20
November 2017 Feeste van die Here. “In Levítikus 23 is van die boeiendste en mees insiggewende gedeeltes in die Ou Testament, omdat hulle ’n profetiese program bevat oor die toekomstige openbaring van die Messias in Nuwe Testamentiese tye,” skryf Johan Malan in sy boek “Sewe feeste van Israel”. Die feeste bied aan gelowiges kosbare inligting en toon aan elke gelowige hoe die Messias gevolg, aanbid en gedien moet word. In sy boek oor die feeste verwoord Edward Chumney (1994:1) dit as volg: “Die feeste van die Here wat in Levítikus 23 bespreek word, is deur God aan ons gegee sodat sy volk die koms van die Messias kon verstaan, asook die rol wat die Messias sou speel om die mensdom en die aarde vir Hom los te koop na die sondeval van die mens in die Tuin van Eden. Hoewel meeste van die nie-Joodse Bybellesers al van die feeste gehoor het, word die dieper betekenis en belangrikheid van die feeste wêreldwyd nie verstaan nie. Die apostel Paulus het aan die nie-Joodse gelowiges in Kolosse geskryf dat die feeste van die Here, die nuwemaan en Sabbatte, ’n “skaduwee is van die toekomstige dinge” om ons meer van die Messias te leer (Kol.2:16-17). Jeshua (die Hebreeuse naam vir Jesus, wat Verlossing beteken) was die substansie of finale vervulling van die groter plan wat God deur sewe belangrike feeste geopenbaar het.” Die feeste werp lig op die dieper dinge van ons verhouding met God en sy Seun, die Messias, wat Homself as losprys vir ons sonde gegee het. Die wonderlike manier waarop die feeste in die Nuwe-Testamentiese tye vervul word maak ons opgewonde en gee nuwe waardering vir die foutloosheid van die Bybel as God se Woord – veral oor die vervulling van Bybelse profesieë en Ou-Testamentiese tipes van Christus. Wapadrant wil graag uit dankbaarheid gehoor gee aan God se opdrag om fees te vier. Daar is verskeie geleenthede waar dit plaasvind, onder meer eredienste, nagmaal, doop, gemeente- en uitreikaksies. massageproduseerde afskotprodukte nie, maar een waarin trots-dopper-handgemaakte items geskenk en aan die gemeente-familie te koop aangebied kan word. Hierdie dankfees word gehou op 3 Maart 2018. Ons het elkeen se gawe nodig. Elke lid van die liggaam is nodig om te timmer, basuin, kook, skaaf, tik, plak, dek, bak, meng, koop, speel of wat-ook-al-nodig-is. Die koördineerder van elke tafel sal almal, wat hul name op die lyste in die saal skryf, kontak om verdere reëlings te tref. Kom dien saam; kom dank saam; kom vier Fees vir die Here! So sê die Here die God van Israel: Laat my volk gaan om tot my eer 'n fees te vier.” Exodus 5:1

Maandkrant 2017 11 - Wapadrant - Wapadrant Tuisblad · 2019. 11. 12. · November 2017 Feeste van die Here. ... Die hoofrolle: Jannie Moolman, Zita Pretorius, Marno van der Merwe,

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Maandkrant 2017 11 - Wapadrant - Wapadrant Tuisblad · 2019. 11. 12. · November 2017 Feeste van die Here. ... Die hoofrolle: Jannie Moolman, Zita Pretorius, Marno van der Merwe,

November 2017

Feeste van die Here. “In Levítikus 23 is van die boeiendste en mees insiggewende gedeeltes in die Ou Testament,omdat hulle ’n profetiese program bevat oor die toekomstige openbaring van die Messias in Nuwe Testamentiesetye,” skryf Johan Malan in sy boek “Sewe feeste van Israel”.

Die feeste bied aan gelowiges kosbare inligting en toon aan elke gelowige hoe die Messias gevolg, aanbid engedien moet word.

In sy boek oor die feeste verwoord Edward Chumney (1994:1) dit as volg: “Die feeste van die Here wat in Levítikus23 bespreek word, is deur God aan ons gegee sodat sy volk die koms van die Messias kon verstaan, asook die rolwat die Messias sou speel om die mensdom en die aarde vir Hom los te koop na die sondeval van die mens in dieTuin van Eden. Hoewel meeste van die nie-Joodse Bybellesers al van die feeste gehoor het, word die dieperbetekenis en belangrikheid van die feeste wêreldwyd nie verstaan nie. Die apostel Paulus het aan die nie-Joodsegelowiges in Kolosse geskryf dat die feeste van die Here, die nuwemaan en Sabbatte, ’n “skaduwee is van dietoekomstige dinge” om ons meer van die Messias te leer (Kol.2:16-17). Jeshua (die Hebreeuse naam vir Jesus, watVerlossing beteken) was die substansie of finale vervulling van die groter plan wat God deur sewe belangrikefeeste geopenbaar het.”

Die feeste werp lig op die dieper dinge van ons verhouding met God en sy Seun, die Messias, wat Homself aslosprys vir ons sonde gegee het. Die wonderlike manier waarop die feeste in die Nuwe-Testamentiese tye vervulword maak ons opgewonde en gee nuwe waardering vir die foutloosheid van die Bybel as God se Woord – veraloor die vervulling van Bybelse profesieë en Ou-Testamentiese tipes van Christus.

Wapadrant wil graag uit dankbaarheid gehoor gee aan God se opdrag om fees te vier. Daar is verskeiegeleenthede waar dit plaasvind, onder meer eredienste, nagmaal, doop, gemeente- en uitreikaksies. Sò

massageproduseerde afskotprodukte nie, maar een waarin trots-dopper-handgemaakte items geskenk enaan die gemeente-familie te koop aangebied kan word. Hierdie dankfees word gehou op 3 Maart 2018.

Ons het elkeen se gawe nodig. Elke lid van die liggaam is nodig om te timmer, basuin, kook, skaaf, tik, plak, dek,bak, meng, koop, speel of wat-ook-al-nodig-is. Die koördineerder van elke tafel sal almal, wat hul name op dielyste in die saal skryf, kontak om verdere reëlings te tref.

Kom dien saam; kom dank saam; kom vier Fees vir die Here!

“So sê die Here die God van Israel: Laat my volk gaan om tot my eer 'n fees te vier.” Exodus 5:1

Page 2: Maandkrant 2017 11 - Wapadrant - Wapadrant Tuisblad · 2019. 11. 12. · November 2017 Feeste van die Here. ... Die hoofrolle: Jannie Moolman, Zita Pretorius, Marno van der Merwe,

2

VREEMDE VOEDSELNoudat die somer in volle swang is, knetter diebraaivleisvure gereeld op ‘n Saterdagmiddag. In Bybelsetye was dinge egter nie so maklik nie en moes hulkreatief omgaan met dit wat beskikbaar was om te eet.Sommige van die kossoorte is algemeen bekend, terwylander ons vinnig na die spuitgif wil laat gryp!Die vreemde voedselssoorte sluit onder meer dievolgende in:

1. Besies (Levitikus 11:22)

2. Chamois, ‘n soort bok (Deuteronomium 14:5)

3. Gras (Daniël 4:33)

4. Sprinkane (Levitikus 11:22)

5. Osse (Deuteronomium 14:4)

6. Duiwe (Levitikus 5:7, 6:26)

7. Pygarg of bison (Deuteronomium 14:5)

8. Tortelduiwe (Levitikus 5:6, 6:26)

Van die meer herkenbare (dalk ook meer eetbare) kos-soorte wat ons in die Bybel vind, sluit onder meer in:

Amandels (Genesis 43:11) Appels (Hooglied 2:5) Beesvleis - gekook (1 Konings 19:21) Bokke (Levitikus 5:6, 6:26) Botter (Genesis 18:8) Eierwit (Job 6:6) Gebraaide koring (1 Samuel 25:18) Granaat (Hooglied 6:7) Heuning (Genesis 43:11) Kaas (1 Samuel 17:18) Kalfsvleis—die King James Version sê “a fat calf”

(1 Samuel 28:24) Koek (1 Konings 14:3) Komkommer (Numeri 11:5) Lam en skaap (Levitikus 5:6, 6:26) Manna (Numeri 11:7) Melk (Genesis 18:8) Okkerneute—direkte vertaling uit oorspronklike

Hebreeus (Hooglied 6:11) Ongesuurde brood (1 Samuel 28:24) Pistachioneute—direkte vertaling uit oorspronk-

like Hebreeus (Genesis 43:11) Preie (Numeri 11:5) Rosyntjies (1 Samuel 25:18) Uie (Numeri 11:5) Vis (Johannes 21:9) Vyekoeke (1 Samuel 25:18) Waatlemoene (Numeri 11:5) Warm brood (1 Samuel 21:6)

(Verkry op die internet by http://www.ldsliving.com/9-Bizarre-Foods-They-Ate-in-the-Bible/s/79492 )

1 TIMOTEUS 4:3 (AFR83)

“... Maar God het die voedsel gemaak, sodat dié watglo en tot die kennis van die waarheid gekom het, ditmet danksegging kan gebruik.”

Page 3: Maandkrant 2017 11 - Wapadrant - Wapadrant Tuisblad · 2019. 11. 12. · November 2017 Feeste van die Here. ... Die hoofrolle: Jannie Moolman, Zita Pretorius, Marno van der Merwe,

3

OORBETALING VAN LIEFDEGAWES AAN ADMINISTRATIEWE BUROEen derde van die liefdegawes wat Sondae opgeneem word gaan na die Administratiewe Buro in Potchefstroom.Die derde kwartaal se verpligte liefdegawes is soos volg oorbetaal:

16/10/2017Bybelverspreiding 25,600.00Christelike Onderwys-Arso-lesmateriaal 2,560.00Dankbaarheidsfonds 12,800.00Deputate Jeugsorg 5,120.00Ekumenisiteit (Buitelands) 5,120.00Ekumenisiteit (Geref Jeug in Londen) 2,560.00Emeritaatsfonds 10,240.00GKSA Sustentasiefonds 10,240.00Kerklike Tydskrifte 5,120.00Pro Ecclesiabeursfonds 5,120.00Teologiese Studentekas 12 800.00

Bystandsfonds vir Diakonie 5,120.00Teologiese Skool Biblioteek 2,560.00Teologiese Skool Publikasies 2,560.00Thusofonds 2,560.00

110,080.00

LIEFDEGAWES

Vir akkurate,professionele en stiptelike

notules, agendas entranskripsies, kontak Rina

Nel by 082 852 9987 [email protected]

KospakkiesElke Desember voorsien G015 aan 105gesinne die bestanddele om ’n volledigeKersete voor te berei. Alet Stroebel voorsiendaagliks aan hierdie gesinne ’n gekookteete. In Desember sluit sy en is hierdiegesinne sonder kos. Indien jy jou wegoopsien om aan 1 gesin ’n kospakkie te skenk (2kg rys, 2 blikkiesgroente, 2.5kg koekmeel, 2.5kg suiker & 750 ml kookolie), sal ons ditbaie waardeer. Laat die pakkies (gemerk “Danville“) in die saal. KontakWinnie by 082 468 4076 vir inligting.

Page 4: Maandkrant 2017 11 - Wapadrant - Wapadrant Tuisblad · 2019. 11. 12. · November 2017 Feeste van die Here. ... Die hoofrolle: Jannie Moolman, Zita Pretorius, Marno van der Merwe,

4

‘n Musiekblyspel uit die Reformasie.

Een van die produksies wat met die samewerking van die Tussenkerklike Raad aangebied word, is diemusiekblyspel, Houtkruis, wat in 2008 deur 24 000 mense in die Staatsteater gesien is.Die Verhaal: Martin Luther het sy 95 stellinge teenWittenberg se kerkdeur vasgenael en skokgolwe breekdeur die bestaande kerk. Skielik kan jou geloof jou nadie brandstapel stuur! Hoe Luther se optrede diegewone mense en die kerk raak kry gestalte in dieHOUTKRUIS. Te midde van boere-opstande enmonnikgesang beleef ons twee verhale van geloof,liefde, verraad en vergifnis. Musiek wissel van Gregoriaanse gesange tot groottreffers soos Die Via Dolorosa, Hierdie Kind, en KoosDoep se Gebed.

Die hoofrolle: Jannie Moolman, Zita Pretorius, Marnovan der Merwe, Edrien Erasmus, Rouel Beukes enPieter Smit

Produksietye: Vrydag 3 Nov . 19:00 Saterdag 4 Nov. 11:00 en 15:00 Sondag 5 Nov. 15:00

Plek: Choose Life Kerk in RubensteinstraatMoreletapark, Pretoria.

Kaartjies: R120, R160 en R200 is beskikbaar. 20% Afslagvir 20+ kaartjies!

Bespreek: iTickets. (iTickets.co.za). Doen dit nou!

Kom kyk hoe die Reformasie van 500 jaar gelede jou vandag nog raak!!

HOUTKRUIS

Shoprider Sunrunner mobiliteit Scooter te koop: R6500

(Model 777NA. Spesifikasies: Lengte: 1070mm, Breedte: 590mm,Gewig: 40kg, Spoed: 6km/h)

Dit is elke jaar, sedert aankoop in 2009, gereeld deur ShopriderCenturion gediens. Alles is in werkende toestand. Batterye is ookonlangs vervang. Daar is 'n paar gebruikte spore. Dit kan binne enbuite gebruik word. Dit kom met laaier en mandjie.Ons kan dit bring om te wys hoe dit lyk en werk in Pretoria enomgewing.Kontak Anita Bollen  Selno 0849045170

Page 5: Maandkrant 2017 11 - Wapadrant - Wapadrant Tuisblad · 2019. 11. 12. · November 2017 Feeste van die Here. ... Die hoofrolle: Jannie Moolman, Zita Pretorius, Marno van der Merwe,

5

Van GK Naboomspruit: Johannes Hendrik Snyman en Susanne Lucille vd Walt (du Plessis)Van GK Waterkloofrand: Johanna Magdalena de Wet (von Achterbergh)Van GK Bergbron: Rena TrompVan NGK Edenburg: Anita Jeanette Claassen (Meintjies)Van GK Meyerspark: André Johan en Ricki Geertsema (Joubert)

Na GK Pretoria-Brooklyn: Martelie Jansen van Vuuren.Na GK Rietvallei: Pieter, Linda (Botha) en Marlie van der Zwaard.Gertruida Petronella Jacobs (Pretorius) en Sarel Francois Jacobs.Phillipus Carel en Priscilla Liseth Grobler (Stander).Judy Jordaan (Grimbeek)Elke Roos (Labuschagne)Christelle van Niekerk (Spoelstra)Johannes Albertus Brink

ATTESTATE

WAPADRANT-DATABASISOPDATERING

Jy kan jou gesin se besonderhede op die rekenaarstelselnagaan en opdateer.

Slegs die gesinshoofde of enkelpersone hoef te registreer.Besoek die webblad by https://www.winkerkonline.co.za/ en

registreer ‘n gebruiker deur die gemeente, eposadres, uniekewagwoord, noemnaam, van, geboortedatum en selfoonnommer

in te sleutel.

Sodra u versoek verwerk is (24 tot 48 uur), kan u aanteken endie nodige veranderinge aan u gesin se besonderhede aanbring.

Kontak Ilda vd Merwe by 012 991 5623

Page 6: Maandkrant 2017 11 - Wapadrant - Wapadrant Tuisblad · 2019. 11. 12. · November 2017 Feeste van die Here. ... Die hoofrolle: Jannie Moolman, Zita Pretorius, Marno van der Merwe,

6

WAPADRANT BROKKIESDie frase “boem-takke-takke-takke” mag vir menig-’n-Wapadranter van geen betekenis wees nie. Tog isdaar diegene vir wie dit vanselfsprekend nostalgiese waarde inhou.

Dié van ons wat die tromspeel aand van Rainbow Christian Fellowship bygewoon het, sal vinnig diebetekenis van dié frase kan verwoord. Die “boem” dui daarop dat die trom met die plat hand in die mid-del geslaan word om ‘n diep basnoot te laat klink terwyl die “takke-takke-takke” opdrag gee aan dievingerpunte om liggies op die rant van die trom te tik om ‘n hoër klank te verkry.

“Boem-takke-takke-takke” tot eer van die Here was ‘n onvergeetlike ondervinding!

BEST BUILD (PTY) LTD

NHBRC geregistreerNuwe huiseMotorhuiseGrensmureBadkamers

WaterdigtingVerfTeëls

PlafonneAanbouings

GRATIS KWOTASIESAdriaan Smit - 083 457 4301

Page 7: Maandkrant 2017 11 - Wapadrant - Wapadrant Tuisblad · 2019. 11. 12. · November 2017 Feeste van die Here. ... Die hoofrolle: Jannie Moolman, Zita Pretorius, Marno van der Merwe,

7

Daar

is 1

5 ve

rski

lle tu

ssen

die

pren

tjies

. Kan

jy h

ulle

vin

d?

SOOS DIE STERRE AAN DIE HEMEL

Koekverkoping

Hantie se nuwe rolstoel is op bestelling en onshoop om dit binnekort te ontvang. Fondse watvoortaan uit die koekverkopings verkry word,

word aangewend waardaar nood is.

Die volgende koekverkoping vind plaas op 19November tussen die twee oggenddienste.Enige skenkings van gebak sal baie waardeer

word.

By voorbaat dankie, Kleingroep G028

Kontakpersoon Kobie de Ronde 0795105482

ALL SEASONSCARPET, UPHOLSTERY CLEANING &

PEST CONTROL

NO JOB TOO BIG OR SMALLOwner SupervisionLet us take the hassle out of cleaning all themajor parts or just getting rid of those ratsand ants.

Rugs, carpets, upholstery, wewill make it shine

Contact Info:Cell: 063 158 9773allseasonscleaning47@

gmail.com

Page 8: Maandkrant 2017 11 - Wapadrant - Wapadrant Tuisblad · 2019. 11. 12. · November 2017 Feeste van die Here. ... Die hoofrolle: Jannie Moolman, Zita Pretorius, Marno van der Merwe,

8

FINANSIËLE SAKE VAN GEMEENTETot en met einde September 2017

Opsomming:

Die tekort op die bedryfsbegroting het gegroei en staan nou, na die eerste 9 maande van die jaar, op R499701.Die Kerkraad neem nou stappe om lidmate wat tans geen bydrae maak nie, oor dié kwessie te kontak. Naaanleiding hiervan het daar intussen ook navrae gekom oor die aanwending van die gemeente se fondse.Dié inligting, soos dit tans vervat word in die gemeente se begroting, is egter te veel om met hierdiekommunikasiemetode te probeer deurgee. Die verdeling van die fondse kan egter weergegee word.(Indien jy meer detailinligting wil hê kan jy die kerkkantoor daaroor skakel.) Hieronder word aangedui watdie persentasieverdeling sou wees van elke Rand wat bygedra word:

1) Ramings: 13%

2) Predikante: 30.7%

3) Diakonie: 16.2%

4) Administrasie en bestuur: 13.5%

5) Uitreikbediening: 8.7%

6) Terrein en Geboue 6%

7) Eredienste se uitgawes: 3.5%

8) Jeugbediening: 3.2%

9) Kleingroepebediening: 1.5%

10) Pastoralebediening 1%

11) Kapitaal aankope 2.7%

Page 9: Maandkrant 2017 11 - Wapadrant - Wapadrant Tuisblad · 2019. 11. 12. · November 2017 Feeste van die Here. ... Die hoofrolle: Jannie Moolman, Zita Pretorius, Marno van der Merwe,

9

Dankoffer-inligting

Maand Aantalpotensiële

*bydraepunte

Aantal puntewat geen

beloofde bydraegemaak het nie

Aantal punte watbeloof het maar

geen bydraemaak nie

Aantal puntewat agterstallig

is

Getroue bydraers

Julie 2017 *1 179** (1 815)

41134,86%

1119,50%

1129,50%

54546,14%

Aug 2017 *1 183**(1 827)

40734,40

1089,13%

12310,4%

54546,07%

Sept 2017 *1 181** (1 816)

40834,55%

1068,98%

13611,51%

53144,96%

*Bydraepunt = Getroude man en vrou = 1 bydraepuntBelydende lidmaat in dieselfde gesin = bydraepunt

Enkellopende belydende lidmaat = bydraepunt

Hou asseblief in gedagte dat die gemeente, bo en behalwe die daaglikse bedryfkostes, ook verantwoordelik is vir die betaling van aan ons breër kerkverband wat tans

ongeveer per maand beloop en watoorbetaal moet word. Dus kan u aflei dat, as elke belydende lidmaat ‘n minimum van

R70 per maand betaal, die kerkraad u nie daarvoor hoef te “subsidieer” nie.

Maniere van afdra van Dankoffer

Direkte inbetaling op kerk se bankrekening/per internetbank of per aftrekorder by jou eie bank. Bankbesonderhede: Gereformeerde Kerk Wapadrant, ABSA rek nr 349 0151 957, takkode 632 005. BAIE BELANGRIK: Naam,

van en doel as verwysing. (Behalwe in die geval van ‘n anonieme inbetaling.) Indien jy anonieme bydraes wil maak, plaas kontant/tjek in `n koevert en sit in liefdegawesakkie of doen ‘n elektroniese

oorbetaling in kerk se bankrekening.Debietorder: Reël met kerkkantoor by [email protected] of volg hierdie skakel vir vormhttp://www.wapadrant.co.za/finansieumllesake.html

Nog ‘n manier om jou dankoffer/liefdegawe oor te betaal:

http://www.wapadrant.co.za/jeug--en-gesinsbediening.html

Page 10: Maandkrant 2017 11 - Wapadrant - Wapadrant Tuisblad · 2019. 11. 12. · November 2017 Feeste van die Here. ... Die hoofrolle: Jannie Moolman, Zita Pretorius, Marno van der Merwe,

10

Wapadrant Gemeente - Uitreik: KRUIK NPOIn Uitreik het ons die benadering van: "Bid en Spit!".

Hierdeur is gebed en geloof ingeweef in die oortuiging dat ons ook skoueraan die wiel moet sit en werk. Ons Uitreikwerk word gelei deur geloof endie uitkoms is wat God beplan. Ons is bloot die instrument!

Gedurende die langnaweek van 22-25 September 2017 het 46 lidmate en vriende van KRUIK NPO hullelangnaweek opgeoffer. Hulle het ons gemeente se sendeling, ds. Petrus (Sloet) Grové en sy gesin gaanbesoek en gaan help om die omstandighede by Missio Dei Skool en die Hospice op die plaas by Ficksburgte verbeter.

Ons bedank almal wat ‘n bydrae gemaak het! Ons het genoegsame donasies ontvang om al diegereedskap en aankope te doen. Daarom sê ons VREESLIK BAIE DANKIE vir al die donasies, maar veral aanalmal wat hulle tyd en hulle-self ingesit het om die naweek so ‘n lekker ondervinding en groot sukses temaak; van die kosspan tot die swartbordjieverwers.

Hier is ‘n paar fototjies:

Anlia du PlessisWapadrant Uitreikkoördineerder

Kontak Tjaart Pelser | 082 440 0676 | [email protected]

Page 11: Maandkrant 2017 11 - Wapadrant - Wapadrant Tuisblad · 2019. 11. 12. · November 2017 Feeste van die Here. ... Die hoofrolle: Jannie Moolman, Zita Pretorius, Marno van der Merwe,

11

DIE ROOM VAN DIE OESDie Noordwes-Universiteit (NWU) het op 6 Oktober 2017 in Sandton sy top-alumni by ’ntoekenningseremonie vereer. Hierdie jaar se toekenningseremonie het die gesogte NWULeeftydprestasietoekenning ingesluit en ook erkenning gegee aan die NWU-alumni wat in 2017 in dieinternasionale arena presteer het.

Die gesogte Leeftydprestasietoekenning het gegaan aan die voormalige rektor van die destydsePotchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO), prof Tjaart van der Walt. ProfVan der Walt het van 1977 tot 1987 in hierdie hoedanigheid gedien. Hy het in 1951 ’n BA-graad aandaardie universiteit verwerf. Dit is die derde keer dat hierdie gesogte toekenning ter erkenning vanbuitengewone prestasies toegeken word. Vorige ontvangers sluit die voormalige president, mnr FW deKlerk, en die voormalige visekanselier van die NWU, dr Theuns Eloff (ook ‘n Wapadrant lidmaat), in.

“Na die koms van demokrasie in 1994 het die premier van Noordwes hom versoek om as voltydse adviseuraan te bly.Tjaart het in 1951 sy BA-graad verwerf, gevolg deur ’n honneurs- en ’n ThB-graad aan diePotchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO). Hy het ook ’n honneursgraad inKlassieke Tale aan die Universiteit van die Witwatersrand behaal.Hy is in 2000 deur die PU vir CHO se Fakulteit Teologie tot buitengewone professor in Nuwe TestamentieseStudies verkies.”

Vanjaar se ontvangers van die NWU se gesogte Alumni-toekennings is Me Minette Dempsey (namens Dr Elsje Jordaan),Mnr Tamsanqa Manzi, Prof Kobus Pienaar, Prof Koos van Rooy, DrSejako Senatle, Mej Suid-Afrika Demi-Leigh Nel-Peters (NWUAmbassadeur-toekenning), Prof Peter van Eldik (namens Prof Rudivan Eldik), Me Daniëlla van Heerden, Me Hannie van der Merwe(namens Prof Tjaart van der Walt) en Dr Frits Kok.

(Verkry op die webblad van die NWU)

Page 12: Maandkrant 2017 11 - Wapadrant - Wapadrant Tuisblad · 2019. 11. 12. · November 2017 Feeste van die Here. ... Die hoofrolle: Jannie Moolman, Zita Pretorius, Marno van der Merwe,

12

HOE GEMAAK MET KERK?

Heel vroeg in enige Jesus-volgeling se lewe moet hy/sybesluit wat om te maak met kerk. Dit kan ‘n neteligetaak vir sommige wees. Die rede is dat – alhoewelsommige kerke, denominasies en gemeentes goedvaar en goeie werk doen – die algemene gevoel blyk tewees dat gemeentes maar sukkel en dat die kerk-ideeietwat uitgedien is. Die persepsie is dat meeste Afri-kaanse gemeentes nie byhou met die tyd nie, maarbaie stadig verander, en poog om mense besig te houmet uitgediende praktyke en liturgieë. Selfs in onaf-hanklike gemeentes waar dit op die oog af baie betergaan, breek daar kort-kort konflik uit tussen leiers, ofiemand word uitgevang met die vingers in die kerkkof-fers, of iets dergeliks. Indien die kerk dan God se ge-kose voertuig is waardeur die water van die lewe moetvloei, hoekom gaan dit nie beter nie? Hoekom houGod nie sy mense in toom nie? Baie mense gee som-mer totaal boedel oor op kerk terwyl ander nogmoedig probeer voortstoei om ‘n verskil te probeermaak. Hoe moet ons dan in ons gemoedere dink oorkerk?

Een persoon wat my gedurig help om te “cope” metdie teleurstelling van kerk is Eugene Peterson, die ver-taler van die Message-Bybelvertaling. Hy wys onsdaarop dat die kerk nog nooit in die geskiedenis werk-lik konsekwent fantasties was nie. Ja, ons het onshoogtepunte gehad. Maar so ook skandes en ontnug-terings. Ons is al tweeduisend jaar besig met kerk endis nie asof die wêreld tou staan om kaartjies te koopnie. Kyk maar na gemeentes van die vroegste tye afsoos byvoorbeeld die Korintiese gemeente. Reeds hierhet ons al binnegevegte gekry tussen aanhangers vanverskillende leiers, wêreldse lidmate, die misbruik vandie gawes van die Gees asook blatante liefdeloosheid.Waarom is dit so?

Peterson verduidelik dat die kerk in die eerste pleksondaars nooi om deel te word van die gemeenskap.Mens moet dus nie veel verwag wanneer sondaars welopdaag nie. Die resultaat sal beslis nie altyd op die oogaf gewens wees nie.

Maar hy sê nog iets. Hy verduidelik dat die kerk van dieHere die een instansie is wat die sondige aard vanmense blootlê en uitdaag. Elke individu word uit-gedaag om die donkerte in hulle eie gemoedere en le-wens te identifiseer, ontmasker en die hoof te bied.Hier word die duisternis gekonfronteer met lig en doodgekonfronteer met lewe. Op ‘n sekere vlak is konflik

dus die kerk se voorland. Peterson sê dat mens dusmoet verwag dat plaaslike gemeentes soms die meesonnette, ontstellende en troebel omgewings kan weesjuis om hierdie redes.

Alhoewel Jesus geensins sondige of slegte gedrag in sykerk goedkeur nie, moet ons egter nie dink dat Hyonkant gevang word deur die somtydse chaos in sykerk nie. Peterson verduidelik dat ‘n onvolmaakte kerkjuis die ideale omgewing is vir ‘n individu om te groeien groot te word in Christus. As Jesus werklik eerstensgeïnteresseerd is in die ontwikkeling van ons karakter,dan is ‘n gemeente met onvolwasse lidmate die plekom te wees. In volmaakte omstandighede sal jou ka-rakter nie werklik maksimaal groei nie. Dis hoofsaaklikin onvolmaakte verhoudings waar jy die vrug van dieGees aanleer. Dis juis tussen onvolmaakte mense waarjy leer hoe om te vergewe, lief te hê, geduld te kweeken nie wraak te neem nie maar dit aan die Here oor telaat!

Philip Yancey vergelyk die kerk van Jesus met ‘n ouseilskip. Hy haal vir JF Powers aan wat oor sy eie skipgesê het:

“She’s a big old ship, Bill. She creaks, she rocks, sherolls, and at times she makes you want to throw up.But she gets where she’s going. Always has, alwayswill, till the end of time. With or without you.”

So is dit met die kerk. Soms is dit lekker. Soms sukkeldit egter maar. Ander kere raak jy naar maar uiteinde-lik kom jy waar jy moet wees tussen al hierdie gebrokemense (waarvan jy deel is!). Ons moet nooit die kragen werking van Jesus deur sy Gees onderskat nie. Disdie wonderlike van Jesus se genade en krag: dat Hywerk ten spyte van ons gebrokenheid en nonsens.

Moet ons dus ooit opgee op die kerk? Nooit nie, souPaulus sê. Vir hierdie gebroke kerk het Jesus dan juisgesterf en voorsien van ‘n nuwe identiteit. Elkeen vanons moet dus voort werk aan en bid vir die vernuwingvan ons eie gemeentes. Vertrou egter die Here se reismet sy mense. Dis immers aan hierdie selfde kerk virwie Hy gesê het:

“En onthou: Ek is by julle, al die dae tot die voleindingvan die wêreld” – Matteus 28:20.

Oktober 17, 2017 | deur Roedolf Botha (eKerk)

Page 13: Maandkrant 2017 11 - Wapadrant - Wapadrant Tuisblad · 2019. 11. 12. · November 2017 Feeste van die Here. ... Die hoofrolle: Jannie Moolman, Zita Pretorius, Marno van der Merwe,

13

MENLOPARK TUINWOONSTEL

R5500 per maand + een maand se deposito

Ruim, semi-gemeubileerde tuinwoonstel te huuraan enkel persoon.

1 Slaapkamer, sit-eetkamer, kombuis, badkamer,patio en veilige parkering.

Sluit in:Water en ligte

DSTV konneksie - volle pakketWeeklikse skoonmaak en wasgoeddiens

ADT sekuriteit

Geen rokers of troeteldiere. Onmiddellik beskikbaarKontak Lorraine by 082 784 2343

VAKANSIEVERBLYF

Luukse vakansieverblyf te huur in Pennington aandie Suidkus, KZN vanaf 16 tot 27 Desember 2017teen R 800 per nag.

Drie slaapkamers (6 – bed), lugverkoeling, DSTV,swembad, braaigeriewe, ongeveer 500 meter vandie strand.

Kontak Theresa de Beer: 0829724223

ABBO-BERADING... soos ‘n boom wat by water staan...” Jeremia 17:7-8

Kursus 1Bybelse beradingHierdie kursus rus gelowiges toe om Bybelse dinamieke van verandering in hul eie lewens en dié van ander teverstaan. In die 2de semester word die beginsels toegepas in huweliksberading en berading met mense metverslawings, stres en depressie.

AanbiedingswyseKorrespondensie - Kontaksessies – Powerpoint-aanbiedings

Kursus 2Praktiese Bybelse BeradingDie tweedejaarkursus rus jou toe om 1-tot-1 Bybelse berading in praktyk te doen.

Kursus 3Gevorderde Praktiese Bybelse BeradingDie derdejaarkursus rus jou toe om op gevorderde vlak 1-tot-1 Bybelse berading te doen.

Kursus 4Bybelse MentorskapDie kursus fokus op mentorskap as ’n leierskapvaardigheid in ‘n organisasiekonteks. ‘n Bybelse mentormodel isingesluit.

Kursus 5Bybelse TraumaberadingDie kursus fokus op Bybelse berading aan persone wat lyding beleef agv trauma.

Kursus 6Onderrig Bybelse berading aan kinders en hul ouers

KONTAK ABBO: Marietjie Bezuidenhoud Tel: 012 334 1286 [email protected]; www.abbo.org.za

Page 14: Maandkrant 2017 11 - Wapadrant - Wapadrant Tuisblad · 2019. 11. 12. · November 2017 Feeste van die Here. ... Die hoofrolle: Jannie Moolman, Zita Pretorius, Marno van der Merwe,

14

WYSHEID‘n 92-jarige, petite, fynopgevoede en trotse dame, watsoggens teen 8:00 ten volle geklee, hare perfekgestileer engrimeringkeurigaangewend tenspyte van diefeit dat sywetlik blindverklaar is, hetin ‘nversorgingsoordingetrek. Haareggenoot van 70 jaar is onlangs oorlede wat die trek nadie versorgingsoord genoodsaak het.

Nadat sy vir verskeie ure geduldig in die voorportaal vandie tehuis gewag het, het haar mond in ‘n glimlag gekrulby die aanhoor dat haar kamer gereed is. Terwyl sy haarkierie behendig na die hyser stuur, het ek ‘n visueleprentjie van haar klein kamer, wat die eenvoudigegordyn wat die venster omraam insluit, geskets. “Ek ismal daaroor,” sê sy met die entoesiasme van ‘n 8-jarigewat ‘n babahondjie present gekry het.

“Mev. Brummer, jy het dan nog nie die kamer gesiennie... wag maar net.”

“Dit het niks daarmee te make nie,” antwoord sy.“Geluk is iets wat jy kies voor die tyd. Of ek van my

kamer hou of nie hang nie af van hoe die meubelsgerangskik is nie, maar van hoe ek my gedagtesrangskik. Ek het klaar besluit dat ek mal is oor my kamer.Dit is ‘n besluit wat ek elke oggend neem wanneer ekwakker word. Ek het ‘n keuse: ek kan heeldag in die bedspandeer en wroeg omdat sommige van myliggaamsdele nie wil saamwerk nie of ek kan opstaanmet dankbaarheid oor dié wat wel werk. Elke dag is ‘ngeskenk en solank as wat ek my oë kan oopmaak sal ekfokus op die nuwe dag en die gelukkige herinneringewat ek gebêre het juis vir hierdie tyd van my lewe.”

Sy verduidelik verder, “Geluk is soos ‘n bankrekening, jykan net onttrek wat jy gedeponeer het. My advies aanalmal is dus om soveel as moontlik geluk in diebankrekening van herinneringe te deponeer. Dankie virjou aandeel om my bankrekening vol te maak. Ek issteeds besig om te deponeer.”

Met ‘n glimlag verduidelik sy: “Onthou die 5 maklikereëls om gelukkig te wees:

1. Moenie vashou aan haat nie.2. Moenie vashou aan bekommernisse nie.3. Leef eenvoudig.4. Gee meer.5. Vereis minder & geniet elke oomblik.”

HERWIN VIR MISSIO DEI SKOOL

Die Missio Dei skool in Ficksburg benodig dievolgende:

Plastiekproppies(verskillende grotes – bv.doppies van koeldrankbottels,melkbottels, waterbottels,ens.)

Spuitbottels(enige plastiekbottel, bv.Tamatiesous-, mosterd- ofmayonnaisebottel)

Klein- en groot jogurthouers met of sonder deksels

Karton-eierhouersRoomysbakkeOntbytpapbokse (platgevou)

Items kan deurentyd by die bruin kas gelaatword. Merk asb. die sak “Missio Dei”

Die MAAND-KRANT is elektronies beskikbaar opdie WEBWERF BY

http://www.-wapadrant. co.za/maand-krant

Page 15: Maandkrant 2017 11 - Wapadrant - Wapadrant Tuisblad · 2019. 11. 12. · November 2017 Feeste van die Here. ... Die hoofrolle: Jannie Moolman, Zita Pretorius, Marno van der Merwe,

15

DRIE FORMULIERE VAN EENHEIDNederlandse Geloofsbelydenis (NGB)In ‘n tyd van groot vervolging van Protestantse Kerke is hierdieBelydenisskrif deur Guido de Bres opgestel. Dit was in die jaar1561 in die Suidelike Nederlande (vandag België). VerskeieSinodes in die 16de eeu asook die Nasionale Sinode vanDordrecht (1618-1619) het dit as een van die Belydenisskriftevan die Gereformeerde Kerke aanvaar.

Die NGB bevat 37 artikels en is soos volg saamgestel:

(Kyk vir die volledige skematiese struktuur in Pret metNederlandse Geloofsbelydenis van dr Hennie van Wyk)Indien jy verder wil oplees/studie wil doen oor die NGB – dievolgende boekies is by die Administratiewe Buro beskikbaar:1. Pret met die Nederlandse Geloofsbelydenis – drHennie van Wyk – is ‘n boekie waar elkeen wat hom oopmaak‘n potlood sal neem en begin om die woorde wat uit die NGBuitgelaat is, te soek.2. Die Nederlandse Geloofsbelydenis – dr Johann leRoux – ‘n Maklik-verstaan grafiese uiteensetting.

Die Heidelbergse Kategismus [HK](of Onderwysing in die Christelike Leer)Hierdie Belydenisskrif het in 1563 te Heidelberg, Duitslandontstaan. Op versoek van keurvors Frederik III van die Paltz isdit as ‘n leerboek vir die skole opgestel deur onder andereZacharias Ursinus en Caspar Olevianus. Verskeie Sinodes vandie 16de eeu en ook die Nasionale Sinode van Dordrecht(1618-1619) het dit as een van die Belydenisskrifte van dieGereformeerde Kerke aanvaar.Die Heidelbergse Kategismus is ingedeel in 52 Sondae.Sondag 1 InleidingSondag 2 tot 4 Die ellende van die mensSondag 5 tot 31 Die verlossing van die mensSondag 5 tot 8 Verlossing deur die geloofSondag 9 en 10 God die Vader en ons skeppingSondag 11 tot 19 God die Seun en ons verlossingSondag 20 tot 22 God die Heilige Gees en ons heiligmakingSondag 23 en 24 Regverdigheid deur die geloofSondag 25 tot 30 Die Heilige SakramenteSondag 26 en 27 Die Heilige DoopSondag 28 tot 30 Die Heilige Nagmaal van ons HereSondag 31 Die Kerklike TugSondag 32 tot 52 Die dankbaarheid wat ons aan God vir die

verlossing verskuldig isSondag 32 en 33 Goeie werkeSondag 34 tot 44 Die Wet van die HereSondag 45 tot 52 Die Gebed

Indien jy verder wil oplees/studie wil doen oor die HK – dievolgende boekies is by die Administratiewe Buro beskikbaar:1. Pret met die Heidelbergse Kategismus – dr Hennie vanWyk – is ‘n boekie waar elkeen wat hom oopmaak ‘n potloodsal neem en begin om die woorde wat uit die HK uitgelaat is,te soek.2. Die Heidelbergse Kategismus – dr Johann le Roux – ‘nMaklik-verstaan grafiese uiteensetting.

Die Dordtse Leerreëls[DL]Hierdie Belydenisskrif was die beslissing van die NasionaleSinode van die Gereformeerde Kerke van die Verenigde Ne-derlande, wat in die jare 1618 en 1619 in Dordrecht gehou is,oor die bekende vyf leerstellings van die Remonstrante waar-oor daar in die Gereformeerde Kerke verskil ontstaan het.

Die Dordtse Leerreëls bevat 5 hoofstukke en die besluit:Hoofstuk 1 Goddelike uitverkiesing en verwerping (1-18) Verwerping van die dwalings (1-9)

Hoofstuk 2 Die dood van Christus en sy verlossing van die mense deur Sy dood (1-9) Verwerping van die dwalings (1-7)

Hoofstuk 3 en 4 Die verdorwenheid van die mens, sy beke- ring tot God en die wyse waarop dit plaasvind (1-17) Verwerping van die dwalings (1-9)

Hoofstuk 5 Die volharding van die heiliges (1-15) Verwerping van die dwalings (1-9)

Besluit

Indien jy verder wil oplees/studie wil doen oor die DL – dievolgende boekies is by die Administratiewe Buro beskikbaar:1. Pret met die Dordtse Leerreëls – dr Hennie van Wyk – is

‘n boekie waar elkeen wat hom oopmaak ‘n potlood salneem en begin om die woorde wat uit die DL uitgelaat is,te soek.

2. Die Dordtse Leerreëls – dr Johann le Roux – ‘n Maklik-verstaan grafiese uiteensetting.

Volledige inligting beskikbaar op diewebblad by www.cjbf.co.za

God se Wese(Artikels 1 – 11 )

God se werke (Artikels 12 – 37)

God sebestaan

(1)

Kennisvan God(2 – 7)

Drie-Eenheidvan God(8 – 11)

In dieskepping(12 – 15)

In dieverlossing(16 – 37)

Page 16: Maandkrant 2017 11 - Wapadrant - Wapadrant Tuisblad · 2019. 11. 12. · November 2017 Feeste van die Here. ... Die hoofrolle: Jannie Moolman, Zita Pretorius, Marno van der Merwe,

16

ALMAL SE MANDJIEMeenthuis te huur in Wapadrant (Simpleks) inSekuriteitskompleks @ R9 500.00 per maand.3 Slaapkamers, 2 Badkamers, oopplan leefarea, 2toesluit-motorhuise, swembad, tennis- enmuurbalbane in kompleks.Beskikbaar 1 November 2017Kontak Lizelle: 082 887 6818

Grondslagfaseonderwyseres met 35 jaarondervinding bied Wiskundeklasse vir leerdersvan Gr.1 tot Gr.3Kontak Louise Snyman in Wapadrand:0834569724

Administratiewe posIndien u op soek is na ‘n administratiewebeampte, persoonlike assistent of sekretaressekontak Henriëtte Coetzer by 076 309 5855

Damesstudenteverblyf beskikbaar vir 2018.Op NWU Potch kampus. GK Cachet se huidigekantore word omskep in 3 kamers, 2 badkamersen 1 kombuis wat 6 dames kan huisves.- R2000 p/p p/m  wat kamer deel.- Water en ligte ingesluit.Kontak Brahm Robinson  064 656 [email protected]

Koekies vir Kersfees

Die Gereformeerde Kerk Kameeldrift bak koekies tenbate van spesiale skole, skole vir gestremdes asookvoedingsprojekte by skole en plakkerskampe .

Die koekies sal beskikbaar wees vanaf 20 Novembermet die oog op die Desember-vakansie.

Elke pak het die volgende verskeidenheid: koffie-koekie, vlakoekie, botterkoekie,  gemmerkoekie, klap-perkoekie en soetkoekie . Daar is drie soorte gevuldekoekies  in die pak. Die koste is R90 per kg en halwepakke @R47.

U kan bestellings plaas by  Susan Fourie by  082 3249399 of per epos by [email protected].

IMAGINE ART

KUNSUITSTALLING

GEREFORMEERDE KERK WAPADRANT -SAAL

4 NOVEMBER 2017, 9.30 vm - 3.30 nm

Pragtige kunswerke van bekende Suid-Afrikaansekunstenaars teen afslagpryse. Besoek gerus ons

webtuiste www.imagineart.co.za vir van die werketans gelys. Ander kunswerke wat nog nie voorheen

gelys was nie sal ook uitgestal word.Kredietkaartbetalings welkom.

Kerfeeslekkernye te koop:- Vrugtekoek (2kg) @ R240.- Gevulde Spekulaas oondpan (1,5kg) @ R120- Stroopwafels (pak van 12) @ R40Kontak Helene Tollig: 083 947 7835

Tuinwoonstel te huur in sekuriteitsarea in dieooste van Pretoria. Een slaapkamer, sit-eetka-mer, kombuis, en badkamer met motorafdak enstoep. Studente of jonggetroude paartjie. Geentroeteldiere nie. R 5 100.00 per maand. Water enligte ingesluit.Kontak Lientjie van der Walt: 082 955 1509

Sr. Strydom Podiatriese VoetdiensEvaluasie, toonnaelversorging en opvolgbesoekin die gemak van jou eie woning. Vir navraeskakel my gerus by 083 709 9004Sr. Ronel StrydomGeregistreerde Verpleegkundige

Page 17: Maandkrant 2017 11 - Wapadrant - Wapadrant Tuisblad · 2019. 11. 12. · November 2017 Feeste van die Here. ... Die hoofrolle: Jannie Moolman, Zita Pretorius, Marno van der Merwe,

17

WAAR SAL MY HULP VANDAAN KOM?

In die eerste deel het ons daarop gewys dat ons in‘n baie gebroke wêreld leef.Hierdie week se misdaadverslag deur ministerMabula het aangetoon hoe ernstige misdade(motorkapings, moorde, aanrandings) in ons landsommer met 15% gespring het. Die Weskaap word‘n dor land, 30 miljoen mense kry nie werk nie, onsland se geld is op, ens.

Ons het in ons vorige skrywe aangedui dat daarnet Een is wat ons land kan red. Net Een wat onsland uit sy chaos en suigende moeras kan trek. NetEen wat vir jou en my in tye en omstandighedesoos hierdie, kan sorg. Daardie Een is ons goeie,almagtige en barmhartige God Drie-enig (Vader,Seun en Gees). Ons Here weet alles, sien alles ensorg vir alles (lees bv Habakuk).

Nou is die vraag: Hoekom gebruik God ook mense;klein, nietige skepsels om mekaar te versorg? Kanmense regtig sorg en help? Kyk hoe lyk diesamelewing en die aarde! Watter krag en vermoëhet ‘n swakke mens? Hoekom versorg die Here onsnie direk en self nie? Of hoekom gebruik die Herenie sy magtige engele om ons te versorg nie, soosHy soms doen (Dan 6:21; ea)?

DINK HIEROORCalvyn het oor hierdie vraag diep nagedink.Hoekom gebruik die Groot-, Opper-, EnigsteHerder (Eseg 34:23; Joh 10:1ev; 21:15ev; 1 Pet 5:1-4) ook klein herdertjies wat dikwels so klaaglikmisluk in die uitvoering van hul opdrag om vir diekudde ( en wêreld) te sorg?

Calvyn het drie wonderlike antwoorde gevind:

1. God gebruik mense as herders om vir ons te wyshoe wonderlik hy ons bemagtig/herskep het. OnsHere bemagtig ons met wonderlike gaweswaarmee ons mekaar kan en moet help, soos:raadgee, vertroos, bemoedig, leer, vermaan, optel,versorg…. Ons Here is almagtig, maar Hy het onsook sterk gemaak as ons in sy Naam dien. So groeisowel die een wat bedien word, as die een watdien.2. Deur mekaar te bedien word ons baie lief virmekaar. Die band en afhanklikheid wat ons saamin God het, word net sterkter en mooier! Wil jy liefword vir jou naaste, help hom of haar! Ook sal jytonne wederliefde ontvang.3. Om mekaar te bedien maak jou nederig. Die eenwat dien, ken sy swakheid alte goed. Maar die eenwat bedien word, moet God se hulp aanneem uitiemand se hart, mond en hand wat dikwels sy“mindere”, selfs sy vyand mag wees. Daar isniemand wat nie hulp van ander nodig het nie, endie dienaars wat God stuur om jou te help, kan jynie kies en keur nie. So word jy ‘n ontvanger vanGod se gawes in nederigheid en ootmoed. Ons kantog so krities teenoor mekaar wees. Moenie!

Slot: So het ons Here as die Enigste Herder ditwonderlik verorden om ook klein herdertjies teroep en te bemagtig deur sy Gees en Woord, omsy kudde (en wêreld) te versorg en te laat groei.Kom ons wees herders vir mekaar (en die wêreld)en aanvaar mekaar se herderskap in Jesus seNaam. Kom ons dank ons Here vir hierdiewerkswyse van Hom!

Klasie Heystek

oor ons groot Herder en klein herdertjies (deel 2)

Jy word hartlik uitgenooi na 'n TOPIA saambid- en kuiergeleentheid.Ons gaan terugvoer gee oor wat by TOPIA gebeur. Daarna gaan ons saam die Heredank en voorbidding doen. Ons wil ook saam kuier en iets saam drink en eet. Bringasseblief 'n bordjie eetgoed vir die saamkuier. Laat weet asseblief vir Lizanne Au-camp of ons jou daar kan verwag.Waar: Gereformeerde Kerk MeyersparkWanneer: Vrydag 3 November 2017 19:00Kontak: Lizanne Aucamp by 084 555 1890

Page 18: Maandkrant 2017 11 - Wapadrant - Wapadrant Tuisblad · 2019. 11. 12. · November 2017 Feeste van die Here. ... Die hoofrolle: Jannie Moolman, Zita Pretorius, Marno van der Merwe,

18

ISRAELTOER9 - 20 Desember

JERUSALEM, DIE SEE VANGALILEA, DIE DOOIE SEE,

MASADA, NASARET, BETLEHEM,JERIGO, GOLGOTA, DIE TUINGRAF

EN VELE MEER!KONTAK DR MALAN VAN RHYN

082 858 [email protected]

MONUMENTSIG AFTREE-OORD EENHEDE BESKIKBAAR!Die Oord behoort aan die Gereformeerde Kerk Centurion, geleë te Basdenlaan 226, Centurion reg agter Unitas

huisies met pragtige tuine en lae heffings.Daar is geen versorgingsfasiliteite nie—Bepalings geld op 80-plussers Die twee eenhede wat beskikbaar is bestaan uit :

* 1 slaapkamer, 1 badkamer, kombuis, eet/sitkamer, toesluitmotorhuis (nie aanhuis) met ‘n tuin.  Die rigprys is R445 000. Die eenheid word opgegradeer en isbeskikbaar vir okkupasie 1 Nov 2017. U kan egter ‘n aanbod van u keuse maak,waarna die bestuur die verskillende aansoeke sal  oorweeg.* 2 slaapkamers, 1½ badkamers, kombuis, eet– en sitkamer, toesluitmotorhuismet privaatstoep en tuin. Die eenheid word opgegradeer en is beskikbaar virokkupasie vanaf  1 Des 2017.  Die rigprys is R770 000. U kan egter ‘n aanbod van u keuse maak, waarna die bestuurdie verskillende aansoeke sal  oorweeg.Wanneer u, u reg in die toekoms weer wil verkoop, is die volle bedrag wat u betaal het, onderhewig aan sekerevoorwaardes, weer aan u betaalbaar.

Navrae:  Lena Malan (op terrein) 083 457 7294 of  Gerrit Beumer 082 572 5235Aansoeke sluit 30 Oktober  2017

Piekniekaand vir getroude paartjiesop 3 Nov. 19:00 Pak ’n mandjie met

kombers, wyn/sap en ’n blom en spandeerkwaliteit aandag aan jou geliefde.

Vuurvliegieliggies en tee/koffie wordvoorsien.

Kontak Eric 083 326 9904

Kersklanke Carel Trichardt en Petru Wessels + KatrienHolm (musiek)

Kom geniet stories en vertellings in die ware gees vanKersfees.

Do 2 Nov 19h00 + Vr 3 Nov 19h00 + Sa 4 Nov 10h00 en19h00 + So 5 Nov 15h00

R130 volwassenes / R110 kinders, studente enpensioenarisse

Afslag vir groepe van 15 of meer012 329 0709 of [email protected]

In Kersfeestyd Jannie du ToitMet drie lede van die UJ-koor (Gabi, Sizwe en Sandile),

Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier).Toonsettings deur Jannie asook ou bekende en nuwer

KersliedereSa 11 Nov  19h00   R130 / R110

Afslag vir groepe van 15 of meer012 329 0709 of [email protected]

Page 19: Maandkrant 2017 11 - Wapadrant - Wapadrant Tuisblad · 2019. 11. 12. · November 2017 Feeste van die Here. ... Die hoofrolle: Jannie Moolman, Zita Pretorius, Marno van der Merwe,

19

Die “Borg ‘n Bybel” Bybelverspreidingsprojek is ‘n pragtige geleentheid vir almal, klein en groot, jonk en oud,

om deel te neem aan die werk in die koninkryk van ons God - en om meer

spesifiek te wees om “in diens van die Woord” te staan. Dit is ‘n projek wat in

afhanklikheid van ons Here Jesus deur die Bybelgenootskap van Suid Afrika

geïnisieer is ter ondersteuning van Bybelverspreiding. WPR het besluit om

daaraan deel te neem, nie net omdat die Woord daardeur versprei word nie,

maar ook omdat die spesifieke projek die tasbare geleentheid bied vir elkeen,

ook ons kinders, om betrokke te raak met die verspreiding van Bybels. Die

projek is op 10 September binne WPR geloods en die plan is dat dit tot einde November sal duur. Die

doelwit is vir WPR om teen einde November 500 Bybels te borg.

Wapadrantgemeente word bedank vir hul entoesiasme en ondersteuning vir die Borg-‘n-Byble-projek.

Gemeentelede , oud en jonk, het reeds meer as 500 leë geldhouertjies geneem en ongeveer 100 gevulde

(= ~100 Bybels) geldhouertjies reeds teruggebring - met groot dank en lof aan ons Here! Houers met leë

geldhouertjies asook waarin die vol geldhouertjies geplaas kan word is in WPR se kerkvoorportaal beskik-

baar. Onthou asseblief om jul vol geldhouertjies terug te bring!

Die laerskooljeug het ook ‘n R5-muntlegging op Sondag 5 November ter ondersteuning van die Borg-‘n-

Bybel-projek. So word die laerskoolkinders ook betrokke met ons gemeente se werk in die koninkryk van

ons Here ons God. Ons vra dat die ouers, boeties en sussies, oumas en oupas, die jeug hierin sal

ondersteun en help om hulle opgewonde te maak oor hoe belangrik ook hulle as kinders kan wees in die

verspreiding van God se Boodskap.

Hierdie Borg-‘n-Bybel-projek, ‘n addisionele Bybelverspreidingsprojek, is bo en behalwe die ander huidige

Wapadrant Bybelverspeidingsprojekte, byvoorbeeld die Neem-en-Deel-Bybelprojek (beskikbaarstelling van

Bybels in alle tale aan Wapadrant-lidmate en besoekers vir verdere verspreiding – sien Bybelrak in WPR

saal), Bybels in ons kerkbanke en die Namakwaland-Bybelverspeiding. Jul voorbidding en deelname aan

dié projekte moet asseblief voortgaan.

Meer inligting omtrent die Borg-‘n-Bybel-projek is in die voorpor-

taal beskikbaar. Ons vra almal se ondersteuning en deelname

en ook voorbidding vir hierdie wonderlike projek.

Met dank aan die Here ons God.

Hans Lensink (Nms KG007)

BORG ‘N BYBEL

Page 20: Maandkrant 2017 11 - Wapadrant - Wapadrant Tuisblad · 2019. 11. 12. · November 2017 Feeste van die Here. ... Die hoofrolle: Jannie Moolman, Zita Pretorius, Marno van der Merwe,

20

PRETORIA-OOS HOSPITAAL: TEL: 012 422 230029 OKTOBER – 4 NOVEMBER 2017Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422;Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498;Lientjie v/d Walt: 012 996 1332 / 082 955 1509

5-11 NOVEMBER 2017Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 4822548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678;

12-18 NOVEMBER 2017Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422;Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498;Lientjie v/d Walt: 012 996 1332 / 082 955 1509

19-25 NOVEMBER 2017Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 4822548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678;

26 NOVEMBER – 2 DESEMBER 2017Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422;Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498;Lientjie v/d Walt: 012 996 1332 / 082 955 1509

3-9 DESEMBER 2017Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 4822548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678;

10-23 DESEMBER 2017Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422;Daleen v Wyk (Do): 991-3312 / 082 926 3498;Lientjie v/d Walt: 012 996 1332 / 082 955 1509

3-9 DESEMBER 2017Nancy Snyman: 803 1561 / 074 588 3374 (Woens); Hannetjiev Aswegen: 082 062 8264 (Sat); Hanlie v d Walt: 081 8650539; Irma Kruger: 084 514 4842; Anmarie Steyn: 082 5622839

10-23 DESEMBER 2017Cor Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (S) (Do);Truus Meindertsma: 082 551 6183 / 991 2719 (Woens/Vry);Anmarie Steyn: 082 562 2839

LIFE FAERIE GLEN HOSPITAAL: TEL: 012 369 5600Jan Tollig: 807-0891 / 082 331 2756 (S); Izabel Pretorius: 9912727 / 072 368 3630;

KLOOF HOSPITAAL: TEL: 012 367 400Isabel Lensink: 012 998 3377 / 083 231 2869Clara de Jonge: 083 609 9259 / 012 662 3822

WILGERS HOSPITAAL: TEL: 012 807 810029 OKTOBER – 4 NOVEMBER 2017Cor Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (S) (Do);Truus Meindertsma: 082 551 6183 / 991 2719 (Woens/Vry);Anmarie Steyn: 082 562 2839

5-11 NOVEMBER 2017Braam Gous:  361 7632 / 082 468 3808 (Woens); AnnemarieBekker: 348 0921 / 083 527 4350 (Ma);Anmarie Steyn: 082 562 2839

12-18 NOVEMBER 2017Nancy Snyman: 8031561 / 074 588 3374 (Woens); Hannetjiev Aswegen: 082 062 8264 (Sat); Hanlie v d Walt: 081 8650539; Irma Kruger: 084 514 4842; Anmarie Steyn: 082 5622839

19-25 NOVEMBER 2017Cor Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (S) (Do);Truus Meindertsma: 082 551 6183 / 991 2719 (Woens/Vry);Anmarie Steyn: 082 562 2839

26 NOVEMBER – 2 DESEMBER 2017Braam Gous:  361 7632 / 082 468 3808 (Woens); AnnemarieBekker: 348 0921 / 083 527 4350 (Ma);Anmarie Steyn: 082 562 2839

ANDER HOSPITALE:Peet en Lacia Vermeulen: 082 336 8465

EUGENE MARAIS, JAKARANDA, MUELMED, LOUIS PASTEUR,MEDFORUM, ZUID-AFRIKAANSE HOSPITAALBen Nel: 335-2411 (W) / 083 466 1264 & Miemie Mennen

MUELMED, HART & ZUID-AFRIKAANSE HOSPITAAL, JAKA-RANDA, UROLOGIESAndré Sandilands: 081 205 8669

MUELMED, HART-HOSPITAALAat & Thea v d Dussen: 082 3323 0855

KINDERBEDIENING:Rita Schoen: 012 809-1459 / 082 2662 3964

ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP (PASTORAAL):Vorster Combrink: 082 872 9725

SENIORS - TUISBESOEK:Daleen v Wyk: 991-3312 / 082 926 3498; Petro Bouwer: 991-7229 / 082 450 5091;

KANKERPASIËNTE / ONDERSTEUNING / BESOEKEAnet Hofmeyer: 072 5312 378Lientjie v/d Walt: 012 996 1332 / 082 955 1509Matty Coetzee: 072 330 1545

INTERCARE SUB-ACUTE HOSPITAL HAZELDEANE: TEL: 012880 0700Adri Gertenbach: 076 201 4412

Onthou om asb. die Kerkkantoor in kennis te stel indien jyhospitaal toe gaan vir enige operasie of mediese prosedureby [email protected] of (012) 991 5623

SAMEROEPER: Véra Tollig 012 997 2678 of 082 6446 741 of [email protected] HOSPITAALBEDIENING