gekleur wees nie.

Konserwatief versierde voorkopbande word toegelaat met ‘n maksimum breëdte van 2.5cm.

Net kinders mag met teuelverbindings (“rein connectors’) skou as hulle ‘n stang (“pelham”)

gebruik. ‘n Kenketting en lipbandjie is verpligtend

Volwassenes en Juniors moet met dubbel teuels skou as ‘n stang (“pelham”) gebruik word. ‘n

Kenketting en lipbandjie is verpligtend.

3.1 STANGE EN TRENSE

Stange en trense moet van standard fabrikaat wees. Gebit mag slegs van die volgende material

vervaardig wees: Vleklose staal, nikkel, gedeeltelik koper, vulkaniet, nylon of rubber. Enige vorm

van ombouing en verandering van standard trense en stange sal tot eliminasie lei.

Slegs die volgende drie tooms word toegelaat:

• Dubbel toom met stang, skelmtrens, kenketting, lipbandjie en gewone neusband.

• Enkel toom met ‘n stang, kenketting, lipbandjie, dubbelteuls en gewone neusband.

• Enkel toom met ‘n trens en gewone neusband.

Page 8: SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP...12. DONKERBRILLE Bedags toelaatbaar maar moet egter nie dekoratief wees nie maar eenvoudig en funksioneel. D. TOERUSTING VAN DIE PERD 1. ALGEMENE VOORKOMS

8 HANDLEIDING VIR TRADISIONELE 3- EN 5 GANG KLASSE 2016

3.1.1 Dubbel toom met stang, skelmtrens, kenketting, lipbandjie en gewone neusband.

(“Cavesson”)

Toelaatbare stange

• Stange met geboë mondstukke

• Stange met reguit wang- en teulbalke

• Stange met glyende mondstuk (Weymouth)

• Stange moet voorsien wees van ‘n kenketting, (sonder of met ‘n rubber of leer

omhulsel) en ‘n lipbandjie.

• Die minimum dikte van die monstuk van stange is 10mm.

• Die maksimum lengte van die teulbalk (vanaf die monstuk tot waar die teul

vasheg) is 12cm.

• Die diepte van die tonggroef mag nie 30mm oorskrei nie.

• Alle hoeke en kante van die stang moet afgerond en veilig wees.

• Enige toevoegings tot die stang, behalwe ‘n kenketting, lipbandjie of spons is

ontoelaatbaar.

As die dubbeltoom korrek pas, sal die skelmtrens in die hoek van die bek sit, een velvou

maak en die stang sal net onder/voor die trens rus en nie bo-op mekaar sit nie.

Page 9: SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP...12. DONKERBRILLE Bedags toelaatbaar maar moet egter nie dekoratief wees nie maar eenvoudig en funksioneel. D. TOERUSTING VAN DIE PERD 1. ALGEMENE VOORKOMS

9 HANDLEIDING VIR TRADISIONELE 3- EN 5 GANG KLASSE 2016

Die toelaatbare minimum dikte van ‘n skelmtrens is 6mm.

• Gewone skelmtrens met een stel losringe en een skakel in die monstuk.

• Skelmtrens met skarniere. (“Egg-butt”). Skelmtrens met wangstukke.

• Die mondstuk moet afgerond wees.

• Alleenlik standaard vervaardigde skelmtrense is toelaatbaar.

• Skelmtrense wat van gedraaide dun metaal of wat met koperdraad of soortgelyke

metale omgedraai is, met ‘n ketting of rollers, kantig of gekartelde mondstukke of

D-trensies is ontoelaatbaar.

3.1.2. Enkel toom met ‘n stang, kenketting, lipbandjie en gewone neusband. (“Cavesson”)

Toelaatbare stange

'n Stang met dubbel teuels (“Pelham”) met kenketting en lipbandjie.

Variasies van hierdie stang bv. met glyende of los mondstuk. (“Mullen

mouth”) is die mees algemeenste.

Stange met 'n reguit mondstuk.

Stange met 'n tonggroef.

Stange met 'n skakel in die mondstuk.

Maksimum lengte van die teuelbalk (vanaf die mondstuk tot waar die stangteul

vasheg) is 12cm

Die diepte van die tonggroef mag nie 30mm oorskrei nie.

Alle hoeke en kante van die stang moet afgerond en veilig wees.

Enige ander toevoegings tot die stang, behalwe 'n kenketting, lipbandjie of spons

is ontoelaatbaar.

'n Enkel teul altyd met teuelverbindings (“rein connectors”)mag net deur kinders

gebruik word.

Juniors en volwassenes mag hierdie stange net met dubbelteuls gebruik.

Slegs 'n gewone neusband ('Cavesson”) mag by hierdie toom gebruik word.

Page 10: SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP...12. DONKERBRILLE Bedags toelaatbaar maar moet egter nie dekoratief wees nie maar eenvoudig en funksioneel. D. TOERUSTING VAN DIE PERD 1. ALGEMENE VOORKOMS

10 HANDLEIDING VIR TRADISIONELE 3- EN 5 GANG KLASSE 2016

3.1.3 Enkel toom met 'n trens en neusband

Toelaatbare trense

D-Trens

Trens met skarniere (“Egg-butt”)

Duitse trens met los ringe (“German snaffle” of ”Eliptical link snaffle”)

Franse trens met dubbel skakel (“French link snaffle”)

Rubber of nylon trense (“Happy mouth”)

Trense met wangstukke en tuigtrense is ontoelaatbaar.

Alle variasies van enkel- of dubbel skakel trense en trense met rollers, se skakels en rollers moet

binne die dimensies en vlak van die hele mondstuk en met afgeronde oppervlaktes wees.

Die gebruik van 'n “Dropped”, “Grackle of Mexican”, of 'n “Flash” neusband met 'n trens is

toelaatbaar in die Drie- en Vyfgang Klasse.

Die gebruik van enige ander soort toom bv. “Hackamore”, “Gag”, “Western”, ens. kan lei

tot diskwalifikasie. Enige gebit wat beserings veroorsaak sal tot diskwalifisering lei.

Page 11: SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP...12. DONKERBRILLE Bedags toelaatbaar maar moet egter nie dekoratief wees nie maar eenvoudig en funksioneel. D. TOERUSTING VAN DIE PERD 1. ALGEMENE VOORKOMS

11 HANDLEIDING VIR TRADISIONELE 3- EN 5 GANG KLASSE 2016

E. DIE BEWEGING VAN DIE DRIE- EN VYFGANG PERD

Die rasstandaarde van die SA Boerperd stel die volgende vereistes aan sy beweging, ongeag die

gang waarin hy beweeg:

“Matige hoër, lang veerkragtige tree wat grond dek. Agter bene wat goed onder die lyf

inwerk en gewig van die voorkwart wegneem. Al vier bene moet spoor met ander woorde,

reguit vorentoe beweeg wanneer van agter of van voor gesien.”

Hierdie omskrywing vorm die basis vir die afrigting, vertoning en beoordeling van die Drie- en

Vyfgang SA Boerperd.

1. HALT

Die perd moet lig in die hande wees met die nek geboë en kop hoog gedurende die halt

asook wanneer uit 'n halt gestap word.

Perd moet sy gewig oor al vier sy bene reg onder hom versprei – vierkantig staan.

Sy aandag moet heeltyd by sy ruiter wees en wag vir die volgende opdrag. Kop moet bietjie

voor die vertikaal wees.

Die halt is 'n beweging en moet gery word.

Foute:

Perd staan nie vierkantig nie.

Perd staan gestrek.

Perd bied weerstand met sy bek, kop en nek.

Perd kyk rond, trap rond of beweeg na voor of agter.

Perd laat een been rus.

Perd konsentreer nie.

Kommentaar:

Die halt is 'n goeie aanduiding van die vlak van skoling van 'n perd.

Wannneer die perd uit die halt beweeg (tru of vorentoe) moet dit gehoorsaam, reguit, op die

senterlyn en met 'n vertikale kop profiel geskied.

2. STAP

• Stap is 'n duidelike 4-slag maat.

• Perd moet met lang veeAgterkwart moet aktief wees en met agterhoewe

• op of oor die

• voorhoefspore trap.

• Perd moet flink en vloeiend vorentoe stap met ewe lang tree. (ritmies)

• Nek hoog en geboë.

• Kop in 'n vertikale lyn.

• Perd moet lig bly in die voorkwart en sag en die ruiter se hande wees.

• SA Boerperde moet goed kan stap.

• Let op na ritme, impulsie en balans. (RIB)

• Perd moet lewendig lyk en gereed wees vir die volgende gang.

• Perd se ore moet na vore wys.

Page 12: SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP...12. DONKERBRILLE Bedags toelaatbaar maar moet egter nie dekoratief wees nie maar eenvoudig en funksioneel. D. TOERUSTING VAN DIE PERD 1. ALGEMENE VOORKOMS

12 HANDLEIDING VIR TRADISIONELE 3- EN 5 GANG KLASSE 2016

Foute:

Perd dek nie grond nie.

Perd konsentreer nie.

Perd wat gespanne is en tree wat te kort en/of onreëlmatig is.

Perd wat drafstap of pas d.w.s. nie meer 'n 4-slag maat nie.

Perd wat kontak vermy met die kop te hoog of te laag en nie met 'n stil kop stap nie.

Kop word skeef gedra.

Perd se kopprofiel is te ver voor of agter die vertikaal.

Met te lang teuels stap en sodoende styl prysgee.

Nie aktief genoeg in die agterlyf nie, trap dus nie diep genoeg met sy agterbene nie.

Ritme, impulsie en balans (RIB) is versteur.

Spoor nie en/of stap skeef.

Perd lyk verveeld en ore hang.

3. DRAF Dit is 'n diagonale beweging met 'n 2-slag maat.

Hoë lang veerkragtige tree wat grond dek.

Die agerterhoewe trap duidelik op of oor die voorhoef spore.

Die nek word hoog en die skouer vry gedra.

Die kop se profiel moet vertikaal wees.

Die kop moet stil wees.

Hakke word goed beset en beweeg energiek en veerkragtig.

Die perd se rug moet soepel wees en die stert behoort op te lig en liggies heen en weer te

swaai.

Let op na ritme, impulsie en balans.

Die vyf-gang perd draf met langer en kragtiger tree as die diegang perd.

Die draf sal oor meer spoed beskik en alleenlik omdat die tree langer en kragtiger is, terwyl die

perd styl behou.

Die driegang perd se draf is meer gekollekteerd, maar trap nog steeds op of oor die

voorhoefspoor.

Foute:

• Perd se kop is nie vertikaal nie.

• Perd lê in die ruiter se hande (op die voorhand) of holnek.

• Kop en nek is skeef.

• Beweeg nie reguit vorentoe nie. (Spoor nie.)

• RIB is foutief.

• Aankap en raaktrap (balans versteur).

• Te vinnig draf en styl verloor.

• Kort tree met hoë knie aksie.

• Hakke wat agterbly

• Nie van agter oor die voorhoef spoor trap nie.

• Agterbene word oopgemaak.

• Deurslaan na ander gange.

• Swak transisies.

Kommentaar:

Daar kan maklik te min waarde aan 'n vyfgang perd se draf geheg word.

Page 13: SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP...12. DONKERBRILLE Bedags toelaatbaar maar moet egter nie dekoratief wees nie maar eenvoudig en funksioneel. D. TOERUSTING VAN DIE PERD 1. ALGEMENE VOORKOMS

13 HANDLEIDING VIR TRADISIONELE 3- EN 5 GANG KLASSE 2016

4. GALOP Dit het 'n 3-slag maat.

By vyfgang perde word die galop met effe meer krag en spoed gery (langer en kragtiger tree) as

by die driegang perd en dek effe meer grond maar wel sonder om styl te verloor. Die perd se

raamwerk mag langer vertoon

Die galop by driegang perde is effens meer gekollekteerd, daarom sal die perd se raamwerk

korter veroon alhoewel geen aksie en krag ingeboet word nie.

Die galop behoort vry, aktief en reëlmatig te wees.

Die perd moet reguit galop d.w.s. spoor.

Die nek moet hoog en geboë wees met die kop 'n bietjie voor die vertikaal.

Meeste van die gewig word op die agterbene gedra, voorlyf lig en ore belangstellend na voor.

Die transisie na 'n galop en terug moet glad en reguit wees sonder 'n eerste groot galop tree.

Alhoewel verkies word dat perde in tradisionele klasse vanuit 'n stap galop en direk uit die

galop weer stap, is dit 'n hoogs geskoolde beweging en sal dit nie 'n vereiste wees nie. In

sterk kompetisie mag dit as maatstaf dien.

Ritme, impulsie en balans moet steeds behou word.

Foute:

4-Slag maat galop as gevolg van swak skoling, styfheid of te min impulsie.

Oorkruis of koei-galop - dit is wanneer die perd of sy voor- of agterbene verander in die galop

as gevolg van die ruiter wat ongebalanseerd in die saal sit, bv. die perd lei met die regterbeen

maar die ruiter se gewig is na links verplaas.

Perd spoor nie want die agterkwart word na binne of buite gegooi en galop dan nie reguit nie.

Ruiter wat sy gewig gooi in die rigting waarin die transisie verlang word of die perd skeef

draai.

Perd wat nie genoeg grond dek nie.

Nie genoeg veerkrag nie.

Galop treë te lank bv. by ongeskoolde, stywe jong perde.

RIB is versteur en slaan deur.

Perd se kop nie op of effe voor die vertikaal nie.

Perd gooi ruiter uit die saal. (Wip)

Perd se kop is skeef.

Lê in die ruiter se hande en/of veg teen sy hande.

Perd is gespanne.

Perd lei met die verkeerde been.

Perd buite beheer en versteur ander.

Kommentaar:

Daar moet veral gelet word na die gemak waarmee die ruiter in die saal sit tydens die galop.

Die gladheid en gemak van die transisie is ook van die uiterste belang.

Page 14: SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP...12. DONKERBRILLE Bedags toelaatbaar maar moet egter nie dekoratief wees nie maar eenvoudig en funksioneel. D. TOERUSTING VAN DIE PERD 1. ALGEMENE VOORKOMS

14 HANDLEIDING VIR TRADISIONELE 3- EN 5 GANG KLASSE 2016

4. KORTGANG

Dit is 'n stadige laterale ongelyke 4-slag ritme met 'n tussenpose tussen die laterale hoewe wanneer

hulle die grond tref. Die agterhoef aan die een kant tref die grond 'n kort interval voor die voorhoef

aan dieselfde kant, wat lei tot twee stelle van twee hoefslae elk, naamlik. 1-2---3-4.

Dit is 'n lewendige en aanskoulike gang.

Dit word gedoen onder die mees strawwe maar elastiese kolleksie.

Baie windmakerig, maar stadig en gemaklik (ongeveer 8km per uur.)

Hakke van perd gebuig met hoë voor aksie.

Anders as die trippel, beweeg die agterbene nie diep onder die perd in nie.

Sterk skouerbeweging en die skouer is vry en lig.

Kop en nek word hoog gehou en die profiel is effe voor die vertikaal.

Ore is lewendig en na voor.

Die voorhoewe moet lyk asof hulle 'n oomblik in die lug hang voordat hulle weer afwaarts

beweeg.

Die romp van die perd is hoër voor as agter, d.w.s die perd “sit” effe.

Foute:

In plaas van kortgang, stadig trippel of pas.

Nek hol en neus in die lug.

Galop met agterbene.

Deurslaan na ander gang.

Perd moet nie skeef ry nie.

Te stadig ry.

Perd veg met ruiter se hande.

5. TRIPPEL Dit is 'n vinnige 4-slag laterale beweging met 'n gelykmatige ritme, naamlik 1-2-3-4.

Diagonale hoewe tref die grond amper gelyk.

Vier hoefslae moet afsonderlik gehoor.word.

Profiel van perd se kop effe voor die vertikaal.

Die nek buig net agter die ore.

Dek baie grond sonder om vorm en styl te verloor.

Sterk skouerbeweging.

Agterbene beweeg diep onder die perd in.

Voorbeen aksie is hoog.

Spoed, gemak en styl is belangrik.

Vertoon na beide kante toe.

Foute:

Perd breek deur.

Perd val plat en verloor styl.

Hakke bly agter.

Bene maak agter oop.

Spoor nie.

Perd se neus na vore met kop in die lug.

Verloor kolleksie.

Page 15: SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP...12. DONKERBRILLE Bedags toelaatbaar maar moet egter nie dekoratief wees nie maar eenvoudig en funksioneel. D. TOERUSTING VAN DIE PERD 1. ALGEMENE VOORKOMS

15 HANDLEIDING VIR TRADISIONELE 3- EN 5 GANG KLASSE 2016

Ongebalanseerd.

Galop agter omdat perd te hard gedryf word.

Perd pas en gang is nie suiwer nie.

Perd se nek is hol.

Wonde en bloed aan bene en bek.

F. DIE POSISIE VAN DIE RUITER

Alhoewel ruiterkuns klasse vir vyfgang nog nie in die Genootskap betaan nie is dit van die uiterste

belang dat ruiterkuns in ons tradisionele klasse nie verwaarloos en afgewater word nie. Die ruiter

se elegansie en kundigheid waarmee hy sy drie-en vyfgang perd vertoon sal bydrae tot die geheel

beeld van die perd in al sy gange. Daar moet teen swak ruiterkuns gediskrimineer word soos bv.

wanneer die ruiter na agter leun, aan die teuels hang en met voete na vore skop.

ALGEMENE POSTUUR

Hier streef ons na die klassieke dresseer posisie wat gebaseer is op 'n vertikale lyn, naamlik, die

ruiter se ore, skouer, heupgewrig en agterkant van die hak wat so na as moontlik aan 'n reguit lyn

moet wees.

• Die ruiter se voorarm en trensteuel moet 'n reguit lyn vorm.

• Die ruiter se hande knieë en tone behoort byna 'n reguit lyn te vorm.

• Kop moet regop wees met ken horisontaal sonder om ken te laat sak of vorentoe te stoot.

• Ruiter moet trots maar gemaklik en ontspanne lyk.

• In die korrekte posisie, skuif die swaartekrag na agter sodat die perd lig in die ruiter se hande

is.

• Perd en ruiter moet 'n eenheid word.

1. HALT

Ruiter sit stil en regop.

Die ruiter se hande word immobiel terwyl sy sitvlak en bene die perde se agterkwart in die

halt dra.

Dit is foutief om aan die teuels te trek.

2. STAP

Ruiter beweeg in die ritme saam met die perd met stil bolyf en heupe gelyk.

Sagte, stil en ferm hande.

Bene en sitvlak beset die agterkwart.

Die ruiter se bene behoort die perd ritmies en alternatiewelik aan te moedig om sy tree lank

en kragtig te hou.

Die perd moet “tussen die ruiter se hande en bene” wees.

3. DRAF

• Die ruiter moet saam met die perd beweeg en nie agterbly nie.

• Ruiter moet op beide diagonale draf en wel so dat hy altyd saam met die buite been op en af

beweeg en ook verander indien van rigting verander word.

• Die ruiter behoort so min as moontlik op te stoot en wel sonder om 'n dubbelbons te maak.

Page 16: SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP...12. DONKERBRILLE Bedags toelaatbaar maar moet egter nie dekoratief wees nie maar eenvoudig en funksioneel. D. TOERUSTING VAN DIE PERD 1. ALGEMENE VOORKOMS

16 HANDLEIDING VIR TRADISIONELE 3- EN 5 GANG KLASSE 2016

4. GALOP

Ruiter moet grasieus saam beweeg en nie wip nie.

Ruiter moet met sitvlak en bene die agterkwart goed beset en die perd vorentoe dryf in die

gebit.

Regop sit, opkyk en hande stil hou.

Elmboë moet stil en teen die sye wees.

5. KORTGANG

Die ruiter moet diep in die saal sit.

Die swaartekrag word na agter geskuif deur skoling en nie deur agtertoe te leun en aan die

teuels te hang nie.

Agterbene word goed in besit geneem deur die sitvlak en bene.

Hande moet sag dog ferm en stil bly.

6. TRIPPEL

Ruiter sit stil en regop met ferm kontak sonder dat die perd in die ruiter se hande lê.

Punt van swaartekrag is steeds na agter en die ruiter beset die agterkwart goed.

Bene bly teen die saal en word nie na vore geskop nie.

Ruiter leun nie terug en hang aan die teuels nie.

G. DIE BEOORDELING VAN DIE DRIE- EN VYFGANG PERDE

Die volgende punte moet deeglik in ag geneem word tydens die beoordeling van die Drie- en

Vyfgang perd.

1. TIPE • Simmetries afgerond.

• Gebalanseerd, wakker, vol kwalitiet en adelik in voorkoms.

2. GESONDHEID • Algemene gesondheid en kondisie van die perd gedurende die

vertoning en daarna.

• Na afloop van ‘n klas, moet bene geinspekteer word vir beserings.

• Bloed aan die perd se bek sal tot diskriminasie lei.

3. GEDURENDE BEOORDELING • Gebalanseerde vertoning van alle gange.

• Korrekte tipe aksie en korrekte spoed, veerkrag van die gange.

• Houding en styl van die kop en nek.

• Algehele houding en lewenslus.

• Konformasie en kwalitiet.

• Kondisie, versorging en sprankel.

• Stamina en vermoë om te volhard in gange.

• Krag en lewenslus na die vertoning.

Klem sal gelê word op positiewe beoordeling eerder as penalisering van foute.

Tydens die beoordeling van Vyfgang klasse sal die kortgang en trippel meer gewig dra as die

ander drie gange (stap, draf en galop). Dit geld ook vir die penalisering van foute. Die kwalitiet

van die voorafgaande drie gange moet nie vergeet word nie.

Page 17: SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP...12. DONKERBRILLE Bedags toelaatbaar maar moet egter nie dekoratief wees nie maar eenvoudig en funksioneel. D. TOERUSTING VAN DIE PERD 1. ALGEMENE VOORKOMS

17 HANDLEIDING VIR TRADISIONELE 3- EN 5 GANG KLASSE 2016

Let daarop om perde nie onnodig lank te laat vertoon en uit te put nie, maar ook nie te kort nie.

Kom betyds tot ‘n beslissing.

4. VERSAMELRING PROSEDURE • Alle deelnemers moet minstens 5 minute voor aanvang van ‘n klas by die onderskeie

versamelringe aanmeld.

• Die Versamelring beampte kontrolleer alle deelnemers se nommers asook uitrusting sowel as

die perd se toerusting.

• Deelnemers moet sorg dat die perde se hoewe gemeet en in orde gevind is voor die aanvang

van die eerste klas.

• Deelnemers mag toegang tot die arena geweier word indien reëls oortree word.

• Deelnemers behoort slegs die arena binne te gaan indien die beoordelaars gereed is vir

beoordeling.

H. DIE PROSEDURE VAN DIE BEOORDELING VAN ‘N

DRIEGANG PERD

• Nadat die hek oopgemaak is kom perde op ‘n draf, (anti-kloksgewys, afhangende van die

plasing van die baan) die arena binne en is dadelik onder beoordeling.

• Op bevel kan gevra word vir ‘n gestrekte draf en weer vir ‘n saamgevatte draf.

• Op bevel sal gevra word om te stap.

• Op bevel sal perde uit die stap galop. ‘n Paar draf tree voor die galop is toelaatbaar.

• Op bevel kom perde terug uit galop na ‘n stap.

• Die perde sal nou, op bevel, van rigting verander en wel deur ‘n half-sirkel na binne.

• Op bevel sal perde draf.

• Op bevel sal perde stap.

• Op bevel sal perde uit die stap galop. ‘n Paar draf tree voor die galop is toelaatbaar.

• Op bevel kom perde terug uit galop na ‘n stap.

• Op bevel sal gevra word om in te kom en op te lyn vir inspeksie van toerusting van die perd,

uitrusting van die ruiter en die gesondheid van die perd se bene, bek en algemene kondisie.

• Beslaning van/en hoewe mag ook ondersoek word.

• Die Beoordelaar behou die reg om ‘n tweede vertoning (herrit) te vra.

• Na die aankondiging van die plasings sal die pryswenners ‘n volle ere rondte draf

(antikloksgewys, afhangende van die plasing van die baan) alvorens die baan verlaat word.

Page 18: SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP...12. DONKERBRILLE Bedags toelaatbaar maar moet egter nie dekoratief wees nie maar eenvoudig en funksioneel. D. TOERUSTING VAN DIE PERD 1. ALGEMENE VOORKOMS

18 HANDLEIDING VIR TRADISIONELE 3- EN 5 GANG 2016

I. DIE PROSEDURE VAN DIE BEOORDELING VAN ‘N

VYFGANG PERD

• Nadat die hek oopgemaak is kom perde op ‘n draf, (anti-kloksgewys, afhangende van die

plasing van die baan) die arena binne en is dadelik onder beoordeling.

• Op bevel sal gevra word om te stap.

• Op bevel sal perde uit die stap galop. ‘n Paar draf tree voor die galop is toelaatbaar.

• Op bevel kom perde terug uit galop na ‘n stap. ‘n Paar draf tree voor die stap, is

toelaatbaar.

• Op bevel sal gevra word vir ‘n kortgang. Die aantal rondtes sal volgens die beoordelaar se

diskressie bepaal word.

• Op bevel sal gevra word vir ‘n trippel. Die aantal rondtes sal volgens die beoordelaar se

diskressie bepaal word.

• Op bevel sal gevra word vir ‘n stap.

• Die perde sal nou, op bevel, van rigting verander en wel deur ‘n half-sirkel na binne.

• Op bevel sal perd draf.

• Op bevel sal perd stap.

• Op bevel sal perde uit die stap galop. ‘n Paar draf tree voor die galop is toelaatbaar.

• Op bevel kom perde terug uit galop na ‘n stap. ‘n Paar draf tree voor die stap, is

toelaatbaar.

• Op bevel sal gevra word vir ‘n kortgang. Die aantal rondtes sal volgens die beoordelaar se

diskressie bepaal word.

• Op bevel sal gevra word vir ‘n trippel. Die aantal rondtes sal volgens die beoordelaar se

diskressie bepaal word.

• Op bevel sal gevra word om in te kom en op te lyn vir inspeksie van toerusting van die perd,

uitrusting van die ruiter en die gesondheid van die perd se bene, bek en algemene kondisie.

• Beslaning van/en hoewe mag ook ondersoek word.

• Die Beoordelaar behou die reg om ‘n tweede vertoning (herrit) te vra.

• Na die aankondiging van die plasings sal die pryswenners ‘n volle ere rondte trippel (anti-

kloksgewys, afhangende van die plasing van die baan) alvorens die baan verlaat word.

J. HANDTEKENS

DRIEGANG KLASSE:

• Stap – een vinger in die lug

• Draf – Twee vingers in die lug

• Gestrekte draf – Gestrekte hand voor die lyf uitswaai

• Galop – drie vingers in die lug

• Rigting verander – sirkel beweging met een hand voor die lyf maak

• Inkom en halt – beide hande in ‘n sirkel beweging na die liggaam toe

• Ontspan – albei hande reguit na voor en dan na die kante toe swaai

• Herrit – gebalde vuis in die lug

1 8

Page 19: SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP...12. DONKERBRILLE Bedags toelaatbaar maar moet egter nie dekoratief wees nie maar eenvoudig en funksioneel. D. TOERUSTING VAN DIE PERD 1. ALGEMENE VOORKOMS

19 HANDLEIDING VIR TRADISIONELE 3- EN 5 GANG 2016

VYFGANG KLASSE:

• Stap – een vinger in die lug

• Draf – twee vingers in die lug

• Galop – drie vingers in die lug

• Kortgang – vier vingers in die lug

• Trippel – vyf vingers in die lug

• Rigting verander – sirkel beweging met een hand voor die lyf maak

• Inkom en halt – beide hande in ‘n sirkel beweging na die liggaam toe

• Ontspan - albei hande reguit na voor en dan na die kante toe swaai

• Herrit - gebalde vuis in die lug

K. ALGEMENE SKOUREËLS

• ‘n Onderbreking van ‘n maksimum van 5 minute sal toegelaat word vir alle herstelwerk en

vervangings.

• Geen kruisinskrywings tussen drie- en vyfgang klasse word toegelaat nie, behalwe in die

Kinder-, Veelsydige ryperd- en dresseerklasse nie.

• Onaanvaarbare metodes, gebruike en rydrag is ontoelaatbaar op die skouterrein.

• Perde mag tydens hul verblyf op die skougronde slegs gery word met toerusting wat

toelaatbaar is binne die skou-arena volgens die huidige reëls en regulasies. (Sien

Hoofstuk C) Die gebruik van kunsmatige hulpmiddels vir die duur van die skou, soos bv.

“running reins”, rekke, “shackles” en kettings, ens. kan lei tot eliminasie van so ‘n perd

in die skouarena. Hielbeskermers (“quarter boots”) en “over reaching boots” mag

gedra word in die Vyfgang klasse.

• Bykomende beskerming bv. beenverbande en “brushing boots” ens. van die bene is wel

toelaatbaar buite die skou-arena tydens opwarming.

L. DRIE- EN VYFGANG KLASSE Sien klaslys en minimumklaslys vir streekskoue.